Vir diegene wat reeds onder die bekoring van die Mediterreense streek geswig het, sal weet hoe wonderlik dit is om hierdie deel van die wêreld aan boord van 'n luukse passasiersboot te ervaar.
Hier's jou kans. Stap aan boord die MSC Musica vir 'n onvergeetlike vakansie.
Gedurende die dag is daar genoeg om jou besig te hou – twee swembaddens vir volwassenes,twee vir kinders, vier Jacuzzi’s, 'n plek om te draf, aerobiese oefeninge, yogaklasse, mini gholf, basketbal en tennis.
Of miskien is jou idee van 'n vakansie om bederf te word - die spa bied 'n Turkse bad, stomende sauna en borrelbaddens, als wat die stres wegneem om jou ontspanne en op jou beste te laat.
Soos die dag draai na nag trek die MSC Musica ‘n baadjie van skitter en glans aan. Om voorsiening te maak vir alle buie is daar 12 kroeë, 'n rustige Zen-tuin,' n teater asook fliek en casino. Dus, of jy 'n stil aand in die biblioteek of kaartkamer of 'n lewendige nag in die diskoteek verkies, die keuse is joune!
En laaste maar nie die minste is natuurlik die heerlike kos wat geniet kan word en die vooruitsig na eksotiese bestemmings.
Gee toe aan die versoeking en kom geniet een van die mees ontspannende vakansies ooit saam met ons Reisklub.
Daar is verskillende vertrektye feitlik regdeur die jaar. Prys is, uitgesluit verpligte lughawebelasting van R4 270 per persoon (kinders ingesluit) vanaf net R11 340 per persoon. Kinders onder 18 jaar wat met twee volwassenes deel, reis gratis!
KLIK HIER vir die reisprogram
KLIK HIER vir jou besprekingsvorm
INGESLUIT by jou reispakket van 10 dae/7 nagte:
Vliegkaartjies van Johannesburg op Air France
7 nagte op die MSC Musica
Ontbyt, middagete en aandete daagliks vir die duur van die vaart
Vermaak aan boord
Alle vervoer lughawe/hawe
Hawe- en bagasie belasting
UITGESLUIT:
Italiaanse Schengen & Kroatiese visum
Vervoer na/vanaf OR Tambo-lughawe
Items van 'n persoonlike aard - opsionele stranduitstappies, drankies en diensfooitjies ens
Koste van visum/paspoort
Koerier van finale dokumente tot by jou deur (slegs RSA) teen R275 per adres
Diensfooi van Euro 7 per dag per persoon (betaalbaar aan boord)
Baie Belangrik: Mediese Reisversekering - 'n Schengen-visum sal nie uitgereik word as jy nie beskik oor geldige reisversekering nie.
•Bel 011- 886-9548, stuur ’n faks na 011-886-9548 of stuur 'n e-pos na huisgenoot@megatrav.co.za om te bespreek of om die bepalings, voorwaardes en meer inligting te kry.
•Stel jy belang in ander bestemmings? KLIK HIER of gaan na www.huisgenoot.com/Artikels/Reisklub vir meer inligting.
