Agter die Skerms: Skouspel Plus

E-pos
Print

Dis haar heel eerste keer op die verhoog by ‘n Skouspel-konsert en Mango Groove se Claire Johnston is vreeslik in haar noppies oor dié pluimpie. En die hele spul kustenaars wat saam met haar optree, is vrééslik in hul skik om uiteindelik dié Clarie Johnston te kan ontmoet!

Claire vertel sy doen ‘n hele keurspel van Mango Groove-liedjies.

"Ek voel vreeslik geëerd om hier te wees," sê sy  by ‘n  repetisie vir die Skouspel-Plus-konserte wat hierdie naweek by die Grand West Casino in Goodwood, Kaapstad plaasvind.

Mede-deelnemer Brandon October is een van die vele kunstenaars hier agter die skerms wat erg opgepluk is dat hy vir die eerste keer vir Claire kon ontmoet.

"Dis amper half weird. Ek het grootgeword met haar musiek en hier kry ek die kans om saam met haar te sing. En toe vertel sy my sy is ‘n groot aanhanger van my en het boonop vir my gestem in die destydse Idols-wedstryd. Ek kon my ore nie glo nie. Ek bedoel, dis Claire Johnston, man."

Vanjaar gaan dié man ‘n bietjie rock in sy taal. "Ek sing vir ‘n slag ‘n lekker loslit-liedjie, Hoor hoe Brom die Wind van Amanda Strydom. Ietsie anders as die ballades wat ek normaalweg sing."

Dis Andriëtte Norman se tweede Skouspel-Plus,  en sy kan nie wag om in  die Mango-Groove keurspel saam met Claire te sing nie. "Ek is mos gaande oor haar,  man,  en dis vir my ‘n hoogtepunt vanjaar."

Sjoe, Claire, jou kop mag maar swel...

Nuwe bloed maak hom altyd opgewonde, sê Kurt Darren oor vanjaar se Tiener Talent-kompetisie waarin tien mense Sondagaand sing vir prysgeld en die kans om ‘n liedjie te kan opneem. "Dis ‘n briljante konsep en ook belangrik dat die sangers reg gekweek word. Ek kan nie wag om saam met hulle te sing nie."

Snotkop is ewe entoesiasties oor vanjaar se tienertalent. En hy glo sterk, vanjaar se paartie hier in die Kaap gaan ruk. "Die show gaan losser en wilder wees. Hier is beslis ‘n vibe."

Hy stem, sê Romanz se André Venter. "Dis net so so lekker hier." Natuurlik, meen sy sangmaat Louis Loock, want die Kaap laat ‘n mens mos sommer borrel van binne. Hier kom ‘n ding die naweek...

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (10)


  1. Ilse Snyman
    2010/10/15 09:32:56 nm
    Skouspel is skitterend! Wat van unieke kombinasies soos Nadine en Jannie Moolman, of Nadine en Chris Chameleon, Eden en Laurika Rauch, Chris Chameleon en Nicholis Louw. Ons hou van die samevoeging van al die talent! Dit bring net daardie absolute talent na vore!
  2. Sannette Olivier
    2010/09/02 02:27:10 nm
    Dit is die mees mooiste wat ek nog ooit van skouspel gesien het. Dankie ouens en girls julle is n rede om trots te wees op afrikaanse musiek..........Theuns en Juanita bly nog die beste.
    Theuns jy is my hero en Juanita is n darling
  3. Milyssa
    2010/08/23 07:55:22 nm
    Ek is mal oor skouspel, maar een ding wat my verskriklik pla is dat die skouspel altyd net afrikaans was, maar die afgelope jare is daar verskriklik baie engels in en veral zoeloe!! Kan ons nie asb die afrikaanse skouspel afrikaans hou nie dit pla my glad nie as mense die italiaanse goed sing of iets nie maar kan julle bietjie stdig op die engels en zoeloe wat gloria laasjaar gesing het asb!!!

    Maar ek bly n aanhanger en hou aan met die goeie werk!!!

    SKOUSPEL MOET AFRIKAANS BLY!!
  4. ben
    2010/07/05 10:03:16
    Mooi
  5. Liz
    2010/06/29 03:20:16 nm
    bring asb vir steve terug na ons skouspel.....
  6. Vicky Visser
    2010/03/16 10:41:32
    Dis darem vir my 'n eer en vooreg om 'n Suid Afrikaner te wees....kyk net na ons sangers......man hulle almal is tog so........ wonderlik en plat op die aarde mense.Dankie julle almal julle maak dit vir ons so maklik om julle cd en dvd te koop want julle verdien dit.Kyk maar dat Matthys Roets vir ons almal maar almal die GROOTSTE voorbeeld wees,die les leer van hom af ,waar daar 'n wil is is daar 'n weg.Dankie Matthys die helle land het jou LIEF.
  7. Morne Bindemann
    2010/03/16 07:51:57
    Skouspel Plus was fantasties! Die liedjiekeuses was van die beste! Hoop DVD
    sal beskikbaar wees van die vertoning? Juanita was weereens tops en sal
    altyd my favourite bly. Laurika Rauch en Matthys Roets se song was ook n
    groot hoogtepunt!
  8. Andre
    2010/03/16 02:15:54
    Is daar n DVD vir laas jaar se Skouspel-Plus konsert, want ek is seker daarvan dat baie mense dit sal koop?! Ek dink die konsert was briljant, en daar was niks fout met die sangers se kleredrag nie, dit het ingepas met al die liedjies. En Andriette is definitief die volgende groot afrikaanse sanger, sy is uitstekend op die verhoog en haar stem is asemrowend!
  9. Bietjie Ontevrede
    2010/03/15 03:38:28 nm
    Ek kon nie wag vir die 2de Kaapse Skouspel Plus nie, maar dit was in baie opsigte 'n teleurstelling. Hoekom word ons afgeskeep? Ons het solank gewag vir ons eie Kaapse Skouspel. Die begin was plat en dood. Waarom 'n Afrika koor gebruik. Dit hoort in Johannesburg.

    Ons het soveel Eg Kaaps, soos ons klopse, waarmee die verrigtinge mee kon afgeskop het. Kaapse musiek geskryf deur Taliep, David Kramer ens.
    Moet erken dat die 2de helfte baie beter en lewendiger was.

    Ek het weer na die SunCity Skouspel 10 gekyk. Die kleredrag en alles wat daarmee saamgaan was perfek: stylvol, kleurvol en gepas en die liedjie keuses was net soveel mooier.

    Verlede jaar se kleredrag by Skouspel Plus was pragtig. Kleure en groepe het bymekaar gepas, maar die jaar was dit nie die geval nie.
    Arme Andriette was 'n bespotting met haar pof broek toe sy op die verhoog verskyn, om maar een te noem, en sy is een van ons beste sangeresse. Dit het gelyk asof klere nie vooraf beplan was nie.

    Glo my, ek sal nie volgende jaar se Skouspel Plus misloop nie, maar surprise ons asb. Ons wil trots wees op ons eie Skouspel. Ek weet julle kan dit weer doen. Moet net nooit vir Kurt uitlaat nie, want hy weet hoe om 'n gehoor op sy voete te hou.

    Baie dankie dat julle Matthys Kaap toe gebring het.

    Verlede jaar was daar geen DVD beskikbaar vir Skouspel Plus nie.
    Wat van die jaar. Kan ons een verwag?



    BIETJIE ONTEVREDE
  10. Willemien Immelman
    2010/03/11 07:52:50 nm
    Neem asseblief weer foto's in die kleedkamer soos laasjaar wanneer Bobby van Jaarsveld en Eden hulle hemde en veral broeke uittrek.