Skouspel is ’n hoogtepunt op ons almal se kalender, maar die lekkerste van die lekkerste is om dit te rek tot ’n naweek.
Stuur ma na die Skouspel-Vrouedag, laat pa gaan gholf speel en die kinders kan die dag ombaljaar by Valley of the Waves.
Of as julle ’n bosvakansie verkies, besoek een van hierdie top-lodges buite Sun City.
Hier kan julle op wildritte gaan of in die spa lê. Dis net wat die siel nodig het en ’n ideale wegbreekkans vir die hele gesin.
*Die sakpas-reisiger:
Orion Safari Lodge
Veertig minute se ry van Sun City met ’n ontspanne familie-atmosfeer.
Naweekpakkette: R1 970
Sondagaand: R1 330
Sundown Ranch Hotel
Net tien minute se ry van Sun City.
Naweekpakkette: R1 890
Sondagaand: R1 220
*Sit in die spa
Kedar Country Hotel en Spa
Vyftien minute se ry van Sun City met ’n wye verskeidenheid wild.
Naweekpakkette: R2 200
Sondagaand: R1 500
Pakkette sluit aandete in.
*Luukse verblyf
Bush Lodge
Net 10 minute se ry van Sun City en pakkette sluit aandete en ’n wildrit in.
Naweekpakkette: R3 800
Sondagaand: R2 360
*Sun City
Sun City Cabanas
Naweekpakkette: R2 500
Sondagaand: R1 350
Die Sun City Hotel
Naweekpakkette: R3 400
Sondagaand: R1 680
Die Sun City Cascades
Naweekpakkette: R3 550
Sondagaand: R1 750
Die Palace of the Lost City
Naweekpakkette: R4 900
Sondagaand: R2 520
Alle pakkette sluit ontbyt en Skouspel-kaartjies in. Pryse is per naweek per persoon. Die Sondag-pakkette is vir Sondagaand oorslaap.
Klik hier vir die besprekingsvorm. Klik hier vir die pryslys en klik hier vir die hotel-indeks. Vir nog inligting oor vanjaar se aanbod bel 011-886-9545.