Ruben se vrou praat oor berusting

  •  
  • 36
     Hou van
  •  
  • 14
     Hou nie van nie

Die oggend nadat Ruben Kruger sy 10 jaar lange stryd teen kanker verloor het, het sy vrou, Lize, hul dogters, Isabella (4) en Zoë (7), wakker gemaak en gesê ‘‘Pappa is hemel toe’’.

‘‘Die reaksie op Ruben se dood is oorweldigend. Ek het 1 900 e-posse gekry,’’ vertel sy. Hy was ’n stil man wat nie veel gekuier het nie en nie daarvan gehou het as mense ’n bohaai oor hom maak nie. Selfs toe hy van 1993 tot 1999 as Springbok-flank uitgedraf het, was rugby nie die spil waarom sy lewe gedraai het nie.

‘‘Hy het rugby geniet. Dit was wonderlik om daarin te deel toe ons in 1995 die Wêreldbeker gewen het. Maar vir Ruben het die lewe oor meer as rugby gegaan. Ons huwelik het eerste gekom.’’

In 2000 het dokters ’n breingewas by hom gediagnoseer. Dit was ’n groot skok, maar dit het net hul liefde vir mekaar en hul geloof verdiep. Kort ná die diagnose het die oud-Bloemfonteiner hom tot die geloofsgeneser TB Joshua in Lagos gewend. Ses jaar lank het breinskanderings gewys hy is kankervry, maar in 2007 is ’n gewas weer gevind. Sy rugbydae was op ’n einde omdat ’n gat in sy skedel geboor is om die gewas te verwyder en ’n harde stamp tot skedelbreuk of bloeding kon lei.

Dit was baie sleg toe die kanker in 2007 weer kop uitsteek. Die gewas was kwaadaardig en nadat dit verwyder is, moes hy bestraling kry.’’

Hul tweede terugslag was in 2008 in die Desember-vakansie. Weer is ’n gewas, van sowat 5 cm in deursnee, verwyder. Die Kruger-gesin het net weer asem geskep toe Ruben vyf weke ná die operasie sy bewussyn verloor het terwyl hy in Pretoria bestuur het. Sy gesin was saam met hom en Lize het die stuurwiel gegryp, maar hulle het teen twee ander voertuie gebots voor hul Land Rover in ’n sloot beland het.

Hy het in Desember verlede jaar weer siek word. Hy is soos soveel keer tevore in die Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem, waar hy uiteindelik op 27 Januarie dood is.

Meer hieroor in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (15)


  1. PG

    DALEEN B21 days ago

    Baie sterkte en vertroosting vir jou en die dogters.
    Ons is saam met julle hartseer oor Ruben se heengaan, maar Ruben is veilig by ons Heer, waar hy rus en geen pyn ervaar.
    Dit moet geweldig moeilik wees sonder jou maat, die Here sal julle vashou en met julle wees elke dag. Wees sterk vir Ruben.
    Liefde Daleen B.
  2. PG

    Cornel Jankowitz26 days ago

    Sterkte Lize! vir jou en die meisiekinders. Jy is 'n pragtige mens en julle
    is in ons gebede. Groete
  3. PG

    Bethchen Zaayman28 days ago

    Baie sterkte vir jou Lize,
    Net tyd sal die seer ligter maak - maar gelukkig het jy so baie mooi oomblikke
    waarna jy kan terug kyk en smile !
  4. PG

    Su-Marie29 days ago

    Baie sterkte vir jou Lize almal van ons dink aan jou en is onder ons gebede. Jy is 'n sterk vrou en jy sal deur alles kom met die genade van bo. Ek weet hoe jy voel dit is nie lekker nie maar jy kry krag vir elke dag. STERKTE.
  5. PG

    Vanessa30 days ago

    Lize, ek admireer jou, jy's 'n baie sterk vrou en jou geloof spreek boekdele.
    Alle sterkte vir jou en jou twee pragtige dogters en mag God se hand van
    beskerming altyd met julle wees.
  6. PG

    Elize30 days ago

    Dit is nie net jy wat bevoorreg was om so 'n wonderlike man te he nie, hy ook.
    Dis nie moeilik om te sien dat julle 'n voorbeeld is vir almal nie. Baie sterkte. Elize
  7. PG

    Hannetjie vd Berg30 days ago

    Ek is so bly om te sien en te hoor dat jy die HERE bo alles lief het. Ek is ook deur
    kanker proses en ek wil net vir jou en jou lieflike dogters se julle mag maar
    huil en onthou die HERE is altyd daar vir ons. Geniet mekaar en onthou Ruben
    kyk na julle. Strekte vir julle
  8. PG

    Petro1 month ago

    Lize, baie sterkte jy en jou kinders weet dat hy veilig in Jesus se arms rus daar waar geen pyn of leiding is nie.
  9. PG

    Marie wallace1 month ago

    Wens jou net die beste toe in hierdie tyd. My man is in 2001 aan kanker oorlede 8 weke na hy ge diagnoseer was. Slukdermkanker. Dit was vinnig maar die leegheid sal altyd daar wees. Dit is iets wat nie sommer weggaan nie. Jy is nog jonk en kan aangaan met jou lewe maar as jy eers 68 is klou jy vas aan al die mooi herinneringe. Strekte !!!!!
  10. PG

    elsabe1 month ago

    Daar loop 'n groot sneltrein gedurig deur die land, hy stop by Kruishoutstasie en laai vir Ruben op, dan reis hy voort, die Bybel is ons
    tydkaart op tyd haal hy die stasie en daar klim jy vol blydskap uit die Hemeltrein want Jesus het jou geliefde nog verder laat reis, Jammer
    Ruben dat ons moes afklim maar Jesus het ons nog nodig hier op
    aarde, maar jys nou veilig in die Hemelshuis. Rus in Vrede.

    Sterkte ons bid vir jou Lize
  11. PG

    Aletta1 month ago

    Middag,Lize.Ek is regtig bly dat jul geestelik sterk is .GOD is met julle.
  12. PG

    mariaan1 month ago

    Baie sterkte deur hierdie moeilike tyd,jy het twee pragtige kinders van jou man oor en n deel van hom is steeds by jou!! dink aan julle !!
  13. PG

    HETTA VAN DER MERWE1 month ago

    met seer dink ons aan julle in di e tyd... mens besef hoe kosbaar mens se lewe is...die Here sal jou en jou kinders die rustigheid en vrede wat alles te bowe gaan gee.
    Vertrou net op hom...
    ons dink en bid vir julle..
    bai eliefde en sterkte.....
    Hetta
  14. PG

    kevin1 month ago

    Hallo Isabella en Zoë julle moet altyd julle ma ondersteun en by staan jou pa sou baie trots op julle gewees het onthou hy het julle nie vergeet nie want hy is mos in julle harte en hy is nou hemel toe en hy hou n wakende oog en hand oor julle van daar bo af eendag sal julle hom weer sien want hy wat jou pappie is sal vir julle wag by die hemel se poorte.en julle moet altyd so voorbeeldige dogters vir jou ma bly en onthou sy het julle baie lief en sy wardeur ook alles wat julle vir haar doen en betekin groete
  15. PG

    jana1 month ago

    Ai, Lize... gelukkig het julle mooi herinnering van Ruben. Soos jy ook noem, jy en jou pragtige kinders weet hy kyk van die hemel af na julle. Sterkte!
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities