‘Gretha slaan die seks-bal mis’

Dis al weer die ou rympie: Seks is sonde. Of liewer, as jy nie dié en daardie reëls volg nie, dan is seks die ding wat jou in die verderf gaan dompel. Seks, sê die bekende Pretoriase Christen-seksoloog Elmari Craig, behoort binne ’n veilige raamwerk te gebeur, maar vergeet gerus maar daarvan dat een stel reëls binne daardie raamwerk vir almal sou geld.

Dis waarom Elmari se oë gerek het oor wat Gretha en Francois Wiid alles in Huisgenoot oor seks kwytgeraak het. ‘‘Ek het ’n problem daarmee dat Gretha en haar man een stel reëls predik wat vir almal moet werk. Ek sien soveel paartjies met ernstige seksuele probleme weens skuldgevoelens. Ek dink dit is onverantwoordelik om sulke waarde-oordele te vel asof dit die enigste waarheid is.’’

Elmari glo masturbasie is normaal en dat sekere seksspeelgoed jou kan help om die vonk in jou sekslewe te behou. Dat Gretha-hulle die “Gees van God’’ vir hulle alleen wil toe-eien wanneer hulle hul menings oor seks as die enigste waarheid voorhou, is emosionele manipulasie, meen Elmari.

‘‘Wat ’n jammerte as mense wat na antwoorde soek, in skuldgevoelens en skaamte moet verval eerder as in ’n gesonde viering van seksualiteit soos God dit bedoel het. Dit is vir paartjies ’n natuurlike proses om mekaar se liggame te ontdek. Soos jul emosionele verhouding groei, moet jul fisieke verhouding ook groei en ontwikkel.

“ ’n Man en vrou moet oor seks kan kommunikeer en weet wat hulle self stimulerend vind. En hulle moet veral gemaklik wees met hul eie en mekaar se liggame, om sonder skuldgevoelens weerloos bymekaar te kan wees.

“Want dit is in die weerloosheid en veiligheid by mekaar dat ’n mens jouself kan toelaat om die gawe en wonder van seksuele vervulling saam te ervaar. Dit is in wese ’n Goddelike en spirituele ervaring – mits daar nie onnodig rigiede en beperkende reëls en riglyne is nie.

‘‘Baie Christene worstel reeds met skuldgevoelens rondom seks, en om die riglyne te volg wat Gretha gee, plaas ons amper terug in die Victoriaanse tyd.’’

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 4 Maart.

Verlede week het lesers behoorlik hul stem dik gemaak oor Gretha - baie het met haar verskil, maar baie het ook saam met haar gestem en haar ondersteun. Wat dink julle van Elmari se opinie? Deel julle mening in die kommentaarveld hieronder.





Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (114)


  1. Adeline
    2010/07/19 02:30:04 nm
    Ekt ook een van Gretha se praaitjies bygewoon en ek voel dat mens maar net oopkop na dinge moet luister,ek glo elkeen moet met die reëls doen wat hul goed dink en hoe hulle gemaklik voel darmee in hul seks lewens. ek as jong ongetroude vrou was groot gemaak met die geloof van seks behoord in di huwelik en ek sal daarvolgens bly want dis wat my gamaklik laat voel, ek weet en het al gehoor dis n belangrike en wonderlke ding en ek voel dit moet sonder skuld gevollens kom en dit moet nie beoordeel word ni.almal het hul menings daroor en Gretha deel haar stories met ons en gee ons n voorbeeld uit n ander oogpunt uit, nêrens forseer sy enige iemand om haar raad te volg ni dis omdat mense dinge te persoonlik opvat dat die stories onsmaaklik raak, Vat wat Gretha sê eerder as advies wat j kan kies om te volg of nie voordar n mens dit oordeel.
  2. Hannalie
    2010/07/12 09:33:19
    Ja nee, net soos die kerk en die tronk. Waar is die meeste getalle? Dit is nou maar net so, wanneer jy iets aanvang wat nie reg is nie wil jy graag almal daar he en ons ou volkie is mos soos 'n klomp skape - volg die meerderheid want die ruggraad is te pap om op te staan vir wat reg is. Kom nou mense, daar is net een reg en een verkeerd en ons weet almal wat dit is, dit is nie nodig dat ander mense vir jou kom se wat dit is nie.

    Suikerpappie ek sal graag met jou wil kommunikeer, daar is moontlik iets wat ek met jou kan deel rondom jou situasie, klink soos myne.
  3. Tinus
    2010/07/04 07:51:36
    The fanaticism of one sincere believer who thinks (s)he knows causes more evil than the united efforts of two hundred rogues. - Anthony de Mello
  4. Ben
    2010/06/30 08:21:40 nm
    Ek het aanvanklik gedink dat Gretha 'n vars nuwe briesie bring aan die vreeslike bekrompte Afrikaanse idees van "seks"--of mens daaroor mag praat en of dit iets is wat glad nie openlik oor gesels mag word nie.Nadat ek egter van haar rubriek gelees het, waarin sy van 'n vlak van persoonlik ondervinding raad gee , het ek besef sy sukkel self met baie issues.
    Haar gedurige verwysing van haar man se misstap is slegs 'n ander manier van straf uitdeel aan hom. Die Bybel praat van vergifnis, maar sy sukkel ooglopend baie daarmee, want sy het hom nie vergewe nie. Seks is 'n instelling van God, en die gesindheid waarmee dit beoefen word, binne of buite die huwelik bepaal of dit sonde is. Losbandige seks is definitief verkeerd en lei gewoonlik tot groot hartseer. As paartjies egter nugter daaroor praat en self die reels bepaal kan dit slegs positiewe gevolge he.Jou persoonlike verhouding met God sal bepaal hoe jy dit in die praktyk toepas.
  5. Anoniem 1
    2010/06/14 10:12:48
    Ek wil saam met "Saam grootgewrod" stem. Ek het nou nie saam met Gretha groot geword nie maar ek was een van Leerlinge toe sy onderwys gegee het. Daar was goed (stories) gewees wat in daardie skool rondgeloop het oor haar, maar ek was een van die Leerlinge wat nie daardie stories geglo het nie, ek het regtig baie van Gretha gehou. Ek het haar eendag by 'n vulstasie in montana raak geloop en het na haar toe gestap en haar gegroet en toe se sy vir my dat sy my nie ken nie en ek moet asb nie met haar praat nie. Watse tiepe mens doen dit. Sy het my goed geken want ek lyk nog die selfde as wat ek op skool gelyk het. (Gelukkig nog nie grys nie).

    Ek wil net se dat sy en haar man van wolk no. 9 moet afklim en terugkom aarde toe, want as jy daar afval, val jy hard en dan kry jy baie seer. Alles kan enige oomblik van haar af weg gevat word. Jy is nie hier op die aarde geplaas om ander mense te oordeel nie, dur nie jou werk nie. Daar is net EEN wat oordeel en dit is one LIEWE VADER.

    Jy het jou eie lewe om te lei en jy is verantwoordelik om jou oordeling te doen by die LIEWE VADER.
  6. anna
    2010/06/07 01:49:13 nm
    Stem saam met Gretha. My niggie is ook 'n sielkundige en klink net soos Elmari en ek stem glad nie met hulle saam nie. Het enige iemand van julle al daaroor gaan bid?
  7. SUIKERPAPPIE
    2010/06/07 07:36:15
    NOUNET HIERDIE ARTIKELS EN BRIEWE GELEES. EK IS NOU AL VIR DRIE JAAR SONDER SEKS EN WONDER OF DAAR NOG 'N MAN OF VROU IS WAT IN DIESELFDE BOOT IS. MY VROU HET NET SKIELIK EENDAG BESLUIT OM NIE MEER LUS TE WEES OM SEKS TE HE NIE. NOU SIT EK MET HIERDIE OPGEHOOPTE DRANG NA 'N BIETJIE SEKS. EK NOEM MYSELF SUIKERPAPPIE OMDAT EK MYSELF REKEN AS 'N AANTRKLIKE 59 JARIGE MAN WAT NOG ENIGE VROU SAL KAN SEKS GEE WAT SY VERDIEN OM TE HE, MAAR SAL NIE ONTROU AAN MY VROU WEES NIE. IS DIT MOONTLIK OM NOG LANGER UIT TE HOU?. MY VROU REKEN DIT IS REG OM OP TEHOU OM SEKS TE HE. SY STEL NIE BELANG IN VIBRATORS NIE EN OOK NIE OM TE KOM NIE. GRETHA, EK DINK MY VROU MOES SOOS JY GEWEES HET. HOE OPWINDEND SOU DIT DAREM NIE GEWEES HET HIE.
  8. Jan
    2010/06/04 10:17:29
    Nee sies man!
  9. Jackie
    2010/05/31 01:50:37 nm
    Ek dink elke man en vrou moet doen wat vir hul gemaklik is dit waarmee hul gemaklik voel sal vir hul ook reg wees. Om te deon wat daar in boeke vir jou vertel word of wat jy op die telivisie sien gaan jou dalk ongemaklik en skaam laat voel. Doen wat vir jou reg voel en geniet die lewe saam met jou huweliksmaat.
  10. Justin
    2010/05/29 07:58:43
    Ek stem heeltemal saam met Gretha en sy werk nie so sielkundig soos wat "Jammer vir Haar" se nie. Gretha deel die waarheid met ons en gebruik haar eie lewe om dit te wys. Julle vrouens daar buite wat so hard Gretha probeer seer maak moet julle oe oop maak en rondom julle kyk, daar is waaskynlik 80% van julle se mans wat pornografiese beeld ens. nog steeds sonder julle wete kyk. "Louw" jy het duidelik nie reg gelees nie want jy vra waar kry Gertha haar inligting vandaan, dieselfde vraag en twyfeling wat by die "pharisess en scribes in die bybel" die geleerders was oor JESUS. Geleer deur die HEILIGE GEES in SY WOORD, Gretha kry haar inligting van GOD se WOORD af en gelei die die GEES soos "Shaaron" gese het. Julle wat so opstanding is teenoor Gretha staan logies op julle agterste voete want jule skerm iets wat diep binne julle vreet soos kanker en nie bereid is om te draai na GOD toe nie, GOD het julle almal lief en aanvaar almal wat na HOM to draai weg van hierdie werled af om HOM te dien in GEES en WAARHEID. "Kom met die Jare" moet pasop dat jy nie gemaklik en self versterk raak dat jy jou VERLOSER ook teen staan en op jou gesegte van "dit kom met die jare" vetrou want dit kom nie met die jare nie, die jare mag miskien die mag van gewoonte bring.
  11. Christy
    2010/05/28 10:45:34
    Gretha het geleertheid nodig, miskien kan Elmarie help?
  12. Flicka
    2010/05/27 11:28:14 nm
    Ja, ons sekslewe was aanvanklik opwindend, prettig en vol liefde. Sy ewige fantasiee het my laat besef ek en dit waarmee ons besig is, is nie vir hom genoeg nie. Hy het die vibrator voorgestel en dit het my laat besef ek het hom nie in die bed nodig nie - hy is nie regtig in staat om 'n vrou te bevredig nie. Waar was jy 15 jaar gelede, Gretha? As ek toe geweet het wat ek nou weet, het ek aangedring dat hy sy fantasiee vir homself hou en het ek nooit 'n vibrator gebruik nie. As 'n verhouding eers hierdie soort "opwinding" nodig het om dit in die bed te laat werk, is daar lankal nie meer sprake van 'n verhouding nie. Los God en die Bybel en Christenskap uit die storie uit - dit kompliseer net die saak. En ja, die besoeke aan 'n seksioloog was geld in die water - nie al die masturbasie in die wereld maak die seer wat spruit uit 'n onvervulde seksuele verhouding reg nie, ook nie al die seksspeelgoed, al die praatjies deur sogenaamde kenners, al die moets en moenies nie. Al wat dit sal regmaak is as hy met my liefde maak omdat hy vir my lief is en intiem met my wil wees, op my fokus, hier en nou, en dit geniet. Dit sal my in staat stel om hier en nou op hom te fokus, hom te geniet en vir hom lief te wees. As ek in sy gedagtes die verpleegster met die kort rokkie, die straatvrou sonder 'n panty, die ouma met die oorheersende seksdrang, ens moet wees, voel ek hy moet maar die pad vat na so iemand toe sodat ek 'n nuwe lewe kan begin met 'n man wat in my as mens en vrou belangstel en in staat is om my te bevredig. As ek myself moet bevredig het ek nie 'n man in die bed nodig nie.
  13. Lynette
    2010/05/27 11:10:18 nm
    Ek het Gretha se DVD's 'n paar keer gekyk en nerens beweer sy dat jy nie jou liggaam moet leer ken nie of dat jy preuts in die bed moet wees nie, Inteendeel, sy beveel sterk aan dat mens met skuldgevoelens moet klaarspeel, seks moet geniet, mekaar bevredig en die stoute skoen aantrek. Sy beveel ook aan dat egpare oor seks kommunikeer. Dit is wat Elmari ook voorstaan. Albei meen seks hoort in 'n verhouding waar twee mense mekaar liefhet en respekteer. Elmari en Gretha het baie meer in gemeen as wat mense dink. Elmari staan wel seksspeelgoed en masturbasie voor, terwyl Gretha dit nie aanbeveel nie. Hoekom gooi so baie mense in hulle briewe klippe na hierdie twee vroue wat albei probeer om andere te help? As jy nie van iemand se advies hou nie, ignoreer dit net. Om Gretha en/of Elmari so te kritiseer, af te kraak en te veroordeel, plaas jou op dieselfde onaanvaarbare vlak as dit waarvan jy hulle beskuldig. A nee a, mens, as jy ander nie kan opbou nie, bly eerder stil. Ons jeug gaan ten gronde weens 'n permissiewe leefstyl, alkoholmisbruik en rondslapery. Hoekom spandeer jy nie eerder jou energie daarop om die jeug reg te help nie, dan doen jy immers iets waardevols!
  14. Susan
    2010/05/07 01:52:32
    Ek is geen voorstander van losbandigheid nie, maar die "ou" tradisie dat seks- enige seks, selfs tussen verloofdes- hierdie helse sonde is wat mens in die ewige hel gaan laat brand, is sommer "tjol". Deesdae trou mense al hoe later ( weens bv studies, of kan nie 'n troue bekostig nie) en dit is eenvoudig nie moontlik om te "wag" en so rein soos die dag soos jy gebore is te trou nie. Solank dit in 'n vaste, eksklusiewe verhouding geskied, is dit ok na my mening. Gebruik tog net voorsorg, en moenie die ding doen as jy nie in staat is om finansieel of andersins- vir 'n kind te sorg nie ( geen voorbehoeding is 100% fool proof nie). En moenie saambly nie, dit vat al die lekker uit 'n latere troue..

    Wat masturbasie betref, as vrou het ek dit eers ontdek toe ek al op Universiteit was. Dit het my in staat gestel om later, na ek getroud is, vir my man te wys waarvan ek hou tydens seks, en ook die groot "O" te kan ervaar.....verskeie kere (ja, dit IS moontlik vir 'n vrou! :) )

    Al die verkramptes kry seker nou 'n toeval......haha
  15. Marius
    2010/05/05 05:41:07 nm
    Ek wil net se die huwelik is deur God ingestel en mense kan nie onderskei tussen wellus en liefde nie. Die perversie van die wereld soos pornografie en blue movies tydskrite en noem dit skep by die mens n verwagting van hoe dinge moet wees. Senario : As jy na pornografie kyk dan lyk dit so goed en aangenaam, dan soek jy dit todat jy dit kry, want alles gaan oor blootstelling. As jy jou lewe rein hou van die besmettinge van die wereld en jou toekomstige vrou doen ook so dan is seks iets wat wondelik is wat julle altwee saam ontdek sonder enige illusie of verwagting, die probleem is almal sien die prentjie wat geskep word en as dit nie soos wat jy dit voorgestel het nie dan loop jy rond. Die skyn bedrieg dikwels en ek kan nie iets mis wat ek nog nie geproe of aan blootgetstel is nie.
  16. Carine
    2010/05/04 12:01:29 nm
    My eerste indrukke van Gretha Wiid is dat sy soos 'n koei oor die maan spring om te keer dat haar man haar weer verneuk. Ek het nie al haar detail nodig nie. Elmari is meer nugter oor die hele ding van seksualiteit, dankie Elmari. Ek glo egter steeds dat al hierdie binnekamer-porno totaal iot verband geruk word. Daar waar God aan die bo-punt van die huwelik-driehoek staan, vind man en vrou vreugde in mekaar na gees en liggaam. Wanneer dit nodig is om te "kinky" te raak, is daar alreeds 'n probleem of twee. Stel God eerste, jou huweliksmaat tweede - IN ALLES. Enigiets wat hierdie prioriteite versteur (kinders se behoeftes wat voor die van 'n huweliksmaat gestel word, geld, jou werk, skuld, status, eie-ek, drank, partytjies,ens ens) is moeilikheid. Al die "kinky goed is dan kunsmatig en spreek nie die ware probleem aan nie. Moenie vir my vertel 'n vrou wat spog dat sy 'n prostituut vir haar man is, het nie in haar stil oomblikke 'n stemmetjie wat haar pla nie. Sommige vrouens wat dit doen, se mans soek ook maar ander weivelde, want hulle smag na die eens emosionele konneksie wat hulle met hul vroue gehad het. Toegegee, huweliksmaats moet mekaar so af en toe op seksuele gebied verras, veral van die vrou se kant af. Die klem moet egter op af en toe wees sodat dit 'n verrassing bly en die man laat uitsien na die volgende keer. So behou mens die misterie en die romanse baie beter. Na alles is seks NIE die alfa en omega nie.
  17. Lag vreeslik vir julle almal
    2010/04/13 10:20:36
    Ai ai ai, maar ons almal gooi lekker klippe, onthou net dat almal van ons in glashuise bly, en Jesus het self gese "die een wat geen sonde het nie, mag die eerste klip gooi"

    Ons is almal verskillend, Gretha het goeie goed om te se, veral haar kinder CD's, sy is 'n goeie vrou, met baie waarheid in wat sy se. Ek is seker Elmari kan ook mense help.

    Doen wat jou pas en hou op om klippe te gooi, geen wonder ons land is waar ons is nie, want mense fight oor SEX....ag nee man, begin eerder veg om misdaad te bekamp of so iets, nie oor SEX nie, GENIET DIT EERDER....!!!!!!

    LMGA!!!! Almal is nogal snaaks met hulle segoed!!! hahahahaha
  18. Annabelle
    2010/04/11 08:08:16 nm
    Ek wil nou nie lelik of snaaks wees nie, maar ek dink Gretha het die kat aan die stert beet. Boonop wil dit vir my voorkom of sy wydsbeen op haar man se kop sit! (Dalk dié dat hy haar verkul het?) 'n Mens hoor nooit wat sy opinie is nie. Ek het hom skoon jammer gekry toe ek sy gesigs uitdrukking in daardie huisgenoot gesien het. So asof hy maar net kan ja en amen op wat sy vrou te sê het, omdat sy hom geen ander keuse toelaat nie.... Nee wat Retha, ek was van plan om van jou dvd's vir my kinders te koop. Maar ek sal maar liefs verby hou. Jy is ook een van daai wat die duiwel agter elke bos soek. En wat my ook al lankal afgesit het, is dat jy vir al wat leef en beef vertel het van jou man se GEWESE sondes. As jy hom waarlik vergewe het, sou jy nie daarmee te koop geloop het nie! Dankie tog God maak nie so met ons sondes nie. As Hy ons vergewe VERGEET Hy ook daarvan.
  19. Aitog
    2010/04/09 01:23:06 nm
    Ek stem saam met Elmari, net omdat iets vir een persoon werk beteken nie dat dit nie vir ander gaan werk nie.

    Hoekom moet almal van ons by Gretha se reëls inpas? En wat daarvan as gelukkige getroude paartjies seks speelgoed wil gebruik? Daar is niks fout daarmee nie.

    Ek het nog nooit iewers in die bybel gelees dat daar spesifieke reëls is oor hoe paartjies moet seks doen of geniet nie.

    Ek is ook verskriklik geskok dat mense so min begrip het oor seksualiteit en hoe 'n sensitiewe saak dit is, veral vir vrouens, omdat hulle dikwels met skuldgevoelens daaroor rondloop.

    En Marie, ek is geskok oor jou onkunde. Met sulke snert wat jy kwytraak
    ****Hoe "boring" moet jou sekslewe nou eintlik wees as jy en jou man pornografie moet kyk, of seksuele speelgoed moet gebruik om weer die vlam in julle huwelik aan te wakker!!!!***

    Ek meen wragtig, 'n berader behoort van beter te weet.
  20. Marié
    2010/04/01 10:27:42
    Tipies ons Suid-Afrikaners.Ons hoor, maar ons LUISTER nie wat Gretha sê nie.Ek het Gretha se DVD's "Adam se hart" en "Eva se lyf" gekyk, en dink dit is fantasties.Ek as Christen Berader kan nêrens daarop verbeter nie, en verseker stem ek 100% met haar saam.

    Ek sien die meeste wat so lekker kritiseer is vrouens.Julle is seker die 2de yskas in die huis, en julle mans het seker nodig om seksuele speelgoed te gebruik om jou en hom aan te wakker, en julle kyk ook seker gereeld die seksuele "sepies" op e-tv saam.Gretha het juis uit haar foute geleer wat sy in haar eie lewe met Francois gemaak het, en uit ondervinding is dit die ouens wat die beste raad kan gee......ons wat self die foute gemaak het en die pad van seerkry geloop het, en daarom kan ons ander mense help om hierdie foute te vermy.

    Maar natuurlik is hier op hierdie forum 'n hele paar "unteachable" vroutjies, en dit is waarom hulle die liewe Gretha so met klippe bestook.Gretha dwing niemand, met 'n rewolwer teen die kop, om te doen wat sy voorstel nie.Dit is bloot raad, en as jy hierbo wat so lekker kritiseer, dan nou so slim is, waarom neem jy nog deel aan hierdie gesprek.Jy is in elk geval te slim om iets te leer.

    Hoe "boring" moet jou sekslewe nou eintlik wees as jy en jou man pornografie moet kyk, of seksuele speelgoed moet gebruik om weer die vlam in julle huwelik aan te wakker!!!!
  21. Elmarie
    2010/03/26 09:32:54
    Gretha, jy het soveel voorskrifte vir sex binne die huwelik, dit is hoekom jou man ook gatvol daarvoor geraak het en iemand anders gaan soek het om hom op 'n heerlike genot rut te vat! Sterkte met jou "issues"
    'n Bietjie raad van 'n ou getroude: Gaan lees jou Bybel! Haal eers die balk uit jou eie oog, voor jy ander mense se lewens verwoes deur om die splinter daar te soek!

    ELAMRIE BO!!

  22. nikita
    2010/03/23 03:06:58 nm
    ai ek weet nie wat gaan die mense so aan nie!!!!

    oeee en ek is seker die wat so tekere gaan staan self agter die deur....

    nerens in die bybel staan daar dat selfbevrediging n sonde is nie......

    en nerens het Gretha dit goedgepraat om the hoer nie.......
  23. Dana du Plessis
    2010/03/22 09:17:11
    Vergeet wat mense sê. Vra die Here wat sy bedoeling met die mens en sy aartse bestaan was. Vra dat God jou die wysheid gee om en die waarheid aan jou bekend maak. Lees die Bybel en bid. Jy sal self tot nuwe insigte kom.
  24. Lank getroud en weet wat werk!
    2010/03/20 11:35:50 nm
    Moenie die baba met die badwater uitgooi nie. Ek het oor jare baie berading gedoen. Go Gretha Go!!
  25. Anti - massa- hipnose
    2010/03/19 05:51:38 nm
    Ek stem 100% saam met Elmari....
    Dit lyk vir my of enige-iemand deesdae 'n prediker kan wees, of "kenner", of "health practitioner", 'n CD opneem of boeke skryf en verkoop. Sekerlik is dit nie verkeerd nie, maar dan gaan die algemene publiek ook gebombardeer word met substandaard produkte EN inligting.
    Gelukkig is ek nie 'n skaap nie en kan vir myself dink - en Greta Wiid se praatjies (by skole, ens) smaak vir my na 'n goed georganiseerde geldmaakspul. Ek stem meeste van die tyd nie saam met wat sy sê nie, en van die ander goed wat ek mee saamstem, is glad nie nuut of lewensveranderende inligting nie.
    Ek dink ons 'n verveelde ou spulletjie wat ons laat meesleur sodra daar 'n windjie waai waar die woord "SEKS", "KERK" of "GODSDIENS" bygesleep word.....
    En terloops, al vir 22 jaar baie gelukkig getroud, met of sonder vibrators e.a. As albei volwasse is in die huwelik, is die liefde dieper en meer dienend as net dit wat tussen die lakens gebeur.
    Dankie, Elmari, vir jou nugter artikel.
  26. Yolandi
    2010/03/19 11:54:36
    Ek het al een van Gretha se praatjies bygewoon en dit was vir my goed om na te luister. Ek hetnet gevoel dat sy haar man NOGSTEEDS verkwalik vir dit wat hy aan haar gedoen het, sy maak seker ALMAL weet dat hy haar verneuk het. ek dink sy manipuleer hom in die grond in en gebruik praatjies soos die om haarself te oortuig. Sy is 'n "great" vrou en almal maak foute. As ons nie foute gemaak het nie het ons God nie nodig gehad nie. ek voel net dat daar nie 'n "reg of verkeerd" is as dit kom by sex in die huwelik nie! Ons is almal volwassenes en ons weet wat is toelaatbaar en wat is 'binne perke". Almal judge en "weet beter" en wil almal voorskryf maar op die einde van die wedloop het ons elkeen alleen in die wereld ingekom en gaan ons weer alleen hier uit. Ons is 'n siel met 'n gees in 'n liggaam, as jy jou oe toemaak en goed slaap na wat jy elke dag gedoen het is dit goed!
  27. Marika
    2010/03/15 04:24:39 nm
    Dit is baie moeilik om kant te kies, want altwee is reg. Ja Gretha is baie beslis reg dat seks slegs vir binne die huwelik is. Dit staan baie duidelik in die Boek van die Lewe dat God seks ingestel het vir man en vrou, BINNE die huwelik. Maar dan....... ek kan nie sien hoekom speelgoed binne die huwelik tussen man en vrou verkeerd is nie. Om so iets te gebruik om daai vonk in die huwelik te behou, en dalk net daai ekstra te gee, ek kan nie sien wat daarmee verkeerd is nie.
  28. JanaC
    2010/03/11 03:50:59 nm
    Wat my vies maak is almal is vinnig om die Bybel op te bring as dit by sulke goed kom, "God heilig die huwelik, God se woord en reels verander nooit.....ons kan deur al die opmerkings gaan en almal aanhaal, my punt is waar in die Bybel staan daar presies HOE 'n mens moet seks he, seks is wel gemaak vir die huwelik, ja, maar nerens staan daar stap vir stap hoe mens seks moet beoefen nie. En daar is niks verkeerd met masturbasie, selfbevrediging en speelgoed nie. Mens gebruik dit mos nie elke keer as jy seks het nie, maar dit word wel soms gebruik. Dit is gewoonlik die wat hulle so preuts hou wat iets het om weg te steek. Nee wat, die klomp preutses moet hulself maar self bluf...die van ons wat opwindende seks het weet waarvan ons praat.....
  29. JC
    2010/03/11 11:29:30
    Liewe stoute K. Het 'n vibrator (of twee) gehad, net so weg gesmyt want haai weet jy wat? Ek het toe agter gekom ek en my HUWELIKSMAAT wat wonderlike seks BINNE toe huwelik met God se seën geniet, dit nie nodig het nie, want my huweliksmaat kan my sonder hulp van vibrators ens... bevredig! Dit is bewys dat vibrators ly tot oor stimulasie, maar shame, julle huweliks maats het julle seker nog nooit sonder die hulp van 'n vibrator bevredig nie so julle sal daarmee ook stry!
  30. Stoute K (weer)
    2010/03/10 10:28:31 nm
    Dis partykeer daardie ekstra stoute aand wat jou die volgende dag heel dag aan jou man laat dink ... en planne laat maak vir die volgende ene.
    Mense wat vibrators so kritiseer het duidelik nie een nie, is te skaam om een aan te skaf of weet glad nie wat jy alles daarmee kan doen nie. Ek dink meer mans moet vir hulle vroue vibrators koop, dan hoef hulle nie te wonder waar om een te kry nie (bestel op die internet).
    Hoekom wil julle diere by die gesprek insleep? Wil jy dit dan soos 'n hond doen binne 3 sekondes? Honde 'sleep' definitief nie vlerk nie! Sterkte Annoniem (anoniem) - jy moet nog 'n paadjie stap met jouself.
  31. Annoniem
    2010/03/10 12:38:28 nm
    Perversie, hoerery en wellus(nie Christenskap nie) Indien wel, wys asb waar dit in die Bybel staan? God Heilig die huwelik, Satan bederf dit deur wellus, hoerery en perversie, wat is die vrug van sex toys? Vrees of liefde?
  32. Johan
    2010/03/10 03:35:42
    DIE ARME GRETHA IS SELF SO VOL HANG-UPS EN ISSUES, ALLES KOM UIT ;n TERRIBLE ONSEKERE GEMOED WANT HET SY DAN NIE AL VERSKEIE KERE HAAR GAT SAAM MET HAAR EIE "MANLIEF" GESIEN NIE?
    WORD WAKKER MENSE, BEGIN DINK VIR JULLE SELF EN MOENIE DAT GRETHA JOU SO BREINSPOEL NIE, SY CHASE DOLLARS EN JUL IS SO IN VERVOERING, JUL SIEN DIT NIE RAAK NIE!
    GRETHA, MOENIE AL JOU HANGUPS OP JOU MEDEMENS OORDRA NIE, WORD WAKKER EN SWITCH AAN DAAI VIBRATOR, LAAT DIE "TINGELING"AL JOU DROOGHEID LEKKER WEG- OLIE EN DOEN DAAI BLOW-JOB, EN WEEJY WAT, GEE UITING AAN AL DAAI HORNY, INGEPERKTE BEGEERTES BINNE IN JOU WAT WOEL OM UIT TE BORREL........ LEWE VROUMENS! EN KRY VIR JOU 'n 8 tot 5 JOB IN PLAAS VAN OM SOVEEL #$%$^ TE PRAAT!

  33. jc
    2010/03/09 02:11:40 nm
    Let wel, Haar man het 'n affair gehad... Al die dinge wat hulle gedoen HET. Dis in die verlede, verby hulle het hulle self bekeer. En seks hoort in die huwelik, alleenlik in die huwelik, dit is wat hierdie vrou julle probeer insien! Daar is niks fout om jou man of vrou se lyf te verken nie, seks is goed en mooi. Sy het nooit gesê seks binne die huwelik is verkeerd nie. Mense glo wat hulle wil en wat hulle pas. As Elmarietjie se siening jou gewete sus, go for it, maar weet wie is reg. Lees julle bybels en hou op kritiseer! Om buite egtelike seks te beoefen kan net tot hartseer en trane ly! En mevrou, wat probeer jy vir jou man sê as jy die vibrator uit die bedkassie ruk?
  34. Lankal Slim
    2010/03/09 10:22:04
    Hallo ou Flippie!! Ek sien jy is BESIG op hierdie blog!!
  35. Zel
    2010/03/08 10:17:22 nm
    Ai moet afrikaanse vroue hulle altyd so heilig hou?? Laat gaan di skuld kompleks dit kry jou absoluut nerens... Ek is 25 en weet julle dames die van julle wat so gekant teen heaven forbid plesier is. As ek uitgaan weet julle dat die meeste mans wat met my flirt getroud is.. so dalk moet julle jul oe oopmaak en besef dat ja seks is iets wat binne 'n gelukkige verhouding moet gebeur maar doen dit omdat jy daarvan hou en weet waarvan jy hou.Dit maak net vir 'n gelukkiger verhouding. Se maar net
  36. Anoniem
    2010/03/08 06:20:00 nm
    Ek ken die Wiid`s persoonlik...hulle is almal daarop uit om geld te maak uit ander mense.Wie is hulle nou eintlik!!Ek hoop waarlik almal gaan betyds wakker skrik en die waarheid in al hul leuens en geldmaakpraatjies insien.
  37. Ina
    2010/03/06 08:45:22 nm
    Gretha lyk soos 'n "poppie" en Elmarie het die kennis en spreek die waarheid. Boring Gretha en sal nie omgee vir 'n sessie saam met Elmarie nie.... kan insiggewend wees en huwelike red!!!
  38. Saam Grootgeword!!!
    2010/03/06 05:56:38 nm
    Liewe Gretha. Ek het saam jou grootgeword en weet alles wat ek moet. Jy preek so oor seks en oordeel mense. JY as mens mag nie oordeel nie. Jul het foute gemaak, en nou mag ander mense nie ook leer deur hul foute nie. Vergewe liewer jou Pa en groet hom as hy verby jou loop of selfs dalk mense wat saam met jou grootgeword het oor wie se koppe jy net kyk en maak of jy hul nog nooit gesien nie. Hoogmoedigheid pas nie by 'n Christen nie. Ek het my naaste lief soos myself. Iets wat jy duidelik nie het nie. Dit is net geld wat saakmaak.

    Ek hoop jy land sag as jy die dag val.

    Saam grootgeword!!!
  39. JJ
    2010/03/06 03:47:55 nm
    Ek het biejtjie meer as 'n jaar terug vir Francios persoonlik ontmoet by ons onderneming. Dit is nog voordat ek geweet het hy is veronderstel om beroemd te wees. My eerste indruk van hom was dat hy van enige vrou se aandag hou en dat hy 'n moerawiese hoe dink van homself het. Hy is baie aantrekklik maar hy weet dit. Ek dink enige mooi poppie sal hom kan verlei! Regte tyd en plek.
    Gretha as ek jy is bring ek maar eerder die "spark" terug in julle sekslewe deur middel van fantasiee en speelgoed anders sit jy waar jy 'n paar jaar terug gesit het met 'n ontroue man.
    Glo my ek praat uit ondervinding uit. 'n Man hou van fantaseer. maak nie saak wat jy se of dink nie. Maar dit wil my voorkom of jy die broek in die huis dra en al die besluite neem!
  40. Annoniem
    2010/03/06 02:42:11 nm
    Wie dink Elmari Craig is sy! Hoe durf sy Gretha en Francois Wiid aanvat... Haar "kwalifikasies beteken niks as dit by God se woord kom nie. Ek was vreeslik vies.... Het sy ooit al 'n lesing van Gretha bygewoon, NEE! Ek dink nie so nie, want dan sou sy ha nie soo geoordeel het nie. (Christen-seksoloog) Watter bybel lees sy!!! As speelgoed by jou voordeur instap, stap liefde bydi agter deur uit. Elmari was duidelik nog nooit deur so iets nie, so hoe kan sy praat?? Uit die "Boeke" uit wat sy geleer het! Wel ekt nuus vir haar! Jy is so vasgevang in TRADISIE jou oe moet oop gaan! Lees jy in die Bybel van Vibrators?? Kry jou feite reg!!
  41. Antionette - Namibia
    2010/03/06 12:53:08 nm
    Ek dink nie die mense wat Gretha se DVD's gesien het , ( OF Kinders van God is )sal saammet Elmarie stem nie. Gretha word uitmekaar geskeur, hoekom? Omdat iemand net die klok hoor lui het en nie regtig weet waar die bel hang nie. Ek wonder wat sou op hierdie blog gestaan het in Noag se tyd? Sou almal hom ook gekruisig het , oor n hartsoortuiging van God af:? Ek het Gretha se Dvd's gesien, en ek is n wedergebore christen ,en ek stem 100% saam met haar. Hou aan die waarheid bring Gretha, dit sal mense vry maak! En tog weerspreek Elmarie haar soms.... Toemaar mag die Heilige Gees die mense oortuig, dis gelukkig nie ons werk nie.
  42. miss b
    2010/03/06 10:05:15
    Gretha ek dink jy is baie JUDGEMENTAL!! Jy het mos gese gays is nie welkom by jou seminare (of geldmaaksessies). Wie is jy om te oordeel? God het dit nie eers gedoen nie, maar jy wil!!! Moet jou asb nie 'n leier noem van vroue nie, want so waar as wragtig met iemand wat so eng houding het wil ek nie eers geassosieer wees nie. Ek is nie getroud nie, bly saam met my boyfriend. En ek het baie gay vriende en familie. So jy sal seker nie eers die moeite doen om my te leer ken. Jou loss!!!
  43. Foeitog @ almal wat kwalifikasies onderskat.
    2010/03/05 01:45:19 nm
    Julle praat sonder om te dink ! ! !
    Hoekom moet predikante dan baie jare lank swot as ons nie kwalifikasies nodig het nie ?
    As jy 'n brein- of hartoperasie moet ondergaan, hoekom gaan jy na 'n spesialis en nie maar net na iemand "wat 'n verhouding met God het" nie.
    God het aan mense verstand gegee en die mag om hul kennis te verbeter.
    Ek sal 1000 maal eerder na Elmarie Craig luister EN fooie vir haar professionele ! ! ! dienste betaal as DVD's koop wat ek nog verkeerd kan verstaan.
    Sy is 'n Christen EN het die kwalifikasies om te MAG praat.
    Seks is deur God aan huwelikspare gegee om te geniet ! ! Dit is ons wat nou alle voorbehoude en beperkings daaraan heg. Dan deel ons nog hiedie beperkings aan ander uit onder "die Bybel sê"
    As ons 'n klomp jare terug aan die mense gesê het dat hulle kaal moet uittrek voor hulle bad, of die slaapkamerlig (of kers) moet aan los, sou hulle ook vir ons gesê het dat dit die duiwel kans sou gee om in ons huwelike probleme te veroorsaak.
    Gaan toets jou eie gewete voor God en hou jou ongekwalifiseerde voorskrifte aan ander mense vir jouself.
    Gaan lees Judas 1:18 en 19.
  44. PIET POGENPOEL
    2010/03/04 12:20:29 nm
    HAHA EKE HOU VAN SEKS!!!!
  45. CL
    2010/03/04 09:31:24
    Nadat ek die berig en kommentaar gelees het, het ek aan my PA genoem oor die mense van vandag, het SY Woord oopgemaak en Rigters 17 begin lees. Vir HOM is dit ou nuus lees maar self vanaf Rigters 17 en verder.
  46. Henje
    2010/03/04 09:20:16
    stel asb weer vir
    Joost by supersport
    aan.hy het mos
    verskoning gevra
    henje
  47. Harry
    2010/03/04 08:52:41
    Na 21 jaar se getroude lewe kan ek uit ondervinding getuig dat ons seks lewe net verbeter, maar eers na so 7 jaar gelede nadat ons ons geestellike intimiteit en fisiese intimiteit aan God opgedra het en saam daaroor begin bid het. Saam ( God, man, vrou) ons probleme bespreek en opgelos het. Die groei in ons verhouding het vanself gekom. Ons ontdek elke dag iets nuuts en sien uit na ons geestelike en fisiese intimiteit. Soos ons ouer word is daar natuurlik goed wat ons nie meer kan doen nie, maar ons pas aan en geniet mekaar se liggame - soos God dit beskik het ! Nou kan ons reguit met mekaar daaroor praat ook en ons gaan beslis ons dogters leer om van dag een af in hulle huwelik te weet at ons na 14 jaar eers geleer het !

    Oor almal se kommentaar oor wie reg of verkeerd is : Stel jouself voor dat jy rasend honger is en iemand bied jou 'n lekker vars gebraaide hoender aan wat perfek gebraai is, gaan jy dit weggooi en verder honger lei of gaan jy die lekker sappige vleis eet en die bene uitspoeg of nie eers in jou mond sit nie. Die Here het ons almal deur Sy Gees die vermoë gegee om te kan onderskei wat vir ons gaan werk of nie.

    Almal van ons verskil, elke een van ons het verskillende verhoudings met ons lewensmaats. Kyk wat werk vir julle en vra God om julle te help, ja en bid vir julle sekslewe ook !

    Geniet die lewe, geniet julle sekslewe - wees vry in Jesus Christus die Here !
  48. Mariette
    2010/03/03 11:20:52 nm
    Elmari, ek stem 100% saam met jou!!!
  49. Hanna
    2010/03/03 08:17:55 nm
    Van Greta het ek nog te min gehoor of gelees om 'n mening te waag (het nog nie die artikel in Huisgenoot gelees nie) maar ek kan wel uit eie ondervinding praat. In die jare toe ek nog vreeslik gesteld op my voorkoms was, was my huwelik baie ongelukkig. Ek het soos 'n lyk gelê en wag dat my man moes klaarmaak. Ek het ook geweier dat hy die lig aansit want ek was bang hy sien al die tekortkominge aan my liggaam.

    Hy het uiteindelik begin rondloop en daar het baie water in die see geloop voordat ek opgehou het om hóm die skuld vir al ons ongelukkigheid te gee en 'n slag hand in eie boesem te steek. Dis nou veertig jaar later, ek is 'n goeie twintig kilogram swaarder en het al 'n paar lekker plooie bygekry. Maar vir die laaste paar jaar is ons sielsgelukkig omdat ek nie meer selfbewus oor my liggaam is nie. Ons herontdek mekaar nog steeds en geniet elke oomblik daarvan.

    Nog iets wat help is om altyd speels te wees. Seks is nie doodsake nie. Dis iets wat jou gelukkig en ontspanne moet laat voel. Terg mekaar en wees prettig. Moet ook nie skaam wees om iets nuuts voor te stel nie. Mans hou daarvan as vrouens so nou en dan die voortou neem. Daar behoort geen taboe's in die slaapkamer te wees nie, natuurlik mits jul albei gemaklik daarmee voel. Soos iemand eendag gesê het: as elke vrou 'n slet in die bed is, sal daar soveel minder mans wees wat rondloop.
  50. AnneR
    2010/03/03 07:52:31 nm
    @KLARA - presies my woorde en gevoel. Masturbasie tussen twee mense wat mekaar liefhet is wonderlik! 'n Vrou moet haar liggaam leer ken en dit met haar man deel! 'n Man moet sy liggaam leer ken en dit met sy vrou deel. Tog te heerlik om dit saam te doen en saam sterre te sien van lekkerte. Los tog maar die ou tyd uit toe seks sonde was! Nee wat, geniet masturbasie en gebruik dit ten voordele van mekaar! Dit sit die huppel in die stappie! Ek sien liewer my man masturbeer as hy rondreis as wat hy goedkoop plesier gaan soek en dieselfde geld vir my! Dankie tog, ek kon my persepsie van seks is sonde verander na seks is wonderlik met die man wat ek so ongelooflik liefhet. Omdat ek my persepsie verander het, weet ek waarvan my vroulike liggaam hou en daarom weet my man daarvan! Geen verveelde oomblik! Die enigste spyt is dat soveel jare gemors is omdat ek mos gedink het seks is sonde! Dankie tog ek het my voet neergesit vir die simpelgeit! Masturbeer gerus en geniet dit ten volle, veral saam met jou liefling!!!!!!
  51. onnie
    2010/03/03 07:20:39 nm
    DANKIE TOG! VERLIG WAS EK MET DIE OPVOLG STORIE OOR MASTURBASIE OMDAT DIT PRESIES IS HOE EK OOR DIE ONDERWERP VOEL. DIT IS SO NATUURLIK SOOS TANDE BORSEL. MY GRAAD 7’S, TYDENS HUL SEKSUALITEITSPROGRAM HET BEAAM DIS NATUURLIK EN NORMAAL. EEN VRA WAT DOEN GETROUDE MANS WANNEER HUL WEG IS VIR MAANDE VAN DIE HUIS, WANT ‘N MENS MOET GETROU BLY AAN JOU LEWENSMAAT. DIT IS JUIS DIE DING. KINDERS MOET EERDER MASTUBEER, EN DIE KUNS DAARVAN BEMEESTER, WANT DIT BENADEEL NIE ANDER MENSE NIE. KINDERS WAT HUL OPHOU MET GROOTMENS GOED TERWYL HUL OP SKOOL IS, SPEEL MET VUUR. .
  52. Lida
    2010/03/03 04:20:09 nm
    Elmarie, jy se Gretha se sekspraatjies plaas ons amper terug in die "Victoriaanse tyd.?’’ Liewe, liewe Elmarie, seks strek verder terug as die Victoriaanse tyd!
    Dis so Victoriaans en uit die oude doos want dis toeka ingestel – daardie blye dat toe die mens geskape was.
    Maar wag, ek wil eers met jou gesels oor motors:
    Het jy ook gelees dat Toyota en Nissan hulle voertuie herroep het?
    Nissan ‘n hele 540 000 daarvan.
    Om watter rede sou ‘n vervaardiger so ‘n ongehoorde stap neem?
    ‘n Interessanter vraag sou wees: Waarom sou enige Toyota of Nissan eienaar sy motor terug stuur? Kan hy/sy nie maar self die ou probleempies uitpluis en herstel nie?
    Is dit nie ‘n yslike raaisel dat die Ford, Volvo en BMW eienaars nie ontstoke briewe pers toe skryf om hierdie eksodus te keer nie? Waarom sou dit tog wees?
    Kan dit dalkies net wees dat net die maker die kennis het om die foute in sy maaksel te herstel nie?
    Waarom sou dit dan wees dat die mens skielik dink dat hy beter as die Maker weet hoe om ‘n huwelik gelukkig te hou?
    Is dit nie tyd dat ons na ons Maker se handleiding terugkeer nie?
  53. Attie van Pta
    2010/03/03 03:20:31 nm
    Ja ek is 'n man wat getroud is met 'n Gretha aanhanger.
    Ek is al so gatvol van Gretha en vervelige seks dat ek eerder mastrubeer
    en op die manier kan ek my behoefte probeer onderdruk en my vrou hoef
    nie meer te maak of sy moeg is, kopseer het, vaak is, of welke verskoning ookal.
    En ja ek is 'n Christen.

    Sê maar net.
  54. Lindie
    2010/03/03 03:09:24 nm
    Eerstens Jesus Christus se standaard IS anders as die wereld s'n. Die wereld se, geniet jou andersheid as homoseksueele. Geniet pornografie dit kan jou huwelik opkikker....Elmarie ek respekteer jou siening as geleerde, nie dat dit Jesus se standaard verteenwoordig nie, en omdat ek 'n volger vanJesus Christus is, wil ek Hom behaag met alles wat ek doen ook in my huweliksbed Sy standaard is in Sy Woord opgeteken . Gretha s'n maak sin as jy gereelde Bybel leser is. Gaan lees " die huweliksdaad van Tim en Beverly La Haye of Sex and the Supremacy of Christ van John Piper". Jesus se dissipels was nie geleerd nie maar het net getuig van die Lig. Geleerdes kan soms so slim word vra die Teoloe wat Jesus verloen met hulle slimgeit.
  55. CK
    2010/03/03 02:27:45 nm
    Sjoe ouens!! Dit laat my in verwondering hoe albei hierdie artikels ons almal laat praat. Is dit wat die betrokke party wil he? Dink hoe maak ons ons kinders groot? Sex is 'n sonde of sex is 'n wonderlike ding wat tussen 2 mense plaasvind wat lief is vir mekaar. Hoe meer ek na Gretha se oordeel luister - sien ek waar sy vandaan kom...uit 'n gebroke huwelik wat hulle steeds aan werk. Elmarie - het dit geswot met baie ondervinding. Ek dink elke huwelikspaartjie moet maar self besluit wat goed of sleg is. GEEN van ons mag of kan ander oordeel nie. "Jy mag dink wat jy wil - maar jy mag nie se wat jy wil nie".
  56. Heidi
    2010/03/03 01:33:05 nm
    Ek stem glad nie saam met die speelgoed gerbuik nie - liefde is daar om julle na mekaar aan te trek en mekaar in liefde te stimuleer. Ek persoonlik voel 'n man en vrou moet saam Die Here dien en bid daaroor en ek glo dat hulle op alle vlakke in hulle huwelik mekaar se stimuleer. Waarom moet ons speelgoed gebruik - vir my is dit verkeerd en on- bybels - Die Here het Seks vir 'n man en vrou gegee - nie seks en speelgoed nie - dis goed wat deur mense uitgedink en gemaak is. ! Ek voel die mense moet ophou om vir Gretha en Francois aan te vat. Hulle sê nie jy moet doen wat hulle sê nie hulle gee raad en jy kan mos self besluit of jy dit wil volg of nie !
  57. stef
    2010/03/03 12:49:22 nm
    Hoekom altyd seks en godsdiens vergelyk...?
  58. JMC
    2010/03/03 12:18:55 nm
    Gretha sê... Elmari sê...

    Daar's net drie belangrike goed in die lewe. Keuses, balans en dissipline.
  59. Charles
    2010/03/03 11:30:24
    Wees gegroet in die naam van Jesus Christus. Linda ek wil vir jou se dat jy die enigste persoon is in al die komentaar wat ek gelees het, wat sin maak. Ek stem met jou saam. Wat jammer is, is dat mense vergeet dat oordeel God sin is, oordeel nie. God het vir ons verstand gegee om mee te dink, so gebruik dit. Wat met Gretha gebeur het is baie hartseer, ek is iets soortgelyks deur, maar ons almal deel met die lewe op ons eie manier. Instede daarvan dat ons as mense mekaar afbreek, moet ons mekaar eerder bystaan en ondersteun. Jesus het homself gese, "as iemand sy hand vir jou lig en teen die wang slaan, gee dan ook vir hom die ander wang". Ek lees dat baie mense se dat "iemand" in die geval Gretha is goed of 'n goeie mens, het julle dan vergeet wat Jesus gese het," Ek is nie goed nie, my Vader alleen is goed. Dink wat julle se voor julle dit se, as ons niks goed het om te se van of vir iemand nie, bly dan liewer stil. Vir die gene wat wel sukkel met dinge in die lewe, die beste advies wat ek julle kan gee is lees jou Bybel en bid elke dag, lees ook Ps 37:3-5. Jesus groete. Charles
  60. CW
    2010/03/03 09:16:04
    Ek en my vrou het seksprobleme al van dag een af agv dinge wat in haar lewe gebeur het. (Ons is al oor die 10 jaar getroud) Die dag toe ek dink dinge in besig om te verbeter woon sy een van Gretha se praatjies by. Soos dit vir my voel is ons nou net weer waar ons begin het.... Ek dink nie Gretha besef altyd die impak wat sy het op ander mense se lewens nie.
  61. A v Niekerk
    2010/03/03 08:55:18
    Gretha ek het al na jou praatjies geluister wat by ons Hoêrskool aangebied is. SIEK. my kinders was uiters geskok. As jy issues in jou lewe gehad het,asseblief sorteer dit self uit. Jou sienings gaan my verstand te bowe. Ek stem saam met Elmari. Jy praat oor goed waarvoor jy geen kennis en opleiding het nie. Spaar ons asb nog so artikel.
  62. Vra maar net
    2010/03/03 08:40:01
    Ek dink dit is baie lelik van sekere mense om Gretha en Francois in persoon te beledig oor wat hulle se veral as die mense nie verstaan wat sy se nie. Die seksoloog hierbo weet ook nie wat sy bedoel nie want indien sy christelik was soos sy beweer sou sy verstaan het wat Gretha bedoel met "n mens maak deure oop vir die satan om jou aan te val in jou huwelik indien jy seks speelgoed gebruik". Die man of vrou kan moontlik later begin voel dat hulle nie mekaar kan bevredig sonder hierdie speelgoed nie en sodoende begin die satan om daardie persoon te laat twyfel in hom of haar self. Ek weet van mense wat in hierdie strik getrap het en dit het hulle huwelik verwoes. Hierdie tipe ding is soos dwelms, die verslaafde wil elke keer iets sterkers gebruik, omdat dit wat hy/sy nou gebruik nie meer goed genoeg is nie. Kyk wat het met Dirk Prinsloo en Cezanne Visser gebeur, hulle het die heeltyd na iets beters gesoek om hulle te bevredig want n gees van perversietyd het hulle oorgeneem. Ek is nou al vir 15 jaar getroud in n huwelik waarin ons n ongelooflike seks lewe het en nie ek of my vrou het nog ooit n plastiese ding nodig gehad om maksimum genot uit mekaar te kry nie. In plaas van oordeel vra eerder wat Gretha bedoel en luister wat sy se dit kan jou huwelik red. Ek is jammer om te se dat ek nie kan glo dat n mens ander goed moet gebruik wat dit ookal mag wees om seks met jou huweliks maat te kan geniet nie, dan moet daardie mense eerder self onder soek doen want daar is n vreeslike groot skroef los in hulle huwelik. Wat kan die mense wat so oordeel verloor om tog maar na Gretha te gaan luister en dit wat nie sin maak nie vir haar te vra wat sy bedoel en ek dink die seksoloog kan gerus maar ook daar n draai maak, want sy verstaan nog nie dat ons geveg nie teen vlees en bloed is nie maar teen die bose geeste in die lug. Los groot asb. daardie goed uit dit gaan julle huwelike verwoes.
  63. Ralene
    2010/03/03 08:36:55
    STOP!!! Julle mis die punt! Daar IS 1000e pare wat weer stukke bymekaar moet tel na ontrouheid hetsy deur owerspel of pornografie... Kinders van God weet dat God jou deur die toetse van die lewe laat gaan sodat jy kan groei en leer sodat jy ander daarmee kan bedien uit 'n oorwinningsagtergrond. Wie kan nou beter met stukkende couples gesels as iemand wat die pad geloop en oorwin het?
    Bêre julle verdedigingsmeganismes en fokus op goed wat vir jou belangrik of problematies is. Sê dankie as ontrou of huweliksprobleme nog nie deel van jou lewe was nie. Moenie openbaringskennis goedkoop en belaglik maak nie - dis nie vir jou bedoel nie!!! Kom ons lewer positiewe kommentaar wat uit liefde gebore is en nie snedige afbrekende opvattings wat jou eie seer siel ontbloot nie! Almal gaan nie op dieselfde tyd deur dieselfde seisoen nie.... Mag God jou genadig wees dat huweliksontrou nooit een van jou seisoen word nie.?
  64. Dr Smith
    2010/03/03 08:04:31
    Mense, mense word wakker en bly asb wakker. Die Wiid egpaar is net op 'n sensasie en geldmaak oefening uit. Gelukkig is daar diegene wat hul gesonde verstand gebruik en deur hul twyfelagtige manipulasie sien. Ongelukkig kry mens mos maar altyd en orals die ou skapies wat blindelings sulke twak vir soet(koek)gras opveet.
  65. AM
    2010/03/03 05:23:13
    Ek was by Gretha se praatjie. Het nie eenkeer gehoor dat sy praat van sonde en seks binne die huwelik nie. Het haar DVD Maksimum man geluister, nie eenkeer gehoor van sonde en seks binne die huwelik nie. Ek het nie die artikel gelees nie, maar iewers, dink ek, is is verkeerd aangehaal. Sy sê self dat seks tydskrifte verkoop en miskien het huisgenoot hier 'n sensasie artikel geskep. Dit wat ek haar hoor sê het was alles gesonde lekker seks binne die huwelik, sonder allerhande hulpmiddels. was dit dan nie sy wat vir vrouens gesê het ontmoet jou man buite as hy tuiskom sommer op die kar se bonnet nie?
  66. Qvadis
    2010/03/02 11:17:40 nm
    "Toets alles en los die wat sleg is..."Staan iewers in die bybel..het dit self gelees. Tensy verkeerd vertaal,die woord "alles" beteken "alles" vir my enigiets/alles....en so leef ek my lewe lank...MAAR wat vir my "Goed" is, is moontlik vir ander"Sleg".....So hoe kom ek en my vrou nou bymekaar uit..Bev. ek hou van kreef en sy nie..ek wil die "aksie" probeer sy nie..en aangesien "seks" so sensitief is ..sal ek nie aandring/opdring..en die seks-onderwerp staak/afskryf. Dit is wanneer die "Fantasie" begin inskop en Pornografie het hulself ingestel om dit te kan aanbied,asook die "eskort" dienste...en siedaar jou huislikke seksprobleem is opgelos,en as jy dan nou moeg raak vir al die "Fantasie" wat aangebied word......dan raak jy meer weer "nederig" en "vatterig" met jou eie vrou..ek meen laat ons nou eerlik wees,daar is mingetroude vroue wat eerste "vatterig" sal raak met hul eie man .vernaam as jy oor 30jaar getroud is met dieselfde vrou. En VRAAG ? Hoekom moet net die man by sy eie vrou "aanle" of "liefies" word..Sy kan mos darem ook eerste wys(fiesies)deur woord of daad dat sy toenadering soek..of wat? En vir al wat jy weet is ons meskien al jare en jare "Gatvol" vir mekaar,maar ons bly net goeie toneelspelers,dat ons later ons self glo soos die Bure,dat hule n wonderlikke paartjie is....soveel lang jare al getroud! So! om n lang storie kort te maak baie bly dat ek n goeie verbeelding het,gepaard gaande met n Fantasie wat ek daar inweef(Werk nie juis met jou eie vrou nie hoor!).
    Groetnis julle klomp fariseers!
  67. Internet
    2010/03/02 10:50:46 nm
    Ek het vir baie jare baie skuldig gevoel oordat ek na kaal prente kyk van meisies, ek is al lank getroud en vind my seks lewe vreeslik boring, ek het 'n paar verhoudings gehad voor ek getroud was en moet eerlik wees dat my sekslewe nog nooit was soos toe ek gehad het voor ek getrou het nie. Ek het na so lank besluit om oop daaroor met my mede Christen vriende te praat want wat in die lig is kan die duiwel jou nie oor aankla nie. Ek was baie verbaas dat ek by ver nie die enigste een is wat dit doen en daaroor skuldig voel nie, nou worry ek nie meer nie. Ek het oor die stukkie in die bybel gedink dat sommigge mense Vleis eet en dink dat hulle nie sondig nie, ander eet weer nie sekere vleis nie, en dink dat hulle nie sondig nie. Solank as wat jy doen nie aanstoot vir die mede mens of huweliks maat gee nie is dit in my oe nie sonde nie, dit is 'n saak tussen jou en die Here. maak seker dat jy 'n oop verhouding het met God het, alles sal uitwerk en die Gees sal jou dan oortuig van wat reg en verkeerd is.

    Die tyd wat jy mors om na ander mense se raad te luister moet jy eerder op jou knee spandeer om antwoorde te kry.

    Hou op om dwaal leraars te volg.

    Liefde en vrede vir julle
  68. Angie
    2010/03/02 09:43:30 nm
    Kom ons los asseblief die oordeel aan God of jy met die Gees gevul is of nie! Mense word genoeg gemanipuleer ... Dankie Elmari vir jou verantwoordelike en "onveroordelende" benadering.
  69. Stefan in Pretoria
    2010/03/02 08:51:09 nm
    Dis logies dat die Wiid's soveel aanhang geniet. Hulle spreek direk tot godsdienstige verwarde mense wat enige iets sal betaal om uit te vind wat die Here se wil is. Maar betaal betaal hulle. Shame, want dis verniet en reeds in almal se harte gegrafeer.

    Mense wat so graag die hoog-geestelike versies opsê moet gaan dink oor wat hulle in die apartheidsjare gedoen het toe die 'kerk' verkondig het dat apartheid God se wil is... Dis deselfde kerk wat gay mense veroordeel en vinnig is om die vinger te wys want dis maklik. G'n wonder dat daar so baie mense verlore gaan nie want te veel mense speel 'kerk' en maak geld daaruit en leer nie mense om self by God te gaan sit om Sy wil vir hulleself uit te maak nie.



  70. Cornelia
    2010/03/02 08:13:18 nm
    Dis hoog tyd dat die sogenaamde God Squad nie meer 'n houvas op die voorheen geisoleerde Afrikaner vaspen nie. En voor jy gil en jou mensopgehefde dominee nader roep, let daarop dat ek ook 'n Gelowige is met respek vir die Allerhoogste.

    Daar is 'n element in die Afrikaner se binnekring wat vatbaar is vir sektes en allerhande snert. Die bottomline is, julle probeer mekaar beheer.

    En julle kom soos skape bymekaar daar waar enige mens, met die klem op mens, konsuis aan julle een of ander boodskap kan oordra.

    Ooit gehoor van die Sheeple?
  71. RB
    2010/03/02 05:38:22 nm
    Ek het die artikel oor Gerda gelees en dan ook Elmarie se weergawe. Wat my tref is Elmarie se kwalifisering dat Gerda nie die kwalifikasies het om haar uitlatings te maak nie. Siende dat Elmarie haarself n Christen Seksoloog noem, wonder ek wat haar mening oor Jesus sou wees en al die uitlatings wat Hy gemaak het teen die norme van daardie dag. Per slot van sake het Hy geen kwalifikasie gehad nie en was Hy maar net die skrynwerker se seun... n Verdere vraag aan my kant sal maar altyd wees: "Wanneer besluit jy, Elmarie, om die filosofie van n godslasteraar soos Froyd, te staak en nou Bybelse beginsels te proklameer?" Is die twee nie teenstrydig nie? Is die filosofie van hierdie wereld dan nie dwaasheid in vergelyking met die Woord nie? Ek ervaar Elmarie se antwoord humanisties van aard en sal verstaan dat dit baie meer aanvaarbaar sal wees in die oe van die wereld as Gerda sin. Ek hoef nie eens saam te stem met Gerda se siening oor seks en seksualitiet nie. Die belangrike punt wat Gerda gemaak het, is dat die "reels" wat heers bestem is vir ons beskerming. Dit was nie bestem om ons te straf nie, maar wel om ons te beskerm. Dit maak vir my sin.
  72. Agie
    2010/03/02 04:57:34 nm
    Ek en my man is die afgelope 21 jaar saam en is 14 jaar daarvan getrou, (nog nie een maal uitmekaar of een van ons rondgeloop nie) ons seks lewe is fantasties, avontuurvol en gereeld! So kan ek ook van al die ander aspekte van ons huwelik sê. As ons vir die afgelope 21 jaar enige iets, insluitend seks, op presies dieselfde manier en roetine moes doen was ons verseker lankal uitmekaar. Die lewe is mos daar om te geniet en te verken??

    @ LOL - so as ons na die diere spesie moet gaan kyk, verstaan ek dan reg dat volgens jou dit aanvaarbaar sal wees as ons met meer as een persoon die seks daad mag doen, solank jy net behoorlik vlerk sleep?
  73. MARELI
    2010/03/02 04:02:18 nm
    DIT IS VIR MY BAIE DUIDELIK DAT HIERDIE VROU BAIE SEERGEKRY HET DEUR WAT HAAR MAN AAN HAAR GEDOEN HET.
    DIT IS HOEKOM SY SO ERG GEKANT IS TEEN ALLES WAT HAAR HERINNER AAN HAAR MAN SE ONTUG.
    HAAR PERSPEKTIEF IS DUS VERWRONGE EN KAN NIE AS MAATSTAF GEBRUIK WORD NIE.
  74. LOL
    2010/03/02 03:15:19 nm
    die mense wat Gretha aanval,se die vrou nie dalk goed wat op julle tone trap nie,dalk is dit goed wat julle nie wil hoor nie,en nie wil hand haf nie,dalk praat die vrou net die waarheid,ondersoek biekie die vrou se se goed met die woord van God en kyk of dit wat sy se nie dalk die waarheid is nie,het julle al gesien of n haas,leeu bok hond seks speel goed het?kyk biekie hulle maak mekaar die hof voor hulle die seks daad doen,dalk kan julle daar gaan leer oor hoe diere die vlerksleep voor hy sy vroukie aan raak waar om seks speel goed?sjoe.
  75. susie
    2010/03/02 03:10:50 nm
    doen net wat die woord van God vir julle se om te doen,bekeer jul van julle sondige gedagtes en julle verkeerde wee,en julle sal nugterdink en praat oor seks
  76. Nicolene
    2010/03/02 02:38:15 nm
    Gretha is 'n ware goeie Christen persoon, ons twee se beginsels is verseker dieselfde. Ek was al by 'n praatjie van Gretha en sy praat oor goed wat vir jou sin maak, sy is 'n baie goeie persoon. 'Go Gretha'!!!! Die wat nie met haar saam stem nie was nog duidelik by een van haar praatjies nie.
  77. Joan du Plessis
    2010/03/02 02:22:43 nm
    Nou ja na baie jare in die bedryf is ek nou sprakeloos! Nog nooit so baie tjol gelees en gehoor nie! Vergeet van alles en wees net jouself in wat jy ook al doen, liefde maak, werk, speel, en leef die lewe solank jy net daarmee gemaklik voel. op 61 was ek nog nie een dag spyt oor alles wat ek al probeer het nie! En ek glo elke mens het die reg om sy of haar lewe te leef, maar met die volle verantwoodelikheid teenoor jouself en jou maat, asook waarin jy glo. Ek raak so gatvol vir die sogenaamde Christene, met al hulle raat en verwysings uit die bybel, maar dan is ek soms verstom oor hoe hulle operate.........Sedgefield groete!
  78. Carlien
    2010/03/02 02:17:51 nm
    Greta, moet jou nie steur aan die negatiewe aanmerkings nie, as `n wedergebore Jesus kind stem ek met jou saam.
  79. Skapie
    2010/03/02 02:15:23 nm
    Vraag is:

    As dit so goed gaan in Gretha se sekslewe, hoekom moet sy heeldag en aldag in ander mense s'n rondkrap? Is die vroumens verveeld?

    Dankie tog ek is nie een van die brainwashed zombies wat haar en haar menings amper meer aanbid as die werklike waarheid nie
  80. Stomgeslaan
    2010/03/02 12:59:40 nm
    Gretha en haar min is niks anders as 'n sekte nie. Dit slaan my net absoluut stom hoeveel volgelinge sy het. Net weer 'n bewys dat die Afrikanervolk nie vir hulself kan dink nie. Dis tye soos die dat ek my kop in skaamte sak. Lees bietjie Karen Eloff se boek, dan sal julle self sien, dis die Afrikaner mans wat die meeste uithang in "Strip KLubs" Word wakker mevroue julle manne soek avontuur!
  81. Ontleder
    2010/03/02 12:57:14 nm
    Ek't gelees wat Ann geskryf het en dit is vir my so snaaks. "God maak nie foute nie", waarmee sy dan impliseer mens sal nie "speelgoed" (ssos sy dit noem) nodig hê nie.

    As daai argument dan water hou, dan kan ons mos sê dat die mens nie internet nodig het nie, ook nie motors nie, wat nog te sê van huise!

    Sal lekker wees as mense begin dink oor wat hulle sê en nie net argumenteer omdat hulle niks anders het om te doen nie...
  82. Jane
    2010/03/02 12:52:23 nm
    Dankie tog iemand met verstand en kennis .. ek is al so keelvol vir Gretha en haar man wat omdat hulle huweliksprobleme oorkom het skielik alles weet van seks en verhoudings.

    Ruk haar tog bietjie in die bek, want sy gee verkeerde raad vir mense en skep onnatuurlike verwagtinge van gewone mense ..

    Hou op om haar te ondersteun, hoe meer kaartjies sy verkoop, hoe meer geld maak sy en hoe meer tjol gaan sy uitdink om aan ander te verkoop ..
  83. Christelle
    2010/03/02 12:05:36 nm
    Wie is Gretha?
  84. cynthia
    2010/03/02 11:29:56
    As 'n huwelik net uit seks bestaan is ek bevrees my huwelik is daarmee heen, want daar is meer in my huwelik as blote seks.
  85. Marieta
    2010/03/02 09:45:01
    Daar word deesdae deur elke denkbare tydskrif seksartikes geplaas.
    Is dit nie maar 'n persoonlike saak tussen egpare nie?
    Indien daar probleme is, is daar defnitief profesionele mense om te raadpleeg.
    Ek dink die oorgrote meerderheid lesers is al bietjie vol gevoer met al die wenke, raad
    ens.
    Gretha Wiid verkondig eerstens haar sekskennis en dan kom godsdiens.
    'n Huwelik of verhouding bestaan nie net uit seks nie, daar is so baie ander aspekte
    en elkeen is belangrik.
    Haar idees werk vir haar, maar moontlik het ons ander ons eie idees wat vir ons werk.
  86. Brentie
    2010/03/02 09:12:56
    Seks moet die vervulling van 'n liefdesverhouding wees en nie die
    begin nie.Die bybelse begrip 'liefde' het 'n heel ander betekenis as wat
    mense vandag daar aan heg.
    Die bybelse liefde is meer een van diens en opoffering.As 'n man vandag
    vir 'n meisie se 'Ek het jou lief' beteken dit nie noodwendig nie noodwendig ek wil graag met jou trou en my lewe met jou deel nie' maar eerder ek sou graag vanaand met jou in die bed wil klim en sekere seksuele behoeftes bevredig kry.
    Luister maar na al die gewilde popliedjies wat die voete so laat jeuk,
    dit gaan hoofsaaklik oor die bewondering van liggaamlike bates en
    min oor diens en opoffering.
    Die ontdekking van die menslike liggaam is niks onnatuurliks nie
    en baie jong mans veral in die army het hope 'wet dreams'.
    Wat wel onnatuurlik is is die misbruik daarvan.
    Gaats ek kan net lag as ek hoor dat 12 jarige seuns en dogters
    al op skoolkampe tietie en totti kompetisies gehad het, apart
    natuurlik.
    Die gevaar van te veel seksverhoudings le egter daarin dat nie
    net ondervinding opgedoen word nie maar dat die gevaar ook
    ontstaan om vergelykings te maak.Luister maar gerus na gesprekke
    tussen mans en ek dink vrouens is ook hier nie heeltemal onskuldig
    nie.
    God gaan jou beslis nie straf as jy 'n gesonde seksuele verhouding
    binne die huwelik met jou vrou het nie, maar beslis wel as jy volhou
    met 'n seksuele verhouding buite die huwelik veral as pornografie
    'n bydrae gemaak het tot allerhande seksuele buite-egtiglike drome.
  87. Linda
    2010/03/02 09:05:58
    Liewe Gretha, ek en jy aanbid dieselfde God, dieselfde Vader, Seun en Heilige Gees en tog verskil ons denke hemelsbreed. My man het nog nooit groener weivelde gaan soek nie, hoekom? omdat ons seks lewe ongelooflik lekker en interessant is. Ons ekspirimenteer met mekaar, gebruik speelgoed en doen wat ander nog nooit van gehoor het nie en ons is so gelukkig getroud. Ek bid elke dag tot Jesus en ek weet met my hele hart en siel die die Heilige Gees woon in my. God verhoor 99% van my gebede en ek lewer elke dag getuienis van hoe goed Jesus vir my is. Ons pastoor vra my gedurig om te getuig hoe goed God vir ons is. Ek vra mooi, raak stil voor God en gaan hoor regtig wat God vir elke man en vrou gee, lees en preek meer uit Hooglied en vra God om te openbaar wat regtig daar staan. Die liefde is die grootste van als, net jammer jy verstaan dit so verkeerd. Ek wil jou aanmoedig, probeer iets anders in jou huweliks bed, verras jou man, wat jy saai sal jy maai, dit geld vir jou sekslewe met jou man ook. Jesus Liefde Linda
  88. Andri
    2010/03/02 08:11:16
    Gelukkig is elke mens geregtig op sy eie mening, maar asb moet jouself nie uitmaak as 'n Christen en voor huwelikse seks 'adverteer' en 'voorstel' nie (soos in die artikel). Dit is baie duidelik in die Woord van God dat dit taboe is. Hipnose is ook nie in lyn met die Woord van God nie. So voordat ons enige iemand beledig of oordeel oor hul opinie kom ons staaf dit aan die Woord (soos Paulus ook gese het) - veral as jy 'n Christen is.
  89. Danie Gerber
    2010/03/02 07:30:43
    In die "kol" Elmari....! U feite is substansieel en logies beredeneerd. Gretha raak persoonlik in haar stellings en is haar feite onwaar en nie realisties nie. Dit is kunsmatig en gemanipuleerd en sal uiteraard nie byval vind by die leser nie. Skoenmaker hou jou by jou lees.
  90. Henriette
    2010/03/01 11:14:55 nm
    Ek din Gretha is "great". Sy mag dalk seker sienings he waarvan mense verskil, maar oor die algemeen gee haar boodskap vir mens hoop en leer dit mens vergifnis. Sy mag nie geleerd wees nie, maar een ding is seker, ek het al geleerde mense gesien wat nie naastenby soveel ondervinding het as mense wat self die pyn en seer ervaar het nie. Gretha, jy is great, jy bring hoop in baie mense se huise, en ek love om na jou te luister. Hou aan met jou boodskap, dit beteken vir baie mense baie!
  91. Stouter K
    2010/03/01 10:17:36 nm
    Ag soms laat die speelgoed jou net bietjie na iemand voel wat jy nooit sou wees nie ... of dis wat jou ma jou geleer het.
  92. Jannie
    2010/03/01 08:35:43 nm
    Ek wil net sê, ek stem nie saam met Julius Malema nie.
  93. Lize
    2010/03/01 04:40:53 nm
    @ Ann: Ai mens, wat se boring lewe moet jy nie hê nie.
  94. Leonie
    2010/03/01 04:36:22 nm
    Ek wonder hoekom het Gretha se man rondgeloop? Is dit dalk nie oor dieselfde probleem wat sy nou op almal wil afdwing nie? Wonder maar net!!
  95. bianca
    2010/03/01 03:54:34 nm
    Luister ouens julle het almal n wanindruk van Gretha en Franscois. koop Franscois se getuienis en kyk Gretha se dvds of gaan op die Eksderde kamp om meer uit te vind in daai kort artikel sien almal net seks seks seks raak maar luister biekie hul ongelooflike getuienis. En kom ek se soos Gretha se as n "vibrator" reg was in God se oe sou hy vir elke man n zip ingyesit het en na 3 maande of so moes hul batterye verander. Wake up people!
  96. HvdW
    2010/03/01 03:43:23 nm
    Gretha is 'n sensasie soeker en die vrou se houding staan my ook glad nie
    aan nie. Sy het die kat aan die stert beet en het seker geen opleiding as 'n
    seksoloog nie. Sy moet liewers iets gaan doen wat sy ondervinding of 'n
    geleerdheid in het maar skoenmaker hou jou by jou leus.
  97. Klaas van die Plaas
    2010/03/01 03:30:12 nm
    Wel nou het ons dit weer die kappie komando ek en my vrou is nou 28 jaar getroud en wel ons verken mekaar se lywe amper elke dag dis lekker en ek en sy kry leg over net wanneer die geit ons vat se so 5 keer per week Gretha GET A LIFE
  98. Natasha Knoesen
    2010/03/01 03:26:21 nm
    Vind julle dit nie vreemd dat Gretha se dat Pornografie, masturbasie en seks speelgoed lei tot 'n afair nie. Haar man het 'n affair gehad en was verslaaf aan pornografie. Net omdat haar man rondgeloop het beteken dit nie almal gaan nie. Jy kan nie preek teen iets net omdat dit nie vir jou goed uitgewerk het nie.

    Ek en my man gebruik saam sekspeelgoed, en geniet elke oomblik van intimiteit. ons gebruik dit nie gereeld nie en nie een van ons twee loop rond nie. Daar is niks fout met ons seks lewe nie, intendeel, ons vind dit so opwindend dat ons kan nie wag om saam te wees nie. Het julle al gehoor van mense wat tien jaar getroud is en dan hulle seksdrang verloor? Sal jy nie ook moeg wees vir Steak as dit al is wat jy eet vir tien jaar nie?
  99. Mariana
    2010/03/01 03:15:17 nm
    Hoekom moet almal seks of seksuele verhouding met jou man jou eggenoot/
    egenote lelik of as sonde uitmaak. Dit is normaal as dit nie normaal was nie
    sou God ons nie toegerus het met geslagsdele nie.
    Werklik mense, die wat hulle so ongelooflik heilig wil hou en vir almal wil preek
    oor seks, kom by daar is NIKS maar NIKS om oor skuldig te voel of skaam te
    kry as jy dit binne jou huwelik of verhouding hou. Hoekom nie jou eie liggaam
    verken nie dis mos 'n geskenk dis joune solank jy dit met respek doen vir jou
    of jou man. Seks is 'n wonderlike ervaring om te beleef saam met die persoon
    vir wie jy lief is, met wie jy alles deel. Dit is 'n oomblik van totale ekstase en
    oorgawe (wat nie sonde is nie) en as die Here nie wou gehad dat jy dit ervaar
    nie sou Hy ons almal sonder daardie gevoelens geskape. Die Here het
    mense geskape nie robotte nie.
    Ann die mense se sondeval het niks met seks te doen nie, die Here het baie
    duidelik opdrag gee om te vermenigvuldig (tussen 2 mense/verhouding Man
    en Vrou) en nerens dit uitgemaak in die bybel as sonde nie. Die feit dat jy
    mense se beroepe afkraak is ongevraagd, die Here het hulle ook geskape
    om mense te help wat probleme het, mmmm nou gaan praat ek met Ds oor
    my seksprobleme by die huis, Saterdag by die kinders se rugbywedstryd sien hy
    jou en Sondag sit ek in die kerk dan wonder hy of ek reggekom het, werklik
    iewers is daar 'n tyd en 'n plek vir alles en geen slaapkamer probleme behoort
    by jou Ds. nie. Elmarie dankie, dit is altyd die moeite werd om perspektief op
    'n onderwerp te kry wat mense so geneig is om as sonde aftemaak. Mans en
    Dames gaan verlei jul egenoot/egenote vannaand met passie en die liefde
    wat jul vir mekaar het en geniet dit...
  100. Riaan
    2010/03/01 03:15:13 nm
    Gretha dweep geweldig met godsdiens en sal eendag voor die regterstoel moet gaan verduidelik omrede sy die naam van die Here misbruik het vir eie finansiele gewin. Sy is pervers en raak die domste goed kwyt ten einde "cool " te wees by jongmense - of so dink sy altans. Gretha, gaan sit stil in jou binnekamer en vind eers jouself, daarna probeer jy die Here vind - hierdie keer op 'n genuine manier sonder die geldmaakstorie.
  101. Ella
    2010/03/01 03:00:31 nm
    Die woord seks is so "common" woord - ek en my man maak eerder liefde en het geen
    probleem op daardie gebied nie. Dalk moet Gretha en haar man eerder eers leer om
    met mekaar liefde te maak as om "seks" voorligting te probeer gee. Het haar man
    dan nie self rongeloop nie - HOEKOM ???? - nou probeer die tweetjies opmaak
    met "seks tips". Nee wat Gretha en Manlief sorteer eerder julle eie lewe uit geen mens
    op aarde is dieselfde geskape nie so hoekom moet almal nou julle "boring" tips vir
    seks volg - Lank kraai die koning van LIEFDE MAAK!!!!!
  102. Dalene Holtzhausen
    2010/03/01 02:59:28 nm
    Wat 'n verligting om so 'n oop artikel te lees!!! Ja, ek stem dat mense met hopeloos te veel skuldgevoelens rondloop.
  103. Caitlin
    2010/03/01 02:42:43 nm
    Ek stem heeltemal saam met Elmarie, Klara en Cynthia. Ek en my man is 4 jaar getroud met 2 pragtige kinders. Ons kan net so lekker saam 'speel' soos op ons eie, dit is fantasties en ons is albei so gelukkig in ons huwelik omdat ons gemaklik by mekaar voel wanneer dit kom by seks en ons liggame en waarvan ons hou. Nie een van ons is verveeld binne die huwelik nie en dus het ons nie die behoefte om rond te loop nie want ons vervul mekaar se behoeftes. Ek kan nie my huwelik sonder die 'spark' wat ons het voorstel nie! Gretha moet onthou dat tye verander het, en ek is amper seker dat 'n 100 jaar terug het man en vrou ook stoute dinge gedoen om hul sekslewe op te warm.. volgens my het 'n man baie nodig om te sien sodat dit sy verbeelding aan die gang kan sit en ek glo dit is my deel as vrou om vir my man mooi te lyk en moeite te doen nou en dan, dit maak dit soveel meer pret. As seks altyd dieselfde manier gebeur en altyd op dieselfde plek gaan gebeur, gaan OF die man OF die vrou verveeld raak en iewers anders gaan soek wat sy maat nie vir hom/haar wil gee nie, mans en so-ook vrouens is bang om veroordeel te word deur hul maat en sal eerder stil bly oor waarvan hulle hou. Ek glo dit is baie belangrik om oopkop te wees binne in jou huwelik en jou maat te laat weet dat hy/sy nie hoef weg te steek waarvan hulle hou nie.
    Baie dankie aan beide interessante artikels.
  104. Cornelius
    2010/03/01 02:05:35 nm
    Onthou net een ding. Die mense verander en maak hulle eie reels. God se Woord en reels sal nooit verander
  105. Suzette
    2010/03/01 01:01:52 nm
    Skuldgevoelens word ervaar wanneer die Here werk. Hy is 'n heilige God en laat nie toe dat dit wat heilig is vir die varke gegooi word nie. En met God kan ons nie speel nie. Bestudeer die Bybel noukeurig oor die saak, moet nie net enkele verse aanhaal nie.
    Wanneer daar skuldgevoelens is, is dit suiwer genade en toon dat die mens nog 'n gewete het. Net die Here kan daardie skulgevoel wegneem as mens met berou na Hom toe kom daarmee ;en slegs Hy kan van jou 'n nuwe mens maak en as nuwe mens kan jy voortgaan. Elke mens soek grense in sy of haar lewe, of jy dit nou wil erken of nie, want daarin is geborgenheid en sekuriteit. Daarom het God in Sy genade vir ons grense, Sy Woord geskep. Kyk maar net na mense wat dit nie in hulle lewens het nie, vir hulle kan ek net die vraag vra en beantwoord dit vir jouself baie eerlik: het jy werklik vrede in jou hart? Daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan. Slegs as jou skuldgevoel weggeneem is, kan jy dit ervaar. Vra my, ek weet
  106. Koeksuster
    2010/03/01 12:57:45 nm
    Hilda, hoor, hoor!! Ek stem heel hartig met jou saam. Niemand gaan aan my vertel dat die manier waarop ek seks "pleeg" verkeerd is nie. Ek slaap nie rond nie. Ek is lief vir my man. Dit weerhou my nie daarvan om speelgoed te gebruik nie, inteendeel, dit maak dit pure fun!! Wat op aarde is verkeerd daarmee???
  107. Irene
    2010/02/27 03:21:07 nm
    ...Holy sexuality is the loving donation between a man and wife of their own bodies to one another. In marriage it may be enjoyed for holy procreation, or to express romantic love, or simply for the delight that the freedom marriage affords the spouses to release the tensions of life. It may even be an act of charity! But it is always a privileged act of special intimacy reserved for spouses alone. Masturbation, by it's very nature clouds and degrades the purpose and privilege of married sexuality. Masturbation is a solitary act of gratifying one's own physical urge. Performed as a solitary act, even in the married state, it degrades the place of honor of the spouse! It often serves to sexually replace the spouse entirely! This is because masturbation trains a person to abuse his own sexual powers outside the intended order of God, in a selfish solitary way.

    Irene
  108. Irene
    2010/02/27 03:01:26 nm
    Ek het nou die verskeie kommentaar gelees en ook van almal wat hulle self Chistine noem. Ek wonder of julle ooit besef wat beteken die woord.Dit gaan nie oor wat die mens sê nie maar as jy 'n Christin is gaan dit oor wat God se woord sê, nie waar. Nou kom ons kyk wat se die woord van God wat die lig vir ons foete moet wees.1Kor.6:13-20 1 Kor.3:16-17, KOLOSSENSE 3:5-7. Jy kan hoe hoog geleërd wees, jy kan nie die woord van God verander soos jy wil nie. Vader het self gesê dat daar nie een woord weggeneem of bygevoeg sal word nie.Sy woord staan verewig.


    Irene Swanepoel
  109. Gawie
    2010/02/27 11:09:35
    Ek is n Christen Berader en werk gereeld met pare oor die onderwerp en veral as dit by voorbereiding vir n huwelik kom. Ek het onlangs gedeel met n paartjie wat seksuel heltemal afgeskakel het as gevolg van herhallende krietiek deur hul maat. Ek glo dat pare binne die huwelik openlik met mekaar moet wees en ook seker maak dat hulle mekaar aanvul in hulle seksuele sonder dat hulle enige skuld gevoel het daaroor. Ek glo Gretha se bedoelings is goed maar dat sy ook meer sensitief moet raak vir ander se behoeftes. Ongelukkig is dit so dat geen een se seksuele behoeftes die selfde gaan wees nie. Ek sien niks verkeerd daarme as pare tegnieke gebruik in hulle verhouding nie. God het to imers gese dat ons dit kan geniet so lank ons binne sy reels bly.
  110. ANN
    2010/02/27 10:01:17
    Dalk moet mense luister na Gretha se hele storie want dan sal hulle verstaan waar sy vandaan kom. Gretha praat nie uit die lug uit nie en staaf haar sienings uit die Bybel. Sy steek nie weg dat haar man 'n verhouding buite hul huwelik gehad het nie. Sy forseer niks af nie, jy het die keuse om te glo wat jy wil, maar sy voer haar opdrag uit om my en jou te vertel van die verlossende krag van God en sal ooreenkomstig eendag vergoed word of geoordeel word, maar sy het dit uitgevoer. Wie is jy of ek om haar te oordeel. Ek glo dat God die mens volmaak geskape het maar met die sondeval het die mens self die onvolmaaktheid oor hulle gebring met die keuse wat hulle gemaak het, en as jy in 'n volmaakte verhouding met God leef sal jy nie "speelgoed" nodig hê of hunker na hulpmiddels nie. God maak nie foute nie en net Hy kan jou verlos van watter probleem jy ookal het en jou volmaakte vrede gee. Dalk moet almal net minder kritiseer en meer christelike opregtheid hê teenoor hulle medemens. In plaas daarvan verkoop die seksoloë hulle dienste, winkels verkoop hulle "speelgoed", en Huisgenoot lag al die pad bank toe, want ons mensdom is honger vir sensasie om te kyk hoe nog 'n christen homself moet verdedig omdat hy durf uitpraat oor wat God vir hulle gedoen het. Dalk moet mense die geld wat hulle spandeer op hulpmiddels, wat seksoloë insluit, vat en betaal vir 'n sessie by Gretha se praatjies sodat hulle die volle omtrek van haar siening kan verstaan en nie gevolgtrekkings maak uit die hooftrekke wat Huisgenoot (of die koerante) op 'n beperkte spasie plaas om hulle verkope op te stoot nie. O, maar wag, nou gaan die feit dat jy moet betaal daarvoor ook 'n onderwerp vir bespreking word. Steek hand in eie boesem ouens, en mag God julle genadig wees.
  111. Klara
    2010/02/26 10:20:44 nm
    As ginekoloog stem ek nie saam met Gretha se verkondiging dat verkenning van jou eie liggaam sonde is en deur die Bybel afgekeur word nie. Ek is self 'n Christen en glo in die huwelik, is self 8 jaar getroud met 2 kinders. Ek sien elke dag vrouens wat worstel met hulself omdat hulle as kinders en jong vrouens elke dag moet hoor dat hulle nie hulle liggame mag verken nie of dat dit sonde is - of selfs erger, dat dit 'n taboe is om oor 'sulke dinge' te praat. Dan die dag as die trouring aan die vinger is moet alles in 'n oogwink omkeer. Ek het vrouens gesien wat ernstige huweliksprobleme het omdat hulle nie hulle eie liggame goed genoeg verstaan nie - hoe moet jou man jou liggaam verstaan as jy self nie weet wat vir jou werk en wat nie. Jy is juis die een wat hom moet leer.
    Ek dink haar geloof is 'n goeie agtergrond maar sy kan nie dit waarin sy en haar man glo so op almal afforseer en die res as sondaars beskou nie. Dis sterk woorde. Groete
  112. Hilda
    2010/02/26 02:09:06 nm
    EK stel voor Gretha gaan vir n paar sessies na Elmarie , Elamrie maak sin, en as n vrou wat amper 27 jaar gelukkig getroud is, behoort ek te weet. Ag nee Gretha, jy het baie om te leer.....
  113. Cynthia
    2010/02/26 11:43:09
    Ek verstaan regtig waaroor Gretha so tekere gaan nie, haar man het dan self rondgeloop, het hy nie genoeg by haar gekry nie. Ek het self probleme op daardie gebied maar dit is medies gewys en raak so gefrustreerd as mense wil preek oor goed waaroor hulle nie begrip het nie.
  114. wn`
    2010/02/26 11:35:29
    Ek't nou net die volledige artikel in die nuwe huisgenoot gelees en Elmarie maak baie meer sin. Gretha is definitief die pad byster en Elmarie se analise van haar is regtig logies - en sy raak glad nie persooonlik nie. Gretha moet gerus bietjie in Elmarie se stoel gaan sit om perspektief oor haar issues te kry.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities