Hier by Huisgenoot het ons ’n lang lys Wêreldbeker-dinge wat ons almal nog wil doen – en dié week, met die gul borgskap van Engen, kondig ons een van dié projekte aan: ’n uitknip-en-bêre-reeks genaamd Ken Jou Land waarmee elke Suid-Afrikaner al die feite op die vingerpunte kan hê wanneer besoekers wonder hoe hoog Tafelberg is of waar hulle die Groot Vyf kan sien. Wys ons reeks vir jou kind se onderwyser – dis dalk lekker vir die eindelose skoolprojekte!
Onthou ook, jou kind kan dalk danksy Huisgenoot ’n speler by ’n wedstryd op die veld begelei. Inskryfbesonderhede is in die tydskrif.
Baie lesers jubel oor verlede week se Stork-resepteboekie wat ons saam met Huisgenoot uitgedeel het, en dié week plaas ons die eerste resepte om in te plak – en in egte Valentynsdag-gees fokus ons op sjokolade.
En terloops, as jy eerder die Footballers’ Wives-soort is, lees ons storie oor Engeland se kaptein, John Terry. Ons belowe, dit het baie min met sokker te doen!
Esmaré