Vroue kies huiswerk bo seks

Daar’s jou storie oor vroue wat meer van huiswerk as van seks hou?” wil my nuusredakteur weet. Ek’s op my knieë besig om die stortteëls met ’n tandeborsel blink te poets. “ ’Skuus, is nog besig met navorsing. Amper klaar met die badkamer, dan’s dit net nog die yskas en die vensters. Byt vas, dit kom,” SMS ek terug.

Vroeër wou ek uitasem weet of ek die seksdeel van die navorsing ook op die proef moet stel. En kan Huisgenoot dalk Suid-Afrika se mooiste en bekendste swemmer vra om deel van die eksperiment te wees...?

Ná beraadslaging is besluit om Mnr. Blokkiesmaag nie te betrek nie. Dit sou die geloofwaardigheid van ons ondersoek belemmer. Enige vrou wat huiswerk plesieriger vind as om saam met só ’n Adonis in die kooi rond te rol is sertifiseerbaar gek.

Die vroue aan die stuur van Huisgenoot dink in elk geval die Britse Evas wat in die navorsing sê hulle hou meer van huisskoonmaak as seks, is effe koekoes. “Dis seker omdat Britse mans so vaal is dat ’n derde van Britse vroue eerder na die Handy Andy gryp,” giggel ’n kollega.

Maar al kan jy kwalik Suid-Afrikaanse mans as vaaljapies beskryf, is dit ’n feit dat vroue hier steeds meer huiswerk doen as mans. En dis seker nie onmoontlik dat sommige van hulle dit genotvoller vind as seks nie. Of ten minste terapeuties.

Was Amor Vittone nie hoeka besig om skottelgoed te was toe Joost kom bely het oor sy buite-egtelike kafoefelry nie? Pleks dat sy hom met ’n mooi skoon gewaste bord gegooi het...

Die probleem – én die lekkerte – van navorsing is dat jy eintlik enigiets kan bewys.

Lees die volledige artikel in die 11 Maart-uitgawe van Huisgenoot.

Stem jy saam? Verkies jy huiswerk bo seks?



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (12)


  1. Leona
    2010/04/20 04:12:12 nm
    Daar is n verskil Dames en Here.... Ek was vir 9jaar getroud en het seks gehaat, ek het allerande verskonings uitgedink om net nie die daad te hoef doen nie........ Toe skei ek, Ek trou toe met die oulikste ding hy laat my soos n vrou voel, nie n oulike kombuis ousie met n verpligting nie....... en O HEL.......... ek het amper vergeet waarvoor daardie ding is en ek praat nie van die besem nie !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  2. k
    2010/03/30 04:03:49 nm
    Seks is lekker en ek wil net elke dag meer he vir my vrou
  3. annatjie
    2010/03/19 03:14:56 nm
    Sjoe, ek hoop nie ek sit die pot bietjie mis hier nie, maar dan is ek baie gelukkig. My man doen die huiswerk saam met my want ons is mal daaroor om alles saam te doen, maak nie saak wat nie, en so deur dit deur verlei ek hom en die een ding lei na die ander. Baie lekker liefdesspel met huiswerk-voorspel. En dit is nie 'n klug nie.
  4. Annoniem
    2010/03/19 12:23:29 nm
    Dis die wondelrikste ding wat God geskep het op hierdie aarde om geiniet te
    word tussen twee mense.. Wie wil nou huis skoon maak as j kan seks he met
    jou lewensmaat en dit geniet sonder om aan die huiswerk te dink. Die vroue wat
    wel die huiswerk verkies bo seks is tien-teen-een vet en het niks daaraan
    gedoen om verleidelik vir hul mans te bly nie!!!! DIe vroue wat so droom oor seks met
    'n man met 'n blokkies maag terwyl hul huis skoonmaak met handy-andy het 'n groot
    selfbeeld probleem. Wat is lekkerder as om jouself mooi in "shap" te hou en jou man
    te verlei en met hom seks te he???
  5. Anoniem
    2010/03/18 05:39:11 nm
    Nee wat dankie, dis nou een ding wat ek nou sonder kan bly: seks.
    Nie dat ek baie lief is vir huiswerk nie maar ek was nog nooit een vir seks nie en
    nee ek is nie 'n lesbian nie.
  6. Selwyn
    2010/03/15 03:20:13 nm
    Ja nee.Ek dink my vrou sal eerder seks as huiswerk enige tyd kies
  7. Petro
    2010/03/12 05:34:53 nm
    Nah ek het my man baie lief en hy kom beslis voor enige huiswerk- behalwe as die huiswer beteken dat ek hom moet skoom maak-hehehe.
    Nee ek verkies seks oor huiswerk...
  8. ELNA BANTJES
    2010/03/12 07:48:00
    Alles in die huwelik gaan nie net oor sex nie my man het nou al twee jaar beenmurg kanker en ja ek het al twee jaar nie sex nie, ek loop defenetief nie rond en soek dit iewers anders nie en ons is nog lief vir mekaar en is daar vir mekaar. Soos ons voor God belowe het, deur dik en dun.........
    Dit gaan oor meer as net in die bed spring en sex he. Dit gaan oor vertoue, respek, vriendskap en samesein. As jou huwelik net oor sex gaan, kan ek nie sien hoe dit gaan hou nie
  9. Pietertjie
    2010/03/11 02:54:24 nm
    Ek wonder hoe groot rol speel "girlie"-flieks by dames se voorkeur vir stoflappe.
    Sien, in die flieks en sepies word ALLE mans van formaat, as Adonisse met blokkies-
    mae voorgestel, al is hulle eintlik net akteurs (en soms van twyfelagtige seksuele
    orientasie). Die res van ons "normale" mans steek maar bra sleg af by hierdie mites,
    vandaar die ding dat dames eerder in hul verbeelding leef met Handy Andy
    en Mr. Min. En die blokkies-maag stories.
    Die geel stoflap? Laat ek my eerder inhou...
  10. stella
    2010/03/10 11:54:52
    Ag kom nou... Dis nou simþel verby. Kan nie normaal wees nie.....ASSEBLIEF!!
  11. Verons
    2010/03/09 07:11:25 nm
    Dit is nou wat ek noem doefis... Maak jou oë toe en dink aan daardie warm lyf, nog vol druppels wat nou net uit die stort geklim het, die skoon reuk van seep gemeng met brut naskeermiddel, en dan vir n paar sekondes dink jy aan Mr Min met 'n stowwerige oranje lap. Nah, huiswerk kom beslis dan 2de by verre.
  12. Lollapot
    2010/03/09 03:01:28 nm
    Gaan seker oor voorkeur....maar ek sal eerder seks he as huiswerk doen!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities