Skouspel Plus: Barcelona!

E-pos
Print
Dozi en Esmaré by Skouspel Plus
Dozi en Esmaré by Skouspel Plus

Ek werk vandag (Maandag) van die huis af – het regtig net 'n bietjie stilte nodig om alles van die naweek te verwerk. Hoe ongelooflik was Skouspel Plus?

Die liedjies draai die een ná die ander deur my kop. Het Sondagoggend toe ek my oë oopmaak net "Barcelona" op my lippe gehad! Én ek begin sommer reeds daarna uitsien om dit alles weer te beleef as Skouspel Plus op M-Net uitgesaai word en die DVD verskyn.

Een van die kameraspanne wat daar was, vra my wat was my hoogtepunt. Onmoontlik om te kies, sê ek. Alles was vir my een GROOT hoogtepunt!

Maar daar is tog dinge wat uitstaan...

Nianell wat opera sing het my verstom - haar en Dozi se Making Whoopee is die sexyste ding wat ek nog ooit op ‘n Skouspel-verhoog gesien het. Rudi en Corlea het my hoendervleis gegee in elkeen van die drie vertonings. Mathys en Laurika het my elke keer in trane gehad. Wat ‘n voorreg om hierdie ikone op ons vertoning te hê!

Kyk, ek is mos die wêreld se grootste Theuns Jordaan-fan, en het voor die tyd verskriklik uitgesien na sy Sprokie vir ‘n Stadskind saam met Bobby en Wynand. Stel jou voor, daardie drie stemme saam op een verhoog? En dit was soooo mooi!

Ek was die meeste van die tweede helfte agter die verhoog om aan te trek en die lippe weer te verf, en het bietjie misgeloop hoe die gehore reageer. Maar, daar was skerms oral agter waar die kunstenaars en produksiespan die vertoning volg - en toe ek vir Corlea, Cheree en Elizma op die skerms sien met Jesus Take the Wheel, het ek net besef: ná soveel jaar van ‘n betreklike droogte aan nuwe Afrikaanse vrouestemme...  hier is die toekoms nou saam op die verhoog. Ek moet dadelik vir Andriëtte byvoeg... Dis opwindend om te sien hoe haar verhoogpersoonlikheid ontwikkel het vanaf Idols en haar eerste Skouspel. Daar wag ‘n groot toekoms!

Snotkop het my net ook beïndruk – die mense is mal oor hom!  En Emo Adams het amal uit sy hand laat eet en uit hul mae laat lag met sy skreeusnaakse vertolking van Blueberry Hill. Agter die verhoog het al die kunstenaars elke keer bymekaar gekom om hom te kyk. En letterlik gerol van die lag!

Ek praat nou seker bietjie uit my beurt uit, maar ek wens een van ons groot platemaatskappye wil vir Jennifer Jones en Brandon October ordentlike kontrakte aanbied en hul loopbane professioneel bestuur. Hierdie is werklik twee van die grootste talente in Afrikaanse musiek. Hulle is nie sangers nie – hulle is PERFORMERS van wêreldgehalte. Dis kunstenaars soos hulle wat van  'n vertoning soos Skouspel Plus iets spesiaals maak.

Claire Johnston was ‘n openbaring. Die kunstenaars kon nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was om saam met haar te sing nie. Daardie stem, daardie energie op die verhoog! Met Skouspel Plus, wat deur Huisgenoot en YOU aangebied word – en dus in Engels en Afrikaans is omdat ons dit wil onderskei van Skouspel by Sun City – probeer ons Engelse kunstenaars kies wat vir die oorgrote Afrikaanse gehoor sal werk. En geoordeel aan die applous het die Skouspel Plus-gehore haar aan die hart gedruk.

Nou ja toe, ons arme fotograwe is besig om deur die 4 000 foto's te werk wat hulle oor die naweek geneem het. Dis vir my so erg dat ons so min plek daaraan kan afstaan in die volgende week se Huisgenoot. Maar ons laai vir julle hope foto's op die webtuiste volgende week.

Dankie, dankie, dankie! Vir die lesers, die kunstenaars, die ongelooflike produksiespan... Barcelona!

- Esmaré



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. Kathy du Toit
    2010/07/15 11:37:50
    Ek wil graag op facebook "a fan" word maar daar is nie 'n plek om Become a Fan te kliek nie. Ek wil graag inskryf vir die kompetisie vir Skouspel 2011. Hoe maak mens?
  2. Charlene
    2010/04/28 12:00:48 nm
    Stunning Stunning Stunning nie nodig om meer te sê nie!!!!! WELL DONE!
  3. WILCO NIEMANDT
    2010/04/26 10:57:38
    OU VRIEND MATTHYS EN LAURIKA WAS PUIK, SO-OOK CLAIRE - NIANELL MAAR JAMMER EK DINK NIE EEN VAN DIE DRIE MANNE (OF AL DRIE SAAM ) HET BY NIANELL INGEPAS NIE. WAT VAN CHRIS CHAMELEON OP BARCELONA SAAM MET HAAR! EMO WAS GREAT EN SO SNAAKS DAT MY VROU EN SEUN NIE KON OPHOU LAG NIE - DUS HET EK GEDEELTES GEMIS EN NET SY GESIG EN BODY LANGUAGE GENIET! GREAT SHOW - EK STEM DAT SONJA OOK DAAR MOET WEES!
  4. Henrika
    2010/03/20 01:11:30 nm
    Skouspel was fantasties! My gunsteling was die sangpaar Rudi en Corlea! Kan nie wag om vir hulle by die Superbowl te kyk nie! As julle sing, sing julle vir ons!

    DANKIE HUISGENOOT - JULLE IS DIE BESTE!!!!
  5. Noeline
    2010/03/19 11:58:10
    Ek se ook dit was WOW want ek het nie woorde om dit anders te beskryf nie. Dankie Here vir die voorreg om deel te kon wees van die toeskouers.
  6. elana
    2010/03/19 08:18:25
    Net jammer Amor Vittone was nog nie op skouspel nie, sy kan beslis 'n slag uitgenooi word.
  7. Ronel
    2010/03/16 03:17:58 nm
    Die beste vertoning ooit!! Selfs beter as Superbowl Skouspel. Elke kunstenaar het mekaar gekomplementeer. Puik vertoning, welgedaan
  8. Oppit
    2010/03/16 10:31:10
    Wat 'n goeie produksie! Kan ons asseblief Die Antwoord ook te siene kry volgende jaar?
  9. Andre
    2010/03/16 01:54:12
    Ek wil netr baie baie baie dankie se aan Esmare en al die kunstenaars wat Skouspel so AWESOME gemaak het. Dit was hierdie jaar soveel anderste as laas jaar, maar definitief op n goeie manier. Claire Johnston was uitstekend. En ek stem saam met jou Esmare, Jennifer en Brandon is TOPS. Rudi en Corlea - dubbel hoendervleis! Emo wass skreeusnaaks, en ek dink hy moet definitief meer liedjies en grappies maak by skouspel, want ALMAL het amper gele op die vloer van die lag, en natuurlik, Dowwe Dolla bly maar die beste MC vir Skouspel. Wag, dit raak nou bietjie lank, maar ek kan n hele opstel skryf oor hoe FANTASTIES Skouspel was, al wat ek nou gaan se is hou so voort, julle doen n great job! O ja, laas jaar se DVD van Skouspel-Plus, is dit al uit erens of moet ek dit deur julle bestel?
  10. Lalie Moolman
    2010/03/15 10:43:17 nm
    Ek dink dit was absoluut Whow. Die keuse van kunstenaars was fantasties. Dit is min dat jy so 'n verskeidenheid uiteenlopende stemme bymekaar kry, waar die een die ander absoluut komplimenteer en ter selfde tyd die toeskouers kry om saam te sing en lekker te wieg. 'n mond vol nê. Kannie wag vir die DVD nie.
  11. Wilma
    2010/03/15 09:45:34 nm
    Verlede jaar se skouspel plus het 'n baie mooier verhoog gehad, asook die koor met hul wit uitrustings. Die vuurwerke aan die einde was ook baie meer en beter as verlede jaar. Het die swak ekonomie 'n invloed gehad?
    Moet sê, Kurt kan rerig nou iets anders as Kaptein sing, hy het baie ander mooi liedjies. Het die sokker 2010 'n invloed gehad op die tema en keuse van liedjies?
    Waar is Sonja Herold, Danie Niehaus wat 'n ongelooflike stem het en soveel ander kunstenaars wat ons glad nie meer sien nie? Wil Snotkop nie sy naam verander nie, mens luister met 'n ietwat antagonisme na die man.
    Nogtans bewonder ek Huisgenoot en almal betrokke om jaarliks 2 keer 'n skouspel te organiseer. Ek weet dis harde werk en mens wil nie kla nie, maar ek glo enige terugvoering gee wenke in vlge beplannings.
  12. wm
    2010/03/15 05:29:28 nm
    Ek stem saam oor Laurika en Mathys! Dit was baie, baie roerend! Dit was my eerste Skouspel, en 'n great ervaring! Well done!
  13. rk
    2010/03/15 05:22:28 nm
    Dit was WOW!!! veral laurika en matthys was so ongelooflik!
  14. jade
    2010/03/15 05:21:54 nm
    Huisgenoot en Esmare - julle doen great werk met Skouspel. Dankie!