Tiener skei van 'streng' ouers

E-pos
Print

HY LYK hartseer, moeg en verslae toe hy ons by die voorhek van sy huis in Milnerton inwag. Toe ons sy dogter se naam noem, moet hy teen die trane stry.

“Verskoon my asseblief, ek is baie emosioneel,” sê hy terwyl ons die woonkamer binnestap waar vrolike gesinsfoto’s met drie glimlaggende dogters oral tussen gewyde skilderye en ander kosbaarhede teen die mure hang.

Maar die foto’s vertel nie meer die ware verhaal nie, want die gesin is uitmekaar geruk toe Brett Adams* se dogter Joy (16) verlede Desember gevra het om wetlik van haar gesin geëmansipeer te word. ’n Suid-Afrikaanse hooggeregshof het haar toe gedeeltelike onafhanklikheid toegestaan.

Dit is die eerste geval van sy soort in Suid-Afrika, waar ’n tiener die reg gegun is om nie meer by haar ouers te woon nie, omdat sy hulle as te “onderdrukkend” beskou.

Joy bly nou by ’n skoolmaat en haar ma in ’n woonstel in Monte Vista, Kaapstad en sy is in die sorg van dié enkelma. Haar ouers moet haar steeds finansieel ondersteun.

Sy en haar ouers moet mekaar ingevolge die hofbevel ook een keer per week “op ’n neutrale plek” sien, en hulle moet haar twee keer per week bel. Sy ontvang sielkundige behandeling, en die gesin kry gesinsterapie.

“Ek het nooit, ooit gedink dit sal vir ’n hof moontlik wees om my dogter weg te neem nie,” sê Brett kopskuddend. “Maar die seerste, is nie wat sy gedoen het nie. Dis bloot dat sy nie hier is nie.”

Joy skets haar pa in hofdokumente as ’n superstreng pa – ’n man wat weier dat sy by vriende oorslaap, ’n kêrel mag hê of sonder toesig oor die telefoon praat.

Maar hy hou vol hy is bloot lief vir sy kinders en beskermend jeens hulle, omdat hy en sy vrou vir hulle verantwoordelik is.

“Met al my kinders is ek bereid om kwessies, reëls, te bespreek en daaroor te onderhandel. Maar die gevaarlike wêreld waarin ons leef, het my versigtiger gemaak,” erken hy. “Dit lyk vir my hoe gevaarliker die wêreld word, hoe meer wil kinders buite in daardie wêreld wees.”

Joy was ’n baie liewe en gelukkige kind en hulle was na aan mekaar, vertel hy. Maar nou, as tiener, wil sy meer vryheid hê as wat hy en sy vrou bereid is om toe te laat. 

Een van die huisreëls waaroor hy nie wou kopgee nie, is dat geeneen van die drie dogters ’n kêrel mag hê voor hulle 18 word nie. “Ek wil hê my dogters moet emosioneel sterk wees voor hulle ’n verhouding aanknoop en ek voel 16 jaar oud is te jonk.”

* Skuilname

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 8 Julie 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (93)


  1. Petro
    2011/06/30 11:15:13
    Ek het baie simpatie met die ouers.
    Sterkte!
    My dogter is nou 16 en sy het ons by die welsyn gaan aangee omdat ons te streng is.
    Die verhouding het nou baie skade gelei , ons hoop en vertrou dat dit sal herstel.
    Die kinders van vandag besef glad nie wat daar buite vir hulle wag nie.
    Al wat ons as ouers wil doen is om hulle te beskerm vir solank ons kan.
    Die kinders van vandag het te veel regte en ek dink nie hulle weet mooi wat om met dit alles te doen nie en hoe om dit te gebruik nie.
    Al hierdie kinder regte is teen die woord van God.
    In die Bybel staan tigtig jou kind en ons mag dit nie meer doen nie, so hoe nou.
    Daar is perke ja moenie net wil pak uit deel nie, maar 'n pak op sy tyd verrig wondere.
    Ons as kinders is geslaan en tussen die lyne gehou en maak dit nou van ons ouers barbare??
    Ek dink nie so nie , dit het van ons net beter mense gemaak.
    Die kinders van vandag moet leer om te wardeer.
  2. jenny
    2011/04/15 10:10:11
    dit is dalk reg dat ouers streng is maar daar moet perke wees. ek is 19 jaar oud en het ok n streng pa, ek wil net se dat ouers nie altyd hulle kinders gaan kan beskerm teen hartseer, pyn en gevaarlike dinge nie, al wat hulle kan doen is, hulle kan aan die kinders advies gee, en dit is dan die kind se besluit of hy of sy dit gaan gebruik, alle ouers se ja ons sal eers verstaan as ons kinders van ons eie het, ja ek stem saam maar ek se ook laat ons kinders ons eie voute maak en ook daar uit leer want dit is al hoe ons sterker en wys word, as ons nie uit ons eie voute leer nie gaan ons nooit verstaan en weet hoe ons sekere situasies moet hanteer nie, dit help ook nie ouers is '' over protective'' nie want sodra hy of sy n bietjie vryheid gaan he kan dit heel moontlik hand uit ruk, dit is hoekom ek se laat ons, ons voute maak, ek weet ouers hou nie daarvan om hulle kinders hartseer te sien nie, maar dit is deel van die lewe dit is dinge wat gebeur en geen mens kan dit stop nie, ek praat vir elke tiener wat uit n streng huis kom en wat in een leef, ek weet hoe dit voel om in soos huis te lewe want ek leef nogsteeds in so huis, behalwe my ouers is geskei, en ek weet dinge verander maar die lewe gaan, beskerm julle kinders waar julle kan maar moet hulle net nie '' versmoor'' om oor beskeremend te wees nie want dit vat an kinders en werk emosioneel op hulle ek weet hoe dit voel
  3. Mel
    2011/03/18 02:12:27 nm
    Dit is eenvoudige reels om meer saam te lewe. Dis moeilik as jy 'n tiener is om dit te verstaan. Ek is amper 21, en wanneer ek is. Gaan my pa van my af "skei" hy wil my studies terug trek, en my los met 'n halfe graad wat hy wou he ek moes swot. My pa ondersteun my geensins emosioneel en wanneer ek 21 is, ondersteun hy my ook nie meer finansieel nie. Hierdie meisie moet bly wees as haar ouers haar mis, en bereid is om haar te wil ondersteun.
  4. voel jou pyn
    2010/11/26 11:05:45
    My man en ek is deur dieselfde ding.Kinders het deesdae meer regte as ons ouers.my stiefdogter voel ook ons behandel haar te streng(geen selfoon,kerel,oorslaap by vriende).sy is 12 jaar oud en haar skool se social worker het die polisie ontbied nadat sy vertel het dat haar pa haar gedissiplineerhet na love letters van boyfriends gekry is.hy het werklik aan haar verduidelik wat in die bose wereld aangaan,haar gevra hoe hy die situasie moet hanteer en toe verduidelik hoekom hy haar dissiplineer.sy is toe gevra of sy n saak teen hom wil maak en of sy by iemand van haar keuse wil gaan bly.sy het gekies om te loop.volgens wet mag hy nou glad nie kontak met haar het nie en al steel n kind n kar deesdae mag jy nie jou kind dissiplineer nie.dis nou ons wonderlike SA
  5. Lani
    2010/11/02 12:51:47
    Wel my ouers was ok baie streng gewees toe ek daai ouderdom was... Ek mag ni uit geslaap het of sommer by vriende gekuier het ni, en my ma het vir my gese dat en my sister mag eers kerels he as ons 40 is! was baie snaaks op di tyd.. Ek is nou 20 en ek is ONGELOOFLIK dankbaar vir dt! Ek het n wonderlike ou en hy dankbaar ek so groot geword... EK dink meisies en kinders moet gou wakker skrik en besef dat daar meer is ini lewe as bloody kuier! Ek gaan my kinders ook eendag so groot maak, en ek baie dankbaar dat God my van vooraf en op n jong ouderdom gewys het dat my ouers gee net om, anders het ek ok dalk rebel! Maar wag sy sal wel haar vout agter kom! EN ek stem, om op daai ouderdom te wil vry is net plein weg simpel...mens geniet dit meer om net vriende te wees!!
  6. Kx250f
    2010/09/19 03:06:33 nm
    Ek nodig raad. Ek is 16 en my meisie 15. Ek is n ordentlike christelike seun en is baie lief vir my meisie, mense se ons weet nie wat ware liefde is nie en ek verstaan dit heeltemal. Sy maak my regtig baie gelukkig en ek wil haar baie graag oor naweke sien. Haar ouers is ook sterk christene, maar hulle is baie onregverdig en ongeskik met my, ek het al als probeer om net vir hulle te wys ek wil baie graag saam hul dogter wees. As ek haar bel het hulle altyd iets te se("wat soek hy nou weer?" of "praat nou klaar" of "ek raak nou dem**r in, hy moet jou ophou bel") die agtergrond en dit maak baie seer want ek weet nie meer hoe om hulle gelukkig te hou nie. Ek het Christelike waardes en respek vir haar en haar ouers. Dit het begin beter gaan, haar ouers laat haar elke 2de naweek vir 3 ure kom kuier. Ek wil haar baie graag vir n dag saam ons see toe vat of so, maar haar ouers laat dit nie toe nie. Haar ouers sal bv. ja se, maar sodra die tyd kom, bel hulle en se iets het voorgeval, wat baie verstaanbaar is, maar 9 keer? Asb help, ek weet nie meer wat om vir die oom en tannie te se nie en is ek regtig so onregverdig om net dit te vra?
  7. 'n MA
    2010/08/31 11:09:38
    Dit is nou die gevolg van die KINDERREGTE wat in vandag se skole vir so jonk as 10 jariges geleer word, sommige goeie wette maar dit saai ook daai verkeerde houding in die kind, waar die ouer dalk nou net nie streng genoeg is nie. Ek weet nie hoekom ek nie geseend was om 'n ma te wees vir meisiekinders nie, maar ek is trots op my 3 seuns, dank die VADER. Sterkte aan elke ouer dit is geen maklike taak nie.
  8. CHANTEL
    2010/08/11 02:41:52 nm
    Hallo ek is 24 ek was die sele as jou dogter. op 16 het ek weg geloop van die huis want ek het net een ouer gehaad en dis my ma. sy was baie streng op my want ek was die enigste meisiekind. maar ek se dankie vir haar want op 21 het ek eers swanger geword. en ek het n ongeloof like man wat my gevat het toe ek weg geloop het. en tot vandag toe nog saam met my is. my dogtertjie is 3 jaar oud. en ek moet se hy is n wonderlike pa. en ook baie streng.my ma het hom na n ruk aanvaar.na n lang tyd. vandag is sy nie mee saam met ons nie. maar sy het die reg gehaad om streng te wees. want vandag dat ek n ouer is. weet ek wat n kind vir n ouer is. jammer mamma
  9. Lize
    2010/08/09 11:48:14
    Ag siestog, die "arme" pa. Sy onwrikbaarheid het dit veroorsaak.
    Nes Josef Fritzl sal hy homself ook nie afvra waar hy verkeerd gegaan het; waar hy dalk kan verander nie, nee sy woord is wet want hy's mos 'n man. Dis waarskynlik dat hy aan sy kind dink as sy besitting; 'n verlenging van homself; nie met 'n persoonlikheid van haar eie nie, en dan selfs te lui is om bietjie sy kind te leer ken, want dis te veel moeite en die wet sê mos sy's syne, plus hy gee haar kos en slaapplek. Daarom vind hierdie lui tipe pa dit maklik: maak die reëls, dwing dit af, en sit dan gerieflik agteroor - die lyne is mos nou getrek. Wat 'n papbroek.
  10. charmaine
    2010/07/16 03:14:58 nm
    net een vraag. as kinders van hul ouers wil skei as gevolg van watter rede ook. hoekom moet die ouer nog finansieel verantwoordelik wees vir daardie kin. die kind wil mos groot en afhanklik wees, so dan mmoet die kind maar doen wat groot afhanklike mense doen - werk self vir jou geld
  11. ciesta
    2010/07/16 10:06:27
    my innige simpatie met die ouers..het ook tieners maar het nog nie voor daardie toets te staan gekom nie...kan nie glo n hof staan so iets toe dis nog pure kind en dis net ongehoord.! vroeg ryp vroeg vrot!!
  12. Sielsgelukkig
    2010/07/15 01:32:08 nm
    Hierdie girl moet regtig 'n goeie pakslae kry.... My ouers het ons ook streng grootgemaak.. Ek is een van vier kinders, die jongste en baie gelukkig.. My ouers het ook die reel gehad dat ons 'n boyfriend of girlfriend mag he tot ons 18 is nie, en ek is vandag soooo bly daaroor. Emosioneel was ek sterk genoeg om op 21 te besluit dat ek die regte persoon ontmoet het, tans is ek verloof aan 'n wonderlike man en so gelukkig en moet hierdeur sê dat ek so dankbaar is vir my ouers wat so besluit geneem het. Sy moet dalk net op haar knee gaan en vir die Here dankie se dat sy ouers het, daar is baie kinders wat so graag ouers wil he, maar wat wees gelaat is.

    Count your blessing girlie, se eerder vir jou Pa dankie en dat jy jammer is!
  13. Annoniem
    2010/07/15 10:31:24
    "JOY", jy is dalk 16, maar beslis nog nie volwasse nie. Ek is ook baie streng groot gemaak en is nie eendag spyt daaroor nie. Ek het ongelukkig wat ek nou geleer het 'n fout gemaak. Uit selfsugtigheid (omdat ek tyd saam met my man alleen wou he) het ek toegelaat dat my kinders nou 6 & 8 by hul groot ouers gaan oorslaap 1 naweek 'n maand. Beide my kinders is gemollesteer deur hul groot ouers, waar ons geglo het hulle is veilig en so iets sal nie met hulle gebeur nie. My oudste sukkel nadat hy gepraat het aan post traumastiese stres en moes hy al op 7 jarige ouderdom anti-depresante drink. Hy is konstant onder sielkundige hulp, maar ongelukkig is my kinders nou "streetwise" soos die sielkundiges dit noem. Die wereld daar buite is 'n nare plek en al wat jou liefdevolle ouers doen is probeer om jou te beskerm. Ek kan ook nie glo dat die hof so iets kon toelaat nie, nou maak hul dit jou vriendin se ma se verantwoordelikheid om jou gereed te maak vir die jare na skool. Jy bly 'n afhanklike totdat jy jou eie salaris verdien en jou eie woning kan bekostig. Gaan eerder terug huistoe en hou op rebeleer en lees al die kommentaar om te sien hoe naar dit eintlik buite is. Jy het nou die dag nog duim gesuig en wees versigtig dat jy nie kort voor lank met 'n baba op jou skoot sit wat nou duim suig nie. Sterkte aan "JOY" se ouers en bid dat ons Almagtige Vader julle die krag kan gee en maak weer die saak oop. Elke ouer is streng op sy eie manier, want ons sien wat daar buite gebeur, wat die kinders en nou DUIDELIK die Howe ook nie nou meer raak sien nie, Dwelms, HIV, moord, verkragting ens. Niemand kan hul eie kinders so lief he soos hul eie ouers nie.
  14. Bianca
    2010/07/15 09:27:57
    Liewe Leesers.
    Ek is nog nie 'n ouer nie, en is ook sopas getroud, so ek sal glad nie weet hom dit voel as jy jou kind verloor nie.

    Maar ek kom ook uit 'n baie streng huis uit en is glad nie spuit oor hoe ek groot gemaak is nie, is wel baie baie dankbaar oor hoe my MA my groot gemaak het, ek glo ek sal ook streng wees want hoe ander maar mens jou kind groot.
  15. Daleen
    2010/07/14 04:14:57 nm
    Jy moes my dogter gewees het. Jy het nou die dag nog duim gesuig en nou is jy ewe skielik sommer 'n volwassene. Nee poppie die lewe werk nie so nie. Nou sien jy seker elke aand jou kerel sonder om opgepas te word. My oudste meisiekind werk al en sy het nog nie eers 'n kerel nie. Die lewe is te gevaarlik daar buite. Word groot en bou 'n brug oor al jou probleme.
  16. MARIETJIE NEL
    2010/07/14 03:43:46 nm
    "JOY" Al wat ek jou wil vra is om ASSEBLIEF "PAMELA'S PRAYER" te soek MET JOU HELE HART en die fliek te kyk.....DIT IS 'N WARE VERHAAL. Ouers moet streng wees, Dit is wat God ons in SY HANDLEIDING leer.
  17. Carmen
    2010/07/09 08:27:48 nm
    Liewe Tiener jy weet regtig nie hoe gelukkig jy is om sulke goeie ouers te he wat jou so baie lief het nie.Jy is regtig ondankbaar. Jou pa en ek glo met my hele hart jou ma ook wil jou net beskerm.Wat gaan jy eendag vir die liewe Vader daar bo se, Jesus ek het beter geweet as my ouers wat 'n grap. Die bybel se jy moet jou ouers repekteer en lief he so sal jy 'n lang lewe he. Gaan jy eers jou les leer as jy sanger is of Vigs het ...... na wie toe gaan jy hardloop. Dink mooi..... jou toekoms is so kosbaar. Liewe ouers bid baie en vertrou dat y die lig sien voordat dit te laat is.
  18. Maritsa
    2010/07/09 08:21:36
    Ek is nou nie so seker of die strengheid so 'n goeie idee is nie. Ook weer gese kinders het iemand nodig om vir hulle te se nee jy sal nie. My ouers was streng, veral my ma. Ek sal se sy was soms baie onregverdig, daarom haat ek onregverdigheid, sy was soms agterbaks, soms twee sinnig, soms net plein 'n pyn in die agterend. Ek kan onthou die eendag toe my ouer suster my ma ge back chat het. toe word daar gese ek kan nie naa die jeug naweek toe gaan nie. Wel om te se ek het nie gegaan nie maar het wel nie daai aand by die huis geslaap nie. Daar is stren gen dan onnodig steng. Hoe bery jy jou king voor vir die gevare van diewereld as jy hulle nie bloodstel nie, hoe weet jy jy kan jou kind vertrou as jy hulle nie los laat hulle aan jou bewys jy kan nie? Ek is baie dankbaar aan my ouers oor die strengheid van ons opvoeding, en oor 'n paar ander goed. Maar tot vandag toe nog is ek en my ma se verhouding geknak agv onregverdigheid, ek twyfel of dit ooit weer sal reg kom, al is ek al 27 met my 2de kiddie oppad.
  19. @Mamma
    2010/07/09 06:38:22
    @Mamma - Ek het in presies dieselfde bootjie gesit, my dogter wou ook by haar Pa gaan bly want dit is "lekker" daar, ek het net my voet neergesit, en gesê dit is reg so maar hy gaan die regte prosedures moet volg en dit is deur die hof, en vandag is ek baie dankbaar want in daardie huis is daar absoluut geen reels of dissipline, en die ergste van alles, die kinders dink hy en sy vrou wil hulle daar hê maar dit is nie so nie, al waaroor dit vir hulle gaan is om nie die onderhoud te betaal nie wat in elk geval nie eens n' druppel in die emmer is nie want hy betaal al vir die afgelope 11 jaar dieselfde onderhoud, nog nooit aangepas, ek was baie streng want ek was Pa en Ma, nou is ek na baie jare weer getroud met die wonderlikste man onder die son en my man is bitter streng, ek is nou die trooster, eendag gaan ons die vrugte pluk, want dit is hoe ons groot gemaak is en dit was die beste wat my ouers kon doen, was om streng te wees, want vandag is ek n' selfstandige getroude vrou wat presies weet wat ek uit die lewe wil hê! Ons het dit nie verstaan toe ons nog in ons ouer huise was nie, maar vandag as ek terug kyk sê ek met opregte dankbaarheid, DANKIE PAPS EN MOEKS!!!!
  20. cj
    2010/07/08 03:49:09 nm
    Daar is niemand wat jou kind so liefhet soos 'n ouer nie!!!!!! En as jy as ouer nie eers meer jou kind
    teen die gevare kan beskerm nie, weet nie meer nie. Skokkend. STERKTE
  21. Anri Nel
    2010/07/08 02:08:23 nm
    Ekself is 'n ouer wat oorslapery so lank as moontlik gaan uitstel. Harry Potter en ander boeke en flieks wat die bose aanloklik maak is ook taboe in my huis. Musiek videos kyk met die beeldmateriaal van sagte pornografie word ook nie hier geduld nie. Ek sal nie buig op die standaarde wat ek as Christen uit die Woord kry nie. Swarigheid kom vir die wat nie wil konformeer nie. Kyk maar na byvoorbeeld Walter Veith se lesing op Amazing Discoveries in Rekindling the Reformation/Herontdek die Hervorming 'Thy have made void thy law'. Daar is goeie mense regte wette, maar ander vertrap die Tien Gebooie. Aborsie is moord, 'Common Wealth' is diefstal wat gewettig word. En dan maak Kinderregte wette dat ouers omtrent geen seggenskap meer het nie....'eer jou vader en jou moeder'. Daar is nog net een gebod wat nie deur wetgewing vertrap word nie en dit is ook in die pyplyn. As ouers dan insig kort, stuur almal vir berading, maar om die kind uit 'n liefdevolle ouerhuis te haal......dit is verkeerd en klaar....wetgewing of nie.
  22. Anja
    2010/07/08 12:30:59 nm
    Die kinders van vandag kry ook net mooi alles reg met die wonderlike "wette" (as mens dit ooit so kan noem) reg! Ek is baie dankbaar dat my pa en ma baie streng was met my ja dit was nie lekker nie, maar vandag is ek 'n selfstandige vrou. Wat wyse besluite kan neem. "Buig die boompie terwyl hy nog klein is". Ek voel vir jou dit is nie iets lekkers nie, maar sy sal vinning genoe besef sy het wel ha ouers nodig en nie net finansiel nie, maar emosioneel ook. Wees maar net sterk en bid God is altyd daar en Hy luister altyd.
  23. Johan
    2010/07/08 11:55:11
    As 'n ouer stem ek saam dat daar streng reels moet wees, maar daar is perke wat nie oorskry kan word nie. Te streng reels kan 'n kind se normale ontwikkeling so be nadeel dat hy as volwassene nie die mas kan opkom nie. Ek het as kind ook in 'n streng ouer huis groot geword. Toe ek uit die huis is het ek begin rook en drink; alles gedoen waarteen ek gewaarsku is; omdat my lewe as jongmens van my gesteel was. Ek kon nie nie self se nee nie, dis vir my besluit. Daar word altyd gese dat kinders kom in die wereld sonder handleidings; wel ouers ook! Alle boeke wat geskryf is oor hierdie soort goed is slegs riglyne. Kinders en ouers het verskullende persoonlikhede en almal moet in die gesin geakomodeer word ... kind en ouer.
  24. Mel
    2010/07/08 08:05:26
    Wat hartseer is, is dat almier hier 'n eier te lê het oor die situasie waarvan hulle net die pa se deel gehoor het. 'n Saak het twee kante, en slegs die vader s'n is hier gestel. Ek het bitter streng groot geword, mag nie oorgeslaap het nie, vriende mag nie na my toe gekom het of ek na hulle nie, In die winter mag ek net gestort het tussen 7 en 8 uur, en in die somer mag ek net gestort het, ek is nie naby die bad toegelaat nie. Toe ek ses jaar oud was het ek een middag van die tyd vergeet terwyl ek saam met maatjies geswem het by die skool, met die gevolg dat my pa my aan my hare uit die swembad getrek het toe hy my kom oplaai het. Noudat ek self 'n pragtige 16 maande oue seuntjie het, is ek streng met hom, maar ek druk en soen hom heeldag, en ek is vasbeslote dat hy nie my lewe sal he nie.

    So voor julle nie albei kante van die verhaal gehoor het nie, kan julle nie oordeel nie. Dis belangrik vir ouers om reels te he, en ja, daar is kinders wat handuit ruk, maar waar daar 'n rokie is is daar 'n vuurtjie, die hof sou nie die eis toegestaan het sonder goeie rede nie.
  25. Australian
    2010/07/08 03:47:24
    Spook, ons moet met ons kinders praat. baie gesels en hulle met liefde opbring. Soms moet ons 'n streep trek en se dat hulle moet luister en mag nie die reel breek nie! Dis vir hulle eie goed!
    Daar is baie verdriet by vroue wat nie naar hulle ouers wou luister nie en nou met harde gevolge leef!
  26. Marcia
    2010/07/07 08:12:54 nm
    Wanneer kinders nie respek het en gehoorsaam is nie, en hul eie lewe wil lei, dan is die ouer gewoonlik die vark in die verhaal. Maar so kom menige kind hul moese tee, en as die pop die fen strike, is mammie en pappie die eerste wat gekontak word. Of hoe?
  27. spook
    2010/07/07 03:25:41 nm
    spook vervolg...
    In `n opvoedkundige perspektief sou ek hierdie dogter se huisatmosfeer as koud beskryf- Milletaristies! Wees bietjie meer toegeeflik en besluit en praat saam oor dinge, wees demokraties en nie autokraties nie.
  28. Spook
    2010/07/07 03:21:37 nm
    Vandag is ek `n getroude man, met 2 van my eie kinders. Maar ek kan myself identifiseer met hierdie dogter. Ek kom ook uit so `n huishouding dat die kind absoluut geen plek het nie asook geen se nie. Jy was `n kind en word nie gesien of gehoor nie- geen inette mag gelewer word nie. Kindwees in so huishouding was hel op aarde. Moenie my verkeerd verstaan nie, rebellie praat ek nie goed nie, maar gee jou kind bietjie vryheid en wys vir hom of haar dat jy haar kan vertrou. In
  29. anonymous
    2010/07/07 02:48:14 nm
    Brett,jy het die regte ding gedoen,in hierdie gevaarlike dae wat ons in leef,
    hoekom waardeer Joy nie haar ouers nie,daar is soveel kinders wat ouerloos is
    en wat hul oogtande vir ouers soos jou en jou vrou sal gee.18 is 'n goeie ouderdom
    om eers emosioneel sterk te wees voor 'n verhouding,sy is die een wat verkeerd is en dan
    kry sy nogal haar sin!
    hopelik leer Joy bitter vinnig haar les!
  30. Ook streng
    2010/07/07 02:12:41 nm
    Ons het ook twee dogters en 'n seun. Ons oudste dogter is 23. Ons was volgens haar ook te streng en sy het op die ou einde weggeloop en swanger geraak op die ouderdom van 16. Gelukkig is ons vandag weer herenig met haar en is ons verhouding met haar baie goed. Sy se self dat sy spyt is dat sy nie na ons geluister het nie. Ons is ook streng met ons ander dogter en seun, en ons sal seker met hulle ook probleme he maar ons hoop dat hulle geleer het dat dinge nie altyd net sleg is nie en my jonger dogter se altyd vir my, " ek het uit sussie se foute geleer" . 'n Mens moet streng wees. Jy as ouer wil tog net die beste vir jou kinders he. Maar onthou altyd met elke tug moet daar ook liefde saam kom. Jy kan nooit genoeg vir jou kind se hoe lief jy hulle het nie. 'n Kind floreer op liefde.
  31. Lindie
    2010/07/07 02:01:20 nm
    Ek het streng groot geword, en maak my seun ook so groot. Hy mag ook nie Mixit nie, en verloor met tye sy "voorregte" soos sy selfoon en rekenaar speel tyd. Ek sal ook nie hom toelaat om Harry potter, twilight of eclipse te kyk nie en ons het al dikwels daaroor gepraat en gedabateer. Hy is nou 15 jaar oud en het nog nie teen ons gesag gerebelleer nie, hoewel hy sal kom praat as hy ongelukkig is oor iets, en so soek ons saam oplossing. Sy skool laat ook nie kysery toe nie, en hy moet nou eers op skool konsentreer. Hy wil in 'n mediese rigting gaan werk is besig om hom te kwalifiseer (sy eie idee) en werk na uurs as student as mediese hulp. Ek weet nie wat in hierdie ouers se geval dinge gaan beter maak nie, maar een ding weet ek, ek sal kaalvoet oor die drakensberg vir my seun loop maar EK gaan voor die Here staan vir dit wat ek hom toegelaat het.
  32. Linda - Durban
    2010/07/07 11:22:05
    Ek lees die verhaal van "so leeg, my kind se plek (8 Julie 2010) en ek besef hoe ondankbaar "Joe" is. Ek is ook 'n Ma van drie en is ook streng met my kinders en nes haar pa wil ek hulle ook net beskerm teen die bose wereld daar buite - dit is my plig as ouer!
    "Joe" het verkeerde vriende gekies en wil nou dieselfde doen wat hulle toe gelaat is om te doen. Sy is skaars uit die huis en is al klaar by partytjies en gebruik alkohol. Die volgende stap is seker kerelsen ons almal weet wat dan sal volg.
    Aan "Brett" wil ek net se, hou moed en sterkte, jy wou net jou kind beskerm teen die bose wereld daar buite. Bid en vra leiding!
    Aan "Joe", groei op en waardeer jou ouers! Onthou, lekker is nie altyd lekker nie. Jy gaan ook eendag 'n ma word en dan sal jy eers besef dat jou ouers net goed bedoel het. Jy sal dit seker eers besef wanneer jy in nood is en die vriende wat jy bo jou ouers gekies het, nie daar vir jou sal wees en jou bystaan soos net 'n besorgde ouer kan doen.
  33. Susan
    2010/07/07 10:04:12
    Ek haal my hoed af vir daardie pa! Bravo, wat 'n suksesvolle stelsel! Dis tog net so jammer dat daar al hoe meer egosentriese, uiters selfsugti en blatant onbeskofte kinders deesdae rondloop. Die arme tienerkind wat leiding nodig het is so volgeprop met Kinderregte dat hulle glo dat hulle alreeds volwasse is! Ja, hulle moet kan eksperimenteer, maar binne perke. Hulle moet toegelaat word op deur hulle foute te leer, maar moet die foute dan nou al massiewe grootmens probleme insluit wat ewige letsels op hul jong lewens laat? In plaas daarvan om maar te aanvaar dat alle tieners na dieselfde musiek luister, dieselfde klere dra, dieselfde selfone het, na dieselfde musiek luister, dieselfde tipe taal gebruik om cool te wees, MAGGIES, die samelewing moet stop om die arme kinders so te programeer. Uniekheid is 'n waardevolle eienskap. Jeugdiges, skakel so bietjie daardie musiek af en soek 'n stil plekkie op. Vra vir jouself: Wil ek 'n donkie wees wat slaafs deur groepsdruk gelei word? Wil ek 'n ewige wig in my gesin veroorsaak omdat ek vry wil wees? Vryheid le juis in die feit dat jy gehoorsaam is aan jou ouers. Dis nie maklik nie, maar dis lonend. Jy het die reg om te bevraagteken, maar om jou ouers seer te maak net omdat jy jouself buite hul grense wil geniet nie. Soms vergeet die samelewing dat ouers ook tieners was en dus oor ervaring beskik, tweedens ken die ouer die kind se swakhede, hoe maklik of moeilik beinvloedbaar die kind is. Ek is 'n ma en ek sal beslis nie my kind vir die wolwe gooi omdat kundiges vryhede preek nie. Ons as ouers het die reg om ons kinders te beskerm, dis ons Godgegewe TAAK. Basta met wat die wereld verkondig.
  34. Australian
    2010/07/07 08:58:41
    Wat 'n super vader! Dat hy so baie van sy dogter hou! 'n stupid geregsystem, suid afrika maak 'n fout!!
  35. aitog
    2010/07/06 10:03:21 nm
    @MPK ......HE DAARDIE KINDERS EN PRAAT DAN WEER......HULLE IS PRAGTIGE GESKENKE VAN GOD MAAR O WEE, TIENERTYD.....IS HART VAS HOU TYD
  36. ou...ma
    2010/07/06 05:47:11 nm
    Wat ek kommerwekkend vind rondom hierdie situasie waar 'n kind rebels raak, is nie die rebellie nie. Die Bybel praat in Spreuke gereeld van rebellie (die remedie daarvoor en die uiteinde daarvan). Dit is normaal om die grense te toets en met jou ouers te verskil. Nee, die feit dat hierdie blote kind 'n grootmens oortuig het om haar by te staan in 'n regsaak teen haar eie ouers, is onrusbarend... Watter grootmens help 'n kind in opstand kom teen sy / haar ouers waar daar nie sprake van mishandeling is nie? Of is die neerle van reels emosionele mishandeling? Ek het getrek uit Suid-Afrika omdat ek nie langer in 'n land wou bly waar die regering anti-bybelse wetgewing ingebring het en die Woord van God misken nie. Die feit dat hier nie eers herenigingsterapie oorweeg is nie (voordat so 'n drastiese bevel gegee is), is vir my baie swaar om te sluk. Het hierdie regter nog nooit 'n tiener in die huis gehad nie? Oor twee jaar is hierdie kind mondig en dan kan sy doen wat sy wil. Hoe gaan sy die bande wat sy nou so vertrap het weer regmaak? As elkeen van die ses kinders wat ek gehad het 'n bevel teen my kon kry in hul tyd, het ek ses bevele teen my gehad... Watter standaard is neergele toe daar besluit is hy is te streng? Dieselfde standaard wat se 'n minderjarige kan 'n aborsie he sonder ouerlike toestemming, of voorbehoedmiddels kry sonder ouerlike medewete? Ons as ouers het 'n plig om ons kinders te beskerm en die reels wat hy neergele het klink nie vir my wreed nie. Wat gaan volgende kom, as dit nou so begin gaan? As jou sestienjarige dogter haar kerel huistoe bring en hy wil oorslaap in haar bed, gaan die hof ouers forseer om dit ook nou te doen? Nee mense, die konstitusie wat so op regte hamer, is nie 'n goeie ding nie. Suid-Afrikaners, maak julle oe oop: hierdie goddelose regering van julle is besig om julle kinders van julle en Bybelse standaarde te vervreem. Maar nou ja, Openbaring se dat in die laaste dae sal dit so gaan...
  37. Nicolene
    2010/07/05 05:12:06 nm
    Dit lyk amper of die artikel van my geskryf is, net een verskil, ek is nie 'n tiener nie, ek is 24 jaar oud! My pa was ook verskriklik, onnatuurlik irassioneel streng, dit het daartoe gelei dat ek my gesin basies afgeskryf het en aangegaan het met my lewe. My pa het my lewe 'n lewende hel gemaak, want niemand is goed genoeg vir sy dogters nie, net hy weet blykbaar wat die beste is, daar is 'n verskil tussen oorbeskermd en totaal ongewens. My pa het op die ou end van die dag self erken dat hy verkeerd was en sy optrede, wat hy alles gedoen het om 'beskermd' te wees en dat hy pleinweg verkeerd was, maar die skade is reeds gedoen, as ek mense van my storie vertel, kan hulle net verslae hulle koppe skud, dit klink soos 'n sepie! Ouers moet net een ding verstaan, daar is perke wat jy as ouer kan stel tot 'n sekere ouderdom, maar wanneer daardie ouderdom bereik is, moet jy vertroue hê in die wyse waarop jy jou kind groot gemaak het dat hy of sy self die volwasse en regte besluite kan neem. Oorbeskermde ouers is versmorend en breek 'n gesin uitmekaar instede om die familie bymekaar te hou. Ouers is nie altyd 'net reg' nie.
  38. Jo
    2010/07/05 03:24:35 nm
    Ek is ook een van daardie ouers wat in die bootjie sit. My dogter het stories opgemaak oor hoe ek haar mishandel en by die skool gaan kla. Ek was amper in die tronk daaroor - gelukkig het my paspoort haar leuens uitgewys. Sy bly al 3 jaar nie meer by my en ek het nou afgeskakel. Sy het tot in my afwessigheid mans in my huis onthaal en toe ek daaroor optree was ek ook verkeerd. Glo my al is dit hoe seer - in die land is dit soms beter as ouer om hulle hul sin te gee en weg te stap. Anders sit julle dalk ook soos ek in finansiele gemors. Ek het so hard baklei vir haar dat ek my besighede verloor het in die proses. En as ek terug kyk moet ek eerlik se ek is nou beter af. Sy sal altyd in my hart wees maar haar bed is gemaak en sy moet nou maar slaap. Hoop net vir die kinders wat dink die gras is beter dat hulle nie te laat wakker word. Dis een ding om lekker te bly - maar het jy die ondersteuning en finansies wanneer jy wil verder gaan in die lewe....glo nie die tannie gaan daai kind se universiteit betaal nie.
  39. ANNAMARIE
    2010/07/05 02:59:08 nm
    ONS IS 4 KINDERS EN OOK BAIE STRENG GROOT GEWORD. OP 19 HET EK NIE 'N HUISSLEUTEL GEHAD NIE EN MAG NIE UITGESLAAP HET NIE. AS MY KEREL OORGESLAAP HET WAS DIT IN 'N ANDER KAMER. DIT WAS VIR MY BAIE ONREGVERDIG. VANDAG IS EK DANKBAAR VIR MY STRENG OUERS EN DIE MANIER WAAROP EK GROOT GEMAAK IS. EK BESEF HOEKOM DIT SO MOES WEES. DANKIE MAMA & PAPA.....
  40. rockmad
    2010/07/05 02:43:08 nm
    Ek voel ouers moet kinders in 'n mate vryheid gee, dit is seker tog nie so erg om 'n kerel te he op 16 nie. Maar ek voel ook as mens na vandag se jong mense kyk kan ek verstaan hoekom sommige ouers manies streng is. Ek werk gereeld op feeste en dis skokkend om te sien hoe tieners dronk word, uitlokkend is en optree of hulle al volwassenes is.
  41. ansa
    2010/07/05 02:37:00 nm
    Weet jy, het begin om almal se kommentaar te lees, en sommer opgehou. My pa was ook BAIE BAIE streng, en ons moes partykeer vir hom jok, maar vandag kan ek sê dankie dat hy so streng was, anders was ek miskien een tiener op die statistieke wat verkrag is, of swanger geraak het ens ens, want as kinders te veel toegelaat word, gebeur sulke goed wel. (maar nie altyd nie). Ek sê altyd eerder 'n bangjan as dooi (spyt) jan. Ja, kinders wil meer vryheid hê, maar verstaan hulle nie dat hulle al die vryheid in die wêreld sal hê sodra hulle klaar is met skool nie. Ek wens ek kon terug gaan skool toe met wat ek vandag weet. As groot mens het mens so baie verantwoordelikhede, en op skool moes ek net worry oor skoolgaan en hard leer. Geldelike verantwoordelikheid is aan my ouers oorgelaat. Ek wil net aan ALLE tieners sê: GENIET JULLE LEWE AS JONG MENSE OP SKOOL ENS, want as julle eers in die "grootmens" wêreld ingaan, raak dit net erger. STERKTE AAN ALLE OUERS. Ek dink dit is BAIE BAIE moeiliker deesdae om kinder (TIENERS) groot te maak as toe ek een was. Maar die druk op vandag se jongmense is ook SOVEEL meer. Al wat ek dink ons almal kan doen is om te glo soos 'n kind in Onse Hemelse Vader, en hy sal sorg.
  42. Berenice
    2010/07/05 02:10:19 nm
    kinders is ondankbaar. Julle as ouers bedoel net goed met dit wat julle doen. ek het myself
    2 dogters en is al klaar bang vir die dag van more. is daar nie meer belangrike dinge waarmee die hof hulle kan besig hou nie. daar gebeur so baie dinge in die wereld en dan ondersteun hulle nog tieners in verkeerde besluite. wat gaan van daardie kind word. haar skoolloopbaan is seker
    klaar in sy maai. ek se baie dankie aan my ma vir die opvoeding, streng g reels en regulasies, want dit het van my n goeie en verstandige mens gemaak. sterkte vir julle familie.
  43. Mamma
    2010/07/05 01:58:39 nm
    ... maggies, net Vrydag het my kinders erken hulle wil eerder by hulle pa gaan bly (waar dit "lekker" is)... Wat gaan aan met die duiwel dat hy in ons verhoudings met ons kinders wil inmeng? En dan is die regering TEEN lyfstraf... en VIR die kinders se regte! Aarde, wat het van 'n "goeie pakslae" geword - toe was kinders gedissiplineerd en respekvol teenoor hul ouers.
    Ons WEET waaroor die lewe gaan. Ons WEET dat as jy op 16 al seksueel aktief is dat dit 'n impak gaan he op jou hele lewe - al is jy die dag 36! Dis waarom die Bybel vir ons sekere riglyne gee ... wat die meeste mense in elke geval nie eers volg nie.
    Ouers WEET van al die gevare daar buite! ... Ek huil vir hierdie familie... ek huil vir my eie 3 dogters en wat nog vir hulle voorle...
  44. Leandri
    2010/07/05 12:59:20 nm
    Dankie dat mom en pap my velle afgetrek het as ek stout was as kind, en dankie dat jul steeds streng reels toegepas het as tiener, al het ek ook hoe daarteen geskop. As dit nie daarvoor was nie het ek ook dalk die paadjie gestap wat soveel jongmense stap. Vandag se werled is nie 'n mooi plek nie en julle het my goed voorberei. Julle was ook maar oorbeskermend, maar nie sonder rede nie. Ek was ook maar moeilik en het nie verstaan hoekom julle so "onregverdig" was nie, maar nou verstaan ek en kan my eie dogter met goeie waarders grootmaak. My beste vriendin is my ma, en my pa is my rots. Joy besef nie hoe baie sy hulle gaan nodig he wanneer sy eers klaar is met skool nie! Sies vir jou. Daar is kinders en jongmense wat daarna smag om ouers te he, wat hulle s'n aan die dood moes afstaan!
  45. Karen
    2010/07/05 10:06:04
    Ek het my 3 kinders alleen groot gemaak. My seun was 15, dogters 12 en 7 toe my man in 2002 oorlede is. So hulle is nou al 23, 20 en 15. Ek kan die Here dank dat ek nie een dag se probleme het met hulle nie. My seun het nou die dag gese: "Ma het ons altyd nog soos grootmense behandel." Kyk, as hulle droog gemaak het, moes hulle vorendag kom met plan B (of C) in sommige gevalle. Hulle was nooit rebels of iets van die aard nie. Ons is baie geheg aan mekaar. Dankie julle lieflike du Plessietjies vir al julle liefde. Sonder julle sou ek ook nie staande gebly het nie. Lief julle baie.
  46. Morne
    2010/07/05 08:09:17
    Kinders is daar om hulle ouers te gehoorsaam, wat sal van die kinders word as hulle ouers hulle nie probeer beskerm nie, elke ouer het n ander siening oor reels en regulasies in en rondom die huis en die minste wat nkind kan doen is om hulle ouers te gehoorsaam want sonder hulle is hulle niks nie. Die tiener wat van haar ouers geskei het verwag nogsteeds dat hulle haar moet finansieel moet ondersteun maar sy is te agterbaks om hulle te gehoorsaam maar nie om hulle geld te gebruik nie, as jy my kind was sou jy maar jou eie bootjie moes krap dis jy wat il groot wees so sorg vir jou self
  47. Anoniem
    2010/07/05 07:43:47
    My pa het ook gedink hy doen goed om ons drie kinders nooit te laat uitslaap nie.
    Maats mag nie kom kuier nie. Ons is nooit toegelaat om te gaan fliek nie of uiteet nie.
    Ons moes altyd doen wat hy sê sonder om te vra hoekom of wat. En waar het dit my gebring?
    Toe ek begin werk, het ek gesukkel om in te pas. Kon nie saam met kollega's praat oor die wonderlike kinder lewe nie. Almal het op my getrap want ek het mos geleer jy moet doen wat ander van jou vra sonder om terug te praat. Ek was almal se vloerlap. Daar moet tenminste balans wees in 'n ouer huis. Kinders moet geleer word om ook onafhanklike besluite te neem wat aanvaarbaar is vir die samelewing daar buite. Ek het nooit geleer om konflik te hanteer nie en dit het tot emosionele uitbarstings gelei. Gelukkig is daar baie self help boeke wat jy kan lees om weer balans in die lewe te kry.
  48. liezl
    2010/07/05 07:16:33
    Hemel, wat het van ons land geword. Dat ons kinders nou al ons ouers kan hof toe vat, omdat dinge nie is soos hul dit wil he nie. Dit is opreg tragies om dit te sien gebeur. My dogter is nou 15 en dit mang my sommer BAIE bang
  49. n ouer
    2010/07/04 08:02:06 nm
    Wat my verbaas is dat haar ouers se reels te streng is maar hul geld is goed genoeg. As sy vryheid wil he gee dit vir haar maar dan kan sy ook maar self betaal daarvoor ook. Ek is ook ontsteld oor die feit dat ouers nie meer hul kinders mag dissiplineer nie maar eerste die blaam kry vir ongedisiplineerde kinders.
  50. Susan
    2010/07/04 06:46:23 nm
    Wat 'n hartseer storie. Uit die deel van die artikel op die internet klink dit glad nie of die Pa SO streng is nie, net streng genoeg. Oor 'n paar jaar kan die dogter in elk geval "doen wat sy wil"( tot die mate wat ander volwassenes dit kan doen, want geen vryheid is absoluut nie). Hierdie meisie weier om gesag te aanvaar, en dit gaan haar nog net probleme gee in die toekoms, mark my words. Ek wed sy is swanger binne minder as 2 jaar van nou af.
  51. Son
    2010/07/04 06:34:39 nm
    Ek was 1 van baie kinders by 'n enkel ma. Wens sy kon my verbied om voor 21 te trou. mens is nie gereed vir 'n "boyfriend" so jonk nie. Daar natuurlik groepsdruk in skole, wat jou slegmaak as jy nie 'n "girlfriend/boyfriend" het nie. Reëls is soooo nodig in ons tyd. Maar voel dat as mens jou huis vir die Here gee jy al klaar gewen het. Ongelukkig is die bose listig, soos ons kan sien in die artikel en hy die hof gebruik. As ek die ouer kan raad gee. Sit haar voor die kruis. Los haar daar. Gee haar terug aan die Vader. Sterkte!
  52. Chanel
    2010/07/04 12:55:33 nm
    Ek is halfpad 26jaar toe..en ek dank die HERE elke dag dat my ma streng was met my. Ek maar ook nie uitgeslaap het by vriende, n ou gehad het voor ek kla is met skool of uit gegaan het. Ja ek het baie keer gevoel my ma was onregverdig..maar ek beseg nou dat ek ouer is hoekom sy dit gedoen het. Alles kom met tyd die jonger mensies word en wil te gou groot word. Wat hulle nie besef as hulle te vroeg groot is is hulle lank voor hulle jare n oumens! Dis eintlik vreeslik hardseer. Ek bly nou in new zealand..en hier is die kinders net so erg geen respek vir hulle ouers elke tweede meisie loop met n kind rond.. Ek waardeer baie dat my ma streng was en ek weet sy wil net die beste gehad het! Dankie mams
  53. liz
    2010/07/04 01:22:47
    Al wat die meisiekiind kort is n paar goeie klappe.Die ou vergete spreekwoord "spare the rod....",spreek boekdele.En kan die enkelma by wie sy haar intrek geneem het, nie vir haar reghelp nie en terugstuur huistoe nie,deur haar te huisves, ondersteun sy haar.Ek het self n 17 jarige, is streng, want die wereld is woes en ek is bang vir haar part en sal alles in my vermoee doen om haar te beskerm,en solank sy onder my dak woon sal daar reels is wat gehoorsaam moet word.Geen ouer wat sy kind se belange op die hart dra verdien om so behandel te word nie.het die hof nie ander erenstiger sake om af te handel?Klink nou soos een van stupid Amerikaanse Judge Judy howe waar enige simpel klag gehoor word.Se nog steeds,n goeie loesing sal nie skade doen nie.
  54. bernard kuhn
    2010/07/03 05:17:32 nm
    ek hou nie van kwaai mense nie ek dink dit is sonde om kwaai en streng te wees want God is nie kwaai en streng nie natuurlik moet mens met die kinders berispe vir hulle verkeerde dade wat hulle doen maar nie streng wees nie om streng te wees pas nie by christenskap nie want iemand wat gaaf is en nie streng is nie is ware christen
  55. James
    2010/07/03 04:18:41 nm
    Ek wonder net was dit een van daardie soveel alledaagse huisgesinne waar die kind nooit n drukkie gekry en liefde ontvang het nie? Ek kom ook uit so n huis ,my ouers het net nooit geweet hoe om n drukkie te gee nie want hulle het nie so groot geword nie. Jesus het met my gedeel hieroor vandag is ons almal volwasse mense en vandag gee ons drukkies ,alle eer vir Jesus. Dalk moet ons nie so maak soos in die Ou Testament nie alles was wette maar daar was nie liefde nie. Dalk leer dit n paar huisgesinne maak tyd vir jou kind moenie net n geldjie in die hand stop nie........
  56. Jolande
    2010/07/03 02:28:43 nm
    Geen wonder dit gaan in hierdie wereld soos dit gaan nie! Ek het 'n paar maande gelede van SA na Nederland geemigreer en mens kan duidelik sien dat hier GEEN dissipline toegepas word nie. Dit is teen die wet om jou kinders pakslae te gee, jy kan geregtelik vervolg word. Hierdie kinders is ongeskik, rook op 10, beoefen seks op 12, praat met volwassenes asof hulle gemors is, ens ens ens. Hul het geen respek vir enigiemand of enigiets nie, hul besef dat hul kan maak en breek soos hul wil want hulle het regte. Jammer hulle "regte" het....let maar of hulle einde.
  57. Willem
    2010/07/03 12:46:49 nm
    Ja, die wêreld is 'n gevaarlike plek maar om jou kinders daarteen te beskerm moet jy juis hulle gereed maak daarvoor. En dit kom nie deur oorbeskerming nie. Hulle sal eenvoudig rebeleer. Kinders is van nature nuskierig en sal defnitief kyk om jou gesag aantevat indien hulle beperk voel daardeur. Gesels eerder met jou kinders openlik en maak hulle selfversekerd groot aswat hule ook bang raak vir die wêreld. Mens moet op die ou end self skouers omhoog daardie gevaarlike ding stwewig op jou twee voete kan aanvat want jy as ouer gaan nie altyd daar kan wees om hul gevegte vir hulle te veg nie.
  58. Padda
    2010/07/03 11:33:36
    Dit is n bitter beker om uit te drink. Verwerping deur jou kind op so n manier sny diep! Daar is nie geskrewe reels hoe om dit op te los nie.
    Let go and let God.
    Dit het my 5 jaar geneem om deur die verlang te werk.
    Ek as ouer het nie besef daar is meer vir my om te leer, as wat my kind nog moet leer.
    Vertrou die Here waarmee jy haar groot gemaak het.
  59. suzette engelbrecht
    2010/07/03 11:07:48
    die vrugte van hierdie houding gaan ons nog almal in die rug byt
    reels is reels en is gemaak met 'n rede - as kinders nie die reels in hul ouerhuis kan nakom nie, kan hulle nie by die skoolreels hou nie - en as hulle nie die skoolreels kan gehoorsaam nie kan hulle nie landswette gehoorsaam nie - dis elementer my liewe watson
    as 'n kind nie meer sy ouers se reels wil nakom nie - moet die hof hom/haar dan toestemming gee om te gaan - maar laat die klein windgat boggertjie dan vir hom/haarself sorg - niks minder as reg nie - kinders wat nie huur betaal en bydrae tot die huishouding kan of wil lewer nie - moet maar soos soet kindertjies vir hul mammas en pappas LUISTER!!!!!
    dit moet egter geld van die begin van die kind se lewe - moenie probeer reels afdwing as hulle tieners word nie - van kleins af moet hulle hoor as daar gepraat word - geen onderhandelings nie - wat weet kinders nou op 6 van onderhandel of hul lekkergoed kan kry al dan nie? buig die boompie van jongs af met ferm reels wat nie onderhandelbaar is nie
    waar kom 'n kind in elk geval aan so idee om haar ouers te skei ?
  60. Jana-lee
    2010/07/03 09:34:21
    ag weet jy "Joy"" ken net nie die woord reels nie. in haar gedagtes is dit nie leker nie. in my woorde self sal ek se: "sy soek nie ouers nie!". ek wil net vir hierdie ouers se: Good Luck julle twee, julle probleme met hierdie meisie is nog nie finaal nie.
  61. Liz
    2010/07/03 08:01:06
    My ouers het ons ook streng groot gemaak. Ek onthou toe ek 16 was, wou ek graag saam met 'n ou na 'n dans toe gegaan het. Ek was mal oor hom. My pa het volstrek geweier. Ek was smoorkwaad vir hom. Vandag is ek 28 en 'n ma van 2 en stem ek volkome saam met my pa se besluit. Vandag se meisies is vroeg ryp, vroeg vrot.
  62. nats
    2010/07/03 07:55:36
    die menseregte ding is n ompad om verantwoordelikheid te aanvaar vir dade. waar weet n kind van 16 wat die lewe behels? ek was n stille rebel,maar weet vandag ,al was dit nie lekker nie ,dat reels nodig is. ja my pa het my ook verbied om by my vriendinne te gaan kuier.net kuier,nie eers n kerel nie!! DIT WAS BUITE DIE KWESSIE. "SIXTEEN AND NEVER BEEN KISSED BEFORE",DIT WAS EK. Ek gaan my kind na die beste van my vermoe grootmaak,ek wil hom graag op my oudag in my lewe he.
  63. Karen
    2010/07/02 10:06:01 nm
    Ek persoonlik dink die pa gaan 'n bietjie te vêr met sy strengheid, maar die Here het daardie meisiekind aan daardie man en vrou te vertrou om groot te maak. Of wie reg is maak nie hier saak nie, maar ek dink die hof beslissing het die ouers ge-ondermyn. As die pa haar gemolisteer het of te lyf gegaan het dan neem haar weg, maar hy maak haar groot soos hy goed dink en of ek of jy saam stem dink ek nogsteeds die hof het 'n verkeerde besluit gemaak. Die vrou by wie sy tans bly moes na my mening haar liewers oorreed het om by haar ouers te bly en nog steeds vir beraading gegaan het, pa en dogter.
  64. aitog
    2010/07/02 09:43:41 nm
    dis so jammer dat die jongmense "op stropless" raak - ons lewe in n bose wereld , DIS UIT LIEFDE VIR ons kinders dat n mens hulle net wil beskerm, nie omdat ons hul nie vertrou nie, maar ja nou gaan die klein karnallie en "skei" haar ouers MAAR HULLE GELD IS WEL GOED GENOEG OM HAAR TE ONDERHOU - DIS VERKEERD, AS DIE HOF HAAR DAN TOELAAT OM DIT TE DOEN, MOET HULLE MAAR N TOELAE BESKIKBAAR STEL ,want nou dompel sy hulle ook in n finansiele verpligting, waar sy alles by die huis gehad het..eiewyse selfsugtige tieners!!! (darem nie almal nie, ek weet daar is duisende voorbeeldiges)
  65. Janette
    2010/07/02 08:10:55 nm
    Wow ons land gaan agteruit. Dat kinders nou dinge begin regkry. Eind tye kom al hoe nader. Miskien moet hul spreuke in die bybel lees.
  66. CS
    2010/07/02 07:04:00 nm
    My dogter het ook op daardie ouderdom begin rebelleer. Sy mag nie uitgeslaap het net by vriendinne wat ons nie geken het, ons het nie op haar spioneer maar sy is elke keer uitgevang nie deur ons maar omstandighede bv. ongeluk ens. Ons was streng ek erken dit maar sy berou dit nou nog 20 jaar later. Ons was seer gemaak deur haar optrede maar het haar oor en oor vergewe. Sy is nou 'n ma en die ergste sy is strenger met haar kinders as ons haar ouers.
  67. MPK
    2010/07/02 05:36:17 nm
    Ek is self nie 'n ouer nie en kan nie saam met baie van julle praat nie. Maar ek stem nie saam met hierdie pa se woorde nie. Ja, jy moet streng wees om sekere reels toe te pas in die lewe en ek sal saam met enige ouer staan wat dit sê. Wat hy wel verkeerd het, is dat hy nie wil he sy kinders mag "kys" en ouens he nie. Hy wil hulle "emosioneel sterk" maak deur hulle te belet om hulle gevoelens aan ander te toon. Hy maak hulle nie emosioneel sterk nie, hy maak hulle emosioneel dood. Al hoe hulle gaan sterk word, is om daai kerel te he, hulle harte gebreek te kry en te besef: "Dis okay, ek lewe nog. Volgende keer sal ek versigtiger kies en slimmer te werk gaan. Die terugslag het my nie dood gemaak nie, dit het my sterker gemaak". Hoe moet hulle die aanslae van die lewe oorleef en die lewe na die tyd in die oë kyk, as hulle nie nou die kanse kry om binne 'n gekontroleerde omgewing 'n paar terugslae te ervaar nie, al is dit net om op te breek met 'n ou. Dis die goed wat hulle gaan sterk maak, nie deur hulle vir die lewe weg te steek nie...
  68. magrieta brink
    2010/07/02 04:46:23 nm
    Ek weet hoe j voel dit nie lekker om n ouer te he wat jou le role nie so ek wil vir jou se al die sterkte en wens jou al die beste toe.
  69. Ina
    2010/07/02 04:38:35 nm
    Ek het my vader op ouderdom 3 verloor en my moeder moes alleen 'n groot gesin deur die lewe sien. Die jonger groep, waarvan ek een was, het haar baie probleme gegee, aangesien ons vd platteland na die stad verhuis het en kinders oor die algemeen, daar aan meer dinge blootgestel word. Ek was ook koppig en hoe meer sy my gestraf het, hoe meer wou ek haar WYS!! Wel, ek het 'n baie duur prys betaal en was nog strenger op my kinders as wat my moeder op ons was. My gewese man, was 'n onbetrokke vader en dit het tot gevolg gehad dat ek alleen disipline moes handhaaf. Hy het daarin geslaag om 'n wig tussen my en die kinders in te dryf, want hy was "cool" en het alles toegelaat. Ons is geskei en dit het jare en baie trane en gebede gekos om die verhouding tussen my en my kinders te herstel. Die "cool" pa is weer getroud en is nou éérs onbetrokke by sy kinders. Wees liewer die "vark" in die verhaal, as om gewild te probeer wees tenkoste van jou kinders. Hulle sal hopelik eendag hulle fout agterkom. STERKTE!!!
  70. maria
    2010/07/02 03:23:37 nm
    ek is vandag 27 en my ma en pa was self streng my ma het baie keer vir my gepreek en gese die ou is nie reg vir jou nie dan sal ek bakliei en skel ens. dit het nie gehelp en vandag besef ek my ma was reg want die ouens waarmee ek deurmekaar mee was sou nooit vir my 'n toekoms kon gebied het nie ek is self 'n ma nou en is streng met my dogterjtie sy leer nou dissipline een jaar en maand en ouers common ons moet streng wees ons het 'n bose wereld daar buite wat doen daardie meisie as sy op 16 swanger raak verkrag word buite 'n club so dink bietjie daaraan girly sonder jou ouers is jy niks
  71. Yolandie
    2010/07/02 03:18:54 nm
    Sterkte. Sy gaan eendag (dalk gouer as wat jy verwag) terugkom na jou toe, en dan gaan sy omverskoning vra. Ontvang haar met ope arms. Want die dag wanneer sy terug gaan kom, gaan sy julle BAIE nodig kry, en natuurlik julle vir haar. Moenie dan verwyte gooi nie, want sy gaan Emosioneel seer he....
  72. Nadia
    2010/07/02 03:18:24 nm
    Jong, dis nou 'n storie!! Hoe 'n mens dit op dees aarde regkry en so vinnig en maklik. Die howwe mors hul tyd met sulke goedjies terwyl hulle liewer hul aandag aan die misdadigers geen en hulle tronk toe stuur word tax betalers se geld gemors op so 'n onbenulligheid. Ek voel vir die meisietjie, en ek glo dit is net nog 'n tiener fase. Ek is self 'n ouer en gaan ten gronde wees as my dogterje dit eendag aan my doen so hoe moet die arme ouers voel. Nie altyd is dit die kind se skuld nie, soos die spreekwoord lui..'n saak het twee kante. Ouers --> Julle weet self dat in hierdie eeu jy nou ja en amen moet se vir jou kind se doen en late. As die sakgeld nie te min is nie is die klere nie by die "regte" plekke gekoop nie. Die kinders regeer die land deesdae. Hoe bou ons dan 'n nasie op grond van dit. Toe ek 'n kind gewees het tot en met matriek, het ek glad nie uit gegaan nie, glad nie kerels gehad nie - het selfs in die straat gespeel met die bure se kinders - geweet wanneer dit bedtyd is, geweet jy praat nie terug met jou ouers nie, geweet kinders moet gesien word en nie gehoor word nie (lag daaroor). Nou het alles verander. Die ouers moet vra hoe hoog hulle moet spring as die kind se spring! A nee A, ek raak nou sommer deurmekaar - maar so iets mag nie gebeur nie. Die WET SE ALIE MAN!!! BASTA.
  73. Marina
    2010/07/02 03:10:30 nm
    Dit is die grootste huidige probleem met die hele flippen wêreld, dit lyk asof die hele spulletjie op sy kop staan en alles onderstebo is. Ouers word gestraf as hulle, hulle kinders wil beskerm en hulle reg wil leer. Ons as ouers was almal ooit jonk gewees, en gedink ons ouers is veels te streng. Dis vir my totaal en al verkeerd om kinders sulke "regte" te gee. Dis absoluut ongehoord en onaanvaarbaar!!! Die reëls van hierdie pa is absoluut nie te streng nie, hy is duidelik baie lief vir sy dogters, hierdie pa behoort 'n medalje te kry! Ek wonder of madempie opgewasse genoeg is teen die harde lewe daar buite? Met die regter wat hierdie besluit geneem het, het ek ook nog 'n appeltjie om mee te skil, is jy bef*#%@k in jou kop? Hoekom moet haar pa haar nog steeds finansieël ondersteun? As madempie dink sy is groot genoeg om sonder haar ouers klaar te kom, laat haar dan ook groot genoeg wees om haar eie potjie te krap!
  74. 'n Baie hartseer Ma
    2010/07/02 03:10:17 nm
    My hart breek van voor af vir jou en jou gesin. Ongeveer 2 jaar gelede is ons 3 dogters weggeneem by ons omdat ons aan lyfstraf gegelo het en ons 15-jarige dogter die polisie gebel en gekla het. Sy het op skool met 'n dogter in pleegsorg te doen gekry en maats gehad wat vir haar gese het sy hoef nooit na haar ouers te luister nie en dat mens in pleegsorg kan maak wat jy wil. Na 'n uitgerekte hofsaak (eerste in sy soort in Engeland en met baie partye met hul eie yster in dieselfde vuur) en tronkstraf, is ons nou in die posisie waar ons oudste dogter wat binnekort 18 jaar oud word uit eie wil weer gereeld by ons kuier maar ons nie kontak met die jonger twee het nie.
    'Brett Adams', ek hoor jou wanneer jy se die seerste is dat sy nie meer daar is nie. As ouers is daardie kind ten spyte van alles net so welkom in ons huis en ons stry met al ons mag om die ander twee weer te sien, want 'n kind is nie volledig sonder sy ouers nie. En dan dink ek nie eers aan die leemtes in my eie hart en my huis nie.
    Ons droom daarvan en bid daarvoor dat ons familie weer eendag heel sal wees, maar ons het 'n baie lang pad om te loop.
  75. Saartjie
    2010/07/02 03:08:31 nm
    Stem 100% saam met dat dit streng kinders en gehoorsame ouers is, My dogter is 14 en is die baas in ons huis. Gaan jy haar tee, dan is daar oorlog in die huis tussen my en my man. Dit is seker maar net my eie skuld. Sy kan se n liewe kind wees, maar sy bly baas!
  76. Alwyn
    2010/07/02 03:02:57 nm
    Ek het nie kinders nie, maar as ek gehaad het sou ek regtig baie streng gewees het met hulle. Kinders besef nie altyd wat daar buite aangaan nie todat die dag kom dat iets met hulle gebeur en dan wys mense vinnger na die Ouers. Die dag as hulle hul eie kinders het sal hulle verstaan wat hul ouers wou doen. Ek glo ok daaraan dat jy jou kinders vryheid moet gee, maar tot n sekere punt. My skoonma se altyd, ek sal altyd agter jou staan as jy iets wil doen en as iets verkeerd loop tel ek saam die stukke op, maar as jy in jou graf le kan ek niks doen nie.
  77. Dienks de Hoog
    2010/07/02 03:00:31 nm
    Ja, miskien is jy as ouer darem oordadig streng dat hulle nie 'n "boyfriend" mag hê voor hulle nie 18 is nie, maar vir die hof om toe te laat dat sy julle "skei?", nee wat, dan moet die enkelouer waar sy nou bly maar die gelag betaal en vir haar finansieël sorg ook en as sy swanger raak ook instaan as ouma, vroedvrou, en al die verantwoordelikheid vat vir daardie dogter. Maar pa, ek dink jy sal moet kyk na jou reëls, dit klink so bietjie verregaande, al is die wêreld so "wild" daar buite, jy kan ook as 'n ondersteunende pa jou deel doen, jou dogter op 'n Christelike manier help om 'n vriend te leer ken en haar met liefde gereeld teen die gevare te waarsku...dit werk, glo my!!
  78. johann maree
    2010/07/02 02:54:25 nm
    absoluut belaglik. daardie ouers is/was miskien streng, maar ek glo nie daar was genoegsame dissipline nie. weereens 'n geval van gehoorsame ouers. my bynaam, toe my kind op skool was, was hitler. ek het net eenkeer gepraat en klaar. selfs sy weerbarstige vriende het geweet in my huis is daar reels. kinders wil grense he en hulle wil weet jy is lief vir hulle. sterkte aan hierdie ouers. daar le nog 'n lang pad vir julle voor.
  79. Danie Gerber
    2010/07/02 02:44:51 nm
    Dit is baie hartseer en glo ek menige ouer kan identifiseer met die situasie. Soms is dit egter nodig om hulle bietjie meer vrye teuels te gee en hulle oor te laat aan die konsekwensies van hul besluite, hetsy of dit goed of sleg uitdraai. Ongelukkig kan mens hulle nie in kokonne toedraai nie....want dit is uit die aard van die saak nie blywend of volhoubaar nie. Sy sal weldra besef dat sy 'n fout gemaak het, sowel as die ouer wat bietjie te streng was en sal hulle mekaar op gelyke gronde ontmoet. Nou moet daar kans gegee word vir die helingsproses en dit gebeur slegs met tyd. Was dit egter nie vir die strengheid van ouers nie, was ek in alle waarskynlikheid in groot moeilikheid. Ek kan maar net die Here dank vir streng en regverdige ouers....
  80. Maylene
    2010/07/02 02:27:49 nm
    Dis hartseer om te besef hoe kinders baie dinge kan regkry in Suida Afrika. Ouers is juis daar om die kinders te beskerm teen alle dinge moontlik. Wees geduldig en glo God sal haar terug na julle stuur.
  81. Francois
    2010/07/02 12:54:03 nm
    Jy moet natuurlik streng wees met jou kids/tieners want hulle "strive" op disipline. Maar kyk nou net daar nog 'n ouer wat sy kind verloor het. Vir die van julle wat net wil preek weet net dit is die ergste ding in die wereld om 'n kind te verloor. Alles hang af van hoe jy hulle groot maak maar partykeer is dit nodig om net bietjie kans te gee laat hulle, hulle eie besluite neem. Onthou julle die een: raak aan daai ding en ek voeter jou en sowaar binne 10min sal hulle probeer. Se jy kan maar dit doen en binne 10min is die fantasie om daaraan te raak weg. Ouers asb pasop julle kinders met alles wat julle het en luister na hulle ook.
  82. Ekke
    2010/07/02 11:47:11
    Streng kinders gehoorsame ouers.
  83. Leandra
    2010/07/02 11:37:54
    Ons het 'n generasie van baie gehoorsame ouers geword, in plaas van gehoorsame kinders. As die kind nie eers in gewone huisreels kan inpas nie, hoe op dees aarde gaan daar ingepas word in werksreels? Baie sterkte my kind, ek is 'n onderwyseres wat baie van julle sien, en die paadjie is nie rooskleurig en opwindend vorentoe nie.
  84. Hanlie
    2010/07/02 11:20:07
    Ek onthou as kind was ek baie maal kwaad oor die besluit wat my ouers geneem het. Ek het gedink hulle hou nie van my nie en daarom wil hulle nie toelaat dat ek sekere dinge doen nie. Vandag is ekself 'n ouer en besef dat hulle dit gedoen het om my te beskerm. Ek was gelukkig want ek het geluister en hoef nie 'n dure les te geleer het nie. Ek hoop jou dogter kom eendag na jou toe terug en vra om verskoning omdat sy besef waarom jy dit gedoen het.
  85. Bianca
    2010/07/02 11:12:29
    Ek is vandag 25, en my pa was ook baie streng met ons gewees. Ons mag ook nie 'n kêrel gehad het tot ons klaar was met skool nie, mag nie selfone op skool gehad het nie en ons mag ook nie gaan oorslaap het nie. In daardie stadium van jou lewe raak mens kwaad as hulle dit vir jou weier, maar hier waar ek vandag sit, is ek ongelooflik dankbaar vir my pa se strengwees, en ek sal my kinders op presies dieselfde manier grootmaak. Sterkte, en weet net, daar gaan defnitief 'n dag kom wat sy gaan jammer wees.
  86. gerda spies
    2010/07/02 11:01:40
    ek het self 'n dogter van 14. sy het by my gekom en gesê sy het 'n outjie wat sy baie van hou. hy was 'n paar jaar ouer as sy. ek het besef as ek die verhouding af keer gaan ek my dogter verloor. ek het hulle toestemming ge gee om mekaar in my huis te sien. onder my toesig. en weet jy hoe vinnig was daai verhouding op 'n end. dit het nie eens 2 maande gehou nie. vandag is ek en my dogter nog nader aan mekaar as ooit .
  87. Marilize
    2010/07/02 10:15:35
    Ek kan nie glo dat 'n kind dit aan haar ouers kan doen nie. Ek is 21 en bly steeds onder my ouers se dak, ek kan nie bekostig om op my eie te gaan nie. Al is ek 21 moet ek by my ouers se reëls inpas, al raak ek kwaad daarvoor. Dit daardie reëls van my ouers wat my die verstandige jongmens maak wat ek vandag is. 'n Kind moet net onthou dat jou ouers alles in hulle vermoë doen om hul kind te beskerm.
  88. F B
    2010/07/02 10:07:16
    Ek was een van daai tieners wat geglo het, my ma gun my niks, en gesigte getrek agter haar rug, en haar 'n heks en nog vele meer genoem, agter haar rug.

    Vandag kan ek met alle eerlikheid aan alle dogters se, LUISTER vir jou MA sy is ALTYD reg.

    Hoe meer sy my gewaarsku het teen ouens en die dinge van die lewe, hoe minder het ek geluister, en almal weet wat se hulle van SPYT.

    Sy sal eendag weet watse groot fout sy gemaak het, om van julle te skei, en dan sal julle die beste verhouding ooit he, ongelukkig moet ons meisiekinders eers ons les leer, voor ons verstaan.

    ek glo sys baie lief vir julle, al dink sy nie so nie. Bloed is altyd dikker as water
  89. Sonja
    2010/07/02 09:11:28
    Die hele lewe bestaan uit reels. As 'n mens nie gedisiplineer word van kleins af nie - gaan jy baie aanpassings probleme ervaar in die wereld buite, vorentoe ! Hoekom wil tieners nog uitslaap by vriende saans terwyl hulle deur die dag bymekaar tyd saam spandeer ? Sonja
  90. karina brandt
    2010/07/02 09:02:47
    My kinders is 23 en 21 en ek is nie een dag spyt ek was streng met hulle nie. Eendag as sy self kinders het, sal sy besef hoe lief julle haar werklik het.. Sterkte vir jul huisgesin.
  91. Fanie
    2010/07/02 08:56:47
    Ek het simpatie met jou probleem. Ek as kind sou nooit by maats oorgeslaap het nie want ek was lief vir my huis en my bed. Tog indien dit sou gebeur het sou my ouers my nie weerhou het om dit te doen nie. Ek het genoeg gehad om my besig te hou en vriende het by my kom kuier. Wat my egter ontstel is dat die patriargale rol wat die vader speel al hoe meer afgewater word deur wetgewing. Die sogenaamde menseregte ideologie het die doodstraf weggeneem, en ouers wat hulle kinders tugtig uit liefde loop nou die gevaar om gedagvaar te word. Die eenheid van so 'n gesin word opgebreek en die resultaat kan gesien word waar statistiek beweer dat ongeveer 20000 kinders vandag gevangenis straf uitdien. Die geheim is " Eer jou vader en jou moeder sodat jou dae verleng kan word". Jy het net jou gesin probeer beskerm en indien jou dogter later probleme gaan optel sal sy jou nie kan blameer nie.
  92. ron
    2010/07/01 11:29:25
    moenie alleen voel nie. dis jammer dat sy julle moes "skei" in die proses.
    ek sit in dieselfde bootjie, my tiener weier om te luister. en ek het baie baie groot probleme in die proses opgetel. myne is 17 en sy dink sy's eerder 27. sy soek net vryheid maar daardie vryheid kom met 'n dure prys. pasop, koppe sal daar gestamp word en lesse sal geleer word.