My soeke na ubuntu

Daar voor in die langpad, hier duskant Ceres in die Koue Bokkeveld, kom ’n spikkeltjie aan. Hoe nader sy aangestap kom, hoe duideliker waaier die bos rooi hare soos vlamme om haar kop uit.

As jy haar nou met die wind in haar ore op haar selfoon sou probeer bel, sal jy hoor: ‘‘Haai, dis Sonja, die Ubuntu-meisie. Ek kan ongelukkig nie die oproep beantwoord nie. Ek doen waarskynlik nou iets interessants saam met iemand interessants op ’n interessante plek in ons pragtige land . . .’’

Sonja Kruse (32) hou ’n kartonbord voor haar uit met “Wupperthal’’ in dik viltpen-letters daarop geskryf. Dis haar volgende bestemming op haar epiese soektog na die werklike betekenis van daardie soms geykte Afrika-woord ubuntu – losweg vertaal, menslikheid teenoor mekaar.

Voor sy in Oktober uit Oos-Londen weg is, het sy ’n T-hemp laat druk met “asifundeni’’ (“laat ons leer”) in hoofletters daarop. Op die hemp het sy ook, in Xhosa, verduidelik waarom sy op reis is: “ ’n Wit vrou wil oor ubuntu leer. Help asseblief.’’

Intussen het sy die hemp vir iemand present gegee. Want eintlik was die verduideliking nie nodig nie – mense het hul huise en harte vir haar oopgemaak op haar pad langs die Wildekus in die Oos-Kaap, deur die Wes-Kaap en tot aan die grens van die Noord-Kaap.

‘‘By geen plek in die land waar ek gaan aanklop, my storie vertel en slaapplek of kos gevra het, is ek weggewys nie,’’ vertel sy.

Sy het al in townshiphuisies in Port Alfred geslaap, in studentehuise in die Baai, in vissershuisies in Paternoster en in HOP- én miljoenêrshuise aan die Langebaan-kus. Sy is nou al alles gewoond: slopemmers, puttoilette, spoeltoilette en soms net ’n plastiek-waskommetjie om die stof van haar lyf te was.

Sy skryf elke dag in haar dagboek en weekliks op haar webjoernaal en die inskrywings gaan vorentoe heel moontlik ’n boek word. ‘‘Ek sal aanhou stap tot ek nie meer ubuntu raakloop nie.’’

Sy volg geen vaste roete nie, maar laat haar lei deur mense se voorstelle. Dikwels word sy met ’n adres na ’n kennis of familielid gestuur waar sy kan oornag.

“Is ek bang? Vir wat? Daar het nog niks slegs met my gebeur nie. Ek weet ná meer as vier maande
op die pad steeds nie waarvoor ek nou eintlik moet bang wees nie. In Suid-Afrika word ons oorweldig deur vrees. Maar daar is ’n lewe hier buite, weg van al die slegte nuus...’’

Lees Sonja se merkwaardige verhaal in die 11 Maart-uitgawe van Huisgenoot.

Vertel ons van jou soektog na ubuntu in die kommentaarveld hieronder. Ons wil graag hoor!



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. Sonja Kruse
    2010/03/16 06:21:26
    Hi Francis. Natuurlik onthou ek julle en jul 'not a taxi'! Dit is altyd lekker om mense te ontmoet met so 'n skerp sin van humor. Baie dankie ook vir die positieween opbouende komentaar. Stuur asb vir my julle besonderhede na skruse@24.com dan sal ek laat weet wanneer ek klaar is! Lekker dag vir julle. goedgaan. Sonja :-)
  2. Francis
    2010/03/15 04:25:34 nm
    Hi Sonja, Ons het jou op 26 Desember 2009 in Dorpstraat, Stellenbosch ontmoet. Kan jy nog die "NOT A TAXI" met sy passasiers onthou? Wel, omdat ek jou persoonlik ontmoet het, kan ek net sê: jy is 'n dierbare mens, pragtige persoonlikheid, jou ouers het jou goed grootgemaak. Moet nie dat negatiewe kommentaar jou onderkry nie. Deesdae kan ons in ons veilige huise wees, dan word ons ook seergemaak. Moet nooit die hand van die Here los nie, Hy sal jou deur al die gevare beskerm, jy sal veilig anderkant uitkom. Die Here sal sorg dat jy elke aand kos en 'n veilige slaapplek by wonderlike Suid Afrikaners kry. Almal is nie sleg en krimineel nie. Sterkte, ons sien uit om jou boek te lees. Liefde en groete vanuit Windhoek, Namibia.
  3. Sonja Kruse
    2010/03/12 12:38:49 nm
    Hi Melanie. Thank you for the positive comments and encouragement. You are an example of the kinds of people I have mostly encountered on this journey so far

    Hi Martin. Baie dankie vir jou kommentaar ook. Dit is ook, bygese, lekker om iemand by hulle naam te kan noem. Martin, Pieter (die jouranlis wat die artikel geskryf het) is 'n wonedrlike mens en het so mooi geskryf oor wat presies ek doen. Lees maar gerus weer, so dat u kan verstaan dat ek al vir 4 en 'n half maande NET van UBUNTU lewe. Ja, vir 133 dae het ek nou al in 46 van ons dorpe, stede, gemeenskappe, plase etc by 64 huise aangegaan. In al hierdie plekke, by al hierdie mense, het ek slaapplekke geSOEK, kos geSOEK, menslikheid geSOEK. En niemand het my weggewys nie. So, ek herdoop die artikel: My ubuntu VINDinge. Lekker dag. Hoop daar is baie liefde in u lewe vandag. Sonja
  4. Melanie
    2010/03/12 11:48:49
    People deal too much with the negative, with what is wrong. Why not try and see positive things, to just touch those things/people and make them Bloom. Yes it is not the ideal situation for a lady, but I take my hat off to Sonja for making a stand to show that the people of South Africa are good natured. South Africa receives too much bad publicity and if more of us made a point like Sonja is doing imagine how things might change.... Give the girl a break and if you encounter her on her journey, try giving her your support....
  5. Martin
    2010/03/11 02:06:38 nm
    Jy gaan baie lank soek
  6. Sonja Kruse
    2010/03/10 09:11:43
    Hello meisie. Baie dankie vir jou kommentaar van gister. Ek geniet ook die strate van die bybel. Een van daai strate is juis die Vertrou straat, waar u God vir ons se om nie bang te wees nie maar ons self elke dag aan hom oor te dra. Hoekom is daar dan rede om kleingelowig te wees?

    As ons dan ook verder kyk na naamloos van gister, dan sal ons sien dat as dir 'n mens se tyd is, is dit 'n mens se tyd. Al is dit dan by die werk wanneer 'n mens lewens probeer red. So, vir diegene wat glo ons land is so ONGELOOFLIK gevaarlik, volgense julle is daar in elk geval nie 'n vielige plek nie. Ek wonder of julle ongee vir iemand soos ek en daarom kommentaar lewer, wat ek dan baie wardeer en vir u dankie se. Of is dit 'n geval van wag dat ek val, sodat u verder bewyse kan he van u EIE oortuiginge. Besoek gerus meer strate, want u sal verbaas wees hoeveel liefde u God vir ons land het en hoeveel liefde daar in ONS land se hartens is. Lekker dag en mag goeie dinge met u gebeur vandag. Smile 'n bietjie, dit voel goed................
  7. meisie
    2010/03/09 01:52:42 nm
    sy waag regtig baie,en is werklik net gelukkig dat sy nog nie op n verkeerde plek beland het nie,ek glo nie dis n goeie ding wat sy aan pak om te doen nie,as jy soeke is na iets lees jou BYBEL daar is beter skate in
    as om so rond te dwaal en jy weet nie wat jy soek nie,sterkte maar ek stem nie saam met haar nie,hoop sy kom anderkant heel uit.
  8. Sonja Kruse
    2010/03/09 12:00:07 nm
    Hello naamloos van gister. Baie dankie vir u kommentaar. Ek sal voorstel dat u met 'n oop kop en hart na die UBUNTU blog kyk: www.letterdash.com/skruse. Ek sal my bes doen om die photos van die laaste ene op datum the kry dan kan u mooi sien watter mooi mense OOK in ons land woon. Lekker dag en sterkte, Sonja
  9. Resultaat
    2010/03/08 11:29:10
    O sissie, jy soek vir moeilikheid. As hulle ER werkers op diens verkrag dat voel ek baie jammer vir jou....
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities