Sangers praat oor Skouspel Plus

E-pos
Print

Dis amper weer sulke tyd. Maar hier agter die skerms waar ons land se eie glansmense vere regskud om hierdie naweek die verhoog aan die brand te sing en dans wanneer Skouspel Plus by die Grand West Casino in Goodwood afskop, is almal nog koel en kalm...

Hulle is nogal hardwerkend, sê Willie Venter, die verhoog-regisseur wat moet sorg dat alles op die verhoog klopdisselboom verloop. 

"Nee wat, ek sukkel nie baie nie," sê die man wat bekend is vir sy strengheid.

In die choreografie-kringe gons dit hoeka dat daar net een manier is om dinge op die planke te doen en dis die Willie-manier. Hieroor lag hy kop-agteroor-lekker.

"Ja, ek is streng, maar hier was dit darem nog nie nodig nie. Ek hoef nie te raas nie."

Sy popgroep On Cue gaan ook vanjaar tydens die Tiener Talent-kompetisie hul ding doen. Dié vierstuks met die sanger Winray Fortuin as voorbok gaan sake sommer behoorlik skop gee met hul Michael Jackson-passies.

Hul liedjie Muchas Gracias saam met die legendariese Sonja Heroldt is reeds ‘n treffer op die radiostasies. ``Die harde werk het beslis vrugte afgewerp. Ek is baie trots op hulle,’’ sê Willie breëbors.

Die sangers Mathys Roets en Bobby van Jaarsveld het darem ‘n kansie afgeknyp om ‘n grappie of twee agter die skerms te maak.

"Bobby is mos eintlik my rolstoeloperateur; hy lyk sommer fiks," spot die sanger wat byna ‘n jaar gelede die gebruik van sy bene in ‘n motorfietsongeluk op pad na die KKNK in Oudtshoorn verloor het. Sy nuwe CD, Droomvrou, is nou op die rakke en hy sing net liedjies met vrouename. "Soos Caroline, Suzanne, Lisa,"  vertel Mathys en voeg by:  "Dan kan die mense sien ons manne is darem nie almal oppervlakkig nie."

Vanjaar is dit vir hom die lekkerste om weer die verhoog met al sy musiek-pêlle te kan deel.

"Laurika se aura is net iets besonders. Jy kan dit aanvoel en dis net ongelooflik om deel daarvan te wees."

Die nimlike Bobby bloos bloedrooi as jy oor sy silwerdoek-soene met Lika van der Bergh uitvra. Hulle speel in die fliek Liefling wat binnekort bekendgestel word.

"Bloos ek regtig? Kan jy dit sien," laat hy verleë hoor. ``Die fliek is ‘n musiekblyspel en ek belowe dit sal jou nie een keer verveel nie."

Dis vanjaar Nomfusi Gotyana (24) se eerste deelname aan ons gesogte glansvertoning en as die petite sanger haar mond oopmaak, kan g’n mens glo daai stem kom uit so ‘n klein lyfie nie.  G’n wonder sy is ook gekies om by die openingsaand van hotelmagnaat Sol Kerzner se nuwe spoghotel in die Kaapse Waterfront The One & Only te sing nie – nogal in die geselskap van Oprah-hulle en sangers soos Mariah Carey.

"Ek het daai aand so hard Mariah se handtekening probeer kry. Sy was gaaf, maar daai lyfwagte van haar... Sjoe, hulle was groot."

Ja-nee teen Mariah se fris sterkmanne sou Nomfusi beslis nie ‘n kat se kans gestaan het nie... 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (35)


  1. Erika
    2011/09/05 09:00:18 nm
    Almal het foute die LIEFDE oorkom alles
  2. Gail Cronje
    2011/07/19 09:33:28
    Watse tipe kleredrag dra 'n mens na Skouspel toe (die toeskouers)? Is dit van paslik om aand rokke (nie te formeel nie) net soos "Coctail dresses" te dra?

    Asb enige komentaar?

    Dankie :)
  3. theresa kuhn
    2011/01/20 10:24:24
    wat op die aarde het mara louw by skouspel gesoek? sy kon nie eers afrikaans sing nie!!!!laat haar toe en sy gaan julle show oorneem.
  4. Huisvrou
    2010/10/26 10:57:23
    Ek het nie te lank terug vir Joost en sy kindertjies raakgeloop by Lorriepark Zoo,en wat ek nou se is nie iets wat mense kamma gehoor het nie,dit is met my eie twee oe gesien.n Pa wat enige iets vir sy kindertjies sal doen,hoe gelukkig lyk hy nie saam sy kinders nie na alles wat hy deurgegaan het.Ja aan almal wat negatiewe kommentaar lewer,kyk bietjie na jou eie lewe,ons is so gou om klippe te gooi veral as dit kom by die beroemdes,dit is mense en mense maak foute party meer as ander,dit is normaal.Wie is ons om te oordeel,sit jouself in Amor of Joost se skoene.Mense het nie meer vrede vandag nie,en jy kry mense daarbuite wat hulleself geniet om mense soos Amor en Joost te sien sink.
  5. Elana
    2010/10/22 03:34:38 nm
    Baie Dankie vir 'n wonderlike skouspel. Ons woon dit nou al 'n hele paar jaar by, en geniet dit baie.
    Ek moet se ek was nogal teleurgestel toe ek hoor daar is sprake dat Jack Parow daar gaan wees, maar toe ons die rapport lees was ons baie bly. Skouspel is vir my baie spesiaal en dit is kunstenaars wat werklik waar groot name is in die musiek bedryf. Jack Parow hoort nie daar nie.
    Daar is genoeg ander geleenthede waar hy kan gaan sing. En ek glo daar is baie mense wat nie na sy gemors wil luister nie. My kinders gaan saam met ons skouspel toe en ek wil hulle glad nie aan sy musiek blootstel nie. Kan ons asb. 2011 vir Steve daar hê. En van die ander top kunstenaars. 'n Suiwer Afrikaanse Skouspel vir 2011. Dankie
  6. CAROL
    2010/10/21 10:53:04
    ONS WAS VIR DIE EERSTE KEER BY SKOUSPEL VANJAAR EN ONS HET DIT TERDEE GENIET.NET MARA LOUW HET MY HEELTEMAL AFGESIT MET HAAR SINGERY,MAAR VERDER WAS DIT BAIE GOED GEWEES.GOED GEDOEN SKOUSPEL 2010.TROTS OP JUL.
  7. Felicity Pretorius
    2010/10/14 04:08:34 nm
    Mara Louw

    Jy is fantasties wat n wonderlike sterk stem en wonderlike persoonlikheid

    Groete
    Felicity
  8. Charmaine
    2010/10/12 03:32:16 nm
    Ons was vir die eerste keer by Skouspel hierdie naweek. wat 'n teleurstelling. Wat het van Elizma, Leanie May en Chris Chameleon geword?
  9. Johan
    2010/10/12 09:24:19
    2010 was my 2de besoek aan Skouspel by Sun City. Behalwe vir die besoek koop ek ook die DVD en kyk / luister gereeld daarna. Ek weet nie hoekom daar gekla word oor die klank wat te hard is nie, ek vind dit opwindend en dra by positief by tot die Skouspel gevoel.
    Ek sal graag wil sien dat Huisgenoot hul strydbyle begrawe en Steve weer op die verhoog sit, daar is geen kunstenaar in SA wat sy "stage" persoonlikheid het nie. Selfs by Innnibos het hy die grootse applous ontvang op die verhoog.
    AAN DIE ORGANISEERDERS, DIE FEES GAAN NIE OOR JULLE NIE, MAAR OOR ONS DIE PUBLIEK WAT DUUR BETAAL OM FEESTE BYTEWOON, GEE ONS WAARVOOR ONS BETAAL, NIE JUL PERSOONLIKE VOOR OF AF KEURE NIE
    Groetnis Nelspruit
  10. Annamarie Esterhuizen
    2010/10/11 09:13:51 nm
    Dit was vanjaar die eerste keer dat ons Skouspel bygewoon het, ons het dit baie geniet maar ek stem saam dat sangers wat nie eers afrikaans magtig is nie regtig nie 'n plek het op die Skouspel verhoog nie, hierdie eer kom die room van Afrikaanse sangers toe en basta!. Mara Louw het my plek-plek bang gehad met die geluide wat sy maak ek was bang sy roep rêrig haar voorvadergeeste op......Wat moet kunstenaars soos Anna Davel en Manual Escorcio en vele ander doen om ook genooi te word? Skouspel is suksesvol danksy die bywoning van die publiek, dus behoort die publiek ook insette te kan hê as dit kom by die seleksie van die kunstenaars.
  11. Charne
    2010/10/11 03:30:05 nm
    Juanita,jy maak skouspel sonder jou is daar nie n skouspel nie!!.
  12. Suzette
    2010/10/11 12:17:29 nm
    Ag nee regtig - Amore en Patricia? Kan nie sing om mee te begin nie en hoort definitief nie by Skouspel nie. Manuel Escorcio? So nie 'n opsie nie - has been - dalk kan hy by Skouspel vir bejaardes inpas? Skouspel is tog oor die room van AFRIKAANSE sangers en kunstenaar se ONLANGSE treffers? Dis altyd vir my so hartseer as ons as Arikaanssprekendes alewig moet plek maak vir ander tale en kulture op 'n show wat eintlik net gaan oor AFRIKAANS? Mara en kie? Bala Broers? Claire?
  13. maryna
    2010/10/10 07:48:54 nm
    Dit was my eerste skouspel en was baie goed.Die musiek was n bietjie hard,maar was nog steeda goed.mara louw nou ja dis n ander vraag........Die oggend tee met Amore uitstekend wat n fantastiese vrou.Ek haal my hoed af vir haar. Gaan weer volgende jaar.
  14. Winston Fortuin
    2010/10/06 11:01:55
    Groete
    Ek wil graag net dankie se vir Huisgenoot vir n wonderlike vertoning by Skouspel-Plus se Teen Tiener Talent show.WOW.....ON QUE aka Winray Fortuin en sy span was FANTASTIES en ons het dit baie geniet.....Ek stem vir ON QUE......by Skouspel vir 2011.....en vorentoe - Beste

    Winston
  15. Hans Dubber
    2010/10/05 07:04:48 nm
    Ons familie is getroue aanhangers van Skouspel en nie spyt dat ons die 2010 skouspel bygewoon het maar wel teleurgestl oor die volgende 1,Buitengewone harde musiek dit het die kunstenaars onreg aangedoen hulle stemme het weggeraak 2, Daar was temin afrikkanse kunstenaars ons was onder die indruk dat dit n afrikanse vertooning is en nie so baie ander tale gebruik word nie
    Verder geluk vir puik skouspel alhoewel ons dit nog oorweeg om dit volgende jaar by te woon dit was nie so verlede jaar nie ons het dadelik geweet volgende jaar is n moet
  16. Thinus Hofsink
    2010/10/01 08:05:58
    Eden?? Het baie mooi liedjies en hoekom nie??
  17. Elza
    2010/09/25 12:52:36 nm
    Ek wag al jare dat Manuel Escorcio op skouspel sal sing maar Huisgenoot stel my elke jaar teleur. Of sal die ander te veel afsteek teen sy pragtige stem. Komaan Huisgenoot voor Manuel dalk aftree of iets laat 2011 die jaar wees aangessien julle my weereens in 2010 teleurgestel het.
  18. Trish
    2010/09/22 01:47:34 nm
    Amore?? Whatever, net nie te veel nie, Patricia asbl net nie dit aan ons doen nie. Maar Juanita is die beste en ek hoop sy het bietjie meer center stage die jaar. Ek is lief vir Kurt maar verlede jaar was net to much Kurt. En wie is die Jack Parow ou? Los maar vir ou Jack by die huis. Ek stem met Andre oor alles saam en Andre jy moet Skouspel in SunCity doen, dis AMAZING, ek het al 8 keer gegaan en gaan weer die jaar - 10 days and counting...
    NEE vir Steve (vergewe of nie, en ja vergeet...hom)
    NEE vir Patricia
    NEE vir die Jack Parow
    Huisgenoot julle doen n great job elke jaar! Daar is so baie talentvolle kunstenaars, los maar die 'overnight ' sterrietjies hulle is nog nie Skouspel materiaal nie, ek glo die "stage" is vir die "Accomplished". (Ek het vir Bobby gesien vir die eersete keer by KKNK dink dit was 2004/5 op die Klipdrift stage en hy het hard gewerk om op die skouspel stage n vertooning te maak... omdat jy idols gewen het bedoel nie jy kan by Shouspel optree nie)
  19. Theresia
    2010/09/20 10:18:51 nm
    ASB NIE PATRICIA LEWIS NIE. NETNOU IS DIE ROK WEER TE KLEIN EN ALLES WAT BINNE MOET BLY VAL DALK HEEL TE MAL UIT OF DIE ROK SKEUR DALK. EN NIE EENS GEPRAAT VAN HAAR HARE ROND SWAAIERYE NIE.
  20. STEFNIE ROBERTS
    2010/09/11 03:29:21 nm
    WAAR IS ANDRE SWIEGERS BY DIE SKOUSPEL. ONS IS NIE ALMAL STEVE, KURT EN JUANITA AANHANGERS NIE. ONS SOEK IETS ANDERS, IETS MET SOUL, IETS MET MEER LYF ASB, ASB, ASB!!!!!!! LUISTER NA ONS OOK!!!! NEE, KAPTEIN .....JA, BLOU!!!!!!
  21. Nicolene du Toit
    2010/08/24 10:02:26
    Ek hoop ook ons sien minder van Juanita en dalk meer mense soos Amore Vitone en Patricia Lewis in Skouspel 211!!!!!
  22. Nicolene du toit
    2010/08/24 10:00:46
    24 Augustus 2010

    Skouspel Huisgenoot, ek skryf namens myself en vriende aan julle, wil net graag weet hoe julle ñ Vader van Afrikaanse Musiek soos Manuel Escocio kan uitlaat in Skouspel 2011?? Het Manual hom nie weer eens bewys as die Verhoog Koning in " Supersterre" nie?? Hoekom kan julle mense soos Rina Hugo laat sing en nie vir Manual nie?? Asb ons wag geduldig op julle antwoord, Hoor graag van julle...
  23. Rika Hart
    2010/06/08 09:41:58 nm
    Sjoe, het die vooreg gehad om by Skouspel plus te wees en dit was ongelooflik. Groot asseblief bring vir Steve terug. Dit is darem sleg as ons mense wat op die voorgrond is nie hulle geskille kan uitsorteer nie. Dit sal absoluut fantasties wees as ons almal in vrede kan saamleef en gebruik die mense wat so talentvol is....sjoe Steve het sy foute gemaak en hy het glo my vry al baie duur betaal vir sy foute. Die bybel se 70 x 70 keer vergewe,,,,,die oordeel kom ons nie toe nie. Kom ons stel maar die voorbeeld...Nietemin, dit is verseker fantasties om deel te kan wees van skouspel.
  24. Morne Bindemann
    2010/03/16 01:19:26 nm
    Louise, is jy jaloers dat Juanita Suid Afrika se gunsteling en top verkoper
    sangeres is? Sy kon maar die hele aand op die verhoog gewees het
    en ek sal dit nog steeds geniet het
  25. Andre
    2010/03/16 02:05:48
    Die mense wat so graag vir Steve wil sien, gaan na n konsert van hom toe! Skouspel het homn nie nodig nie, dit ROCK sonder hom!!!! Claire was fantasties. Hoe kan mense se sy hoort nie daar nie? Skouspel was finominaal, ek sou niks verander het nie, en ek weet sommer dat volgende jaar gaan ons weer n jol he, maar net beter! Laurika en Mathys se liedjie, het definitef n knop in almal se kele gesit. Skouspel sal elke jaar op my kalender gemerk wees, en ek wens ek kan JHB se Skouspel ook bywoon eendag, want dan is al my wense bewaarheid! Puik konsert Huisgenoot, julle almal ROCK!
  26. Lize
    2010/03/15 02:53:50 nm
    Ons het dit baie geniet, maar hoekom is so baie "backtracks" gespeel? Mango Groove het ook glad nie daar gepas nie. Ons wil AFRIKAANS hoor.
    Nooi 'n slag weer vir Danie Niehaus en Lucas Maree asb!
  27. Jannie Volschenk
    2010/03/15 11:02:03
    Dit was ons eerste keer by skouspel plus ek het 9 kaartjies gekoop en ons het dit baie geniet, net amper by die einde het dit gelyk of hulle van die lietjies gou wil klaar maak soos bv. "generaal" baie dankie ons sal volgende keer weer daar wees.
  28. LJB
    2010/03/15 10:53:17
    I had an awesome time at Skouspel Plus yesterday, just wish that Kurt had made
    more appearances. Why on earth was "Kaptein" part of a medly, it was way too short.
    Would've loved to have heard Favourites such as Af en Af, Alleen etc. Must just say
    that i think most of the audience must've been dead! How can people just sit in the
    seats and clap for a song like "Baby Tjoklits"! Are they mad??? Juanita had to ask
    the audience a few times: " Hello Huisgenoot, IS julle nog daar!" Eventually Dozi had
    to tell the audience to stand up! Besides the gevrekte audience I had an absolute ball!
    Well done guys it was Amazing!
  29. Adri
    2010/03/15 10:43:59
    Aan Huisgenoot, dankie dat julle dit so jaar na jaar regkry om vir ons die voorreg te gee om al ons sangers en kunstenaars so saam op een verhoog te sien, SKOUSPEL PLUS roc!. 'n Knop in die keel oomblik toe Mathys Roets op die verhoog verskyn en die Kapenaars hom staande toejuig!! Wynand, Theuns en Bobby, julle kan maar saamsing, dit het werklik soos 'n sprokie geklink! Ek stem ook saam, begrawe die byle, ons soek vir Steve weer op die verhoog, soos Nicholis sing, "Vergeet en Vergewe"
  30. Petro
    2010/03/15 10:36:40
    Huisgenoot Skouspel Plus - baie geluk met 'n puik vertoning, maar ek het die Kaapse 'flair' gemis, die Afrika openingstema nie vir die Kaap nie. David Kramer en Taliep Petersen het die mooiste liedjies geskryf, ek het dit by die openingstema gemis.
    Tempo tydskrif was baie geadverteer daar is so baie artikels oor jong kunstenaars - kan ons volgende keer miskien een van die Bellville Rock city groepe op die verhoog sien - Skouspel is mos vir alle ouderdomsgroepe.
    Claire Johnson was puik - goeie keuse!
  31. Flip
    2010/03/14 08:18:27 nm
    Die Kaapse skouspel was amper verongeluk.... vir wat moes Claire Johnston die verhoog oorneem? Sy het nie daar gehoort nie, dit was 'n vertoning vir die room van ons Afrikaanse sangers. Nie eens Kurt of Juanita kon soveel liedjies gesing het as die Mango Groove "has-been" nie!!
  32. Nella
    2010/03/14 04:38:44 nm
    Ek mis skouspel nie sommer nie maar ek wens dat die geskil met Steve kan stop, sodat ons hom ook weer kan geniet saam met al die ander sangers. Ons almal maak foute en moet maar vergewe want die lewe is so kort. Bring Steve weer saam skouspel toe asseblief.
  33. Louise Roux
    2010/03/14 12:53:53 nm
    Ek het weer vanjaar die voorreg gehad om Skouspel Plus te gaan kyk - was regtig baie mooi. Ek wil net weet word daar 'n Huisgenoot Skouspel Plus CD/DVD uitgegee?
  34. Ela
    2010/03/13 09:07:48
    Ek hoop van harte Amore Vitone is ook hierdie jaar een van die kunstenaars by skouspel en dat ons minder van Juanita du Plessis op die verhoog sal sien