Kurt sing by wenners se troue

E-pos
Print

Op die oewer van ’n meer tussen wingerde aan die voet van Paarlberg voel dit op hierdie laatmiddag asof die tyd stilstaan. Dan klink die geluid van ’n voertuig op. ’n Klassieke Buick kom aangery, en Johann Erasmus (28) se gesig helder op.

Carey Boucher (27), wat twee jaar gelede nog so siek was dat sy in ’n koma op die rand van die dood was, trap fyntjies by die ouwêreldse motor uit en kom dan grasieus nader gestap. Johann het Carey destyds nog skaars ontmoet toe sy hoor sy is dodelik siek, met miëloïed-leukemie wat reeds na haar lewer, borste, pankreas en vel versprei het.

Chemoterapie en maande in die hospitaal het gevolg. Dit was ook daar dat Johann Carey gevra het om met hom te trou... en toe wen hulle boonop ’n baie spesiale troue, die idee van die gewilde Afrikaanse sanger Kurt Darren.

Kurt wou vir ’n spesiale paartjie ’n liedjie skryf en dit op hul troue sing, en Huisgenoot het toe ’n kompetisie gereël waarin paartjies hul droomtroue kon wen: nie net met Kurt daar nie, maar ook alles wat hul groot dag volmaak sou maak, van die ringe en die onthaal tot die uitrustings en selfs die wittebrood. Kurt het 10 finaliste gekies en ons lesers het gestem.

By hul nuwe woonstel in Wynberg by Kaapstad het hulle twee dae voor hul troue vertel hoe lief hulle albei vir reis en vir kos is. Carey, ’n voedselkonsultant en resepontwikkelaar, het op hul eerste afspraak geweet sy en Johann, ’n IT-konsultant, praat dieselfde taal.

Met ’n bruid wat kos ken, wou dit gedoen wees om ’n spyskaart aan te bied wat haar nie teleurstel nie. Maar met die intrapslag was die heerlike spinasie-en-fetakaas-blaardeegpakkies gereed op die tafels. By elke bord was ’n sleutelring met ’n sonneblom van krale met die boodskap dat jy altyd na die blink kant van sake moet kyk. Toe klim Kurt op die verhoog en sing.

Dis ’n paartjie wat gelouter is, maar heel anderkant uitgekom het om opgewonde uit te sien na hul mooi toekoms saam.

Sien meer foto's en lees die volledige artikel in Huisgenoot van 18 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. lollies
    2010/02/19 12:31:37 nm
    Kurt, jy sing baie mooi, maar jy sal 'n vriendeliker mens moet raak, want jou houding sit 'n mens regtig af...en dis nie asof jy mooi is nie!!!!!!

    Maar jy sing GREAT!!!!!!
  2. Tobie
    2010/02/19 07:09:51
    Ag ou kurt is dit al hoe jy kan naam maak lyk my so want sing kan jy nie.Moet iets doen om naam te maak,lyk eerder of jy jou naam met n plank slaan.
  3. MARTIE REYNECKE
    2010/02/15 05:43:39 nm
    Kurt ek wens jy kon vir my sing 38 jaar gelede. Wat 'n voorreg het die 2 nie gehad nie.

    Baie geluk aan die bruidspaar. Mag die Here julle ryklik seen met 'n oorvloed van Sy liefde.
  4. Hayley Gowar
    2010/02/15 05:02:33 nm
    Kurt, jy is n baie "SPECIAL" mens, dankie wat jy vir almal altyd doen, een dag wil ek ook he dat jy vir my kom sing. Geniet jy "BIRTHDAY" en baie geluk Mag Die Here jou nog lank spaar vir ons almal wat jou lief het. Liefde |Groete Hayley ,, ek is n bedleended Quadriplegic..en ek qoute" STANDING ON THE EDGE OF MY LIFE".everyday....elke dag......
  5. Ria kleynhans
    2010/02/13 12:03:23 nm
    Baie geluk aan julle twee mag die jare voorentoe net goed wees vir julle en met rose besaai wees.Kurt dankie dit is regtig n mooi troue
  6. Retha Grobbelaar
    2010/02/13 04:57:53
    Kurt jou ou doring. Jy is 'n ware heer en ek waardeer hoe jy jou aanhangers met respek behandel.

    Baie geluk aan die bruid en bruidegom. Alles wat mooi is vorentoe en dankie vir julle positiewe gesindheid.
  7. Alta Jonker
    2010/02/12 03:12:11 nm
    Jy het pragtig gelyk op jou troudag, julle verdien mekaar
    en alles wat mooi is vir die toekoms, ek is self 'n kurt
    darren aanhanger