Kinderwet gee nuwe regte aan ouers

E-pos
Print

Hy is een van duisende toegewyde ouers wat ook net die beste moontlike pa vir sy kind wil wees, maar hy word pal deur ’n moeilike eks gedwarsboom. Nou, eindelik, bring die nuwe Kinderwet vir Rynard* en vele ander moedelose ouers lig in ’n duister tonnel.

Met die wet nou ten volle van krag, is Rynard, soos baie ander ouers wat nie toesig oor hul kinders het nie, vol hoop op ’n beter toekoms. “Nou kan alle ouers ook hul regte geniet terwyl hulle hul verantwoordelikhede nakom,” sê dié verheugde pa.

Die Suid-Kapenaar, wat nie getroud is met die ma van sy kind nie, vertel van ’n voortdurende stryd om sy seuntjie te sien te kon kry, al sedert sy geboorte net meer as ’n jaar gelede.

“Ek en sy ma het voortdurend vasgesit, al toe sy swanger was. Die probleem is nie dat ek ’n slegte pa of sy ’n slegte ma is nie, maar eerder verskille in hoe ons grootgemaak is.

“Daar is byvoorbeeld probeer om my te verneder, en ek is vals beskuldig. So kon ek toe nie my seun se eerste verjaardag saam vier nie, en hy is nie toegelaat om enige van my familielede te sien nie.”

’n Maatskaplike werker vertel toe sy eks agterkom dat Rynard met ander meisies uitgaan, sou sy “as straf die kind van hom weerhou”.

Sy het al telkens met toegewyde pa’s gewerk wat in trane was omdat hulle kontak geweier is met kinders wat deur ma’s as ’n emosionele speelbal ingespan word, vertel sy.

Geskeide ouers sit dikwels met dieselfde tameletjie, en hoewel die reg reeds aan al hierdie ouers se kant was, was dit so onmoontlik duur om regstappe te doen dat hulle eenvoudig aan die toesighoudende ouer se nukke en grille uitgelewer was.

Dit het nou alles verander. Waar ’n ouer tevore met kwessies oor toesig en toegang tot ’n kind na die hooggeregshof moes gaan, kan hulle nou by die beampte van die kinderhof in hul plaaslike landdroshof aanklop. Dit hoef hulle nie ’n sent te kos as hulle hul saak sonder die hulp van ’n prokureur wil stel nie.

Ook oumas en oupas wat voel hul regte word benadeel, word nou deur die nuwe wet in die posisie gestel om iets daaraan te doen.

“Ons as ongetroude pa’s het reeds ons regte gehad, maar as ’n ma nie wou saamwerk nie, moes jy jou regte deur die hooggeregshof laat afdwing het,’’ sê Rynard. “En so ’n saak kan tot R80 000 kos, geld wat die meeste gewone mense net nie het nie.

“Dus is sake maar laat staan en is ons verder geboelie, en kinders gebruik om die ander ouer se wense te vervul, hoe onregverdig ook al.”

Die nuwe Kinderwet is ná 13 jaar van intensiewe navorsing en konsultasie uiteindelik nou ten volle van krag. Dit bring ’n nuwe bedeling vir kinders waarin hul beste belange deurgaans vooropgestel word, verneem ons van kenners.

Lees meer oor die nuwe Kinderwet in die Huisgenoot van 15 April 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (157)


  1. Anoniem123
    2011/10/19 02:40:27 nm
    Ek is baie jammer maar ek stem nie saam nie, hoekom wil 'n mens reg gee aan 'n pa wat nie eers 'n sms vir sy kind stuur wanheer sy verjaar nie? Wat nog nie een keer daar was vir 'n verjaarsdag nie, wat nooit bel om te hoor hoe dit met haar gaan nie en nooit vra om haar te sien nie. Dan wil sy ouers sagenskap he oor die kind nadat hulle haar miskien 7 keer in jare gesien het. Hulle gebruik geld om jou te probeer oorreed. Ek dink dis belaglik. Wat het geword van it takes two to tango. Who cares oor jou gevoelens, waar was jy toe daai kind groot geraak het? Hoekom nou omgee, ek weet hoekom want jou skuld gevoelens vreet aan jou en jy is besig om oud te raak. Baie van julle kom al te graag vir die pa op, maar weet een van julle die ware stories agter die "hartseer" storie wat hy vertel. WELLL DONE as jy 'n pa is wat regtig omgee, maar die res van julle klink soos 'n klomp leuenaars, no offence. Dis presies wat haar pa sou se, want hy is die "victim", en dus als LEUENS!!! Hy het uitgeloop uit ons lewens, hy het ander dinge bo ons verkies, hy het nooit gekom vir verjaarsdae nie, hy was selfsugtig, hy was die een wat ek moes smeek vir onderhoud.... En nee die geld pla my nie, maar come on, as jy wou saam die kind maak kan jy mos help betaal. arme pappa's, arme mamma's!!! Ons is de mense wat by hulle was, hulle alles gee, dae om wakker sit as hulle siek is en nie party en jonk bly soos die pa's nie! Nou moet ek jammer voel vir die een mens wat nog nooit een oomblik gewys het hy gee om nie. As jy saam stem met die twak, dan is jy nog nooit die ouer gewees van 'n lieflike kindjie wat alleen moes groot raak, sonder 'n pa wat haar vir jare nie wou ken nie, sonder 'n ander oupa en ouma wat haar nie eers wou vas hou nie. Jy het dan nog nooit moes probeer verduidelik waar haar pappa is nie!! dis 'n klomp snert wat ek lees, pa's moet eenvoudig groot raak en herken hulle was verkeerd en nie altyd die ma blameer nie. ASSEBLIEF!!!
  2. Anoniem
    2011/10/01 07:23:37
    Ek sit soos almal ook maar in 'n bootjie van hartseer. Ek het my seun gehad wat nou 13 is, en ons is al 12 jaar uitmekaar. Hy is weer getroud met 'n baie oulike mens en haar ouers is net so oulik, ons kom goed oor die weg. Hul het saam nog 'n kind en dit voel vir my seun asof hy af geskeep word. Hy se die ander kind kry als en hy moet maar net kyk en tevrede wees. Ons probeer hom paai, maar dit werk nie. Hy wil graag kitaar lesse neem en sang studeer, maar ons het nie die geld daarvoor nie, hul het. Hul betaal R600 'n maand onderhoud en as ons vir meer vra word ons geignoreer. Daar is soveel talent in my kind maar ons kan hom nie daarmee help nie. Hul kind het als wat hy wil he en ek voel ook in 'n mate is dit onregverdig, want toe hul getroud is het hul geweet daar is 'n kind betrokke en hul moes geweet het hul aandag sal gedeel moes word. Ons bly ver uit mekaar en hul sien hom net oor Desember want dis al wanneer hul af is en met hom kan tyd spandeer. Hy raak nou moeilik en voel afgeskeep. Nou vra ek wat doen 'n mens in so geval?
  3. Louise Blignaut
    2011/08/29 06:23:54 nm
    my vriend het 'n dogtertjie van 3 jaar by sy vorige meisie, sy weier dat hy die kind sien sy kom elke keer met alle verskonings, ons is al raadop niemand kan ons help nie want sy wen die hele tyd, hy is 'n toegewyde ouer en betaal sy onderhoud gereeld maar nog kom sy uit met talle stories elke keer as hy die kind wil sien, ek is al so moedeloos want ek weet nie hoe om hom te help nie.
    is daar dalk iemand iewers wat weet wat hy moet doen ons was al by talle prokureurs maar niks help nie sy wen die hele tyd met haar simpel stories wat sy en haar prokureur opdis met elke hofsaak.
  4. vicky
    2011/07/31 03:53:55 nm
    Ek dink persoonlik as iemand wat saam jou in n verhouding was en jou kind weg hou is net dom..skuus dis wat ek dink ek en my verloofde het probeer vir n kind maar sy MA is baie teen dit.. ek dink tog ek sal nie toelaat om haar deel van my kind se lewe te maak nie want daar gaan nie n dag verby wat sy nie drink nie en sy het n laat lam seuntjie van 8 jaar en sy leer hom glad nie maniere nie..waar kom die dissepline in??? ...
  5. jacques
    2011/07/25 11:16:43 nm
    Ek ir al vir een en n halwe jaar geske. MY eks vrou wil nou die dorp verlaat .
    SY het net saterdag aand n sms aan my gestuur en gese ek nie die skool gelde die maand moet betaal nie en dat sy en my seunti gaan trek na n ander provinsie en dat sy n werk gekry het en dat my besoek tye dieselfde bly.
    My probleem wat ek het is die volgende. EK het joint custody . my besoek tye met my prag kindtji is ekke dag van maandag tot Vrydag kry ek my seuntjie vir drie ure.
    Elke tweede naweek is hy van vie uur die vrydag tot ses uur die sondag by my.
    In smse aan my n week voor di laaste sms dat sy gaan trek het sy vir my gese dat sy gaan trek oor my en dat sy my terug gaan kry.
    Nou al vir twee jaar elke dag huil my kindtji Pappa ek wil nie mamma toe nie.
    Ek het band opnames en getuies om dit te bevestig . Video opnames. Wat is my regte want sy trek om my te spite en dit sal my kind vernietig.
  6. Karin du Toit
    2011/07/21 08:36:34
    Ek wil graag weet hoe ek te werk gaan om my kind se pa te kry om sy regte as ouer af te teken. Ek het my kind op 'n jong ouderdom gehad en getrou, maar die man het dwelms begin gebruik, ek het hom gelos en aangegaan met my lewe toe my kind 1 jaar oud was. Sy is nou 13 jaar oud, blink uit in sport en akademies. Ek het nog nooit 'n sent onderhoud van die pa gevra nie en wil ook nooit iets van hom af he nie. Hy het nog nooit 'n sent op my kind spandeer nie en stel ook nie belang om haar te sien nie, sy ken hom nie en hulle is nie deel van mekaar se lewe nie. My ma wil al die kleinkinders Desember op n bootreis vat en dan het ek sy handtekening nodig vir haar paspoort, maar ek kan nie sien hoekom ek sy toestemming moet vra as hy nie deel is van haar lewe nie en nog nooit was nie. Hy is vandag 'n boemelaar en net 'n vernedering vir my kind, sy kry skaam om te erken dat hy enigiets met haar te doen het. Ek het haar nooit opgemaak teen hom nie, maar sy is 'n slim meisiekind en haar gesonde verstand se vir haar wat aangaan.
  7. Anoniem
    2011/07/19 03:07:28 nm
    Daar is so baie pa's wat baklei vir hulle kinders om betrokke te wees ens, ek sit met 'n pa wat altwee sy kinders vergeet het en nie belangstel nie. Sy oudste het nou 21 geword, op 18 het hy onderhoud gestaak, nou op 21 haar van sy medies afgehaal, wou nie help met studiegelde en nou dat sy werk het haar van die medies geskrap. Hy kommunikeer glad nie met haar nie en stel geensins belang, ook met die 2de dogter. Hy het haar ontken tot op 12 toe ek aangedring het op bloedtoetse. Hy is toe deur die hof gedagvaar om onderhoud te betaal. Hy betaal maar dis al, geensins enige betrokkenheid nie, hy weet nie eers wat hulle belangstellings is, wat hulle doen ens. Hulle is albei in 'n sekere mate "genees" van hom, maar ek wonder of hy 'n mens genoem kan word, of hy het nie 'n hart met gevoelens en emosie nie. Is daar ooit iets wat 'n mens kan doen of hoe kan hulle klaring kry of die verlede vergeet sodat hulle met hulle lewens kan aangaan? die 2de dogter skryf nou matriek en wil gaan studeer. Ek kry tans R1600 per maand wat alles moet dek, van skoolfonds, klere ens ens wat sy mag nodig kry, is dit billik?
  8. mandi
    2011/07/11 04:38:02 nm
    Ek wil graag weet. n pa wat geskei is 15jaar terug en kind is nou 16. Kind onder ma se toesig. Pa altyd onderhoud betaal en betaal nogsteeds. Ma weier dat pa kind sien want kind wil niks met pa te doen he nie oor die nuwe vrou in sy lewe. Nou is kind swanger op 16. Pa moet nogsteeds onderhoud betaal en die studiegelde maar mag niks van kind se swangerskap se of iets nie. Want dit het niks met hom te doen nie. Hy moet dit maar net aanvaar... Kerel bly ook by kind in ma se huis. Want terwyl dogter onder ma se dak bly mmoet pa onderhoud betaal tot op 18. Raad asseblief
  9. Anoniem
    2011/06/15 04:15:08 nm
    NOu wil ek net weet waar staan ek met n pa wat nooit sy kind wou he ne, gese ek moet gaan vir n aborsie, emosioneel af gebreek en gese hy wil niks met my of die kind te doen he nie. En ontken het hy is die pa, was nooit getroud of saam gebly nie. Hy betaal nie onderhoud nie tot in met laas maand sy is nou 10maande R500 n maand haar uitgawes is oor die R8000 n maand insluitende verblyf, water en elektrisiteit, kos en klere ens. HY hou nie by afsprake nie, daag net nie op nie as hy op daag is hy altyd laat en is daar een of ander verskoning. Nou intimideer hy en sy prokureer my met die hoogeregs hof. Ek is swanger met my man se kind en hulle maak so. Hy is onbevoegd as pa waar is my kind se menslike regte en my regte.
  10. Marisa Smit
    2011/06/13 08:56:59
    ek en my eks is al 3 jr geskei, die hofbevel is tans dat hy hul net elke tweede naweek sien en natuurlik moet hy sy ander vaderlike pligte nakom soos skool oueraande ens maar hy doen gladnie het vir 3 jr al gladnie. en ook as my kinders dr toe moet gaan het ek altyd in gestaan. hy het absoluit niks van sy kant af gedoen om te help met die kinders nie. al wat hy doen is kom haal hul elke tweede naweek an betaal sy onderhoud en skoolgeld soos hy moet ek het vir die laaste 3jr my kinders aleen groot gemaak was 'n enkel ouer. ek het hom genader en voorgestel dat ons die besoektye asb moet verander sodat hy hul elke naweek 'n dag sien, hy wier om dit te doen. ek is 'n werkende ma en werk naweke ook sat tot 3 of 4 uur hy wil nie eers help om hul net daai tyd te sien nie, sy verskoning is hy moet sy girlfrien ondersteun oor naweke. EK VOEL OMDAT HY NIKS BYWOON OF DIE KINDERS ONDERSTEUN BY DIE SKOOL OF KERK NIE, DIT IN DIE KINDERS SE BELANG IS DAT HY HYL EERDER ELKE 7 DAE SIEN AS ELKE 14 DAE OM HUL VERHOUDING TE VERBETR AANGESIEN HY IN NIKS VAN HUL BELAGSTEL OF ANDER VADERLIKE PLIGTE NAKOM NIE . My vraag is hoe kan ek die hof bevel laat verander na lat hy hul elke naweek 'n dag sien in plek van elke 2de naweek. Ek het hulp en ondersteung van sy kan af nodig. Hy is tog hul pa ook. ek kan nie meer alle pligte en verantwoordelikhede nakom aleen vir als vir my kinders nie. ek het 'n prok genader. hoe kan el hom dwing om hul elke naweek 'n dag te sien in plek van elke 2de naweek.?
  11. Adriaan Eyer
    2011/06/08 12:40:42 nm
    Ekt self oneindiglike moeilikheid met my ex, wat heeltyd my ignoreer as ek vra om my kind te sien.
    Dis die maklikste om te se, jammer ek het nou eers jou email gekry of my prokureur het my nou eers laat weet. Of nog makliker "Jammer ek het klaar planne".

    So sien ek vir weke aan een nie my dogterkie nie.

    En haar hartjie brand om haar pappa te sien.

    Die pa is die beskermer en die Hero in a dogterkie se lewe.

    En ek wil vir alle Pa's se, moenie moed opgee nie, maak nie saak wat nie.

    HOU AAN FIGHT VIR JOU KIND!!!!!
  12. Isabella
    2011/05/13 09:25:09
    Hallo Annoniem dis moeilik om vir iemand raad tegee sonder al die feite maar doen jouself n guns en google Children's Act, 2005. Lees dit deeglik deur dit sal jou baie help, jul kan ook n afspraak maak by enige Kinderhof in jul distrik, dis baie werk maar beslis die moeite werd, en daar is natuurlik altyd die maatskaplike verslag wat n groot rol speel. Ek as vrou skaam my soms vir die vroulike geslag die moedswilligheid en opsetlikheid wat vroumense kan doen net om n hul ex se lewe hel temaak en dan aan die anderkant is mans net so aspris.......sies aan almal wat so swaar dra aan jul swartgalligheid. Mans betaal julle onderhoud dis nie vir jou vrou om mee teshop nie dis vir jul kinders en vroumense hou op om jul kinders tegebruik omdat julle naar is dat dinge tussen julle nie uitgewerk het nie JULLE STRAF JULLE KINDERS!!!
  13. Annoniem
    2011/05/12 03:29:51 nm
    HI julle

    Kan iemand my asb help. My man se meisiekind bly nou vir 6 maande by ons omdat sy nie meer by haar ma en stiefpa wil bly nie. Maar haar ma regeer ons lewe nog al die pad. As gevolg van die ma is die kind in 'n tegniese skool gesit en nou kom sy nie reg daar nie en ek en my man het besluit om haar in 'n privaat skool te sit, wat haar en ons beter pas. DIe ma weier volstrek en se net dat die finale egskeidings bevel die kinders in haar sorg geplaas het en al hoewel die kind by ons bly sy nog die reels maak. Sy moet altyd eers die sielkundige of die oupa se raad vra. Is daar 'n manier wat ons haar kan skip en doen wat reg en goed is vir die kind. Die kind lui baie swaar oor die skool waar sy nou is. Asb help ons is desperaat. Waar presies kan ons van die volle kinder wet lees en die vader se regte.
  14. Annoniem
    2011/05/03 11:39:10
    Hi , ek sit met die probleem, na n jaar en 5 maande is ek nog steeds nie geskei nie, my eks bly die egskeiding vetraag met hoe eise van onderhou en ekstras.My seuns word weg gehou van my en erg opgesteek en teen my sleg gemaak, bestaan da so n wet teen dit? mag n ouer of skoon ouers kinders teen die aner party opmaak? dit het als gebeur nadat ek iemand aners onmoet het en die onderhoud geld word nog steeds elke maand vir hulle verwag en afgedwing, wat staan ek te doen?
  15. Frans
    2011/04/20 06:11:08
    Ek bly in die wes Kaap en my ex-vrou in Pretoria.Ek wilaansoek doen om vermindering van onderhoud,ek is werkloos,en kan nie die onderhoud van R35000.00 elke maand bekostig nie,dis buiten die medies en ander.Ek het my seun op 2 maande laas gesien,hy word Junie 2 jaar oud.My ex weier om enige inligting vir my oor my seun te gee,ek weet nie of hy al gedoop is nie,ek weet nie wanneer hy begin stap het nie,of tande gesny het nie,ek sien net op my mediese fonds dat hy gereeld dokter toe gaan,sy antwoord nie haar foon,of sms,of e-mails nie.
    My vraag is hoe gaan ek te werk,en waar begin ek om aansoek te doen vir vermindering van onderhoud.
  16. Mamma van Vele
    2011/04/18 07:49:39
    Die wet is als goed en wel, maar wat gemaak as die Ma wat nie beheer en toesig het oor haar 3 kinders waarvoor ek en my man moet sorg (nou al vir 8 jaar) nie 'n saak het met haar kinders nie. Sy betaal nie 'n sent onderhoud nie, lewer geen bydrae ten opsigte van hulle opvoeding nie, en sien hulle waneer sy so voel. Sy het werk en bly net 'n paar kilometer van ons af. Die kinders wil haar vreeslik graag sien, en bel haar gereeld om haar te soebat en smeek om hulle te kom haal vir 'n naweek. Maar sy is altyd te besig of het iets beter om te doen. Sy sal ons bel op 'n Sondag net voor middag-ete dan wil sy hulle sien. Ons kan nie weier nie want die kinders wil haar sien en mis haar! Ons is op moedverloor se vlakte. My vraag is hoe help die Kinderwet as jy 'n Mamma is wat nie belangstel jou kinders nie, maar jou kinders wil jou sien????? Hoe dwing jy die persoon om meer deel te wees van hulle lewens??
  17. Judy Volschenk
    2011/04/15 10:47:59
    Help my asb. ek wil my kind laat afteken deur sy pa. Hy is nou amper 13jr oud. Hulle het glad nie kontak nie en hy wil ook nie kontak he nie. Daar word geen onderhoud betaal nie asb. enige iemand wat my kan help met hoe ek wat kan doen.

    Dankie
  18. Juanri Pretorius
    2011/04/12 02:39:00 nm
    Die nuwe wet is dat jy 'n aborsie mag ondergaan, maar jy mag nie jou kind tigtig nie...WAT SE VOORBEELD IS DIT? WAAR GAAN DIE WERELD HEEN? Dit moet anders om wees..AG NEE MAN!!!!!!!!!!!!!!
  19. betsie
    2011/04/07 10:13:06
    ek wil graag raad vra oor my seun wat n buite egtlike kind het by n meisie hulle was lank saam terwyl sy swanger was het die twee vreeslik baklei en tot na die geboorte hulle het saam gebly maar hulle is nou uit mekaar sy het hom gelos vir n ander ou die kind is nou 2 jaar hy sien nog sy kind maar daar is altyd net drama sy is n baie onregverdige mens hulle het altwee vreeslike humeure aan hulle en alles gaan vir haar oor geld as hy iets verkeerd doen dan se sy vir hom sy gaan die kind van hom af weg vat my seun weet nie meer wat om te doen nie sy kind is vir hom alles hy koop alles vir haar dit wat sy nodig het al van geboorte af. hy aanvaar maar net altyd alles wat sy vir hom se net om nie sy kind te verloor nie. ons as ouma en oupa het baie van die kind se lewe verloor as gevolg van haar hulle het weg getrek en ons het die kind baie min gesien. kan iemand asb vir ons raad gee wat om te doen en kan sy die kind van hom af weg vat.
  20. Marcia
    2011/04/05 11:02:31
    Hi,
    Ek will ook graag die nuwe wet besigtig.
    Daar is te veel vrouens wat hulle mans sky en hulle dan so uitbyt en onregverdig behandel.
    Die pa moet ook 'n reg he veral as hy nie die een is wat wou skei nie en altyd die een is wat moet
    ly onder 'n eks vrou. Die Kinders ly altyd onder als.
    Waar kan ek nog raad kry oor die reg wat die pa het as hy als doen wat die eks se en dan besluit sy nog steeds dinge gaan nie volgens haar nie?
  21. ANONIEM NKAAP
    2011/04/01 11:24:50
    WHOW, ek lees nou die kommentaar wat mense gee, en die meeste daarvan is geld die issue, ouers weet nie wat doen hulle aan hul kinders nie, n KIND is n GESKENK van GOD, om lief te hê,te vertroetel en te beskerm. Ouers sort julle goed tussen mekaar uit en moenie julle kinders as wapens teen mekaar gebruik nie. n KIND het albei ouers nodig!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  22. Juan Pieterse
    2011/03/26 10:54:42 nm
    Wat se hulp is daar vir n pa wat agv die bogenoemde finansiele teistering gedwing is om my kinders af te teken.
  23. Corrie
    2011/03/09 10:59:39
    Hi daar almal.Ek het n 11 jarige seun,hy het by my en my man gebly tot hy besluit het om by sy pa te gaan bly ek en sy pa was nie getroud nie en ek is getroud met iemand anders,my seuntjie is nou baie ongelukkig by sy pa en sy meisie en wil terug kom na my toe,maar sy pa wil hom nie terug gee nie en hy huil elke keer as ek met hom praat,sy pa dreig my met die hof en prokureurs,die ding is hy is nie deur die hof vir sy pa gegee nie.Ek wil graag my kind terug he,asb as daar iemand is wat vir my kan se wat wat kan doen,ek sal dit baie waardeer.
  24. Annoniem
    2011/03/04 09:24:31
    Ek wil graag weet of daar iemand is wat my raad kan gee oor die volgende probleem:
    Ek het n vriendinnetjie van my seun wat by ons bly sy is nou in (Gr12) sy het by ons kom bly omrede haar ma en stiefpa verhuis het en sy wou nie saam gaan nie die rede vir dit is sy wil haar Gr 12 in haar heidige skool klaar maak, wat verstaanbaar is die is die belangrikste jaar van enige kind se lewe. Die ma en sitefpa het gese hulle sal my elke maand R500.00 gee vir die kind. die kind is nou al 5maande by my, elke maand is daar n storie, en ek kry niks, die ma dreig elke keer die kind sy gaan haar kom haal en in n ander skool sit ( sy kan my nie eers geld gee nie ) so hoe gaan sy vir die kind kan sorg, die ma is die oorsaak dat die kind omtrent elke dag ongelukkig is. Die kind het haar ma 2 keer in 5maande gesien. As ek die ma iets se dan bel sy die kind ek se vir die kind dat sy gaan haar kom haal en dan huil die kind en sy is ongelukkig dat back ek af en dan los sy weer die kind by ons. EK WIL WEET WAT EK KAN DOEN OM DIE KIND TE KAN BESKERM ??????????
  25. ponty
    2011/02/28 12:28:39 nm
    Ek is n pa van twee waarvan die oudste uit n vorige verhouding kom.Ek is tans verloof saammet iemand anders en ons is bje gelukig.My prblm is egter nadat ek en my eks uitgemaak het , het sy daarvan daan die kind as sweep gebruik om my te na te kom.Syt dadelik na die onderhoudsbeampte gegaan vir n onderhoudsbevel van R600.00 wat ek dan tans voor ingetsem het maar sy weier pal dat ek nie my seun kan sien nie.Ek het hom toe dadelik genader en hom meegedeel wat my situasie is waarby hy my verwys het na die gesinsadvokaat vir my siensregte as pa.Goed dis agter die rug gekry en daar is in haar teenwoordigheid waarby sy toe ook ingetsem het dat ek hom een kort vakansie en een lang vakansie kan sien.Sy op haar beurt besluit toe om weer na die onderhoudsbeampte toe te gan want so is ek nou n punt voor haar en by my ganit nie om wie wen nie maar oor my seun se gelukigheid en myne.Sonder dat ek enige dokumente geteken is betaal ek vandag R750.00 en dit word ook van my perseel verhaal.Sy beskuldig my oral by haar vriende en familie dat ek nie onderhoud betalie en die hkm sy weier dat ek hom nie mag sien nie.Sy soek alweer n R1000.00 wavoor ek gese het tot hier toe eni verder nie en stel sommer dadelik vir my n prokereur aan wat my n plaas se geld vra.my plm is egter na wie toe kan ek gan omdat ek in besit van n hofbevel is van wanneer ek die kind mag sien en wanneer nie.
  26. anoniem
    2011/02/15 12:25:03 nm
    My twee kinders het saam met hul pa getrek, hulle mag net sy familie sien, vir hulle gaan kuier, en saam met hulle vakansie hou. vakansiedae en op hul verjaarsdae mag ek hulle nie sien nie, want hulle is by sy familie. ???????????????/ maar baie snaaks daar is nog geen egskeiding deur hom nie, wil sekerlik nie volgens die wette werk nie? vra jy vir die kinders waar wil hulle bly, antwoord hulle by ma en by pa? Dit is so jammer dat een dom ouer , 'n kind so kan intimideer , en dat hulle vir omkoop geld kan val. Die rede hoekom hulle nie by my wil bly nie, want ek kan blykbaar nie vir hul sorg nie. dit is jammer kinders se lewens word so sleg beinvloed deur 'n skoonfamilie, wat nie eers die waarheid weet nie.
  27. Wessel
    2011/02/11 11:23:46
    Ek is in 2006 getroud met n wonderlike vrou en ons het n dogter van drie. Sy het n seun uit n vorige huwelik wat nou 10 jaar oud is. Ons woon in George en die biologiese Pa in Pretoria. Ek is werksaam in die Suide van die DRC en wil graag my gesin hierheen laat verhuis, maar die Vader weier. Hy se dit is te ver alhoewel dit inderwaarheid 15 min langer is per vliegtuig van hier na JHB as vanaf JHB na George. Volgens skei ooreenkoms sien hy sy seun een kort en een lang vakansie per jaar maar agv hoe kostes gebeur dit selde. Ons (ek en die seun) het n baie mooi verhouding en ek is lief vir hom soos my eie en wil hulle baie graag by my kom laat woon. Het aangebied dat hy elke skoolvakansie na sy Pa toe kan gaan wat beteken dat hy 3 maande van die jaar by sy Pa sal wees en ons sal alle onkostes dek. Het voorgestel dat hy nie die sy onderhoud (R300) verder hoef te betaal nie, nie skoolfooie hoef te betaal nie. Die Vader wil he dat hy by hom kom bly wat buite die kwessie is vir verskeie redes. n Hoogeregshof saak sal baie baie geld kos. Is daar iemand wat my moontlik kan help met raad
  28. Cariena
    2011/01/25 08:21:59
    Miskien goeie nuus vir ander, maar tog vir ander is die enigste uitweg die hoog geregs hof..
    Ja so R 80 000.00 dan is jou kanse steeds 50/50, al sal mens alles gee wat jy het!.. Wat van as 'n paartjie nie getroud was nie, en die pa het die ma vermoor - keel af gesny ens en kyk hoe sy sterf sonder om hulp te kry.. voor die kleintjie? Dis erken en bewyse is daar, en nog steeds is hy uit op borg, waar is die kleintjie?? By sy ouer huis waar hy bly.. Die ma se familie kan nie die kleintjie kry nie, want hy kan hul aangee vir ontvoering.. al is hy eendag ( hopenlik gou ) in die tronk vir moord, het hy steeds volle se oor die kind.. Is deur alle opsies, en dan moet jy hoor jy moet wag en kyk wat gebeur met sy saak.. Almal weet hoe lank 'n moord saak kan vat.. Mag God geregtigheid laat geskied, en dat dit Sy wil is wat met die arme kind gaan gebeur... As dit net makliker kon wees, as sy net nog hier kon wees...
  29. BEKOMERDE PA
    2011/01/14 10:38:39
    EKk is n pa van n 3 jarige dogtertjie, ek en haar ma is geskei na sy my herhaaldelik verneuk het en dit voor my dogtertjie en met verskulende mans. as my kind naweke by my is huil sy snot en trane om haar nie trug te vat na haar ma toe nie en se sy wil by haar pappa bly. die ma is in die laaste nege maande amper elke week saam n ander man en het my kind van skole verander en is elke keer vol stories waneer ek haar wil gan haal. sy het onlangs haar werk verloor omdat sy dronk by die werk aan gekom het. ek wil baklei om my kind by my te he en haar n lewe te gee waar daar nie gedrink woord en rond geslaap word nie. Ek weet nie waar om te begin nie enige help.
  30. Coenie Fourie
    2011/01/01 11:46:32 nm
    hi
    Ek wil net graag weet wat maak n pa as sy 8 en 10 jarige meisiekinders nie by hul ma wil gaan kuier nie,en huil sy se net dis haar reg en sy is hul ma,ma waar is my en my kinders se reg.
    Hul het my laasweek kort kort gebel en gehuil ek moet hul kom tot net voor 12 die aand,volgens wet mag ek hul nie gaan haal nie,het enige iemand dalk n idee hoe dit vir n pa voel as hy ul nie mag loop haal nie.Dabn moet hulle ook kort kort kies waar hulle wil bly hul se sy maak hulle deurmekaar dit is ma 1 van die redes hoekom hul nie wil gaan nie,die ander sal nou maar nie insit nie.Haar verweer is egter ek se hul voor wat hul moet se en doen.wat ek nie doen nie,dit kan baie mense getuig dat as hul hoor hul moet gaan kuier dan is dit trane.vroeer vanaand het sy gebel sy kom haal hul more vir haar week,toe ek hul se hul ma kom hul haal was dit trane,die een se sy haat haar ma en sy is bang vir haar.Toe die kinders jaar oud was en die kleinjie onder n jaar was kon sy hul hier los,maar sederdien is dit kort kort prokureur briewe.het iemand raad of waar beskerm die wet my kinders want al wat ek nog gehoor het was dat sy hul ma is en sy haar regte het,het sy nie haar regte weggeteken toe sy hul in my sorg as babatjies gelos het nie.ok die feit bly sy is hul ma en ek graag dat hulle n gesonde verhouding met haar behou maar hoe nou,die ding is ook stadig besig om hul sielkundig te benadeel en hulle is vir my te belangrik om dit toe telaat ma my hande is afgekap.
    Ek wil net verder se dat kinders n geskenk van bo is en ons verabtwoordelikheid is wat gaan ons antwoord wees as ons gevra raak hoe het jy na jou verantwoordelikheid en geskenk gekyk.
    Ek is nie in die wieg gele vir skryf en tik nie ma as deurmekaar verskoon tog asseblief maar u raad sal waardeer word
  31. ANNETTE
    2010/12/29 03:12:24 nm
    Ek sit in dieselfde panarrie!!! My dogtertjie is nou 4 maande en ek het nog geen woord of tyding van haar pa gekry nie, (ons is nie getroud nie) ook nie geldelik nie, behalwe met die bevalling, waaroor ek baie dankaar is. Nie eers `n ou kers- geskenkie vir die kleine mensie nie!!! As enige iemand vir my raad of hulp kan gee, sal ek vreeslik dankbaar wees.
  32. Tienie Brink
    2010/12/18 08:52:13 nm
    Ek is ook 'n ouma wat baie na haar kleinseun verlang. Daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie aan hom dink nie....My seun het die handdoek ingegooi om te probeer om sy kind te sien, want dit was elke keer 'n nagmerrie. Vandat hy die kind die Vrydag middag by sy ma gaan haal het totdat hy hom Sondag middag terug vat het sy gesms en gebel met die vreeslikste dreigemente. Na meer as 2 jaar van loutere hel om sy kind te sien en te probeer om die band te hou, het hy die handdoek ingegooi.(Em ook gestop om onderhoud te betaal) Toe hy nog die kind gekry het, mos hy die kind skelm vir my gebring het, want as die ma van die kind sou uitvind dat die kind by my was, het sy die lewe nog moeiliker gemaak vir my kind. Dit sal April 2 jaar wees wat ek hom laas gesien het, ek kan nie meer die verlange verduur nie!! Kan iemand vir my sê waar kan ek gaan aanklop vir hulp en kan ek toegang kry om die kind te sien?
  33. TWEE GESIG PA'S
    2010/10/26 10:28:23
    ek wil graag byvoeg ja jy kry van die pa's wat vir hulle kinders doen wat hulle kan en binne hulle vermoëns is. Maar dan kry jy daardie pa wat net die ma wil bykom omdat sy die guts gehad het om hom te los vir al die verbal en fisiese abuse. maar al hoe hy die ma kan bykom is om die onderhoud te weerhou of te manipileer soos dit hom pas. ek praat hier van 'n pa wat altyd eers na sy eie maag gekyk het en dan eers aan sy kinders en vrou gedink het. 'n Pa wat twee besighede het en aansoek gedoen het vir vermindering van onderhoud, want hy kan dit kastig nie bekostig nie, maar die dag nadat die hofbevel in sy guns toegestaan is, koop hy vir die kinders nuwe selfone, en bevestig ook nou kan hy sy kinders naweke entertain, koop vir hul verjaardae kitare en kamera's. maar hy is nie gepla oor of hulle saans kos op die tafel het nie. sodat hy nog 'n voorman kan aanstel dat hy ten minste 2 to 3 keer 'n week op die golf baan kan deur bring, dan is dit buiten sy rook en drink gewoontes. ek persoonlik dink dat daardie pa geensins kinders moes gehad het nie. ek dan wil hy sy poppe uit die kas gooi as die kinders nie na hom toe wil gaan vir naweke nie, dan is dit mos die ma wat hulle intimideer, wat nie die geval is nie. maar as die pa nie so op sy kinders en vrou gevloek en geskel het nie en alles net sy way moes gaan het hy nie nodig gehad om onderhoud te betaal nie. kon hy met sy normale huishouding gehandhaaf het en aangegaan het, maar weet jul dit is juis die lamsakke wat nie hul man kon staan nie. so jammer vir jul lamsak mans, ek sê nie hou die kinders van hul betrokke ouers nie, maar die onderhouds wet moet strenger gehanteer word, want die meeste mans is nie eers bang om 'n Hooggeregs hof bevel te verontagsaam nie. want hulle weet hulle kom weg daarmee, want hy sen sy prokureur speel saam golf SO WAAR IS DAAR ENIGSINS IN DIE BELANG VAN DIE KINDERS HIER OPGETREE????
  34. Andrew Sueltz
    2010/10/22 09:52:22
    Ek en my vrou sukkel al agt jaar met toegang tot my 2 dogters. Die ma en ek was nie getroud nie. Die ma verdwyn met die kinders sonder kontak besonderhede en dan is sy weer terug na n geryme tyd. In Mei 2010 het ons die kinders uit haar sorg deur die welsyn laat verwyder omrede hulle vir 6 maande nie in n skool was nie. Dit is nou Oktober en ons wag nog steeds vir die maatskaplike werker om haar ondersoek klaar te maak. Elke keer meer verskonings hoekom die saak nie afgehandel is nie. Die kinders is in pleegsorg geplaas tot en met die hofsaak afgehandel is.

    Daar is genoeg bewyse teen die ma en ons het tot n privaat silkundige verslag gekry wat deur die hof aangevra is. Dit help ook nie. Ons het verder al uit gevind dat in 2009 hulle ook gebroke skool rekord het. Die ma bly die kinders intemideer en ons is al raad op.

    Die kostes by die prokeur loop op en op en niks gebeur nie. Die maatskaplike werker het ook altyd verskonings oor die saak en sy is die hoof van die welsyns tak.



  35. Magda Pretorius
    2010/10/19 10:12:34
    Ek en my man sukkel versriklik met sy eks ( hulle was nie getroud nie) maar het 'n seun van 12. Ons naweke (elke 2de naweek) word geboikot met verskonings soos "hy kan nie kom nie ons het iets aan" en gaan dit so aan dat ons hom soms elke 2-3 maande eers weer sien en dan was dit kastig die kind se eie keuse?! Dis absurd! Intussen wil die ma net meer en meer geld eis as wat toegstaan is - geld vir agterstallige skoolfonds ensovoorts en as ons nie opdok nie word die kind weerhou van sy pa - op 'n baie diplometiese manier, en dit maak mens moedeloos. Ek wil nie graag betrokke raak nie maar my man is nou al raad-op en weet nie meer watter kant toe nie - hy betaal elke maand stiptelik sy onderhoud en is 'n baie goeie pa vir al sy kinders.
  36. Ek
    2010/10/07 02:26:19 nm
    Ek is 'n enkel ouer van 3 pragtige kinders, my oudste is 11, die middelste is 7 en die jongste is 5, ek vra met trane in my oe, hoekom mans wegkom om nie onderhoud te betaal nie. My ex man het ons gelos vir 'n baie ouer vrou met baie geld, hy het 'n werk gehad maar het bedank, en is nou deel van 'n besigheids vennoot saam met haar en haar seun, maar hy kan nie onderhoud betaal nie, die beste van als is elke aand as hy 'n lekker bord kos eet, sit ek en wonder of hy ooit daaraan dink wat sy kinders in die aande eet?????? Hy bel nie die kinders nie, sien hulle bitter min........ Nou vra ek ...... wat staan ons te doen sodat ons, as enkel ma's ons onderhoudsgeld kan kry, want ek dink die wet is 'n klug, ek is moeg gesukkel en moeg gesoebat, en my selaris kan net soveel betaal en nie meer nie
  37. thea
    2010/09/20 03:03:25 nm
    my meisiekind het swanger geraak op die ouderdom van 16 en 'n pragtige seuntjie in die wereld gebring wat oupa en ouma se hart se punt is en vandat sy ma vir sy pa laat weet het dat sy swanger is het hy tot hede vandag nie een keer probeer kontak maak met haar of die kleintjie nie. ons as sy oupa en ouma het al die hospitaal kostes doeke,melk,medikasies,opsit in die nag terwyl mamma nog besig is met haar skool om 'n beter toekoms vir hom te bied. wat sal gebeur as hy eendag die kleintjie wil sien na bv, 10 jaar , gee dit hom dan dieselfde reg as pa's wat pal onderhoud betaal het? en mag ons van hom verwag om dan 10 jaar se agterstallige gelde terug te eis voordat ons kan toestem tot kuier regte? is hy dan ooit geregtig om te kan se hy is die kind se pa? hy is ook nie eers op die geboorte sertifikaat aangeteken as sy pa nie?
  38. Bolla
    2010/09/20 08:13:41
    Mense...ek het begrip en simpatie met mense wat doelbewus en sonder rede van hulle pappas weggehou word. Wat maak jy egter as jy 2 jaar se "gesins terapie" en beloftes van ophou drink en ophou om die kinders aan te rand agter die blad het en die ander persoon WIL net nie saamwerk nie? My kinders is vreesbevange vir hulle pa en ek het maatskaplikke verlae wat stipuleer dat hulle nie aan hom blootgestel behoort te word nie.... Ek besef daar is baie sulke mammas daarbuite maar ek het nog altyd my beste gegee om 'n verhouding tussen my kinders en hulle pa te bou. Hulle weier om soentoe te gaan en ek weet nie van julle nie maar ek glo nie dis 'n goeie idee om hulle te dwing nie.... Het iemand dalk raad oor so 'n situasie en wat die kinderwet daarvan se? Dit gaan hier om beskerming van my kinders en hulle veiligheid, ek kan nie toelaat dat die man in 'n besope toestand op en af in die strate jaag en hulle lewens in gevaar stel nie of hoe????
  39. BROKEN GLASS
    2010/09/03 09:58:07
    Om 'n baie lang strorie kort te hou, wil ek graag weet wat doen ek as enkel ma van 4 kinders almal onder tien as my ex man nie sy onderhoud van R6000.00 per maand vir alles ingesluit vir AL vier kinders nie wil betaal nie. Ja ek het 'n garnish order gehad, hy het bedank by sy werk om weg te kom daarvan, so wat help dit in elke geval. Hy dra nie by tot kinders se emotionele toestand by nie, bel nie, het vir vier jaar vir nie een van die kinders 'n kers of verjaarsdaggeskenk gekoop nie, nie eens gebel nie, ens. ek kan aangaan tot in vervelens toe. Hy het my al gedagvaar vir "anulment", en nie by hof opgedaag toe die saak voorgekom het nie? Nou wil hy my dagvaar omdat hy nie die kinders sien nie, en elke keer kos dit my geld om my kinders te beskerm. En die 30 keer in 3 jaar wat hy wel die kinders gesien het, was daar 22 verskillende meisies? Enige raad, wie beskerm die wet eintlik??? Help my niks
  40. JOHAN
    2010/08/30 12:05:44 nm
    ek betaal gereeld elke maand my onderhoud vir my seuntjie van amper driejaar. my ouers koop AL SY KLERE. sy ma bly by haar ouers twee uur se ry van ons af. ek wil net weet van watter ouderdom af mag my kind alleen kom kuier.
  41. c s
    2010/08/26 11:56:09
    hey ek het n ou met 2 seuns van 5 en 2 1/2.ek en hy is nou al seker n jaar en n half saam ons bly ok saaam.ons sien die kinders elke naweek behalwe die laaste naweek van die maand dan dit ma sien maar 90% van die keer kom hulle na ons toe want sy het goed an en kan hulle nie vat.ons wil he hulle moet by ons kom bly want ons kan beter na hulle sorg.hulle is van 6:30 tot 5:30 by die kleuter skool.my ou werk van 6 tot 3 en ek werk nie op die huidegetyd nie.sy bly in n dubel moterhuis wat omskep is in n voonstel die kinders deel n bed en n kamer saam ha ha huis is nooit skoon en ruik sleg en skotelgoed nooit gewas hulle altyd siek.by ons nie,by ons het hulle hulle eie kamer en altyd skoon.in n jaar was hulle al n 4 skole en het al 5 keer getrek ha ou nooit da en as hy da is en hulle is dan ry hy.hulle wil ok niks van hulle ma weet nie dit is n geskop en gehuil elke sondag en klou an ons.ons betaal vir als en sy kla net as onderhou n dag laat is "wane kry ek geld ek het my geld gebruik vir kinders vir kos" HELLO HULLE IS JOU KINDERS OK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ons het ha n ofer gemaak gee hulle vir ons en sal jou an hou onderhoud betaal ma wil ni sy se sy die enge ma ens. sy se ek moet nog groot word.ja ek is net 23 ma het my sus groot gemaak van 10 en 12.kan imand my asb help.ek sien hulle as my eie en is so lief vir hulle.asb help my en hulle pa se verhouding vat n tol.
  42. cherease
    2010/08/26 11:07:38
    hey ek in n verhouding met n ou met 2 seuns van 4 en2.ons wil graag he hulle moet by ons bly ons is al n jaar en n half saam en bly saam ons sien hulle elke naweek en sy het die laaste naweek van di maand en 90%van die keer vat sy hulle ni ons betal als vir hulle hulle is van 6:30 tot 5:30 by skool sy trek baie en hulle was al in 4skole in die tydperk hulle deel n bed en n kamer met ma.by ons het hule hule eie kamer.welsyn se hulle kan niks doen ons moet ha uit help.ons ha gese gee ons hulle en jy kan onderhou hou ons sal wat doen om hulle te kry hulle mal oor my wil ok niks van ma weet ni huil elke sondag vir my en my ou.help asb
  43. christa
    2010/08/25 10:14:13 nm
    ek wil graag weet die wette van kinders en ours, my man kan nie sy kind sien nie, en ja die onderhoud het geskiet van januarie tot nou die mnd na 5000.00 hoe de heck, en my man mag niks se nie hy moet uithaal en wys die kind is 18 jaar oud weet nie eers of hy in skool is alle kontak word weerhou, die dokumente lyk regtig vervals, want bel jy die betrokke hof is daai persoon nie daar wat nou, help asb ons selaris is maar 7000.00 hierdie maan d ons rekening beloop 9000.00 en ons kan nie bly leen nie die dokument se 1000.00 en dan is daar met pen onderaan geskryf, let wel nog 2000.00, ek kan nie glo dat dit gedoen word nie ek meen enige hof dokument moet gestempel word,
  44. Petro Kritzinger
    2010/08/25 12:09:50 nm
    Hi. Ek is in die proses om te emigreer na Nederland en is my kinders nog in Suid-Afrika tot alles afgehandel is en ek ook werk hier gekry het. My dogter is nie 'n probleem om hierheen te bring nie, aangesien my eks man nie haar biologiese pa is nie. My seun is egter die probleem. Toe ons geskei is is sorg aan my toegeken, maar bly hy tans nou by sy pa aangesien ek hom nie noual hierheen kon bring nie. Ek behoort teen volgende jaar hom ook hierheen te kan bring, maar het sy pa gese dat hy nooit toestemming sal gee dat hy hierheen kom nie en ongelukkig het ek sy toestemming nodig. My seun is nie gelukkig om by sy pa te bly nie en wil graag by my wees. Wat is my seun se regte? Mag hy sê dat hy by my wil bly en is sy pa dan "verplig"om toestemming te gee?
  45. petrie thirion
    2010/08/23 07:58:22 nm
    hi ek is n pa van n 3jarige seuntjie hy en sy ma het vi di afgeloop jaar by my gewoon tot 2mande trug wat ek di mandag by uis gekom het van di werk af toe het sy pad gevat en van da af sukil ek om imand te kry wat my kan help met di nuwe kindir wet want sy was 2weeke weg toe hul di eerste keer kontak gemaak het en da na toe ek weer wou kontak maak toe slaap hy kamenstag maar toe bigin sy ma en haar ma om my te dryg en te se as ek ni oneroud betaal ni moet ek my kind af tekin en van da af is ek gewyer om kontak te maak met hulle deur di welsyn en toe ek hom op sy vijaarsdaggie wou kontak toe hulle tel voone af en toe my ma kontak toe sy uiteindilik deur gekom het toe druk hul voon dood en da na stuur my seun se ma n sms wat se ek het geen reg om kontak met my kind te maak ni tot dat sy geld kry van my af ni as da i mand is wat my kan help met di nuwe kindir wet sal ek bly wees da voor want sy is ni gevoet om na my kind te kyk ni groete petrie thirion
  46. Marzelle
    2010/08/18 11:31:59
    Ek is 'n ma van 'n 4 jarige seuntjie wat geskei is en my kind gaan elke 2de naweek na sy pa soos ooreengekom. Ek verstaan dat ons volle ouerlike regte en verantwoordelikhede het,maar wat as my kind se pa alkohol misbruik oor naweke wat my kind in sy sorg is en die feit dat hy my voor my kind aangerand het? Hoe dan? Beteken dit nou hy kan maak wat hy wil en nogsteeds my kind sien al het my kind 'n knou van hom gekry?
  47. stephanie
    2010/08/17 03:23:49 nm
    kan jul asb vir my laat weet wat my regte op my biologiese kind is wat op die huiduge oomblik in pleegsorg is???
  48. Ouma
    2010/08/16 03:38:38 nm
    Ek voel uit die diepte van my hart vir elke pappa wat nie sy kind mag sien nie. Ek stem saam dat die parental plan en sommer die hele regstelsel 'n klug is. My seun is in Duitsland en kom net elke 3 maande SA toe, maar hy mag nie sy dogtertjie sien nie want haar mamma se "boyfriend" wil dit nie he nie. Ons was na die sogenaamde Landdros asook 'n maatskaplike werkster. Altwee is vrouens en hulle is uit en uit vir die mamma. My seun mag wel sy dogtertjie sien, maar slegs by 'n openbare plek soos die Spur / Wimpy ens. Hoe kuier 'n pappa met 'n 2 jarige by so 'n plek?? Dit is nie asof sy stil by 'n tafel gaan sit en 'n gesprek met hom kan voer nie. Hulle raak ook gou moeg van al die speel.
    Ons woon 150km van sy dogtertjie af en hy kan nie sommer elke dag daarheen ry om met haar te kuier nie. Hy gaan hy ooit 'n band met haar bou op die manier nie. Ons gaan September weer probeer by die landdros en dalk kan hy haar hierdie keer sien. Laat weet asb as daar iemand is wat hierdie pappas kan help!
  49. Nic
    2010/08/04 09:25:04 nm
    Christa, ek stem 10000% saam met jou:

    Die kinderwet is 'n KLUG.
    Parenting Plans en hofbevele is 'n KLUG

    WAAG ek om te doen wat die ma van my kind huidiglik aan ons doen en ek sit met my gat in die tronk voor jy kan se "kinderwet".

    Ek is op moed-verloor vlakte - soos jy sal agterkom as jy my webwerf by www.home-page.co.za besoek.

    Om eerlik te wees....ek weet nie meer of ek moet aangaan om te baklei of net dood eenvoudig moet opgee nie? Jul sal seker se: "maar jy baklei dan nog net 2 maande" - dis waar ja, maar in twee maande het ek (in my opinie) ALLES gedoen waaraan ek moontlik kon dink.

    HUMANITY is besig om sy gat te sien - die bewyse le in wat die mensdom TOELAAT om met hul kinders te gebeur - dit is SIEK.

    Vir die wat dit lees en moontlik iets kan/kon doen en nagelaat het om dit te doen - jy is ook skuldig in my oe.

    Anycase, ek kry baie navra vir 'n afskrif vir die sogenaamde kinderWET - te veel om aan almal te pos - laai dit gerus af by my website as jy naief genoeg is om te dink dit gan jou help.

    Sterkte vir almal (ek sluit die ma's wat sukkel OOK in) - in my opinie behoort daar nie onderskeid getref te word tussen ma/pa nie - 'n kind het ALBEI ouer nodig. Mind you...dit is nie net MY opinie nie, maar ook die van duisende studies wat al gemaak is.
  50. CHRISTA
    2010/08/02 09:14:40
    En ja die nuwe wet help net mooi niks, want gaan jy na jou andros om die saak aan te gee se hul sorry hul kan dit nie doen , jy moet na die hof gaan waar die kind bly, maar hoe moet jy nou afvat by werk want die kind bly 1200 km van waar jy bly, en jy smeek almal, want jy het jou kind 2 jaar laas gesien, WAT NOU
  51. Mars
    2010/07/23 12:57:27 nm
    'n Pa wat baklei om sy kinders te sien is GREAT! Hoeveel keer sien 'n mens pa's wat glad nie omgee vir sy kinders uit sy vorige huwelik/verhouding nie. Thumbs up!!
  52. Gerda
    2010/07/21 11:29:08
    Hi, ek is so bly die wet het bietjie verander na die man se kant toe so baie vrouens maak nie reg met die mans nie. Soos my vriend se ex, toe sy verwagtend was het hy nie eers geweet van die kind nie met geboorte het hy vir die 1ste keer uitgevind. Sy wil die baba op gee vir aan neming maar hy wil haar he en sy weier. Die DNA toets is nog nie eers gedoen nie maar sy soek onderhoud geld en sy weier dat hy die baba kan sien en grap is die baba is nie eers by haar nie maar by haar susters. Dit is so hartseer. Net jammer sy prokureur vat sy tyd en die koste is al hoe hoog.
    Gee asb raad of verwysings na mense wat hom kan help.
    Baie dankie
  53. francois van huyssteer
    2010/07/19 10:42:39
    Kan iemand ons verwys na n welsynwerkster wat ons kan help ons soek dringend raad asseblief
    DANKIE
  54. Anoniem
    2010/07/17 02:30:54 nm
    Vra my ek as Ouma ken die hartseer wat `n buite egtelike kind kan veroorsaak. My seun is nie
    getroud nie (hulle het lank uitgegaan en was van plan om verloof te raak toe sy swanger raak) agv van haar ouers wat weier dat hul kontak mag he nadat hul in ekstase was oor die swangerskap. Hulle het nou getrek en dit kos my kind R6,000 om te gaan kuier en dan beperk sy die kuiers (vlieg, verblyf en kos) My seun se saak het in die hooggeregshof gedraai wat hom R70,000 gekos ~ gelukkig het hy "shared custody" en kan sy geen besluite sonder hom neem nie. Hy het vir die bevalling betaal en betaal maandeliks baie meer as wat nodig is (vlg die prokureurs) hy betaal ook nou die skool waarheen sy kind gaan. Die hartseer wat so iets bring is onbeskryflik, maar ons glo eendag sal die wiel draai en hulle sal hul eie vrugte pluk.
    Ek wil net se as ouer (PA) hou jou kant skoon en probeer gereeld kontak maak via mail, brief of sms en hou die bewyse asook van alles wat jy ook betaal sodat jy `n voet het om op te staan indien jy stappe wil neem. Dit het my kind gehelp om sy saak te wen en kry die beste prokureur en advokaat wat spesialeer in kindersake om jou te help dit kos geld maar as jy ernstig is is daar ongelukkig nie `n goedkoop manier nie. My kind het na 3 jaar sy saak gewen en het gedeelde toesig gekry.
  55. Dolla
    2010/07/16 04:54:42 nm
    My verloofde se eks vrou is die ergste graad van alles. Sy het menige kere vals aanklagte teen hom ingedien want sy wou hom laat opsluit. Hy moet altyd mense by hom he om te verhoed dat sy dit doen. Die polisie is al sat van haar, maar moet luister anders dreig sy hulle. Toe gaan verdraai sy die storie en vertel die kinders dat hulle pa haar wou laat opsluit. Dit het 'n tydjie geneem, maar hulle begin nou agterkom wat gaan aan. Ons het vir hulle die betalingsbewys gewys van watter gelde oorbetaal word en dit heel kalm met hulle bespreek al is hulle nog baie jonk. Later het hulle kom kla dat hulle niks kry nie, want sy spend alles op haarself (dis 'n paar duisend rand). Hulle gesindheid het reeds verander. Bly net kalm, jou kinders sal die waarheid agterkom een of ander tyd. Die wet is ongelukkig ook nie altyd regverdig nie. Die wat geld het kan prokureurs bekostig en vals voortgaan en boonop die hele magistraat laat omkoop om ware klagte teen haar te laat afskryf en dan die vals klagtes teen hom ook terug te trek. Dis om van siek te word. Sy is die naam "ma of vrou" nie werd nie. Die kinders kom nou agter wie is die leuenaar.
  56. Kobus
    2010/07/15 11:08:34
    Ek word nou al vir meer as 4 jaar van my kind weerhou. My eks het my naam beswader en vertel vir almal ek is Psigopaties en reken ook dat ek haar en my kind aangerand het. Met die nuwe wet hoop ek om baie binne kort my kind weer teen my vas te hou. Al die Ma's wat julle kinders weg hou van hulle Pa's af - jy doen jou kind die grootste onreg ooit. Ek moes eendag uit my kind se mond die vraag hoor oor hoekom ek in die tronk is. Leuens word vir die kinders vertel en die Pa word altyd sleg gesê. Maar daar is 'n wiel wat draai. En as die wiel gedraai het is daar ander dinge wat ook gaan draai.

    Vir die Pa's wat van hulle kinders weerhou word. Hou moed. Veg vir jou kind. Jy het regte op daardie kind, maak nie saak of jy onderhoud betaal of nie. Dit is jou kind en jy het die reg om te baklei om jou kind te sien.
  57. Venessa
    2010/07/07 11:30:48
    Al die Pa's en Ma's, Oupa's en Ouma's wat so kla dat julle onderhoud betaal maar nooit die kinders sien nie STOP vir n oomblik DINK, daardie geld word vir jou kind/kleinkind aangewend vir kos en klere sodat JOU kind nie hoef af te steek by maaitjies of honger en dors te gaan slaap nie.JOU kind sal eendag as hy groot is weet my pa/ma het so baie omgegee om elke maand my onderhoud te betaal, Ongeag die bakleiery met my pa/ma. So Ouma voordat jy weer kla jou seun betaal so baie, dink net daaraan dit is vir sy kind, n mens kan nooit te veel gee vir jou kind nie.
  58. Freda
    2010/07/06 08:55:59 nm
    Ek dink die belangrikste woorde is: Rights and resposibilities! GEEN ouer behoort regte te he as hy nie ook resposibilities wil he nie! Finish en klaar!!!
  59. FRANCOIS VAN HUYSSTEEN
    2010/07/06 07:49:49 nm
    Ons het al gevra vir die nuwe kinderwet ons het groot probleme met ons seun,hy was nie getroud met die vrou nie maar hulle het saam 'n seun , sy het so jaar gelede begin werk toe begin alles skeef loop sy het 'n verhouding met 'n ander man bly tans by hom sy stel glad nie belang in in kleinseun nie hy sal volgende maand 3 jaar oud wees sy was geen klere van hom nie dra geen geld by nie.As sy nie te veel werk het nie sien sy hom so uur in 'n week. Ons was by ons plaaslike welsyn maar hulle het tot nou nog nie haar ondersoek nie, die eerste welsyn werkster het haar kant gevat sonder om na haar dinge wat sy doen te kyk. Nou is ons raadop ek kyk bedags na my kleinseun en as my seun by sy huis is dan sien hy alleen na hom om. Sy hou van uitgaan saam baie mans so die reeling dat my seun en ons na die kind kyk pas haar nou het sy geen verantwoordelikheid nie sy kan ook baie goed jok sy draai enige iemand om haar pinkie, my seun gaan sy huis nou opgee as gevolg van die finasiele skuld waarin sy hom gedompel het .Wat staan ons te doen ons is raadop BAIE DANKIE
  60. Anoniem 1
    2010/07/06 11:07:16
    Kom ek vertel julle vandag eending, my verloofde se eks hou sy kind van hom af weg, hy het hom meer as n jaar laas gesien, ons het n vermoede dat sy eks die kind gevat het en Durban toe getrek het. Sy het n interdik teen hom en dan nogsteeds lok sy hom om soontoe te kom (dit het nou gestop) wetend dat as hy sy voete daar sit dan bel sy die polisie en laat arresteer hom. Sy vertel vir die kind dat sy pa hom gelos het en niks met hom te doen wil he nie, wat nie waar is nie, sy het hom nooit die kans gegee om sy eie bloed te leer ken nie, syt is die een wat hom weghou van sy pa af Ek voel as hy nie sy kind mag sien nie, dan hoef hy ook nie onderhoud te betaal nie. Sy wil he hy moet onderhoud betaal maar mag nogsteeds nie sy kind sien nie. Hy is 'n goeie pa, regtig, die beste een indien moontlik, hoekom sy nie sien watse onreg sy aan daardie kind doen nie, gaan my verstand te bowe....
  61. Nico
    2010/07/04 02:31:19 nm
    Die nuwe kinderwet en "children's bill" is beskikbaar by www dot home-page dot co dot za
  62. Bekommerd
    2010/07/01 05:17:20 nm
    Ek's heel bekommerd oor my suster wie twee buite-egtelike seuntjies saam haar ex het. Hulle sit nou in 'n situasie waar hy weier om enige dokumente van haar prokereurs te teken om oor een testem met hul "visitation rights". Hulle deel die kinders vir die laaste 3 jaar een week aan en een week af. Hulle het die kinders by 'n arbeidsterapeut en by "social services" en hy a.g.v die "nuwe" kinder regte wet doen NET wat hy wil. Hy neem die kinders waarheen hy wil wanneer hy wil en wanneere my suster omgekrap daaroor raak stuur hy haar 'n brief deur sy prokereur en beskuldig haar as 'n slegte ma.
    Hy klae dat hulle skool fooie te duur is, maar weier dat die kinders in 'n meer bekostigbare skool wat nader is aan ma gesit te word. Hy weier om te help om skuld wat hy gemaak het terwyl hulle saam was te help af te betaal maar dring daarop aan dat hy NET skoolfooie sal betaal. Sy inkomste is twee keer groter as hare maar hy bly nog by sy ouers.
    Ek verstaan nie waarom niks gedoen kan word om dinge tot 'n einde of meer regverdige einde te bring nie. Dit kos my sussie 'n fortein om 'n brief aan hom te stuur deur haar prokereur, en haar ex weier om enige iets te teken.
    Ja ons almal reken dis 'n goeie ding dat die wet nou alles regverdig maak, maar hoekom kom mense soos my suster se ex weg om afhanklikheid te neem en sy kan glo niks daarom trent doen nie????
  63. mevrou nommer 2
    2010/06/28 12:52:14 nm
    Interessant hoe dit waaroor mense tot egskeiding gedryf het die geveg tussen hul bly lank na dat hul geskie is. Hoe nou gemaak wanneer die pa sy werk verloor en geen ander werk kan vind nie - moet die nare stiefmamma wat geensins betrokke was by die egskeiding nie - nou die eerste mamma se verantwoordelik teenoor haar kind nakom?
  64. Dis 'n KLUG
    2010/06/27 11:36:31 nm
    Dis 'n KLUG, d.i. die kinderwet en hofbevele : my x vrou het my kind "ontvoer" na 'n ander provinsie - TEENSTRYDIG met 'n hofbevel en die kinderwet - ek weet nie eers waar hy bly nie.

    Ek en my kind had 'n WONDERLIKKE verhouding maar ek sien hoe begin dit "deteriorate" by die dag - hy word geleer ek is nie meer sy pappa nie ens.

    Dink jul die hof of SAPD doen iets? DREAM ON !!!
  65. Antioniem
    2010/06/22 12:16:49 nm
    ek het my kind se pa gedagvaar vir onderhoud 3 jaar terug ek is by 'n prokereur en glo my daar word niks gedoen nie,, ons het seker al 4 hof datums gekry waar hy nie by 1 op gedaag het nie.hy bly in hartenbeespoortdam dus al wat ek weet ... ek het al 4 maande terug my prok gevra om 'n opspoorder te kry blykbaar kry hul hom nie in die hande nie ek is nou so moeg en dit kos my klomp geld vir die prokeruer wat niks doen nie en dus nou al 2de prok wat ek by is oor onderhoud.. ek het hom al gevra om die Kind af teken maar hy weier maar hy wil ook nie die kind sien nie??????????? ek is moedeloos!! as ek my ex man bel tel hy altyd op en as ek vra vir geld dan se hy hy sal sien!!
  66. Nic
    2010/06/06 09:30:50
    Ek het 'n afskrif van die nuwe kinderwet van April 2010.

    Mail my gerus as ek dit vir jou met aanstuur.

    Sterkte

    Nic

    n at ntec dot co dot za
  67. Nic
    2010/06/06 09:26:39
    Aan Anoniem van Polokwane:

    Dit is UITERE ONSIN !!!! My seun he nagte lank by my oorgeslaap sedert hy 2 jaar oud was.

    ONTHOU dat die nuwe wet aan jou PRESIES dieselfde regte gee as aan die moeder.
  68. Ella du Toit
    2010/06/02 11:47:22
    Ek en my man is geskei weens 'n derde persoon en het volle toesig ontvang vir my seun. My eks man het die eerste 3jaar van sy lewe baie min kontak gehad en sedert my seun 5 geword het het hy aangedring op naweek besoeke. Hy kom haal my kind elke 2de naweek van die vrydag aand tot sondag aand en dan hoor my seun tot die vlg 2de week wat hy hom kom haal eers weer iets van sy pa. My kind is baie emosioneel en verlang baie na my en as hy vra om met my te praat weier sy pa want hy sê dit is sy naweek tyd. My seun is nou 7 jaar oud en ek wil net weet as my kind nie na sy pa toe wil gaan nie of ek hom moet dwing. Wat is my regte as 'n ma. Hoe kan 'n mens jou kind na 'n huis toe stuur waar hy ongelukkig is en net aandag kry as dit hul pas
  69. Advies itv die wet
    2010/05/27 06:03:55 nm

    Family Law Clinic
    Head Office Somerset West Tel 021 8529628
    Fax 086 537 5579
    E-mail info@familylawclinic.org.za


    Cape Town Tel 021 4619891
    Strand Tel 021 8537994
    Mitchell’s Plain Tel 021 3912176
    George Tel 044 8743603

    Head Office in WC but might open branches elsewhere, possibly one in Gauteng
  70. Annoniem
    2010/05/26 01:04:45 nm
    Ek wil weet hoekom is die wet nou net aan die pa se kant,ek is geskei my ex bel sy kind net wanneer hy een dag onthou dat hy nog n kind het.Hy stuur die kind se ounderhoud wanneer hy wil en nie eens die volle ounderhoud nie.Hy bel die kind maak beloftes en kom dit dan nie na nie.Die kind se skoolwerk lei dan daaronder .Die kind is al so,as die pa bel se die kind hy wil nie met die pa praat nie want die pa kan net lieg.Wat help dit die wet se nou die pa moet deel wees van die kind se lewe as hy die kind net emosineel afbreuk,want dit is wat hy doen.Dit is nog net die kind wat weer onder hierdie nuwe wet moet lei.Dink net wat die gevolge gaan wees veral onder kinders wat die pa nog nooit gesien het nie en nou moet hy of sy na n pa toe gaan wat sy / hy nie eens ken nie.Waarheen gaan hierdie land van ons,KAN ONS LEIERS DAN NIE SIEN WAT AAN DIE GEBEUR IS NIE.DIS VAN SULKE DINGE WAT ONS KINDERS DAN HULLE UITWEG NA DWELMS NEEM EN IN DIE TRONKE OP EINDIG.want waar was die pa toe daai kind "hom" nodig gehad het,hy het verkies om sy los vrouens gelukkig te hou in plaas van sy kind..................................................???????????????????????????????????
  71. Johan Barnard
    2010/05/21 06:26:16
    Hi ek is geskei en die ma het my seun gekry sy het my kind aan en af vir my gestuur mmy seun wou van dag een nie by sy ma bly nie ek het hom groot gemaak tot op die ouderdom van drie ek soek nie eers onderhoud vir die kind as hy by my kom bly niema al wa oor dit vir ha gaan is die onderhoud geldek wil ook weet wat weet n hof van wat die beste is vir n kind en wat is n ma beter as n pa ek het my seun groot gemaak sy ma weet nie eers wat dit is om n botel te maak nie of om n doek om teruil nie of om in die nag wakker te sit met n siek kind nie want sy het did noot gedoen nie die punt is my seun is 9 jaar oud en wil by my kom bly ek het nie duisende rande om te spandeur in n hof wat staan my te doen baie dankie groete Johan en Steyl Barnard
  72. Annoniem
    2010/05/20 10:50:47 nm
    Hi ek is ook n ongetroude pa het my dogter nog nooit gesien nie.Ek was so bly toe ek die artikel lees . Ek het gedink dit sal nooit gebeer nie. maar dankie julle.Nou is daar hoop vir my en my dogter. Al ken sy my nie. Ek het haar nog altyt in my gedagtes gehou.Ek het elke jaar om getel en gehoop die dag gaan kom.
  73. Katrien
    2010/05/19 02:05:31 nm
    Hi,
    Ek is nou mal gesoek op die Net. Is daar 'n kinderhof in Pretoria? Waar kan ek uitvind waar daar orals een is?
    Dankie!
  74. Ella Flemix
    2010/05/17 09:42:30
    Ek is ook een van die ouma wat teen dood loop straat eindig het julle die Sonag nuus in die koerand van 9-05-2010 gesien van NG WELSYNDIEWE ek stem saam dit is so want hulle gee nie om verarm mense nie hulle maak beloftes en praat net n klomp nonsens
  75. Susan
    2010/05/16 10:37:22 nm
    Wat kan ek as ouma doen om haar kleinseun te sien wat ek vir 5 jaar groot gemaak het,vandat die ma met die man getrou het wat nie die kind se pa is, en nadat ek vra begin vra het oor goed wat die kind vir my gese het, nou mag ek hom nie sien.EK was al by die welsyn en die hof en loop net teen mure vas.Daar word interdikte teen my gekry omdat ek vra vra wat hulle nie van hou dit gaan nou al vir 7jaar so.Want die goed wat ek vra sien ek in 'n ernstige lig en niemand luister wart ek vir hulle se nie.Die ma het iets met haar suster laat gebeur en vir haar gese sy moet stil bly so as sy so iets kan doen dan kan sy dit met haar kind ook doen en ek sien die dinge en toe ek vra begin vra toe mag ek hom nie meer sien.
  76. Anoniem
    2010/05/13 12:59:13 nm
    Wat gebeur as die saak by die kinderhof gesluit is? En as 'n gesinsadvokaat aangestel is om 'n ouerskapsplan op te stel en die betrokke kind wettig in een ouer se sorg is na 'n skeisaak? Le die besluit nie dan by die hooggeregshof oor wie die kind mag sien en wie nie? Is dit nie dan 'n saak van meriete nie? Soos bv vorige gedrag in wat tot 'n sifiele saak van bv emosionele teistering kan lei? Dis goeie nuus vir die goeie pappas, maar baie slegte nuus vir die mammas wat slegte pappas gelos het of anders om. Daar moet seker 'n mate van meriete wees aan elke saak. Elke saak is tog uniek.
  77. vir marius
    2010/05/11 02:06:52 nm
    Onderhoud: As sy hof toe gaan en 'n saak oopmaak teen jou vir onderhoud, word 'n brief/aanmaning na jou gestuur na jou resident adres. As jy nie opdaag by die hof nie, en gewoontlik ook nie die eerste keer nie, dan sal die landros die garnishee instel. Onderhoud moet betaal word tot 18 en as die betrokke kind verder studeer, tot hy dan klaar studeer het. Sekerlik is jou seun groot genoeg om te besluit of hy jou wil sien of nie. Dalk dink hy jy het hom weggegooi soos so baie pa's doen, maar indien nie, kan dit wees dat jou x vrou nie hom vertel dat jy hom wil sien nie. Die meeste van die prokureurs sal nie sulke inligting gee nie want dan gee hulle raad vernuut weg of hulle weet dat jy nie terug sal kom nie. Jy kan na die hof toegaan en 'n onderhouds beampte gaan sien. Jy sal die heel dag in die ry moet sit, maar daar sal jy duidelikheid kry oor hoe dit gebeur het. Sterkte
  78. NOU WONDER EK
    2010/05/10 04:18:17 nm
    Pappa wil nie erken hy het kinders nie, kuier nie, belowe om te kom kuier en daag net nie op nie. Ek kry R350.00 vir die laaste 5 jaar want om hof toe tegaan en bedel vir geld is nie lekker nie. Die ouma aan pappa se kant het tot vandag nog nooit gebel om tevra leef hy nie. Vandat my kind gebore is het pappa hom altesaam sekerlik 40 uur gesien en dis die drie partytjies inkluis. Sy ouer seun wil hom nie sien nie en kan hom nie eens onthou nie. Ek wys my kind maar foto's om hom te wys hoe lyk sy pa, aangesien hy eenkeer vir hom 'hallo oom' gese het omdat hy nooit kom kuier wanneer hy gevra het nie. Ons seuntjie het die laaste keer vir hom gevra wat hy by ons doen, want hy is nie lus vir sy stories nie, hy wil hom pakslae gee maar hy ken hom nie eens nie. Wat nou gedoen. Moet ek my seuntjie daar laat gaan oorslaap, hy kan nie meer onderhoud bekostig nie maar wil nou kamstig die kind naweke kry, watse kos wil hy vir hom gee, wie gaan dit koop as hy nie onderhoud kan bekostig nie. Die pappa's wat so vinnig se dat hulle die mamma's nou gaan aanvat beter hulle feite reg het. Vir die pa's wat regtig geweier word al is hulle goeie ouers,alle sterkte. Ek sou wat wou gee dat my kind met 'n pa groot raak soos wat ek 'n pa gehad het. Nie iemand wat die kind by ander mense los sodat hy kan gaan drink saam met sy vriende nie. Ek is reg. Ek het al my bewyse. Ek maak my kind baie eerlik groot. As hy my iets vra, vertel ek hom die waarheid op die beste moontlike wyse. Ek het nog nooit die pa sleggemaak nie. Eendag moet pappa maar self verduidelik waar hy was en hoekom die meisies se kinders voorkeur gekry het. Ek sal enkel bly tot die dag dat my kind gaan werk en onafhanklik is, maar weer deur die hel gaan, nie ekke nie!!!
  79. from a YOU reader
    2010/05/06 04:10:04 nm
    #
    Happy Dad
    2010/05/06 01:02:40 PM
    The law is active but not everybody has been trained on it.
    I live in johannesburg and have approached family court and my matter is almost resolved using the new law as the basis for all arguments.
    You just need to speak to the right people.
    This law has saved me so much money and has helped me to force my ex to see that we need to be mature for the sake of our daughter.We are now on speaking terms instead of screaming terms.
    I strongly recommend that all fathers that are having their rights violated approach the family court.
  80. vir regsopinies
    2010/05/06 02:19:34 nm
    ernoswanepoel@gmail.com
    Advocate and Legal Researcher for book on the Children's Act.
  81. sien boek vir antwoorde
    2010/05/05 04:09:31 nm
    Aan almal met vrae van allerlei aard. Praktiese verstaanbare bespreking van wet in hierdie nuwe boek. Kyk veral na hoofstuk 3 betreffende ouerskap, ouerlike regte en verantwoordelikhede. >>


    All spheres of government and civil society have to co-operate and prioritise rendering the services
    provided for in the Children’s Act. A Practical Approach to the Children’s Act covers every aspect of
    the law governed by the Children’s Act, ensuring that all factors are taken into account when making
    assessments and formulating advice.

    • parental responsibilities and rights
    • children’s courts
    • protection of children
    • identification of children in need of care and protection
    • adoption
    • child abduction
    • surrogate motherhood
    Accessible and straightforward in its approach to the subject matter A Practical Approach to the Children’s Act is a complete, user-friendly guide that will assist you with the practical implementation of the Act.
    Readers will benefit greatly from the clear suggestions and instructions in the publication, as well as the notes indicating the appropriate regulations and forms at each section.

    A Practical Approach to the Children’s Act
    ISBN: 9780409032819

    To order your copy call 0860 765 432

    Publisher:
    LexisNexis, PO Box 792, Durban, 4000
    0860 765 432
    0866 822 830
    www.lexisnexis.co.za

  82. anoniem
    2010/05/01 10:07:04 nm
    ek was n enkel ouer maar is toe getroud en het n wonderlike man gekry. my seun se pa betaal nie onderhoud nie maar steeds het ek gevoel hy kan sy kind sien as hy wil ma hy doen nie die moeite nie so dit pas my ook.

    my probleem is soms is da mammas en ook pa's wat onredelik op tree en dink nie vir n oomblik wat die arme kind wil he nie. my man het n dogtertjie van 7 by n ander vrou en hy betaal sy onderhoud elke maand r1250-00 . ons het het ook soms swaar en dan is dit soms laat maar sy kry elke maand se geld.

    die kind was in die begin net met toesig deur haar ma aan ons gegee om te kuier en toe raak dit een aand n naweek die jaar toe raak dit n naweek n jaar en die reelings word als deur die ma gemaak. ek dink dit is onregverdig want my man betaal sy onderhoud die kind is lif vir ons en vra altyd of sy nog kan kuier maar die ma laat dit nie to nie.toe sy nog n baba was was ons heeltemal uit haar lewe weg gehou.

    ek vra is daar iemand wat ons kan help.
    0826139648
    baie dankie
  83. Anoniem
    2010/05/01 06:56:11 nm
    Wonderlike nuus !! My seun het duisende betaal en sy saak het in die hooggeregshof gedraai net om sy 2 jarige seuntjie te mag sien op `n gereelde basis. Dit is hhog tyd dat die hof die Pa se kant in baie gevalle is die Pa `n beter ouer as die ma.
    Karen du Plessis ek stem ten voll met jou saam
  84. Dewald
    2010/04/30 03:20:05 nm
    Belinda, jy kan alle wette ens kry by http://www.acts.co.za/......

    Enkel ma van Pta, ek verstaan jou punt. Die wet is nie net aan die pa se kant nie maar wel het die pa meer regte as tevore. Jy moet net die regte advokaat kry wat sy werk ken met kinder regte.
  85. Belinda
    2010/04/29 06:24:34
    Hi
    Ek wil graag weet waar ek die nuwe wet kan besigtig.
  86. gerhardus nel
    2010/04/23 01:48:20 nm
    ek is ook deur n vrou wat verlief geraak het op n ander ou deur mixsit geontmoed toe is ons uitmekaar toegee sy my tweeseutjies vir die welsyn want sy wou nie gehad het hulle moet by my en my ouers bly nie hulle het hulle in pleeg sorg gesit ,ek kon hulle eers sien maar nou nie meer nie want die welsyn is besig om hulle te laat aanneemen ek wil weet of daar nie iemand is wat my kan help nie want ek sal hulle nie afteken nie dan kan ek maar eerder selmoord pleeg want my ouers is ook bereid om my met hulle te hel want my ma het na hulle gekyk indie dag want sy kon nie,sy het haar eerste kind ook vir die welsyns gaan gee wat ek nie geweet het nie
  87. Enkel ma van Pta
    2010/04/22 08:13:22 nm
    Ek wil weet hoekom is die wet nou net aan die pa se kant? Hy is die een wat besluit het ander vrouens is belangriker as sy gesin en sy kind! Nou eweskielik moet ek net spring as hy hied en gebied! Hy betaal nie onderhoud nie en wil sy kind sien net wanneer hy wil! Sekerlik het ek as ouer ook regte! Nie net hy nie? Wys jou net hoe die wet teen die misdadegers se kant is!!! Hul wil rond hoer en remoer, nie verantwoordelikheid neem vir hul dade en nogsteeds net kom en gaan soos hul wil en jy moet maar net spring!!! Dis verregaande belaglik en nie regverdig teenoor ons enkel ma's nie! Hy't aanbeweeg met sy lewe maar gun my niks nie. Nie eers die geleentheid om 'n naweek alleen saam met my kind deur te bring nie! VARK!
  88. Dewald
    2010/04/21 11:40:33
    Ek was die beste pa vir my 2 kinders maar a.g.v. die #@$ wet het ek aan die kortste end getrek. Ek moes baklei en deur erge hof sake gaan (waar ek valslik beskuldig is) en duisende rande betaal net omdat die vroulike gedeelte van die wet julle vrouens meer regte gee as die vader wat totaal verkeerd is.
    Te danke aan Father 4 Justice, het ek lig aan die einde van die tonnel gesien. Hulle het dieselfde deur gemaak as die meerderheid pappas wat geskei isen iets begin doen daaraan.
    Ek sal nou meer regte kan kry en dalk my kinders, wat ek 4 keer in 4 jaar gesien het, kan kry om naweke en vakansies te kom kuier.
    Self my ouers wat my kinders groot gemaak het is geweier om hulle te sien! Die EX het alewig veskonings of antwoord glad nie die oproepe nie maar die dag as die geld nie daar is nie dan word daar gou-gou geskakel( en ja ek het als verloor en glad niks geld gehad nie, maar ek is weer bo want ek het kinders om voor te sorg wat ek nie mag sien nie al is dit nie in die hofbevel geskryf nie maar wel deur moeder geweier)
    En gaan lees maar gerus oor "Parental Alienation, Malicious Mothers, Hostile Aggresive Parenting ens. dan sal julle agterkom hoeveel n man, pa, oupa en ouma moet deurgaan a.g.v. die wet wat soos n hond se gat geskryf was.
    Ek kan nog honderde bladsye skryf oor my struikelblokke maar sal doen op n ander tyd en plek.
  89. Anoniem van Polokwane
    2010/04/20 02:17:00 nm
    Ek en my vrou is besig om na 2maande van getroude lewe nou te skei. dit is nou 2 naweke wat ek al beplan het om af te gaan en vir my kind te gaan kuier, en elke keer het sy 'n verskoning dat hulle nie by huis gaan wees nie. Ek betaal my onderhoudsgeld. Sy weier ook volstrek dat ek my meisiekind kan gaan haal en na my toe bring vir 'n week. My meisiekind is 1jr en 7mnde oud. Van kleins af het ek gehelp met bottel maak, doeke ruil ens. Volgens haar beskerm die wet haar in die opsig, want volgens wet mag ek nie my kind alleen by my he nie, nie voor sy ouer as 4 jaar oud is nie. Waar kan ek uitvind of dit waar is?
  90. Omgee MA
    2010/04/20 09:38:07
    Dis als goed en wel die "nuwe" kinderwet, alhoewel hy nie so nuut is nie. Gaan lees hoofstuk 3 van die kinderwet oor wat ouerlike verantwoordelikheid en reg is dan sien jy die volgende:

    18. (1) A person may have either full or specific parental responsibilities and rights in
    (2) The parental responsibilities and rights that a person may have in respect of a
    child, include the responsibility and the right- 15
    (a) to care for the child;
    (b) to maintain contact with the child;
    (c) to act as guardian of the child; and
    (4 to contribute to the maintenance of the child

    Jy MOET jou kind versorg, jy MOET kontak behou met jou kind, jy MOET optree as beskermer vir jou kind en dan JY MOET 'n bydrae lewer tot die onderhouding van jou kind. Jy kan nie net een van die 4 wil doen soos dit jou pas nie. En dis die probleem met (jammer maar in my geval) baie pa's. Hulle wil kontak behou en voog wees, maar hulle wil nie die kind se versorger wees nie, hulle wil nie die kind se EMOSIONELE behoeftes dra nie. Hulle wil nie bydrae tot die onderhoud en versorging van kinders nie. En dis wwaar die grootste leemte is in die wet. Die wet maak nie voorsiening om Pa's te dwing om onderhoud te betaal nie. Jy as ma kan op die ou einde van die dag 'n hofbevel vir vonnisoplegging kry as hy nie betaal nie, maar dit vat tyd en kos baie geld. Dis die roete waarmee ek nou besig is. En dis sleg, want wat se jy eendag vir jou kinders hoekom het jy hulle pa laat toesluit? Is dit die enigste manier om hulle te laat skrik? Wakker skrik? Te besef hulle is net soveel verantwoordelik vir die kinders as jy.

    Ek weet daar is BAIE, goeie pa's en ek haal werklik my hoed af vir julle, dat julle ten spyte van 'n egskeiding steeds julle kinders se BESTE belange op die hart dra.

    Ek hoop werklik in die toekoms gaan die wet meer spasie laat vir onderhoud en versorging van kinders, wat tog op die ou einde van die dag is dit OOK die kind se REG om deur albei ouers versorg te word.
  91. Lang Piet
    2010/04/19 04:46:13 nm
    Hoekom wil almal altyd hof toe gaan om toesig oor n kind te kry? As julle gesuip is en lekker pomp dink julle nie aan die nagevolge nie ne! DIT IS WAT N VROU KRY AS SY N MAN VERLEI.

    Vrede vir almal
  92. jessica
    2010/04/19 10:34:15
    hallo almal ek soek aseblief raad wil net weet wat kan ons doen my man het in 2008 sy dogtertjie afgeteken maar voor hy dit gedoen het het hy stiptelik sy onderhoud betaal maar dit was die beste vir die dogtertjie om haar afte teken want toe kon sy darm in 1 huis groot word en sy hoef nie meer in die middel van al die bakleiery te staan nie dit was net elke maand bakleire in die hof en elke keur as ons ha wou sien was dit baklei en baklei oor die foon en die ma het selfs gese sy gaan ons finansieel uit roei sy het net kort kort meer en meer geld gesoek en ek en my man het ok 'n kind wavoor ons moet sorg die prokureer van die ma het selfs een keur gese ons moet ons kar verkoop om die paiement te gebruik om vi die ma te betaal maar ons bly op plaas hoe gaan ons dorp toe kan gaan en hoe sal ons ons seuntjie skool toe kan vat as ons nie kar het nie.my man mis ha onsetend baie ons is baie lief vir haar en wil net weet wat kan ons doen om haar weer te sien.

    so ons soek asb raad wat kan ons doen om haar weer te sien.
  93. Lucille
    2010/04/19 09:43:17
    Dankie vir die terugvoering "magte". Ek het navraag gedoen by twee van die landdroskantore in my omgewing en die volgende was aan my verduidelik.

    Hulle hanteer nog nie die nuwe verantwoordelikheid van die nuwe kinderwet nie, want hulle moet nog opleiding ontvang. So die ouers moet hulle nog steeds tot die hoogsgereghof wend om 'applikasie in te dien tot en met die nuwe prosesse uitgebrei is

  94. Anoniem
    2010/04/18 06:08:58 nm
    Na maande se wroeging, kinders wat weerhou word van kontak met hul pa en my as ouma, HOERA
    is toesig en beheer aan my seun toegestaan. Finansieel het dit hom en sy besigheid geknak maar
    gelukkig kon hy weer opstaan. Nou nog net die skeisaak en dis wat sy wil he nie ons nie. Kinders is
    baie gelukkig en hulle is tog die prioriteit.
  95. magte
    2010/04/18 02:53:38 nm
    Lucille Edick, kinderhowe was nog altyd by die landdroshowe en die kinderhowe se magte is wel nou uitgebrei. En Flip, die volledige gedrukte artikel meld wel die mense hier ter sprake is ouers met ouerlike regte en verantwoordelikhede. Dus mense wat ook hul ouerlike pligte, soos onderhoudbetaling (hoewel dit nie al maatstaf is nie) nakom. In die artikel staan ook die volgende:


    “Ongetroude biologiese pa’s het reeds sedert Julie 2007 dieselfde regte as ma’s,” verduidelik Hester. “In die praktyk kon hulle egter min daarmee doen. Waar die ma byvoorbeeld ’n pa negatief gesind was of wispelturig was rakende die ‘voorregte’ wat sy hom ‘toelaat’, kon hy moeilik mede-ouerskap geniet.” Baie nie-toesig-ouers was daarom op 1 April verheug toe dié dele van die wet van krag word wat hulle groter toegang gee tot regsmiddele, in die vorm van die plaaslike kinderhof by elke landdroskantoor, sê Hester. “Daar kan hulle nou hofbevele kry oor mede-ouerskap.
    “Ouers kan hulself nou in die hof gaan verteenwoordig…
    KINDERHOWE SE MAGTE SO UITGEBREI
    Voorheen het die kinderhowe omtrent uitsluitlik met sorgbehoewende kinders gehandel, verduidelik Hester. “Landdroshowe het nog altyd kommissarisse van kindersorg gehad, nou bekend as voorsittende beamptes van die kinderhof, maar hulle kon byvoorbeeld net bevele maak wanneer kinders in uiterste nood uit ouerhuise verwyder moes word.’’
    Kinderhowe sal nou ook bevele kan maak in belang van gewone mense wat ongelukkig is oor hoeveel kontak hulle met hul kinders het…
    Tussen die interessante nuwe bevele wat kinderhowe vorentoe sal kan maak, is ook om ’n kind in ’n huishouding te plaas met ’n kind ouer as 16 aan die hoof daarvan.
    “Hulle sal uiteraard dan dispute oor kontak besleg, waar ’n kind byvoorbeeld daarvan weerhou word om ’n ouer te sien.

  96. catharina
    2010/04/18 11:44:55
    wat maak mens met n ma wat haar dogter vir aborsie wil stuur maar sy in nie meer minder jarig nie,na baba se geboorte word baba weg gevat en in veilige bewaring gesit, die baba het alles gehad klere bababedjie waantjie alles wat daar nodig is om die pragtige dingetjie groot te maak. meisie en jong man besluit om te trou maar nog steeds na 2 jaar het ouma met "hope geld" die mag in die hand ons familie aan jongman se kant sien kind amper nooit nie as ons die kind wil sien is dit altyd vir hulle probleme. jong man betaal stiptelik sy onder houd wat nou gemaak hy bly op 1 dorp en sy bly tans by haar ouers met die kind maar hul is getroud kan so n huwelik hou? kan iemand my se wat kan mens doen dat die 2 hul eie kind kant groot maak?
  97. evan veldsman
    2010/04/16 09:41:24 nm
    ek soek die no asb!!!! hene ek is so so bly!!!! ek kan my ex wys dat ek alle reg het na my kind en dan kan sy op hou die kind voor my te speel.
  98. Evan Veldsman
    2010/04/16 08:53:33 nm
    hi
    Ek stem saam met George Smit ek soek ook asb die nuwe wet en die nommer waar die persoon gegaan het, my dogter word 1 jaar oud en die ma probeer my tevirvang met 'n ander man!! en hou aan my die skuld gee, ek moes getrek het om weg van die ma om rede sy my soos 'n hond gehanteer het. ek will bakly vir my kind en so goed asmoontlik regte oor my kind kry en die beste pa wees vir my kind.
    DIE ARTIKEL HET MY LEWE GERED!!!!!!!!!!!!!! EN HOOP EK DRUK DIT VER!!!
  99. Annoniem
    2010/04/16 07:29:34 nm
    Ek wil net graag sê dat ek saam stem ja n pa het die reg om sy kind te sien, maar as n dogter van die ouderdom van 15 jaar swanger geraak het en die pa van die kind 23 jaar oud is, noem ons dit nie statutory rape nie. En dan ook 'n baba van onder die ouderdom van n jaar is, en dan kyk die ouma en oupa van hul dogter na die baba en na hul dogter, die pa van die kind is wel baie lief vir hom maar, ouma en oupa sorg vir die baba, nie die pa nie van die baba se geboorte af het hul die ouma en oupa kos, klere, speelgoed, doeke,dokters omkostes ensv, alles wat n baba nodig het gekoop en doen nogsteeds. Het so pa regte ja hy het die reg om sy kind te sien maar voorsien die nodige goeitjies vir die baba, die ouma en oupa was so goed vir die pa en het hom nog nooit geweier om sy seun te sien nie maar nou kom daar dreigemente dat die ma, ouma en oupa weier dat hy sy seun sien, dit maak my so ongelukkig dat die pa nie kan dink nie want om n dogtertjie van 15 jarige ouderdom swanger te maak en hy was 23 jaar oud sê dit nie iets nie HY KON NEE GESê het kon hy nie.

    Die baba is spek vet en gesond, hy word nie ge-abuse nie hy kry al die liefde en is n gelukkige baba. Nou al die dreigemente en die pa bly om die draai en die ander Ouma's en Oupa's, hoekom kan hul nie na die baba toe kom nie niemand het vir hul gesê hul mag nie.

    Ek wens net dat sulke vaders kan dink want dit gaan oor jaloesie en nie oor die baba nie. Ek voel dat dit in die belang van die baba is en dat hy goed versorg is en baie liefde en aandag kry die ma is wel nou 17 jaar oud en is 'n goeie ma vir haar seun sy kry geen onderhoud van die pa af nie.

    Die kind word onreg aan gedoen nie die ouers nie. Ek staan saam met Anna wat ook haar mening gelaat het op hierdie gesprek, Die beste is om dit dan in die hande te laat van 'n prokureer. Want dreigemente bring niemand nêrens en per toeval is die dogter nog nie 18 nie is nog in haar ouers se sorg.

  100. FERDI
    2010/04/16 01:51:34 nm
    EK IS EEN VAN DAAI WAT GRAAG SY KIND WIL HE EN DIE MA WIL MY NAWEKE WEG VAT EN EK HET AMPER MOET OPGEGEE
  101. Henda
    2010/04/16 12:53:47 nm
    Ek glo vir ouers wat regtig deel van hul kind se lewe wil wees, is die verandering in die wet 'n plus punt, maar wat van ons mammas wat als vir ons kinders doen en die pa's nie 'n duiwel omgee nie. Hul betaal nie onderhoud, skoolgeld, mediese onkoste, ens. nie. Al was dit deel van die ooreenkoms tydens die egskeiding. My kind se pa kon haar net onder toesig sien, soos deur die Gesinsadvokaat bepaal, maar hy het hom daaraan afgevee. Ek het 'n sielkunde gekry om hom te help met ouerleiding sodat hy weet wat om die uur wat hy haar moet besoek, weet wat om met haar te doen om sodoende 'n band te bou.... Nodeloos om te sê: Hy het hom daaraan ook afgevee. Nou wil hy eise stel en dreigemente maak, want die kinderwet het verander. Nog nooit het ek sy ouers weerhou om haar te sien nie, maar met al die storietjies wat hy vertel, stel hul nie belang om haar te kom sien as ek naby is nie. Ek voel my kind is nie veilig nie, hoe moet ek haar dan na hom toe laat gaan. Dan was die interdik ook als pure verniet! Daar is dan geen wet wat ons meer beskerm nie.... en as 'n pa reeds van voor geboorte nie belang gestel of betrokke was by die kind nie, hoekom moet ek elke keer agteroor buig om hom tegemoet te kom?
  102. yolanda
    2010/04/15 11:55:53 nm
    Uiteindelik!! Alhoewel ek moet se: na duisende rande, en bankrotskap van prokureurskostes, het die hooggeregs hof uiteindelik deur my broer se (een van die dae) eks se leuens GELEES en GESIEN. Aan al die pa's daar buite: hou moed, en onthou die waarheid kom ALTYD uit.
  103. anoniem
    2010/04/15 10:24:55 nm
    ek het eers vanaand die huisgenoot gevat en gelees en groot was my verbasing oor die nuwe kinderwet. ek ken lesley corrie persoonlik en wat 'n ongelooflike vrou. my seun sit egter met 'n groot probleem en dit raak nou baie lelik. hy het 'n buite egtelike dogtertjie, maar is vanaf geboorte betrokke by haar en betaal stiptelik sy onderhoud. met 'n hofsaak agter die rug en gesamentlike voogdyskap wil haar ouers niks weet van my seun nie. sy het nou in 'n ander dorp 'n pos aanvaar en kon nie hulle dogtertjie saamvat nie. daar is 'n reeling tussen hulle dat die dogtertjie na haar pa toe kon kom en is sy werklik baie gelukkig en pas baie mooi aan. die groot probleem is dat haar ouers die kind opeis en eise gestel word. my seun voel hy is haar 2de voog en as die ma nie beskikbaar is vir hul kind nie, dan moet sy by hom kom bly. watter reg het die ouma en oupa bo die pa as sy gelukkig is by hom en nie wil teruggaan nie. die ma verwag nou van haar om die dogtertjie vir 'n week terug te vat na haar ouers toe en weer te gaan haal. dit kos kom elke keer r1000 op haar weg te vat. hoe beskerm die nuwe wet die pa dat as die ma nie na die kind kan omsien in haar huidige omstandighede nie. watter reg het ouma en oupa. hulle kan my seun nie voor hulle oe verdra nie, en kan dit nie hanteer dat sy lief is vir haar pa nie.
  104. ENKEL OUER
    2010/04/15 03:43:44 nm
    Kan iemand asb vir my se wat gedoen moet word met 'n pa wat 5jaar laas sy kind gesien het net op hou onderhoud betaal al gedagvaar is verjaarsdae kom en gaan so ook kersfees daar word nie eers gebel en jou dan boonop gelos het vir 'n vrou met 3 groot kinders. Watse reg het hy met al sy "demands" en dreigemente.Kan Ester ons vrae beantwoord of ha nr kan gee wa ons haar kan bel
    Dankie
  105. Fleurette
    2010/04/15 11:44:21
    Dit maak my so hartseer as ek lees hoe pa's sukkel om hulle kinders te sien net omdat die ma dink die wêreld skuld haar iets.. Ek is in 2000 geskei na 'n huwelik van mishandeling en drank misbruik. Alhoewel ek alle rede het om my kind van sy pa weg te hou het ek dit nog NOOIT gedoen nie.. Hy stel net eenvoudig nie belang nie. Of miskien dink hy as hy uit sy eie nie die kind sien sal dit hom kwytskeld om onderhoud te betaal. Hy het al soveel keer van werk verander ek het al ophou tel. En hy doen dit net sodat hy die onderhoud kan ontduik. Hy skuld my duisende rande se agterstallige onderhoud geld en gaan 'n mens hof toe dan word daar maar net 'n dagvaardiging uitgereik en as jy nie weet waar hy is nie, is dit maar jou probleem. My seun weet nie eers meer hoe sy pa lyk nie. Hy verjaar vandag maar weereens sal daar geen geskenk of oproep wees om geluk te sê nie. Ek het ook nog nooit sy pa teenoor hom sleg gemaak nie, soos wat so baie ander ma's doen.
  106. jacques
    2010/04/15 09:00:25
    dit is hoogtyd.
    kinders het altwee ouers nodig. dank die HERE.
  107. Chris
    2010/04/14 09:51:55 nm
    My naam is Chris, ek is ook besig om te skei, omdat my vrou net besluit het sy het genoeg gehad om die wasgoed en skottelgoed te was, ek het my dogtertjie gebad, kos gegee, skool toe gevat en gaan haal, vir my en my vrou kos gemaak, potte en panne gewas, al die finansies gedra het, my kind amper alleen groot gemaak het, selfs die skool se dat my kind, (3jaar) i afwesige ma het, gelukkig het ek my kant skoon gehou en danksy die nuwe wetgewing kan ek al my bewyse wat ek bymekaar gemaak het beter aanwent. Ek was minder as 2 maande terug by die landdros hof gewees om i interduk te kry vir my kind, met 4 bladsye se notas en getuie se bewyse dat dat sy my kind verbaal tyster, emosioneel afbreek, 8 verklarings wat ek afgele het hoe sy my aanrand oor i tydperk van 3 jaar, my met die dood dryg, buite egtelikke verhoudings het, maar dat die landdros by die kinder hof, kamer 52 van die landdros hof, eenvoudig besluit het dat dit nie genoegsame rede is vir beskermings bevel vir my dogtertjie nie, en dat sy maar vir tyd en wyl maar by die ma kan bly. Seker as ek my kind die dag begrawe weens i aggresiewe ma wat weer ha kop verloor het sal die wet dit ag om sy helpende pinkie uitryk en my DALK net dalk my aan raag. Gtoete en sterkte aan die ouers wt "suffer"
  108. Charlene Swart
    2010/04/14 06:58:02 nm
    Hi daar,

    My man en sy eerste vrou is 2002 geskei. Hy het sy kinders nog gesien met baie baklei. Toe ons in 2003 getrou is het sy jongste dogter vir my gese dat haar ma gese het dat sy my nie mee mag lief he nie en toe het die probleme begin. Sy het die kinders vir enige iets na dokters toe gevat ons moes elke maand tussen 2000.00 en 3000.00 per maand extra vir medies uithaal. Ons het met ha gepraat en gevra dat ons op 'n goedkoper medies kon gaan want ons kon dit nie meer bekostig nie. Sy wou toe ook meer onderhoud he. Ons kon dit nie bekostig nie. Sy het toe gese dat my man die kinders moet afteken. Mev Malan van vereeniging kinderhof het aan ons verduidelik dat hy sy kinders nog mag sien al teken hy hulle af. Ons sukkel nou al van 2003 af om hulle te sien. Kan iemand ons asb help.

    Baie dankie
  109. Allistair Visser
    2010/04/14 06:08:53 nm
    Dankie vader vir die nuwe wet. Ek hoop net dat dit nie nou so lank gaan vat voordat iemand iets aan baie belangrike deel van die wet. Ek wil net weet waar ek meer oor die nuwe wet kan lees sodat ek my kind se ma wat dink sy kan net maak soos sy wil 'n ding of 2 kan wys. Aan alle pa's wat van hul kinders weerhou word net ondat hulle nie met die ma 'n verhouding wil he nie, gryp die kans aan en doen iets daaraan, maar seker ook net vir diegene wat hulle vaderlike pligte nakom en nie die wat net onnodig wil wees nie.
  110. Lucille
    2010/04/14 03:45:02 nm
    Hi Faith,

    Ek voel jammer vir jou broer. As die kind se biologiese pa het hy die reg om aansoek te doen vir volle toesig oor die kind.

    Jy maak nie melding of jou broer gereeld onderhoud betaal het en of jou broer voor die dood van die kind se ma 'n verhouding met die kind gehad het nie, omdat dit 'n impak gaan hê as jou broer sou besluit om die saak verder te vat.

    Hy kan die naaste legal aid kantoor in julle omgewing kontak vir hulp, as hy nie 'n prokureur kan bekostig nie, maar dit hang af van sy salaris of hulle hom gaan help. Maar jou eerste besoek is gratis vir advies.

    Hulle help ook met mediasie en dit is dalk die beste opsie vir hom. Dat hy en die grootouers 'n ouerskapplan opstel dat die kind nie heeltemal ontwrig word nie, maar stelselmatig weer bekend word aan sy pa.

    Sterkte
  111. Brenda
    2010/04/14 03:40:38 nm
    Goeie nuus! Ek was eers by die Landdroskantore waarna hul my verwys het na die maatskaplike werker. Sy het my verseker dat die nuwe wet wel vanaf 1 April 2010 in werking is. Sy het al die nodige dokumente en die nuwe wetgewing vir my gegee, ons kon dadelik met die nodige stappe begin. Nou kan ons voorentoe beweeg!!!
  112. Faith
    2010/04/14 01:43:01 nm
    Ek is dringend op soek na hulp, my broer se verloofde is n paar dae gelede oorlede
    die oorsaak onbekend aan ons.Sy seuntjie is tans by haar ma hulle en weier om hom
    toesig oor sy kind te gee, my broer het sy saak met die welsyn bespreek en hulle het
    gesê dat hy sy kind kan gaan sien tot hulle n oplossing het, sy kind is al so vervreem
    en bang vir hom omdat sy ouma hulle glo gesê het hy moet nie naby sy pa gaan nie
    want sy pa gaan hom dood maak of ontvoer.Dit is nou al amper n week sedert die
    welsyn onderhoude met die twee verskillende famielies moes uitvoer maar steeds
    is daar niks, dit beteken hulle dra nie die kind se belange op die hart nie. Vir die
    welsyn is dit net nog n kind. Ons kan nie bekostig om n prokureer aan te stel nie,
    As daar iemand daar buite is wat kan help sal ons dit regtig waardeer.
  113. Cathy
    2010/04/14 01:28:15 nm
    Dankie tog vir die nuwe wet. Ek is 'n ouma wat toe my seun en skoondogter skei nie een oomblik my skoondogter geblameer of sleg gemaak het nie. Inteen deel het sy my gevra of ek na die twee klein dogters sal omgesien aangesien haar werk baie lang ure vereis het. Ek het ingestem en vir 18mde na die kinders omgesien en versorg weer alles van vooraf skool toebroodjies mall fliek sokkies. Een naweek het sy kom kuier en die kinders vir die naweek getrakteer wat ek gedink het is wonderlik en ja niemand kon dit glo nie Sondag middag het ek tevergeefs gewag vir haar om die kinders terug te bring, haar foon was af en tot vandag twee jaar later en baie hartseer nog geen kontak. Die kinders se kamers en klere is nog net so in hul kaste ek kan dit nog nie aanvaar nie.
  114. Rina
    2010/04/14 11:55:11
    My seunse x hou ook die kinders van ons af weg en ek dink dit is baie
    onregverdig van haar om die kinders te straf omdat dinge nie tussen hulle uit
    gewerk het nie. Ek sal ook graat die Wet wil besigtig.
    Baie dankie vir julle artikel
  115. annoniem
    2010/04/14 11:41:02
    Dankie vir die artikel - wil ook weet ek is nou met my tweede man amper 5 jaar getroud. Hy het my kinders van vorige huwelik basies grootgemaak (hulle is nou 9 en 12) ons is al vanaf 2003 bymekaar. Hy het al probeer om hulle aan te neem maar die brief wat my eks aan my gegee het dat hy die kinders afskryf was nie geldig nie. my ex man het hulle vanaf 2003 nog nooit gesien nie. ook nie gebel nie en geen onderhoud nie. ons is geskei agv van drankprobleem en omdat hy geen bydrae gemaak het nie en omdat hy my mishandel het en ook my ma by sommige tye aangerand het. die hof het my volle toesig gegee oor die kinders en hy mag slegs die kinders onder toesig gesien het wat hy nog nooit gedoen het nie (ek het nie geweier nie) wat ek eintlik wil weet wat staan my te doen na meer as agt jaar moet ek net toelaat dat hy kinders sien en by hom gaan kuier of mag ek weier?
  116. Anoniem
    2010/04/14 11:39:52
    Ek wil benadruk dat versorging soos wat die wet dit stel, nie net gaan oor kuier by die
    een, of daardie een, of sien ouma en oupa, en die ander ouer die kind nie.

    Volgende punt: wat is ouerskap? Wat van die stiefma of pa wat omgee en meer doen
    vir die kinders as die eie ouer? Betrokkenheid, gesels, kwaliteit, finansiële bydrae ens.

    Ek dink die kinderwet moet maar weer nagegaan word, en die kwessie rondom onder-
    houd moet ook ingebring word. Ek weet van 'n VROU?! wat by twee geleenthede bedank
    het sodat sy nie gedagvaar kan word nie. Terwyl sy loop met duur klere, juwele ten
    duurste, naels gedoen, hare gekap en ry met 'n splinternuwe motor. (Alles natuurlik
    deur die verloofde gekoop aangesien sy mos nie werk het nie).

    Hoe moet die pa in vandag se lewe byhou by die standaard vir sy kinders wat sy help
    bou het toe hulle getroud was? Hy sukkel om alles bymekaar te hou, en as die kinders
    by haar gaan kuier (hulle wil nie meer nie), dan gee sy vir hulle net die beste. Sy koop
    die beste klere en vertel dan dat hul pa hul soos weeskinders laat lyk?

    Ek glo dat die onderhoud wet en kinderwet maar hand aan hand moet loop. En as dit
    gebeur dat een van die ouers bedank om onderhoud te ontduik, moet hulle maar
    gedwing word om werk te kry. En ondersoek elke geval individueel. Indien die kinders
    en die toesighoudende ouer gelukkig is in 'n nuwe verhouding waar hulle nie meer
    betrokke wil wees by die ander ouer, waarom hulle dan dwing?

    Wie se regte word beskerm as jy die lakse ouer toegang tot die kinders afdwing? Die
    lakse ouer? Wat van die reg wat die kinders het om aan funksies en byeenkomste deel
    te neem? Om saam met hul gesin te gaan fliek? Om die klere aan te trek waaraan
    hulle gewoond is wat nou ontneem word omdat die ander ouer te suinig is om te gee?

    Dink weer hieroor.
  117. Brenda
    2010/04/14 10:30:17
    My seun betaal elke maand stiplelik 'n reuse bedrag aan onderhoud. Sy kind word by sy ex-meisie se ouers groot. My seun woon steeds by ons, het 'n vaste werk en kan na sy kind omsien.

    Hy mag wel die kind daar besoek - maar sal graag die kind vir 'n naweek wil hê. Dit word hom egter geweier. Ons woon ongeveer 100km van die kind se groot ouers af en voel ongemaklik om by hulle vir die kind te gaan kuier. Kanmy seun en ons as grootouers aanspraak maak op naweek besoeke?
  118. anoniem
    2010/04/14 08:13:59
    Hello,
    Ek hoop iemand kan my help hier asb.Ek was getroud met my 2 de man vir amper 3 jaar voor hy oorlede is,Hy het sy dogter se kind aangeneem toe sy gebore is,die boetie is aan geneem na dat ons getroud is,dit het baie goed hier gegaan ,het die kinders vir 6 jaar gehad toe die dogter n boyfriend kry en hy haar manipuleer,het die 2 gevang met Lovebites in die nek, en vir haar gese ,ons sal later gesels, so toe die mannetjie weg is ,het ons gesels ,maar ruk hand uit en se hulle wil terug welsyn toe gaan, want van dat ek my voete in die huis gesit het ,het hulle my nooit aanvaar nie,
    Die hof het toe die kinders verwyder uit my sorg uit,maar wag nou vir die finale hofsaak,die kinders lieg en bedrieg almal.,ja pragtige 2 kinders ,maar pasop vrot van binne.
    Maar om die storie kort te maak,Is maar n arm weduwee,en kry maar n klein pensioen,
    Soek iemand wat my kan help om myself te verdedig teen hulle. in die hof saak. want daar is n kinderwet vir die kinders maar is daar n wet wanneer die kinders die ouer abuse.
    Laat weet my wat staan my te doen hier
  119. Tanya
    2010/04/13 08:40:11 nm
    Ek is in 2006 geskei nadat my man weg geloop het met 'n jonger meisie en my met ons twee kinders gelos het. (kinders was net 6 maande en 4 jaar oud gewees) Sedert die egskeiding het by 2 geleenthede onderhoud betaal en die kinders sonder my medewete van mediese fonds afgehaal. Hy het die kinders 3 keer gevat vir 'n naweek. Hy het intussen Nelspruit toe getrek saam met die jong dame met wie ook nou 'n baba het. Ek weerhou my kinders van hom omdat ek nie sy leefwyse goedkeur nie MANS SOOS MY GEWESE MAN IS 'N SLEGTE VOORBEELD VIR HULLE KINDERS EN VERDIEN NIE OM PA GENOEG TE WORD NIE. Ek het 'n wonderlike man in my lewe wat my kinders aanvaar soos sy eie
  120. candice
    2010/04/13 08:31:27 nm
    ek wil net graag weet wat gebeur met die pa's wat wel elke maand sy onderhoud stiplik betaal maar mag nogsteeds nie sy kinders sien nie!!!!! Hy betaal alles vir skool en medies en al die buitemuurse sport, maar nogsteeds wil sy ex nie he hy moet die kinders kry vir naweke of vakansies nie. Ek wil net al al die vrouens se wat dit aan die pa's doen ek dink die slegte kant is aan julle en nie die pa's nie. Julle is geldgurig en
  121. Shaune Erasmus
    2010/04/13 08:30:37 nm
    Naand julle,
    Ek het Vanmigddag eers gelees oor die en vir my beteken dit die wereld.
    Ek en die ma van Ashlee(3) sit nou al vanaf geboorte vas oor alles die, ek kan haar nie gesien het en mag nooit met haar eers gepraat het nie, ek was nou onlangs in Oos-Londen gewees oor die einste saak en toe my prokureer haar eenkant vat en met haar praat oor alles toe is dit eers weer reg, ek het nou beperkte kontak met haar vir nou op n sondag vanaf 6 uur tot en met sy nie meer wil praat nie, ek het nou al vir 3 jaar harde trane gehuil en is nou moeg oor die hele stoie, toe ek vanmiddag vir die ma n sms gestuur het en haar ingelig het oor die toe se sy net weer nou kan ek weer met Ashlee praat as die hof so besluit het, dek is mooi gatfol hiervoor en kan nie meer haar kinderagtigheid vat nie, sy speel nou al te lank so met my en ek is so bly dat die wiel uiteindelik gedraai het!!!

    Ek hoop regtag die ma leer iets hier uit en sien dat ek erinstag is en dat ek nie haar stront hoef te vat nie, sy is net so deel van my soos sy van haar ma is, ek het haar nog net alles gegee wat sy voor gevra het en meer, ek se weer die kon nie op n beter tyd gekom het nie..
    Ashlee is nie haar skuld wat sy kan gebruik om my meer seer te maak nie,
  122. Lucille Edick
    2010/04/13 04:49:11 nm
    Ek het vanoggend met 'n prokureur gepraat. Die huisgenoot se artikel is onvolledig en gee nie 'n breedvoerige verduideliking oor die nuwe kinderwet nie.

    Die wet is alreeds in 2007 van krag, maar dit moet nog geimplementeer word en dit kan ook nog 'n jaar of wat wees.

    Betekende dat alle ouers, hetsy man of vrou wat nie die primere toesighouer is van die kind/kinders, moet hom/haar nog steeds tot die hooggeregshof wend as hulle nie tevrede is met die kontakreelings met die kind/kinders nie.

    Die verskuiwing van die kinderhof van hooggeregshof na Magistraathof moet nog geimplementeer word. Tot dan moet alle ouers, man/vrou nog steeds 'n prokureur en/of advokaat benodig om hulle applikasies in te dien by die hooggeregshof.

    Hierdie proses neem sowat ses maande voordat 'n tydelike besoekplan deur die hof geimplementeer word.

    So aan alle afwesige ouers, daar is vereistes waaraan julle moet voldoen om toegang of kontak te bekom en dit gebeur nie oornag nie. Die familieadvokaat en maatskaplike werkers is nog steeds by die proses betrokke om seker te maak dat die beste belang van die kind eerste gestel word.

    Jammer vir die ouers wat wel 'n bydrae en impak maak op hul kinders se lewens. Ek wens my dogtertjie het iemand soos julle gehad as 'n ouer, maar gelukkig is my man daar om my te ondersteun gee haar alle liefde en dus genoeg vir my.

  123. Flip
    2010/04/13 03:42:49 nm
    Die saak is nog sub-judice en moet asseblief nie my naam noem nie. Duidelik is hier nie behoorlik navorsing gedoen nie. Nerens word uitgewys wat word waar 'n pa die vrou (ma) en kind fisies, liggaamlik, geestelik en seksueel aangerand het nie. Ook word daar niks gese van 'n pa wat uit eie keuse afwesig is (geen kontak, geen kersgeskenke, geen verjaarsdag geskenke) vir meer as twee jaar nie. Die pa se verblyf is sub-standaard. Hy dra geen onderhoud by vir skool of medies nie. Het hy 'n reg??????
  124. Enkel Ma
    2010/04/13 03:33:38 nm
    Wat van pa's wat nie hul onderhoud gereeld betaal nie maar aandring op meer
    en meer besoek regte, hoe beskerm die wet die enkel ma en die kind. Ek het 'n
    prokureur en sukkel nog steeds amper 'n jaar om die pa te kry om sy onderhoud
    te betaal soos deur die HOFBEVEL bepaal. Dit voel net of solank die pa sy kind sien
    is daar geen verantwoordelikhede wat hy verder hoef na te kom nie. My hande voel
    regtig afgekap!
  125. Se maar net
    2010/04/13 02:25:51 nm
    Ag seblieg tog, ek is hopeloos te jonk getroud en ons is na 2 jaar geskei, na die egskeiding moes ek hoor ek's swanger, vir pappa laat weet, hy het gese cool hy sal betaal, maar het nooit nie.
    Dis nou al 15 jaar later en steeds geen blou cent van hom af nie, ek moan en groan nie het my kind alleen tot hier gebring en sal hom alleen verder vat ook, maklik is dit nie maar dis nie ek wat eendag die kind wat dan al hopenlik jongman is in die oe moet kyk en verduidelik hoekom ek nie omgegee het vir hom as kind nie. Hou op baklei en negatief wees mens kom alleen reg met skool en sport, glo my mens kom reg los mekaar in vrede en hou op kinders gebruik om spitefull te wees en ander mense se lewens om te krap en ja my kind het al sy pa ontmoet vele kere, maar ter wille van pappa se nuwe gesin, het ek stil gebly oor wie de oom is wat my kind aanbetref is dit ou skoolvrien en sy vrou wat nou en dan kom braai, maar as my seunskind my eendag vra wie is sy pa sal ek hom vertel daai oom wat nou en dan kom braai......dan kan pappa gerus verduidelik
  126. Alison
    2010/04/13 01:57:54 nm
    Hierdie is fantastiese nuus! Alhoewel ons mooi soet elke liewe maand onderhoud betaal sodat hy versorg kan wees, het ons omtrent geen kontak met my man se liewe 13jarige seun nie. Sy ma-hulle antwoord nooit hulle foon as ons bel nie. My man het gereel om met sy seun by die skool te praat sedert die begin van die jaar. Die vinnige 15minute 1 pouse / week is beter as niks. Ek het laas Desember met hom gepraat - mis hom baie. Aangesien ons hulle nie kan bel nie (en glo my die foon werk wel!), kan ons nie vakansies reel nie. Die wiel is lykmy aan die draai - ons gaan ons prokereur volgende week sien. Jippie!
  127. Anoniem
    2010/04/13 12:30:25 nm
    Die kinderwet van 2005

    http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=67892
  128. Karien
    2010/04/13 09:51:40
    Dis nie altyd net die arme pa wat lei nie. My seun word in Junie 16. Hy het twee jaar terug besluit om nie meer kontak met sy pa te he nie aangesien sy pa hom emosioneel aftakel en met tye blou slaan. Ons was nou al by die hooggeregshof om die toegang te wysig, wat nadat die prokureurs vir my gese het die my nie baie gaan kos nie aangesien sy pa die kostes sal betaal toe R40 000.00 uit die sak gejaag het. Dit het ook nie gehelp nie want die sielkundiges en die hof voel kinders moet kontak met hulle ouers he, maak nie saak hoe die ouers die kinders verniel nie. Intussen het pappie wat so ongelooflik lief is vir sy seun die onderhoud van R1000.00 verlaag na R500.00 en het hy 6 maande terug besluit om niks te betaal nie. Kan dit nie bekostig nie, het twee ander kinders wat elk R2000.00 kry en verdien so tussen R35 en R50K per maand. EK hoop die nuwe wet gaan die ma's wat sukkel en die kinders ook beter beskerm.
  129. Danielle
    2010/04/13 09:48:25
    Waar kan ek 'n persoon aan die hande kry wat my pa kan help. Ek het 'n stiefma 'out of hell' sy het sopas my pa se hele pensioen gevat oor die R300 000, omdat sy se my boetie moet gaan studeer. My pa is gelaat met niks, en hy betaal gereeld sy onderhoud. Hy kry nie 'n permanete werk nie, so wanneer hy wel 'n werkie doen dan betaal hy haar wat hy kan. Maar sy is so onregverdig. En dan weier sy dat my boetie na my pa kom om te kom kuier. Hulle bly in Humansdorp en ons in Pretoria, en wanneer hy hier kom sport doen, maak my pa altyd seker dat hy daar is om hom te ondersteun, maar nogsteeds word my pa vakansies geweier en daar word soveel nonsens in my boetie se kop in gepraat oor my pa, dat hy nie wil kom nie.

    Ek soek asb dringend iemand wat my pa kan help.
  130. Hannes
    2010/04/12 08:35:26 nm
    Ek glo elkeen se situasie is uniek en verskillende partye is "skuldig" in elke saak. Hier is my situasie - ons is onlangs geskei (op my vrou se wens na sy n verhouding gehad het) en dit was my vrou se wens dat ons dogtertjie in my sorg moet wees. Ons dogtertjie gaan elke 2de naweek na haar ma toe, alhoewel my x nie die onderhoud betaal soos ooreengekom is nie (en vervat in die egskeiding bevel nie). In dieselfde asem bly sy nog in ons huis waarop ek die helfte betaal, insluitend n bydra maak op selfs haar munisipale rekeninge, en ek moet betaal vir my en my dogtertjie se behuising - dus 2 huishoudings. Elke keer as ek haar vriendelik versoek om onderhoud te betaal, word ek gedreig dat sy gaan aansoek doen om ons dogtertjie weg te vat by my - dan sal ek haar nie sien nie en sy sal sorg dat ek baie meer onderhoud as sy betaal, so ek moet dit net aanvaar. Volgens haar is die man die broodwinner in n huwelik en daarom moet hy betaal vir die kinders se opvoeding en versorging, maar ons verdien dieselfde... Waar is die beste belang van die kind nou - ek sukkel om kop bo water te hou en my x leef in weelde? As dit nie vir familie bydraes was nie, so ek dit nie finansieel gemaak het nie - maar ek kan niks aan my x doen nie, want ek loop die risiko om my kind te verloor - dan word ek maar eerder maandliks armer, met my kind in my lewe... Hopelik sal daar binne kort ook vir my regte wees om op te kan staan sodat wetgewing ook my x kan verantwoordelik hou ten opsigte van ons verpligtinge teenoor ons dogtertjie, sonder dat ek emosioneel daaronder moet te ly...
  131. Michelle
    2010/04/12 05:54:29 nm
    Ek en my eks man is al meer as 8jaar + geskei. Hy het sy kinders 5 jaar laas gekontak en blameer my dat hy nie met my wil praat om met sy kinders te komunikeer nie. Hy bel nooit, kuier niks bel nie eers met verjaarsdae of Kersfees nie. Hy betaal ook slegs net 'n gedeelte onderhoud in en is R 97 702.01 uitstaande op sy onderhoud. My dogtertjie ken nie eers haar pa nie en nou moet ek hoor dat HY DIE GEMORS my kinders kan vat as dit hom pas. K@K!!!!
    Ek sukkel 6 jaar lank dat die hof hom moet opspoor. Vrydag middag het ek heel dag in Witbank se hof gesit net om te hoor, sorry maar ons het nie 'n file meer vir jou nie en jy moet maar 'n ander saak oop maak. Daar is niks en niemand wat ons as Ma's beskerm nie. Wie staan op vir ons?
    Die hof is te besig en te min personeel. 'n Prokureer kos 'n plaas se geld wat ons ook nie het. WIE SAL MY HELP???????
  132. Leana
    2010/04/12 03:45:59 nm
    Ek het my x verlaat in Nov 2008 en my 2 seuns saam my gevat. My ervaring is dat kinders by die ma moet bly net bloot omdat ons van dag een af die versorgers vir ons kinders is! Ek glo ook dat n mens nie jou kinders weerhou van hul pa nie net omdat jy hom wil spite nie! Dit is verkeerd en jy dink net aan jouself. Met dit gese: My x het reguit aan my gese dat ek die 1 is wat hom wou skei en ek kan vir die kinders self sorg!! So hoe kan hy dan omdraai en wil baklei vir die kinders en se dat hy omgee?! Ek verstaan dat daar ma;s is wat hul x'e probeer seer maak met die kinders, maar net so is daar pa's wat veel eerder leuens en manupilasie gebruik om weg te kom met hul verantwoordelikhede. Hul sal net vir die kinders sorg as hul by hul bly. Ek is toegesluit omdat ek my kind vir 5 dae na n leesterapeut wou vat om hom te help met sy agterstand op skool!!! Die wet bly se hul tree op in die belang van die kinders maar wat hul eintlik doen is om na stories van die ander party te luister en besluite daarvolgens te maak!!!! Ek persoonlik dink daar is te veel pa's wat weg kom met "moord" as dit by versorging van die kinders kom. My x is n besigheid man wat die geld het om elke keer hof toe te gaan, so waar los dit my, waar los dit my kinders?! Ek stem saam dat vrouens nie hul kinders van die pa's mag weghou nie, maar waar is die wet wat pa's maak onderhoud betaal...........die howe het hul prioriteite verdraai asook die wet!!! Hoe kan n ander party reg en se oor n kind he as hy/sy nie vir die kinders sorg nie?! Ek kan net hoop en bid dat die regter voor wie ons elke keer staan, verby die leuens van my x kan sien en insig het in wat waarheid is en wat reg is...............
  133. Barbara
    2010/04/12 03:39:51 nm
    My kinders se pa het sedert 2002 nie meer as 5 keer onderhoud betaal nie, soos
    groot speld verdwyn. Watter wet is daar wat die kinders beskerm? Ek kry elke keer
    'n toe deur>
  134. Wil maar net weet
    2010/04/12 03:26:22 nm
    Werk die Wet ook vir ouma's en oupa's wat hulle kleinkinders van hulle ma afhou. Ek was getroud met my dogterjie se pa maar hy kon nie vir ons sorg nie en weens omstandighede het ek gaan werk en het nie genoeg salaris gekry om my dogter in 'n kleurterskool te sit nie en het die ouma na haar gekyk maar nou wil sy glad nie meer by my bly nie agv van haar ouma wat haar omgekoop het.

  135. Annatjie
    2010/04/12 03:01:11 nm
    Karin, dit is baie mooi van jou om soveel klem te le op die onreg wat mammas die kinders aan doen om hulle van hulle pappa's af weg te hou. Maar wat se onreg het daardie pappa's nie die kinders aangedoen om in verhoudings betrokke te raak en nie, Nie TE SORG vir hulle kinders nie. Ek dink dit is die grootste onreg wat 'n pappa 'n kind kan aandoen. EK wil ook se Pappa's kom julle verpligtinge na, julle besef nie wat ontneem julle, julle kinders nie, daar is baie funksies of geleenthede wat JOU kind nie kan bywoon nie, omrede JY nie vir jou kind onderhoud betaal nie. En asb ek veralgemeen nie, maar regtig dit is meestal die pa"s wat wolf wolf skreeu en so verontreg is en nou die nuwe wet wil besigtig wat nooit nooit nooit enige iets ter opvoeding van hulle kinders betaal nie. Pappa's julle wat betaal vir julle kind of kinders BRAVO julle verdien regtig 'n medalje. Maar laastens Mammas gebruik onderhoud om pappa's af te pers om die BESTE vir hulle kinders te gee. As dit nie in ander huise so gaan nie is dit in my dogter se geval so. Sy doen haarself te kort om vir haar seuntjie die beste te gee wat in haar vermoe is. Haar seun is 4 jaar oud en vir 4 jaar het sy alleen gesorg. So kinderwet kyk bietjie na die versorging van kinders deur pappa's te laat onderhoud betaal en hul verantwoordelikheid na te kom.

  136. jenny
    2010/04/12 02:21:42 nm
    Dis hoog tyd, net jammer daar was nie so `n ontwikkelde, objektiewe regsposisie in
    die 70's toe ek gebore is nie. Ek kon my biologiese pa eers na 33 jaar vir die eerste
    keer sien en wens ek kon die regering of iemand dagvaar asook die prokureurs wat
    betrokke was. As my biologiese ma dit nog gedoen het omdat sy gedink het dis in my
    beste belang, kon ek verstaan het, maar sy het my aan haar pa weggegee kort na
    geboorte, `n volslae alkoholis, om groot te maak terwyl sy met haar eie lewe
    aangegaan het. My biologiese pa is een van die gaafste, ordentlikste mense op aarde
    en alles kon so anders gewees het. Ek hoop en bid net geen ander kind hoef dit ooit
    deur te maak om so gesteel te word van `n ouer nie. Dis absoluut krimineel. Sterkte
    aan alle ongehude biologiese pa's.
  137. Karen
    2010/04/12 02:04:18 nm
    Wat van 'n pa wat nooit onderhoud betaal en sy kind 5 jaar laas gesien het.
    Wat nou
  138. nog 'n ma
    2010/04/12 01:18:58 nm
    Dit is die beste nuus ooit! Dankie aan die wat hul aandag gevestig het op hierdie kwessie! Soos wat daar goeie ma's is is daar regtig goeie pa's ook en hulle verdien dit om hul kinders te sien groot word. Wel gedaan!
  139. Paulette Crotz
    2010/04/12 12:50:48 nm
    Ek het 'n vriendin wat baie graag wil weet waar sy die nuwe wet kan besigtig?
    Sy het ongelukkig nie toegang tot e-pos of faks fasitliteite nie.
    Kan enige inligting aan my ge-e-pos word? Ek sal sorg dat die inligting wel aan haar
    deur gegee word.
    Dankie Huisgenoot vir die artikel.
  140. Amelia
    2010/04/12 12:32:21 nm
    Ek is baie bly oor dit! My verloofde het oneindige drama met sy kind se ma. Dit lyk my dit gaan nie oor die kind so erg nie want meeste ouers gebruik hulle kinders om die ander een terug te kry.

    As hulle maar net weet wat se leed hulle die kinders aan doen. Maar eindig sal dit meer regverdig wees want ek as ma en as vrou kan nie glo wat party vrouens tot in staat is nie.

    Sal graag meer wil lees.............................
  141. Marius
    2010/04/12 11:28:19
    Ek is 12 Maart 2003 geskei van my vrou en het op daardie stadium R200 onderhoud ‘n maand betaal omdat ek nie ‘n vaste werk gehad het nie. In 2005 het ek die onderhoud vir my kind self opgestoot na R500 per maand toe, maar nie my kind elke tweede naweek gesien soos wat die hof dit beslis het nie. Daar was altyd ‘n verskoning oor hoekom ek hom nie mag sien nie. In 2007 het ek weer my werk verloor en so ook weer alles in my lewe. Ek het in 2008 weer op ‚n myn begin werk en ‚n vaste aanstelling gekry. Ek is 3 maande na my aanstelling bevorder na Safety en Health officer toe met geen verhoging in my salaris nie. Januarie 2010 het ek met verlof gegaan en by my terugkeer by die werk het die personeel kantoor my ingelig dat daar ‘n garnishee order teen my ingestel is en dat hul dit moet eerbiedig en R2000-00 van my salaris sal moet aftrek. Dit was vir agterstalige onderhoud. Ek was onder die indruk dat ek in die hof moet verskyn voordat so iets teen ‘n mens se salaris ingestel word, maar al die prokureers wat ek gaan sien het hier in Thabazimbi het my ingelig dat sy so iets kan doen sonder dat ek in die hof verskyn. Wat van my finansiele toestand, neem hul dit nie in ag nie. Toe hul die tweede maand die selfde bedrag aftrek het ek gaan naavraag doen en is toe ingelig dat hul die R2000-00 moet aftrek totdat die agterstalige gelde gedelg is en dan daarnaa R1000-00 per maand vir onderhoud. My suen is al 20 jaar oud en werk by ‚n wildsplaas. Toe ek my eks vra wat aangaan word daar vir my gese dat ek vir hom onderhoud sal betaal tot die dag wat hy begin werk want hy studier nou, maar as ek hom vir ‘n naweek wil sien, werk die kind altyd. Hoe kom ‘n vrou met so iets weg, my kind is nie meer in die skool nie. Voorts het sy nog van my meubels in haar besit en elke keer wat ek se ek kom dit haal se sy net sy sal my laat weet wanneer ek dit kan kom haal. Hoe nou gemaak. Waar kan ek die nuwe wet bekom sodat ek dit hier in Thabazimbi vir die betrokke mense kan gaan wys.
  142. Annatjie
    2010/04/12 11:26:15
    Dit is so wonderlik vir die pa's seker vir sommiges maar nie in almal se geval nie. My dogter se man, het toe hul seuntjie 6maande oud was begin met verskeie verhoudings, tydens hul egskeiding wou hy die kind met alle geweld afteken, maar die prokureur wou dit nie toelaat nie. Vandag is hy 4jaar oud die pa kom kuier een maal 'n maand MISKIEN vir hom, betaal nooit en het nog nooit onderhoud betaal nie, al speel hy 6maande van die jaar oorsee krieket. Hy bring nie eers vir hom 'n koeldrank wanneer hy kom kuier nie. Nou begin die demands kom, hy wil hom elke 2de naweek na sy woonstel neem ,maar hy weier om ons 'n adres te gee waar hy woon. Nou wil ek weet mense wat so sielkundig is en so altyd die onreg beklemtoon wat die ma's maak om die kinders weg te hou van die pa's, wat word in so 'n geval gedoen. As die pa SOVEEL OMGEE vir sy kinders, kan hy dit bewys om ook 'n bydrae tot die kind se opvoeding te doen. Dan word daar 'n vertrouens band gebou en die kind kan begin uit beweeg na die pa toe. Maar in die geval waar daar nie eers 'n adres verskaf wil word nie, hoe beskerm jy jou kind dan.
  143. Lucille Edick
    2010/04/12 11:22:13
    Hi.

    Ek was 'n enkelma en is nou getroud. Ek het geen probleem met die nuwe wet rondom kinders nie, maar my bekommernis lê by as die pa nie 'n stabiele leefwyse handhaaf en daar sprake van dwelmmisbruik is.

    Die artikel maak net melding van die voordele van die nuwe kinderwet vir die nie teenwoordige ouers, maar hierdie ouers, hetsy man of vrou moet darem seker aan vereistes voldoen om hierdie nuwe wet te geniet.

    As julle 'n opvolg artikel hieroor gaan doen, brei net 'n bietjie uit oor die vereistes en kriteria wat hierdie ouers moet voldoen om die nuwe wet te geniet.

    Ek as 'n ouer, gaan nie my kind wat tans in 'n stabiele huishouding, alle liefde en respek ontvang, blootstel aan haar pa (teen wie ek 'n beskermingsbevel het) wat werkloos is, dalk dwelms misbruik en nog nooit onderhoud betaal het nie, want volgens my is dit nie tot voordeel van my kind nie.

    Ek dink net sulke ouers sal die wet misbruik om oornodige ongelukkigheid te veroorsaak.

    Bekommerde Ma
  144. Annoniem
    2010/04/12 11:13:08
    Ek sal ook graag, soos George, Ester se nommer wil kry en ook weet waar ons die hele wet kan besigtig
  145. anna
    2010/04/12 11:11:44
    Ek is 'n enkel ma. ek het my eie mening inverband die artikel. my seuntjie se pa het hom self ontrek as pa. Ek het op wit en swart waar daar gepraat is hy stel nie belang nie, want hy wou hom nie gehad het nie. en sy male kom net daar vir 'n eye blind! neem net fotos om vir ander te wys hul stel kamma belang. my seuntjie is nou nog baie klein, ek dink dis ni reg dat hul hom net so kan kom haal vir 'n dag of vir 'n naweek nie. Want hy ken hul glad nie en kom baie min by my. huil net wanna hy vas gehou word in hul arms. Ek hou hul nie weg van my seun af nie, hul is welkom. ek dink die beste is om my prokureur te gaan sien. ek sien niks op internet van die nuwe kinderwet reg nie.
  146. Annoniem
    2010/04/12 10:59:31
    Hoe gemaak as 'n pa nou na die lees van die artikel besluit hy wil toegang tot sy kind hê? Hy betaal geen onderhoud en het na die egskeiding, 3 jaar gelede self besluit om nie meer deel van die kind se lewe te wees nie.
  147. Karen du Plessis
    2010/04/12 10:37:19
    Dit is die beste nuus ooit. Ek is 'n enkelouer en wens net dat die Pa's wat wel toesig het dit wil benut. Mammas as jul maar net weet watse onreg jul, jul kinders aandoen sal jul twee keer dink. 'n Kind smag om sy of haar Pappa ook te ken. Moenie selfsugtig wees en alles wegneem wat mooi kan wees van jou kind nie.
  148. Nadia
    2010/04/12 10:22:41
    Ek het gewonder waneer dit gaan gebeur. My swaer se eks meisie is nou verloof. Maar hulle het 'n kind saam hy is nou 7. Sy het intussen nog 'n kind by die verloffde en weier blatant dat hy sy kind sien, ons as sy ooms en tannies mag ook nie hom sien nie. Ook nie my skoonma nie. Ons kan nie verstaan hoekom ons ook gestraf moet word nie. Ons wil hom so graag sien noudat hy in Gr. 1 is, maar sy hou hom van ons almal af weg. Ek is seker my skoon ma het die REG om haar kleinkind te sien. SY is 'n baie goeie ouma, en wil net die beste vir hom he in alle opsigte. Sy vra nie dat hy elke naweek by haar kom kuier nie.. maar elke 2de jaar is ook nie reg nie. Ek is seker sy is geregtig op tenminste elke 2de maand? Of moet sy ook nou onderhoud betaal om haar eie kleinkind te sien?
  149. George Smit
    2010/04/12 10:19:17
    Hi
    Ek wil graag weet waar ek die nuwe wet kan besigtig.
    Ek as groot ouer word erg benaadeel deur my kleinseun se ma en met die nuwe
    wet is daar hoop. Waar kan ek Ester se nommer kry as ek haar wil gebruik.
    Julle het die spyker op die kop geslaan, weereens n wenner artikel