Die Victoria-watervalle - 'n ervaring van 'n leeftyd

E-pos
Print

Die Victoria-watervalle word gereken as die grootste vallende gordyn van water op die planeet wat dit een van die sewe natuurlike wonders van die wêreld maak – en dit is reg op ons drumpel!

Bekend aan die plaaslike bevolking as "Mosi-oa-Tunya" - die rook wat donder, is dit merkbaar in sy natuurlike toestand bewaar en inspireer besoekers vandag nog net soveel as wat dit gedoen het vir David Livingstone wat opgemerk het  "tonele so mooi die engele in vlug dit moes aanskou".

OPSIE 1: KORT VICTORIA-WATERVALWEBGREEK (prys per persoon wat deel*, uitgesluit verpligte lughawebelasting van R2 395 per persoon):

A. Die Victoria-waterval Hotel vanaf R3 380 vir drie nagte se verblyf, ontbyt ingesluit. Bly 'n ekstra nag vir R905 per persoon.
B: The Kingdom Hotel vanaf R2 625 vir drie nagte se verblyf, ontbyt ingesluit. Bly 'n ekstra nag vir R510 per persoon.
*Prys geldig tot 31 Oktober 2012.

INGESLUIT IN DIE PAKKET
• Retoer-vlugkaartjies van Johannesburg op British Airways "O"-klas
• Retoer-vervoer oor die grense na die Victoria Watervalle
• Twee nagte se verblyf insluitend ontbyt
• Sunset Cruise op die Zambezi (VSAD $10 fooi vir park is direk betaalbaar)

OPSIE 2: DIE OLIFANTKAMP
Die Olifantkamp is geleë 10 minute vanaf die Victoria-waterval in 'n private konsessie in die Victoria Falls Nasionale
Park. Met die klem op eksklusiwiteit beskik die 9 luukse tent-suites oor privaat uitkyk-dekke, plonspoel, binne- &
buite-storte, baddens, privaat sitkamers, 'n mini-kroeg en tee-en-koffiegeriewe, dakwaaiers, lugversorging en dis muskietbestand.

Vanaf R7 225 per persoon wat deel, uitgesluit verpligte lughawebelasting wat tans R2395 per persoon beloop. Die prys is geldig tot 31 Oktober 2012.

INGESLUIT
• Retoer-vlugkaartjies vanaf Johannesburg na Livingstone op BA "O"-klas
• Retoer-vervoer na Victoria Watervalle
• Drie nagte se verblyf
• Alle etes
• Alle nie premium handelsmerk drankies (harde en sagte)
• Sunset Cruise op die Zambezi (VSAD $10 fooi vir park is direk betaalbaar)
• Begeleide toer van die valle (VSAD $20 fooi vir die park is direk betaalbaar)
• “Meet The Elephant” uitstappie
• Skemerkelkies op die rand van die kloof
• Daaglikse pendeldiens na die stad

OPSIE 3: VICTORIA FALLS SAFARI LODGE PLUS CHOBE CHILWERO, CHOBE
Chobe Nasionale Park - Botswana
Geleë ongeveer 90 kilometer van die Victoria-waterval en dek 11 700 vierkante kilometer van ongerepte wildernis.
Groot eindelose landskappe, oop vlaktes, kremetarte en die ou bosveld oorheers die panorama.

Daar is volop en verskeie wildsoorte. Die olifant bevolking, wat na raming meer as 35 000 is, is die grootste enkele konsentrasie in Afrika wat leef binne die grense van 'n geproklameerde Nasionale Park. Ander belangrike spesies soos leeus, renosters, wildehonde, swartwitpense en bastergemsbokke word ook in baie dele van die reservaat gevind.

Geniet die pragtige uitsig oor die Chobe-rivier sowat 135 kilometer van die magtige Victoria Falls in Zimbabwe. Al agt rivier-uitsig suites bied ruim leefareas, 'n bad, 'n binne- en buite-stort, dakwaaiers, lugversorging, 'n mini-kroeg, tee- en koffiegeriewe en 'n oop sitkamer.

Elk van die suites sal 'n uitsig oor die rivier hê en dus die geleentheid bied om die bekende Chobe olifante te sien asook migrerende zebra of buffels wat wei op die vloedvlakte (afhangende van die seisoen).

Vanaf R9 235 per persoon wat deel, uitgesluit verpligte lughawebelasting wat tans R2 395 per persoon beloop. Die prys is geldig tot 31 Oktober 2012.

INGESLUIT
• Retoer-vlugkaartjies vanaf Johannesburg na Livingstone op BA "O"-klas
• Retoer-vervoer na Victoria Watervalle
• Twee nagte se verblyf by die Victoria Falls Safari Lodge
• Ontbyt en aandete in Vic Falls
• Sunset Cruise op die Zambezi (VSAD $10 fooi vir park is direk betaalbaar)
• Vervoer na en vanaf Chobe
• Twee nagte by die Chobe Chilwero Lodge
• Alle etes by Chobe Chilwero Lodge
• Alle nie premium handelsmerk drankies (harde en sagte ) Chobe Chilwero Lodge
• Daaglikse wildbesigtigingsaktiwiteite by Chobe Chilwero Lodge

UITGESLUIT BY AL DRIE PAKETTE:
Vervoer na en vanaf OR Tambo Lughawe, alle items nie genoem hierbo sowel as items van ‘n persoonlike aard en Mediese Reisversekering.

KLIK HIER vir jou besprekingsvorm
KLIK HIER vir meer inligting

Bel 011-886-9545 of stuur ’n faks na 011- 886-9548 of e-pos na huisgenoot@megatrav.co.za vir besprekings, nog inligting, bepalings en voorwaardes.

Dalk lus vir nog nuwe bestemmings? KLIK HIER of gaan na www.huisgenoot.com/Artikels/Reisklub vir meer inligting.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.