Leraar: Joost, jy kan jou huwelik red

E-pos
Print

Jonette Botha, pastoor van die Collage-kerk in Pretoria, skryf ’n ope brief aan die oud-Bok Joost van der Westhuizen en sy sanger-vrou, Amor, ná bewerings dat hy ontrou was:

My hart gaan uit na julle in hierdie moeilike tyd. Joost, niemand buiten jyself weet of jy ontrou was teenoor Amor nie, maar dit het voorbladnuus geword. Of jy nou skuldig of onskuldig is, die situasie bly problematies. Jou beweerde sonde word aan die spreekwoordelike wasgoeddraad opgehang, terwyl hoeveel ander mense ook met moontlike sonde rondloop sonder dat enigiemand ooit daarvan sal weet.

Amor, ek wens ek kon jou vasdruk en vir jou sê: Selfs al was Joost ontrou, beteken dit nie dis die einde van jou huwelik nie.

Ek is al 19 jaar lank ’n predikant, die afgelope drie jaar van die Collage-gemeente in Elardus Park. Ek is al 16 jaar getroud en ek is die ma van twee seuns, en die huwelik is die beste ding wat al ooit met my gebeur het.

Maar ek het al berading verleen aan hoeveel paartjies wat ’n soortgelyke pad moes stap, en die meeste van hulle het die pad na herstel gestap – dit gaan vandag weer goed met hul huwelike!

Want dit ís moontlik om egbreuk te oorleef.

Joost, as jy onskuldig is, doen alles in jou vermoë om dit te bewys. Maar as jy wel egbreuk gepleeg het, erken jy het ’n fout gemaak. Integriteit en die waarheid maak ’n mens vry. Indien die bewerings waar is, vra God om vergifnis, en stap die pad na ware berou. Vra Amor om jou te vergewe, en doen alles in jou vermoë om jou huwelik te red.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Cornelius
    2010/11/26 03:49:56 nm
    Pastor Jonnette Botha loves GOD dearly, her passion for God had elated me into greater heights. I wish you Pastoor all the happiness Our Lord and Saviour has to offer.
    Cornelius
  2. Patricia
    2010/05/29 09:17:09
    Dis waar! Die huwelik kan owerspel oorleef... Baie genade, en tyd is nodig. Ek is daardeur en weet dit kom weer reg met die Here aan jou sy. Sterkte vir albei van julle.
  3. elsabe van der gryp
    2010/05/28 02:24:22 nm
    PLAAS JOU LEWE IN DIE HERE SE HANDE ,HY HET DIE ANTWOORDE EN HY ALLEEN EN OP SY TYD NIE JOUE STERKTE
  4. Tonie Botes
    2010/03/29 02:14:52 nm
    Jonette .Ek is verseker die raad wat jy aan hulle gee is gesond.hoop maar net Joost aanvaar dit, en kom weer op dreef met sy lewe.Sterkte Joost, dit is baie goeie raad.

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.