Ma kry niks uit boedel van R200m

E-pos
Print
Petra en Ron vyf jaar gelede
Petra en Ron vyf jaar gelede

IN DIE luukse huis langs die see wat sy met die pa vanhaar kinders gedeel het, kan ’n mens deesdae die leegheid en hartseer aanvoel.

Om alles te vererger verstaan haar twee jongs seuns nog nie mooi wat van hul pa geword het nie. ‘‘Kyk, dis my pappa,’’ roep Ronnie (5), en wys na ’n portret teen die muur.

Sy ma, Petra Naudé, glimlag gelate. Sy voel verlore sonder haar sielsgenoot, verloofde en sakevennoot, haar ‘‘groot teddiebeer wie se persoonlikheid die hele huis gevul het’’.

Dan is daar nog die kwessie van ’n bruin koevert wat Ron onlangs aan ’n goeie vriend, Paul Killian, gegee het met die opdrag dat dit ná sy dood oopgemaak moet word. Maar nou kan Paul die koevert nêrens kry nie. ‘‘Ek weet nie wat ek daarmee gedoen het nie,’’ sê hy vir Huisgenoot.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 5 Augustus 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (24)


  1. manie strydom
    2010/08/16 12:35:39 nm
    Ek is ook n geskeide pa.My stiefkinders kry net so veel as wat my eie kind kry.Hoekom sal Ron nou dan alles vir een kind gee en die ander kinders wees los.Vergeet van die ma van die betrokke kinders hulle het die lewe gekies.Petra staan by jou punt want jy het n bed met hom gedeel tot sy laaste.Die gereg is nie onregverdig nie jy sal as n wenner anderkant uitkom.Ja ek se altyd JY LEEN GELD VIR N VRIEND EN GAAN HAAL DIT BY N VYAND STERKTE
  2. Marié
    2010/08/13 08:53:18
    Ek "koop" nie daai een dat sy vriend nie weet waar die koevert is nie.
  3. CC
    2010/08/04 09:08:29
    Ek kan nie glo mense is so stupid nie. Erfgeld is swerfgeld. In vandag se lewe kan jy nie eers die mens vertrou met wie jy jou bed en lewe deel nie..... Dit maak my woedend as ek die tipe dinge sien. As jy 'n lewe het met joune, myne en ons sin, dan maak mens mos seker van "ons sin" nie waar nie? Jy moet vir jouself sorg, NIEMAND anders gaan dit vir jou doen nie.
    Nog nooit gehoor van gee persoonlike dokumente vir vriende vir veilige bewaring nie. Dis so goed as ek gee my bank kaart en pin nommer vir my vriend en se hy mag nie geld trek nie.
  4. Weet beter
    2010/08/03 08:04:39 nm
    Ek was in dieselfde booitjie. Was verloof, toe is my verloofde skielik dood. Daar was wel 'n testament, wat bepaal het ek kry die woonhuis, maat wat gebeur toe? Sy kinders beweer ek het dit vervals. Sy suster ook. Gelukkig was dar forensiese toetse gedoen en is die teendeel bewys. Maar ek sal seker nooit van dit wegkom nie. Hul het al die mooi saam met hulle gevat. Niemand kan klip gooi, as jy nie self daar was nie. glo my, ek weet. Sterkte vir jou, dink aan jou, weet waardeur jy gaan. En glo my, daardie koevert is naby!
  5. Petra
    2010/08/02 05:55:53 nm
    We were too busy working day and night. I was never interested or concearned about Ron's will or our money. I knew he loved us and that was enough. When i realized he was sick, my only aim was to get him better and "saved" so we can be together forever. When he got admitted to ICU after the 1st heart attack, everyone wanted to know if his "estate/will" was in order and the answer according to everyone, was YES.

    He would never have done this to us, ever. I don't want to say anything bad about Janine, but they hardly sprend time together after he divorced Inky 24 years ago.

    He was a great man and few could stand beside him. How i miss you my baby. I am gratefull to have been with you! You are a true legend!

    Unfortuantly ended up working yourself to death for other people and those who borrowed from you on a regullar basis. Brian Coll......., how can you party everyday and not pay your dues, even offer to assist and now we can't find you. You borrowed a few million rand (and Farrel) and you cant find 2 cents to help us? Not even what you had to pay back every month. I told you i need you to repay for immediate support and to enable me to court: always offer support when there is people witnessing your kind words, but you never gave us a cent back of the millions you borrowed from Ron.

    Thank God for his Grace and love.

    We will be just fine! Thank you for the kind words and support.

    Petra
    PS: A bit emotional..
  6. Petra
    2010/08/02 05:17:09 nm
    Is this Gavin that owes R 49 000? I have been looking for you! Please call me
  7. Erika
    2010/08/02 03:34:39 nm
    Sterkte vir haar, 'n Testament, my kinders, jou kinders en ons kinders, sy gaan baie krag
    nodig hê, al staan daar ookal dat sy alles gaan kry op die ou end, en dit haar man se wens
    was, mense respekteer geen wense nie, geld is die grootste euwel wat bestaan . Kinders
    het geen respek vir die dood of vir die persoon wat hulle aan die dood afgestaan het nie, hulle
    soek net geld, en hulle gee nie om wie in die proses seer kry nie, al het jy jou hele lewe vir die
    stief kinders gegee, voel hulle niks vir jou nie. En hoekom het hy nie die koevert vir sy vrou gegee
    nie, en hoekom het sy nie geweet wat in sy lewe aangaan nie, hoe leef man en vrou saam en
    sy weet nie eers wat sy gaan kry nie, en wat in sy testament staan nie. As 'n man sy vrou liefhet
    en net die beste vir haar wil hê, doen 'n mens nie dit nie. Sterkte vir haar.
  8. Toekels
    2010/08/02 02:31:21 nm

    Die storie klink na fiksie een van hierdie bord speletjie, Regtig wie doen sulke dinge? Paul wie bluf jy, het jy geloer en speel nou jou kaart naby die hart. Huisgenoot asseblief gee ons ...die word vervolg .... hier is 'n lekker storie. Jammer vir die kinders en almal wat deel is hiervan. Maar moet dit dan nie aan die klok hang nie, dan sal dit nie vermaak word nie.
  9. BABORN
    2010/08/02 01:13:41 nm
    PAUL SOEK TOG NET DIE KOEVERT, AG MAN JY HOEF NIE DIT TE DOEN NIE, GAAN HAAL NET DIE KOEVERT UIT WANT JY WEET TOG WAAR DIT IS, ASSEBLIEF.
  10. Amelia
    2010/08/02 12:56:24 nm
    Hier is defnitief n SLANG in die GRAS!!
  11. Heidi Lundie
    2010/08/02 12:34:40 nm
    Die vrou het seker die heeltyd geweet wat in sy testament staan, waarom het hulle dit dan nie verander nie? As daar 'n moontlikheid bestaan dat daar wel 'n nuwe testament was, kan sy die bestaande een in die hof beveg. Ek glo sy moet dit doen, nie ter wille van haarself nie, maar die kinders. Mens sal ook nie weet wat sy reeds in haar naam het, wat hy dalk vir haar gegee het terwyl hy nog gelewe het nie. Ek glo dat sy dogter reg het op deel van sy boedel. Ek dink nie die hele storie is hier ontbloot nie. Mens weet ook nie wat in die bruin koevert was nie, dalk sou sy steeds niks erf nie. Ek dink ek en my man gaan die week nog ons testamente laat nasien, dis iets wat so maklik agterwee kan bly.
  12. CarlaP
    2010/08/02 12:07:32 nm
    Ek is so bly ek en my man is arm! Hulle kon nie so gelukkig gewees het as hy bruin koeverte vir haar weggesteek het nie, maak nie saak wat daar in was nie. Hoekom was hulle al nege saam met twee kinders en net verloof? Sy was tien teen een die een wat Huisgenoot in kennis gestel het van die storie sodat almal haar kant kan vat en jammer kan kry, daar is mos nou net een persoon in die verhouding oor en niemand anders weet wat het tussen daardie 4 mure gebeur nie. (Soos die mooi foto van die gelukkige paartjie 5 jaar gelede, is daar geen nuwe gelukkige paartjie fotos wat onlangs geneem is nie)?
  13. GLAD-NIE-VERBAAS-NIE
    2010/08/02 11:49:00
    'n Testament is 'n euwel: daar is altyd iemand wat of ongelukkig of kwaad uitstap!! In Petra se geval is iets verseker nie pluis nie! Die antwoord lê moontlik opgesluit in "DIE BRUIN KOEVERT". Is dit nie verdag dat dit so skielik soek is nie? Ander mense se boeke is duister, nè......
  14. ag nee
    2010/08/02 10:18:35
    Iets is nie pluis nie. Geen man wat sy vrou liefhet en respekteer gaan haar met niks laat om hul kinders te versorg nie. Daardie bruin koevert..... Daar is nie iets van kan dit nerens kry nie, dan fynkam jy jou huis. Maar as iemand vir my so koevert gee wat ek na sy dood moet oopmaak sal ek dit darem op 'n baie besliste plek bere, of het Paul dalk vir sy vrou of iemand van die koevert gese??
  15. Tertia
    2010/08/02 10:00:21
    Ag asseblief, soek die koevert. As jy dit nie doen nie, sal dit jou die res van jou lewe ry. Doen wat 'n dooie man van jou gevra het. Dit is in elk geval nie alleen alles die dogter se geld nie. As die koevert nie gekry word nie, moet sy dit in 3 deel en vir haar 2 boeties elkeen 2 derdes gee. Sy moet doen wat reg is, anders sal dit haar net ongelukkigheid bring.
  16. Ag asseblief
    2010/08/02 09:36:45
    GELD - die euwel van kwaad
  17. Y. Kotzé
    2010/08/02 09:20:04
    HIE KOMME DING!!!!!!!!!!!!!!
  18. jessie
    2010/08/02 09:05:48
    ek het ook niks gekry nie, want die broer het gesorg dat ek niks kry nie.
  19. Gavin
    2010/08/02 07:54:38
    Lekker - The world turns and every dog has its day - Ronnie and his "girlfriend" spent their time not paying for services rendered to the business. In fact if they could get out making any kind of payment they would. No wonder he has all that money, and what good did it do him ??? I hope she gets what she deserves - nothing
  20. Linda van Rensburg
    2010/08/01 05:48:46 nm
    Ek glo dat as Paul die moeite doen, hy die koevert sal kry. Waarom het Ron dit nie self vir sy vrou gegee nie. SterktePetra, ek glo dat jy alles sal kry wat jou toekom. En Paul - wat jy saai sal jy maai!!!
  21. Verstom
    2010/07/31 08:32:06 nm
    Wanneer iemand vir jou n belangrike dokument gee loop en sit jy dit onmiddelik in n kluis of plek van veiligheid. Klink vir my na n groot slang in daardie gras......
  22. Bob
    2010/07/30 07:52:59 nm
    Dankie tog Petra het vriende wat nie in haar geld of status belang stel nie. Net haar ware vriende sal weet deur watse hel sy gegaan het, en nog steeds gaan!!!
  23. Koevertjie
    2010/07/30 10:26:11
    Hoe is dit moontlik dat iemand wel wetend dat sy vriend ernstig siek is en 'n belangrike dokument in 'n koevert ontvang na die dood van sy vriend (etlike maande na ontvangs) nie weet waar die koevert is nie? Bog man! Ek glo nie enige iemand sal verbaas wees as Paul en die dogter saam "kuier" nie.
  24. se net
    2010/07/30 08:53:37
    JAMMER VIR JULLE SE GESIN SE VERLIES, MAAR AS EK PAUL WAS SAL EK ALLES IN MY VERMOE DOEN OM DIE BRUIN KOEVERT TE SOEK, HY WAS NALATIG OM DIT NIE IN N VEILIGE PLEK TE BERE NIE, DINK NET WAT MOET DIE MA DOEN OM NOU VIR HAAR KINDERS NOG SO KLEIN BEHOORLIK TE KAN SORG. ASB PAUL SOEK DIE KOEVERT, DINK MOOI WAT JY DAARMEE GEMAAK HET, DOEN DIT VIR DIE FAMILIE