Liters hoesstroop aan verslaafde verkoop

E-pos
Print

Die apteker het nie gefrons toe Andries Vermaak* vier botteltjies hoesstroop vra nie. Hy wou ook
nie weet wat dan geword het van die agt botteltjies wat hy net ’n kwartier tevore kom koop het
nie.

En toe die 45-jarige klant die volgende dag weer by dieselfde apteek nóg ses botteltjies hoesstroop
kom vra, het niemand agter die toonbank hul voet dwars gesit nie, al kon hulle op hul rekenaarskerm sien hy het minder as 24 uur tevore met meer as ’n liter hoesstroop uit die apteek gestap.

Dit was ook nie die eerste keer nie – en so het die Adlamsapteek in Carletonville in Noordwes  uiteindelik binne minder as vier maande ’n verstommende 183 botteltjies Lenazine Forte-stroop aan Andries verkoop.

Die meeste aptekers weet al as iemand spesifiek vir Lenazine Forte vra, is dit gewoonlik nie omdat hulle met ’n hardnekkige hoesie sukkel nie. Die middel kan verslawend wees en mense wat spesifiek daarvoor vra, is dan ook meermale daaraan verslaaf,  sê ’n Johannesburgse apteker.

‘‘Ons stuur hulle gewoonlik daarsonder weg.’’

Die gebruiksaanwysings waarsku dat volwassenes nie meer as 30 ml per dag moet drink nie, en dan verkieslik ook nie meer as vier dae agtereenvolgens nie, voeg aptekers by.

Tog het Adlams-apteek van 1 November tot 21 Februarie vanjaar meer as 18 liter van die stroop aan Andries, ’n ambagsman op die naburige Fochville, verkoop. En dit is maar waarvan sy familie weet, want sy vrou het toe eers snuf in die neus gekry en sy apteekaankope begin dophou.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 April 2010.

*‘n Skuilnaam is gebruik



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (85)


  1. port elizabeth apteek
    2010/05/11 02:36:19 nm
    Die apteke by ons vat register van enige medikasie wat "dalk" verslawend mag wees. so as ek in 'n kort tydjie weer dieselfde gaan koop, word dit afgekeur. Ek wil weet waar was sy vrou gewees as sy boek kon hou van desember tot februarie, Dis 3 maande wat sy iets kon doen. Nee mense, dis nie die apteek se werk om te kyk dat jy nie verslaaf raak nie. Of duidelik het hy nie 'n familie wat hom ondersteun nie. Soek die fout by jouself en hou op om ander te blameer. Gaan julle die internet ook blameer as hy nou die medisyne op grootmaat gaan koop op Google. Ek voel jammer vir die mense en ek worstel elke dag met my 'demons' maar dis my eie verantwoordelikheid en menslikheid wat my op die regte pad hou.
  2. Hensopper
    2010/05/09 02:39:18
    Gelukkige moederdag vir almal. Voorwaar 'n lewensles vir ons almal. Ek het genoeg gehad van die onmoontlike druk van my ouers en twee onvergenoegsame susters wat hul eie verskuilde agenda propageer. Ek voel ook dat dieselfde ruk my Pappa sy lewe gekos het. Die rehab is pure hel en ek is jammer dat ek nie aan jul onmoontlike verwagtinge kon voldoen nie. Sterkte- maar ek moet nou gaan want daar is deurnag apteek hiernaby wat my goedgesind is (2.5 liter op skuld). Tot Maandag.
  3. O
    2010/04/30 11:26:45 nm
    Hierdie familie is werklikheid-sepiemateriaal... Kan diegene wie moet sorg dat aanvaarbare kommentaar geblog word asseblief hul werk doen?
  4. JS
    2010/04/30 12:32:12 nm
    Ek is 'n 44 jarige vrou, beklee 'n baie goeie pos en moet tot my skaamte erken EK IS OOK VERSLAAF.
    Niks wat julle almal hierbo kwytraak is vreemd nie, want ek het al alles oor en oor vir myself gesê. Ek het ook al die apteke gevra om my te help deur nie aan my medisyne te verkoop nie. Ek kan met niemand hieroor praat nie, dis my grootste en donkerste geheim en dit rus verskriklik swaar op my gemoed. En ja ek het op my eie probeer loskom van hierdie vernietigende monster af. 5 Daë het ek uitgehou - en dit op my Facebook wall gesit (daar het ek net gesê dis dag 5 van my nuwe lewe, niemand weet waaroor dit gaan nie) Maar wanneer die angs, depressie, slaaploosheid, vrees, naarheid intree, gee ek op. Sien, ek is amper vermoor in 2003. Die man het my nege keer gesteek in die gesig, nek en hande. Ek is op die nippertjie en wonderbaarlik gered deur 3 SAPD lede wat toevallig verby die perseel gery het. Ek was baie ernstig beseer maar het "survive". Nou het ek toegelaat dat 'n groter monster my lewe neem - want as dit nie selfmoord is dan weet ek nie wat is nie. Almal van julle wat sulke gruwelike goed sê, julle het nie 'n benul wat ons op hierdie pad van "self destruction" gebring het nie. Julle weet ook nie dat dit 'n afdraënde pad is wat jy alleen stap nie en hoe verder jy gaan hoe vinniger die momentum. Ek is doodskaam oor my swakheid en steek dit weg so goed as wat ek kan, maar daar is geen twyfel dat die apteke wat my voorsien van stroop weet dat ek het 'n probleem het. Ek is nie jou alledaagse "junkie" nie, daarvoor sorg my opvoeding en my beroep. Wat ek ook baie duidelik wil stel, is dat baie van my vriende en kollegas "misbruik iets". Of dit kos, seks, drank, pille, strope of sigarrette is, daar is in almal van ons die neiging of potensiaal om oorboord te gaan. Moenie, ons probleem nog groter maak met emosionele en sielkundige aftakeling nie. Bid eerder dat die Here ons die vermoë en krag gee om hierdie euwel, ons eie demoon met die naam ABUSE, te oorwin.
  5. GP
    2010/04/29 06:40:54
    Ek oordeel niemand. Ek lug bloot my opninie, soos enige een. Di is my demokratiese reg!!!!!!!!
  6. Ardene Van Der Riet
    2010/04/27 08:50:48 nm
    Kan daar nie iets strenger toe gepas word vir die gewoonte en veral maklike manier vir verslaafdes om hulle dwelms op n makliker manier te bekom nie. Dit ruineer ons kinders en veral die mense om hulle s'n. Kan die owerhede nie iets meer strenger in plek stel nie. EK vra asseblief!!!
  7. Niki
    2010/04/27 02:52:43
    GP, wies jy om te oordeel
  8. Firefairy
    2010/04/23 02:54:21 nm
    Coughmixture - Jy is vulgêr!!! Jy is verkeerd. Ek is oop vir opinies maar julle lug nie opinies nie. Julle is smaakloos en verneder mekaar. (soos wat jy pas weer gedoen het) Waarom hier keel skoon maak. Is julle bang vir mekaar hmm?
  9. Marcelle
    2010/04/23 12:37:43 nm
    Coughmixture

    Wow! As jy maar net kan weet hoe verkeerd jy is. Ek oordeel niemand. Se net dat mens nie jouself moet oorreed om verslaaf te raak aan enige ding wat nadelig is vir jou nie. Ek is glad nie ryk nie (dws as jy geld as rykdom beskou) En status??? Ek pas aan by enige persoon. Ek loop nie met my neus in die lug nie en is tevrede met wat ek het. My lewe plaas ek in die hande van ons Hemelse Vader, want net Hy weet watter rigting ek moet gaan. Ek probeer positief wees elke dag. Ek tel my seeninge. Soos om gesond te wees en net ek te wees. Jammer, maar my gesonde verstand se vir my dat ek nie 'n proefkonyn sal wees in iets wat vir my skadelik is nie. My rykdom is om gesond te wees en my tien gebooie te onderhou.
  10. Marcelle
    2010/04/23 06:54:04
    Juis oor die geraamtes in ons kas, het ons die ondervinding, en weet wat is reg en wat is verkeerd!
  11. SB
    2010/04/23 06:50:15
    Beproef alles. Behou die goeies, gooit die slegtes weg!
  12. CoughmixtureXX
    2010/04/22 05:41:56 nm
    Ons is almal verslaafdes.
    Marcelle - jy moet wakker skrik, gaan besoek 'n paar rehab's soos Elim ens. Ek wil graag dat jy proefkonyn speel - 3 x snuifies "Coke" en jy is gehook, dan wil ek sien hoe jou "kopstories werk"
    Ek vermoed jy is 'n bedorwe brokkie wat nog nooit trauma of armoede beleef het nie, jy klink wel verslaaf aan "geld" en "status".
    Van die slimste en rykste mense is of was verslaafdes, gaan 'n maand tronk toe en sien wat gebeur.

    Toktokkie wat 20 jr aan hoesstroop verslaaf is, is 'n intellegente ou, hy besef die gevare en gevolge, dink jy nie hy wou al lankal ophou nie? Hy het homself elke dag vertel hy het dit nie nodig nie, sy kop weet dit maar sy lyf smeek vir dit!

    Het jy al 'n "cold turkey" beleef?

    Firefairy - jou ou klakous! jy kort klaarblyklik "'n spyker en jeuk iewers"
    Jy is die tipese monster wat nie opinies van ander mense duld nie! elke persoon het die reg tot sy mening en billike kommentaar. Indien families wat probleme het bietjie die lug kan suiwer kan dit goed wees om by die "probleme" uitkom, kommunikasie is alles, al is dit ook hier, solank hulle keel skoonmaak en die "emotional loops" kan sluit.

    Kyk hoe baie bloggers gebruik skuilname en skroom nie om gegeurde opinies te lewer nie, dink hulle sou dit openlik doen? Dit laat hulle egter in baie gevalle beter voel, soos ek nou, ek gaan tee maak en inlê in daai bak koeksusters wat ek bespeur het langs die "gewese" melktert wat ek al kaar verorber het.

    Ek voel baie beter - dankie aan almal, veral die yskasterte hier.


  13. Junky
    2010/04/22 05:20:31 nm
    Is ek 'n verslaafde?

    Sukses is soet en soeter wanneer lank geswoeg is daarvoor, deur baie struikelblokke en terugslae.

    Ek was verslaaf aan sigarette, van skooldae, genadiglik is ek skoon vir 6jr.

    Ek drink nie.............

    Ek is verslaaf aan seks (wil 5xp.w) - veral wanneer lewensmaat nie belangstel nie - speletjies speel ?
    moet ek iewers anders gaan gras sny?

    Ek is verslaaf aan kos, lekker kos - veral as ek alleen voel (vervang seks), dan gaan ek oorboord in die eensame nag as almal slaap............

    Ek is verslaaf aan adrenalien..............jaag met motorfietse,
    fietsry help met depressie en maak my kop skoon..............

    Ek is verslaaf aan die Internet - my konneksie met die lewe daarbuite................

    Ek is kompulsief - kyk gedurig na "Inbox", nuwe nuus verslae ens.................

    Ek hou van slaap, veral as almal wakker is....................

    Ek voel alleen in hierdie wereld (al is ons 'n gesin).............

    Ek word elke dag ouer!

    Sterkte aan hoesstroop man, mag hy nooit weer 'n hoes aandoen nie........................


  14. Marcelle
    2010/04/22 11:19:31
    Dit gaan my verstand te bowe dat mense verslaaf kan raak aan goed!! My persoonlike mening is dat dit 'n breinding moet wees. As jy heeltyd aan jouself verklaar dat jy nie sonder iets sal kan klaarkom nie, sal dit inderdaad so wees. Jy is tog in beheer van jou liggaam en brein. Wanneer jy vir jouself se dat jy nie nodig het om 'n sekere ding te doen of te he nie, sal jy dit inderdaad dan ook nie mis nie. Dit is wanneer jy aan jouself vertel dat jy 'n ding MOET he, dit is waar die probleem inkom. Positiewe denke trek positiewe gebeure!! My raad: vertel jouself jy het nie nodig om hoesmedisyne te gebruik nie, want dit is nie nodig nie. En glo dit!
  15. Barries
    2010/04/22 05:39:57
    Ek het n personeellid gehad wat ongeveer 2liter belinelyn per dag gekoop.Volgens hom was hy reeds 12 jaar daaraan verslaaf. Die plaaslike apteker het my elke keer gebel en hom weg gewys. Ek het het hom toe SANDRA toe gevat , hulle het hom behandel as n buite pasieent. hy het voorgestel dat ons hom in n inrigting sit. so gese so gedaan. Hy het vir 3 weke in benoni ingeboek. Hulle het my meegedeel dat die rehabilitasie proses baie erger sou wees as vir n Alkoholis. Hy was ongeveer n maand buite toe was hy terug op sy ou wee.
  16. Engela
    2010/04/21 02:42:51 nm
    Sterkte vir die verslaafde, ons hou duim vas vir alle verslaafdes.
    Die twee ou susters in die huisgenoot se vroom gesigte spreek boekdele, hy soek sensasie deur ander se foute, dit is ook swak smaak van die "Amanda en Wilma" bloggers hieronder om soos onopgevoede susters te kere te gaan.

    Tokkie het 'n goeie hart maar die verslawing maak van hom 'n monster, ek hoop en vertrou h y genees te volle. Sterkte!
  17. Firefairy
    2010/04/21 02:38:33 nm
    Geen wonder mense wend hulle na dwelms, alkohol en hoesstroop. Met vriende en familie soos wat op hierdie forum mekaar met moddergooi het nie een van julle regtig vyande nodig nie. Asb mense kan julle nie maar hierdie vete vat en in die privaatheid van julle huise gaan moddergooi nie. Besef julle nie hoe trap julle mense wat hulp nodig het net verder in die grond in nie. A nee a man almal wil nie van julle "vuil wasgoed" weet nie. Aan almal van julle wat so lelik is met mekaar, ek hoop die Here besaai vanaand julle beddens met spykers of jeukpoeier. Het julle geen menslikheid en gewetes nie?????? Julle moet sommer rondrol elke nag deur julle gewetes, tot julle tot inkeer gekom het.
  18. FB
    2010/04/21 01:17:16 nm
    Vir Jordaannel. Hou moed, jy sal wen! Moenie staatmaak op hierdie sogenaamde mense wat jou wil help nie. Ek dink nie hulle is opreg nie. Vertrou op die Here! Slegs Hy kan jou waarlik vry maak. Sterkte
  19. FB
    2010/04/21 12:52:32 nm
    Jy doen jou kinders meer skade as goed in 'n liefdelose huwelik! Moenie jou kinders onderskat nie, hulle besef meer as wat jy dink. Koersvas vorentoe
  20. Jordaannel
    2010/04/21 12:25:03 nm
    Ek kry myself bitter jammer oor my verslawing en gee almal die skuld behalwe myself. Hoesmedisyne is erger as alkoholisme en rook saam. Dit is verder hartseer dat familie net maak of hulle "omgee" maar verskuilde agendas het. Nou preek almal vir my, self die skynheilige susters, die een is uitgevang met egbreek, die ander loop met die bybel onder die arm maar knyp die kat in die donker. Kyk wat skryf Amanda en Wilma (ai-wilma) hieronder - julle is 'n verleenthied!

    Die oorlog gaan aan en elke minuut is 'n stryd, ek vat dit trappie vir trappie, stappie vir stappie.

    Is dit nie vreemd dat die skynheiliges altyd die eerste klippe wil gooi nie?
  21. Hoes-Hoes
    2010/04/21 11:56:03
    Verslaafdes moet verantwoordelikheid neem vir hulle besluite -
    Dit is teleurstellend om te merk die susters - Amanda en Wilma (Gert) hieronder speel aanklaer en regter in hulle eie saak. Wie is jy om te oordeel? veral as jy jou eggenoot verneuk het met 'n apteker?
    Skynheiliges wat skuil agter "rykdom" sal my dryf na die bottel. Kry julle nie skaam om met die bybel onder die arm te loop en arme "skoonsuster" so onredelik te belaster nie?
    Geen wonder Toktokkie laat loop met die juice nie!

    Sterkte vir die verslaafde, bid vir die HERE.
  22. DialDeon
    2010/04/21 11:19:50
    Hoesstroop is verkeerd - Dit is moeilik om saam met mense te bly wat voorgee wat hulle nie is nie. Ek is vasgevang in 'n liedelose verhouding, dit is baie moeilik om te skei as daar kinders is, ook wil sy omtrent al my geld hê, wat doen ek? Ek is bereid om verslaafde te help, selgs indien hulle gehelp wil word. Dit het geen doel om te betaal vir hulp nie, indien weer weer dadelik teruggeval word na verslawing. Wil jy regtig gehelp word? Gert hieronder - ek weet wie is jy - moenie oordeel nie, ek ken jou geraamtes................
  23. A
    2010/04/21 10:24:43
    Hoorhie le Roux..ek wil nou nie jou laaste breinsel ooreis nie...Lenazine Forte is S2, jy het nie 'n voorskrif nodig nie!
  24. sies mense
    2010/04/21 09:59:42
    Hierdie hele artikel en al die snedige kommentaar wys maar net hoe die samelewing dit geniet om mense sleg te maak . Geluk huisgenoot, julle voer die mens se behoefte om te skinder! En dit meestel met die Bybel onder die arm...
  25. APTEKER
    2010/04/21 08:20:58
    Ek werk al jare in n apteek en die boksie en die kontant strokie is die eerste ding wat die "junkie" voor die apteek weggooi, die strokies is te netjies gebêre, selfs die ontvanger (SARS) sal trots wees op hulle. As ek die storie so lees is daar baie mense met persoonlike vendettas teen die Adlam's en " Andries se familie is besig met hulle eie persoonlike komplot en familie probleme en nou word die apteek betrek !!!
  26. FB
    2010/04/21 08:01:36
    Die apteek dagvaar om op te maak vir die verliese veroorsaak deur die verslaafde?
  27. SB
    2010/04/21 07:26:20
    Die apteker dagvaar vir geld vir nog hoesmedisyne?
  28. GP
    2010/04/21 07:22:31
    Wat beskou jy as ryK? Geld? Ek dink nie so nie. Jy praat van jou boetie? Is hy nie al groot genoeg om na homself om te sien nie? Hy is lankal nie meer 'n boetie nie maar 'n broer. Waarom wil hy heeltyd bedwelm wees, wonder ek. Ek dink jy moet jou energie spaar vir jou man en kinders en ophou om almal te blameer vir jou BROER se tekortkominge. Die probleem is en bly jou BROER

  29. 2010/04/20 11:06:29 nm
    Ek is `n 43 jarige man wat die afgelope 14jr verslaaf is aan hoesgoed.Ek gebruik 6x200ml van dit in een week.Wat ek koop is immers veel goedkoper as wat Andries betaal.Dit het dieselfde effek.Julle mense daar buite is te gou om te oordeel.Enige iemand wat my of Andries wil veroordeel vir wat ons doen of gedoen het,moet na hulself daaroor nadink.Daar is niemand wat op GOD se aarde loop wat nie iets verkeerd gedoen het nie.Mense wat verslaafdes veroordeel is gewoonlik daardie mense met geraamtes in die kas.Kyk na Tiger Woods en Ray McCaulley.Ek bid elke dag vir julle wat oordeel al het GOD gese "JUDGE NOT LEST THEE BE JUDGED".Die twee vrouens in die artikel sit daar (Wilma Erasmus en Amanda Fouche) met hulle vrome gesiggies.Hulle baat seker finansieel uit die artikel.Niemand sal weet nie.Aan al die vrouens in Suid Afrika!Hoekom het julle wat geslaan word deur dronk mans,nog nooit 'n eis ingestel teen Suid Afrikaanse Brouerye nie.Hoekom is daar nie eise teen British American Tabocco nie,As Andries weggewys was van Adlams apteek,sou hy net na 'n ander apteek gegaan het.Wat hy drink is skedule 2 medisyne en verkrygbaar oor elke apteek toonbank.Ek weet van 5 mediese dokters wat veslaaf is aan bio-plus.Los die aptekers en medici net uit.Hulle doen net hulle werk en moet ook geld maak vir 'n lewe.Hoeveel mense pro rata misbruik medisyne.Ons is in die minderheid


    VERSLAAFDE MYSELF,SPRINGS
  30. wilma
    2010/04/20 10:00:33 nm
    Drdawnamanda en Toktokkie, net 'n Baie vriendelike waarskuwing. Ek hoop julle kan bewys wat julle beweer. Die aantuigings is NAAMSKENDING. Ek weet julle HET nie geld, anders sou julle nie so JALOERS GEWEES HET NIE! jULLE is slagoffers van jul omstandighede, en te SLAP... om daar uit te kom. 'n Bietjie raad: Doen wat die betrokke persoon gedoen het, gaan soek hup by die HERE, maar ek is amper seker julle ken Hom nie. Oordeel, en jy sal geoordeeel word PATEET. En die WONDERLIKE NUUS: Danksy honderde mense se gebede vir hom, het hy as OORWINNAAR uitgetree, die Here het hom VRY GEMAAK! Prys die Here, almal wat Hom dien. En kom ons wees JAMMER VIR DIE WAT DINK HULLE KAN SONDER HOM AANGAAN. Bekeer jou Mater, die roede waarmee God slaan is erger as verslawing. SO jammer jul besef nie hierdie artikel is geplaas om mense se lewens te red!
  31. ESTIE
    2010/04/20 06:12:58 nm
    Elke persoon bly verantwoordelik vir hulle eie dade, nie net in die samelewing nie maar ook voor God. Wanneer jou swakheid (verslawing) jou, jou familie en of jou vriende se lewens raak bly dit bloot jy wat verantwoordelik bly vir jou eie gesondheid en lewe. Hierdie Andries het tien teen een die hele distrik plat gery om nog van sy sappies te bekom. Wil julle mense regtig die hardeware winkel wat die panga aan die moordenaar verkoop het wat vir ET vermoor het tot verantwoording roep en plaas van die individue? Ek ken die Adlams al vir 35jaar en hulle was nog net goed vir my en almal wat ek ken wat ook daar deel. Maureen en familie- STERKTE en moet nie dat hierdie snert julle onder kry nie en dankie vir alles.....!!!!!
  32. Gert
    2010/04/20 05:51:46 nm
    DR dawnamanda, wees MANS genoeg en stuur jou adres en tel nr. Niemand sal so praat van 'n Vrou wat Net respek en liefde verdien. Jy is 'n swakkeling, 'n PATEET, wat skryf namens 'n SLEGTE vroumens wat die naam MA nie werd is nie.. Jy ken VERSEKER nie die Here nie, en sy OOK nie!! Ek het die grootste respek vir die familie, dat hul bereid was om die saak bekend te maak. Jy hoort in dieselfde klas as die hartelose ADLAM APTEKER! Ek is so trots op die man wat gehelp WOU WORD, en gehelp is, deur die Here. Jy is Commen, Arrogant en 'n SWAKKELING!! Stuur jou nommer, maar jy is te BANG!! Kruip weg agter jou Mammie of Karien se rokkie. Hopenlik loop ek jou eendag raak.........
  33. Wilma
    2010/04/20 05:41:02 nm
    ag LIEFSTE DRdawnamanda, ek sal BAIE graag aan jou ou baardjie wil voel........jy is nie eers mans (vrou) genoeg om jou eie naam te gebruik!! Hoeveel het liewe Skoonsus jou betaal vir die ou boodskappie? OF BETAAL SY JOU MET DIE LYF, SOOS HAAR GEWOONTE IS? Nuus vir julle, sy hoef nie te MAAK of sy ryk is, hulle het REGTE geld, en REGTE karre, waarvoor hulle EERLIK gewerk het. Verseker meer as wat JY kan se. Dit is SO Commen om persoonlike vendettas in hierdie artikel te gebruik, wys vir almal hoe VLAK EN LEEG julle is! En ja, ek ken die persoon, sy is 'n Godvresende Vrou, wat lewe volgens God se wil. Ken JY die Here MNR (Karien)? Ons spreek julle vry, julle mis die punt. En ons dank die Here vir wat Hy vir ons almal beteken. Waaraan is JY VERSLAAF?? Ons SAL vir julle bid, mag God jul vrymaak van haatspraak. Respek word verdien, dit kan nie afgedwing word nie. Mense met geraamtes in die kas moet DOODSTIL bly. Haal die balk uit jou eie oog MNR (Karien). Sy dogter is nie werd om geseen te wees met 'n Pa soos hy nie, want sy IS NET SOOS HAAR MA!!! Die Ma wou haar afteken, haar Ouma en Oupa het haar grootgemaak.....hoe "COOL" is dit? Ek verwag nie jy moet verstaan, maar gaan hou eerder jou maatjie besig. Lovies
  34. D.Wessels
    2010/04/20 04:58:19 nm
    Sjoe, wat 'n moddergooiery het hierdie berig nie uitgelok nie!!! Ek was onder die indruk mens moet kommentaar lewer oor die inhoud van die berig - in hierdie geval die feit dat 'n mens in 'n etiese beroep homself gefaal het en wins nagestreef het eerder as diens. Om te erken mens het 'n probleem en dit aan te spreek is die probleem al halfpad gewonne. Ek glo Andries is in die regte rigting en net soos God die moordenaar aan die kruis vergewe het so moet ons dalk 'n beroep op hierdie familie doen om mekaar te vergewe en te vergeet en die probleem as gesin saam aantepak.
    Mens moet net nie vergeet om die apteker ook te betrek in 'n vergewings gesindheid nie. Net soos Andries sy probleem voor die wêreld bekend gemaak het en wil groei moet die Johan en sy personeel ook tot die besef van hul foute kom en dit erken. Sterkte aan al die betrokke partye!!!
  35. Dr Dawnamanda
    2010/04/20 04:38:43 nm
    "Ryksuste" hieronder: Jy sit die pot mis -ek is 'n man met 'n harde baard (jy kan maar kom voel) en beslis nie 'n "dogterjie" nie. Is jy nel se suster? die een wat so graag ryk wil speel? maar wat baie arm is tussen die ore? Beledigings sal jou nie ryker maak nie, inteendeel dit sal jouverder verarm.

    Die feite is dat boetie al langer as 20 jaar sy stropies suip, dit is 'n leeftyd, hoekom het jy nooit iets daaraan gedoen nie? selfs terwyl jy geweet het hy is al baie kere vir behandeling opgeneem? Ander mense se geld misbruik!!

    Ja, die apteker moet by voorskrifte hou, maar verslaafdes is slinks en omseil hierdie voorskrifte om hulle "medisyne" in die hande te kry. Nee wat, los sy eks vrou en familie uit. Die verslawing lê by boetie, nie by hulle nie. Onthou jou rykdom is nie alles nie, jou man se duur karre en huis is net tydelik, ek is verbaas jy het hom nie na die bottel toe gedryf nie, as ek saam met 'n feeks moet slaap, het ek lankal iets gevat wat jou "mooier" sal laat lyk, jy is klaar oor die muur.
    Betaal sommer die agterstallige onderhoudgelde...........
    Sterkte!



  36. Amanda Vouche
    2010/04/20 04:24:42 nm
    Hoesmedisyne is niks anders as 'n dwelm nie, ek baklei namens by broer, wat baie, baie lank al 'n verslaafde is, ek skryw briewe namens hom, beswadder ander mense ens. Hy het ons goeie naam deur die modder gesleep, sy huwelik opgefoeter, sy dogter weggegooi, hy is baie slinks, steel, lieg en bedrieg, met sy vriendelike gesiggie. Ek is ryk, eintlik is my man baie ryk, maar met al ons geld, het hy ons naam deur die modder gesleep. Ons help hom nou met rehab, maar dit gaan swaar.

    Ek wil almal die skuld gee, selfs die apteker aankla, sy eks beledig, sy dogter vloek ek, dit is immers almal se skuld behalwe my broer sin?
    My boetie smeek die aptekers om sy daaglikse stropie te bekom, dan hy hy op 'n "TRIP" -

    Hy gesels dat die spoeg spat, sy mond word droog, hy is op en wakker, kan nie slaap nie, droom allerhande drome, beraam slinkse planne vir sy volgende botteltjie "juice".

    As jy hom vra of hy iets gebruik - NEE NOG NOOIT NIE - dit is net hierdie "amborstigheid" wat nie wil opklaar nie, hy "hoes" al 20jaar al hoor ek hom nie rerig hoes nie, net so 'n "blaffie" of twee.


    Hoesmedisyne moet baie strenger beheer word.
  37. Christelle
    2010/04/20 04:13:22 nm
    Le Roux baie dankie vir jou kommentaar, maar weet jy my liewe mens ek is 'n Christen. Baie dankie dat jy vir my bid, dit is tog wat mede gelowiges doen. Wees verseker van vandag af is jy ook op my gebedslys.

  38. GP
    2010/04/20 11:43:26
    Dit is vir my totaal en al onaanvaarbaar dat mense nie aanspreeklikheid vir hulle SWAKHEDE dra nie, maar alewig iemand soek om te blameer. As jy jou man wil help, nou help hom en hou op om ander te blameer vir sy swakhede. Jy kan al die aptekers in die wereld aanvat, as jy man nie wil nie, SAL HY NIE OPHOU NIE. Dit hang van hom af. Hy en hy alleen is verantwoordelik vir sy doen en late.
  39. Izelda
    2010/04/20 11:15:36
    Besef mense hoe ernstig ñ verslawing is? Sies vir jou mnr die apteker, jy sal nou moet veramtwoording doen vir jou dade! Jy's selfsugtig en geld gierig!
  40. Lindi
    2010/04/20 10:35:10
    Om hoesmiddle vrylik te verkoop in sulke groot maat....is dit nie maar dieselfde as om 'n dwel handelaar te wees nie.....Aptekers is daar om mense te help, en nie van die wal af in die sloot te help nie..!!!!!!!!!!!
  41. "Ryksuste"
    2010/04/20 10:29:40
    Drdawnamanda, as jy `n meisietjie van beginsels was, het jy jare gelede nie in die ryk suster se swaer se bed en in haar broer se bed geboer nie. En in enkelkwartiere van myne `n naam van `n los dingetjie gehad nie... Sustertjie, jy speel vir 22 jaar die verontregte...vertel jou dogtertjie van jou aandeel in Toktokkie se ondergang. Vertel prokureursbriewe waarin jy erken dat jy `n verhouding met `n polisieman gehad het. Get real ... Get over yourself !
  42. Elien
    2010/04/20 08:30:48
    Ek was self 'n verslaafde, aan "jungle juice" apteke in rustenburg het die dieetmengsel self gemaak en oor die toonbank verkoop. Ek het elke dag 'n botteltjie van 200ml gekoop en die apteker kon nie voor bly met die mengsel nie, baie vroue waarvan ek weet het dit gebruik. "n mengsel van Eetless, sennakot en livington............die verkoopsdame het tot die resep vir my gegee! Die mengsel gee jou geeeen eetlus en gee baie energie. Ek het op 'n staduim 50kg geweeg! My familie was bekommerd oor my gesondheid en ek het net meer en meer siek geword tot op 'n dag toe besluit ek tot hiertoe en nie verder, ek was erg verslaaf, kon nie 'n dag sonder 'n botteltjie mengsel klaarkom nie. Dis was 'n aardige tyd in my lewe.......toe gebeur dit dat ek een oggend besluit het ek gaan apteek toe en vra hul mooi om nie meer die mengsel aan my te verkoop nie. Tot vir die aflewerings man ook, want jy sien, die verkoopspersoneel het my soms gebel en gese dat sy vir my 2 botteltjies sal stuur, dan kan ek later betaal........hoe gemaklik vir my! Ek het by my besluit gebly, al was dit baie moeilik, maar ek het en ek kan dankie se vir God, wat sonder Hom sou ek dit nie reg gekry het nie en my 3 kinders wat knaend met my baklei het oor die goed. Baie dankie my kinders! Ek glo dat daar aptekers is wat net geld maak en nie omgee vir hul medemens. Gelukkig is die mengsel verbied hier in Rustenburg se apteke.
  43. Carla
    2010/04/19 11:42:07 nm
    Hier is elke dag dronkies wat nie genoeg kan suip nie, hulle luister nie en is vasgevang in die drankduiwel, moet die drankwinkel eienaar nou die skuld kry indien die alkoholis hom nie kan beheer nie? of dalk die vervaardiger?? SAB-Miller maak mos sakke vol geld..........

    Wat van die boepense wat nie gemorskos kan uitlos nie, hulle weet hulle hart gaan dit nie hou nie, is dit nou KFC se skuld? Lees die voubiljet op die medikasie, dit waarsku jou! steeds maak jy of jy hoes!!!!

    Nog nie een drankwinkel eienaar is of toe geneem vir die alkoholis se lewer skade nie?

    Verwyder sy lewer................


  44. Willem Gabriel Jordaan
    2010/04/19 11:33:51 nm
    Ons is al lelik ingeloop deur hierdie hoesmedisyne verslaafdes, hulle steel en verkoop enige goedere om dit in die hande te kry. Dit is verbasend dat die familie nou die arme apteker wil blameer? waar was julle die afgelope 20jr? Ek weet van Nel wat 2.5 liters gekoop het en nog steeds ge-hoes en proes het, steel sy ouers se gereedskap, steel van sy werkgewer, steel die kontant wat hy moet betaal vir ander se rekeninge, ne, sluit hulle toe, sit hulle in die tronk, ek het geen simpatie met die skelms nie. Nel is al hoeveelkeer behandel, sonder sukses, hy wil nie ophou nie!
  45. Dr Dawnamanda
    2010/04/19 09:53:03 nm
    Ou "Andries" WGJ is al "20jr +" verslaaf?

    Sy breinselle is reeds vernietig, sy beursie is ook nou leeg, iemand moet nou die skuld kry.

    Was dit nie Julias of ET se skuld nie?

    Ou WGJ sal enigiets doen om weer sy "hoesie" te streel, wees gewaarsku, so 'n ou jakkals verander nie van kleur, hy is baie uitgeslaap, al het hy net 'n halwe nier en breinsel oor.

    Hoekom vertel hy nie van die gesteelde goedere wat hy by die "Pand-winkels" gesmous het nie?

    Selfs sy familie se geeedskap en toebehore?





    Ou "Andries" se wind is nou seker uit sy warmlugballon, noudat al die gif hieronder uittrek.


    SKEDULE 2 - SAMESTELLING:Each 5 mL contains:
    Codeine Phosphate 9,0 mg
    Ephedrine Hydrochloride 7,2 mg
    Promethazine Hydrochloride 3,6 mg
  46. Toktokkie
    2010/04/19 09:36:23 nm
    EK is skuldig - Ek is al langer as 25 jaar verlaaf aan hoesmedisyne, dit het in die army begin. Elke keer as my mense en vriende my inboek vir REHAD, kan ek nuie wag om weer my eerste fix te kry nie. Ek lieg, bedrieg, gee rubber tjeks, manipuleer, steel ens. enigiets om my fix te kry. Ek het my huwelik vernietig, ek betaal nie onderhoud vir my dogter nie, al wat vir my belangrik is, is die volgende fix. Ek het al die drip uit my are geruk om uit die hospitaal te ontsnap (nier probleme) net om weer my fix te kry. Aptekers word wol oor die kop getrek, ons weet om te lieg en te bedrieg. My ryk suster kry skaam vir my, skryf briewe namens my, sy en mamma wil almal blameer, maar NEE, dit is ek, net ek is te blameer, niemand anders nie. Ek weet ek gaan dit nie maak as ek nou ophou nie, ek is weer in REHAB, hierdie keer hoop ek dit is die laaste keer. Vergewe asb. die aptekers, hulle weet nie van als nie, wag......daar is die drange alweer, ek soek my FIX............................Toktokkie
  47. Willem
    2010/04/19 09:23:39 nm
    Ai tog J, maak seker van jou feite, jy maak jou naam Bollie. Sedert 2009 is ALLE medikasie wat efedrien en kodein bevat (ook eetlusdempers) geskeduleer as SKEDULE medisyne, wat dus NIE gekoop kan word sonder 'n Dokter se Voorskrif. Nie dat dit ENIGSINS iets aan die saak sou verander, want hierdie gewetenlose Apteker sou dit in elk geval verskaf het. Hy en sy Swaer het dit vir 25 jaar gedoen (van hoesgoed voorsien)......hoe DOM moet hulle wees om hom nie te herken????? Patetiese verskoning!!
  48. Geskok
    2010/04/19 09:22:54 nm
    Jong wat te erg is is te erg. Ja dat tot 'n apteker nou net geld wil maak. Waar gaan ons land heen?
  49. Adrie
    2010/04/19 05:48:19 nm
    As dieselfde Apteek (ADLAM) vir 25 jaar aan dieselfde persoon Lenazine Forte verkoop, hoe op aarde is dit moontlik dat hul hom nie kan herken?? Get a Live mnr Johan Apteker, wees 'n MAN en dra die gevolge van jou dade!! Ek ken vir Andries, jy ook! Jy ken MY, want ek koop OOK by jou Lenazine Forte. Ongelukkig is dit vir my te laat....... Sterkte aan my Maat, ek haal my hoed vir jou af, ek SIEN NIE KANS om weer te gaan vir rehabilitasie. Ek wens Johan Kan besef waarmee hy besig is. BAD NEWS Johan, Geen verskoning is aanvaarbaar. Om te rehab neem 6 weke, om dit aan te hou drink maak DOOD!!!
  50. grieta
    2010/04/19 05:30:53 nm
    Ek bly vir jare in Carletonville, en dit was vir my geen verrassing dat ADLAMS weer die nuus gehaal het. Hierdie mense se afgod is GELD, waarvoor hul enigiets sal doen. Aan Andries: Mag jou rehabilitasie hierdie keer suksesvol wees Maat, en die feit dat jy gehelp WIL word is wonderlik. Met die hulp van die Here is enigiets moontlik. Hoop jy het dit in jou hart om hierdie gewetenlose geldjagters te vergewe. Aan ADLAMS: Ek daag jul uit om vir HUISGENOOT te vertel HOEVEEL kinders en volwassenes se verslawings jul onderhou. Vertel vir hul wat het met Derrick Adlam gebeur, vertel wat het die ene Maureen Adlam met die Polisie jare gelede gedoen!!
  51. Le Roux
    2010/04/19 05:18:06 nm
    Christelle dis harseer dat 'n mens so min kennis van die Bybel in jou hart ronddra om so 'n absoluute ongelooflike siek siening te he soos jy! Gelukkig werk die Here nou in Andries se hart omdat hy sterk genoeg was om op te staan, Sy hand te vat en belei het dat hy die Here aanneem. Al het baie lank gevat is ek oortuig dis nooit vir die Here te laat nie, en hou die res van God se kinder saam met Hom partytjie oor 'n verlore siel wat gered is. Ek hoop en bid dat dit in jou lewe nie te laat gebeur nie, en mag ons een van die dae oor jou ook saam kan bly wees.
  52. Griet
    2010/04/19 05:10:25 nm
    Billy, ek neem aan jy is 'n alkholis, en ag nee, ek neem aan jy is vet soos 'n vark. Bepaal jul asb by jul eie saak, want julle maak jul naam KRATER!!! Hierdie artikel is vir my, en ek hoop vir duisende ander 'n "eye opener"! Jy sal verseker oral Aptekers kry wat dieselfde doen as ADLAM, maar ons dank die Vader dat die meeste hul beroep se etiek respekteer. Marelize, jy het duidelik nie die inrelligensie om die erns van die saak in te sien. Vind uit of Huisgenoot betaal het vir die storie, en kry vir jou iets om jou mee besig te hou. Ek hoop van harte die familie stel siviele eise in, dan praat ons van GROOT geld. Sterkte aan die familie, ek het empatie, en mag geregtigheid hier geskied. Ons het NIE mense soos ADLAMS nodig. Hy moet dalk vir Billy in sy Drankwinkel gaan werk.
  53. Le Roux
    2010/04/19 05:06:25 nm
    SB, konsentreer toe ons weet dis laat, dit was nie op voorskrif gegee nie. Jy mis die punt soos baie ander mense. Die Adlams het 'n persoon in nood misbruik om sodoende hulself te verryk in aardse terme, min weet hulle wat regtig in die lewe saak maak. Dis 'n beginsel saak, iets waarmee jy gebore word en van kleins af onwikkel. Net jammer Johan en die res van die Adlam gesin het dit nog nooit gebruik nie!
  54. Amanda
    2010/04/19 05:04:24 nm
    J , hoekom maak JY nie doodseker van JOU feite nie ? Kontak Huisgenoot en vergewis jouself : DIE GESIN IS NIE `N SENT VIR DIE ARTIKEL BETAAL NIE. Wonder wat jy sou gemaak het as `n geldgierige aptekertjie JOU kind voorsien van `n gif waaraan hy oor jare sterf ? ( Nadat jy by die Adlamapteek gaan pleit het dat hulle ASSEBLIEF nie die middel aan jou "Andries" moes verskaf nie. Tel jou seëninge my boetie in Christus - jy benodig dalk kort voor lank die gebede van mense om een van JOU dierbares te help.
  55. APTEKER
    2010/04/19 04:56:21 nm
    Kollega, ek laat my kop in skaamte sak ! jy beweer dat jy willens en wetens die hoesstroop verskaf het om die ou se verslawing te KONTROLEER ? Ek het in my lewe al ALLES gehoor , maar dit ??? Dis belaglik. Jy maak van ons beroep `n grap. Sal graag wil sien hoe jy verby die Aptekersraad gaan kom ! STERKTE !
  56. J
    2010/04/19 03:44:11 nm
    Dankie Christelle, as daar maar net meer mense is wat eers die feite reg kry voor hulle klippe gooi , ek wonder net as die vrou gesien het haar man " Andries" het 'n probleem waarom het sy dit vir 4 maande eers gemonitor en nie dadelik om hulp gevra nie. " Lenazine F " is Skedule 2 en nie nie "Skedule 6" soos deur " Jacob" beweer word nie en kan oor die toonbank aangekoop word sonder 'n voorskrif en die klient kan enige naam en adres opgee om in die register te skryf so die apteker is nie noodwendig die een wat die medikasie aan " Andries" verkoop het nie maar wel een van die 30 personeel wat daar werk, ek hoop net Huisgenoot het genoeg geld betaal vir die storie sodat " Andries " nou die nodige hulp kan kry wat hy al in November nodig gehad het.......
  57. Le Roux
    2010/04/19 03:00:52 nm
    Hoorhie Vicky/Marilize/Ag nee/BillyS hoeveel betaal Adlam Apteek julle om al die snert te uiter? Julle werk nie dalk self daar nie? Mens kan agterkom aan die manier waarop julle redeneer dat daar miskien tussen die 4 van julle een aktiewe breinsel oor is wat ook besig is om te vrek.
    Vicky jy lyk of jy baie van die prosedures ken van ‘n verkoopsklerk in ‘n apteek, miskien moet jy begin by wat is voorskrif medisyne en wat nie. Grandpa vs Lenazine Forte!! Groot verskil een is voorskrif die ander nie. Ek sal jou los met die koprapper, miskien leer jy ook iets in die lewe!
    Marilize dis nog ‘n raaisel hoeveel jy uit die Adlams gemaak het met daai opmerkinkie van jou, of miskien wou jy ook net ietsies se,dankie Marilize ons neem kennis van jou ook hoor.
    Ag Nee jy het beslis die beste idée van julle al vier,daai laaste breinsel is seker joune. Ek se jou wat, dagvaar vir P&P en dan gebruik jy die geld vir ‘n gymkontrak dan sal jy ook weet hoe dit voel as die vet nie jou breinselle dood druk nie.
    Billy miskien moet jy jouself bepaal by jou drankprobleem,want ek sien die wiskunde is ook nie meer wat dit was in Graad 1 nie. Kom jy wil ook iets leer : 4weke = 1 maand, 1liter ‘n week = 4liter. Waars die half liter wat oor is? Nie moeilik nie ne, jy tel seker die pille as daar ‘n voorskrif inkom.
    Waar is die Aptekersraad se terugvoer op die saak? Mens leer en word gewaarsku oor wat die gevolge is sou die etiese kode wat deur elke “Profesionele” persoon onderteken word oortree word. Sal baie graag wil sien of die Raad hulle man kan staan in die saak of kies om ‘n grap van gemaak word deur die Adlams? Adlams = verskonings van “aptekers” wat nog te se mense!
  58. SB
    2010/04/19 02:53:58 nm
    Ek het baie jare in apteke gewerk en wil net se, aptekers se hande is meeste van die tyd afgekap, want die verslaafdes gaan eenvoudig na hul dokter toe wat die voorskrif vir hulle Maand na Maand herhaal(wetende dat die pasient verslaaf is)
  59. Annatjie
    2010/04/19 02:19:48 nm
    Ai, ek voel baie jammer vir beide. Ek is 40 en het vir 2 jaar lank gesukkel om van "synap forte" tablette af te kom. Verslaaf? Ja. Maar Jesus het volkome genesing gebring. Dit het amper my lewe gekos en ek moes 'n besluit maak. Dit was vir my op daardie stadium ook vrylik bekombaar by die apteek afgesien van die feit dat dit skedule 5 tablette is, aangesien iemand wat verslaaf is heel baie slinks kan wees. Glo my. Maar tog neem 'n mens die aptekers kwalik want hul is veronderstel om van beter te weet. Ek meen indien my apteker my ophou voorsien het sou ek nie op 'n ander plek die tablette kon bekom nie en noodgedwonge dit vinniger gestaak het. My hart gaan uit na die van die verslaafde, die wat lief is vir hom en dit saam moet meemaak en selfs na die apteker wat met sy gewete sal moet saamleef. Hy help dan hierdie persoon om sy lewe te verwoes. Maar soos ek se daar is genesing, verlossing en vrymaking as ons dit by die regte Hand soek. Baie sterkte vir almal
  60. Prof
    2010/04/19 12:53:48 nm
    Mense , mense ! In sommige lande is die onwettige verskaffing van dwelmmiddels strafbaar met die DOOD ! Nou reken sommige van ons sowaar dat `n PROFESSIONELE persoon (wat gruwelik nalatig was ) NIE aanspreeklik is vir sy dade nie ? Gaan ons die verantwoordelikheid los vir die " junkies" ?Waar is ons regsmense ????????? Gaan hierdie ou skotvry daarvan afkom ?
  61. Christelle
    2010/04/19 12:49:43 nm
    Almal wil die apteker blameer!!! Nee, nee,nee ANDRIES VERMAAK (skuilmaan) het geweet hy het 'n probleem. Hy het verkies om nie hulp te soek nie. Hoeveel keer was hy al in vir Re-hab so 'n persoon wil nie gehelp word nie. Moenie die apteker blameer nie, kyk dieper in die storie. Aptekers ek staan agter julle. Moenie dat Andries se probleem julle probleem word nie. Sterkte aan al die wonderlike aptekers wat daar is.

    En het julle al so daar aan gedink Andries kon enige, enige iemand gestuur het om vir hom LENAZINE te gaan koop, 'n verslaafde sal altyd 'n plan bedink om te volhard met sy verslawing.

    GP ek stem volkome met jou saam!!!
  62. Nicky
    2010/04/19 12:34:46 nm
    Nee rerig weet jul da is so bja goed wa an mense verslaaf is... Of dt nou gras of pille of kos is elke een het sy eie manier om n ding te doen... Ja wel dis di apteker se plig gewees om dit op te let en dit op te volg mar gani enige iemand help om klippe te gooi ni...
  63. hennie
    2010/04/18 03:05:16 nm
    Om verslaaf te raak is 'n eie keuse. Kyk net hoeveel onnosel jong meisietjies dink deesdae dis "cool" om te rook. Dis "fool(ish) maar dit is jou eie keuse!
  64. L.Joubert
    2010/04/18 10:02:26
    Dis 'n skande vir aptekers oral!!! Siesa!
  65. Dawnel
    2010/04/17 05:26:33 nm
    Meneer die Apteker (JOHAN), het jy 'n hart, het jy 'n gewete. ken jy die Here?? Ek betwyfel dit sterk!! Verslawing is 'n baie ernstige saak, en dit kan met ENIGE mens gebeur. Hoe kon jy, nadat sy vrou en Suster by jou gaan pleit het om dit nie meer aan hom te verskaf, dit steeds doen (ONWETTIG). Het jy kinders Meneer? Wat gaan jy doen as JOU kind by 'n hartelose mens soos jy uitkom, wat sy/haar verslawing gaan onderhou vir 'n paar rand?? Ek kan maar net vir jou bid.
  66. Jacob
    2010/04/17 05:15:00 nm
    Arme Vicki, dis duidelik jy weet nie dat Lenazine Forte 'n skedule 6 Medikasie is nie!! Die dames wat medisyne oplui, doen net hul werk. Ek bly in Carletonville, en ADLAM APTEEK is al vir JARE die Apteek wat in die nuus is oor ongeruimdhede. Laat die ADLAMS mans genoeg wees, vertel aan Huisgenoot wat het gebeur met die broer Derrick Adlam. Geld is hul god, hulle het GEEN integriteit. Dankie vir die familie wat besluit het om hul sondes openbaar te maak. Al is jul Broer se lewe geruineer, kan hierdie bekentenis verseker 'n klomp lewens spaar. Die ADLAMS is 'n klad op die Aptekers se naam. Mag hul kry wat hul verdien.
  67. AW
    2010/04/17 02:02:04 nm
    Verkeerd bly verkeerd of dit in Fochville,Carltonville of Bothaville is.Is dit die apteker se plig om iemand in nood te help of eerder om sy geld te vat sodat hy more weer sal kom.n Christen sonder simpatie moet homself eerder iets anders noem.Hoop die aptekersraad skrik wakker en roep die apteker tot verantwoording.
  68. Ouer
    2010/04/17 12:12:58 nm
    Marelize, jy is seker van Sandton ? In Fochville bly ons heel gelukkig.Ons aptekers voel iets vir `n medemens. Vind uit watter demoniese rol die genoemde apteek ( In Oberholzer) in vele kosbare kinders se verval gespeel het. Mense van Fochville , ons is so jammer vir Marelize !
  69. A. Ferreira
    2010/04/17 11:45:46
    Uit die oogpunt van 'n apteker-student is dit uiters skokkend. Verslawing is 'n groot probleem en aptekers moet dit probeer voorkom.
  70. student
    2010/04/17 11:36:31
    Sogenaamde "opgevoede" Afrikaners in wit oorjassies vermoor medemense stadig en skuil agter hul "professionaliteit. Hoe leef hierdie apteker met homself saam ?
  71. Suukie
    2010/04/17 11:31:22
    Ek het familie gehad wat verslaaf was aan Codis pille. Hulle het van een apteek na die ander gery en tussen die man en vrou 100 tablette in twee dae gedrink het. Ek dink die mense moet verantwoordelikheid neem vir hulle eie optrede
  72. Dindi
    2010/04/17 11:29:40
    Om iemand se verslawing doelbewus te onderhou a.g.v. geldgierigheid, is baie erger as om hom/haar op die plek met `n panga dood te kap. Vra my - ek was daar !
  73. Firefairy
    2010/04/17 11:24:23
    Nee Marelize dit is nie Fochville nie. Lees mooi, die verslaafde woon in Fochville maar het die hoesstroop in Carletonville gekoop. In Fochville en veral by Buys Apteek het hulle rekenaars en daar kontroleer hulle, hulle medisyne se verkope. Die verslaafde moes elke keer 15km ry na Carletonville ry om die goed te gaan koop, dalk omdat die Fochville Aptekers nie meer aan hom wou verkoop nie. Enige apteker wat sy naam apteker werd is moes agter gekom het daar is fout. Ek meen dit is 'n groot hoeveelheid wat die man op 'n slag gekoop het. AF is reg, die apteker kon 'n persoon in nood gehelp het as hy/sy regtig wou. Mens kyk tog uit na jou medemens, genade geen wonder SA en sommer die hele wêreld is in die toestand wat hy is nie. Niemand gee meer vir niemand om nie. Dis baie sleg.
  74. Antoinette
    2010/04/17 10:29:34
    Dis angswekkend om te dink dat Professionele mense doen wat hierdie Apteker doen. Hy het 'n eed afgele, en is veronderstel om daarby te hou. Verwyder hom uit die samelewing! sterkte aan die man, ek het respek vir jou dat jy eindelik besluit het om te vra vir hulp. Glo my, ADLAM sal tot verantwoording geroep word.
  75. Susan
    2010/04/17 10:22:31
    Elise, Vicky en AF, ek is SO jammer vir julle!! Dis duidelik dat jul met tonnelvisie deur die lewe gaan. NIEMAND is gevrywaar van enige verslawing. Hierdie man WIL gehelp word, maar die APTEKER het sakke geld uit hom gemaak. dis duidelik dat jul ook nie die ETIEK ken. Hy MAG NIE die middel verkoop sonder 'n voorskrif, maar hy skroom nie om dit vrylik te verkoop. Ek sal graag wil weet wat JULLE sal doen as dit met een van jul vriende of familie gebeur!! Gepraat van PATETIES, dit is wat julle is. VERWYDER die moordenaar uit die samelewing!!!!
  76. Anna-Marie
    2010/04/17 08:26:34
    Dit is onregverdig om die aptekers vewrantwoordelik te hou. Ja hulle kon dit aangemeld het, dan het die persoon net na een van die vele ander apteke gegaan, Hoeveel het hy in Fochville gekoop voor hy aangespreek is. Ek was nog altyud baie profesioneel behandel by Adlams apteek.
  77. Billy S
    2010/04/16 09:39:33 nm
    Ai en hoe jammer kry ek nou al ons aptekers om nie eers te praat van al die drank winkel eienaars nie. Alkohol is sekerlik meer verslawend as hoes medikasie en tog kan ek enige hoeveelheid sterkdrank op een dag aankoop.Gaan die drankwinkel eienaar my vir berading stuur omdat ek n groot hoeveelheid drank aangekoop het, nee.
    Agtien liter hoes medisyne in vier maande, dus 4,5 l per maand vir n persoon met n kroniese hoes of 1 liter per week. ons kan regtig nie ons aptekers vir die persoon se verslawing verantwoordelik hou nie. Kom ons kyk na die werklike probleem sonder om die skuld op ander se skouers te pak.
  78. pop
    2010/04/16 09:01:29 nm
    ai nee kyk dis nou vir jou hartseer storie die.wonder of die apteker nog voorraad op die rakke het vir ons wat amborstig is.
  79. ag nee
    2010/04/16 07:33:24 nm
    En ek is verslaaf aan kos. Dagvaar ek vir Pick en Pay?
  80. marelize
    2010/04/16 07:24:11 nm
    wel dit is fochville? ek kan nie dink dat enige persoon die apteek wil blameer nie, regtig mense!
    die vrou soek net geld en sensasie!
  81. Vicki
    2010/04/16 03:05:39 nm
    Geen APteker is verantwoordelik vir persoon wat verslaaf raak aan Hoesstroop nie. Die middel is beskikbaar oor die toonbank. Die die persoon wat dit koop se eie verantwoodelikheid. Daar kan verslawing wees aan Grandpa of enige ander middel wat ook beskikbaar is oor die toonbank.
    Ek dink dis onredelik om die apteek te dagvaar word nie. Indien sy familie iets sou agter kom hoekom nie dadelik iets daaraan doen nie. Apteke het ook verskillende verkoopspersoneel wat daar werk. Daar word nie boek gehou wie wanneer iets koop nie. Indien dit dalk op 'n rekening gekoop word.
  82. AF
    2010/04/16 02:39:38 nm
    As die apteker ietsie geken het van Jesus se hart , kon hy `n medemens in nood gelei het na Hom wat die Antwoord op al ons behoeftes is. So jammer dat hy die kans laat verbygaan het !
  83. Ralie Opperman
    2010/04/16 11:41:34
    Maak die plek apteek sommer onmiddelik toe, waar is die verantwoordelikheid heen?????
  84. D. Wessels
    2010/04/16 11:06:51
    Groot was my skok om te besef dat aptekers wat 'n eed aflê om jou te help....... in hierdie geval van die wal tot in die sloot, kan wegkom met so iets. Waar is die medieseraad??? kan hul nie iets aan hierdie apteek doen om ander te vrywaar van dieselfde blootstelling
  85. GP
    2010/04/16 10:21:20
    Ek het geen simpatie met iemand wat hom/haarself afhanklik laat raak aan een of ander dwelm nie. In my oe is hulle pateties en soek aandag. Swakkelinge!