Matriek-uitslae per SMS beskikbaar

E-pos
Print

Hier is ‘n hele rits verskillende maniere vir matrieks om hulle uitslae te kry:

Skole:

Skole sal die punte reeds vroeg beskikbaar hê. (Bel hulle eers om seker te maak). Sodoende kan leerders saam-saam by die skool hul uitslae ontvang.

Koerante:

Die uitslae sal soos elke ander jaar in nasionale koerante gepubliseer word.

Stuur ‘n SMS:

Al wat jy moet doen is om vooraf te registreer met ‘n SMS en die volle uitslae sal teruggestuur word op die dag wat dit bekend gemaak word. Stuur die woord DBE (dit staan vir Department of Basic Education exams) or IEB (dit staan vir Independent Examination Board exams) gevolg deur die matrikulant se ID-nommer na 35935 teen R3 per SMS. Jy sal ‘n SMS terug ontvang wat die matrikulant se eksamennommer sal versoek.

Maak ‘n oproep:

Indien leerders net vooraf kan registreer nie, kan hulle 082 152 bel op die dag wat die uitslae bekend gemaak word. Kies opsie 6, waarna die stem antwoord, tik in die leerder se ID-nommer en die uitslae sal volg.

Aanlyn:

Die Departement vir Basiese Onderwys se webwerf het die al die uitslae. Onthou egter dat die leerder ‘n eksamennommer moet verskaf. Neem ook in ag dat die internet baie besig sal wees. Dus sal uitslae soms lank neem.

-Parent24

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.