Keer dat jou gesin doodbrand

E-pos
Print

DIT was ’n gesig en ’n gevoel wat Shane de Beer nooit sal vergeet nie: Die vlamme wat vernietigend aan sy huis lek – en die verskriklike wete dat sy vrou, Monica, en hul twee kinders, Rogan (4) en Milla (2), steeds in die brandende huis vasgekeer is...

Hierdie nagmerrietoneel het hom twee weke gelede in Johannesburg afgespeel toe ’n foutiewe lig in die De Beers se sitkamer in hul huis in Orchards ’n brand veroorsaak het.

Toe Shane (36) wakker skrik, was die huis reeds met rook gevul en hy moes deur ’n venster ontsnap. Maar Monica (35) en die kinders was nie so gelukkig nie...

Nooddienswerkers moes keer dat ’n besete Shane by die inferno instorm in ’n hopelose poging om sy vrou en kinders van ’n vlammedood te probeer red.

Die ongeluk het net weer gewys hoe maklik ’n brand kan ontstaan, met tragiese gevolge vir jou en jou geliefdes.

Dit gebeur makliker as wat ’n mens dink. In Brittanje is daar jaarliks 68 000 huisbrande, met die meeste wat in die kombuis ontstaan.

Die jongste beskikbare statistiek vir Suid-Afrika wys in 2007 het 376 mense in brande gesterf: 86 van hulle in huise in formele woongebiede, 108 in informele buurte en 12 in woonstelle.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 5 Augustus 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Liz Rule
    2010/08/10 10:31:03 nm
    Ja, ek moet sê ek kan ook nie verstaan hoekom die man nie eers sy vrou en kinders gesoek/gehelp het voordat hy by die venster uitgespring ("ontsnap") het nie? Enige normale ouer sal tog eers die kinders probeer help voordat jy aan jou eie veiligheid dink....? Of miskien het die verslaggewer net nie al die feite gegee nie...?
  2. Elizabeth
    2010/08/10 09:46:22 nm
    Ja, ek verstaan ook nie hoekom hy deur die venster gespring ("ontsnap") het voordat hy sy vrou en kinders probeer soek/help het nie...? Ek dink enige normale ouer sou dadelik die kinders te hulp gesnel het voordat hy/sy aan sy eie veiligheid of ontsnapping dink . . . of miskien het die verslaggewer net nie al die feite gegee nie?
  3. Charmaine
    2010/08/02 09:32:46
    Dis baie tragies, maar ek kan my nie indink hoe op aarde kon hy nie sy vrou en kinders red nie, hoelank vat dit om hulle by mekaar te maak? Hy kon haar seer sekerlik wakker gemaak het toe hy die rook ruik en ek is 100% oortuig dat adrenalien jou krag gee en sy en hy kon saam dan die twee kleintjies gered het, ek ruik 'n dooie rot hier.....mag dalk verkeerd wees, maar iets omtrent hierdie storie pla my geweldig. Mag die wat nie meer met ons is en aan die voete vanm ons Vader Abba sit, weet julle was geliefd en word gemis.