Supersport-man se hel in Nigerië

Nick en Lorna en hul dogters, (van links) Tenieka (4), Kiara (18 maande) en Miré (7).
Nick en Lorna en hul dogters, (van links) Tenieka (4), Kiara (18 maande) en Miré (7).

Tien senutergende dae nadat die SuperSport-klankman Nick Greyling deur Nigeriese rebelle gyselaar geneem is, is hy en sy vrou, Lorna, eindelik weer in Johannesburg herenig. Nick was fisiek en emosioneel te uitgeput om met ons te praat, maar kort tevore het Lorna eksklusief vir LUCIA SWART-WALTERS vertel hoe die hele drama ontvou het.

Toe die internasionale nommer op haar selfoon-skerm verskyn, het sy geweet: Dié oproep gaan haar lewe verander.
Al het Lorna Greyling toe al byna 24 uur lank geweet haar man, Nick, is deur rebelle-groepe in Nigerië ontvoer, was daardie eerste oproep en sy pleitende stem aan die ander kant steeds ’n skok wat sy nooit sal vergeet nie.

“Liefie, hulle soek geld. Hulle gaan my skiet. Asseblief, asseblief,” het Nick gesmeek, en toe gaan die lyn dood.
Haar bene wou onder haar invou, en sy het in ’n tuinstoel inmekaargesak.

Toe Nick minute daarna weer bel, het die vierjarige Tenieka die foon voor haar weggeraap. “Pappa, Pappa, gaan die skieters jou skiet?” het sy ontsteld gevra.

Nou, presies ’n week later, glimlag Lorna deur die trane wat steeds kort-kort kom. Haar man is vrygelaat en oor enkele ure sal sy weer in sy arms wees.

“Woorde kan nie beskryf hoe bly ek is dit is verby nie,” sê sy. “Ek is ongelooflik dankbaar. Die Here, my vriende en my familie het my hierdeur gedra. Ek sal nooit genoeg dankie kan sê dat my man vrygelaat is nie.”

Lees die volledige artikel in die 18 Maart-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. Antoinette
    2010/03/17 12:03:46 nm
    Alle eer aan God ons Vader! Mag julle net voorspoed op die pad vorentoe hê & sterkte! Gods rykste sëen vir julle hele gesin
  2. Angelique
    2010/03/16 02:26:40 nm
    Baie bly hy is veilig. Dinge kon so maklik anders uitgedraai het. Alle eer aan die Groot Almagtige.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities