Van my kant

‘‘By Huisgenoot,’’ sê ons Gautengse redakteur, Inge Kühne, nou die dag, ‘‘gaan ons in ons leeftyd nog baie stories skryf oor water.’’ En ja, Inge is doodreg. Ons weet almal die Suid-Kaap beleef die ergste droogte in menseheugenis, maar presies hoe erg dit is – en wat die impak daarvan op mens, dier en die ekonomie is – word eers duidelik as ’n mens Pieter van Zyl se diepte-artikel lees.

Op plekke soos George, Knysna, Mosselbaai en Plettenbergbaai sal daar sonder reën oor drie skrale maande geen water meer wees nie. En die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nie reën vir die volgende vier of vyf maande nie. Die damme is leeg, baie groenteboere plant nie eens hierdie seisoen nie, diere moet geslag word, plaaswerkers se werk is in die gedrang, die toeriste bly weg. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, sê net die liewe Vader kan uitkoms gee. En elke dag bid honderdduisende mense vir reën.

Maar ons land se waterkrisis gaan veel dieper as hierdie verskriklike droogte. Water is glo ’n groter krisis in Suid-Afrika as elektrisiteit. Maar meer hieroor in ’n volgende Huisgenoot. Intussen bid ons saam met die mense van die Suid-Kaap dat uitkoms naby is.

’n Mens weet nie of jy moet lag of huil oor Jacob Zuma se sekskapades nie. Ons doen so ’n bietjie van albei saam met Pieter-Dirk Uys in tannie Evita Bezuidenhout se ope brief aan die president op.

Hoe lui die nuwe grappie? Zuma staan deesdae vir Zero Understanding of Marital Affairs.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities