Survivor-ster se dag van skande

E-pos
Print

Dis vieruur Dinsdagmiddag, presies 24 uur ná die ongeluk. Die son mik na die horison, en die rooi aarde, die bosse en bome weerskante van ’n teerpad vol krake hier in Soweto is in ’n goue gloed gehul.

Tekens dat die grubotsing op dié plek gebeur het, is oral te sien. Glasstukke, ’n stuk van ’n buffer en ander verfrommelde motordele, platgedrukte bosse en repe polisieband lê verstrooi hier waar vier seuns gesterf het en twee ernstig beseer is toe twee straatjaers tussen hulle ingeploeg het terwyl hulle van die skool af huis toe gestap het.

Die pad tussen Protea Glen en Protea-Noord is lank, reguit en besig. Taxi’s en motors snel verby en groepe mense – baie van hulle skoolkinders – stap. Die sypaadjie is so smal dat baie in die pad loop, hoewel almal ná gister hiperversigtig is. Ook Katleho Nkomo en Phindile Matlebula, albei gr. 12-leerders aan Tetelo Secondary School.


Hulle moes immers gister die bloedbad aanskou toe die twee motors gebots en die skoolseuns afgemaai het.

Die gewilde rapsanger Jub Jub (29) en sy vriend Themba Tshabalala, bestuurder van ’n drankwinkel en lid van ’n ryk familie, sou die volgende oggend in die hof verskyn. Albei is glo vir dronkbestuur getoets, maar net Themba se alkoholvlak het die wetlike perk oorskry. Spore van dwelms is glo by albei mans gevind.

Jub Jub het verlede maand nog die tonge laat klap toe hy as deelnemer aan Survivor Carolina tou opgegooi en huis toe gegaan het omdat hy ’n uitslag op sy geslagsdele gekry het.

Phindile en Katleho was op pad huis toe in Protea Glen toe hulle die ongeluk sien gebeur. “Dit het baie vinnig gebeur, maar ons ken Jub Jub se motor omdat ons dit so gereeld sien,” vertel Phindile. “Hy het baie vinnig met sy gryserige Mini Cooper in die baan vir aankomende verkeer gery en teen ’n ou in ’n blou Mini Cooper resies gejaag.

“Hy het die blou Mini probeer verbysteek, maar ’n ander motor het van voor af gekom en hy het teen die blou Mini vasgery, en dit het tot in die bos getol. Ons het albei soontoe gehardloop.”

Lees die volledige artikel in die 18 Maart-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (17)


  1. ekke
    2010/04/01 11:15:29
    Niks sal van die saak kom nie, hulle sal die saak verdoessel met al hulle baie geld. 'n Lewe in Suid-Afrika is niks werd. Al wat saak maak vir die meeste mense is geld!
  2. Heila
    2010/03/30 11:41:09
    Ek het verlede jaar 'n graad 11 leerling in my klas aan die dood afgestaan, nadat die 4 seuns in 'n motorongeluk was. Twee van die seuns is oorlede en die bestuurder en nog een seun leef. Dit is al amper 'n jaar en nog steeds is die saak nie afgehandel nie! Al 4 die seuns was onder die invloed van DRANK! Maar wat ek wil weet hoe kon die MA die kar vir haar kin gegee het om mee rond te ry??? Hy is minderjarig, gedrink, met 3 insittends in die kar!!!! By die ongelukstoneel het die ma nie die polisie gebel nie, sy het die kinders self verwyder en in die kar gelaai hospitaal toe! Albei die kinders wat dood is, het 'n goeie medies gehad en kon miskien per helikopter vervoer geword het? Die ma het dus bewyse verdoesel en dalk twee seuns hul lewe gekos!

    Ek treur nou nog oor die seun - hy was so lewenslustig, pragtige liefdevolle seun met die mooiste maniere en respek vir onderwysers! Wie moet nou blameer word, die ouer wat haar kar gegee het of die kind wat dronk bestuur het????
  3. Erma
    2010/03/24 04:30:07 nm
    Daar is glad nie meer wet en orde in ons land nie, daar gaan ook niks van die saak kom nie, kinders is dood en hy trek sy skouers op, ek wonder of hy rerig berou oor dit wat hy gedoen het, as dit met my kinders moes gebeur sou ek die wet in my eie hande geneem het, die dood straf moet terug kom, ons land val uit mekaar uit, maar nee, nog steeds wil hulle die wereld beker sokker hier hou, ek se julle vandag, dit sal die eerste en die laaste wees.
  4. Melinda
    2010/03/17 09:34:13 nm
    Daar moet geen genade vir die twee wees nie , het nie sulke onverantwoordelike
    mense in ons land nodig nie. Ek wens net dat die korruptheid in die land end kan kry
  5. mariëtte
    2010/03/17 03:17:22 nm
    My hart gaan uit na die families wat hulle kinders verloor het. Sterkte aan hulle, ek dink daar is baie mense wat vir julle bid.

    Dan, ek het lanklaas so 'n arrogante moordenaar soos Jub Jub gesien. Hy het sy voertuig as 'n moordwapen gebruik en ek hoop hy en sy vriend vrot in die tront. Sluit hulle op en gooi die sleutel weg.

    As jy 4 uur in die middag vol dwelms en drank is verdien jy nie borg as jy doen wat hulle gedoen het nie, net tronkstraf.

    Wat ook van al die boetes wat ons van lees, wie de hel dink hy is hy. Verhewe bo die wet? Nee, magtig ons het nie hierdie nonsens nodig nie, daar is genoeg moorde ens ens ens ens in ons land.
  6. Frances
    2010/03/16 02:51:07 nm
    My innige mee gevoel met die ouers wat hul kinders verloor het. Ja wat daai twee
    jongmanne moet boet. So baie hartseer is nou veroorsaaksaak deur die twee.
    Hul het onverantwoordelik opgetree en moet gestraf word vir dit wat hul gedoen het.
  7. Dane
    2010/03/16 12:05:58 nm
    Ek stem saam op jou epos Petro. Waar op aarde is die wet en orde in hierdie land? Daar word 'n vrou aangekla vir poging tot moord maar dit moes eintlik 'n boete vir paarkeer kaartjie gewees het. Hoekom spandeer die polisie hulle tyd op sulke lag wekkende goed, maar dan net om die hoek word daar 'n kind dood gery of verkrag. HOE VERKLAAR 'n MENS DIT. Dit is skokkend. My hart gaan uit na daardie ouers wat hul kinders in enige ongeluk verloor. Sterkte aan julle!!!!!
  8. anoniem
    2010/03/16 09:54:28
    ek dink dis 'n skande.hul moet sit en vir lank.om 'n onskuldigde se lewe so te kan neem is
    verskriklik..nee wat ek hoop jul sit vir die res van jul lewe en ek hoop daai skuld eet hulle
    van binne kant af op want dis nie eers naastenby wat hul verdien nie!
  9. TERSIA
    2010/03/15 06:01:36 nm
    GEEN SIMPATIE VIR JOU NIE... 'N KAR IS NIE 'N SPEELDING NIE, NIE AS JY WEET HOE OM DIT TE GERUIK NIE EN JY HET NIE. STERKTE VIR DIE FAMILIES WAT HULLE KINDERS VERLOOR HET.
  10. EvR
    2010/03/15 03:13:36 nm
    Vergeet van tronk. Hoe meer van hierdie drag-racers vrek hoe beter. Ek het geen simpatie vir hierdie bestuurders nie. Hier in Durban het ook al van hulle gevrek toe hulle om bome gevou het of deur die skares geploeg het.
    GEEN SIMPATIE. Daar behoort GEEN ondersteuning te wees vir hierdie mense nie. Ek kan amper sê ek het ook nie simpatie vir die toeskouers nie, want dit beteken hulle ondersteun dit.

    Ek voel net jammer vir die onskuldige mense soos die skoolkinders en hulle families.

    Dieselfde met kinders wat seerkry met die klappers. Hoe meer hulle seerkry hoe beter want dis al hoe die onverantwoordelike ouers sal leer. Dan sal die arme diere ook 'n beter lewe hê.

    As jy onverantwoordelik is - dra die gevolge. GEEN SIMPATIE VIR DIE JAERS EN HUL FAMILIES!

    Kan al die oorblywende drag-racers nie nou maar om 'n boom gaan vou en klaarkry nie? Dink net hoe lekker sal dit op die pad wees. Volgende is die taxi's.
  11. Liezell
    2010/03/15 01:34:25 nm
    JUB JUB gaan seker net 'n raps oor die vingers kry dan is alles verby. Ek hoop net ons regsstelsel faal nie die onskuldige slagoffers nie. Sterkte aan die families van die oorledenes
  12. annelda
    2010/03/13 05:25:48 nm
    ja nee bekend of beroemd of nie. waar is hulle sin vir verantwoordelikheid. hoe sou jy voel as dit met jou kinders gebeur het
  13. vivian mackay
    2010/03/13 10:56:23
    hoe de bliksem slaap jy in die aande as jy weet jy's verantwoordelik vir mense se dood, wat het jy gedink? maar nou's dit te laat, julle moet tronk toe gaan. Vreeslik jammer vir die families se verlies, vertrou in God en bly altyd biddend.
  14. Nicolaas
    2010/03/13 10:06:08
    Ja nee. Celebrity of de not. Hulle dink die werld behoort aan hulle en dat hulle kan maak soos hulle wil. Tipies van hierdie fly by night celebs wat meer dwelms gebruik as eet. Hoop hulle word toegesluit vir jare. Bliksems.
  15. Simone
    2010/03/12 11:47:45 nm
    Dis altyd my grootste vrees is om in die pad te loop vir n onskuldige wandeling na ete of jy en jou gesin besluit om te gaan uiteet die aand en n besope motor bestuurder verbeel hom/haar hy/sy is op die kyalami baan en verongeluk onskuldige mense.
  16. marelize
    2010/03/12 08:17:04 nm
    Hulle moet albei in die tronk gestop word en die sleutel moet weg gegooi word. Kom ons hoop die feit dat hy " bekend " is nie die gereg sal beinvloed nie. My gebede gaan uit na die onskuldige kinders wat hulle lewe so jonk verloor het a.g.v onverantwoordelikheid en die se families wat moet agterbly en die hartseer en trauma moet verwerk.
  17. Petro
    2010/03/12 04:59:17 nm
    Hoe kan hulle in die strate ressies jaag waar is die wet en orde. Onskuldige kinders het hulle lewe verloor oor pret en plesier vir ander. Sterkte aan die families en vriende van die kinders.