“My kind dood oor daai satan”

E-pos
Print
'n Onlangse foto van Jeannine saam met haar 15 maande oue babadogter, Mecayla.
'n Onlangse foto van Jeannine saam met haar 15 maande oue babadogter, Mecayla.

Sy sal nooit die ontsteltenis in haar dogter se oë vergeet toe sy hoor die vrou wat haar lewe vernietig het, het net sewe jaar tronkstraf gekry nie.

“My lewe is ’n boggherop en Cézanne Visser gaan nie eens sewe jaar opgesluit wees nie, dan gaan sy aan met haar lewe!” het Jeannine du Plessis (21) onthuts gesê.

Sy was ’n slagoffer van die seksmisdadigers Cézanne Visser, oftewel adv. Barbie, en Dirk Prinsloo, en ook die staat se hoofgetuie in die latere hofsaak. Daardie dag toe Cézanne haar gaan oplaai by die kinderhuis in Pretoria waar haar ma ’n huismoeder was, het die Du Plessis-gesin se lewe vir ewig verander.

Toe Cézanne met haar daar wegry, was sy ’n sprankelende 13-jarige, ’n uitblinker op skool. Toe sy haar die volgende middag terugbring, was sy steeds in haar slaapklere en bedwelmd. Van daardie oomblik af het haar kind in ’n selfvernietigende vrou verander, vertel Marié du Plessis, en trane wel in haar oë op.

Sy het dieselfde nag nog weggeloop nadat sy vir ’n vriendin vertel het Cézanne en Dirk het haar verkrag. Die hof het later beslis net onsedelike aanranding kon bewys word.

Gou het Jeannine in ’n dwelmweb verstrengel geraak. Weke lank sou sy in die skemerwêreld van Sunnyside in Pretoria verdwyn om hier met Nigeriese dwelmbase te slaap in ruil vir heroïen.

Die jong tiener het nooit weer skool toe gegaan nie, en die volgende jaar het sy positief getoets vir MIV.
Maar juis toe Jeannine finaal besluit om die dwelms te los en ’n nuwe lewe te begin, het haar moed haar blykbaar finaal begewe.

’n Week nadat Cézanne gevonnis is, het sy ’n tou om haar nek gebind en uit ’n boom gespring om uiteindelik verlos te wees van haar verlede.

Jeannine en haar twee susters, Rouselle (23) en Jean-Marié (17), het destyds in 2004 saam met hul ma in die kinderhuis gebly nadat hul ouers kort tevore geskei is.

Dit was algemene praktyk dat ouerpare na die kinderhuis sou kom en vra of hulle kinders vir ’n dag of naweek kon wegneem om hulle ’n bietjie te bederf. Daarom het Marié, deesdae ’n ontvangsdame by ’n honde-salon, nie ’n oomblik gehuiwer toe Cézanne vra of sy Jeannine kan uitneem nie.

Lees die volledige artike in die uitgawe van 18 Maart 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (34)


  1. Anoniem
    2010/03/25 02:32:09 nm
    Dit is verskriklik! Sulke mense moet die doodstraf kry altwee van hulle. Dis absoluut onvergeeflik!
  2. Anoniem
    2010/03/18 09:05:26
    Ek was ook op 13 jarige ouderdom deur 'n stiefpa gemolesteer. Ek het geleer om op daai jong ouderdom te cope en het vir berading gegaan. Toe ek later getroud is het ek my kinders soos goud opgepas en seker gemaak dat hulle nie ook deur so iets sou gaan nie. Jeannine moes eerder verantwoordelikheid vir haar eie lewe en besluite aanvaar, in plaas daarvan om Cezanne vir alles te blameer. Sy het steeds die keuse gehad hoe om op die gebeurtenisse in haar lewe te reageer. En toe haar ma gesien het daar is fout met haar kind, hoekom het sy nie dadelik gereageer en haar gehelp, as om haar op daai jong ouderdom te los en vir die wolwe te gooi nie. Nee ek neem haar ma kwalik. Want jy as ma doen alles om vir jou kinders net die beste te gee en hulle teen die wêreld daar buite te beskerm.
  3. Kenner
    2010/03/17 04:45:40 nm
    Die ma en pa moet seker deur erge pyn gaan. Wanneer ons trauma beleef is dit tipies om te reageer soos die ma nou doen. MAAR mevrou jy sal eendag vir jou kleindogter moet vertel wat REGTIG gebeur het met jou kind se opvoeding. Vir my is dit ook vreemd dat die Staats Advokate van Jeannine se omstandihede bewus was maar nooit iets daaromtrend gedoen het nie. Hulle kon verhoed dat die jong vrou haar lewe neem. Ek onthou dat ene Jennifer Cronje die advokaat was wat met die kinders gewerk het en hul voorberei het op die prosedure in die hof. Wat het sy gedoen om die jong vrou te help. Ek onthou dat Cronje so bitsig in die hof was.Dit wil voorkom asof die staat nawillekeur getuies gebruik soos en wanneer dit hul pas maar wat word intussen van die getuies.
    Volgens kennis wat ek bekom het het die ma Marie vir Cezanne gekontak en nie andersom soos wat sy nou beweer. Wonder of sy ons kan antw op al die feite ?????
  4. Cynthia
    2010/03/17 11:52:15
    janette, as die doodstraf net moontlik was, sou baie molesteerders dood gewees het
  5. Janette bruwer
    2010/03/16 10:21:44 nm
    Enige iemand wat 'n kind seksueel molesteer moet die doodstraf opgele word.
  6. M
    2010/03/16 12:44:10 nm
    Feetjie, dis duidelik dat sy 'n dwelmverslaafde was, MAAR die punt is dat sy daaraan blootgestel is deur Cezanne en Dirk. En dat as mens eers een keer hierdie tipe dwelms gebruik het, is jy basies dadelik verslaaf. Maar ek moet saamstem, haar ouers moes dalk dadelik hulp ingeroep het. Mens kan sekerlik nie vir jare toekyk hoe dit net al slegter met jou kind gaan nie?
  7. Feetjie123
    2010/03/16 11:13:11
    Is dit net ek of sien niemand die feit dat Jeanine n heoien verslaafde was raak nie? Almal weet dat dwelms jou depressief maak. Ek weet. daar is twee mense in my familie wat aan dwelms verslaaf is en jy wat omgee kan niks doen om hulle op te beur as daai "monster" hulle eers beet het nie. Ja en jy kan niks doen om hulle te help as hule nie self gehelp wil word nie...
    Nou skielik is dit Barbie se skuld, glo my ek keur nie wat sy doen goed nie maar sy het nou haar straf wat sy moet uit dien en onthou die Here slaap nie... Marie dink mooi voor jy ander blameer en gaan doen verder ondersoek en begin sommer by jouself.
    Anoniem21
  8. Chantelle
    2010/03/16 11:07:16
    Ek kan nie glo jul wil nog al die skuld op Cezanne pak nie, hukom is almal stuck op daai onderwerp? Wat van Jeannine se ouers,..? as die waarheid uitkom gan jul lang trane huil, jul weet wat jul aan jul dogter gedoen het, nie een van julle was daar toe sy jule die nodigste gehat het nie, sy was lankal dood vir jul. En nou kan jul nie met jul gewete saam leef nie. Jeannine was in kinderhuis, nie omdat ha ouers nie geld gehat het nie, omdat hulle dit alles op drugs uit gegee het. Maar dit moet seker nie van my af kom nie.
  9. Cynthia
    2010/03/16 10:04:23
    Joanita en skaam julle, ek stem volkome saam met al twee van julle, as jy nie self gemolesteer is nie, moet die mense liewer nie hulle menings lug nie, ek was self in 'n kinderhuis en dit het met my gebeur, jy vergeet dit nooit nie, niemand glo jou nie, want jy is mos in elk geval 'n niks nie, weens jou agtergrond. Wat barbie gedoen het was verskriklik, en sy het baie lig daarvan afgekom, wys jou nou net, die regstelsel vaal die kinderhuis kinders, ek glo glad nie meer in die regstelsel van SA nie
  10. Skaam julle!!!
    2010/03/16 08:57:00
    Die mense is almal so vinnig om vingers te wys, maar ek dink nie een van hulle was al deur die trauma van molestering nie. Dit is 'n ondervinding wat jy nooit heeltemal in woorde vir enige persoon kan oordra nie. So ek dink mense wat hier so vinnig oordeel en vingers wys, moet eerder op hulle knieë gaan en vir God dankie sê dat hulle nog nooit deur so 'n hel is nie. Hulle klink al klaar soos swakkelinge, so ek dink in elk geval nie hulle sal so iets oorleef nie. Watter verweer het 'n kind teen 'n volwasse, uitgegroeide man en vrou, en dan nog dwelms ook? Ek kan maar net vir die kinders bid. My hart gaan uit na julle.
  11. joanita
    2010/03/15 10:18:20 nm
    ek kan nie glo dat mense iemand kan verdedig wat kinders mollesteer en seksueel
    misbruik nie!! Niemand van julle weet wat waarlik in daardie gesin se lewe
    aangegaan het nie. Hulle was gedwing om in die kinderhuis te bly, aangesien hulle
    nie ander tuiste gehad het nie.
    Hoe dikwels word kinders geglo dat iemand hulle seksueel misbruik?
    Dis belaglik dat mense aanneem dat dit haar ma se skuld is!!! Jeannine
    was 'n pragtige mens toe ek haar in gr3 ontmoet het, sy het toe al gesukkel. mense wat ukkell
    kry nie gereeld die hulp wat hulle nodig het nie, dus as iemand hulle dan boonop misbruik is die kans om bo uit te kom nog erger!!! hou op om misbruikers te verdedig!!!!!!!!!
  12. hofklerk
    2010/03/15 09:23:31 nm
    Marie en Pieter, jul is geskei en toe het Marie haar besig gehou met alles wat sleg is vir jul kinders. jul het dwelms gebruik en prostitusie beoefen. Jou dogter Jeanine het vier jaar voordat Cezanne op die toneel verskyn het al jare voor Cezanne met seks en dwels deurmekaar geraak en weggeloop uit plekke van veilgheid vie kinders. Dit se jy natuurlik glad nie, maar ou girl jou dag sal kom.. Ek lees al die hof dokumente en ek weet wat in die hof getuig is onder eed. Kry jy nie skaam nie man. ?
  13. Tilia Koen
    2010/03/15 04:54:19 nm
    Nou is alles Cezanne se skuld. Twak! Skuldig is sy wel maar nou gaan dit net té ver. Die arme ou kindjie het mos geleentheid gehad om met die hele sak patats voor 'n dag te kom -- waarom het sy nie?? Al wat 'n gemolesteerde kind in die land is raak nie die pad byster nie -- die outjie het wel; is dit nou suiwer Cezanne se skuld? Nee wat, aanvaar nou maar dat Jeannine nie die regte opvoeding/inbors gehad het nie en hou op om alles op iemand anders, hoe skuldig sy ook al is of was, te pak. Sterkte.
  14. jackie
    2010/03/15 03:02:53 nm
    Die mensdom is snaaks genade tog ek raak so bekommerd as ek lees hoe ons as suid afrikaners agteruit gaan ons het nie meer ons waarders en disipline en menswees wat ons van geleer het nie ek het self 2 kinders en kan my nie voorstel hoe dit my sal laat voel nie,God slaap nie hy kyk na ons en die wat straf moet kry sal dit wel op God se manier ontvang sterkte vir die ma ek dink aan mense soos julle en dank elke dag God dat hy my twee kinders so bewaar pas julle kinders op mense en leer hulle die nodigste en belangrikste dinge in die lewe....
  15. Sue
    2010/03/15 02:59:01 nm
    Moet nooit vir mense die hel toewens wanneer jy self nie daar wil wees nie. Wanneer ons skuld gevoelens soos 'n berg op ander se skouers pak is ons self verkeerd, en skuldig. Daar is mense wat weet dat Jeannine die meisietjie op Carte Blance se program "The lost Children" was wat saam 17 huislose kinders in De villiershof Sunnyside gebly het. Toe was sy 12.

    Toe die straat kinders van Walker straat, Muckleneuk (waarvan Jeannine 1 was) 24 uur kennis gekry het, (2002) was Cezanne bereid om dit in die hof te beveg sodat hulle die huis kon behou. Miskien het sy by-motiewe gehad, hoe kan ek weet? Maar daar was nie net meisietjies in daardie huis nie, daar was seuntjies ook, en van alle rasse.

    Ek stem saam. God slaap nie.
  16. Ben
    2010/03/15 01:39:14 nm
    Ek kry haar jammer Barbie is nie skuldig nie en het nie seks met die kinders gehad nie wie is ons om te oordeel dink die vonnis is te erg
  17. Petro
    2010/03/15 01:11:55 nm
    Ek dink die hele besigheid is die skuld van 'n sielsiekman. Kan nie regtig vir adv barbie jammer kry nie 'n mebs kan nie iemand a,ders die skuld gee nie,'n mens het joy eie wil.Maar die kinders,die arme kinders.
  18. Anoniem
    2010/03/15 12:00:50 nm
    Wie is ons as mens om jeanine se ma te oordeel , of om advokaat barbie te oordeel. Net God weet wat die twee partye deurgaan . Kom ons hou op vinger wys en bid vir albei die gesinne.
  19. A3
    2010/03/15 11:22:13
    Ek kan nie glo Adv. Boobies het appèl aangeteken teen die weiering van verlof tot appèl nie! Ek, self in daardie tyd 'n LLB student, kon destyds nie glo sy beledig so 'n edele beroep nie. Wat dink sy gaan sy met appèl regkry? Hopelik 'n langer of swaarder vonnis. Geen simpatie vir haar van my kant af nie. Vir haar ma wat sê haar kind is stukkend: Mevrou, het jy al ooit 'n oomblik stil geraak en gedink hoe stukkend die kinders is wat onder jou dogter en Dirk deurgeloop het?
  20. Nog 'n ma
    2010/03/15 09:57:48
    As 'n ma, kan ek regtig nie insien hoe hierdie ma, dit kon toelaat dat 'n wild vreemde vrou haar kind vir 'n naweek neem nie, sy het tog elke dag met gebroke kinders in die kindehuis te doen gehad. En na aanleiding van die nadoodse ondersoek is bevind dat Jeannine toe tog nie MIV positief was nie, nou wat nou? Die ma moet met haar gewete saamleef dat sy ook haar kind gefaal het.
  21. anoniemj
    2010/03/15 09:36:14
    Nee.Nee ,hoekom gaan die ma so aan hoekom blameer sy nie haar en haar man vir die dinge wat in hul kind se lewe verkeerd geloop het nie.Hoekom is al jeanene se boeties en sussies ook in die kindehuis en sy wat haar 'n ma noem gaan besoek of gaan haal nie eers die kinders nie.Ja wat cazann gedoen het is verkeerd maar wie is die ma om klippe te gooi of om vinners te wys waar was sy toe haar kind haar nodig gehad het.Ek hoop die welsyn sal in tree want as sy nie eers na haar eie kinders kan kyk en op voed nie hoe wil sy nou haar kleinkind op voed en groot maak gaan sy ook in 'n kinderhuis op eindig?
  22. Balk uit eie oog
    2010/03/15 08:40:08
    Hou op vir Cezanne te blameer, sy het wel verkeerd gedoen. Maar jy en jou dogter het nie veel beter gedoen nie, as julle sulke engeltjies was, hoekom was sy in die kinderhuis, hoekom het ma nie 'n saak gemaak daardie tyd al nie, waarom het sy op so 'n jong ouderdom self 'n kind, waarom het sy by drugs betrokke geraak. God het vir almal die gesonder verstand te gee om self 'n keuse te maak en julle was net so verkeerd soos die res. Hou op om vir Cezanne te blameer vir alles. Hierdie kind se geraamtes sal ook nog uitkom vir wat sy alles verkeerd gedoen het. Julle maak my siek as julle altyd iemand ander blameer, julle klink nou net soos Robbie klay.
  23. inaperold
    2010/03/14 08:42:30 nm
    Niemand van ons is sonder sondes nie,laat ons nie vingers wys en judge oor die wat sondig nie,maar wel vir hulle bid.mense kry seer agv van ander se sonde doen en late wat nie reg is nie, en daarom is ek jammer vir jeannine maar
    meisiekind vergewe haar en bid vir haar en ek sal vir jou bid dat jou hart genees sal word.sterkte.x
  24. tilly
    2010/03/14 02:48:43 nm
    Wat moet hierdie Ouers deurgaan Cezanne het haarstraf gekry.. En my hart gaan uit na die Ma wat haar kind veloor het. En wie is ons om te oordeel.
  25. Ela
    2010/03/13 09:03:35
    Wat adv Barbie gedoen het, is baie baie verkeerd en sy verdien haar straf, maar om haar nou die skuld te gee vir Jeannine se dood is verregaande. Waarom was Jeannine in die eerste plek in die kinderhuis, met watter ander probleme worstel sy nie al van geboorte nie - dalk deur haar ouers se toedoen??? Nee liewe ouers, jul kind se selfmoord kan julle nie voor Cezanne se deur lê nie. Sterkte aan Cezanne vir al die ekstra beskuldigings teen haar. Jeannine se ouers moet maar gaan selfondersoek doen...
  26. sue
    2010/03/12 09:45:59 nm
    dit is afgryslik dta die regstelsel mense wat dit nodig het terleurstel. ek glo ook nie dat Cezanne, glo gemanupileer was tot in so mate dat sy nie kon verstaan wat reg en verkeerd is nie. mens is mos gebore met ;n sekere instink. Dis deel van jou opvoeding om ander terespkteer. ek bid vir al die kinders wat deur hulle mishandel is.
  27. n
    2010/03/12 07:49:31 nm
    Hoekom het die ma nie destyd toe die insident plaasgevind het die kind geneem vir berading nie? Dit is vreemd 'n dogter wat so getraumatiseer wegloop van die plek wat veronderstel is om vir haar veiligheid te bied. Hier is mense wat daagliks gemolesteer is deur hulle stiefouers in hulle ouerhuis, wat nie aan dwelmsverslaaf raak nie en suksesvol uitdraai, mits hulle die korrekte terapie kry. Hoekom het die die meisiekind nie ordentlike terapie gekry nie? Dis maklik om vir Cezanne te vloek en skel. Dis juis die gevloek en geskel in die openbare media, wat mense skeefgetrekte persepsies gee. Dit maak niks reg nie. Hierdie meisie moes drastiese hulp ontvang het toe die insident plaasgevind het, hoekom het dit nie gebeur nie? Die ma sê dan die kind het haar vertel.
  28. Petro
    2010/03/12 05:25:03 nm
    Ek is ook 'n ma en dit maak my seer om te sien wat met hierdie kind gebeur het- maar waar was haar ma? Ja sy was in die kinderhuis maar hoekom- hoekom was die nie haar ma wat haar vir die naweek/ vakansie gaan haal het nie ek wonder wie is eintelik te blameer. Dit wat Cezanne gedoen het was nie reg nie maar sy ook was onder Dirk se "SPELL" en ek voel jammer vir haar ook...
  29. Karen
    2010/03/12 03:40:08 nm
    Geen mens verdien om so mishandel te word nie dit gru my om te sien wat met die kind gebeur het, Cezanne moes beslis swaarder straf opgele word!!!
  30. Karen
    2010/03/12 03:13:59 nm
    Dit is baie sleg en Hartseer!!! Sterkte aan die familie wat met die pyn sit. Cezanne moes beslis harder gestraf gewees het sy het kinders se lewens verwoes!
  31. cynthia
    2010/03/12 03:07:21 nm
    As die ma dan gesien het haar dogter kom bedwelmd terug van Cezanne hoekom het sy nie amok gemaak nie, hoekom het sy stil gebly. Dit laat my wonder. Die ma is gou om ander te blameer, maar wat het Jeannine in die kinderhuis gesoek dan, dit maak nie sin nie. (ek weet Cezanne het verkeerd gedoen, en sy moet haar straf deeglik kry). Dit is altyd maklik om iemand anders te blameer as om die fout by jouself te soek.
  32. Martie
    2010/03/12 02:48:00 nm
    Ek praat nie dit wat Cezanne en Dirk skepsel gedoen het goed nie, maar voel ook dat Jeannine se ouers moet verantwoording doen, want sy het nie sonder rede in 'n kinderhuis beland nie.
  33. Megan
    2010/03/12 12:46:03 nm
    Jeannine moes eerder verantwoordelikheid vir haar eie lewe en besluite aanvaar, in plaas daarvan om Cezanne vir alles te blameer. Sy het steeds die keuse gehad hoe om op die gebeurtenisse in haar lewe te reageer. Cezanne en Dirk kan nie die blaam kry vir al die probleme waarmee sy geworstel het nie. Sy was in die eerste plek in die weeshuis want haar ouers het geskei - hoor ek dat iemand die ouers vir hul vir die gevolge van hul egskeiding blameer? - dit was immers die begin van alles. Alles kan teruggeneem word na haar ouers en, ek vermoed baie sterk, 'n swak opvoeding en die afwesigheid van 'n sterk morele fondasie. Ek wonder hoe haar ouers snags slaap.
  34. Ook n ma
    2010/03/12 09:52:10
    Ek is baie jammer vir die Ma. God slaap nie, en al kry Cezanne nie nou haar straf nie, sal sy wel nog gestraf word....