Pres. Zuma en sy baba no. 20

  •  
  • 4
     Hou van
  •  
  • 37
     Hou nie van nie

Die nuus oor Jacob Zuma se 20ste kind het Suid-Afrika soos ’n stormsee getref, met elke dag ’n nuwe brander wat oor ’n verstomde nasie breek. So kort ná ons president se poligame troue was dit voorbladnuus van Londen tot in Lusaka – en hier in Suid-Afrika het die tonge onophoudelik geklap.

Sy politieke teenstanders meen hy is promisku en onverantwoordelik; hy is ’n seksslaaf wat soos Tiger Woods vir rehabilitasie moet gaan; ’n gigolo wat vroue moet los en op leierskap begin fokus, en ai, al weer onbeskermde seks buite die huwelik...

Dae later het hy teruggekap en gesê hy het gedoen wat sy kultuur in sulke omstandighede vereis – vaderskap aanvaar en vergoeding betaal – en die saak is nou “tussen ons, en kultureel tussen die Zuma- en Khoza-familie”.

Intussen het Sonono Khoza (39), dogter van Zuma se ou vriend die sokkerbaas Irvin ‘‘Iron Duke’’ Khoza, ontken dat sy ’n baba by die president gehad het. ‘‘Baba? Watter baba?’’ het sy gevra. Maar die baba is daar: Thandekile Matina Zuma is vier maande gelede gebore.

‘‘Die verhouding tussen Zuma en Sonono kon nooit vir altyd geheim gehou word nie,’’ sê ’n bron. Die tonge het in Diepkloof Extension geklap toe die president se kavalkade op 17 Januarie voor die Khoza-weeldehuis stilhou. Sy familie het inhlawulo gaan betaal (skadevergoeding vir die dogtertjie wat buite die eg gebore is). Irvin was nie daar nie. Hy voel glo verraai deur Zuma se verhouding met sy dogter.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (38)


  1. PG

    Firefairy 2 days ago

    Eis, hulle sê: "red 'n volk en bou 'n nasie" Met hierdie onbeskofte man wie se hormone vir hom
    so pla gaan die volk homself moet red. Die nasie gaan hy wat zuma is bou. Kan mens hom nie
    deur 'n Kubaanse dokter laat besny nie??? Duidelik hy dink met sy saadselle in plaas van
    sy breinselle. As hy enigsins van laasgenoemde besit.
  2. PG

    Karen 21 days ago

    Ek is skaam om te se ek is 'n Suid Afrikaner. Zuma is 'n oneerbare windbol. Hy is 'n skandeling en die is nog alles mooi woorde vir hom.... Hy het lankal ons bietjie trots wat ons oorgehad het vir SA, deur die modder gesleep. Plaas hou hy sy HORMONE IN TOOM en fokus bietjie op die misdaad. Hy is PATETIES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  3. PG

    My man se POP!21 days ago

    Kinders van Gam...........

    Laat hulle stort dit help mos!!!
  4. PG

    Gesina Bloemfontein21 days ago

    Ek is nou baie beswaard. Ek lees nou net van 'n 5 maande oue babatjie wat verkrag is en drie van haar ribbes was gebreek. Sys dood. 5 MAANDE OUD. Zuma is nie gepla nie want sy 20 kinders het seker almal bodygaurds met ons belasting geld. Pleks hy vir eenmaal nie aan homself dink nie en die doodstraf terug bring VERAL op diegene wat enigsins aand 'n kind raak of hy nou gemolosteer word of verkrag word en koelbloedige moord. Hy weier om Solidariteit se briewe te aanvaar want hy weet niemand kan aan sy vroue en kinders raak nie en basta met die res. Ek wens hulle smyt hom van sy stoel af.
  5. PG

    Amelia22 days ago

    Ek dink dit is belaglik... met al die HIV weesies en oor populasie wat in S.A aan die gang is. Hy dra by tot n epedemie. Ja goed hy se hy soerg vir hulle almal, maar uit wie se sak?

    Een van my dosente wat in en met Nigeries werk het net nou die dag gese dat ons land word as n grap bestempel daar oor Pres. Zuma se baie vroue en kinders, in Nigerie word dit as onaanvaarbaar bestempel om meer as een eggenoot te he.

    Hoe gan eenige iemand ooit S.A as n betroubare en morele land sien met n immorele prisident?
  6. PG

    lesley24 days ago

    Skies my vorige kommentaar het nie reg uitgekom nie,wat ek gemeen het is dat SA 'n sirkus is en Zuma is die HOOFNAR en ons is ma die toeskouers wat moet betaal om te kyk hoe die NAR homself wangedra.
    En Zuma kom met als weg en loop letterlik en figuurlik VOëLVRY rond.
  7. PG

    lesley24 days ago

    Eks seker al die seks verslaafdes slaat vuis om met die sokker in SA te kom kuier want as die President van ons land kan rondslaap soos hy wil hoekom kan hul dit ook nie kom doen nie,dit gaan dan so lekkers hier in ons land
    Ons land waarop ons jare terug op trots was is nou 'n blerrie sirkus met Zuma as die hhonar.
    Da is al 'n saak van verkragting en bedrog ens teen hom gemaak en hy loop letterlik en figuurlik vëlvry rond.
  8. PG

    rika24 days ago

    meneer die prez, jy en jou regering moet ophou kla oor al die 'grants' wat julle betaal. die jongmense volg net jou voorbeeld. ek betaal genoeg tax vir al jou vroue en kinders, julle kan myne ook onderhou. (net jammer ek het nie!)
  9. PG

    Lynette24 days ago

    Jacob Zuma slaap saam met 'n vrou wat HIV positief. Daarna het hy gese hy is jammer. Nou herhaal hy sy daad alweer. Maar by die huis het hy 3 vrouens. My bekommernis is hoe gaan hy ons mense leer om HIV te beveg as hy nie 'n voorbeeld stel nie. Hulle se mens leer deur jou foute. Vir hom is dit dus nie 'n fout nie. As hy so kultuur bewus is deur inhlawulo te betaal, hoekom het hy die kultuur se reels alreeds gebreek deur buite egtelik rond te slaap? Dit is nie Swaziland hierdie nie!!! Hy moet deur sy voorbeeld lei, nie deur sy "ego".
  10. PG

    vierkleur24 days ago

    Ek stem saam met jou Afrikaner. Welma Immelman is 'n poepol. Sy is van die onderwerp af.
  11. PG

    Paul25 days ago

    Clinton is 'n amateur teenoor Zuma.. Maar die seker wat jy kry as die bevolking stem op grond van velkleur en nie bevoegtheid nie..
  12. PG

    CAREN27 days ago

    My oupa het altyd gesê dis daardie "ding" waaroor die honde baklei .... zip tog asseblief jou broek op en doen jou werk liewe President, jy maak 'n bespotting van ons land, die hele wêreld lag vir jou - stuur die arme man tog na dieselfde seks kliniek as Tiger Woods!!!! Hy is verslaaf aan seks!!! Vind bietjie uit hoe voel die ander vroue (wettige) vroue oor sy gulpvrug polkas.
  13. PG

    stella28 days ago

    Wat kan mens se?? Hoe kan 'n land dan regeer word deur 'n þresident wat nie sy brein by sy werk het nie?? Wonder wie gaan vir al die kinders betaal..Hy??
  14. PG

    Gesina29 days ago

    Ag tog nou baklei die afrikaners al met mekaar oor Zuma se ou kindertjies. Ai tog. Los die man hy stel 'n goeie voorbeeld vir sy trawante wat hom volg.
  15. PG

    Jostine29 days ago

    Ons het nuus gekyk en my seun van nege jaar kyk saam en die baba storie van die president kom op waar die ANC vra dat die land se mense moet verstaan. Net daarna sê my seun as jy President is kan jy met enige iets wegkom. Nou watter voorbeeld is dit nou vir ons jeug!!!!!!!!!
  16. PG

    Afrikaner30 days ago

    Welma Immelman jy is darem 'n poephol... mense soos jy moet nie toegelaat word om kommentaar te lewer nie, want julle sal een ding heeltemal verwar met 'n ander ding. Wat op aarde het Steve Hoffmeyer met die hele saak te doen? Sy kinders word nie deur ons belasting groot gemaak nie word dit? Jy is een van daai afrikaners wat afrikaans haat... gaan leer Zulu en gaan bly saam jou boeties, los die afrikaanse volk vir eens tog net uit!
  17. PG

    LE ANN30 days ago

    EKS JAMMER OM DIT TE SE, MA ONS LEIER IS GLAD NIE DIE GOEIE
    VOORBEELD WAT HY BEHOORT TE WEES NIE. EK WEET HYS OOK
    NET MENS, EN MENSE MAAK FOUTE, MAAR NEE HA A, HY MOET LEER
    OM HOMSELF TE DISSIPLINEER. WAT GAAN MET HOM AAN. LYK VI MY
    HY WOU PRESIDENT WORD OM MEISIES EN VROUENS TE KRY. EK WONDER
    NET WANNEER KRY HY TYD OM DIE LAND TE REGEER, AS HY AAN N
    KLOMP VROUENS AANDAG MOET GEE, EN NOG BUITE OOK RONDLOOP.
    NEE, VI ZUMA, MILJOEN KEER NEE. HY MAAK MY SIEK.
  18. PG

    Katy Prince30 days ago

    Dit is teleurstellend om te weet hoe word ons jeug beinvloed more het die hele SA aids.Hy is glad nie a rollmodel vir enige Suid Afrikaaner nie.Is dit moontlik dat hulle hom afhaal van sy stoel af.Mbeki was sleg maar Zuma is nie a kakpod werd nie.Ek is jammer maar dis hoe ek voel, as n belasting betaler.
  19. PG

    Leon30 days ago

    Diere ken nie nie goed soos gesins beplanning en aids nie. Net jammer die Belastingbetaler moet vir als opdok!!!
  20. PG

    Henry30 days ago

    Zuma is eintlik baie gehoorsaam aan die Woord want die Woord se:" vermeenigvuldig en vul die aarde" en hy probeer dit op sy eie doen!!!!
  21. PG

    WHATS NEXT30 days ago

    asb mnr die president. Baie van ons eie mense kry honger en ons betaal sodat jou kinders in weelde kan lewe en nie 'n tekort het nie. dis nie AYOBA nie
  22. PG

    lag maar1 month ago

    Ja, Steve Hofmeyer het dalk 4of 5 buite eglike kinders. MAAR die verskil is hy maak dit nie ons probleem nie. Ons hoef nie vir sy kinders te betaal nie. Jacob Zuma maak kinders by die dosyne en ons moet opdok daar voor. Plaas van kinders maak, skep eerder werk vir ons mans en vrouens en los die "kinder maaak" vir mense wat nog nie kinders het nie en vir die wat kan bekostig om nog kinders te he!
  23. PG

    Lizelle1 month ago

    O hel, ons land is in sy moer!!!!Hoe kan so man ons leier van ons land is???Ek sal dit nooit ooit verstaan nie....Die storie van da is nog 'n kind syne, is BELAGLIK!!! Is daar nie dalk nog buite egtelike kinders wat ons ni van weet nie???O hel en ek wil nie eens praat van die vroue.....
  24. PG

    CVW1 month ago

    Dit is 'n skande soos hy aanteel, hy het duidelik nog nooit van voorbehoeding gehoor nie, tot ons Zulu vriende vind hom 'n uiterste verleentheid. Maar nou ja, dit is ons president vir jou, kinders by die dosyne en die belangstingbetaling moet maar net opdok vir sy onbeteulde drange. Sies man
  25. PG

    Ria1 month ago

    Max du Preez het die naweek in Rapport geskryf dat Zuma gedra hom al hoe meer soos 'n tradisionele Afrika-koning of opperhoof, eerder as die president van 'n moderne regstaat. Ons wil nie 'n koning he nie, ons wil ' moderne, gesofistikeerde bekwame staatshoof he!!
  26. PG

    Wilma Engelbrecht1 month ago

    As Professionele Verpleegkundige is ek baie geskok oor 'n persoon van aansien wat hoer en remoer soos wat hy wil. Pres. Mbeki het gesê dat HIV nie AIDS veroorsaak nie, en hier is nou 'n Pres. wat dit wil bewys. Hy kan bekostig om elke infeksie te laat behandel omdat hy die Staat se geld gebruik, maar wat van jan-alle-man op die straat. Hulle het nie die geld nie. Miskien is dit ook maar goed so, dan kan ons dalk binne 'n paar jaar weer 'n regering kry wat ons wil hê. President Zuma, hou so aan, dan kan ons in die volgende 5 jaar weer 'n wit regering inkry, want jou mense sal almal doodgaan van AIDS
  27. PG

    Hannetjie vd Berg1 month ago

    Waar gaan ons heen eenoomblik praat hulle van HIV en volgende oomblik is
    daar 'n nog babatjie. Hy is dan die nasie se President, ai tog hou jou in toom
    Die ergste van alles is ons belasting betalers moet vir alles opdok. Waar gaan dit
    eindig. Jacob Zuma jy is die land se President, jy moet tog die voorbeeld wees
    vir almal en vir al die jeug
  28. PG

    Jeanne1 month ago

    kan ons dalk vra vir dna en vigs toetse vir die hele gebroedsel
  29. PG

    Roosmarie Trindade1 month ago

    Zuma sê seker elke maal laduma as daar nog 'n Zumatjie gebore word...
  30. PG

    myara1 month ago

    dis mos nie hoe 'n staatshoof te kere gaan nie! En om so agter kultuur weg te kruip is 'n skande! Die Zoeloe-nasie moet in die gesig gevat voel dat President Zuma hul kultuur so misbruik om sy dade te regverdig.
  31. PG

    johng1 month ago

    Ai man! Kan ons nie 'n slaggie 'n president kry wat op sy werk fokus nie? Mbeki was te besig om op sy opponente te spioeneer en allerande onderduimse planne te beraam... En Zuma wil weer net lekker lewe en met die een vrou na die ander in die bed spring. Vir 'n organisasie soos die ANC, wat 'n ryk geskiedenis het van groot leiers met integriteit, is dit 'n skande dat die regerende party nie vir Suid-Afrikaners 'n beter presidentskandidaat kan gee nie.
  32. PG

    Hermien 1 month ago

    Om kultuur so uit te buit? wat van normes en waardes? hoe kan ons so leier vertrou?
    Rehabillitasie kan en sal nie persoon kan verander nie.
  33. PG

    Vanessa1 month ago

    As daar nog enige twyfel is oor hoe Suid-Afrika agteruitgegaan het, is Zuma se buite-egtelike verhouding net 'n bevesitging daarvan. Stel jou voor dit raak bekend dat pres Obama 'n buite-egtelike kind het- dit sal heeltemal onaanvaarbaar wees en daar sal heel waarskynlik van hom verwag word om uit te tree of hy sal die grasie en opgevoedheid he om dit self te doen. Kyk wat was die reaksie op Tiger Woods en nou weer op die buite-egtelike verhoudings en kind van John Terry. Maar nee, Zuma en sy hool regverdig sy optrede van absolute walglike gedrag. Hy is nou die man wat 'n land lei en wat 'n voorbeeld aan die nasie moet stel, maar hy kan homself nie beheer nie en leef absoluut volgens sy drange. Dit maak my naar om te dink so mens is in beheer van Suid-Afrika. Maar wat kan 'n mens meer verwag van die tipe mense wat 'n land soos Suid-Afrika was binne 'n paar jaar afgebreek het tot die korrupte, agterlike en misdadige land wat dit vandag is? Mense wat in 'n primitiewe tradisie soos poligamie glo en glo hy moet (in 'n moderne tyd en as leier van 'n volk) nog tientalle kinders moet he om homself te bewys. Geen wonder Suid-Afrika is 'n grap en skande vir elke regdenkende mens nie.
  34. PG

    Welma Immelman1 month ago

    Soos 'n stormsee? Regtig? En wat van Steve se kinders? Ek wil graag weet watter Afrikaanse sangers het almal buite-egtelike kinders. 'n Outjie soos Snotkop wat in al sy video's saam met 'n klomp kaal girls is... het 'n ou soos hy nie ook 'n klomp kinders nie?
  35. PG

    WANDA1 month ago

    Dit is om van naar te word. Hel nee man die man moet gestop word. Daar is soveel siektes wat oorgedra kan word. Hy ontneem die kinders van 'n normale gesonde lewe. Ek bly in SA, en NEE ek het nie 'n president nie want hy kan nie beskou word as een nie. Hy is glad nie president materiaal nie, want presidente doen nie dit nie. Nou wil almal altyd vir Steve Hofmeyer oor die vingers tik oor sy paar kinders. Hallo ons eie president vat Goud vir baie kinders.
  36. PG

    CVW1 month ago

    Dit is 'n groot skande vir SA, ons sit met 'n president wat dink hy kan net kleintjies maak, instede daarvan om na al die misdaad en gemors in die land om te sien, wonder hoeveel kinders hy nog gaan maak
  37. PG

    fifi 1 month ago

    hoe kan enige suid afrikaner trots wees op zuma ...oh my word !!!
    wat n embaressment vir volk en vaderland... hoe word daar nie vir hom in die buiteland gelag nie. ek is so skaam om te se ek is trots suid afrikaans !!!!!
  38. PG

    pdp1 month ago

    Dis net 20 kinders waarvan ons weet!!!!!!
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities