Ons praat met Marietta Theunissen

E-pos
Print

Die blondekopvrou hop behoorlik toe die selfoon wat sy al heelmiddag byderhand hou, uiteindelik lui.

“Ag verskoon tog, dis die man van my televisieprogram. Ek moet gou ’n boodskap van sy oorlede vriend aan hom oordra,” sê sy.

Marietta Theunissen trippel uit, verskyn dan sekondes later weer. Sy lyk asof ’n las van haar skouers gelig is. “My produksiebestuurder se vriend is ’n ruk gelede in ’n motorongeluk oorlede en hy het vanoggend aan my verskyn met ’n boodskap,’’ vertel sy.

“Ek het geen idee wat die boodskap beteken nie, maar ek kon nie ontspan tot ek dit oorgedra het nie.’’

Sy laat val dié brokkie asof dit so alledaags is soos geselsies met die buurvrou oor die weer.

Vir Marietta, die heldersiende medium wat die program Die Ander Kant op kykNET aanbied, is die bewoners van die lewe ná die dood inderdaad net so werklik soos die mense wat die strate rondom haar meenthuis in Johannesburg bewandel.

Sy sien hulle en hoor hulle. Hulle vul haar gedagtes met hul woorde en verskyn sommer by die supermark of die haarkapper voor haar. Of so sê sy...

Ons het laas in 2007 met haar gesels toe sy die Bloemfonteiner Danie Krugel gehelp het om na slagoffers van die berugte ontvoerder Gert van Rooyen te soek. Dit het destyds groot omstredenheid veroorsaak, en met die vyfde seisoen van Die Ander Kant nou op kykNET vat heelparty lesers haar weer aan in hul briewe in Huisgenoot.

“Ek het geen behoefte om enigiemand te oortuig van wat ek ervaar nie. Ek weet wat dit is en hoeveel van my ervarings al deur mense bevestig is wanneer ek boodskappe van die ander kant aan hulle oordra,” sê sy toe jy hardop wonder of dit nie alles net ’n geldmaakfoefie is nie.

Dit kos immers R750 om in ’n groepsessie van 15 minute saam met nege ander mense deur haar met jou oorlede geliefdes kontak te maak. “Ek verkies dit as mense wat my nie glo nie, my eerder uitlos. En ek het verlede jaar hoeveel werk verniet gedoen,” lag sy gelate.

Dit gebeur elke dan en wan dat ’n gees haar uit die hiernamaals uit die bloute sal vra om ’n boodskap op straat aan ’n vreemdeling oor te dra, vertel sy.

“Ag tog, dan wéns ek soms ek hoef dit nie te doen nie! Ek vra altyd drie keer of ek dit móét oordra, en dan sal ek na die persoon stap en sê: Ek het vir jou ’n boodskap, wil jy dit hoor?”

Dit gebeur ook amper nooit dat iemand aan die ander kant met wie sy probeer kommunikeer, nie wil nie. “Miskien so een uit elke 30 keer. Dan sê die persoon reguit: ‘Ag nee wat, ek het niks om te sê nie.’ ”
 
Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 4 Maart 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (62)


  1. johanna
    2011/04/16 09:01:53
    kyk almal is verkeerd oor mariette my ma is ok met die helm gebore GOD het alle mense gawes gegee wil julle my vertel my ma is ok van die duiwel dan lag ek julle almal uit sys die grootste gristen onder julle almal
  2. Grietjie
    2011/04/11 01:48:21
    Ek het almal se komentaar gelees, dit is hartseer hoe lellik al die Christenne praat. Mense, ek weet julle bedoel goed, maar is die mense wat hul self Christenne noem nie veronderstel om om lank moedig, vriendelik, verdraagsaam ens te wees nie, niemand behalwe God mag oordeel nie. En daarom wil ek graag aan elkeen vra wat hier geskryf het vra, kom ons oordeel mekaar nie asb.
    Dit is duidelik dat die meeste van die mense hier Christenne is, en ek kan ook sien dat julle woedend word oor die komentaar, ek sien dat julle die mense op die regte pad wil lui, maar om hulle sleg te se gaan hul net meer en verder van God af stuur. Ek is nie 'n siener soos Mariette nie, en kan daarom nie se wat dit is en hoe dit is nie, miskien is dit demonies, maar ek glo nie Mariette wil iemand skade bring nie en besef daarom nie dat dit verkeerd is nie. Miskien is dit nie demonies nie, hoe sal enige van ons ooit weet? Is sonde nie sonde nie? Maak nie saak hoe groot of hoe klein? Oordeel, waarsienery?? Albei kom in die bybel voor. Mense, kom ons bid asb vir mekaar, en vir Mariette ook, sodat God ons en vir haar op die regte pad kan wys en hou.
  3. soria
    2011/03/30 10:59:53
    ek haal aan van iemand anders: Indeed, there would be no Bible but for Spirit Communication. The Old Testament shows Moses receiving messages from Spirit: Mosaic law was "received from the hands of angels" (Acts 7: 53); "God gave his laws to angels to give to Moses" (Gal. 3:19). God has always spoken to humankind through spiritual beings: "The message God delivered through angels has always proved true" (Heb. 2:2 NLT); the prophets of old spoke "according to the word of the Lord". The disciples were very mediumistic: Peter and Paul both admitted to receiving visions while in a trance state and John reveals a whole range of personal mediumistic qualities including clairaudience, clairvoyance (internal visions and external visions), spirit travel, among other diverse manners utilized by communicating spirits or messengers
  4. Louis Blom
    2010/09/02 03:01:18 nm
    Ek wil niemand beoordeel nie. Van ons mense besef nie hoe groot ons Hemelse vader is nie. Ons as mens wil God te veels in `n boks druk en die septer na ander wys. Wie het ons die reg gegee om ander te oordeel. God het almal lief. In die bybel lees ons van mense wat `n poort in die see gemaak het, mense genees van pein, en drome ontleed. Ek glo in wat sy se en respekteer ander se opinies, maar weereens, wie is ons om `n talent wat God vir `n mens gee te verwerp. Kyk om jou en besef waartoe God in staat is, maak oop jou oe.

    Ons Suid-Afrikaners sien net wat ons wil sien en wat ons pas. Maak oop jou oe. Gos is veel meer as `n kerk besaar en kerk op `n Sondag. God leef in die bonatuurlikke lewe, om ons elke dag, en dit is waar ons ook moet leef!! Praise the Lord for he is great!!!! Amen
  5. MARIAAN
    2010/06/04 02:17:54 nm
    SIESTOG!!!.. KAN ENIGE MENS DIE "SNERT" GLO? LEES JOU BYBEL AS JY ONSEKER VOEL OOR 'N GELIEFDE WAT NIE MEER DAAR IS NIE. WAAR HET JY GESIEN 'N "AFGESTORWE" MENS STUUR 'N BOODSKAP: BID VIR MY?.....BID TERWYL JY LEEF - DAAR IS NIKS AAN JOU TE DOEN AS JY GESTERF HET NIE DIS TE LAAT. DIT WYS JOU HOE WORD GOD SE "WOORD VERDRAAI" -DIS SIEK OM DIE MINSTE VAN TE SE!!! JAMMER MAAR SY GAAN VOOR GOD MOET STAAN OOR DIE GOED WAT SY VIR ANDER MENSE VERTEL. AS SY 'N WARE KIND VAN GOD WAS SOU SY NIE MENSE VERWAR MET "HAAR" SIENING NIE. GOD ALLEEN WEET WAT GAAN AAN AAN DIE "ANDER KANT" SOOS "SY" DIT NOEM. IN ELK GEVAL WAAR IS DIE "ANDER KANT" VIR HAAR ? ONTHOU DAAR IS 'N HEMEL EN 'N HEL EN VOLGENS HAAR IS ALMAL IN DIE HEMEL - JAMMER GAAN LEES JOU BYBEL MARIETTA!! WORD WAKKER MENSE - DIE BYBEL PRAAT VAN VALS PROFETE EN EK SIEN HAAR AS NIKS ANDERS NIE. ONS KAN NET BID DAT SY BAIE GOU TOT INKEER SAL KOM EN DIE RES WAT SO AAN HAAR LIPPE HANG OOK. AS JESUS KOM GAAN SY NIE DAAR VIR JOU WEES NIE!!!! JY IS ALLEEN ONTHOU DIT, SY BLY 'N MENS SOOS EK EN JY! ALMAL WAT IN HAAR GEHOOR GESIT HET MOET VIR DIE HERE GAAN VERGIFNIS VRA OMDAT HUL 'N MENS GLO EN AAN HOM TWYFEL, WANT DIS AL WAAROP DIT NEERKOM, JY SOEK JOU ANTWOORDE BY 'N MENS EN NIE BY GOD, HOE JAMMER! LOS DIE DOOES EN KONSENTREER OP JOU EIE LEWE, GOD SE WOORD Sê: EK MAAK MY LOS VAN WAT AGTER IS..... WAAROM DAN GAAN KRAP AAN DINGE WAARAAN JY NIKS KAN DOEN? DIS 'N SAAK TUSSEN GOD EN DIE AFGESTORWE PERSOON, JY KAN NIKS MEER DAARAAN DOEN NIE AL WIL JY HOE GRAAG. DAAR IS GEEN BOODSKAP VIR JOU NIE MY VRIEND/VRIENDIN. JAMMER DIS 'N "KLUG" VAN SATAN AF! LOLLIES JY IS REG DIS VAN DIE DUIWEL!!!

  6. 2010/04/05 09:31:02 nm
    daar is duisende onverklaarbare en verklaarbare verskeinsels waar oor ek daagliks dink. My mening is dat jy 2 soorte mediums kry, die wat werklik die gawe het om in die toekoms,hede en verlede te kan sien en dan die wat meer oor die verlede en hede weet. Ek glo nie dat alle mediums die toekoms akuraat kan voorspel nie, maar wel die verlede ken. Ons sal nooit alles verstaan nie maar ek dink nie 'n mens moet jou uitspreek oor dinge waarvan jy niks weet nie. As jy die krag van satanisme ervaar het maar ook die almag van God ervaar het dan kan jy dalk saam praat, Al ooit gedink aan die stemmetjie wat soms met jou praat wat dalk vir jou se praat met so en so oor God? wat is dit? waar kom dit vandaan? Die Gees van God? Ek het daardie stem een maal verontagsaam met erge spyt en skaamte, Ek moes met iemand oor God praat, ek wou om persoonlike redes nie, en die persoon is kort daar na oorlede. 'n Jaar of wat laterhet daardie selfde stem met my gepraat ek wou eers nie luister nie maar het wel later ag gegee in die ICU saal het 'n swart vrou gele en die stem het gese ek moet met haar oor die Here praat. ek het gewonder wat die ander susters en dokters sou dink maar ek het besluit ek moet 2-3 ure later is sy op 'n asemhalings apperaat geplaas en is die volgende dag oorlede, Elke mens moet sy Godgegewe gawes gebruik as jy dit nie gebruik nie sal God dit wegneem en aan 'n ander gee. Wat gaan jy vir God se oor jou ongebruikte gawes
  7. Marnich
    2010/03/23 03:01:22 nm
    Ai,

    mense is darm maar naar as hulle nie van goed weet nie.

    "as jy nie weet waaroor dit gaan nie hou eerder jou mond - want jy maak n gek van jouself"

    niemand sal ooit weet of dit waar is of nie. jy is geregtig op jou eie opinie maar moenie jou opinie in ander se keelgate probeer afdwing nie.

    ek glo Marietta het n gawe gekry!!!!!!!

    keep up the good work en laat jou liggie helder skyn
  8. AAN DIE ANDER KANT AANHANGER
    2010/03/23 01:23:39 nm
    hierdie bespreking het in `n regte sirkus ontaard!..te veel mense loop met hulle bybels onder hulle arms rond maar intussen is hulle die grootste sondaars..wel ek kyk na die ander kant ek EK HANG AAN MARRIETA SE LIPPE... as dit nie so was dat sy wel kon kontak gemaak het met DIE ANDER KANT NIE sou ek se al die mense in die gehoor speel dus saam...? is daar tog iemand wat in die gehoor was wat so bietjie hier kan uithelp?
  9. Marlene
    2010/03/19 07:39:22 nm
    Marietta Wecke was my kamermaat op universiteit. Pragmens... hoogs- intelligent met baie spesiale gawes.
  10. Yolandi
    2010/03/19 01:26:07 nm
    Marietjie vriendin, jy lewe in jou eie fantasie wereld net soos Marietta. Ons oordeel nie,ons gebruik net ons eie helder verstande om reg van verkeerd te skei... Jy mag nie met mense "uit die dood" kontak maak nie, DIS SONDE en in elke geval, VIND JOU BERUSTING BY GOD, en nie by mens gemaakte "sgtrooi" nie....

    Dis pateties om te sien tot wat mense alles in staat is as dit by GELD of "FAME" kom, ipv om die Woord van die HERE te verkondig,hou hulle hulself op met SNERT!!
  11. Firefairy
    2010/03/12 12:28:15
    Angelee, dis baie waar wat JC vir jou daar sê. Die Here se in Sy woord dat Hy jou nooit bokant jou kragte sal versoek nie en dat Hy vir jou vertroosting sal bring. Dis waar satan gebruik depressie om mense te verwoes. Glo my as jy na hierdie mense toe gaan wat vir jou kastig boodskappe van die "anderkant" bring gee jy vir hom 'n platform om vanaf te werk. Vermy dit ek smeek jou. Na my ervaring bid ek die heeltyd vir lyding en die krag om nie versoek te word nie. Ek het my ouers al albei verloor. Dis baie swaar maar die Here gee jou krag om daaroor te kom. Twee jaar terug het ek my suster verloor, sy het in vreemde omstandighede verdrink. Ek kan dit nou nog nie verstaan nie want sy was 'n sterk swemmer. As ek so wonder oor wat werklik gebeur het en die magteloosheid wat deur mens gaan oor jy nie weet of bewyse het nie, bid ek tot die Here om my berusting te gee. Ek kan dit nie verander nie, niks gaan haar ooit terugbring nie. Marietta gaan my nie vertel nie dit kan ek jou wou waarborg want sy weet nie, of sy gaan my leuens vertel. So as dit die Here se Wil is dat ek dit moet weet sal Hyself dit aan my duidelik maak op Sy tyd en Sy manier. Jy moet die gedagtes wat jy het om ander geliefdes te verloor summier verwerp. Vra die Here om die negatiewe gedagtes van jou te neem en in die diepste see te werp. Onthou jy is 'n oorwinnaar deur Jesus. Sterkte vir jou, sal vir jou bid.
  12. Angelee
    2010/03/11 03:38:59 nm
    Baie dankie JC vir daai woorde!!..
  13. JC
    2010/03/11 11:35:55
    Aangelee, Gaan op jou knieë en bid. Ons Liewe Vader gee ons die krag om deur enige situasie te kom. Glo en vertrou op Hom en moenie die duiwel 'n gaatjie gee om in te kom nie. Depressie is een van die duiwel se magtigste wapens, pasop daarvoor! Moenie sit en tob oor die dinge wat jy nie kan verander nie, vind troos in die wete dat die Here jou daar deur sal dra. Sterkte vir jou!
  14. Angelee
    2010/03/11 10:57:13
    Hello Almal

    ek het al 3 van my geliefde mense verloor in my lewe, en weet julle wat ek glo
    nie eintlik in hierdie dinge nie, maar ek wil dit ervaar en ek wil regtig hoor of hulle vir
    my boodskappe het. ek is deesdae baie emosioneel, maar nie depresief nie.
    Dinge voel net vir my so onwerklik, ek kan nie ervaar dat hulle weg uit my lewe is
    nie en ek dink gereeld aan die mense wat ek nog moet verloor en ek bid baie hard,
    want my liefde vir die mense in my lewe is baie belangrik en beteken alles vir my.
    En my grootste vrees is om my ma te verloor. ek soek net 'n boodskap van my geliefdes
    dat ek bietjie beter kan voel, want om elke keer hartseer te raak wanneer ek aan hulle
    dink, ek net bang ek gaan depresief raak. As enige van julle vir my raad het, sal hartlik
    waardeur word.

  15. Tella
    2010/03/09 01:08:29 nm
    Marieta is van lotjie getik... Mense wat aan haar lippe hang moet eerder die tyd
    wat hul mors om na haar te luister, die bybel vat en bid. Al die gemors wat sy aan
    almal oorvertel kom van die satan self... As daar vir jou 'n boodskap van die ander
    kant is... sal God dit nie self vir jou bring nie? Ek dank die Here dat hy in my hart
    woon... Marieta sies vir jou
  16. Zoë
    2010/03/09 10:12:19
    Kan die wat sê Marieta is nie met satanisme deurmekaar vir my vertel, hoekom gaan God iemand anders stuur om met jou te praat en jou nog laat betaal daarvoor as Hy sommer self met jou kan praat?
  17. JC
    2010/03/09 08:34:28
    SIES! Julle noem julle self Christen, maar kyk hoe praat julle met mekaar...
  18. Firefairy
    2010/03/09 12:23:33
    Aan naamloos, jy's geregtig op jou opinie. Die Here seën jou ook!!!!!

    Firefairy
  19. Aan Firefly
    2010/03/08 03:10:31 nm
    Firefairy, die "kokkelol" het net 'n foutjie gemaak. Klink my eerder hy/sy het gemeen jy is die een met die "gebrek" Jy is onnosel, en dit kan almal aflei uit jou swak-geskrewe stuk!
  20. Firefairy
    2010/03/07 02:18:34
    Gemsbok, Rose, Vanessa,Tans, Ang, Cynthia, Magda, Uiltjie, Johan en soveel meer. DIS WAAR
    DIE VROU IS WERKLIK DEMONIES!!! Marietjie jy sit die pot mis suster. Dit gaan nie oor oordeel nie
    maar oor "reality" My storie. Voor my huwelik het 'n kokkelol ons vertel oor 'n koppie koffie, tee....? ek kan
    nie eers meer onthou ons gaan 3 kinders he maar die middelste een gaan 'n gebrek he. Nag nella vir
    my en my man. Ons is getroud en ons eersteling is op nuwejaar 1980 gebore. En toe hy ses jaar
    oud was, Nege miskrame later en baie gebede ensv. ons tweede een. Tussen hom en my 2de kund
    was daar 9 hartseer miskrame??? Hoekom?? Ek het na k@k geluister en satan 'n heerlike
    voetstuk gegee om op te werk. Eindelik het ons by CFAN se past Nicky Bonkers beland en hy
    het ager die kap van die byl gekom en vir ons hande opgele. 'n rukkie later is ons tweede seun
    gebore en glo my die klein donner het geklou soos n neet aan 'n wol kombers. Hoewel my water
    al die Saterdag gebreek het was hy per induksie eers die Sondag verlos?? Al my nege
    miskrame was voor of op 3 maande verby. 18 maande is my derde seun gebore sonder enige
    drama ensv. Ek het diep navorsing gedoen en besef dat enige sulke dinge van "heldersiende en
    wat ook al hulle hulself noem" is platforms vir satan om vanaf te werk. PUNT. Jy luister nie na sulke
    strooi nie en jy het nie drama nie. Die mense wat sy sulke "sopstorys" verkwansel het na die
    tyd allerhande ander vrae. Mense aanvaar dit. As jou geliefde gesterf het is hy/sy waar jy begeer
    om te wees. En jy KAN nie met hulle kommunikeer nie. God verbied dit. PUNT. Hierdie vrou
    maak geld uit mense wat haar "sessies" bywoon. Amal van julle wat vertroosting by haar suitsprake vind
    : Sy steel julle geld! Ag shame sy kom so "sweet" voor maar glo my. satan en sy hoevel volgelinge
    juig oor julle VAL. Asb los die dinge en streef na beter en hoër. God alleen kan wik en beskik..

    Firefairy
  21. ansa
    2010/03/05 02:09:03 nm
    o ja, iets vergeet om te sê. Almal maklik om te glo dit is die duiwel se werk want hy is magtig. ONTHOU NET, GOD IS ALMAGTIG. En hoekom sal hy nie vir ons deur sy engele berusting bring nie. Nou glo julle die duiwel stuur sy demons om aan ons te verskyn, maar julle glo nie dat God se "engele" ook aan ons kan verskyn nie. HOU OP STRY. KOM ONS BID EN SING EERDER SAAM IN DIE HERE SE NAAM, WANT HY IS ALMAGTIG, EN WONDERLIK. AMEN
  22. Ansa
    2010/03/05 02:06:09 nm
    Dit is NIE SATANISTIES om "geeste" of engele te sien nie. Hoe vertel jy dat 'n kind wat nog nie eers in die skool is nie, soveel "besoeke" kry, of "mense" wat net by haar kuier, dat sy satanisties is of die goed opmaak? Daar is 'n baie fyn lyn tussen die twee ja, maar moet eerder nie paar woorde van 'n sin uit die Bybel aanhaal nie, maar lees die hele teks. As mense so graag wil glo in sataniste en demons, hoekom dan nie ook aan Jesus se engele en dat Jesus kan besluit om sy "kinders" / "geeste" aarde toe te stuur om vir hulle geliefdes boodskappe te gee nie? Ons mensdom moet eerder omhou baklei en stry oor Godsdiens, en eerder daaroor saam gesels, oor hoe wonderlik God is en oor al die gawes ens wat ons ontvang het.
  23. Gemsbok
    2010/03/05 01:01:30 nm
    Aan almal wat in hierdie nonsens glo:
    Dit is NIE 'n gawe van God nie. Gaan lees wat die Bybel hieroor se. Hoe kan julle so naief wees en God met hierdie dinge uittard! Gaan lees wat God met Israel gedoen het wanneer hulle weggedraai het van Dos se voorskrifte af.
    Asseblief. ek pleit by almal wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het om NIE in hierdie onwaarhede en euwel te glo nie. Hierdie praktyk is 'n leuen! Julle gaan net verder seerkry. Ek wens ek kan my arms om julle sit en julle help troos. ek weet dit swaar en hartseer, maar hierdie is nie die manier om jou hartseer te verwerk nie.
    Satan doen hom in enige gedaante voor. Wil jy regtig he dat Satan in die gedaante of stem van jou geliefde met jou praat. Dit kan tog mos nie wees nie.
    Glo eerder in God wat deur die dood van Sy Seun Jesus Christus en die kragtige werking van Die Heilige Gees vir ons die weg kom baan het na die ewige hiernamaals. Daar sal ons mekaar weer sien in 'n nuwe pynlose jubelende Godprysende gedaante.
  24. Ann Marietjie
    2010/03/04 03:46:23 nm
    Marietjie

    JY SUSTER KAN GAAN DOPPIES BLAAS
  25. Marietjie
    2010/03/04 02:26:52 nm
    Broer Sarel en ander ... haal asseblief die Bybel onder julle arms uit ... en dan gaan kry jy die H A T uit die boekrak (dis as jy een het) en dan soek jy asseblief die betekenis van satanisme (wat nie verdien om met 'n hoofletter S geskryf te word nie) op.

    Marietta is beslis nie 'n satanis nie, en al julle ander Christene wat so graag oordeel .... gaan lees julle ook weer julle Bybels, veral waar daar staan ... moet nie oordeel nie ... want so sal jy ook oordeel oor jouself vel, daar is slegs een God wat ons almal aan verantwoording moet doen ... kyk eerder na julle self voor julle vingers na ander wys ... mense wat met klippe gooi, woon in huise van glas

    You go Marietta, ek dink jy is 'n wonderlike mens!!!

    Ek kan kitaar speel, skets en skilder ... wonder wie het dit vir my gegee... seker ook een of ander bose gees... as jy kitaar speel kom jy mos nooit in die Hemel uit nie....
  26. Sarel
    2010/03/03 03:38:25 nm
    Satanisties! Punt. Gaan lees jou Bybel om die feite te sien.
  27. Aan Suzette
    2010/03/03 02:12:29 nm
    Suzette,

    Ek kon dit myself nie beter stel nie!!!!!
    Ek stem 100% saam met jou.
  28. Christine Burger
    2010/03/03 12:32:46 nm
    Ek sal graafg wil hoor wat het jy te se oor my skoonma, sy verskyn deesdae aan ons maar sy is swart. Ek sal graag wil weet wat haar pla?
  29. Esme
    2010/03/03 10:05:15
    Ek persoonlik dink dit is 'n gawe, nie die dood van my ouers het sy vir my 'n berusting gebring, geen vrae gevra net boodskap gegee en dit het my laat aangaan met my lewe. Ek glo ook nie daaraan om iemand te kritiseer nie, baie keer moet 'n mens eers deur diep waters gaan om dinge te verstaan, ek wil vir haar dankie se en God dank wat haar die gawe gegee het, dit het my baie berusting gegee.
  30. Jessie
    2010/03/03 10:01:17
    Ek glo dis 'n gawe van God! Ek het my man verloor in 'n motorongeluk en was dit nie vir mense soos Marietta nie sou ek nie met al die onbeantwoorde vrae kon saamleef nie. My man het vir my dinge gese wat my tot berusting gebring het en ek sal gereeld hoor of hy iets te se het! Marietta hou aan met jou goeie werk!!
  31. Aan Ang and the Gang
    2010/03/03 09:51:40
    Ang, dis juis mense soos jy wat mense van God vervreem. Want se jou geloof nie juis jy mag nie oordeel nie. En daar trek jy weg met dit wat vir Believer in die "hiernamaals" voor gaan le. Jy (en jou tipe) is die grootste gevaar vir godsdiens. Almal van ons kan gaan tekste in die Bybel aanhaal, en ek wonder wat daarvan gaan jy jou ook nie aan steur nie. Wat van die feit dat Dawid vele vroue gehad het, glo jy soos God se geliefde Dawid aan veelwywery? Punt is mens kan eenvoudig nie met mense soos jy redeneer nie, want jy het nie genoeg breinstof om vir jouself te dink nie.
  32. Rina Rootman
    2010/03/03 08:21:01
    As sy dan so goed is hoekom is sy by man nr ?. Sy vertel vir ander mense wat
    in hulle toekoms kan gebeur, kan sy dan nie haar eie sien nie. Volgens my
    Bybel kan net GOD vir ons reen stuur. SIES !!!!!!
  33. Firefairy
    2010/03/03 01:04:17
    Satan doen homself as "die engel van die lig" voor, onthou julle nou weer. Die vrou is
    demonies. Soos van julle hier meld, sy vis uit en verander blitsig haar praatjie. Sy lei mense
    baie subtiel om vir hulle te vertel wat hulle wil hoor. Die Bybel is baie duidelik oor haar
    nering. Jy mag nie met dooie mense kommunikeer nie PUNT. Dis veraand teenoor die
    Here.

    Die wat dan wonder hoekom kyk ek na haar en skakel nie af nie. Ek het een aand
    toevallig die stupid program gesien en glo my ek het geen hoendervel of wat ookal
    ervaar nie. Sy laat my koud, nes die satan, want ek gee hom geen plek of eer in my lewe
    nie. Dat daar 'n boosheid uit haar oe straal is verseker. En ja, ek wil ook graag die
    uitdaging aan haar rig. Wat het met die Gert van Rooyen sage werklik gebeur, waar is
    daardie kinders? En wat van al die ander wat vermis was.....hoekom het sy nie dan
    anoniem haar kennis met die SAPD gedeel nie. Nee wat almal van julle wat haar en haar
    demoniese leerstellings so aanhang ek hoop julle vind die werklike waarheid baie
    vinnig uit.
  34. Nella
    2010/03/02 09:47:00 nm
    Dis waar dat God gawes gee, ek het ook die gawe maar ek misbruik dit nie en verkoop dit ook nie en meng nie met God se werke in nie. Ek hou dit vir myself. Jy doen verkeerd en gaan gestraf word vrou! jy speel met groot vuur!!! Doen jou ding as jy dink dis reg maar moenie se jy was nie gewaarsku nie.
  35. peace
    2010/03/02 09:03:59 nm
    wie is ons om te oordeel as sy n selferkende christen is,,,???
  36. IRENE
    2010/03/02 02:52:19 nm
    EK VOLG PROGRAM

    WAT LE VOOR VIR SUID AFRIKA
  37. heksie
    2010/03/02 02:22:48 nm
    Sy maak gebruik van 'n tegniek genaamd "Cold reading". Lees gerus daaroor op die internet. Meeste van haar verkeerde readings word elkgeval gesny op TV.
  38. Anneke
    2010/03/02 02:02:43 nm
    Daleen ek stem saam met jou, haal eers die balk uit jou eie oë voordat jy na onder mense kyk. Het julle al op Marietta se Face book site gaan kyk, hoeveel raad en heo positief sy mense maak wat hartseer en vrae in hulle harte mee rondloop. Haar oë straal net Liefde en begrip uit. Sien geen duiwels in haar lewe nie.

    Kry eers julle feite reg voordat julle begin klippe gooi.

    Sal altyd 'n Marietta Theunissen en Die Ander Kant Fan bly.

    Marietta hou aan om die goeie werk te doen jy bring baie mense kalmte .

  39. Daleen
    2010/03/02 01:54:36 nm
    mense kla oor Mariette en haar gawes, Christelik of onchristelik? mense bemoei jou met sake wat saakmaak, kyk na jou omgewing, kyk na die samelewing, gaan julle so ten velde oor die swak dienslewering, die agteruitgang van 'n biblioteek? die kerk wat jou verlaat het, die agteruitgang van ons skole. Ek merk dat berigte geplaas word maar geen kommentaar word daarop gelewer nie. die ouers wat die hek ooplos sodat die kind deur 'n motor getref word. die ouers wat versuim om die verpligte heining om 'n swembad te plaas, die ouers wat kinders mishandel en daarmee wegkom. maar julle verlustig julle aan Mariette se gawes? daar is mense in die samelewing wat die booddkap wil hoor, ongeag teksverse uit die bybel. Die bybel waarsku ons oor saamslaap, hoerery, dwarsboming van die gereg en dan bly julle stil maar verkies om die gesin van Cezaan Visser te stening? wat anders is hulle geval van dronkenskap tuis, veelwywery, afkraking van jou geloof en jou siel? kom reg, vee voor jou eie deur, gaan maak binne skoon en dan kom gooi julle klippe. Mariette is steeds hier omdat haar gawe/bose watookal jou keuse 'n verskil aan mense, gesinne bring. Opgekropte gevoelens wat onderdruk was spring vry soos 'n ryp sweer en dit bring verligting en dit is die eintlike behoud van die mense wat haar nader.
    Sterkte Mariette

    Een wat omgee
  40. Ang
    2010/03/02 11:21:18
    Aan Believer (??)

    Dit is omdat mense soos ons kerk gaan, en ons Bybels ken dat ons vir jou kan se
    dat wat die vrou doen verkeerd is. Hoe durf jy se ons moet die oogklappe wat die
    kerk vir ons opgesit het afhaal?
    Ek het een ding vir jou te se - As jou dag van oordeel kom, gaan dit vir JOU te laat
    wees om die oogklappe van jou oe af te haal!!
    Ons dien n Groot en Magtige God, en deur sy woord se hy vir ons wat reg en ver-
    keerd is. Livitikus 20:6 se: Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by
    geeste of waarsêers, teen hom sal Ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny.
    En so kan ek heeldag vir jou gedeeltes uit die Bybel uit haal!!!
    Hoop jou oogklappe val gou-gou af
  41. Zielke
    2010/03/02 09:06:22
    Ek glo dis 'n gawe van God. En verkeie mense het die gawes, dit hang net van jou af of jy daarmee wil woeker of nie.
    "n Dame (met dieselfde gawe) het oor ons familie se pad gekom. En die waarste goed gese. En dit kon nie op 'n beter tyd gekom het nie, want ons is by die diepkant ingegooi die jaar.
  42. Cynthia
    2010/03/01 03:42:06 nm
    Haar oë maak mens bang so asof dit van die duiwel is, kan sien sy is met duiwels dinge besig.
  43. Magda van Wyk
    2010/03/01 03:31:17 nm
    Ek was 'n rukkie terug op jou program. ek wil vir jou sê hoe baie jy my gehelp het. Ek het my ouer op 'n vroeg ouderdom verloor, jy het vir my die mooiste boodskap gegee oor my ma. Ek dink jy 'n 'n gawe van God gekry, om mense soos ek te help oor dit kom wat gebeur het.. Ek sal graag een tot een met jou wil gesels, het so baie vra oor my ma. Liefde Magda
  44. Believer
    2010/03/01 03:06:05 nm
    Ek het die voorreg gehad om haar te gaan sien. Sy het 'n wonderlike gawe en die werk wat sy doen is baie belangrik. Die gawe het sy beslis van God ontvang, want dis al waar dit vandaan kan kom. As mens regtig na haar luister, sal jy hoor dat sy mense probeer bemag om hulle lewens te verbeter. As die gawe regtig van die bose is, hoekom probeer sy dan om mense op 'n positiewe manier te bemagtig? Die mense wat so vinnig is om haar te beoordeel moet die oogklappe van hulle oe afhaal wat die kerk vir hulle op gesit het.
  45. Magda Burger
    2010/03/01 02:19:42 nm
    Jy het nou al soveel waarskuwings en skrif uit die woord van God gekry oor dit wat jy doen. Wat gaan jy daaromtrent doen? Ek hoop vir jou part dat jy tot jou sinne gaan kom en ophou met die bose en by God om vergifnis smeek. Dit wat jy op die oomblik doen is 'n gruwel in God se oog. Om nie eers te praat van al die onskuldige mense wat nie van beter weet vir wie jy 'n struikelblok is nie. Jy weet seker wat sê die woord wat moet jy eerder doen as jy 'n struikelblok vir ander mense is.
  46. Uiltjie
    2010/03/01 01:44:22 nm
    Ja-nee Tans, ek stem.. daardie oë is iets uit die donker dieptes! My hart het skoon gebokspring toe ek weer op-scroll en in dit vaskyk. Die regtige hartseer ding is dat mense haar glo, al kom sy NOOIT tot op 'n punt nie. My broer is oorlede en ek sal ook enige iets gee om weer met hom te kan praat, maar gelukkig praat die Heilige Gees so hard met my dat ek berus. Haar oëverblindery maak my woedend!
  47. Angela
    2010/03/01 12:07:13 nm
    As jy dood is is jy dood Marietta!!!!! Die Bybel se tog vir jou dat jy nie met mense
    wat dood is mag kontak maak nie
    Wat jy doen is demonies en verkeerd.
  48. Tans
    2010/03/01 10:38:30
    Bekommerd is heeltemal reg, dit is demonies, Kyk na die foto hierbo, kyk haar oê. Ek sien gogga se kind duidelik daarin. Enigeen wat weet van demone en hoe die dinge werk sal die tekens 'n myl ver raaksien. Nee wat Marietta, jy flous my nie, of sal ek se jou demone flous my nie. En ek sien al die tekens raak, het een keer vir jou show gekyk en was die ene hoendervleis want dit wat jy doen is evil. Jy smeer dit met "icing" toe en wee die arme mense wat nie van beter weet nie, en vir jou tjol val. Arme skape.
  49. Judy Steyn
    2010/02/28 10:08:33
    Ja nee wat kyk net hoe sit die mense en huil oor hul geliefdes wat agter of voor hul staan. Is dit nie wat Satan wil he nie? Hy wil manipuleer. God gee vir Satan mag in die verlede dis wat mense wil hoor, maar die ou dinge het verbygegaan die nuwe dinge is hier! As n baba doodgegaan het en sy sien die kind dan skielik as sy agterkom die mense se die kind was nog klein dan skielik het die kind ook gegroei en spring al op n bed ag nee wat., God se duidelik vir ons die heldersiendes sal beskaamd staan voor My!
  50. Bommie
    2010/02/28 09:40:49
    Ek dink sy help baie mense wat dit regtig nodig het. As jy nie van haar hou nie, moet dan net nie haar program kyk nie. So maklik soos dit!

    Ek hoop regtig dat sy my pad ook eendag sal kruis om vir my 'n boodskap op twee te gee.

  51. Irene Matthee
    2010/02/27 04:48:07 nm
    Ek glo dit is gawe van God. Ek het n baie goeie sienner vriend , Gerald Burger
    jul kan gerus met hom onderhoud doen. Hy is nie net my vriend maar baie mense
    word deur hom telefonies gelees , jammer hy het nog nooit n fout gemaak. Alles
  52. Irene
    2010/02/27 03:39:19 nm


    Deuteronomium 18:
    9 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
    10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
    11 of wat met besweringe omgaan, of wat 'n gees van 'n afgestorwene vra of 'n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
    12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.

    Gal 5:19-21

    Now the works of the flesh are manifest, and they are fornication, uncleanness, loose conduct, 20 idolatry, practice of spiritism, enmities, strife, jealousy, fits of anger, contentions, divisions, sects, 21 envies, drunken bouts, revelries, and things like these. As to these things I am forewarning YOU, the same way as I did forewarn YOU, that those who practice such things will not inherit God’s kingdom
  53. Fred
    2010/02/27 02:21:09 nm
    Marietta, gaan asb hiernatoe http://www.randi.org/site/index.php/1m-challenge/challenge-application.html en skryf in. Dit wat jy sê jy doen bestaan nie. Ek glo jou egter as jy sê jy hoor stemme, gaan kyk gerus by http://www.timesonline.co.uk/tol/life_and_style/article1295311.ece en by https://www.epilepsyfoundation.org/living/seniors/latertypes.cfm. Dit is 'n tipiese simptoom van 'n tipe temporale lob epilepsie wat jy tien teen een aan ly. Ongelukkig woon ons in 'n samelewing waar mense nog glo in hierdie tipe goed. Ons het nog nie ver genoeg weg beweeg van die middeleeue af nie. Jy glo dit ook, dus ondervind jy dit as realiteit. Jy het seker nie slegte bedoelings met wat jy doen en sê nie, maar jy gee mense vals hoop. Hou op daarmee, al is dit 'n goeie bron van inkomste vir jou.
  54. johan
    2010/02/27 02:10:40 nm
    Snaaks hoe Marietta eers die persoon sal uitvra , asof sy eers inligting wil inwin , dan
    antwoord . Vyf uit tien raaiskote is reg , maar indien verkeerd bv. twee seuns i.p.v. een ,
    sal sy se dat dit nefie of susterskind is net om weer " korrek voor te kom" Ek sit op die
    anderkant voor my tv en betrag haar met n ander oog . Marietta , jy oortuig my nog nie.
  55. seunemeer
    2010/02/27 02:00:47 nm
    Ek het my bedenkene oor haar.
  56. Bekommerd
    2010/02/26 04:00:24 nm
    Marietta jy word mislei. Die gawe wat jy het is nie van God af nie, maar jy praat eintlik
    met die afgestorwene se "familiar spirit." Jy het psigiese vermoens wat eintlik demonies
    is. As jy kan gaan vir ware bevryding, sal jy ervaar dat jy dit nie meer kan doen nie.
    Die Bybel se duidelik dat ons nie afgestorwe geeste moet raadpleeg nie, (Onthou
    jy Saul en die heks van Endor?) "Familiar Spirits weet alles van die afgestorwene af.
    Ons kan nie met die dooies praat nie. Heldersiendheid, helderhorend, en al hierdie
    sogenaamde met die helm gebore is alles van die duiwel en slegs psigiese vermoens
    God gee nie vir ons sulke vermoens nie.
  57. Rose kyriacoudes
    2010/02/26 03:41:47 nm
    Jammer my komentaar is nie aanvaar nie.Ek sal dit saggies stel "sy is n klug"Mariette as jy wil laat my weet of daar n boodskap vir my is????Miskien verander ek my opinie----- wie weet!!!
  58. Rose Kyriacoudes
    2010/02/26 03:32:16 nm
    Ek wag al lankal om die geleentheid te kry om vir die vrou te se sy is n klug!!Wat n klomp kaf---As jy so goed is laat my weet of daar n boodskap is vir my sonder om vrae te vra.En waar is die vermiste kinders wat in Gert van Rooyen se kloue was?As jy so goed is laat ons tog weet !!!!!ek dog hulle is naby sy huis begrawe??Wat het van die storie geword?????Ek daag jou uit antwoord my!!!!!!!!
  59. Soekie
    2010/02/26 02:47:45 nm
    Ek dink Marietta het 'n gawe van God gekry/
  60. Vanessa
    2010/02/26 01:19:28 nm
    Hi ek wil net weet is dit reg of verkeerd? Want my ouers kyk dit gereeld en ek wil nie he hulle moet dit kop toe vat of beinvloed word daar deur nie? Bekommerd
  61. cynthia
    2010/02/26 11:48:13
    Ek verstaan nie hoekom mense met dooies wil kommunikeer nie, daar is absoluut niks wat hulle vir jou kan doen nie, en hulle sal nie kan terugkom nie.
    ek wonder net is dit reg om so met die dooies te gesels is dit nie 'n sonde nie, as ek verkeerd is vra ek verskoning, ek bedoel nie om iemand te na te kom nie, maar al hierdie snaakse dinge wat gebeur laat my wonder oor die lewe
  62. lollies
    2010/02/26 10:00:23
    Ek glo nie aan waar se ery nie!!!!!!Ek glo dat dit van die duiwel is want dis al een wat vir haar so iets kan se, want ek dink nie God sal nie!!!!!

    Maar almal se mening verskil en ek wil net vir mense se wat onrustig voel oor 'n geliefde se dood moet God vra om hulle beristing te gee want dis al wie kan, en hy besluit wie moet hy weg vat en wie se werk is nog nie klaar op aarde nie!!!!!! God is liefde en baie meer, mense moet hom begin vertrou en hulle onbeantwoorde vra sal beantwoord word!!!!!!!!!