Groot twis in rooibos-familie

E-pos
Print
Ma Anna en haar koliekbaba in 1968 toe sy die rooibostee-ontdekking gemaak het.
Ma Anna en haar koliekbaba in 1968 toe sy die rooibostee-ontdekking gemaak het.

DEKADES lank het Annetjie Theron die supervrou-ideaal versinnebeeld – ’n tipies Afrikaanse raakvat-ma wat nie net haar koliek-baba met rooibostee reggedokter het nie, maar toe ook haar rooibos-filosofie tot ’n internasionale sakeryk uitgebou het.

Annetjie het Annique geword, en al vier haar pragtige kinders het uiteindelik by haar skoonheidsmaatskappy met dieselfde naam met hul hoofkantoor in Centurion betrokke geraak.

Dit was ’n hedendaagse sake-sprokie met ’n eg Suid-Afrikaanse rooibos-geur – todat die Theron-familie se lewens verlede Junie onherroeplik verander het. Die balju het dagvaardigings beteken op Anna, haar oudste seun Henk, haar dogter Suzette en al die ander trustees van die H.M. Theron- en Manna Forever-trusts waarin Annique se bates opgesluit lê. 

Die dagvaardiging was van Lorinda Theron (43). Van Anna, soos haar familie haar noem, se jongste. Haar rooibos-baba.
“Dit was ’n groot skok,” bely Henk. “Dit het my lank gevat om agter te kom waaroor dit gaan.” 

Lorinda beskuldig haar familie en die ander trustees van bedrog.

Maar die onenigheid kerf veel dieper as net dit, want Lorinda sê nou ook haar mense het haar as eertydse bemarkingsbesuurder uit die familie-onderneming geboender.

Die hele fondament waarop die besigheid geskoei is, sê sy, is boonop alles leuens. Want dis nie haar ma wat die genesende eienskappe van rooibostee ontdek het nie, maar die Khoi-San-mense al eeue tevore.

Die familietwis het die sterk sakevrou Anna Theron, deesdae ook al 81 jaar oud, verpletter. Die spanning kry haar onder, sê haar oudste drie. Intussen verlang sy haar dood na haar jongste dogter en die drie kleinkinders, vertel Henk, want sy’s baie lief vir hulle, maar het hulle in 2008 laas gesien.

Meer as 40 jaar lank was Lorinda in Suid-Afrika as die rooibostee-baba bekend nadat Anna destyds haar verhaal met die wêreld gedeel het.

Dit het in 1968 begin toe sy radeloos was oor haar huilende koliekbaba van 14 maande. ’n Pediater het gesê sy is allergies vir iets, maar niemand kon vasstel waarvoor nie. Lorinda het aanhoudend op ’n dag warm rooibostee van ’n pot op die stoof in die baba se bottel gegooi om die melk warmer te maak.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 17 Junie 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (33)


  1. Dorette
    2010/11/25 09:04:15 nm
    al is geld vir party mense als kan ek ni glo mens dun dt an jo ma ni.Hoeveel skuld jy ni jo ma nie.Wat jy in elkgeval noit sal kan terug betaal ni.Jy moet dankbaar weer dat jo ma nog solank gespaar is maar,jy Annique is besig om jou ma stadig dood te maak.Jy het seke geld probleme en te sleg om te werk nou wil jy dit maklik kry.Ek hoop jy kry net regskostes rekeninge.Danki Vader jo ma gani mee lank leef ni mag sy di skok en hartseer gespaar word.Jys n sieklike afgod van Mamon!
  2. @Amelia
    2010/09/02 11:18:04 nm
    Gee bietjie meer detail oor die storie tussen Danie & sy seun Armand - dis inligting wat ek glo almal moet weet om te verstaan hoe die ou se kop werk of nie werk nie !
  3. Amelia
    2010/08/05 07:58:50 nm
    Ons woon op Parys waar Armand se Fick-grootouers gewoon het. Almal op die dorp weet Armand het sy van verander nadat sy pa, Danie Fick hom bedrieg het en Armand hom vir 3 jaar tronk toe gestuur het.
  4. x werknemer
    2010/07/21 04:00:29 nm
    Ek voel haar hartseer, ek het in 1996 vir hulle gewerk, Gn mens kan met daai mense oor die weg kom nie, die een dink hys beter as die ander. Hulle het goeie mense daai jaar verloor, Richard en erica albei is weg na Avroy shlain. Omdat jy soos melaats voel as jy daar werk. Mev Theron het eendag met haar kleindogter daar rondgeloop toe ek aan haar handtjies vat, het Mev Theron gese sy moet dadelik haar hande gaan was, en nee ek het geen siektes nie en is goed opgevoed. Ons almal werk teminste by 'n skoonheids maatskapy.

    Ek was eendag gevra om nie my kantoor deur toe te maak nie, en ek moes kort kort my liaseerkabinet oopmaak sodat dit deersoek kon word ingeval ek iets het om weg te steek. Ek hou nie daarvan om soos 'n krimineel behandel te word nie, Maar ek was goedgenoeg om hulle kliente se klagtes uittesorteer. Ek moet seker nie kla nie, hulle was maar so met almal.

    Lorinda jy het guts om daai klomp rugstekers aan te vat, Familie of te not, ek weet hoe hulle is. Sterkte en dankie dat jy nie soos hulle is nie, Mense se dinge maar het geen idee wat in jou lewe aangaan nie. Ignoreer die hele lot!
    Klomp snobs!!
  5. MR
    2010/07/07 06:15:53 nm
    Is dit nie hartseer hoe die mees belangrike persoon in hierdie hele sage, Oom Meiring wat die besigheid aan sy vier kinders nagelaat het, gerieflik uitgelaat word nie?
    Hierdie familie behoort hulle te skaam! Betoon 'n bietjie respek!
  6. Susan Meiring
    2010/07/07 08:23:00
    Ja rooibossie, dit is juis wat elke ouer hieruit kan leer - los jou kinders om hul eie lewe oop te kerf en sterf jyself bankrot. Ongelukkig vir Annekie wou sy 'n familie-onderneming skep wat sou hou so lank soos die van die Oppenheimers of die Lauders... Moenie dink hierdie is 'n dapper stap van Lorinda nie, dit is die lafaard se uitweg om jou familie deur die Huisgenoot en die howe te takel met leuns en valse beskuldigings en dit net omdat jy nie die vermoe het om verhoudinge te bou of te behou nie.
  7. rooibossie
    2010/07/06 06:06:18 nm
    Tja, dit kry 'n ouer as jy kinders wil laat "erf" voor jy dood is deur jou hard verdiende bates in 'n trust te sit. Tannie Anna, plaas jy maar net die biki belasting betaal het wat jy moes en jou hand op jou beursie gehou het en alles in jou eie naam gehou het. Verder moes jy maar liewer NIKS geld vir hierdie ondankbare kind gegee het nie. Ook nie motors, huise, vakansies ens nie. Nee wat, as ek dinge so kyk, moes Lorinda NOOIT die kans gekry het om te dink sy kan deel in die fortuin nie. Sy het, na alles, geen werk ingesit nie. (Haar ma en die tee het die ding gedoen.) Soveel ondankbaarheid het ek lanklaas gesien....ek hoop Lorinda verloor die saak, met koste...en haar ma skryf die kostes af sodat sy vir die res van haar lewe met die wete moet loop dat haar ma 'n beter mens as sy is. Sterkte Tannie Anna met dit wat voorle.
  8. Hester
    2010/06/27 08:47:50 nm
    Die maat waarmee jy oordeel sal jy ge-oordeel word. Die vraag wat hier gevra moet word wat is dit in my dat die storie my so omkrap want dis nie net 'n Theron storie die nie, maar elkeen wat Lorinda oordeel. Ek haal my hoed af vir Lorinda dat sy die moed het om op te staan vir dit waarin sy glo. Om teen 'n ouer op te staan verg baie moed en deursettings vermoe. Ouers maak ook foute.
  9. xyz
    2010/06/27 05:20:40 nm
    "n Saak het altyd 2 kante....maar dit bly hartseer....Wil julle dit nie asb uitsorteer en die trotse voorbeeld wees wat julle nog altyd vir die land was nie?
  10. Elmarie
    2010/06/26 03:58:41 nm
    Eers 'n fop-ontdekking en toe fop-grade.
  11. Natasha
    2010/06/22 12:13:07
    Ek kan nie verstaan hoekom word daar net na Lorinda verwys in die artikel nie. Sy het 'n ma, broers en 'n suster ook. Wat het hulle te se van hierdie aanval op hulle. Ek sal my kop in skaamte laat sak as ek 'n gegewe perd so aan die bek moet ruk. Lorinda het nog net alles gekry in die lewe. Haar studies was vir haar betaal, sy het 'n werk gehad nadat sy studeer het sonder om onderhoude te gehad het, verniet gaan reis in die lewe, en karre. Daar is mense wat nie sulke geleenthede het nie, en wat sal gee om die werk te gehad het wat sy net gekry het. En wat het sy ontwikkel van die babareeks. Lorinda is nie tegnies/wetenskaplik of in medies opgelei om te kan se sy het die babareek ontwikkel nie, en buiten was sy nog nat agter die ore wat werk aanbetref om te kan se sy het al die bemarking gedoen toe die babareeks op die mark gekom het. En Tannie Annetjie het nie die Khoi San van hulle kennis ontneem nie van Rooibostee nie. Sy het ook nog nooit gese sy het dit ontdek nie. Sy het net bekend gemaak dat Rooibostee 'n rustige uitwerking op haar koliek baba gehad het. HG, julle moet volgende keer alles en almal in ag neem. En Lorinda, as ek jy is sou ek lankal my hande aan die werk gesteek het, begin werk het, en nie net bakhand staan en verwag dat jy net MOET kry nie. Hoeveel jaar se werk ondervinding het jy nou regtig? Jou broers en suster werk elke dag terwyl jy by die huis sit en net nog altyd voordeel getrek het uit 'n besigheid wat tot sukses gelei het, en jy het nog nooit geskroom om van die geld te vat en te gebruik wat jou so skaam laat kry het, net omdat jy die sogenaamde "rooibosbaba" is nie. Daaroor het jy nog nooit gekla nie. As jou van nou Fick was, soos jou man sin veronderstel is om te wees, dan sou jy nou mos nie meer as die "rooibosbaba" verwys kon word nie. Reg of verkeerd?
  12. Eks-werknemer
    2010/06/20 06:24:49 nm
    Dis nou wat ek die blinde sambok noem wat terug kom! Wat jy saai sal jy verseker maai...

    Die van julle hier bo wat so lekker klip gooi, moet maar eerder net stil bly.

    Dr. Mev. Theron en haar oudste dogter, Suzette is glad nie so lieftallig as wat hulle voorgee om te wees nie... Ek praat uit persoonlike ondervinding... Henk... Caring, moenie dat ek lag nie!!

    Dr. Mev. Theron is glad nie die god wat sy, haar drie kinders of haar top-konsultante (Haar "empire") haar probeer uitmaak om te wees nie! Julle weet NIKS...

  13. Michélle
    2010/06/18 02:31:42 nm
    Lorinda, ek wonder of jy nou dink dat geld wat stom is gaan regmaak wat krom is? Dit is so duidelik soos daglig dat jou "storie" net oor geld gaan. Hoeveel het Huisgenoot betaal vir jou "storie"? Nogals snaaks dat daar nie melding gemaak was dat jou man sy van na Theron verander het nie, of het jy nie gedink jy sou genoeg daarvoor betaal geword het nie?

    Het jy dalk vir Huisgenoot genoem van die befondsing in die verlede? Of gaan jy dalk die hofstukke vir Huisgenoot openbaarmaak sodat dit daaruit aangehaal kan word?

    Skaam jou man! Dis lafhartig om so op te tree! Jou ma het die navorsing gedoen en sy het 'n sukses gemaak van Rooibostee. Die Khoisan het dit miskien jare voor haar gebruik, maar as ek so na hulle velle kyk, wil dit vir my voorkom asof hulle beslis nie die verjongingskuur daarin ontgun het nie.

    Lorinda, miskien moet jy en jou man julle van na sy voormalige van verander, dan is daar mos nie meer 'n probleem met die Theron familienaam of die Rooibosbaba etiket wat jy met jou saamdra nie. Niemand sal weet dat Lorinda Fick eintlik die "rooibosbaba" is nie en dan is jou probleem eensklaps opgelos.
  14. Venette
    2010/06/17 12:12:43 nm
    Lorinda, wat ek graag wil weet...as jou familie so "swak" is, waarom het jou man die Theron van aangeneem? En waar staan hy in die hele spektakel...is hy dalk die een wat jou aanmoedig om teen jou familie te draai? Jy moet mooi dink...bloed is dikker as water! Gaan maak vrede met jou ma en familie, hoe vroeer hoe beter. "Waag dit om anders te wees. Waag dit om te staan vir wat jy weet wat reg is." IS JY REG?
  15. Susan
    2010/06/17 12:10:39 nm
    Ek sal te skaam wees om my gesig te wys. Jy behoort dankbaar te wees vir 'n ma wat alles gegee het. Dit is mense soos jy wat maak dat ek skaam is om 'n Afrikaner te wees.
  16. Edith Swanepoel
    2010/06/17 10:04:40
    Ek dink dis 'n skreiende skande dat Lorinda dit aan haar dierbare ma, en die ouma van haar kinders doen. Sy het al die voorregte in die lewe gehad waarvan ander kinders net kan droom, 'n bed om in te slaap, kos elke dag en die voorreg om verder te gaan studeur. Haar moeder en familie het haar deur die jare so baie bygestaan en finansieel ondersteun. Die tye wat sy wel by die besigheid betrokke was het sy die voorreg gehad om van die huis af te werk sodat sy naby haar kinders kon wees ek is seker haar moeder het nie daai voorreg gehad nie. meeste mense moet maar hul kinders in dagsorg en skole sit en sien hul slegs in die aand. Mev Theron of te wel Ouma Theron is 'n dierbare, dankbare en menslike mens vir wie ek baie omgee en dit gaan my verstand te bowe hoe haar eie dogter haar so wil venerder. Miskien moes sy ook soos haar Moeder onder begin het dan sou sy dit wat hul almal vir haar gedoen het meer waardeur. Sterke aan Henk, Marius, Suzette en viral Mev Theron, ons dink aan julle.
  17. Leana
    2010/06/17 08:24:57
    Lorinda - die verskil tussen jou ma en die Koi-san mense is dat sy iets van haar bevindings gemaak het omdat sy in 'n era geleef het waar mense hul bevindings kon bevorder! Om jou eie ma so in die rug te steek laat my net wonder of dit nie net vir jou oor die geld gaan nie...
  18. Lyla
    2010/06/16 05:50:40 nm
    Hoekom moet daar in sommige families 'n swart skaap wees wat dwars draai? Al wen jy die hofsaak Lorinda en kry 'n paar rand, sal dit al 'bonus' wees wat jy hier deur sal beryk, jou ander prys wat jy egter gewen het, is geweldige onpopulariteit ,(persoonlik nl. vriende en familie en onpersoonlik nl. die publiek ) 'n uiterse swak naam (niemand hou van 'n mens met lae of geen integriteit nie) en laaste maar nie die minste nie, oneindigbare hartseer en berou! Onthou net dat jou eie kinders gaan groot word en 'verstand' kry, en hulle gaan vir jou bitterlik kwalik neem aan wat jy aan hul ouma gedoen het en hul van hul eie familie vervreem het. WIE nou eintlik die waarde van rooibos ontdek het, maak nie saak nie, dit is van self sprekend dat dit al 'n oer-oue vorm van nuttige gebruik is, dat jy dit selfs noem dat dit nie jou ma is wat dit ontdek het nie, maak my lag. Jou ma het dit wel gewild gemaak en 'n besigheid daarmee begin. Besigheid kant toe geskuif, mens doen nie dit nie, uiters swak!
  19. lorraine
    2010/06/15 03:54:41 nm
    Sies vir jou Lorinda!!!! wys net wat beteken familie vir jou!!! jy het geen waardes nie. maar soos hul se die wiel draai. hoe gaan jy voel as jou kinders dit eendag met jou doen? hoekom vuil wasgoed in die openbaar was?
  20. Rina
    2010/06/15 01:31:01 nm
    Klink vir my sy het nou nog koliek! Ek stem saam met Louise dat sy eendag as haar ma nie meer
    daar is nie nog baie jammer gaan wees.
  21. A B C
    2010/06/15 11:56:36
    Ag nee sies Lorinda - jy's 'n geldgierige en ondankbare vrou. Hoe kan jy dit aan jou ma doen en dit op haar wonderlike ouderdom van 81. Skaam jou - deur nie met haar in kontak te wees vanaf 2008 nie is 'n godsskreidende skande. Nee man - gaan maak reg. ONMIDDELIK.
  22. Daleen
    2010/06/14 10:44:37 nm
    Sies vir jou........jy gooi 'n vloerm%%$%^ maar jou ma kon jou met jou skreegat iewers weggegooi het. sy het duisende mammas met soortgelyke probleme gehelp! jy het lekker gelewe op al haar swarverdiende (skelm geld) en met dieselfde geld wil jy haar op haar oudag vernietig. dink mooi en dink weer! jy sal jou woorde nog sluk
  23. Frikkie
    2010/06/14 08:29:34 nm
    So is dit, maklik om te oordeel, maar die waarheid SAL in die hof uitkom. Elke een wat hierbo baie te se het moet onthou dat die maat waarmee JY oordeel, jy geoordeel sal word. Dit kan sekerlik nie maklik wees vir 'n sterk vrou wat 'n empire beheer om deur haar jongste hof toe geneem te word nie, maar dit kan ook nie maklik wees vir 'n kind om haar hele familie hof toe te neem nie. Indien dit iets was wat hulle self kon uitsorteer sou dit die afgelope 20 odd jaar gebeur het, maar onthou: skelmstreke het mos maar 'n manier om soos skuim boontoe te dryf. Wie dit ookal was wat wie beduiwel het, dit sal ons weet wanneer die regter in die hof uitspraak gelewer het. Tot dan, plaas 'n wag voor jou mond en dink twee keer voor jy iets skryf.
  24. Louise
    2010/06/14 01:15:39 nm
    Wat 'n wonderlike voorreg om 'n ma te hê wat jy gratis by geskool kan word.
    So baie kinders het niks. Sal nooit iets hê nie, want die ouer is nie genoeg
    deur iets geinspireer nie. Ons kry almal raad - die bediende wat die rooibos maak -
    maar nie almal bring dit ooit so ver nie.
    Ek dink die dogter gaan eendag as haar moeder nie meer daar is nie - haar hare
    uit haar kop wil trek oor foute wat sy nou maak.
    Maak reg voor dit te laat is.
    Baie kwaad kom deur gierigheid.
  25. w s
    2010/06/14 10:59:21
    Jy maak jou naam krater waar of nie dit het niks met ons te doen KhoiSan kon nie vir ons gee wat sy gegee het nie Sy het al die geld gemaak nie jy nie Jy is nie meer deel van die span nie en nou is jy suur daaroor. Om te erf is n voorreg nie n reg nie Aan almal by Annigue sterkte ons dink aan julle Glo my sy staan alleen ons almal glo in julle
  26. Sandra
    2010/06/14 10:36:17
    Dis jammer dat famielies nie hierdie tipe kwaad tussen hulle self kan uitsorteer nie. Ek kry Annique vreesliki jammer, hoeveel hartseer het sy nou al probeer verwerk. Die woord se mos kinders sal teen hulle ouers opstaan en anders om. Mag ek altyd onthou hoe my Moeder ons groot gemaak het en mag ek al die onaangename dinge vergewe. Maak asb vrede moet jou Moeder... Ek weet Koning Jesus sou jou vergewe....
  27. Valerei
    2010/06/14 07:18:11
    Sover ek weet wat dit Anekie Theron se bediende destyds wat haar op die spoor van rooibos gesit het. Lorinda as baba het non stop gehuil en die bediende het rooibos gemaak en vir die kind gegee. Annekie Theron besef die baba is stil, toe vra sy die bediende wat het sy vir die kind gegee. En wat was dit? Rooibos! So ja die bediende was onbewustelik die "brein" agter rooitbos. Se ma net
  28. Gerda
    2010/06/13 09:40:36 nm
    In die meeste familiebesighede loop dinge later skeef. Daar is altyd diegene wat in beheer wil wees ten koste van ander, en omdat almal familie van mekaar is, sny die twis en verwyte diep en seer. Ek hoop hierdie mense kan hul probleme vreedsaam besleg en aan hul bejaarde ma die eer en liefde gee wat sy toekom. Sonder haar sou hul besigheid en elk geval nooit bestaan het nie.
  29. Dawie
    2010/06/13 07:37:56 nm
    Sorteer julle verskille soos groot mense uit of ek hou op Rooibos tee drink!!!
  30. Susan
    2010/06/13 06:29:59 nm
    Ai tog, wat 'n bitterbek en ondankbare kind. As die helende waardes van rooibos al klaar so bekend was, hoekom het almal dit nie geweet nie? En jou Ma se besigheid was julle almal se brood en botter, is dit nog steeds. Wat dink jy gaan mense nou doen: ophou haar produkte gebruik oor jou ou hofsakie? Dink weer sussie, dink weer.... en gaan kyk ook sommer weer wat se die Bybel van eer jou Vader en jou Moeder..

    O, en Sny haar sommer uit die testament ook! Laat sy self sien kom klaar...
  31. Marianne
    2010/06/13 06:13:55 nm
    Geld gierigheid maak nou dat 'n familie verbrokkel. Lorinda moet eerder haar ma waardeer en die strydbyl begrawe.. Ek sal enige iets doen om my ma nog by ons te hê. Lorinda jy moet vrede maak. Jou ma is bejaard en sy't jou versorg toe jy haar nodig gehad het,nou klap jy haar in die gesig... wat maak dit saak wie wat eerste ontdek het?
  32. marie
    2010/06/12 06:36:29
    Ja nee, miskien het die rooibos Lorinda so slim gemaak dat sy sommer as baba haar eie bottel gemaak het!!
  33. Susan Meiring
    2010/06/11 09:53:14
    Mag ander ma's hierdie nagmerrie gespaar bly. Dit gaan sekerlik oor geld wat gewoonlik in families 'n oorsaak is van diesulke "gevegte". Vir my sal sy altyd Annekie Theron wees - die ma van rooibos. Of die KhoiSan van die antiallergiese eienskappe geweet het, is betwyfelbaar.

    Lyk asof HG bietjie haastig was met die skryf van die storie...
    HG: "Lorinda het aanhoudend op ’n dag warm rooibostee van ’n pot op die stoof in die baba se bottel gegooi om die melk warmer te maak." Julle bedoel seker "Annekie het aanhoudend..."

    SM