Huisgenoot-ikone

E-pos
Print

 

Ons het ’n gawe manier waarop jy met jou gunsteling-tydskrif kan kommunikeer. Kiek die ikone op verskeie bladsye in ons tydskrif vir allerlei lekker video’s, resepte en wat nog.

STAP 1: KRY DIT 
Laai eers die program Tag Reader af:
Maak die webtuiste gettag.mobi op jou selfoon oop en klik op download. Kyk hier tag.microsoft.com/resources/mobile-support.aspx of jou soort foon die program kan aflaai.
Of SMS die woorde HUISGENOOT IKOON na 32113 (dit kos R1) en ons stuur vir jou die skakel.
As jy ’n slimfoon het, soek dit in jou foon se programwinkel, die app store.

STAP 2: KIEK DIT 
Jou foon moet ’n kamera hê. Dit hang van die soort foon af of jy die ikoon moet kiek of skandeer. 
Gaan na Tag Reader (dit behoort in jou downloads of app menu te wees).
Hou jou foon oor die ikoon asof jy ’n foto gaan neem. Party fone sal vanself die ikoon skandeer; met ander sal jy ’n foto van die ikoon moet neem.

STAP 3: KYK DIT 
Met baie slimfone speel die greep vanself. 
As dit nie vanself speel nie, gaan na die mediasentrum op jou foon en klik op die videogreep wat jy pas afgelaai het om daarna te kyk. 

WAT JY MOET WEET
Die greep is gratis, maar jy sal sowat R3 betaal om dit af te laai (datakoste hang van jou selfoonpakket af).

Volg Huisgenoot op Twitter.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.