Ontvoer, maar opgespoor ná 17 jaar

  •  
  • 20
     Hou van
  •  
  • 0
     Hou nie van nie

Eenkant in die internasionale aankomssaal van die Kaapstadse Internasionale Lughawe het die tyd vir Judy Kotze (39) gaan stilstaan. Maar Judy weet van geduldig wag. Die ekstra paar minute is niks teenoor die 17 jaar van soek en bid en slapelose nagte nie.

Dis 1 Februarie, die dag waarop haar seun, Ruben Maart (22), wat op ses jaar na Duitsland ontvoer is, vir goed terugkeer. In dié tyd het hy en sy ma nooit ophou soek na mekaar nie.

Net ná halfeen gewaar sy hom en hardloop hom tegemoet. Hulle gryp mekaar vas. Die laaste keer dat sy hom teen haar kon vasdruk, was kort ná Kersfees 1993. Sy moes werk toe, en sy het hom by haar suster gaan aflaai om hom lughawe toe te neem om vir sy pa in Namibië te gaan kuier. Hulle was geskei.

“Ek was buite myself van kommer toe hy ure ná die afgespreekte tyd nog nie teruggekom het nie,’’ vertel Judy. Sy het ’n klag van ontvoering by die polisie gaan lê.

Sy het ná maande uitgevind Ruben is by sy ouma in Duitsland. Sy het haar op Interpol beroep, maar haar in ’n doodloopstraat bevind.

Ruben kan onthou sy pa het hom by sy ouma afgelaai. Hy het gedink dis net vir ’n paar dae. Hy het eers vyf jaar later weer van sy pa gehoor. Op skool reeds, vandat Ruben toegang tot die internet gehad het, het hy sy ma begin soek. Hy het op sy ma afgekom op sy pa se Facebook-tuiste en die naam Judy Kotze gesien as ’n moontlike kennis en verlede November kry hy dié boodskap op ’n webtuise: My son is Ruben Maart born 23/4/1987 Namibia. Last heard that his father moved him to Germany.

Die volgende oggend kry Judy dié boodskap: Hi mommy, it’s me Ruben! I can’t believe what I’m reading, I’m so glad and happy to read this message!!!

Nou sit Ruben en Judy hier saam in Parow en maak die presente oop wat sy oor die jare versamel het.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)




Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities