Ma vertel: My kind se hande afgekap

E-pos
Print

Sy was ywerig aan’t skarrel, soos net ’n ma kan skarrel wanneer ’n geliefde dogter kom kuier. Die April-skool-
vakansie was om die draai en daar was nog soveel te doen. Sy het ekstra bottels vrugte en groente ingelê, haar dogter se slaapkamer reggekry en die dae afgetel.

Op ’n Woensdagoggend twee weke voor die vakansie tel Charlotte Eksteen toe die telefoon op en bel haar dogter, op die ingewing. Negeuur op ’n skoologgend en in skooltyd; gewoonlik sou sy dit nooit doen nie, maar sy het sommer net ’n kans gewaag. Hoekom, sê sy vandag, weet sy steeds nie.

En heel toevallig was haar 18-jarige Anika die oggend by die huis met ’n oorinfeksie. Ma en dogter kon toe lekker gesels en Anika kon nog ’n laaste versoekie insit: “Ma, onthou om vir my ’n ekstra groot bottel beet-slaai in te lê!”

Maar die kuier het toe nooit gebeur nie. Pleks daarvan was dit Charlotte wat die reis onderneem het, van Mosselbaai na Pretoria, om haar dogter te gaan begrawe. En terwyl ’n ouerpaar gerou het oor die verlies van hul geliefde dogter, het Suid-Afrika in afgryse gestaan oor die koelbloedige manier waarop die jong meisie vermoor en toe vermink is.

Dieselfde oggend waarop Anika Smit nog so vrolik met haar ma gesels het oor die komende vakansie, is sy vermoedelik in haar huis in Theresapark in Pretoria verkrag, met verskeie steekwonde in haar nek en lyf vermoor – en toe is haar hande tussen elmboog en pols afgekap en weggedra...

Lees die volledige artikel in die 1 April-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (37)


  1. Ilze
    2010/06/29 03:14:34 nm
    Dis omdat hulle dit so lekker in die tronke het, as hulle ooit daar land wat hulle nooit sal ophou om te verkrag, moor en vermink nie, kyk hoe maklik kry hulle borg, en mense soos adv. Barbie wat nie eens 'n moord gepleeg het, kom nie naby aan borg nie????????? Ons regering is SIEK. Wonder wat sal gebeur as Malema se kind vermink word of een van Zuma s'n? 'n mens kan nie anders as om die spul te haat nie, want hulle is soos barbare, soos diere, kyk hoe gaan dit in die diereryk, net soos in ons land.
  2. SUSAN
    2010/05/16 11:45:49 nm
    Het hulle al die moordenaar aagekeer seker nie, sy maar net nog 'n statistiek
  3. Tobie
    2010/05/14 03:05:09 nm
    Almal skree bring terug die dood straf.As hulle dit terug bring wat dan.Dink jy hulle sal n swart laksman aanstel nee want hy gaan nie sy eie mense tereg stel nie.Om n witt aan te stel sal ook nie werk nie want dan is dit rasisme of regstelende aksie.Wen gaan ons nooit.
    Lewer sulke veilgoed in die pupliek uit sodat ons hulle kan steenig.
  4. Chrisna
    2010/04/14 02:39:28
    Ek glo dat as die doodstraf moet terugkom of die barbare wat so wreed is op dieselfde manier gestraf moet word as wat hulle, hulle arme slagoffers laat lei, dan sal daar hopelik minder sulke barbare wees in SA wees, daai arme kind se hele toekoms het voor haar gele en dit maak my oneindig hartseer en kwaad om te dink dit is as gevolg van sulke barbaarsheid wat my bang gemaak het om in my eie land te bly en dat ek en my gesin nou in 'n vreemde land is om vir ons 'n nuwe toekoms te bou, ons kan maar net almal saambid dat ons weer eendag ons mooi land sal terughe.
  5. Melissa Coetzee
    2010/04/07 12:31:20
    Dit is 'n aaklige ding wat gebeur het ,maar ek stem nie saam dat dit net blankes is wat moet saam staan nie. Almal moet saam staan, die hele land. Net soos sinnelose moorde is dit 'n jammerte om nog rassisme in hhierdie land te sien.
  6. Dolla
    2010/04/01 11:52:24
    Dit gaan my verstand te bowe....... Gaan dit ooit ophou??? Hul word aangehits maar niks word daaraan gedoen nie. 'n Mens hoor net altyd hier is iemand vermoor en daar is iemand vermoor. Meestal is blanke Suid-Afrikaners. Ons mede-blanke Suid-Afrikaners sien nooit hoe lyk die liggame van ons medemens wat vermoor word nie want dit word van ons weerhou. Vir ons is die woord "vermoor" maar net nog 'n woord, maar mense kom ek jul vertel ek het so 4 maande terug foto's van Wit Suid-Afrikaners gesien wat "Vermoor" is probeer liewer die woord "vermink" want om net dood te maak is nie genoeg vir hulle nie. Ek praat van weerlose kinders so jonk as 7/8 jaar wat onder sulke barbare deurloop, maar heeldag word voor ons koppe gegooi van rassisme!! Wie is die meeste gepla met rassisme?? Die wat wel loop en moor!! Ons Blanke Suid-Afrikaners sal ook moet begin saamstaan regtig mense ons sal moet begin bid dat God ons genadig sal wees en sal veilig lei elke sekonde van elke dag en nag. Ek beskou hul as lafhartig want nooit kom hulle een-een nie want hul weet dan gaan hul 2de kom want dan kan ons onself verdedig. Nee die lafharte kruip gewoonlik in die donker uit hul gate en wanneer ons weerloos lê en slaap dan val hul aan of wanneer ons net een teen hul 4 of 5 is. Sonder hul makkers, en hul is altyd sulke jonges van 20-35 wat meestal betrokke is by moorde is hul magteloos. My ouers was ook hul lewens ontneem deur 'n plaas"MOORD". Erg vermink en die ouderdomme was vanaf so jonk as 17jr en die oudste 25. 4 van hulle teen twee onskuldige oumense van 55jr en 68jr. Let wel ook in die donker.
  7. Elmarie
    2010/03/31 10:56:14 nm
    Ek wil net uit my hart vir hierdie ouers se - ons gebede is met julle. Dit is nie maklik om iemand na aan jou te verloor nie. Die Here is met julle en Hy sal vir julle die krag gee om hierdeur te kom.
  8. Liezl Smit
    2010/03/31 10:03:38 nm
    My innige meegevoel aan die bedroefde gesin. Dis weereens 'n sinnelose moord en ek hoop en bid dat die skuldiges gevang sal word.. Dit is egter vir my baie hartseer dat ons as Suid-Afrikaners na nog 'n moord dan weer verwys na "ons wittes" wat moet saam staan! "Ons wittes" wie is dit?? Die Here sien nie velkleur raak nie, mense...
  9. Chrystal
    2010/03/31 02:41:23 nm
    Die Here sien die goed gebeur.
    Daar is nagevolge vir aksies soos die, hul sal nie daarmee weg kom nie, Nie by Die Here nie.
    Ek berus my daarin!!!
  10. Justine (Australie)
    2010/03/31 03:33:07
    Niemand verdien om so 'n dood te sterf nie! Geen mens wat dit aan 'n ander doen moet ongestraf bly nie. God sal wel reg laat geskiet!
    Dis oor hierdie onmenslike optrede van barbare wat ek my twee klein kindertjies 5 jaar gelede weg geneem het uit daardie land. Ek verlang na my familie, maar my kinders sal Suid-Afrika nooit ken nie en daarvoor is ek God ewig dankbaar. Ek bid vir almal in Suid-Afrika wat daar MOET bly en as dit God se wil is, sal hierdie duiwelse dade ook end kry!

  11. louise
    2010/03/31 12:29:47
    ONS LAND WORD DEUR BARBARE REGEER SOLANK AS HULLE DIE SE HET SAL NIKS IN SA VERBETER NIE DINGE SAL NET SLEGTER RAAK, ONS MOET SAAMSTAAN EN VAN DIE GOED ONTSLAE RAAK ANDERS IS ONS VOORLAND JULIUS MALEMA AS PRESIDENT MAG DIE LEWE HEER ONS HELP EN SY HAND OOR DIE WITTES HOU
  12. vanessa
    2010/03/30 03:15:37 nm
    met afgryse het ek hierdie artikel gelees en ek het gewag vir die bekende woorde wat altyd in sulke artikels voorkom...ons vergewe hulle!!!!!!!!!!!!! maar dit het darm hierdie keer ontbreek..wat `n aaklige manier of te sterf ..wat daardie arme meisiekind moes deurmaak..ek het nie geslaap gisteraand nie! dit is vreeslik! ek dink persoonlik het hulle haar hande af gekap om seker te maak hullu / hy het nie DNA stof gelaat nie..soos bv vel of hare? ...Eldorita ek stem saam die land is besig om te tuimel dit maak my paniekerig...genade is daar hoop vir `n land wat so gedaal het?
  13. antoinette
    2010/03/30 02:41:51 nm
    My seun is maar net 3 maande maar hoekom voel ek nou so bang. Ons almal is so lief vir ons kinders besef hierdie vark dan nie wat hulle aan ons doen ni. ek dog is lewe in n land van vryheid, maar dit lyk dan nou asof ons , onsself en ons kinders moet wegsteek.

    wat jy nie aan jouself wil gedoen hê nie moet dit nie aan ander doen nie. Of geld dit ook net vir sekere van ons.

    Ek is regtig bitter jammer vir hierdie ouers en ek kan nie sê dat ek verstaan hoe hulle moet voel nie.
  14. Julia
    2010/03/30 12:54:44 nm
    Sjoe, ek is stomgeslaan!! En soveel menings, al wat ek weet is, BID, BID EN BID - sonder ophou! Bid spesifiek ook vir ons land se regering, en glo dat God n plek in hulle lewe ook kan inneem.
    Mens kan nie jou kinders en geliefdes heeldag oppas nie, maar jy kan hulle toegooi onder n Gebedskombersie.
  15. Pam
    2010/03/30 12:35:19 nm
    Maria, ek stym saam met jou dat die mense wat dit gedoen het gevang moet word, wat ek nie meer saam stem nie, HULLE IS NIE NORMAAL NIE. Mense wat normale denke het, sal nie so iets kan doen nie. Sterkte aan die gesin.
  16. Lundie
    2010/03/30 10:50:41
    Dis vreeslik - wat gaan aan met ons land se mense?
    Sal ons maar almal immegreer om ons kinders te beskerm?
  17. Robert Aster
    2010/03/30 08:35:30
    Suid-Afrika is nie meer soos dit was 15jaar gelede nie, hoekom gebeur die soort dinge, waarom? Hoekom? Dis die vrae wat ons vrae, niemand weet meer nie! Liewe Jesus bewaar asb die familie wat agter gebly het, u weet wat hul behoeftes is en ek los dit oor in u hande, Amen!
  18. Korrel
    2010/03/30 07:56:42
    En ek wil terug gaan SA toe, ek wonder! Dan bly ek eerder hier in die UAE Jammer om te hoor van die erge dinge, ek is nie n volstruis nie en tyd dat ek my kp uit die gad uithaal en besef die tuimeldroer gaan nie sommer stop in ons mooi land nie. Maak my baaaaaaaaie hartseer!
  19. MARIA
    2010/03/29 11:01:36 nm
    DIT MAAK MY HART SO SEER DAT ENIGE NORMALE MENS SO IETS SAL DOEN AAN SO N PRAGTIGE MEISIEKIND!! WAT GAAN AAN MET SUID-AFRIKA DAT MENSE SO IETS WREEDS AANVANG! NET LAAS WEEK DONDERDAG DIE 25STE TOE VERMOOR HULLE N ONDERWYSERES EN GLO MY DIE TANNIE HET ALLE KATTE TOT RONDLOPER KATTE KOS GEGEE EK ROEP HAAR DIE DIERE TANNIE MET N HART VAN GOUD. HULLE HET INGEBREEK TERWYL SY GESLAAP HET EN SYT VIR HAAR LEWE GEWEG MAAR HULLE HET HAAR KEEL AFGESNY EN TOE HAAR KOP MET N HAMMER VERMORSEL. HOE KAN IEMAND WAT SO IETS DOEN ELKE AAND RUSTIG GAAN SLAAP? EK BID VIR DIE OUERS DAT HULLE MOET STERK WEES EN DAT DIE SKULDIGES GEVANG WORD! BRING DIE DOODSTRAF TERUG DAN GAAN DAAR BITTER MIN MOORDE WEES!
  20. Monica
    2010/03/29 07:06:53 nm
    Ek is bitter jammer vir hierdie pragtige jongmeisie wat so wreed moes sterf. Sy het dit nie verdien nie! Hoe baie bang en bevrees moes sy nie gewees het nie,ek sidder as ek daaraan dink. Die bliksems wat haar vermoor het moet gevang word en die doodstraf kry! Jacob Zuma moet die doodstraf instel,hy het maande voordat hy president geraak het genoem dat hy die doodstraf sal instem indien hy as president verkies word. Huisgenoot gaan asb jul argiewe na en laat hy sy woord gestand doen!
  21. Hester
    2010/03/29 01:51:02 nm
    is daar al iemand in hegtenis geneem? Huisgenoot hou ons asb op hoogte
  22. Ananda
    2010/03/29 01:30:33 nm
    Mense,staan saam en Bid,dis on reg om ons land weer terug te kry en die verkeerd doeners te straf.
    Alle simpati met die famielie van bogenoemde,te kras om eers net daaraan te dink.....
  23. Chantelle
    2010/03/29 11:27:36
    Weet jy, as daar een ding is wat ek nie verstaan nie is dit hoekom mense altyd God wil
    kwalik neem as lelike dinge gebeur maar in goeie tye Hom nie kan loof en prys nie!
    God was daar, elke tree! Hy haat ook nie die misdadiger nie maar die daad, dit is tyd
    dat ons as suid-afrikaners dit begin toepas en God met alles vertrou! Dit is tyd dat
    ons begin saamstaan in plaas daarvan om te grom en dit net te los! As n swart man n
    wit vrou doodmaak of verkrag is dit n sameloop van omstandighede maar as dit
    anders om is dan is dit rasisties, mense maak julle oe oop en sien raak wat besig
    is om te gebeur! Daar is niemand so blind soos die mens wat nie wil sien nie?
  24. Reinette
    2010/03/29 10:27:52
    Ek dink al die mense in Suid Afrika is moedeloos as dit by geweld kom.
    Ek weet ek is! Mense besef nie dat Suid Afrika die land is met die tweede
    hoogste geweld syfer nie en ons is eerste op die lys as dit by verkragting kom.
    Een vrou uit elke drie vroue sal in haar leeftyd seksueel misbruik word en ongelukkig
    was ek al een van hulle. Dit vernietig nie net die persoon nie maar die hele gesin.
    Ek weet vir 'n feit dat ek nie my kinders in die land eendag wil groot maak nie.
    Dit mag dalk lelik klink maar wonder wat sal ons President doen as dit sy dogter
    of vrou is wat verkrag word en daarna gemoor word, miskien sal hy dan wakker
    skrik en besef waaroor dit gaan as hy sien hoe seer dit maak.
  25. Erica
    2010/03/28 09:47:01
    Dis 'n tragedie wat geen ouer moet deurmaak nie. Ons Suid Afrikaners vra vir die doodstraf om terug gebring te word, maar hoe is dit moontlik as daar klaar soveel korrupsie in die Parlement is? Onthou dat daar memse is wat self verkragters is!
  26. Natasja
    2010/03/27 09:24:28 nm
    Ons kan net bid vir die familie en ook vir die wat dit aan 'n pragtige onskuldige kind
    gedoen het. Waar gaan dit alles eindig .die regering moet ophou praat
    en optree!

    Ons as Suid-Afrikaners moet saam ,staan vergeet haat spaak en ander nonsens
    en beskerm ons kinders !!!!!
  27. tienie
    2010/03/27 03:18:16 nm
    dit is n wrede dood wat Anika gesterf het. ek bid vir haar familie/ doodstraf , moet teruggebring word.
  28. Yvonne
    2010/03/27 12:16:00 nm
    My hart gaan uit na die familie. My verloofde se suster is self so vreed vermoor op die jong ouderdom van 17jr, sy is agterna lewend aan d brand gesteek en gelos v d dood. Geen ouer moet 'nkind so sien nie, Dit is al 3 jaar later en nog niemand is inhegtenis geneem of vervolg nie. Hierdie tipe v sake sloer net te lank. Ons kan nie ons kinder 24uur perdag oppas of beskerm nie so wat moet ons doen? Ek vra myself af wat sal gebeur as so iets met die President se kinders moet gebeur, gaan hulle dan eers wakker skrik? Bring terug die doodstraf !!!!!, Die Bybel se 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand, wat help dit hierdie mense word gevang en gaan tronk toe, daar lewe hulle nog, kyk tv het 3 maaltye per dag en sien nog hul families, en ONS belasting geld betaal vir alles.
  29. Annalize
    2010/03/27 07:22:43
    Dis tyd dat wit en swart saam staan teen dade soos die ons moet ons land in orde kry!!! Ons land word net swaker..... ons mooi pragtige land is nou letterlik knie diep in bloed .. wat het geword van ons land? Ek is te bang om my kinders in ons land groot te maak. Want n mense weet nooit wanneer hulle ook n nommer gaan word in die polisie records nie!!!

    Die doodstraf moet teug kom!!!!!
  30. Susan
    2010/03/27 04:43:18
    Die Here moet my vergewe, maar as ek sulke stories lees wonder ek waar was God dan toe alles gebeur het? NIEMAND- behalwe miskien Hitler , Osama Bin Laden en 'n paar andere- verdien om SO te sterf nie. Hoe gaan die familie aan met hulle lewens na so iets? Afgryslik!! My innigste simpatie
  31. Bernard
    2010/03/26 06:13:58 nm
    bring terug die doodstraf bring terug die lyfstraf in skole skaf die aborsiewette af dankie
  32. Rene
    2010/03/26 04:38:42 nm
    Dit is net n barbaar wat sulke dinge sal aanvang. Hy voel absoluut niks vir ander nie. As dit met my moet gebeur sal ek hom gaan soek waar hy ookal wegkruip en soos n hond dood skiet want dit is wat hy verdien. Gee hom vir die gemeenskap laat hulle hom vat. Dit is tyd dat ons blankes saamstaan en ons land weer terug vat.
  33. Anna-Mart
    2010/03/26 03:51:18 nm
    Suid-Afrika staan saam dis 'n goeie begin maar weet jy wat die beste ding is as
    Suid-Afrika begin saam BID want op die ou einde kan net God ons help,om jou toys
    uit die kot te gooi gaan net mooi niks help nie. Ek hoop ook dat hulle die doodstraf
    sal terugbring want om net die mense tronk toe te stuur werk heel duidelik nie dis
    dieselfde in die skole lyfstraf word nie meer toegepas nie daarom doen die kinders
    net wat hulle wil want strafpunte lyk my het 'n prestasie geword. Ek bid dat die Here
    Charlotte sal versterk in hierdie tyd.
  34. Bonneleigh Meijer
    2010/03/26 02:08:29 nm
    Wens mense wil besef dit gaan nie om wit en swart nie, maar tussen goed en sleg. Suid-Afrikaners, wit, swart, pienk, geel, groen, moet saamstaan teen die geweld, want dit raak ons almal.
  35. Corne Lombaard
    2010/03/26 12:44:47 nm
    Ek kan nie glo wat ek hier lees nie. Dis absoluut barbaars. Die duiwel is los hier
    in Suid-Afrika en wil van ons kom steel. Nou val die Satan aan deur aan ons kinders
    te raak en hulle seer te maak.

    Dit moet nou ent kry. DIE DOODSTRAF MOET TERUG !!!!!!!!!!!!!!!

    Ons Christine en wit mense sal moet begin saam staan. As die ander daar buite
    kan toy-toy vir salaris verhogings en allerhande ander dinge, kan ons wittes ook
    mos begin saam staan en "toy-toy" vir geregtigheid in hierdie land van ons.

    Die land is net so ons sin soos wat dit hulle sin is. Ons het ook die reg op lewe nes
    hulle. God het dit aan ons almal gegee.

    Suid-Afrika, ek daag julle uit, kom ons staan saam as wittes en as Christine.
    As ons nie ons kinders gaan beskerm en vir hulle veg nie wie gaan !!!!!!!!!!!!!!!

  36. Ek
    2010/03/26 11:48:03
    Liewe Heer.

    Beskerm asseblief ons kinders teen die mal, barbare daar buite!!!!!
  37. Eldorita Muller
    2010/03/26 11:33:09
    Dit is `n vreeslike ding wat aan die gang is ons moet drasies its aan hierdie
    land van ons se aandag bring !!Mense maak julle oë oop !! Die oorlog is naby !!!

    ons blankes moet begin saam staan en al hierdie moordenaars ,ryper,skelms vasvat!!!
    DOODSTRAF MOET NOU INTREE!!!

    Die land is besig om inmekaar intetuimel!!!

    Suid-Afrika staan saam

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.