Hoekom kies jy nie 'n besoek aan Europa nie?

E-pos
Print

Smag jy na die moeder van alle wegbreke? 'n Vakansie sonder enige kommer en hope pret? Ons Reisklub weet presies wat jy nodig het: 'n heerlike loslit-, dog luukse Trafalgarbustoer deur Europa! 

Die Reisklub se ongelooflike avontuur gaan jou meevoer deur ses lande. Jy gaan blootgestel word aan die aansteeklik energie van wêreldstede soos Amsterdam, Munchen, Innsbruck, Venesië, Rome, Florence, Parys en lieflike Lucerne. 

MAAK REG VIR DIE ONVERBETERLIKE - 'N BUSTOER DEUR EUROPA VANAF 11-24 AUGUSTUS 2012 EN SIEN SOVEEL MEER!

KLIK HIER vir jou besprekingsvorm
KLIK HIER vir jou reisprogram

Ingesluit by die prys per persoon (verpligte lughawebelasing van R3 890 per persoon uitgesluit) is daar die volgende drie moontlikhede: 
1. Deel 'n dubbelkamer:
Vanaf R20 130 per persoon 
2. 'n Enkelkamer: Vanaf R23 870 per persoon
3. 'n Kind (5-17 jaar oud ten tyde van reis) wat met twee volwassenes deel: Vanaf R18 252 per kind. Slegs een kind mag 'n kamer met twee volwassenes deel.

Ingesluit: 
Ekonomiese klas-vlugkaartjie vanaf Johannesburg met KLM & Air France vanaf Johannesburg, reis met 'n luukse Trafalgar bus met lugreëling en verstelbare sitplekke, elf nagte in gerieflike toeristeklasverblyf met en suite-geriewe, kontinentale ontbyt vir die duur van die toer, vyf driegangmaaltye en Chartis mediese reisversekering.

Alle hotelfooitjies, plaaslike belastings, bagasiehantering en hotelfooitjies is ingesluit. Boonop sal 'n professionele Trafalgar-toerdirekteur en spesialis-plaaslike gidse in Rome en Parys die groep vergesel.

'n Reisklubverteenwoordiger sal die groep vergesel afhangend van 'n minimum van 40 lede. Finale dokumente sal na jou deur koerier word (net RSA). Jy sal ook 'n reissak en dokumenthouer ontvang.  

Uitgesluit:
Jou Italiaanse Schengen-visum, fooitjies vir toerdirekteur, gidse, drankies en persoonlike items, opsionele toere, ekstra bagasieheffings, vervoer van en na OR Tambo-lughawe. 

Bel 011-886-9545 of stuur ’n faks na 011- 886-9548 of e-pos na huisgenoot@megatrav.co.za vir besprekings, nog inligting, bepalings en voorwaardes.

Dalk lus vir nog nuwe bestemmings? KLIK HIER of gaan na www.huisgenoot.com/Artikels/Reisklub vir meer inligting.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.