Die koning van wals kom Kaap toe!

E-pos
Print

 

André Rieu is een van die wêreld se werklik-unieke kunstenaars. En hy kom volgende jaar vir die derde agtereenvolgende jaar Suid-Afrika toe. 

Die maestro en sy Johann Strauss-orkes gaan in Augustus 2012 by die GrandWest Arena, Kaapstad optree.

Sy optredes is bekend daarvoor dat dit die vrolikheid in klassieke musiek terugsit; met André se dansende vingers en sy weergalose passie vir musiek is dit soms moeilik om vas te stel wie sy uitvoerings die meeste geniet - die musikante of die gehoor. 

Dis nie ongewoon vir die gehoor om heerlik-loslit saam te sing of hande op maat van die musiek te klap nie. 

Danksy ons Reisklub kan jy van hierdie geleentheid 'n heerlike wegbreek-okkasie maak met verblyfpakkette in die wêreldbekende Victoria & Alfred Waterfront. 

Daar's 'n oormaat van onvergeetlike ervarings wat op j ou wag: meer as 80 restaurante, 450 binnenshuise winkels, flieks, vermaak in die Amfiteater Saterdae en Sondae, straatmusikante, markte en heelparty land- en seegebaseerde toeriste-aantreklikhede.

THE TABLE BAY (5-ster) is 'n luukse hotel sentraal geleë in die Victoria & Alfred Waterfront. Verblyfpakkette vanaf R4 020 per persoon wat deel.
PROTEA BREAKWATER LODGE (2-ster), ook geleë in die Victoria & Alfred Waterfront met verblyfpakkette vanaf R3 175 per persoon wat deel. Of bring jou vriende saam en deel 'n twee-bed-verblyfeenheid vanaf R2 605 per persoon, gebaseer op vier persone per eenheid. 

Ingesluit by die prys is twee nagte se verblyf in die hotel van jou keuse, daaglikse buffet-ontbyt, retoervervoer tussen jou hotel en die GrandWest op 23 Augustus, voorkeursitplekke vir André Rieu se vertoning om 20:00.  

KLIK HIER vir jou besprekingsvorm
KLIK HIER vir meer inligting rondom die verblyfpakkette
Bel  011-886-9545 of stuur ’n faks na 011- 886-9548 of e-pos na huisgenoot@megatrav.co.za vir besprekings, nog inligting, bepalings en voorwaardes. 

 

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.