Gretha Wiid se streng seksgebooie

Gretha Wiid en haar man, Francois, glo seks voor die huwelik is verkeerd en dat jou man of vrou jou hartsbegeerte moet wees.
Gretha Wiid en haar man, Francois, glo seks voor die huwelik is verkeerd en dat jou man of vrou jou hartsbegeerte moet wees.

Gretha Wiid is die toonbeeld van ’n moderne, modieuse vrou. En manlief Francois pas perfek aan haar sy met sy gejelde hare en bonkige juweliersware.

Sy skroom nie om woorde soos seks, masturbasie en orgasme te gebruik nie – sy verdien immers haar brood met praatjies, met handleidings wat sy oor seksopvoeding skryf en met die verkoop van DVD’s oor onder meer die huwelik. Maar Gretha is terselfdertyd ’n vrou wat nege jaar gelede tot bekering gekom het, destyds op die rand van bankrotskap en met haar eie huwelik wankelend oor Francois se affair.

In Pretoria het baie moedelose getroudes aanklank gevind by haar boodskap. En toe sy verlede jaar in die styl van die prediker Angus Buchan haar eie Worthy Woman Conference hier aanbied, het nie minder nie as 7 000 vroue kom luister.

Maar deesdae is dit veral haar en Francois se DVD met die titel Seks en die Huwelik wat opslae maak. Daarin sê sy immers hoogs omstrede dinge soos dat alleen-masturbasie sowel buite as binne die huwelik taboe is, nes seksspeelgoed, en dat God se gees nie deel kan wees van seks buite die eg nie.

Eintlik is enige intimiteit voor die huwelik uit, sê sy. Ongeag jou omstandighede, daardie lyn mag nie oorgesteek word nie. “Dit beteken ook nie jy moet trou om vinniger seks te hê nie. Jy moet net trou as jy weet dit is die maat wat God vir jou uitgesoek het.

“God het nie bedoel dat jy jou eie lyf moet ontdek nie. Ek weet seksoloë sal van my verskil, maar dit doen meer skade as goed. “Om te ontdek wat jou prikkel, is iets wat jy saam met jou man moet doen.”

Die lyn is inderdaad fyn: In die huwelik mag julle mekaar se liggame geniet en wedersyds betas, sê Gretha, maar wel nie alleen nie.

“Die riglyne is nie om jou pret te bederf nie, maar om jou te beskerm. Ons weet uit duur ondervinding hoe geseënd ’n mens binne dié raamwerk kan leef. Dit is wat God vir almal wil hê.”

Die volledige artikel verskyn in Huisgenoot van 25 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (156)


  1. KOBUS
    2010/07/27 09:34:18
    Hierdie meer as 150 menings wys net - elke mens het sy eie mening en interperteer dinge op sy manier. Mans koud of nie - vrouens doen verkeerd in die bed al dan nie - iets word geregverdig in Die Bybel al dan nie - dit hang alles af van die situasie waarin jy as individu jou bevind. Indien ek my vrou verneuk omdat sy na haar histerektomie verkies dat ek seks het met die bediende - is dit iets wat ekself eendag sal moet regverdig teenoor haar en my God. Dieselfde geld as ek deur my koudgeit haar sou dryf na iemand anders omdat sy lief is vir seks. Gelukkig is twee mense wat op presies dieselfde golflengte is t.o.v. hul sekslewe - beskou dit as 'n seen van God en wees dankbaar - meestal tweede huwelike (lees maar die komentaar). En die wat nie op dieselfde golflengte is nie - leef daarmee saam of stap uit. En as jy nie kan uitstap nie vanwee kinders - wel - dan moet jy maar daarmee saamleef
  2. gryse
    2010/07/23 09:11:59 nm
    die hele debakel is vreeslik snaaks en die snaakste van als is is die feit as die twee grillerige mense nou op 'n podium staan sal ek nogal wonder hoe die twee in aksie sal lyk want die dude is maar grillerig en kan net sien albei is aandagvrate!!!! nee wat ek gaan nie byt vir die storie nie. ek is langer as dertig jaar getroud en geniet dit om my man te prikkel en act gereeld 'n speelse rol en hy leef sy fantasie met my uit en daarom het hy nog nooit die behoefte gehad om oor die draad te loer nie. ek het jarre se seluliet op my boude maar ek is nie skaam vir my lyf nie inteendeel ek embrace dit.nee man vroue kry julle koppe reg en vry julle manne vuurwarm!!!!! dit gaan nie vir die man of jy a nommer tien lyfie het nie maar hoe jy in jou lyf voel.
  3. diewaarheidmaakvry
    2010/07/23 04:52:33 nm
    Gebruik die Bybel, die ware woord van die enigste Heilige God, as barometer van wat reg en verkeerd is. Mense kan jou mislei...
  4. Sirkus
    2010/07/23 12:20:22 nm
    Belaglik. Absurd. Dis n bleddie sirkus.
    @ Ag nee man - dis nie die voorhuwelikse seks wat jou skuld gevoelens meegebring het nie, dis die kerk en jou mamma en pappa wat hierdie nonsens in jou kop in gepraat het van kleins af
    @ Blom - uhmmmmm, joke jy? Dis meestal die ou doos-tannies wat saam met Gretha stem!! Dit bekommer my vreeslik dat iemand wat jonk is hierop inkoop.
    Die kerk en geloof is alles net die mens se manier om ander te beheer, intimideer en besit. Dit het nog altyd meer goed as kwaad gedoen. Kyk na geskiedenis.... ai, hier gaan ons alweer.
    Narre....
  5. Amanda
    2010/07/23 11:01:11
    Staan vas, Gretha! Dankie vir die waarheid wat jy praat & nie dit sê wat die wêreld wil hoor nie! Love you!
  6. Coleen
    2010/07/21 11:18:25
    Ai Greta, finally iemand wat praat wat ek eerstehands ondervind het. Ek stem saam, een honderd persent. Seks voor die huwelik is taboe al leef ons in watse era ook. Masturbasie is die begin van die duiwel en sy truuks. En dis beslis nie wat die Here vir ons wil he nie!! En ja, as God vir jou die regte maat gestuur het volgens sy perfekte plan, dan sal als reg loop van die begin af!

    Dankie Greta vir die reguit praat en vir die WAARHEID!!
  7. elsa
    2010/07/15 03:07:19 nm
    Sjoe, mense julle wat Greta aanvat op wat sy te sê het moet dalk die probleem by julself gaan soek, dit gaan nie net oor seks nie, nee meer as dit - vergewing, vertroue, liefde en geloof! aan die predikant wat 6 of hoe lank teologie moes swot - geen papiergraad kan jou 'n getroue gelowige christen maak nie! dit is wat jyself glo, ek is bly ek is nie in jou kerk nie! Dankie, Gretha dat iemand bereid is om reguit te praat oor goed wat ander agter bakhande sê.
  8. Bella
    2010/07/08 12:54:02 nm
    Dit is vir my baie snaaks!
  9. SG
    2010/07/05 04:12:10 nm
    Ag asb.
    Nog een van die heilige vroumense wat wil kom dikteer wat reg en verkeerd is. En al die "Christene" wat so lief is vir vingers wys luister honger na haar. Ek het al na een gaan luister wat my probeer vertel het hoe om my kinders groot te maak. Baie amusant, maar as dit by die regte lewe kom, dan werk dit net nie so nie. En meeste van die tyd kan die mense nie toepas wat hulle preek nie, want hulle is te besig om geld te maak uit hulle besige skedules uit terwyl hulle gesinne daaronder lei.
    Van wat ek van die Gretha-vrou (wie ookal sy mag wees) gelees het, moet sy dalk eerder met haar dade wys sy is Christen en nie met haar woorde nie. En wat het seks nou eintlik met Christenskap te doen? Waar staan dit ons moet God se woord verkondig, maar let net mooi op wat jy in die slaapkamer doen.
    Hoe eenvoudig kan mense nie wees nie.
  10. Tinus
    2010/07/04 07:38:03
    Wil jy nou meer! 'n Kloosterkoek wat kluitjies bak en die seksueel gestremdes wat dit vir soetkoek opeet...
  11. Seergekry
    2010/06/08 05:33:34 nm
    Ek is al 40 jaar getroud en ek WEET masturbasie is verkeerd ... ja Flippie en Flappie en al die ander...... verkeerd! Dis SO waar dat dit hel in huwelike kan veroorsaak. My man het dit altyd skelm gedoen en ek kon nooit verstaan hoekom hy so "koud" is nie. Ja, ek geniet seks.... het nog altyd... en nee, ek is nie vet, outyds of onaantreklik nie! Ek het uitgevind van sy masturbasie en hom vergewe, maar die verwoesting wat dit oor die jare in ons huwelik gelaat het is onmeetlik! Hy het alyd "gesukkel" en een keer 'n maand was vir hom genoeg (nou weet ek hoekom). Dis soos Gretha ook se: dis omdat hy dit altyd in 3 minute of minder dmv masturbasie gedoen het, dat hy nooit in staat was om dit in 'n liefdevolle verhouding te kan doen nie. Dit was die "ander vrou" in ons huwelik. Pas op dit mag dalk ook in jou huwelik gebeur!!
  12. Christy
    2010/05/28 10:41:50
    Pleks hierdie vrou eerder haar nonsens die onnosele siele daarbuite verkondig, sy saai net verwoesting met haar woorde. Hoe kan iemand wat net 12 or 13 jaar getroud is soveel wysheid he oor die seksuele? Gretha los liewer die praatjies vir die mense wat so 20 - 30 jaar ondervinding het van die huwelik kom praat eerder met my ek 47 jaar oud en is al deur die meul van die lewe ek kan vir jou baie vertel van seks en die huwelik moenie mense probeer breinspoel nie en die wat na jou wel luister is leke. Jy het geen lewens ondervinding nie my meisie. Sorg eerder dat jy jou man in jou bed hou en hou op nonsens praat en nog jouself verryk daaruit ook. Jy is baie ver van God af. Soek die koningkryk van God eers, en dan sal die begeertes van jou hart gegee word. Stuur jou man vir my ek sal hom mooi leer hoe om jou te bevredig. Of kom na my toe ek sal jou mooi wys hoe om jou man in jou bed te hou.
  13. blom
    2010/05/17 12:19:32 nm
    Ek is mal oor Gretha, haar humorsin is awesome... en die van julle ou doos tannies ....julle almal is seker bo 35tig..klink so en julle is seker afrikaans...klink so...hhahahahah
  14. Santie
    2010/05/12 11:43:54
    Lees jou BYBEL en BID elke dag! Als wat ons moet weet is in die WOORD van GOD! Dankie dat jy die skille van my oe afgehaal het. Jy is 'n blessing Gretha!
  15. Annie
    2010/05/12 09:19:45
    Ek moes ses jaar op Kweekskool studeer om te kwalifiseer as predikant. Al wat Gretha moes doen was om haar rondloper-man te vergewe. Ek verkies eerder ses jaar se studies!
  16. Danie
    2010/05/11 09:00:30
    Ons almal kan ons eie houding he omtrent die onderwerp ,die feit is DAAR IS NIE N GRYS AREA WAARIN ONS KAN LEWE NIE.Dit is of wit of swart en wat maak dit saak wat ander se ,Gaan dit nie oor wat JY as persoon weet nie .Onthou net een ding JOU knieg moet buig eendag en dit maak nie saak wat wie wat gese of gedoen het nie .EK VRA VANDAG DIE VRAAG HOE GAAN DIT MET JOU SIEL ,DIT IS N SAAK TUSSEN JOU EN ONS HEMELSE VADER WAT REG IS EN WAT VERKEERD IS ,KOM ONS BID DAT HY ONS SAL LEI EN AAN ONS DIE VERBORGE VAN SY WEE SAL OPENBAAR.

    JY SAL SELF MOET VERDUIDELIK EENDAG, WEES GESEEND
  17. TheFreemanPhD
    2010/05/07 06:50:50 nm
    Wiid, ai ai ai... 6 jaar. Dis hoe lank dit vat om sielkunde te swot. 12 jaar om 'n psigiater te word, of doktor in sielkunde. Maar Wiid vomeer advies oor seksualiteit asof dit 'n krismis basaar is, sonder enige professionele akademiese opleiding. Sy is, in my opinie, in die selfde kamp as die swape wat homemark produkte, of osoon probeer smous. En die mense wat gevang word deur haar slymerige slap riem verdien dit seker - dink mense, gebruik jou brein.
  18. Cheekyt
    2010/05/06 02:42:58 nm
    Ai tog. Ons is individue en wat goed is vir die een werk dalk nie vir die ander. Wanneer begin 'n huwelik? In die kerk? Of as 2 mense voor God trou aan mekaar gesweer het? Baie mense binne die huwelik is nie getrou aan hulle trou beloftes nie....... Agter toe slaapkamer deure het niks met die volgende MENS te doen nie. Geniet dit, God het dit gemaak om te geniet! O MAN EN VROU MOET DIT GENIET en die vreugde en vervulling van 'n egte, sterk orgasme ervaar. Of dit met penetrasie,die mond of hand gedoen word. Sit dit nou in jou Heilige pyp en rook dit.
  19. my druppeltjie innie emmer
    2010/05/05 04:28:56 nm
    Dis Gretha se seksgebooie daai...nie MYNE nie!!! Dan probeer sy nog geld maak uit die snert!!
  20. Michelle
    2010/04/21 09:50:09
    Jy en jou maat moet doen wat vir julle gemaklik is in die huwelik. Dit is net julle twee agter geslote deure !! Niemand kan jou voorskryf wat om in die slaapkamer te doen en nie te doen nie !!
  21. samantha
    2010/04/14 07:29:44 nm
    Ja Gretha kan haar opinie he en so kan ons almal ook. Ek is met 'n wonderlike man getroud net onder 11 jaar. Die dag wat ons getroud is het hy my nie gekoop nie, so ek sal onder geen omstandighede hom soos 'n koning behandel nie. Ons stap hierdie paadjie sy aan sy - nie ek agter hom nie. Hy is my man, ek ondersteun hom en ons het hope pret saam. Hy is my vriend, lover, wonderlike pa vir ons kind en 'n nice mens. Hy vat my vir wat ek is, wie ek is en hoe ek is. Ek gaan nie begin om perels om die nek te hang en kant onderklere en wilde sessies in die slaapkamer begin om ons huwelik te red nie. Ons het 'n goeie verhouding en ek dink net al die snert van seks ens. is bietjie te erg. As jou man impotent is, dalk 'n ongeluk gehad het of so iets en nie meer die daad kan verrig nie, moet ons as vrouens hulle dan los omdat daar nie meer seks in die huwelik is nie? Ek het my man lief en sou dit met ons gebeur ek weet ons nog steeds as 'n paartjie mekaar sal he - seks is tog nie wondergom wat mense bymekaar hou nie, dit bring jou dalk bymekaar maar daar is meer as dit wat mense bymekaar HOU. As dit net seks is is daar heelwat mense wat vir die verkeerde redes met mekaar getroud is.
  22. ekke
    2010/04/14 03:53:47 nm
    moet ons as vrouens ook na elke menstruasie deur die kerk "gebless" word met twee tortelduiwe as offering om te bewys ons is skoon? DIT IS NOU OM ELKE WOORD LETTERLIK OP TE NEEM. Masturbasie voor die huwelik taboe? Dit is nou die grootste nonsens wat ek lanklaas gehoor het. Ons is mens/vrou/ma/meisie nie 'n dier of item wat jou man as trofee aanbied nie - as hy nie van jou hou soos jy is nie kan hy skoert. Ek kritiseer nie, maar ek dink nie net die vrou moet al die werk doen om die man aan haar bed vas te maak nie, hy moet ook bydra. En as julle 2 regtig vir mekaar bedoel is - behoort al hierdie seks en goed nie eens saak te maak nie. Ek dink aan mans wat dalk impotent is dalk 'n ongeluk gehad het ens wat dalk nie meer kan seks he nie, moet ek as vrou hom dan los? Ek dink as seks so groot rol in enige huwelik speel dat dit jou huwelik kan beinvloed is julle dalk vir die verkeerde rede bymekaar. Ek sal in baie mense se oe verkeerd wees, en ek het 'n gesonde sekslewe, maar ek het ook 'n baie goeie vriend in my man gevind, ons is maats, lovers, ouers en ook individuele mense. Kom aan ons lewe in die 20ste eeu, jou man het jou getrou - nie gekoop nie.
  23. Ronell van Sittert
    2010/04/14 10:20:09
    Ek het al hierdie riglyne in my lewe toegepas en voel goed oor myself, maar my maat het nie hierdie riglyne toegepas in sy lewe nie. Die pyn wat sy roekelose besluite in ons huwelik inbring, is vernietigend...

    Ek dink seksvoorligting geniet nie die nodige aandag in elke ouerhuis op die regte tydstip van ons kinders se lewens wanneer hulle dit nodig het nie...
  24. Ag nee man
    2010/04/13 10:31:01
    Ag nee Sproete!!!! Het jy 'n Bybel of kan ek vir jou een stuur?? Hoekom dink jy het God die huwelik ingestel?? Dit is mense soos jy wat seker aborsie ook goedpraat. Dit gaan nie oor waar in die Bybel nie, maar die sielverbunding wat jy met die ander persoon maak, daai verbunding gaan nooit weg nie. Dit is hoekom jy wag (sproete)!! Wens ek het!!

    Seks voor die huwelik maak skuld gevoelens en ek kan met sekerheid se as ek kon tyd terugdraai sou ek, en my man stem heeltemal saam!!!

    Gretha wens my ma het my na een van jou seminare toe gevat toe ek nog 'n tienner was!!! Thx vir al die insperasie!!
  25. Sproete
    2010/04/12 04:23:15 nm
    Ek wil net asb weet waar in die Bybel daar staan daar geksryf dat seks voor die huwelik 'n sonde is, dan wil ek ook weet of daai mense destyds 'n trou licence gekry het om te proof dat hulle getroud is.

  26. BONNIE
    2010/04/12 03:48:17 nm
    Vir common-gheid is daar nie medisyne nie. Laat sy maar die wat wil luister oortuig. Gelukkig het die Liewe Vader my gesonde verstand te gee om vir myself te dink en te onderskei tussen goed en kwaad.
  27. anoniem
    2010/04/11 06:15:27
    vrouens wat se mans rondloop is nie noodwendig die een wat verkeers is nie my man het rond geloop en ek het niks verkeer gedoen nie niks van hom weer hou nie maar nou word daar gese ek is verkeerd ag kom aan wereld word wakker................as jy nie lyk soos die modelle van die wereld nie dan word daar gese hy het die reg om rond te loop please hoekom lyk hulle dan nie almal soos supersterre of modelle nie het net hulle die reg om so oor die lewe te voel ek dink regtig nie so nie............
  28. Charmane
    2010/04/09 01:41:40 nm
    Hoekom lê die fout altyd by die vrou, as dit die man is wat rondgeloop het???? Moenie vinger wys nie............dit gebeur dalk gouer as wat jy dink met jou................
  29. Daniel
    2010/04/06 01:52:13 nm
    Here Jesus! Ek gaan Hel toe oor ek draad-trek! Iemand help my!

    Seriously nou. Julle almal is soos 'n klomp kinders. As ek van die goed lees wat ander mense sê, verbaas dit my glad nie dat die wêreld is soos dit is nie. Een persoon moedig dit sommer aan dat mense nog moet gestenig word vir voor-huwelikse-seks. Die scary deel is, dit is almal vrouens wat saam met die vrou stem. Aaaah, hoe geloof mens kan brainwash...
  30. Belinda
    2010/03/31 10:12:23 nm
    Almal onthou God pas Hom nie aan by die mensdom nie, ons moet ons aanpas by Hom.
  31. carel
    2010/03/30 12:18:58 nm
    Gretha is 'n nar.Haar man het rond geloop!!!! Hoekom?Kyk hoe selvoldaan lyk hulle, is dit die gloed van God? Komaan, genoeg aandag aan haar nou, kom ons gaan aan met die lewe en gee jou huweliksmaat vet en stap versadig , versigtig en tevrede werk toe, al maak die huppel effens seer , dis ok. Sjoe, kan nie wag vir tjaaila-tyd nie...
  32. monica
    2010/03/29 07:25:21 nm
    Sy klink vir my na n regte kloosterkoek. Hoekom het haar man n affair gehad? Het daai vrou vir hom gegee wat sy nie wou nie? Sy lyk ook ouer as hy,miskien was hy lus vir n jong bokkie wat nie skaam is nie. My vriendin het ook bekeer nadat sy uitgevind het haar man loop rond,hy doen dit nogsteeds skelm! Mans loop rond omdat hulle nie lief genoeg is vir hulle vrouens nie of omdat hulle by ander vrouens kry wat hulle vrouens nie wil gee nie. Wees n hoer in die bed en die kanse is beter dat jy jou man net vir jouself sal he!!
  33. Janette Bekker
    2010/03/27 02:05:22 nm
    Hoe nader jy aan God leef en hoe meer jy waarheid praat, hoe meer teenkanting gaan jy kry. Staan vas Gretha, hoe langer jy waarheid praat hoe meer gaan Satan jou aanval.
  34. BIANCA
    2010/03/25 02:03:27 nm
    EK WIL NET SE MENSE IS VINNIG OM TE KRITISEER!!!!! SY VERDIEN WAAR SY NOU IS EN GOD LEI HIERDIE VROU! JULLE SAL HARD GESTRAF WORD..... MOENIE OORDEEL NIE WANT JY SAL MET 'N ERGER MAAT GEOORDEEL WORD!

    GRETHA JY IS FABULOUS!!!!!
  35. AiAi
    2010/03/25 12:20:31 nm
    Wow, snaaks hoe mense altyd die Bybel letterlik opneem. Die Bybel se slegs dat seks vir die getroudes is, nerens staan daar jy moet 'n huweliksertifikaat he nie. Ek kry hierdie vrou innig jammer, sy is soos vele ander wat 'n gaping in die Suid Afrikaanse mark gesien het, dit gevat het en nou miljoene maak. Ek wonder waar werp sy haar brood op die water? Wanneer gaan sy haar rykdom uit deel en vir God volg? Is dit tog nie wat Jesus se ons moet doen nie? Sterkte Gretha, jy gaan eendag nog lelik ontnugter word. Is jou eie sekslewe so awesome as wat jy se of gee jy maar net voor?
  36. Genugtig
    2010/03/22 08:33:54
    "Ons volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis..."

    Mense soos Gretha help nie juis om die kennis te vermeerder nie ...
  37. Lolla
    2010/03/21 05:04:04 nm
    Ek glo daar aan om skoon en rein te wees vir mekaar voor die huwelik, dit is tog wat die Here van ons vra, maar mastrubasie dit is normaal, wat ek graag wil weet wat het sy gedoen voor sy getroud is? was sy skoon en rein, het sy nie gemastrubeer soos ander normale mense nie. Regtig ek dink dit is darem te ver gevat. Ek is 'n ma van 2 seuns, ons gee hul seks voorligting. En vertrou dat hulle nie oor die tou sal trap. Ek die miv/aids epademie glo ek is dit elke ouer se plig is om met hul kinders daardie pad te stap.
  38. LL
    2010/03/20 04:37:15
    agge nee ja regtig, ek dink hierdie vrou vat dit regtig bietjie ver??? Stupid as jy my vra.
  39. Yoandi
    2010/03/19 12:20:53 nm
    Se die Woord van GOD nie "stort jou saad in die palm van jou hand ipv die buik van 'n hoernie?"
    Ek stem saam dat dit nie volgens God se wil is om seks voor die huwelik te he nie maar
    masturbasie en "speelgoed" glo ek is gesond sou dit binne perke geniet word. Mense, julle haal heeltememal te veel uit Gretha se DVD's en praatjies uit, dis HAAR mening en sy het die behoefte om dit te deel maar dit beteken nie dat sy reg of verkeerd is nie??? !!! Luister na Angus, al sy praatjies is lofprysing aan die Here, geen judgements of "rights and wrongs" nie. Solank as wat jy God aangeneem het as jou Verlosser is dit wat jy in en met jou lewe doen 'n saak tussen jou en Hom en wanneer jy die dag trou sluit jy 'n verbod met God en jou man/vrou word deur God aan jou gegee. Jou eintlike verbod is met God en wanneer jy dinge binne/buite jou huwelik doen wat nie in lyn met God is nie sal jy dit weet. Groot sonde, klein sonde... Bestaan daar so iets??? Jy gaan nie erger gestraf word omdat jy "SEX TOYS" gebruik as wanneer jy oordeel, beledig, steel, jok, verneuk of verniel nie.... Daar is erger dinge om oor te worry en beter dinge om te kompliseer as seks in die huwelik... Geniet dit, dis tog wat God vir ons gegee het, dis die EEN ding wat jy met jou man/vrou deel wat jy met niemand anders (veronderstel) kan deel nie.. Dis awesome en mooi en daar niks so lekker as om saam daaroor te lag en gesels na die tyd nie!!
  40. maggie mey
    2010/03/19 09:59:33
    ek wil net se. Ek het twee mans aan die dood afgegee. Ek was op 29 jarige ouderdom 'n weduwee, daarna 'n wonderlike man gekry, hy was 12 jaar ouer as ek. Het die wonderlikste huwelik gehad en die wonderlikste seks gehad.
    was 2 jaar alleen nadat hy oorlede is, en ek is nou in 'n verhouding met 'n wonderlike man. Ek sal nie kan lewe sonder seks nie. My vriend het bietjie probleme, maar gelukkig het ek 'n paar speelgoedjies. Ek sien niks daarmee verkeerd nie. Dit maak nie van my 'n slegte mens nie. Ek voel net baie baie meer gelukkiger. En ja ek geniet elke oomblik saam en sonder my maat. Ek dink "its all in the mind" . Solank jy seks geniet en nie rondloop nie....
  41. Danie Nel
    2010/03/18 07:52:18
    Dis vir my hartseer tog het ek verwag dat soveel mense Gretha met klippe sal gooi. Mense wil nie hoor dat God hulle gaan Judge nie, ek bedoel mense wat skuldig is aan spesifieke sonde, probeer altyd daardie sonde regverdig. Ek haal my hoed af vir haar, dis n skande dat n vrou moet opstaan en ons almal bietjie regruk. Vandag is daar te min Godsvresende mans wat die guts het om dit te doen. Die mense se oe is bot toe,kan hul dan nie raaksien dat die masterbasie of pornografie self as sulks nie is waaroor dit gaan nie, maar die onreine gedagtes wat daarmee gepaart gaan. Die bybel se as jy net n vrou begeer het jy reeds met haar gemeenskap gehad. As die Heilige Gees in jou woon, wil jy dan sodoende die Gees "fuse" met die onreine. Dis onmoontlik want uit alle respek gese God wil nie in die teenwoordigheid van die bose wees nie. Dit beteken dat die Gees jou gaan verlaat, want God sal jou nooit dwing om die regte ding te doen nie, die besluit le by jou. Laat Gretha toe om te se wat sy wil en bekommer jou eerder oor wat jyself kwyt raak. Elkeen van ons sal rekenskap gee aan God, waaroor judge julle haar, kom dit julle toe? Ek het self n pad gestap met verslawings en seksuele sondes en glo my as Jesus jou vrygemaak het, sal jy verstaan waarom dt n "no go zone" is. Die wereld se mense se "die waarheid maak seer" ek se "di Waarheid maak vry" Mag jul almal n geseende dag he.
  42. Marika
    2010/03/15 04:31:50 nm
    Nee sy is nie verkeerd nie!!!! Lees jou Bybel en sien dat God dit vereis dat seks BINNE die huwelilk moet wees. Dat God seks as HEILIGE instelling tussen MAN EN VROU gemaak het.
    Ja almal gaan nie saam haar stem nie. Die duiwel is nou baie besig om haar en haar man verkeerd te bewys, want hy LOVE seks buite die huwelik.
    Hy wil hê mense moet egbreek pleeg, seks hê met almal wat wil.
    Maar God se Woord is die Waarheid, en ek gaan volgens wat God sê, en as ek my Bybel reg lees, dan is dit wat Gretha sê nogal heel dieselfde!!!
    Net die woord VIGS EN HIV is 'n antwoord op alle vrae en die waarheid van wat Greta sê.
  43. Merry Mary
    2010/03/08 02:29:16 nm
    Was die hele doel van Christus se mensword dan nie 'n verskuiwing van die wetiese na '
    'n persoonlike verhouding met God nie? Van waar dan die "streng gebooie" Grethe?
    Klink vir my net na nog 'n klomp reëls om te onthou.
  44. Petro
    2010/03/08 09:21:29
    Ons weet almal dat apartheid deur die Bybel geregverdig was, en nou nie meer nie. Dieselfde met "gays is sondaars". Dus bleik dit asof mens amper enige iets kan haal uit die Bybel soos dit jou pas. Ten spyte daarvan wil ek graag weet waar presies staan al die snert wat Gretha kwyt raak. Sy noem geen verse nie, nie eers die tradisionele enkele "uit verband aangehaalde" versie nie. Dit is alles streng haar eie vertolking van wat sy dink God waarskynlik bedoel het. Ek self ken nie die Bybel van p1 af nie, maar ek is bereid om te waag dat masturbasie waarskynlik nêrens enigsins genoem word nie, en dus kan niemand waag om uitsprake te lewer nie. Ek onthou wel dat as tiener is die gedagte aan ons voorgehou dat masturbasie "God se uitlaapklep" is sodat ons tog net nie moet seks hê voor die huwelik nie.

    Ek het (stukke van) die DVD saam met my vrou gekyk en erg moerig geraak vir haar kommin Pretoriaanse aanslag, maar meestal die inhoud van haar praatjie.

    Haar praatjies oor kinders grootmaak was vir my baie meer sinvol, maar nou in retrospek besef ek dat meeste daarvan common sense is, ek skat alle gelowe se Bybels het min of meer dieselfde basiese voorstelle vir kinders grootmaak, en enige sielkundiges etc en selfs verantwoordelike ateiste sal saamstem met die basiese beginsels. Dus kon Gretha nie so vêr verkeerd gaan met daardie onderwerp nie - sy kon bou op 100e boeke en praatjies voor haar.
  45. Bindi
    2010/03/08 05:20:41
    Ek kyk na hulle foto, en dit lyk of hy haar maar net tolerate, want jy kan sien Francois is n stoute klong.
    En sy maak nour weer lekker geld nadat sy op die rand van bankrotskap was met al die kaf wat sy verkoop.
  46. Na-deanné
    2010/03/05 09:03:29 nm
    God is nie opdringerig nie - dit bly altyd JOU keuse wat jy wil doen. Hy het die Bybel vir ons gegee om te lees en die Heilige Gees in ons sodat ons altyd sal weet wat reg en goed of verkeerd en sleg is. Net omdat jy gal braak oor Gretha Wiid beteken nie sy gaan ophou praat nie. As jy wil masterbeer doen dit, as jy wil rondslaap doen dit, as jy pornografie wil kyk doen dit. Maar daar gaan 'n dag kom wat jy gaan maai wat jy gesaai het. Die son kom elke dag op en gaan elke dag onder - God se wette sal bly bestaan of dit jou goedkeuring wegdra of nie. Gretha sê nooit iets sonder om dit aan te haal uit die Woord nie - en as ek dit in die Woord lees EN die Heilige Gees bevestig dit ook nog in my hart dan WEET ek dit kom van God af "and that settles it for me". Kan nie glo daar is wraggies nog mense wat glo om rond te slaap en te doen net waarvoor jy lus is is reg en goed nie?? As almal dan met almal kan seks hê wat van kinders en honde? Sies man!
  47. Gerrit @ Foeitog
    2010/03/05 08:33:37 nm
    Dis jammer dat jy my mening sien as veroordelend,ek wonder net wat God sou verkies, jou kwalifikasies of 'n verhouding met Hom, o ja, kwalifikasies gaan jou in hemel kry, miskien moet ek my diploma in teologie op skeur en dalk 'n graad gaan loop dit sal my seker in die hemel kry. En net gewonder, dink jy Moses of Abraham of Elia het gekwalifiseer. Dokters is daar vir 'n rede, God het hulle juis daar gesit want Hy gebruik hulle, terloops Hy het een gebruik om my lewe te red. Maar ek dink waar jy so 'n bietjie mis vat, is dat die Woord sê Die Skepper van die heel al bly nie in tempels met hande gemaak nie. So God kan nie iets goed keur wat Sy tempel besmet nie, onder andere, pornografie en seks buite die huwelik. Wat my pla is, sodra iemand iets sê oor dinge waarteen Jesus self gwaarsku het, dit mense op hulle agter voete het. Jesus het ook gesê dat in die laaste dae mense net dinge gaan aanvaar wat hulle ore streel. Die Jesus wat ek ken en dien het aan 'n hout kruis gesterf, Sy bloed het vir ons gevloei. En wat ek hier sien, is dat Sy bloed goedkoop gemaak word. Wat Paulus aan betref, as jy daardie versie mooi lees, sal jy sien dat hy sê daar julle het nie die waarheid gesien nie, want julle oe is verblind deur die god van hierdie wêreld. Die waarheid is, iemand wat hipnose doen, wat eintlik okkulties is, ja toe maar. Maar in elk geval,as ek enige iemand geoordeel het dan vra ek nederig onverskoning en hoop ons sien mekaar eendag by Ons Koning Jesus.
  48. Liz
    2010/03/05 06:28:50 nm
    Lili - "Gretha Wiid is die toonbeeld van ’n moderne, modieuse vrou." In 1652?

    Gretha Wiid het verlede jaar by 'n Hoërskool waar ek prakties gedoen het, tieners HISTERIES gehad toe sy gesê het jy "vlek" jouself as jy iemand soen voor jou huwelik - dit is sonde. Sy het mense se hande vol verskillende sous gesmeer en gesê dit is hoe jou hart lyk as jy meer as een mens soen. Daar was kinders in trane na onderwysers toe wat gesê het "Juffrou, ek is nie meer goed genoeg om 'n Christen te wees nie. Ek het dan al drie ouens gesoen."

    Is dit REGTIG wat ons ons kinders wil leer?! Dat God 'n verkrampte ou man met 'n baard is wat wil hê ons moet NET een mens soen en vervelige seks hê vir altyd?

    Waar in die Bybel staan daar dat God enige sulke reëls oor seks opgestel het? Ek sal eerder volgens die Woord leef as volgens wat iemand wat miskien glo wat sy self verkondig vir my sê.
  49. Foeitog @ Gerrit
    2010/03/05 01:08:07 nm
    Gerrit, Jy praat NONSENS ! ! !
    Hoekom moet predikante dan baie jare lank swot as ons nie kwalifikasies nodig het nie ?
    As jy 'n hartoperasie moet ondergaan, hoekom gaan jy na 'n spesialis en nie maar na iemand "wat 'n verhouding met God het" nie.
    God het aan mense verstand gegee en die mag om hul kennis te verbeter.
    Ek sal 100 maal eerder na Elmarie Craig luister ! ! ! Sy is 'n Christen EN gekwalifiseer om raad, hulp en riglyne oor hierdie onderwerp te verskaf ! ! !
    Wie gee jou die reg om ander te oordeel ? ? Jou kommentaar aan Prof. Hennie Stander laat my wonder oor jou eie Christenskap.
    Ek bid dat die skille (soos Saulus s'n, voordat hy Paulus geword het) van jou oë sal afval en dat God jou jou oordeel sal vergewe voor jy huistoe gaan.
  50. tony
    2010/03/05 01:04:30 nm
    Ek wil steeds weet, wat sou Gretha gedoen het as sy nie 'n man gekry het nie - siende die dat sy so verlaaf aan seks blyk te wees?
    En haar argument tov masturbasie is "dit is seks soos God dit nie bedoel het nie"? maar dan kan mens ook sê dat die gebruik van voorbehoedmiddels en sterilisasie nie saamgaan met seks soos wat God dit bedoel het nie.
  51. Andre
    2010/03/04 09:13:47 nm
    Gretha Wild was obviously nog nooit buite haar konserwatiewe paradigma nie. Sy behoort haarself te skaam dat sy so uitgesproke kan wees oor seks. Eintlik behoort mense wat na haar luister hulp soek iewers anders.
    Dis die malste artikel wat ek in jare gelees het, ek is sommer in ´n goeie bui, baie dankie Huis Genoot :)
  52. Monica
    2010/03/04 12:37:19 nm
    Ja nee, dis van stywe rug le in die bed wat haar man rond begin kyk het en gekry het wat hom prikkel. Asseblief...Sien die 2 nie wat in die werled aangaan nie? Elke 2de huwelik ends up in divorce, en dis gewoonlik oor 'n 3de persoon. Dan is daar mos net een rede, SEX is die probleem?
    Dan soek jy wat jy wil he!
    My raad aan almal jonk, wat nog moet trou, SLAAP SAAM! dis soos 'n kar wat jy koop en nie toets bestuur nie! Jy kan nie, wat as jy teleurgestel is na die tyd oor die performance?
    Kyk bietjie na die statistieke, daar is vrouens wat al 25+ getroud is, en nog nooit 'n orgasme gehad het nie! OVER MY DEAD BODY sit ek met so 'n ou nie!
    SKRIK WAKKER! Daar is iets soos safe sex voor die huwelik.
    Anyways, once you are married, you keep your partner happy in all ways possible, acceptable for both parties ofcourse.......of wil jy he jou man moet rondloop?
  53. Martie
    2010/03/04 12:30:27 nm
    Ek is n gelukkige getroude vrou wat al 26jr lank net een man ken, en dis my eie. Ons het twee dogters wat met goeie waardes groot geword het, en hulle is ook altwee gelukkig gertoud met morele standaarde ek glo elke mens wat die Heilige Gees in hom het, en wat werklik na Sy stem luister sal weet wat is reg en wat is verkeerd dit is maar my siening nog altyd gewees en dit werk vir ons. Mense verskil en opinies verskil dit maak nie van die een mens n beter of slegter mens nie, maar as jy luister na die stem van God, sal jy weet................
  54. werner
    2010/03/04 12:03:42 nm
    klink vir my soos `n zuma storie die.don`t do as i do ,so as i say!wie weet wat gretha agter toe deure aavang? ek sal sowieso die bybel vir myself interpreteer ek het haar nie nodig om dit vir my te doen nie.ek wet in elkgeval nie wie haar op die verhogie geplaas het nie?
  55. Lee
    2010/03/04 12:01:15 nm
    My lewensmaat is veel ouer as ek en as ek nie met myself speel nie, sal ek rondloop. My lovely glitter pink vibrator maak dit net soveel prettiger.
    Ek dink God het veel meer belangriker goed om Hom aan te steur, as aan my skadelose masturbasie.

  56. Kobus
    2010/03/04 12:00:17
    Ek dink wat sy voorskryf, is fisiologies onmoontlik vir mans en vroue. Is daar dalk 'n ander manier om van die natuurlike drange ontslae te raak? Klink vir my 'n bietjie van 'n eng redenasie.
  57. Gerrit
    2010/03/03 07:52:00 nm
    Ek kan nie glo dat Elmari Craig sê dat Gretha Wiid het nie die kwalifikasies nie, as jy 'n verhouding met die Lewende God het wat die CEO van die heelal is, dan het jy nie kwalifikasies nodig nie. Paulus sê nie verniet dat, weet jy nie dat jy een gees is met God nie. Hoe kan God se gees saam met jou wees, of goedkeur, as jy presies doen wat Hy nie wil he jy moet doen nie. Seks buite die huwelik is sonde, die huwelik is deur God ingestel, ongehoorsaamheid teen oor God is rebellie, en rebellie is gelykstaande aan heksery. Gretha, solank as wat jy die waarheid preek gaan jy teestand kry, ek bid vir jou en die tyd is amper verby, ons gaan een van die dae huis toe. Jy is 'n warrior vir God. Doen so voort. En Prof. Hennie Stander, met al jou kwalifikasies, jy het duidelik nog nie tot bekering gekom nie, weet jy ooit hoe God se stem klink?
  58. Louis
    2010/03/03 05:43:00 nm
    Ja nee, niks so gevaarlik en voorbeeldig as 'n wedergeborene nie. Retha jy hoef ons nie te oortuig nie, jy het vir jou 'n toyboy gekry om mee te speel. Ek sal eerder mt myself speel as wat ek gefrustreerd sit en wag. En ek dink Rheta het die gaping goed raakgesien met haar marketing machine onder die verkrompe "sal jy my darem nog respekteer" afrikaanse girls. Sy is d Julius Malema van seks....
  59. Belinda
    2010/03/03 05:08:52 nm
    As ek na al die mense se kommentaar kyk besef ek opnuut hoekom dit so sleg gaan met die mensdom! In die bybel se dae is vrouens gestenig omdat hulle sex voor diehuweluk gehad het. Wie is ons om daardie reels sommer so te verander soos dit ons pas.
  60. Bekommerd
    2010/03/03 03:37:11 nm
    Ek is net effe bekommerd oor alles wat hier gesê is oor die waarheid van die Bybel en dat ons net die waarheid moet navolg - Die waarheid is ook dat die 10 Gebooie geldig is tot die wederkoms - en dat die stellings wat mense maak dat die 10 Gebooie vasgenael was aan die kruis onwaar is -Selfs tot in die laaste boek van die Bybel sê God vir ons die wat SY gebooie bewaar sal die koninkryk ingaan ? Maar hoekom gooi almal die 4de gebod weg ? Dis tog die enigste gebod wat God gesê het ONTHOU om die Sabbatdag heilig te hou ?
  61. Ida
    2010/03/03 01:52:01 nm
    Gretha,

    "As jy op die duiwel se tone trap spring hy rond."
    Mooi so Gretha - Die Here sal jou beloning groot maak
    hou so aan. En dankie vir die ruglyning.
  62. Stef
    2010/03/03 12:53:59 nm
    Snert-daar is net mooi niks fout met masturbasie nie.
  63. Lucy
    2010/03/03 11:38:35
    Ek is so dankbaar dat God mense soos Oom Angus en Greta gebruik om die waarheid volgens Sy Woord te verkondig, want die wat Hy gekies het, preek net oor tiendes en die samekomste.
    Oom Angus en Greta loop n' bende (die wat glo aan seks toys, - voor die huwelik en wat hipnose toepas en dooies oproep) storm met God, soos Dawid. Hulle is nie gesteld op mense se opinies nie, net God sin.
    Mense die duiwel loop rond soos n' brullende leeu om ons te vernietig, en hy begin met ons gesinne, en buiten vir drank / drugs, is daar kinder pornografie, "gang rapes" veral in skole. Kinders mag mastubeer, en later is dit nie meer genoeg nie, hulle soek meer en dan...sit ons met HIV/Aids, ongewenste swangerskappe. En wie kry skuld, by wie word gekla en gehuil, by God (omdat hulle glo hulle word gestraf of getoets) Dankie Gretha vir jou gehoorsaamheid, want glo my as ek van jou gehoor het 3 jaar terug, glo ek sou ek nie n' buite muurse aktiwiteit gehad het nie, dank God, want soos julle het Hy ook n' week voor ons egskeiding, ons huwelik van, (toe) 17 jaar gered. Ons gaan elke dag van krag tot krag in lyn met God se woord.
    Elmari Craig waarom doen jy nie eerder iets met die kinderpornografie syfer wat in jou provinsie so hoog is nie, of is dit ook reg?
  64. Ralene
    2010/03/03 08:53:48
    Ai...... Die oorweldigende reaksie beteken net een ding: You've touched a nerve Gretha..... Hou so aan. God se Woord is ewig en waar en skep LEWE! Die wat nie saamstem nie: Bly stil, daar is baie wat hierdie boodskap nodig het, dis obvious (nog) nie vir jou bedoel nie....
  65. Firefairy
    2010/03/03 01:07:14
    Ek lees al die kommentaar en wonder oor die vrou en haar bediening. Soos menigte hierbo vra "wat van peuters en kleuters"? Gaan hulle dan nou dieselfde straf as ons tieners en grootmense ontvang oor hulle masturbeer?? Soms maak dinge wat sy kwytraak sin maar ander kere weer nie. Lees gerus Hoogliedere van Salamo. Volgens my moet mens maar alles in konteks lees selfs die Bybel ook. Ek hang geen waglike pornografie ens aan nie. Stem saam luister, gebruik wat goed is. Die bybel leer self vir ons ondersoek alles MAAR behou die goeie. Jy en jy alleen is verantwoordelik vir jou saligheid en wie kan verkeerd gaan as jy daaroor gebid het. En ja jy kan met die Here praat terwyl jy seks het. Jy kan hom loof en eer dat jy 'n kosbare man het en dat Hy julle een gemaak het toe julle aan mekaar trou beloof het. Dis jammer dat mense soms as hulle 'n moeilike tyd deurgegaan oorboord gaan met dieselfde ding. Dis al asof hulle dit nie kan verwerk nie en pal daaroor moet praat. Ek oordeel nie, maar lees fyn tussen die lyne. Wat vir een mens goed is, is nie noodwendig goed vir die volgende een nie.

    firefairy
  66. Angie
    2010/03/02 09:31:28 nm
    "net as jy met die gees vervul is sal jy verstaan..." ???????? God se leiding aan my het verskil van Gretha ... Ek wonder nou maar net of God dubbel boodskappe het en of die lyne gekruis het. Ek laat die oordeel aan God oor dankie! Gretha, jy moet dit dalk ook oorweeg.
  67. Retha
    2010/03/02 04:42:54 nm
    Ek skud my kop vir mense se kommentaar. Gretha Widd is 'n vrou wat weet waarvan sy praat. As jy die Heilige Gees in jou het, sal jy verseker verstaan, maar soos hulle se, lee kraan bly asb tog toe..
  68. Flaffie
    2010/03/01 06:23:21 nm
    Masturbasie is ons calvinistiese reg.
  69. marie
    2010/03/01 01:56:54 nm
    Gretha, moet jou nie steur aan hierdie mense nie. Jys 'n wonderlike mens en ek se dankie vir dit wat jy vir tieners en huwelike beteken. Dis altyd snaaks dat mense wat jou nie ken nie - die simpelste goed kan kwyt raak en defnitief nie die Here ken nie en in die wereld is. die van julle wat haar nie ken nie, gaan doen jouself 'n guns en gaan woon 'n praatjie van haar by. Nie een van julle wat 'n mond vol het van haar het die "guts" wat daardie vrou het nie. Dankie GRETHA hou so aan!
    My tiener dogter verstaan die dinge van sex sommer baie beter en Gretha het die manier om met tiensers te praat wat NIEMAND ander kan nie. Dankie
  70. Lillith
    2010/03/01 11:39:34
    Nee wat, sy is geen "expert" nie. Eerder iemand wat 'n gaping gesien en gevat het in die bekrompe mark genaamd die Afrikanervrou-psige.
  71. Ernie
    2010/02/27 09:47:37 nm
    Wow... ek gaan nie eens probeer redeneer hieroor nie. Ek gaan dit eenvoudig
    op die proef stel en sien waar dit my neem...
    Ek dink dit is onregverdig om Gretha se teorie en teologie in twyfel te trek,
    sonder om die teenargument uit die Woord te haal... en op hierdie stadium
    het ek geen teenargumente nie. I neendeel, net baie bewyse van hoe hierdie
    dinge my lewe verwoes het. -E-

  72. 2010/02/27 01:45:25 nm
    Ja, as jy nie weet wat om te doen nie kry n handleiding! En as dit vir jou werk voel jy goed daar oor. Maar daar is ander "manuals" ook. Ek en my vrou het altwee in die NG en die Gereformeerde kerke groot geword. SEKS was taboe. Na 21 jaar se getroude lewe het ek en my vrou verskeie manuals probeer. In die begin het sy nie haar liggaam geken nie. Dit is myns insiens n verkeerde manier wat Gretha preek. Niks is beter as seks in n huwelik nie. Maar dit help as jy weet wat jou vrou soek en sy weet waaroor dit gaan want te veel huwelike het al oor seks gevou. ens ens ens. Wil julle my DVD koop........................
  73. Kietsie wat kan
    2010/02/27 10:35:08
    Wie probeer sy oortuig? Haar man wat haar verkul het?

    Dis 'n briljante geldmaakplan! DVD nogal! Sy moes dit in spykerskrif laat opteken het! Oer!
  74. Firefairy
    2010/02/26 02:14:13
    Ek lees al die kommentaar en wonder oor die vrou en haar bediening. Soos menigte
    hierbo vra "wat van peuters en kleuters"? Gaan hulle dan nou dieselfde straf as ons
    tieners en grootmense ontvang oor hulle masturbeer?? Soms maak dinge wat sy
    kwytraak sin maar ander kere weer nie. Lees gerus Hoogliedere van Salamo. Volgens
    my moet mens maar alles in konteks lees selfs die Bybel ook. Ek hang geen waglike
    pornografie ens aan nie. Stem saam luister, gebruik wat goed is. Die bybel leer self vir
    ons ondersoek alles MAAR behou die goeie. Jy en jy alleen is verantwoordelik vir jou
    saligheid en wie kan verkeerd gaan as jy daaroor gebid het. En ja jy kan met die Here
    praat terwyl jy seks het. Jy kan hom loof en eer dat jy 'n kosbare man het en dat Hy julle
    een gemaak het toe julle aan mekaar trou beloof het. Dis jammer dat mense soms as
    hulle 'n moeilike tyd deurgegaan oorboord gaan met dieselfde ding. Dis al asof hulle
    dit nie kan verwerk nie en pal daaroor moet praat. Ek oordeel nie, maar lees fyn tussen
    die lyne. Wat vir een mens goed is, is nie noodwendig goed vir die volgende een nie.
  75. Firefairy
    2010/02/26 01:43:52
    Wow, soos engeltjie inderdaad sê, haar sieninge het geen grys strook nie.
    So lees ek almal se kommentaar en wonder maar net ook wat van peuters en kleuters
    wat nog nie eens toerekeningsvatbaar is nie, gaan hulle ook onder dieselfde straf deur
    loop as tieners en grootmense. Is waar, mens moet luister en inneem maar jy hoef nie
    alles as net wit of swart te aanvaar nie.
  76. Anri
    2010/02/25 07:56:47 nm
    Gretha het vir ons seks voorligting gegee in standerdt 6. Ek word nou 21 en ek moet se, dit is die enigste praatjie van baie wat ek kan onthou en die boodskap met my saam dra. Ek het dit vreeslik geniet omdat sy op 'n gemaklike manier daaroor kon praat. Die kinders het aandagtig vir haar geluister en sy het seker gemaak dat ons verstaan wat seks is. Presies soos sy sê, "'n Gawe van God" (Huisgenoot, 25 Februarie), Ons het almal die voordele en die nadele daarvan verstaan en ook met 'n boodskap daar weg gestap wat ek tot vandag toe nog in my hart dra! Thumbs up vir Gretha. Sommige mense mag dalk met onnodige seer rondloop maar dis heel moontlik omdat hulle nie by God se woord gehou het nie (Praat nou nie van verkragting nie). Die wêreld draai om seks, kinders word op vroë ouderdomme daaraan blootgestel en ons het iemand soos Gretha nodig wat die "guts" het om daaroor te praat en ter selfde tyd God se woord te versprei!

    Dankie Gretha.
  77. tan
    2010/02/25 07:40:06 nm
    Ek ken vir greta en francois persoonlik - hulle is great, opregte mense wat regtig lief is vir die Here en vir die Waarheid. Hulle bring met boldness dinge in die Lig - iets wat broodnodig is in die Liggaam van Christus.
  78. REEL MEN FOLLOW JESUS
    2010/02/25 02:56:29 nm
    HALLO WERELD (ja ek praat met almal wat lees. Ek wil vir julle net my
    hart openbaar soos wat ek now voel. Na wie luister jy as jy hier tik en lees...?
    Na jouself..? Na jou pel of vriendin..? Na die ander emails..? Na die wereld..?
    of na die Koning (JESUS).....? Wees eerlik...en dink mooi...

    Jy sien ek volg die waarheid nadat ek TEN VOLLE bekeer is en gebruik een
    manual:DIE WOORD VAN GOD! (Die Bybel). Dit vat n tawwe pad, a lott of man
    and baie GRACEom GOD se stem en besluite waarlik te verstaan.
    My huwelik en geluk was tot onlangs gesteel deur die duiwel agv sy vermoe
    om mense na hulself, die wereld en uiteindelik na hom te laat luister. Die mense
    hier betrokke is net spreekbuise van die waarheid. Daars net een wil en dit is
    God se wil (dont ever be unsure). Die mense wat die wil steeds glo en nie toelaat
    dat die wereld se dinge en mense dit verander nie is skaars. Ek respekteer en
    eer Gretha en haar man vir die volg van God se wil. Ek bid dat julle nog meer
    lewens positief sal beinvloed en hou asb aan om Sy wil te volg.
    Blessings aan ALMAL da buite, geniet die reen, jou kinders, jou medemens
    en onthou om te lag en te vergewe!
    Groete: n Koning van sy Huis in diens van HOM!
  79. bibi
    2010/02/25 01:30:31 nm
    Levitikus - daarom het Jesus Christus vir ons gesterf sodat ons nie al die ou wette
    hoef na te volg van die OU Testament nie.
    Die tien gebooie word weer deur Jesus herhaal in die Nuwe Testament en daarom
    moet ons dit nog nakom.
    Dit wat jy genoem het is nie meer nodig na Jesus se opstanding nie . Hy het gekom
    om ons sondes weg te was.
  80. levitikus
    2010/02/25 01:12:31 nm
    So, as ons in die woord van god alleen die sogenaamde waarheid vind dan MOET ons die volgende ook doen:
    - ons dogters vir slawe verkoop (wat dink julle sal 'n goeie prys wees!)
    - mense wat owerspel stenig (soos gretha se man)
    - diere offer (soos Zuma-hulle doen)
    - glad nie op 'n Sondag werk nie (en as jy dit doen, moet jy gestraf word!)
    - meer as een vrou trou (ook soos zuma)
    - onderdanig wees aan jou man (geen vroue regte nie, selfs nie eers vir Gretha nie)

    EN so kan mens aangaan. Mense kom by!
  81. bibi
    2010/02/25 12:29:56 nm
    Madeleen, Carin, Bianca Lizle & Skaamteloos - YOU GO GIRLS!!
    Dalk moet almal net julle opinies lees. Die res werk MEKAAR op!
    In die woord van God vind jy die waarheid en alleenlik die lewende woord van God.

    *M*
  82. Ekke
    2010/02/25 09:54:10
    As 'n getroude vrou dink ek nie daar is fout met masturbasie nie. Ek is baie lief vir my man en as ons seks het, is dit wonderlik, maar dit gebeur selde omdat my man alewig moeg is en, en, en.... So as ek té frustreerd is bevredig ek myself. Ek dink nie daar is fout mee nie en dis baie beter as om rond te slaap. En dit maak die rusies minder. Daar is niks erger as 'n seksueel gefrustreerde vrou nie.So, terwyl hy lekker op die bank voor die tv lê, verlos ek myself van my frustrasies en ek geniet dit!
  83. Madeleen
    2010/02/25 09:03:05
    Ek wil net sê dat ek geweldige groot respek het vir Gretha! Natuurlik kan sy haar mening lig oor watse skade voorhuwelikse seks, pornografie en masturbasie kan aanrig in verhoudings - sy was immers in 'n huwelik gedompel waar sy die tipe dinge ervaar het en die skade wat aan haar as mens en haar huwelik gerig is, was geweldig groot! Ons almal lees te graag daaglikse artikels van mense wat iets oorgekom het en hoe hulle die situasie hanteer het – jy sou nie noodwendig dieselfde pad gevolg het as daardie mense nie, maar steeds luister jy en het respek vir verskillende menings. Nou dis presies wat Gretha doen, sy lig haar mening (wat baie geldig is aangesien sy self deur die nagevolge van verkeerde keuses geraak is) en jy kan maak daarmee wat jy wil! Die groot issue hier is dat die mense (ek is self ook skuldig) die Bybel deesdae draai soos dit hulle pas en geen kritiek teen sonde word aanvaar nie, want “dit staan mos nie so in die Bybel nie” en eintlik is dit ‘n hengse skuldgevoel wat jou laat dink dat Gretha (en soveel ander ook) se mening snert is. Ek dink gladnie Gretha veroordeel enigiemand nie, sy lig net die gevare en gevolge uit om mense te probeer waarsku teen die gevolge van jou dade en keuses!

    Dink net gou aan amper enigiets in hierdie lewe waaroor jy gekritiseer word – jou heel eerste reaksie is aanval en verdedig, want jy wil mos maar jou dade regverdig!

    Die is presies dieselfde, respekteer haar vir wie en wat sy is en vir wat sy geword het EN vir wat sy al vir duisende vroue en huwelike in SA beteken het!!!
  84. God is 1ste, jy is 2de eks 3de ;-)
    2010/02/25 08:51:52

    Die feit dat sy en Francois deur sekwestrasie, pornografie, fisiese se aanranding, verbale aanranding, owerspel, owerspel, owerspel en o'ja nog 'n owerspel was. En uit haar eie en Francois se mond slegs deur God se genade oorwinning en Goddelike geneesing gekry het. Haar boodskap is eenvoudig al hierdie goed hier bo is NIE EINDE VAN JOU HUWELIK NIE. Dit maak haar en Francois die experts.

    In ons wereld se standaard sou enige vrou haar man gelos het maar toe God die hulle huwelik vat toe genees God dit en bless dit en maak dit 'n instrument om ander vroue en mans in sulke situasies hoop te gee.
    Vergeet van gestel, hulle huwelik werk nou om dat hulle God ingebring het in hulle huwelik nie omdat hulle so oulik is nie, omdat God se genade so GREAT is.
    Bottom line : EGSKEIDING IS NIE DIE ANTWOOR NIE GOD IS MAAK NIE SAAK WAAR JY OF JOU VROU JOU BEVIND NIE.
    God se genade is vir my en my man ook !
  85. frika
    2010/02/24 11:27:07 nm
    gretha is meesal reg, maar miskien moet sy en haar man dit tog oorweeg om ook in te skryf by een van daardie seksverslawingsklinieke waar Tiger Woods is.
    Mens sou ook vir gretha kon sê dat daardie voorbehoedmiddele wat sy en haar man gebruik sonde is.
    Seks is tog immers vir voortplanting bedoel en gemaak, anders sou die hemelse Vader tog biologiese voorbehoedmiddele ingebou het
  86. Pieter
    2010/02/24 06:23:00 nm
    Maak nie eintlik saak wat ons dink of se oor hierdie goed nie. DIt gaan oor God se hart en wat Hy se! Ek stem 100% saam met Gretha en Francois. Dis net amazing as mens die opmerkings lees, oor hoe werelds ons ingestel is. God is nie meer deel van ons nie..... Op die ou end van die dag sal elke kniee buig en elke tong bely...
  87. Betty Boobs
    2010/02/24 04:34:04 nm
    Dis baie duidelik dat sy nie in seks glo voor die huwelik nie, dink ook nie sy glo aan seks na die huwelik nie.
  88. Jacky
    2010/02/24 03:51:23 nm
    Ag nee wat Carina en Lizl en al die ander dames wat so vinnig 'n gevoel van skuld by ander wat verskil van haar hoogheid, Grethe, wil skep- nie almal wat nie met die valse dame saamstem het geraamtes in die hangkas nie. Grethe haal tog te gou allerhande aanhalings vir die 'sondaars' uit die Bybel, maar die vrou blyk een belangrike gedeelte mis te lees - Jy mag nie oordeel nie! Die ergste van alles is dat sy haarself lankal die oordeel toegeeien het en dit seker nog ook sal probeer regverdig met nog 'n stukkie uit die Bybel! Toe sy in 'n vorige artikel so duidelik uitgespel het wie is welkom by haar sessies en wie nie, (en nee Grethe , ek val nie in een van die 'sondaar' groepe wat jy weier nie) het ek klaar besluit - vals profeet. Die Here is vir ALMAL, nie net vir Grethe en haar oorgretige aanhangers nie!
  89. judas
    2010/02/24 02:27:15 nm
    gretha, moet jou man nie gestening word as hy jou verneuk het nie? Dit staan mos so in die bybel dat diegene wat owerspel pleeg moet met klippe gegooi word. So, as jy volgens die letter van die bybel wil leef dan moet jy maar 'n paar klippe na hom begin gooi.
  90. Lili
    2010/02/24 02:26:45 nm
    "Gretha Wiid is die toonbeeld van ’n moderne, modieuse vrou." Op watter planeet nogal?
  91. Christa
    2010/02/24 01:59:02 nm
    Nee my magtig die vrou raak nou net te erg. ek voel dit hang van elke persoon af of hy wil doen soos sy se of nie. ekt nog geen van haar dvd's gekyk of by een van haar praatjies gaan sit nie.

    Het enigeen al ooit gewonder hoekom sy al hierdie dinge doen? gaan dit oor sensasie vir haar of wil sy net vinnig n paar rand uit ander maak?
    ek stel in elk geval nie belang in wat sy alles te se het nie, soos die vorige skrywers almal se: dis elkeen vir homself.
    ek het nie n boek of n praatjie nodig om my huwelik te red nie, maar ons vertrou mekaar een honderd perset en daar waar daar n gaping is werk ons aan ons huwelik. jy maak dit werk het nie nodig om na haar te luister na raad nie.

    shame ek kry haar eintlik jammer sy gaan maar eensaam deur die lewe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  92. Dean
    2010/02/24 09:47:44
    ek is baie lief vir Onse Hemelse Vader,maar die spreek woord haal die balk uit jou eie oog voor jy die splinter in n ander een se oog uithaal!!!!!!
    ONLY GOD CAN JUDGE ME
  93. Ontleder
    2010/02/24 09:14:15
    Die Bybel waarsku ons teen leuke predikers, dit is maar een van die tekens dat ons in die eindtyd beweeg. Elkeen is geregtig op hul eie opinie, want dit is wat die is, dit is haar opinie. Ek sal my opinie baseer op wat ek in die Bybel lees.
  94. cobus
    2010/02/23 04:54:45 nm
    @ Carina... My siel hoef nie gered te word nie - ek probeer 'n goeie mens wees en streef dit wat goed is na... Ja, soms is dit moeilik maar ek maak foute en is sondig.

    Maar ek en baie ander hier kan net eenvoudig nie hierdie vrou se snert opvreet nie. Net omdat baie van ons nie ja en amen se vir wat Gretha Wiid preek nie, beteken nie ons siele is verlore nie. Wie ookal my geskape het, het my 'n brein gegee om mee te DINK en te REDENEER. En vir my 'n siel gegee om compassionate te wees... En ek gebruik beide! Gretha en haar man is definitief nie my redders nie - en selfs as was my siel verlore is hulle die laaste mense met wie ek dit sou toevertrou het.
  95. Carina
    2010/02/23 04:30:13 nm
    Sy het omtrent 'n paar van julle se senuwee geraak! Hoekom pla dit julle so as julle dink dit wat sy se is verkeerd. Lykmy sy het julle aan die dink en julle gewetes ry julle op die stadium. Bly dan eerder stil, hou jou opinie vir jouself. Sy probeer nie skade doen nie, sy probeer siele red, ek dink haar hart is reg, gaan doen bietjie selfondersoek en vra hoekom sy julle so vuurwarm van woede het. God werk met ons elkeen op spesiale manier. Moenie klippe gooi nie!!!
  96. jc
    2010/02/23 04:10:18 nm
    So, wat se Gretha van poligamie? Die Ou Testament is mos 'n voorstander dat mans met meer as een vrou mag trou. Julle almal wat so die Bybel aanhaal om jul stelling te regverdig was waarskynlik voor in die koor om poligamie in Suid-Afrika, soos onder meer deur Pres Zuma beoefen word, te veroordeel. Verder staan daar ook in die Bybel jy mag nie oordeel nie, maar julle wat nou hierdie belaglike stellings van Gretha as Christene regeverdig was waarskynlik ook eerste om Diaan en Jody te veroordeel oor hul kind wat nie in die huwelik gebore is nie... en boonop omdat hulle 'n gemengde paartjie is - en ek twyfel of God mense oordeel oor hul kleur of ras... Veral omdat die sg. Christene hier moet weet dat almal gelyk is voor God. Onthou julle is almal nie sonder sonde nie! Maar my punt is: HOU OP SKYNHEILIG WEES.
  97. Jakes
    2010/02/23 03:13:52 nm
    Aaah, ek sien die titel van die stuk, nou maak dit baie sin. "Gretha Wiid se streng seksgebooie". God se "seksgebooie" sal baie beter verstaan word wanneer die bybel ten volle gelees word in konteks, en verkieslik in die oorspronklike geskrifte, aangsien daar baie veranderinge en foute met vertalings gemaak is.

    Lees gerus Aanslag op die Bybel
    Deur Johan Malan

    Opsomming:
    Die Nuwe Afrikaanse Bybel bevat veranderings en weglatings wat sowel uit
    die eksegetiese vertaalmetode as uit die onvolledige grondteks spruit. As
    gevolg van hierdie faktore kwalifiseer die Nuwe Vertaling nie om Die Bybel
    genoem te word nie - hoogstens 'n parafrase.
    Verdraaiings in die nuwe vertaling
    In die jare sedert die Nuwe Afrikaanse Bybel (NAB) in 1983 deur die
    Bybelgenootskap vrygestel is, het ‘n skokkende lang lys vertaalfoute,
    verdraaiings, afgewaterde stellings en weglatings aan die lig gekom. Hierdie
    foute kan gedeeltelik herlei word na die onvolledige grondteks wat gebruik is,
    en andersyds na die willekeurig eksegetiese vertalingsmetode, nl. die
    dinamies-ekwivalente metode, wat gevolg is.
    Die vertalers het hulleself die vryheid veroorloof om in terme van hul eie
    teologiese raamwerk verklarend te vertaal en in die proses die betekenisse van
    baie tekste te verander. ‘n Doelbewuste poging is ook aangewend om Ou
    Testamentiese messiaanse profesieë só te verdraai dat die leser nie moet
    agterkom dat dit op die Here Jesus dui nie.
    Indien hierdie vertaling as ‘n parafrase bemark is, sou dit minder misleidend
    gewees het. Om dit egter ten spyte van die vrysinnige vertaling, weglatings en
    subjektiewe veranderings nog steeds DIE BYBEL te noem, is om die minste te sê
    aanmatigend.
  98. Johannes
    2010/02/23 03:13:00 nm
    Wie dink hierdie vrou nogal is sy? Wat maak haar opinie nogal so gesaghebbend? Byna elke sekskenner onder die son (insluitend dr. Marlene Wasserman) verskil van haar - ook nou weer oor die kwessie van masturbasie. My liewe hemel, as jy nie self weet wat vir jou lekker voel nie, hoe moet jou lewensmaat nogal weet en hoe moet jy hom/haar help om jou lyf beter te verstaan?!

    Hierdie agterlike skaam-oor-jou eie-seksualiteit-houding staan my nie in die minste aan nie. Klink vir my na Neanderdal-seksvoorligting hierdie - hou liefs verby.
  99. Bianca
    2010/02/23 02:55:06 nm
    Ek het al baie van Gretha se dvds gekyk sy het al soveel huwelike gered en ek het haar raad gevolg en ek en my man is gelukkiger as ooit. sy sal nie dinge se wat nie volgens God se woord is nie. Gretha hou so aan. Lewe voluit vir Jesus
  100. Lizle
    2010/02/23 02:09:26 nm
    Mense voor julle die vrou aanvat en uitmekaar trek - gaan kry eers meer inligting. Wat maak haar 'n expert? Weet julle dat sy 'n gekwalifiseerde seksuoloog is. Weet julle hoe lank haar bediening bestaan en hoeveel kampe sy het en hoeveel huwelike sy al gered het? Seker nie. Want julle weet niks van haar af nie, ken nie haar hele storie nie, het nog nooit enige dvd van haar gekyk of praaitjie gaan bywoon nie en nou wil julle kritiseer. Dink daaroor. Bybel vertel ons"My volk gaan ten gronde a.g.v. 'n gebrek aan kennis. Dink sy trap net bietjie te veel op te veel mense se tone. Gretha - ek en my man het nog altyd net baatgevind by jou bediening. Ons het 'n wonderlike huwelik met julle hulp en kyk op na julle huwelik. My man het die grootste respek vir jou. God ken jou hart!
  101. vra maar net.
    2010/02/23 01:51:54 nm
    Ek wil net graag weet, waar in die Bybel staan dat masturbasie verkeerd is?
    ons weet almal dit staan `n paar plekke in die Bybel dat gays verkeerd is.
    Maar gee asb vir my die verse oor masturbasie.
  102. Leonie
    2010/02/23 01:30:27 nm
    Dit is vir my ongelooflik om te dink dat almal van ons weet wat reg en wat verkeerd is. Terwyl eintlik almal van ons wat onsself Christene noem, wonder of alles wat ons dink en doen reg is - volgens Bybelse standaarde. Seks is 'n onderwerp waaroor almal kan praat en waaroor almal 'n opinie het. Seks voor die huwelik IS verkeerd volgens die Bybel - maar nerens in die Bybel staan daar dat jy met 'n stukkie papier moet getroud wees nie - net dat jy jou voor God sal trou. GROOT verskil van wat ons glo getroud is. Die res is 'n keuse ding - solank jou verhouding met jou maker reg is - is dit niemand anders se werk om jou te beoordeel nie.
  103. Jakes
    2010/02/23 01:20:25 nm
    Kom met "bewyse". Dis maklik om te sê dit en dat, maar bewys dit uit die bybel uit. Dit is tog waarvolgens ons leef, ons gids vir die ewige lewe.
  104. pieter
    2010/02/23 12:22:44 nm
    wow hoekom is mense so fanaties? Kan julle nie net julle medemens respekteer en liefhe (soos wat jul Bybel noem) nie? Haal julle oogklappe af - hierdie vrou is obviously baie insecure oor haar huwelik omdat haar man rond geloop het - en dit het haar sielkundig skade berokken... Sy moes hom eerder gelos het, want die gevolge was dat sy hierdie radikale standpunt oor verhoudings ingeneem het, wat sy nou aan ALMAL probeer verkoop as 'n wenresep vir 'n gelukkige huwelik. Om 'n verhouding te maak werk moet daar vertroue en liefde wees...

    En om van mense te verwag om nie te masturbeer nie is lagwekkend! Hierdie Gretha vrou en haar stellings verdien nie al die aandag nie! Wat's volgende? Mans mag nie skeer nie en vrouens mag nie hul bene wax nie - want jy moet jou liggaam los soos dit geskape is?
  105. brenda
    2010/02/23 12:14:54 nm
    Ek is 'n Christen, maar ek weet ek is sondig en nie perfek nie - dis deel van menswees en hoe die Here ons geskape het. Maar ek is ook oopkop oor die lewe en glo die Bybel is net 'n riglyn - en was op sy tyd vir kerkpolitiek misbruik en gemanipuleer. Op die ou einde van die dag glo ek wel dat mens jou lewe voluit moet leef en dit wat goed is moet nastreef, terwyl jy jou naaste moet liefhe soos jouself. En jou naaste is enige persoon - ongeag hy/sy se ras, geslag of seksuele orientasie. Gretha Wiid is geregtig op haar opinie, maar ek kan nie help om te wonder oor hoekom sy sulke fanatiese standpunte moet inneem nie? Haar standpunte kom sinneloos voor en sy maak stellings wat sy weet aandag sal trek en populisties is. Dalk is haar redes suiwer, maar ek kan nie help om te wonder oor haar werklike dryfkrag nie... ek dink sy preek al hierdie goed om haar eie profiel te verhoog... Die feit dat haar man haar verneuk het, en sy hom "vergewe" het dink ek het haar so onseker oor verhoudings gemaak en dis hoekom sy so radikale siening oor seks het. Of sy glo so erg in die ou testament en is dalk net haar man se dienaar.
  106. Petra5
    2010/02/23 11:43:58
    Greta Wiid het nog nie iets kwytgeraak waarmee ek NIE saamstem nie. Ek dank God vir mense soos Greta wat nie te bang is om te sê wat in God se Woord staan nie. Gaan so voort, Greta!! Ignoreer al die negatiewe kritiek - ek is seker jy sif deur alles - en gaan voort om slegs dit te doen wat die Here op jou hart lê! Ek sal graag wil deelneem aan reëlings om jou in die Wes-Kaap te sien!!! Julle het my eposadres. Groete en veels geluk!!

    Christen-vrou en -mans het vrae op die gebied van seks en ALLES wat daarmee saamgaan - dankie dat jy nie te bang is om ook oor hierdie onderwerp te praat nie. God wil ons almal verlos op elke gebied van ons lewens - SONDER dat ons "promiscuous" daaroor raak.

    Ons moet ALMAL besluit presies watter geloof ons aanhang - God Almagtig of dit wat mense ons al die jare wysmaak. . . .vir my is daar NET EEN PAD.
  107. Cornelius
    2010/02/23 11:32:14
    Pragtig soos dit moet wees. Hou so aan die waarheid maak altyd seer die wat negatiewe aanmerkings maak is die wat skuldig is. Pasop julle gaan brand.
  108. Sanet
    2010/02/23 10:26:54
    Karoo-kind, jy is seker een van daardie liberale vroue/mans wat glo dat elke ding wat rokdra of broekdra reg is om mee omgang te he...mense soos jy moet liewer kop afgekap word.

    Gretha, uiteindelik is daar iemand wat opstaan en praat oor wat reg is. Want dit is die riglyne wat die Bybel vir ons daar stel. As jy enigsins 'n kind van God is en jy die Bybel gebruik as 'n riglyn, moet jy met haar saamstem. SONDER ENIGE "MAAR DIT OF DAT".

    Hou so aan! Verkondig dit van die dakke af, roep dit uit in die strate, sodat almal kan hoor en kan weet dat dit is wat van enige mens met enige graad van opvoeding, inhibisies en morele waardes, verwag word.
  109. Antoinette
    2010/02/23 10:21:31
    As masturbasie 'n groot sonde is sê my net gou. 'n Onskuldelike 3 of 4 jarige begin haar/sy liggaam te ontdek. Voel daar is 'n snaakse gevoel as hy/sy daar vat. Het daardie arme bloeitjie ook nou groot sonde gepleeg? Vra maar net.
  110. God se Kind
    2010/02/23 06:32:50
    Ek stem saam met van die uitlatings, seks voor die huwelik is verkeerd, ek het groen koring op die lande en soms kan ek net my mond oop maak en daar kom nie n'woord uit nie, ek weet ons het ons dogters die regte waardes en sedes asook God se Woord en Wil en Wette geleer maar ons kan hulle net sover beskerm, dan moet hulle hul eie besluite neem en daaruit leer, al wat ons nou verder kan doen is net om te bid en bid en bid. dit is oor al die onsedelikheid dat daar soveel oordraagbare siektes is, losbandigheid is aan die orde van die dag, ek het my vir my huweliksmaat gespaar, ek was n'maagd toe ek getroud is, my kinders se Pa het daardie groener weivelde gaan uit toets, tot sy spyt, ek is na baie jare weer getroud, met die wonderlikste man onder die son, ek en ons kinders se lewe is verryk deur God se genade! Dit gaan my verstand te bowe hoe mense die gay's goed praat, dit is verkeerd punt daar is nie eens iets om oor te redeneer nie, in Levitikus sê God dat ons mense die natuurlike vir die onnatuurlike gaan ruil en dat dit verkeerd is, hoe de koekies is dit vir sommige mense aanvaarbaar, ek is jammer maar dit is nie aanvaarbaar, daardie mense gaan teen God, Sy Woord en Sy Wil! Mastrubasie is seker deel van die natuur en natuurlik ook uit vrye keuse, dit is iets wat ek nie in belangstel en nogsteeds ken ek my liggaam en ek en my amazing man het een wonderlike "agter die toe deur" lewe. Maar wie is ek om te oordeel, ek oordeel nie, gelukkig is ek nie die een wat voor God moet staan en verduidelik nie, sterkte aan almal, in die deurmekaar, vreesaanjaende land van ons het ons almal God se liefde, genade en hulp dringend nodig! Prys God! Dit is tyd dat ons as God's kinders weer n'slag opkyk en vra waar sal ons hulp vandaan kom? God sal ons dra! Loof die Vader! Amen!
  111. Karoo kind
    2010/02/22 09:24:52 nm
    Greta Greta, asb! staan net vir 'n oomblik stil in jou nuutgevonde wonderwereld waar als blink...hoor asb wat jy se!!!!!!!!
    Kan iemand haar asb keer voor sy nog gekhede kwytraak...is hier nie ;n wet teen die tipe van gekspraak nie??
  112. Henry
    2010/02/22 04:53:34 nm
    Gretha jy is 'n kind van die HERE en ek hoop jy steur jou nie aan die klomp se bog nie, die HERE het jou geroep om die mense se verwronge idees reg te stel. Jy is op die regte pad en mag GOD jou ryklik seen soos HY alreeds besig is om te doen. Baie sterkte met jou bedienning en onthou in die Bybel word gepraat van die saad wat op die pad val, wat die voels eet. Die saad wat op die voorbereide grond val dra 100 voudig, jy saai net die saad die wat dit nie wil vat nie sal nie vrugte dra nie!!!!!!!!!!!! Ek hoop die wat jou so sleg se se oe gaan oop voor dit te laat is want die hel is hulle voorland
  113. Machel
    2010/02/22 03:28:31 nm
    Ai mense, gee jou opinie sonder om mense af te kraak en sleg te se en aan te val. Bly uit mense se karakters uit.
  114. Estelle
    2010/02/22 03:27:02 nm
    Daar is baie dinge wat julle se waarmee ek nie saam stem. Ek het ook al na een van haar praatjies geluister en het baie sin gemaak vir my. SKAAMTELOOS: Ek stem 100% saam om "gay" te wees is verkeerd en ek self is nog 'n jong mens, maar het al baie in die Bybel gelees dat die mense gesteenig is. Ons dominee het al baie gese dat die mense die Bybel wil verander om by hulle daagliks lewe te pas, die mense wil nie meer volgens die wette van God lewe nie, tensy dit hulle pas. Gretha se praatjies is vir almal maar wat jy daarmee maak is jou saak, die afrikaaners is geneig om lelike kommentaar te lewer gewoonlik die mense wat aan die verkeerde kant is!!!!!
  115. Elize
    2010/02/22 03:25:30 nm
    Nou het ek alles gehoor! Met respek gese: Gretha leef in 'n gekkeparadys. Ek dink sy is totaal uit voeling met die realiteite van die lewe! Ek is ook 'n Christen maar dit gaan my verstand te bowe hoe Christene mekaar weerspreek met hul opvattings, oortuigings & interpretasie van die Bybel. “God het nie bedoel dat jy jou eie lyf moet ontdek nie.: Hierdie stelling laat my koud en weerspieel Gretha se selfgemaakte, ge-isoleerde (eintlik belaglike) oortuigings.

    Ek vertrou Gretha verkondig haar oortuigings uit Liefde, maar glo my, sy veroorsaak baie negatiewe reaksie. Ek beskou haar uitlatings as ONVERANTWOORDELIK en geweldig naief! Gretha doen jouself 'n guns en doen beter navorsing oor wat in derduisende (mooi & gesonde) verhoudings en huwelike aan die orde van die dag is. Wat jy eintlik vir my se is dat ek en al my vriende (eintlik maar die "volk") die pad byster is en gedoem is. 99%+ van die wereldbevolking se seuns (seker meisies ook) mastuurbeer tydens puberteit..... waar val jy uit?

    In my 46 jaar was ek nog nooit so stomgeslaan oor die naiewiteit van 'n openbare opinie nie! "Back to the drawing board" Gretha, doen beter navorsing!
  116. Lize
    2010/02/22 03:15:19 nm
    Gretha, wie gee jou die reg om vir mense te vertel wat hulle met hulle liggame mag aanvang / doen / ontdek, watookal. Hou op om jouself so vreeslik heilig te hou. Iemand het eendag gesê dat as 'n man rondloop, is daar fout met sy vrou. Nou ja, dit laat my nou maar net wonder. Gaan sommer net weg!! Jou raad is eensydig. Plaas dat jy jou energie gebruik om belangriker dinge soos armoede, Vigs ens., Nou maak jy ook maar geld uit "seks".
  117. Samui Sunshine
    2010/02/22 02:46:10 nm
    "Die Bybel se....."....Die Bybel se niks...daar is geskryf en mense vat dit en hulle gebruik dit dan volgens hulle interpretasie....Volgens my beskeie opinie is elkeen van ons toegerus met die vermoe om keuses te maak...watter keuses jy ookal maak.......dit is waarvoor JY gaan verantwoording doen...ek kan my net indink hoe dit sal klink as ons op daardie dag moet kom...Hy het gese...sy het gese....die Bybel het gese.....MAAR wie het gedoen? Het die tyd nie aangebreek dat mense vir hulself begin dink en keuses maak....As jy iets doen en die Here is nie welkom nie.....dan oefen jy die keuse uit om dit te doen...

    Wie is ons om te mag besluit wat is reg en verkeerd in die oe van die Here? Elkeen moet sy eie saak uitmaak .....ons mense is dwalend en gryp enige profesie aan net omdat hulle te bang is om na hulle self te luister en keuses te maak....As ons vir 'n slag regtig hand in eie boesem steek en besef daar is nie groot en klein sondes nie. Sonde is sonde as dit verkeerd is in die Here se oe, maar dit is 'n saak tussen Hom en elkeen van ons....

    Hoe verklaar jy.....die man het 'n buite egtelike verhouding gehad....maar dit is nou oor en verby, maar dit en dat is verkeerd...? Daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie en dinge wil regpraat.....As dinge vir haar werk....is dit haar saak....maar die verhouding tussen my en my Here laat my toe om keuses te maak met Hom aan my sy....nie doemprofete wat vooruit loop en Wolf Wolf skree nie....

    Kies jy maar......
  118. Charmain
    2010/02/22 02:30:27 nm
    Ek dink sy is reg, seks voor die huwelik is verkeerd. Dis veronderstel om pragtig te wees, soos God dit bedoel het. Kyk hoe het vervalle waardes dit lelik gemaak en als omgekeer.
  119. Gayisbog
    2010/02/22 02:29:05 nm
    gmph lekker onderwerp dié om oor te redekabel. IN die eerste plek kan niemand van ons met sekerheid so 'n sensitiewe sakie aanvat nie. Al wat ek kan sê is dat daar wel op 9 plekke in die BYBEL se dat homoseksualiteit UIT is en 'n verskriklike ding in God se oë. Dit staan in die OU en NUWE testament. Ek het oorweeg om gay te word na 'n helse bad romance met my eks man. Die bybel het egter al die plekke getoon wat se dat God dit NIE AANVAAR NIE> ek sal die tekse aanhaal. Dis net dat GOD nie nou ewe skielik omdat ons in die 21ste eeu leef by ONS standaarde aanpas nie. Wa de dinges val julle uit??
  120. yvette
    2010/02/22 01:57:34 nm
    Julle mense wat nou vir Gretha so uithaal.. Kyk hoe judge julle mense.. sies kry julle nie skaam nie. Almal het julle eie opinie. Gretha is net open minded en sy dink buite die boks. Dalk se God vir haar hoe om goed te se vir ander mense.. Sy se snaakse goed, wat genuine sin maak. Ek was al by n toespraak van haar, en ek het dit geniet. Ja almal maak foute, sy en haar man ook.. maar ons almal is sondaars. Sy gee net goeie rigklynet raad vir die huwelik, so use it dont use it. As julle nie haar goed like nie, moenie dit lees nie. Ek is mal oor haar.. tot my seuns vriende het n eye opener oor haar eva se lyf dvd gekry... julle hoef nie haar riglyne te volg vir n goeie huwelik nie, Vertrou op God.. Hy weet wat reg is vir jou en jou Man
  121. SIES!!!!!
    2010/02/22 01:51:56 nm
    Sjoe....dit bevestig nou net weer vir my waarom ek verkies om nie 'n christen te wees nie. Julle is so vinnig om vinger te wys (letterlik) en ander te beoordeel, maar hoe sê hulle...vee eers voor jou eie deur............!!!! Jule behoort julle te skaam oor wat julle kwyt raak oor mense.....veral gays!!!!!! Hulle het net soveel reg om te lewe soos julle sogenaamde straight mense.....stigmas en labels maak my siek!
  122. Vee
    2010/02/22 01:28:08 nm
    Geen wonder haar man het rongeloop nie! Ek stem saam dat seks binnie die huwelik hoort, maar om saam met jou man te "speel" is nie verkeerd nie. Pornografie is vir my persoonlik uit maar as dit vir party mense werk doen dit dan solank jy en jou man net mekaar geniet!
  123. Kotie Troskie
    2010/02/22 01:06:41 nm
    Gretha ek het ook al na jou geluister en wil net vir jou sê ek haal my hoed vir jou af want dit is mense soos jy wat nie skroom om sonde by die naam te noem nie wat dit vir mense wat onkundig is in perspektief te bring, daar is soveel dinge wat vir die mens reg lyk en klink maar vir God 'n gruwel is. Mag die Here jou en jou bediening seën en jou nog kragtig gebruik.
  124. Rachelle Potgieter
    2010/02/22 12:44:29 nm
    Dis 10 teen een Ag Shame omdat daar nie 8 duim is nie! Ek is jammer Gretha, maar jy is definitief nie deel van die 21ste eeu nie! Nog net een vragie, hoeveel kinders het jy groot gemaak? Dit verander jou insig (en uitsig) op seks 100%! Sal jy jou kind veroordeel as sy jou kom vertel sy het seks gehad buite die huwelik? En, wat sal jy vir jou kind wat swanger geraak het buite die eg, se??
  125. Ekke
    2010/02/22 12:33:50 nm
    Die bybel se daar sal in die laaste dae baie valse profete wees
  126. lollies
    2010/02/22 12:31:22 nm
    Ek's nie getroud nie en bly by my geliefdie, tans werk ek ini dorp so sien hom net naweke, ons het 'n wonderlike sex lewe!!Dit bring ons nader aan mekaar en eks lief vir hom en dis al wat saak maak!!!!!

    Elke mens se opieni verskil, so mense moet dit in ag neem, een mens sal nooit 'n ander mens se siening daaroor kan verander nie!!!!
  127. lizette
    2010/02/22 12:15:15 nm
    Ek was 15 jaar getroud en het geen plesier gekry uit ons sekslewe nie. My man was in
    self in die bediening, en verslaaf aan pornografie. Ek is geskei,
    en omdat ek nie wou rondslaap nie het ek myself ondek
    en is nou weer getroud en het die wonderlikste seks, net omdat ek my liggaam nou better
    ken. Elke mens moet self voor God gaan staan.
  128. LizaS
    2010/02/22 12:03:03 nm
    Ek skaam my vir iemand soos "Skaamteloos" en Gretha Wiid. Ek wil net vir "Skaamteloos" vra om asseblief bietjie self-ondersoek te doen. Hoe durf jy so oordeel oor ander en gay mense - jy noem jouself 'n Christen. Ek is die Christen ma van 'n gay seun, en het hom ongelooflik lief. Hy is deur soveel pyn as gevolg van mense soos jy! Hy het nie gevra om gay te wees nie, en op 'n stadium van sy lewe het hy so hard probeer om straight te wees. Maar hy het vrede gemaak met wie en wat hy is! En weet jy wat, ek sal hom nie anders wou gehad het nie! Hy's 'n wonderlike mens en vandag gelukkig met homself met soveel liefde in hom! Weet jy wat, "Skaamteloos", ek sal vir jou bid... Ek sal bid dat jy die lig sien... Ek sal bid dat jy meer compassion vir jou mede-mens wys...
    Ek dink ook Gretha Wiid doen meer goed as kwaad met haar stellings. Maar dalk soek sy net aandag - want sy kry dit.
  129. RR
    2010/02/22 11:51:08
    @Skaamteloos... Sjoe sjoe sjoe! kan nie glo iemand lewe met sulke oogklappe en narrowminded-opinies nie. Praat jy met die Here terwyl jy seks het? het jy nog NOOIT in jou lewe gemasturbeer nie? Sal jy eerder 'n gay persoon wil sien hang??En dalk moet jy maar dan eerder Uganda toe trek as jy so teen die gays is!

    Kom by! Maar as jy soos jou lewe volgens die ou-testament wil beoefen dan is dit jou keuse...
  130. Skaamteloos
    2010/02/22 11:32:56
    Jong julle klomp is 'n regte klomp . . . . . . ag whatever. Doen my net 'n guns as masturbasie ni sonde is ni - fine, as jy dit di volgende keer doen PROBEER bid en met di Here praat en jy sal agterkom jy kan ni en as di Here ni welkom is ni DAN IS DIT SONDE dieselfde met pornografie nooi die Here om di volgende "movie" saam met jou te kyk as dit ni sonde is ni. Ons sal sien hoe voel julle "know it alls" dan ! ! ! !

    Ek se VIVA Uganda gays is verkeerd en sal altyd verkeerd bly dit is hoekom ADEM & Eva daar was en ni adem & stefan ni.

    Get a life - it's free and it comes from GOD.
  131. Ilze
    2010/02/22 11:14:41
    Dis vrouens soos sy wat ons ander vrouens terug sal sit in die middel eeue met geen gees, regte of voorregte nie.
  132. Cynthia
    2010/02/22 09:33:39
    As sy so ekspert is hoekom het haar man dan rondgeloop, Hierdie afgelope twee weke is ek heeltemal ontnugter deur "Christene", ek is nou meer onseker oor die Here as voorheen.
  133. Edith
    2010/02/22 09:14:42
    Ek dink die Gretha tannie stuur die verkeerde boodskap. Ek en my kerel bly saam en is nie getroud, MAAR ons wil en gaan eendag trou as ons geld het. Nou vra ek jou Gretha. ek en my kerel is verbind (commited ) aan mekaar, en is so goed soos getroud, ons het net nie die geld om dit amptelik te maak nie, is dit dan nog steeds sonde! Ek dink nie so
  134. Leigh
    2010/02/22 08:42:54
    ek is twee jaar getroud en het wonderlike seks gehad met my kêrel wat nou my man is. Ek dink nie dit is of was sonde nie want ons het mekaar baie lief. kry jou feite reg Gretha
  135. jaycee
    2010/02/21 07:57:41 nm
    Gretha, of ek saamstem of nie met dit wat jy hier se, is nie belangrik nie. Maar dit is jy wat hierdie dinge se, wat die werklike motivering ook al daarvoor mag wees. Doen wat jy dink is reg maar in jou agterkop moet jy net onthou jy moenie met dinge kom wat kan meehelp dat ander Christene in hul geloof struikel nie.
  136. stella
    2010/02/21 03:21:10 nm
    Almal weet die Bybel sé seks voor die huwelik is verkeerd..stem saam,ja, maar masturbasie?? Mevrou weet alles, weet jy dan nie dat selfs klein kindertjies van 3 en 4 jaar ook masturbeer nie?? Hulle ontdek ook hul liggame. Is hulle dan sondig?
  137. Trish
    2010/02/21 10:34:43
    Hoera vir jou Gretha, ek dink jy het moed om jou se te se. Ek is seker God glimlag vir jou. .Wys jou net hoeveel mense dink hulle is Christene as hulle elke Sondag in die kerk gaan sit. Al sit ek my hele lewe in die motorhuis, maak dit my nog nie 'n kar nie. Gaan maar terug en bestudeer die wette van God in die Bybel en word wys. Ongelukkig kom wysheid soms eers met die grysheid...... en soms te laat!
  138. Welma Immelman
    2010/02/20 05:04:17 nm
    Die vrou is nie lekker nie.
  139. Zoe
    2010/02/19 06:48:12 nm
    Die girl is besig om godsdiens vir eie gewin te gebruik.
    Populistiese en Pop godsdiens met 'n knertsie fundamentalisme
    Ons sien dit by Buchan, Ray ens. Dit verkoop - en mense skryf daaroor.
    Wys net hoe "insecure" mense is en werklik hoe vlak hulle godsdiens is.
    In SA is daar soveel ander werklike issues - kinders wat in haglike omstandighede
    grootword met ouers wat aan Vigs gesterf het ens ens ens. Maar dis nie goed om
    daaroor te praat nie, of om mense te probeer mobiliseer nie. Dit vereis te veel inspanning en bring nie geld in nie.
    Nee wat. Vlak verby.
  140. My mening
    2010/02/19 04:43:34 nm
    Sy maak baie sin.
  141. Reenboog
    2010/02/19 04:42:29 nm
    Sjoe! As sy so oor straight mense voel wil ek nie eers weet wat hierdie tannie oor die gays kwyt raak nie! As sy kan sal sy seker Uganda se anti-gay wette hier wil toepas en my na die galg stuur. hahaha
  142. Mel
    2010/02/19 04:32:52 nm
    Ek wonder wat sal Mev Wiid te se he oor my buite-egtelike seuntjie? Of die feit dat ek dit alles sou oordoen en hom weeer sou he as ek kon teruggaan in tyd?

    Ja seks voor die huwelik is verkeerd, maar masturbasie? En waar is die bewyse vir jou redenasie?

    Nee wat, as ek voorheen gedink het jy is vol twak, weet ek dit nou.

  143. Christine
    2010/02/19 04:13:35 nm
    Ek dink haar raad maak sin. Intimiteit moet spesiaal wees en is bedoel vir die huwelik. Mense wat dit goedkoop maak se verhouding gaan net een pad loop.
  144. Lisa
    2010/02/19 04:08:29 nm
    Is sy God? Nee.
    Sy mag nie veroordeel en sê wat is reg en wat is verkeerd nie.
  145. mia
    2010/02/19 03:00:26 nm
    Ag dankie Gretha, jy sorg weer vir top-vermaak! Het lekker vir jou gelag! Jy is vir my te koddig! Om van die kabouter met wie jy getroud is nie eens te praat nie!
  146. Engeltjie
    2010/02/19 02:17:00 nm
    Ek is 'n Christen en al 12 jaar gelukkig getroud. Ek glo God het seks geskep vir 2 mense om binne die huwelik te geniet.

    Masturbasie is egter 'n normale deel van seksuele ontwikkeling en ons moet nie ons kinders grootmaak met wanpersepsies oor seks en dat dit vuil of sonde is nie. Dit veroorsaak skuldgevoelens en latere probleme. Hierdie skuldgevoelens kom van die duiwel af.

    Seks is heilig, maar ek glo enige iets is toelaatbaar in die huwelik solank dit albei die 2 partye se goedkeuring wegdra.

    Daar is myns insiens nie 'n regte of verkeerde manier om intimiteit te skep solank dit tussen 2 getroude mense geskied nie. Seksspeelgoed en masturbasie word gebruik as hulpmiddels en nie "plaasvervangers" vir intimiteit nie. Miskien haar siening dalk net te wit en swart.

    God wil he as huweliksmaats moet ons seksueel gelukkig wees.

    Ek oordeel haar dus nie, maar stem nie 100 % saam nie.
  147. Belinda
    2010/02/19 12:44:11 nm
    Elkeen het seker die reg op sy eie opinie, maar julle almal wat Gretha aanvat en se sy is verkeerd is nie noodwendig reg nie. Dis darem nie nodig om so negatief oor iemand te raak wat net mense probeer help nie.
  148. melanie
    2010/02/19 11:51:13
    sy is 'n inspirasie en 'n vrou van wyse woorde.
  149. Jazz
    2010/02/19 11:44:01
    Gretha, jy's great! Dankie vir die insig wat jy met ons deel. Jou video oor Eva se lyf het vir my werelde oopgemaak. Seen vir jou, jou werk en jou gesin.
  150. peet
    2010/02/19 11:08:25
    Het sy en haar man elkeen vir die eerste keer in hul huwelik gemasturbeer? Ek glo dit nie.
  151. Gelukkig getroud
    2010/02/19 10:50:31
    Ek is gelukkig getroud nog met selfde man al vir 8 jaar. Ons het seksspeelgoed en ek het op 17 vir eerste keer gemasturbeer. My lewe is regtig wonderlik en baie lief vir my man. Ek gaan ook kerk toe meeste Sondae. So wat ek eintlik se ek is gebalanseerd, maar is darem nie 'n non nie, terwyl ek ook 'n Christen is.
  152. megan
    2010/02/19 10:49:29
    Haar man lyk vir my creepy...jammer, daai juweliersware en hare is net over the top....c r e e p y

    hmmmm...en dink 'n bietjie......masturbasie voor die huwelik is uit, jou man moet jou ontdek...maar sy was nie goed genoeg vir haa rman nie en het hom nie geprikkel nie, toe gaan soek hy ander weivelde.....na iemand wat wel weet wat haar prikkel en wat sy in die bed wil he? Dalk sou dit Mev Wiid gehelp het as sy met bietjie "selfkennis" haar eie huwelik betree het....

    Ek stem 100% saam met DD, Shade, JvZ.

    Sy is 'n opperste kommin sensasiesoeker en die tipe wat onder Christenskap ander van die pad af help en hul letsels gee waarmee hul vir jare gaan struggle.

  153. JvZ
    2010/02/19 10:23:14
    Ons almal weet dat voorhuwelikse seks sonde is. So dis niks nuuts wat sy se nie. Maar die ander goed soos oor masturbasie dink ek noem sy net om omstrede te wees en aandag te trek. Want as sy golwe maak en sulke goed se sal mense luister. So verhoog sy net haar profiel en hoe meer mense na haar luister en haar volg hoe magtiger raak so persoon. My dominee sal ook vir my se om te wag tot ek getroud is voor ek seks het. Wat maak haar dus anders? Net al die omstrede goed wat sy kwyt raak.
  154. riana
    2010/02/19 10:18:48
    Klink na snert.
  155. DD
    2010/02/19 10:18:19
    Ja wat weet hierdie vrou eintlik. Klink of sy haar orgasme kry deur vir ander te preek.
  156. Shade
    2010/02/19 09:25:44
    ek wil net graag weet WAT maak haar so 'n EKSPERT? Ek kritiseer haar nie, ek gun haar die sukses ... ek gun haar die geld wat sy met haar seminare maak alles . .maar WAT as sy verkeerd is? Wat as sy mense onder die verkeerde indruk bring? Wat as mense nie dieselfde resultate as sy kry nie? Hoe weet sy wat God vir ander mense wil he? Gestel haar huwelik sou nou nie uitwerk nie .. hoe het sy al haar WAARHEDE dan daarop gebaseer? Dit gaan 'n skok vir baie mense wees . en haar ongeloofwaardig maak.

    Dis elkeen vir homself .. luister na haar .. gebruik wat goed is maar WEET elke persoon word op eie meriete beoordeel en elkeen hanteer dinge verskillend.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities