China - 'n ervaring van 'n leeftyd

E-pos
Print

China is geheel anders as die res van die wêreld met eindelose geleenthede vir die entoesiastiese reisiger. Daar is so 'n diversiteit in die stede, mense en landskap. En met 'n geskiedenis wat oor meer as 5 000 jaar strek, gaan jy nie onaangeraak deur hierdie unieke land reis nie.

China beslaan 'n spesiale plekkie in jou verbeelding as die bewaarder van die wêreld se oudste aaneenlopende beskawings en gepaardgaande fassinerende geskiedenis. Dis 'n land van uiterstes - waar die stadsgeraas feitlik voortdurend energiek en onlosmaaklik deel van die landskap is tot by geisoleerde woonareas waar jy byna letterlik 'n speld kan hoor val.

Die Reisklub bied jou vertrektye heeljaar lank teen bekostigbare, waarde-vir-geld pryse. Saam met hulle besoek jy plekke wat jy in alle waarskynlikheid nog net foto's van gesien het: die Groot Muur, die Verbode Stad en die Terracotta-vegters met 'n stewige skeutjie unieke argitektuur tussendeur.

DIE TOER KOS VANAF R22 940 PER PERSOON WAT DEEL EN R24 580 VIR 'N ENKELKAMER, UITGESLUIT VERPLIGTE LUGHAWEBELASTING WAT TANS R3 300 PER PERSOON BELOOP.

KLIK HIER vir jou besprekingsvorm
KLIK HIER vir jou reisprogram

INGESLUIT:
• Ekonomiese klas vliegkaartjies vanaf Johannesburg op Cathay Pacific
• Binnelandse vlugte in China soos per die reisprogram
• 8 nagte se verblyf in 3 tot 4 ster hotelle afhangend van die gebied
• Alle etes (vanaf aandete die 1ste aand tot ontbyt die laaste dag)
• Alle vervoer, daaglikse toere en toegangsgelde soos per die reisprogram
• Aand vermaak soos gespesifiseer in die reisprogram
• Engelssprekende toergids deurgaans (onderhewig aan 'n minimum van 10 passasiers)
• Visa gelde vir Suid-Afrikaanse paspoorthouers
• Binnelandse (China) lughawebelasting
• Reisbeursie per bespreking

UITGESLUIT
Verpligte Reisversekering van R710 per persoon (geldig vir persone onder 69 jaar, maksimum van 15 dae) & verpligte diensfooitjies van VSAD 60 per persoon (betaalbaar in China), Drankies & items van 'n persoonlike aard, opsionele toere, oorgewig bagasiekoste, vervoer na / van OR Tambo lughawe, koerierfooi vir die verwerking van paspoorte en die koerier van finale dokumente na jpu deur (slegs in RSA) @ R275 per adreskostes. Ook uitgesluit is die kamera- en video-kostes by toerisme-aantreklikhede.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.