Sakevrou dalk nie dood in motorwrak

Nella, regs, saam met haar ma. (Foto: Verskaf)
Nella, regs, saam met haar ma. (Foto: Verskaf)


Dit is soos ’n nagmerrie waaruit sy net nie kan wakker word nie, sê die 22-jarige Nella Coetzer. “Ek weet steeds nie of sy dood is nie.’’

Dit was ’n verskriklike skok toe haar ma se Volkswagen Caravelle verlede Mei gevind is naby Lydenburg waar dit teen ’n berghang afgestort en aan die brand geslaan het. ’n Verkoolde lyk is voor in die bussie aangetref – vermoedelik dié van Petronella Francom van Hazyview.

Maar nou is niks meer seker oor Nella se ma op wie sy so trots was nie. Daar is meer vrae as antwoorde; soveel dinge wat sedert haar ma se “dood’’ gebeur het wat nie sin maak nie. Maar tot die polisie se ondersoek afgehandel is, probeer sy fokus op dit wat sy van haar ma onthou. Sy vertel van Petronella se sagte hart, van haar vrygewigheid.

Die verpletterende oproep het op die Vrydagaand, 22 Mei, gekom. Haar stiefpa, Clint Francom, het eers Nella se kêrel, Andoni Diamondis, op sy selfoon gebel om seker te maak hy is by haar, en toe vir haar.

’n Gedenkdiens is die Vrydag ná die ongeluk gehou en Petronella se oorskot is veras. Sy het snuf in die neus begin kry toe sy die Maandag ná die diens hoor dat haar ma se testament wat vir haar voorsiening maak, glo verdwyn het.

Forensiese speurders het hul eie ondersoek op die ongelukstoneel en op die voertuig gedoen en bevind dit was moontlik nie ’n ongeluk nie, en dat die brand nie vanself ontstaan het nie. Toe Petronella se tandartsrekords vergelyk is met dié van die oorskot in die bussie, is bevind dat dit nie hare is nie, maar vermoedelik dié van ’n kind. Die polisie ondersoek ’n saak van versekeringsbedrog van meer as R13 miljoen – die waarde van sewe polisse wat voor die ongeluk in Petronella se naam uitgeneem is. Die polisse word voorlopig nie uitbetaal nie.

Sy wag nou gespanne vir die uitslag van die polisie-ondersoeke. “Ek kan nie finaal afskeid neem nie. Ek hou steeds vas aan daardie greintjie hoop dat sy dalk nog leef.”

Lees meer hieroor in Huisgenoot van 4 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. Suekie
    2010/02/27 10:44:24
    Natuurlik is die vrou self betrokke!!!!!!!!Ek kry haar Pa die meeste jammer. Hy is 'n stok oud ou man wat hom siek bekommer oor sy dogter. Ek hoop sy het di "GUTS" om terug te kom voor dit te laat is vir haar om haar Pa omverkoooning te vra. Maar soos in vandag se lewe gee bittet min kinder om vir hulle ouers!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  2. Karina Fourie
    2010/02/10 03:44:11 nm
    Ai, as ek dit nou self moet sê, dink ek jou ma is in groot skuld. En is iewers op 'n eiland om weg te kom van als en almal. Sy sal jou natuurlik bel nie want dan kan sy gevang word. Kom ons hoop en bid dit is nie die geval nie. Al daai Miljoene, beteken in elkgeval nie geluk nie. Geld doen snaakse dinge aan mense.
    Kom ons hoop sy lewe, en besef wat sy aan haar pragtige dogter gedoen het. En kom terug na jou toe.
    Laat 'n mens net dink die persoon (kind) wat wel in die kar was, is dalk vermoor... Hoeveel onskuldige mense gaan nog seer kry.?
  3. monica
    2010/02/07 12:14:40 nm
    Natuurlik leef jou ma,sy kruip iewers weg want sy is vrot van die skuld en sy het partners in hierdie hele verdwyning en bedrogspul.As jy regtig onskuldig is by hierdie hele storie en miljoene,dan is ek jammer vir jou.
  4. WANDA
    2010/02/04 04:00:36 nm
    Nella, ek weet nie regtig wat om vir jou te sê nie. Niks gaan jou onsekerheid en pyn minder maak nie. Al kom jou ma weer terug na what ever ook al, sal die pyn nogsteeds daar wees. As sy vir jou gejok het wat ek nie hoop die geval is nie, moet jy jou hulp en krag van bo kry. Sterkte en ek hoop ook dat jou stiefpa nie ook iets met die hele ding te doen het nie...geld doen snaakse dinge aan mense.
  5. Zelda Hanekom
    2010/02/03 04:23:24 nm
    As hierdie MA nie dood is nie en sy is dalk self ook betrokke by hierdie bedrog saak, is sy in my oe 'n baie slegte Ma, want watse Ma los haar pragtige dogter agter met al hierdie hartseer.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities