Bestel so jou Skouspel 2011-foto's

E-pos
Print


Die grootste geleentheid op die Huisgenoot-kalender is pas verby en dié keer gaan dit lank in ons gedagtes bly. 

Vanjaar was die eerste keer dat ons ‘n spesiale Skouspel-programboek uitgegee het, met die mooiste foto’s van die kunstenaars wat opgetree het. KLIEK HIER of gaan kyk by www.huisgenoot.com, en as jy van die foto’s hou, bestel hulle by 021 406 2506. Of stuur e-pos na tempobrief@huisgenoot.com

Vanjaar se Skouspel-naweke, wat van 7 tot 9 Oktober en 14 tot 16 Oktober plaasgevind het, was die twaalfde musiekfees van hierdie omvang.

Die meeste kunstenaars ooit, sewe vroue en 38 mans, het deelgeneeem aan vanjaar se konsert in die Sun City Superbowl.

Vanjaar is Coenie de Villiers vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek vereer. Verskeie kunstenaars is deur Coenie bygestaan om ’n keurspel van sy grootste treffers aan te bied – onder andere Jennifer Jones, Snotkop en die alternatiewe groep Die Heuwels Fantasties.

Vanjaar se Skouspel is veral gekenmerk deur ’n klomp nuwe elemente. Die reuse skerms met tematiese video’s wat vanjaar die multimiljoenrandverhoog gekomplementeer het, is in pas met internasionale neigings en het ons gehore gaande gehad. Dit was ook die eerste jaar dat dansers ’n groot rol in die choreografie van die konsert gespeel het.

’n Klomp nuwe modename het ons kunstenaars vanjaar uitgedos.

Die kontemporêre ontwerpers sluit in: Karen ter Morshuizen van Lunar, Stefania Morland, Suzaan Heyns, Diaan Daniels, Heni, die splinternuwe 46664-modenaam, Shaldon Kopman vir Naked Ape, Errol Arendz skoene, Klûk CGDT, Hip Hop, Thula Sindi, Joel Janse van Vuuren en David Tlale.

Eugenie Drake van Piece het al die Afrika-geïnspireerde juwele verskaf.

Bekende modename wat al bekend is vir hul Skouspel-uitrustings was ook weer daar: Kobus Dippenaar, Gert-Johan Coetzee en Dazelle Venter. House of Monatic se C2-modenaam het die manne weer in snyerspakke laat pronk. 

Die Italianer Patrizio Bauanne het vanjaar sy buiging op Skouspel gemaak en was die eerste internasionale ster wat op dié verhoog verskyn het. Sy vertolking van die Italiaanse weergawe van Robbie Williams se Angels het vroue in vervoering gehad. Daarby het Nianell haar debuutboek op Skouspel se Vrouedag, wat deur Skouspel se nuwe borg, Virseker, aangebied is, bekendgestel. 

Skouspel is moontlik gemaak deur ’n getroue span borge sonder wie die geleentheid nooit moontlik sou wees nie. Ons sê dankie aan Checkers, Clover, Virseker, Sun City, kykNET en Computicket.

Die Skouspel-DVD en -CD sal einde November in winkels beskikbaar wees. 

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Hesthia
    2011/10/20 03:38:25 nm
    Dit was awesome om deel te gewees het van 2011 se Skouspel by Sun City.
  2. Nickey Botha
    2011/10/19 07:31:42
    Dit was stunning - regtig 'n great show. Het Snotkop en Theuns veral geniet! Maar asb - die klere in die tweede helfte was baie lelik!
  3. Maralize Oosthuizen
    2011/10/18 03:15:42 nm
    Ek is so bly ek kon deel wees hiervan, dit was 'n belewenis, sal dit oor en oor weer doen!!

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.