Joost en Amor: So seer, maar die liefde seëvier

E-pos
Print

Hy het die oggend voor die badkamer-spieël gestaan en tande borsel ná ’n lang en slapelose nag, en gewroeg oor hoe hy deur die dag gaan kom. Hoe kyk jy die wêreld weer in die oë ná so iets?

’n Dag tevore het die bom in ’n Sondagkoerant gebars: Daar is ’n seksvideo, het Rapport berig, van Joost van der Westhuizen saam met ’n feitlik naakte blondine in ’n pienk deurtrekker. Dit lyk of hulle orale seks het en ’n wit poeier snuif.

Daardie Maandagoggend het die man voor die spieël gewonder: Hoe kry ’n mens dit reg om ná so iets by jou voordeur uit te stap en aan te gaan met jou lewe? Maar toe kyk hy vir homself in die spieël en sê: ‘‘Joost, jy het niks verkeerds gedoen nie. Mense kan jou maar kruisig. Jy weet wat in jou hart aangaan.’’

En so, vertel die gewese Bok-kaptein, het hy ’n rukkie later breëbors met die vyfjarige Jordan en Kylie (2) by die huis uitgestap om hulle oudergewoonte skool toe te vat.

Dit is ’n driftige Joost wat styf langs sy mooi sangervrou in die gesin se luukse huis in Fourways sit. Oral is foto’s van gelukkige tye saam in die gesin se lewe. Al wat verraai dat alles nie pluis is in die Van der Westhuizen-huishouding nie, is die veiligheidswag wat die kinders met arendsoë dophou.

Die glanspaar maak vandag vir die eerste keer hul hart oop oor die wolk wat die afgelope tyd oor hul kop hang. En hulle sê onomwonde hulle is nou nog nader as ooit aan mekaar.

Joost is duidelik keelvol verby oor die bewerings wat gemaak word. Dit is die laaste strooi van drie jaar se teistering en dreigoproepe, sê hy.

So iets wil hulle nooit weer oorhê nie, beaam Amor. Dit was vir seker die moeilikste dag van hul lewe om met die video gekonfronteer te word.

‘‘As hul motief daardie dag was om ons seer te maak, het hulle dit reggekry,’’ voeg Joost by.

Dit is duidelik: Die dinge van die afgelope tyd het hulle tot na aan breekpunt gedryf.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Lena Lombard
    2011/05/27 09:20:11
    DIE WAT OORDEEL IS KLAAR VEROORDEEL! Lees jou Bybel GOD alleen mag OORDEEL!!Omvergewens gesindheid is genoeg om jou van GOD te verwyder! soek die balk in jou EIE oog voor jy 'n splinter in Iemand ander soek!
  2. annonie,
    2011/01/14 12:37:47 nm
    Amor, dit wys jou net dat jy nie vir Joost meer lief is nie want al wat 'n mens hoor is net jou kant van die saak daar. As 'n mens die boeke oop maak dan is dit net Amor hier en Amor daar. Jy moes geweet het nog voor Joost geskei was het julle al 'n ding aan die gang gehad so. Het jy nie al iets gedoen waarvan mense nie van weet nie. Ja dit het nou uitgekom van Joost 'n slegte ding gedoen het en na 'n ruk uitgekom het. Almal het skeletons in hulle kas het jy nie dalk nie miskien moet mense daarna kyk.
  3. ELLA
    2010/07/27 02:24:31 nm
    Ag asb almal gaan so aan oor Joost maar wat van ons minister wat hoeveel vroue het en hy is nie sy werk kwyt nie, slaap saam met jong kinders, maar niks word aan hom gedoen nie, so Suid Afrikaners kry julle pioriteite reg hou op om almal altyd net te wil veroordeel en die witmense moet bietjie meer saamstaan want al wat hulle kan doen is om mekaar se gatte toe te stop
  4. Deon Hopkins
    2010/07/16 08:07:21 nm
    Wys my iemand wat nog nooit iets verkeerd gedoen het nie en ek wys jou n leuenaar.Joost het verder ongelooflike talente re sport..supersport aanbieder rugby/sport talente... hy is n fenomeen.Slegs indien u sy talente / statuur oorskry mag u begin om moontlik kritiek te oorweeg.aNDERSINS ........GET YOUR OWN LIFE.
  5. Lorraine
    2010/06/22 11:20:44
    'n Jakkals verander van hare maar nie van snare!
  6. monica
    2010/06/04 07:08:46 nm
    Om die artikel nou te lees en weet en sien wat werklik gebeur het,dan is daar n paar byvoeglike naamwoorde vir Joost. Jy is n liegbek,lafaard en seksvraat! Jou vrou was n idioot om jou stories te glo! Bly jy het jou werk by Super Rugby verloor,maar Amor verdien ook wat haar kant toe gekom het,want sy het weer met jou gesukkel terwyl jy nog n ander vrou se man was. Wat jy saai sal jy maai!!
    Geen simpatie met julle 2 windgatte nie. Kry vir jou
  7. anoniem
    2010/05/28 02:50:00 nm
    Mense is geneig om net vinger te wys en te oordeel, maar ONTHOU 4 vingers wys na jouself terug.
    God wat ons baie lief het oordeel nie oor ons Hy vergewe en sorg elke dag vir ons.Staan by mekaar en vergeet wat Mense se en vra vergifnis by God en by mekaar en gaan aan soos normale mense- al is dit nie maklik nie Almal wil praat en vinger wys.......

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.