Gretha Wiid reageer op julle kommentaar

Gretha Wiid
Gretha Wiid

Huisgenoot gee nou vir Gretha 'n kans om te reageer op al die kommentaar op ons artikel, Gretha Wiid se streng seksgebooie.

Hallo julle almal, Gretha Wiid hier.

Gedink ek wil ‘n paar dinge in perspektief stel.  In die eerste plek dink ek dis belangrik om te verstaan dat geen artikel ooit enige iemand se persepsies en oortuigings volledig kan weerspieël nie. 

En om iemand se hart net ten dele te hoor of te ken, beteken dat jy met ‘n halwe prentjie sit oor iemand. 

Joernalistiek is ook meestal subjektief en skryfwerk word nou maar eenmaal gefilter deur die joernalis se eie  persepsies en oortuiginge.  Die blote feit dat die opskrif verwys na seksgebooie plant reeds die gedagte en persepsie by die leser dat dit my reëls is, en dat ek daarmee die septer wil swaai. Is dit hoe Huisgenoot my sien? 

Ek glo dat baie van julle sou verkies om te dink dat ek reageer omdat ek myself wil verdedig, of om mense (soos julle) te probeer oortuig.  Dit is nie wat leef in my hart nie.  Huisgenoot het egter my opinie gevra. My opinie, dis al.  ‘n Opinie wat ek graag wil toets aan dit wat ek glo waar is… God se Woord.

As kerk (liggaam van Christus) het ons so lou geword. 

Moslems blaas plekke en mense op vir hulle geloof.  Hulle staan op in skole as hulle geloof teenkanting kry.

Ons christene kyk anderpad. Ons wil God net volg solank ons niks moet opoffer nie. Ons wil glo dat ons kerke ons kan red, dat ons predikers se woord die begin en die einde van openbaring en die volle waarheid is. Ons wil God ken, maar Hom nie dien nie. Ons wil kerk-kerk speel, en elke Sondag ‘n quick-fix of ‘n spike vir die week kry. 

Maar om die braaivleisvuur met drank en vuil grappe word God opsy geskuif – Hy wil mos hê dat ons die lewe moet geniet, reg?  Ons sê elke mens sleg wat durf iets aanhaal uit God se Woord wat ons dalk aanvat of konfronteer – ons verdoem hulle as arrogant en as valse profete. 

Doen asb die moeite om ten minste 2 Tim. 4: 1-5 te gaan lees.  Daar lees ons dat daar ‘n tyd sal kom dat mense net wil luister na dinge wat hulle nie konfronteer of aanvat nie.  ‘n Gemaksone waar ons glo dat ons almal eintlik okay en gered is net omdat ons sê dat ons christene is of aan ‘n kerk behoort. 

As jy ‘n kind van die Here is – nie ‘n geheime agent vir die koninkryk nie – dan is dit ook jóú plig om te staan by God se Woord.  En as iemand jou vra wat reg is volgens God, mag jy mos geen ander lering as die Woord as antwoord gee nie. God sê hoeka dat ‘n fontein nie vars én brak water kan gee nie.  Is jy vars of brak?  Warm of koud? 

Kies dan vandag weer, en staan daarby – in publiek, in jou kamer, tussen jou eie mense, tussen vreemdes.  En hou daarby – selfs al word jy uitgekryt en sleggesê.  Dis die minste wat ons kan doen om Jesus te eer vir die lyding wat Hy vir ons moes deurgaan.  Ons vlees moet neergelê word, sodat ons gees kan lewe!

Ons is so vinnig om te verkondig (en te verdedig) dat ons nie mag oordeel nie.  Natuurlik mag ons nie ménse oordeel nie, maar ons mag die vrug wat ons dra meet aan wat God sê.

Jesus self het vir die prostituut se menswees opgekom deur haar omstanders uit te daag om die eerste klip te gooi as hulle nie self sonde het nie.  Net daarna het Hy egter aan haar gesê om te gaan, en nie meer vol te hou met daardie sonde nie.  Jesus het nie die mens geoordeel nie, maar die sonde wel. En wie is ek om te sê wat sonde is en wat nie?  Die Woord is my riglyn. 

Daarmee saam oordeel ek nie die sonde van enigiemand nie – net God is by magte om dit te doen. Maar as ek gevrá word wat ek dink reg en verkeerd is in God se oë, is die Woord my grondslag. So sal Hy ook my sonde oordeel – waarvan daar steeds baie is!  Maar as kind van die Here kán ek nie, en mág ek nie stilbly oor wat God se Woord sê net omdat ek mense se teenkanting vrees nie – spesifiek nie wanneer ek in die openbare arena gevra word om my opinie nie. 

Jesus Christus is Koning en sy Woord staan bo ALLES! Maak die Woord altyd vir ons sin?  Nee!  Is dit vir ons menslike verstand altyd duidelik waarom God sekere dinge as sonde uitwys?  Ook nie. Solank ons op aarde is sal ons net net dele ken, onthou julle?  En slim redenasies kan ook nie die Waarheid uitrafel nie. 

Die Woord self leer ons so in 1 Kor. 1:18-31.  Die Woord leer ons dat God se gedagtes vêr bo ons gedagtes is.  ons koppe en ons vlees sal nooit volle sin maak daaruit nie.  dit sal vir altyd ‘n stryd wees tussen gees en vlees – dit wat ons wíl, en dit wat ons móét!

So baie van julle het vrae gehad oor dinge soos masturbasie.  Ek lees wat God sê oor vleeslike begeertes en drange - nie ‘n Gretha Wiid opinie nie, ‘n Woord waarheid -  (Rom. 8:5, Kol.3:5, Gal.5:19, 2 Pet.2:10, 1 Joh.2:16, ens.), en begeer om my lewe daarvolgens in te rig.  Nie koekerig en verkramp ten opsigte van die seksuele nie – maar bevry, vol pret en avontuur, maar binne God se raamwerk.

Vir die dames wat glo dat my man ‘n buite-egtelike verhouding gehad het agv ‘n onbevredigende sekslewe saam met my – jy’s geregtig om so te dink.

Ek is oortuig dat ek steeds baie het om te leer. Ek het egter reeds geleer dat mans nie noodwendig rondloop weens ‘n gebrek aan seks by die huis nie, maar meer as dikwels eerder weens ‘n soeke na erkenning van sy manwees, onopgeloste seer uit die verlede en ‘n soeke om identiteit te bevestig. 

Daar is so baie vrouens wat seer het omdat hulle altyd moet hoor dat hulle mans rondgeloop het agv van hulle ontoereikendheid of kwansuise onvermoë.  Dis nie noodwendig waar nie. 

My eie man het lank gesoek na die maatstaf van sukses, die finale kriteria van ‘being man enough’.  So baie mans wil hulle manwees probeer bewys met geld, karre, mag in die besigheidswêreld, gesag in die huis, alkohol, pornografie….ag, noem dit. 

Hulle vroue kan mooi, sexy, smeulend en baie vaardig wees as dit seks kom, dan sal die man se soeke en leemte steeds nie gevul wees nie.Francois is nie skaam om oor sy verlede en sy foute te praat nie, want God het hom kom heelmaak.  Sy identiteit is geleë in sy Vader. Punt!  Natuurlik het ek ‘n stewige bydrae daartoe gehad dat my man iemand anders se arms opgesoek het. 

Ek het vir my kinders geleef en hom emosioneel afgeskeep.  Elke mens soek tog erkenning, waardering en bewondering by sy/haar maat?  Ek het dit nie aan hom gegee nie.  Seks wel – maar nie bewondering nie, nie respek vir sy mens- en manwees nie.  En dít is my en Francois se boodskap:  ons moet na mekaar kyk – almal van ons in verhoudinge. 

Ons leef so maklik by mekaar verby, praat by mekaar verby en groei op die ou end weg van mekaar.  Geen seks in die wêreld kan so iets red nie.  Spr. 27:7 sê dat selfs ‘n bitter eetding lekker sal wees vir iemand wat werklik honger is. 

Baie vroue knoop aanlyn verhoudinge aan, sms-verhoudinge met kollegas, intieme geselsies met manne by die werk – bloot omdat hulle by daardie persoon waardevol, belangrik, mooi, interessant, en gewaardeerd voel.  En dan drink hulle maklik die beker van bitter water – net om hulle harte se dors te les.  Owerspel gaan allermins altyd oor seks…inteendeel. Dis die dinge wat ons harte en menswees voed wat ons bymekaar hou, nie seks nie.

Ek hoop dat julle my hart sal raaklees hierin – ‘n hart wat graag vir alle mense liefde en tyd wil hê, maar allereers, ‘n hart wat gebind is aan die hart van God. Jy kan kies om dit te beskou as ‘n opinie, of actually jou Bybel optel en sélf vir die antwoord gaan soek.  Party van julle soek bewyse?  Waar is die bewyse van jóú antwoorde uit die Woord?

The only thing evil needs to prosper, is for good men to do nothing and fear the onslaught of people.  Compromise God se Woord, en jy compromise jou eie blessing!

Let wel, dat hierdie skrywe van Gretha Wiid geensins deur Huisgenoot geredigeer is nie. Dit is deur Gretha alleen saamgestel en reflekteer nie noodwendig Huisgenoot se standpunt nie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (51)


  1. Hannalie
    2010/07/13 10:25:17
    Kan mense so eenvoudig wees in hulle kommentaar! Verbeel jou jy moet jou besittings verkoop, ai mense dit is aardse besittings, almal van ons kan besit op die aarde wat ons wil, daar was ook nog nooit iets verkeerd om as Christen hard te werk en vir jou dinge te koop waarvan jy hou en vir jou mooi is nie. Jy noem dit jaloesie, 'n siekte!

    Gretha jy is reg met wat jy se en doen - soos ek voorheen gese het, mense wat agter die deur staan gaan jou kritiseer want die ruggraad is te pap om te erken wanneer hulle iets verkeerd doen.
  2. Johannes
    2010/05/23 03:31:27 nm
    Gretha, dankie vir jou standvastigheid en voorbeeld as Skrif-eerbiedigende gelowige. Jy is hier op aarde om te getuig, nie om te oortuig.
  3. karina
    2010/03/30 08:14:18
    Gretha moet jou nie steer aan mense en hulle komentaar nie as jy die Heilige Gees in jou het wat jou lei dan wees gehoorsaam ongeag wat.

    ek stem saam ontrou in die huwelik hoef nie die einde te beteken nie as God jou heel maak dan is jy heel en vergifnis is n jou besluit vir jou self.

    ek het my man verkul dit was agt jaar terug en as ek teug kyk al wat ek sien , God was nie da nie, ons het deur als gewerk en ons stap nou die pad saam God en dus absoluut wonderlik ek is nie skaam oor my verlede nie God het my vergewe en my man het, so ek kyk nie terug nie ek kyk voorentoe, die woord se as God jou vergewe het dink hy nooit weer daar aan nie.

    dankie vir jou wat op staan in wat jy glo bid vir jou en onthou we are God pleasers not people pleasers

    groete karina
  4. PVDM
    2010/03/29 05:07:58 nm
    Dit is nou al seker ou nuus, maar ek het vandag eers op Huisgenoot se website gegaan en die artikel gelees. Gretha se brief is goed en ek het almal se opinies gelees. Die enigste ding wat my pla is die feit dat ons, as Christene, altyd moet skuldig voel oor wat ons doen. Dit is onsin. Ek bly in ‘n land waar slegs 30% van die populasie geloof het (en dit is nie noodwendig Christen geloof nie) en veg elke dag oor hoekom ons hierdie vreemde (dit klink vir hulle vreemd) reëls het oor hoe om op te tree en te bid en alles. Gretha, ek weet nou nie eers of jy hierdie lees nie, maar God IS by die braaivleisvuur, en hy IS daar as jy ‘n vuil grap vertel en ek dink nie ‘n mens moet skuldig voel as jy bier drink en lag vir die vuilgrappe nie, want die Liewe Vader wil ook nie hê ons moet Christenskap ‘n tronk maak nie. Die Woord is ons leiding, maar dit is steeds deur mense geskryf, jare gelede, toe dinge anders gelyk het. Alles moet in perspektief geplaas word, anders mag ons as vroue nie broeke gedra het nie! En dit is net my opinie, maar Liewe Jesus het Christenskap nie ‘n moeilik truuk probeer maak nie, dit is maklik. Glo, wees lief vir die om jou en bid. Goeie dade maak jou nie ‘n Christen nie. Ek ken baie goeie mense, wat ‘n goeie lewe leef en nie ‘n voet verkeerd sit nie, wat nie in God glo nie. Moenie skaam wees vir jou Christenskap nie, “embrace” dit en GLO!
  5. Anne
    2010/03/29 01:28:32 nm
    Die feit bly staan, manne hou jou broek bokant jou knee en meisies/dames hou jou rokkie onder jou knee, maak nie saak watter kant jy kyk nie skes voor die huwelik is uit!
  6. Janette Bekker
    2010/03/27 01:57:05 nm
    Gretha, moet tog nie dat die klein jakkalsies jou lande invaar nie. Fokus op God en laat al die negatiewe kommentaar by jou afloop soos water van 'n eend. Jy is God se prinses en moenie dat enige iemant anders vir jou iets anders vertel nie.
  7. Liesl
    2010/03/24 09:06:06 nm
    Ons Lewende God het nie verdediging nodig nie... Almal chill en gaan slaap. God is lief vir julle almal. Reg en verkeerd het inni eertse plek absoluut niks hiermee uit te waai nie. Of ken niemand die storie van Adam en Eva niie?
  8. Georg
    2010/03/17 12:00:20 nm
    Gretha, om eerlik te wees het ek maar nog altyd 'n vrees gehad dat jou massabyeenkomstes en sametrekkings niks meer as publisiteitsfoefies en geldmaakstories is nie, maar ek probeer jou die voordeel van die twyfel gee.

    Toe ek bogenoemde brief lees, het ek werklik die Lewende Woord daarin raakgelees. Die wat God ken, sal Sy Woord herken. Dankie dat jy opstaan in 'n wereld wat maar alte gereed is om werklike Christene uitmekaar te skeur. Christus het inelkgeval gewaarsku dat ons meer vervolging as Hy sal moet verduur.

    "Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het." Matteus 5:10-12
  9. Chrystal
    2010/03/16 02:07:54 nm
    Go Gretha, ek stem saam met jou.
    Mag die Here jou seën in jou werk en by jou Huis.
    Die wat jou aanvat, weet nie waarvan hul praat nie.
    Wat maak dit saak wat ander mense sê, dit maak net saak wat God sê!!!!
  10. Marie
    2010/03/15 12:40:06 nm
    Hou tog op om ander aan te val omdat hulle in Christus glo en die Bybel gebruik om hul standpunt te wys. Ons het NIE DIE REG om ander te veroordeel nie. Ons moet eerder na ons eie lewe kyk en sien dat ons ver te kort skiet in wat God van ons verwag. Hou op om altyd voor te gee dat as jy nie 'n leraar is jy nie oor die Bybel mag praat nie. Wanneer jy jou lewe vir God gegee het is dit 'n eer en voorreg om van HOM met ander mense te praat. Is dit 'n voorreg om te getuig dat HY jou lewe gered het.
  11. Retha Grobbelaar
    2010/03/13 08:36:45
    Die galbrakers moet gou gou eers die balk uit hulle eie oog haal en ophou om instrument in die duiwel se hande te wees.

    Gretha, bly net in die holte van SY hande en hou aan om standpunt vir HOM in te neem.
  12. Undine
    2010/03/12 09:29:49 nm
    Well done Gretha - mense is vinnig om iets te se as iets gedoen word om die wereld beter te maak. Maar wat doen HULLE om die wereld beter te maak?
  13. E v Rensburg
    2010/03/11 03:56:13 nm
    Hi Gretha, jy is werklik n inspirasie. Mag die Here jou oprig om aan te hou met jou goeie werk. Doen so voort.

  14. Louise
    2010/03/10 09:34:04
    Gretha ek salueer jou! Jy kom op vir jou God en Sy WOORD! Cool! Ek woon al 'n jaar of twee vrouekampe by, waarby jy ons keer op keer toespreek en elke keer word ek NUUT! Die mense wat appeltjies te skil het, is gewoonlik bang vir die waarheid! Jesus is gekruisig deur mense soos hierdie! En NOG STEEDS KRUISIG HULLE VIR GOD!! God bless Gretha! Liefde in Christus!Mense wat nie 'n verhouding met God het, ken Hom nog nie! Jy ken Hom en daarom glo ek die woorde wat uit jou mond en pen kom, kom straight van GOD af! AMEN!
  15. cynthia
    2010/03/08 10:01:08
    Gerrit Rossouw, dankie vir jou woorde sal dit altyd onthou
  16. Cynthia
    2010/03/08 09:59:09
    Yesterday, dankie vir jou raad, sal dit volg.
  17. Unine
    2010/03/07 11:28:10 nm
    Nee wat, ek kan net sê dat ek
    God se kind is en te bang raak om te sê ek is 'n christen.

  18. 2010/03/07 03:15:48
    Ai tog ja Cynthia, ek vra ok, hoekom verkoop hulle nie daardie duur juweliersware en doen iets
    daadwerkliks nie. En asb "do not follow me I am lost".. Het jy al daarvan gehoor. Duidelik my
    liefie, as jy eens die Stem van die Here gehoor het soos Joh: 1:13 vir jou gese het dan luister
    jy vir niemand anders as God nie. Jy sal weet. Alle valse woorde sal van jou afval en dit sal
    niks beteken nie. Christene het my ook so baie deurmekaar gemaak en ek wou naderhand nie
    eers meer kerk toe gaan. Die een se dit en die ander se dat. 'n Man staan een sondag in die kerk
    op en "getuig" "as jou saak met God reg is sal jy geen verlies ly nie, jou hele lewe asook die
    finansieële aspek van jou lewe sal geseend wees" Ha ha, grapgat, 3 maande later toe sluit ek die
    selfde aap toe vir bedrog. Ja ek het by 'n prokureursfirma gewerk en dit was my lot om hom die
    oggend voor sy vonnis 'n laaste koppie koffie as vry man aan te bied. Kort en die lank van die
    storie is. Jy leen nie jou ore uit nie want jy weet nie in watter toestand jy hulle terugkry nie.
    God is nie "complicated" nie en ons kan almal in ons eenvoudige taal met Hom praat. Jy kan
    met Hom praat oor alles en nog wat. Onthou jy nou weer? Hy is jou Pa en jy is Sy Oogappel!
    Jy mag met Hom oor alles praat, so flip almal en alles hier. Jy het toegang tot die Groot
    Almagtige Telefoon Lyn. Die nommer is "Kniel net en die antwoord is op jou voorstoep. Moet
    nooit mensgerig wees nie. Fout 1, Moenie mense vra wat jy moet doen nie, Fout 2. Moet
    nooit mense vra wat jou te doen staan nie. Ek glo en vertrou jy sien die lig vriendin. Jesus Liefde xxx
  19. Billy
    2010/03/06 12:13:55 nm
    Gretha, wat jy geskryf het is mos nie nuus nie almal weet tog wat is reg en verkeerd en meeste van ons kan onderskei tussen die twee keuses van hoe om te lewe al dan nie. Punt wat ek wil maak is dat almal keuses het het om uit te voer,sommige maklik ander weer moeiliker. Hoe jy en jou man dit doen is julle keuse en nie almal gaan daarmee saamstem nie dus die groot bohaai oor jou skrywe.Hoe dit ook al sy die lewe gaan oor keuses en ons moet besluit waarmee ons kan saamleef of nie.
    Gretha wyl jy die kruin van die golf ry en baie vroue en mans luister na wat jy te se het dink ek dat dit tyd geword het om vroue aan te spreek oor hoe hulle moet optree teenoor hul mans wat vir hulle goed is,mans wat hulle vroue aanbid,mans wat enigiets sal doen om hul vroue gelukkig te maak en TE HOU Ja mans wat hul vrouens regtig innig baie lief het.. Ek glo dat daar baie vroue is wat hul mans net nie genoeg aandag gee nie. Mans hou van aanraking,mans hou drukkies n soentjie sommer so uit die bloute,liefkosing en al die goed hoef nie altyd seks te beteken nie. Seks is n bonus.
    Ek sluit nou af, kan nog baie skryf maar ek moet my Liefie nou by die haarsalon gaan haal.Het haar vanoggend gevat vir n lekker ontbyt waarna ek haar by die haarsalon gaan aflaai het. HELP ASB. Die manne soek ook aandag.
    Groete en sterkte met al jou goeie werk !
    Billy
  20. Na-deanné
    2010/03/05 08:30:16 nm
    Hoekom moet Christen leraars/beraders/sprekers ALTYD aangeval word oor hul "duur karre/huise/juwele? So asof 'n Christen MOET arm wees om 'n ware kind van God te wees. Was Dawid, Abraham, Job, Saul ens arm? NEE!! Dit is God se Wil om ons te seen omdat hy ons liefhet en gelukkig wil sien. Hoekom is daar soveel Christene wat nie die son oor 'n ander wil sien skyn nie? Wat God vir Gretha en haar gesin gedoen het kan en WIL Hy ook vir jou doen die oomblik wat jy ophou kritiseer en jaloers is. Gretha ek hoop God seen jou en jou gesin nog 'n 100 maal meer !!!
  21. Gerrit Rossouw
    2010/03/05 08:00:52 nm
    Cynthia, dit is jammer om te sien jy het slegte ondervindinge met chirstene gehad. Die funnie ding is ek en my vrou ook. Maar daar is 'n verskil tussen christene en waarlike kinders van God. Almal noem hulle self seker christene, maar nie almal het 'n werklike verhouding met Jesus Christus nie. Die oomblik toe ons besef dat mense kan wreed wees en jou hele selfbeeld en mens wees af takel, moes ons 'n besluit maak. Ons lees die Bybel en kyk na alles wat God vir ons daar in sê en bly gefokus op Hom, en begin om 'n verhouding met Hom te hê wat "life changing" was. Dis verstommend om te sien hoe "gentle " God eintlik is,en hoe lief Hy ons het, Sy Seun het immers aan die kruis gesterf ons. Cynthia, God is lief vir Jou en moenie meer na mense kyk nie, jy kan net 'n sukses van jou lewe maak as God in jou lewe is en as jy Hom vertrou en nie mense nie. Bless You, en staan vas.
  22. Madeleine
    2010/03/05 04:59:48 nm
    Aan Lik
    Jou vraag verwys: WAAR...., in die HELE artikel, OF die kommentaar daarna....,
    het jy enigiets gelees, of sogenaamd 'verstaan'..., wat jou tot daardie gevolgtrekking
    laat kom om dan so 'n irrelevante stelling te laat kwyt te raak....!!!??
    Gretha het die volgende stelling gemaak: As God se Gees nie deel van jou lewe is
    nie, gaan jy nie verstaan waarom ons hierdie dinge sê nie". Dus, as jy nie saamstem
    nie - of 'verstaan' nie, is God se gees nie deel van jou nie.
    Miskien het JY nie hele artikel mooi en in konteks gelees nie Lik.
  23. Cynthia
    2010/03/05 10:41:28
    As ek na al die kommentaar kyk van Christene maak dit my baie deurmekaar en ek wonder wat is 'n ware christen dan, ek oordeel nie maar dit maak my verward en baie onseker wat is 'n werklike christen dan, die ervarings wat ek al met "Christene" gehad het was baie skokkend en teleurstellend. As iemand raad het, laat weet my asb.
  24. Gerrit Rossouw
    2010/03/04 03:12:15 nm
    Ek kan nie glo dat Elmari Craig sê dat Gretha Wiid het nie die kwalifikasies nie, as jy 'n verhouding met die Lewende God het wat die CEO van die heelal is, dan het jy nie kwalifikasies nodig nie. Paulus sê nie verniet dat, weet jy nie dat jy een gees is met God nie. Hoe kan God se gees saam met jou wees, of goedkeur, as jy presies doen wat Hy nie wil he jy moet doen nie. Seks buite die huwelik is sonde, die huwelik is deur God ingestel, ongehoorsaamheid teen oor God is rebellie, en rebellie is gelykstaande aan heksery. Gretha, solank as wat jy die waarheid preek gaan jy teestand kry, ek bid vir jou en die tyd is amper verby, ons gaan een van die dae huis toe. Jy is 'n warrior vir God. Doen so voort. En Prof. Hennie Stander, met al jou kwalifikasies, jy het duidelik nog nie tot bekering gekom nie, weet jy ooit hoe God se stem klink?
  25. DOPPIE
    2010/03/04 02:55:05 nm
    Alles wat Gretha sê maak sin mense, gaan dink mooi daaroor, Gretha hou so aan met jou goeie werk om die mense van God te vertel. Jy was regtig waar vir my 'n inspirasie.

    HOU ASSEBLIEF AAN MET DIE GOEIE WERK!!!
  26. juanita
    2010/03/04 01:07:19 nm
    Een vraag Gretha se sy het God aanvaar en is `n ware Christen - volgens my as jy `n ware Christen is moet jy soos een leef in die bybel staan ook geskryf (en ja dit seker my eie enterpretasie van die man wat Jesus gese het moet al sy besitings verkoop) maar hoekom verkoop sy en Francois nie al hulle duur voertuie en goue kettings en juwele en lewe dan werklik soos `n Christen en vertrou op die Here om te voorsien nie. Maar R175 per praatjie is belaglik! So dat Francois sy werk bedank het om haar te "ondersteun" dis die grootste nonsens. As hulle eers is of leef soos ek wat elke dag na my twee kinders moet omsien as enkel ouer en met `n gebed gaan slaap en opstaan die volgende oggend en regtig beleef hoe goed die Here werklik is as jy die dag net nie meer weet waar kom die volgende kos vandaan nie dan kan ons weer praat! En ja ek kom van `n huwelik waar geld nie `n skaarste was nie maar dit het nie die pyn van mishandeling weggevat nie!
  27. Hofnar
    2010/03/04 12:35:11
    Hoe meer ek na Christene luister, hoe meer kry ek die gevoel dat die Bybel soos 'n rorschach toets werk - die interpretasie van die teks is 'n weerspieeling van mense se geestelike groei, karakter, temperament en "mental health".

    Hoeveel van ons kyk met sagte oe? Hoeveel van ons is bereid om brood te breek met "die ander" - (ons naaste) WIE? Wie was Christus werklik? Wat is die boodskap van die Bybel werklik?

    Konteks is belangrik - ja...maar die konteks van die konteks ook. Dekonstruksie van "The CHRIST" as "GOD" (As we know deity) in die tyd waarin ons leef. WAT en WIE was hierdie BEING werklik? weet ons werklik wat vir ons gese word in hierdie boek? Ons almal weet dat die armes van siel die koninkryk sal be - erwe...maar wat op aarde beteken dit?

    of gooi ons mekaar eerder dood met (in woedende haat) met letterlike aangehaalde rorschach tekste?
  28. Wiets
    2010/03/03 06:31:00 nm
    Hierdie kommentaar reeds gelewer is so tipies van wat ek noem "Computer Cowboys" waar die sleutelbord jou "gun" is en waar jy enige iets kan se sonder dat jy werklik die persoon ken wat sy opinie uitdra.Wel dit is so hartseer dat ons die mense wat God se woord uitdra kritiseer.Die probleem dink ek le by hoe ons grootgeword dat ons slegs na predikante,pastore, en boekgeleerdes mag luister , maar wat ons vergeet dat daar n dissipel was wat n visserman was.
  29. Heidi
    2010/03/03 03:22:31 nm
    Ek het nou weer al die versies gaan lees wat jy gegee het hierbo - ek stem saam met jou - ek weet nie eers hoekom jy jouself die heeltyd moet verdedig nie - Die Here ken jou hart Gretha en HY alleen en jy sal weet wat jou hart begeerte is vir ander mense - weet dis dalk makliker gesê as gedaan maar steur jou nie aan mense op aarde nie - soos jy sê jy volg God se woord na en dis tog die belangrikste strewe wat 'n mens kan hê.
    Ek het al van jou raad gevolg in my huwelik en dit het gewerk - met Die Here aan jou sy kan 'n mens enige iets laat werk ! Selfs 'n gebroke huwelik ! En die feit dat jy bereid was om soveel keer te vergewe is vir my 'n genoeg bewys dat jy 'n passie gehad het vir jou huwelik en die feit dat jy jou man na Jesus toe wou bring. Sterkte vir jou xxxxxx
  30. Lida
    2010/03/03 02:14:12 nm
    Liewe Gretha, dankie dat jy jou opinie ondergeskik aan God sin maak en ons leer om dit ook te doen.
    Steur jou nie te veel aan al die kritiek nie - veral nie aan die hewige kommentare nie - baie sal soos die jare aanstap nog bykom.
    Te lank het die media die lesers met skokkende seks-opskrifte gelok net om ons holrug geryde "waarhede" te voer. Seks was toe ook nie in ons plesierige huwelikbed genoeg nie al het ek die seksopvoeders se raad amper tot die letter uitgevoer. By alles was ek 'n mooi, slank en geurige bondeltjie mens - as jy dink seks hou huweliksmaats getrou, dink weer - die plesierigheid is naderhand ook nie meer so "lekker" vir die een wat die verslawende pornografie pad gekies het nie - dis waarheen al die hulpmiddeltjies en raad jou lei as jy nie geanker is nie.
    Nou, in my sestigs weet ek van beter en het ek en my huidige huweliksmaat net 'n heerlike, hegte verhouding en kan ek net met verbasing toekyk hoe my eks van erg na erger ploeter. Daarby sweer hy hoog en laag ek was die liefde van sy lewe en hy sal nooit met die ander kan trou nie. Plesierige verskoning, nie waar nie?
  31. maris
    2010/03/03 11:50:55
    Dis sleg nê Gretha. Ek het ook een keer die fout gemaak om 'n brief aan huisgenoot te stuur. Hulle net genoeg bewoording weggelaat om my soos 'n sensasie soeker te laat klink!! En ek was bitterlik ontsteld, Ek is oortuig daarvan dat elke artikel ook so 'geredigeer' word om te sê wat hulle voel genoeg reaksie sal uitlok. Nee wat, ek het nou finaal besluit: ek sal nie weer die tydskrif koop nie; wil ook nie weer enigiets met hul webtuiste te doen hê nie. Sterkte vir jou - geen rede hoekom jy jou aan almal se aaklighede moet steur nie, jy weet wat jy weet, en 'n mens kan in elk geval nie ander oortuig nie.

  32. 2010/03/03 01:57:44
    Ai Gretha ek dink jy moet ophou redeneer oor jou siening. Dis wat dit is. Ek ontken nie
    dat jy 'n wedergebore christen is nie, maar jy dra nou ook darem nie al die vrugte van die
    Gees nie. Sien die Woord sê ook op 'n geleentheid dat vroue hulle nie moet wend na
    "die apteker se salf nie" met ander woorde jy mag dan ook nie plooi salfies en room
    by die apteek gaan kry om jouself mooi te maak nie en dan ook nie grimering nie. Maar
    siende jy grimering gebruik glo ek jy gebruik ook maar salf en room vir die plooie dan nie.
    Jy praat wel spesifiek van "seksspeelgoed". Verskoon my, maar dra jy dan "bloomers"
    groot ouma panties?? Het jy nie ook nice en vroulike panties en nighties nie? Ek sien
    dit so. As jy hierdie dinge doen, seksspeelgoed en sexy nighties ens vir jou eie man dan
    is jy mos binne die Raamwerk van God. Ek meen wat is die verskil tussen vroulike
    sexy onderklere en nagklere en seksspeelgoed?

    Jy is reg solank ons op die aarde is sal ons nooit ten hele ken nie en kan ons ook nie
    die waarheid uitrafel nie, daarom kan jy ook nie net sekere verse uit die Skrif aanhaal
    en as bewys voorhou sonder om dit in konteks te lees en te vergelyk nie.

    Firefairy
  33. Stefan
    2010/03/02 09:23:24 nm
    Gretha, jy kom genuine oor soos iemand wat regtig God se wil probeer navolg. Ongelukkig is jou stellings geskoei op jou interpretasie van God se Woord.

    Na my mening is jou interpretasie (wat ook vir jou 'n bron van inkomste is) in beginsel foutief omdat konteks ontbreek. As jy die sekswette van die dae toe sekere dele geskryf is in jou lewe wil toepas, wees ten minste konsekwent en hê seks met jou man op die Joodse manier met 'n gat in die laken.

    Konteks! Konteks! Konteks! Mense soos jy sê maklik 'God sê...' gebaseer op die letterlike interpretasie van sekere tekse. Dan het julle boonop die cheek om julle interpretasie as getoets deur die Heilige Gees voor te doen!

    As njy God se wil op 'n manier ervaar en dit jou eie maak, good for you! Maar weet dat jy bedrog van die ergste graad pleeg deur jou 'waarhede' as God se waarhede te verkoop! Dis godslasterlik!
  34. Erna Gouws
    2010/03/02 04:25:15 nm
    Gretha staan net op God se woord dit is hoe ons jou leer ken het, en weet dat dit jou hart
    is om mense te help. (been there got the Tshirt) Vir die wat Gretha se opregte hart wil ontmoet woon haar
    huwelikskampe by, Gretha EK HOOP EN VERTROU NA DIE PUBLISITEIT IS JOU KAMPE
    VOL.
  35. Henriette
    2010/03/01 11:23:29 nm
    Gretha, maak nie saak wat ander se nie, jy het 'n verskil in my huis en huwelik gemaak! Jy het my laat besef en meer nog laat dink hoe ek optree. Jy is great, en een van die dae is jy in Richardsbaai! Kan nie wag om jou hiet te sien en na jou te luister nie! Jy doen goeie werk, ignoreer die negatiewe en bo voort op dit wat jy doen! You go girl!
  36. bianca
    2010/03/01 04:18:04 nm
    Weet jul wat neem God as jou saligmaker.jou verlosser. en jou pappa dan sal jul miskien verstaan wat Gretha se.
  37. petro
    2010/03/01 12:34:16 nm
    Trots op jou Gretha dis almal mense met suur druiwe jy hoef oor niks sleg te voel of te verduidelik nie..die dag sal kom wat dit te laat is vir al daardie mense wat jou so geoordeel het!!! Ek dink jys n pragtige mens moenie dat sekeres jou afkraak nie.>>> Doen wat jy doen want jy doen dit goed!!!!
  38. Yolandi
    2010/03/01 12:11:19 nm
    Gretha is bloot 'n instrument in God se hande, as jy na haar praatjies luister met die
    regte gesindheid en 'n oopgemoed sal jy ook weet waar sy vandaan kom. elkeen van
    ons het 'n bediening wat ons moet uitleef en op die dag van die oordeel gaan daar aan
    elkeen gevra word wat het jy met jou bediening gedoen. Dit vat baie moed om met
    mense oor so senitiewe onderwerp te gesels en as God vir Gretha daai gawe gegee
    met die bedoeling om ander te help, wie is ons om klippe te gooi, hoeveel van ons leef
    ons gawes uit wat God aan ons gegee het en hoeveel van ons doen dit om God te
    verheerlik.
  39. Eish
    2010/03/01 07:21:43
    @ Scotty.............jy is bitter lelik, staan seker agter die deur dit is hoekom jy die woeste uitlating maak, die feit vandie saak is, elkeen het sy eie opinie, as jy rond loop oor jou vrou dit nie vir jou doen nie, JOU probleem, as jou vrou rond loop omdat JY dit nie vir haar doen nie, HAAR probleem, God slaap nie, al hierdie onsedelikheid is deel van al die tekens, die tekens is daar, hou op oordeel Scotty, vee eers voor jou eie deur ou Pel...........mans is ongelukkig selfsugtig as dit by kamer sake kom dink net aan hulle eie opwinding en pret, nee laat ek weer probeer, MEESTE mans, jammer alle mans is seker nie dieselfde nie, ek vra onverskoning, Scotty is jy een van daardie mans? wat net aan jou eie behoeftes dink en dan agterna rondloop want jou vrou doen dit nie vir jou nie..................Vra maar net???
  40. Irene
    2010/02/27 01:12:10 nm
    Gretha moet dat geeneen jou aanval oor die waarheid nir. wat jy in huisegenoot gesê het is absoluut die wwarheid volgens God se woord. Mense wat nie in Jesus is nie sal nie verstaan nie.Mense kan gerus die woor neem em bestudeer.1Kor.3:16-17. 1 Kor.6; 10--20, 2 Kor. 6:16-18
    Efesiers5 ;2-33, 1Tesalonisense 4 ;3-9.Vir pvz wat gister komentaar gelewer het. Vriend ek bid vir joy mag ons Here Jesus jou genadig wees en sy waarheid ook aan jou bekend maak. Jy sien die woord is vir elke kind van die Here DIE LIG VAN ONS VOETE EN EK PRYS DIE HERE VIR MENSE SOOS GRETHA WAT BEREID IS OM DIT NA DIE WERELD UIT TE DRA. God seën jou en Francois Gretha. Dankie Irene Swanepoel
  41. ombudspersoon
    2010/02/27 12:55:16 nm
    @Lik... tipies... oordeel sommer maklik... Hoe durf jy my beskuldig dat ek nie Gretha se hele terugvoer gelees het nie? Ek het my kommentaar gelewer nadat ek al haar snert gelees het - het ook die hele artikel oor die seksgebooie in Huisgenoot gelees. Jou houding is dat as iemand nie saam met Gretha stem nie is hulle verkeerd.... 'n tipies militante houding van, jy is of met ons of teen ons... Jy gun nie ander ruimte vir hul opinie nie. Het jy ooit my kommentaar behoorlik gelees of het jy net besluit dat ek iemand van lae intelligensie is net omdat ek 'n ander opinie as Gretha het? En haar aanvat? Soos ek genoem het, Gretha (en jy) klink soos politici wat alles op die media wil blameer net omdat mense nie met hulle saamstem nie... dis 'n teken van intelligensie probleme!
  42. Lik
    2010/02/27 10:35:10
    Aan pvz, ombudspersoon, dinamiet, Scotty en Madeleine.......!!!

    Al gehoor van...., "uit die donkie se gebalk....., laat hy blyk dat hy 'n donkie is".....!!

    Julle laat ongelukkig toe dat julle absolute niksseggende kommentaar, hierdie forum blootstel aan julle intellek (..of tekort daaraan..)!!! Hoe is dit moontlik dat iemand nie 'n artikel ten volle kan lees en dan die hele konteks kan raaksien nie....!! Dit gaan my verstand te bowe! Daarmee bedoel ek nie dat jy noodwendig moet saamstem nie..... Inteendeel!! Maar, lewer dan kommentaar wat sin maak..., en 'n debat kan ontlok, indien enigiets!

    Dit is verskriklik irriterend om 'n reaksie, of kommentaar te lees wat meer na 'n onwillekeurige rukbeweging (...soos wanneer jy jou 'shock'beentjie gestamp...) voorkom!!!

    Die feit van pvz se "- en niemand wat 'n ander mening het is reg nie...", is 'n sprekende voorbeeld waarna ek hierbo verwys....!! WAAR...., in die HELE artikel, OF die kommentaar daarna...., het jy enigiets gelees, of sogenaamd 'verstaan'..., wat jou tot daardie gevolgtrekking laat kom om dan so 'n irrelevante stelling te laat kwyt te raak....!!!??
  43. Liggie
    2010/02/27 07:57:26
    Gretha is right. She has the right to voice out what she believes. Its time for US Christians to stop compromising about small issues like sexuality.
    I totally support her voice.
  44. Madeleine
    2010/02/26 07:58:25 nm
    Gretha, jou reaksie is te lank, verveeld geraak na die eerste paragraaf. Ek dink jul ondervinding met seks en speelgoed en masturbasie het jou mening beinvloed. Duidelik het julle dit in die verkeerde omstandighede probeer gebuik destyds. En nou kan jy insien hoe dit julle benadeel het.

    Nee wat Gretha, jy was vinnig om jou mening met gesag uit te spreek en God daarby in te sleep, nou moet jy maar die punch vat.

    Maar my eintlike uitdaging aan jou is, doen bietjie self ondersoek en vra jouself of jy nie nou te self versekerd en uitdagend raak oor allerhande onderwerp en 'n bietjie te self behep met jou eie self nie?

    Na verlede week se artikel, het ek my agting en respek vir jou verloor.
  45. chantelle
    2010/02/26 02:16:18 nm
    Sjoe Scotty jy is darem regtig lelik. Moenie oordeel nie en wys ook nie 'n vinger nie want ONS ALMAL BLY IN HUISE VAN GLAS.


    ".

  46. Scotty
    2010/02/26 01:53:22 nm
    "Moslems blaas plekke en mense op vir hulle geloof." So moet Christene dan ook goed opblaas vir hulle geloof? Dis nie eintlik iets om na op te kyk nie! Nee skattebol, jy moet jou kop laat lees en meer tyd met jou man spandeer. Dis hoekom hy in die eerste plek rondgeloop het.
  47. dinamiet
    2010/02/26 01:35:32 nm
    so, word 'n moslem dan...
  48. ombudspersoon
    2010/02/26 01:25:13 nm
    Gretha - jy klink nou soos die ANC, Malema, Zuma en kie wat terugkap en alles op die media wil blameer as dinge nie na hulle kant toe swaai nie - ek is buite konteks aangehaal en blah blah blah blah. Dis die media se skuld blah blah blah blah blah blah blah.... Die joernalis was subjektief blah blah blah blah....

    En dis elk geval die kommentaar op die artikel, eerder as die artikel self, wat jou in slegte lig stel!

    Ek dink persoonlik die hype rondom jou is oorbodig - almal, selfs die wat teen jou menings is, het eintlik jou profiel net gelig. En jy lyk na 'n intelligente vrou, en Huisgenoot en al sy lesers het tien teen een in jou lokval getrap... want volgende keer trek jy waarskynlik nog meer mense, wat na jou "wyshede" wil luister... en hoe meer mense jy trek, hoe meer bemarkbaar is jy, en hoe meer geld kom na jou kant toe. Wonder hoeveel van die inkomste wat jy uit jou "Bybelse insig" en "profetiese woorde" sal jy aan vigswesies gaan skenk...
  49. endika
    2010/02/26 01:14:54 nm
    'n Christen se pad met sy/haar Verlosser is 'n persoonlike pad van val en opstaan vanaf die 1ste oomblik wat hy/sy verlos word deur God se genade en Jesus se kruisdood. Deur net hierdie genade gawe te neem en te glo is ons gered maar bly onvolmaak tot met ons dood.

    Ek raak hartseer as mense hulself verhewe stel bo ander en wil voorskryf hoe 'n opregte Christen behoort te lyk en leef. 'n Christen word nie bang gemaak en gedreig nie - ons sonde is klaar vergewe - ons kan net daarna strewe om meer en meer in Jesus se voetspore te volg....
  50. L BRONKHORST
    2010/02/26 12:03:08 nm
    TROTS OP JOU GRETHA. LYNETTE
  51. pvz
    2010/02/26 11:30:43
    gaaaaaaaaaaaaaaaaap. Amazing hoe mense die bybel vir eie gewin misbruik om populistiese stellings te regverdig. Want as hulle die bybel onder die arm het, is alles wat hulle kwyt raak mos reg - en niemand wat 'n ander mening het is reg nie...
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities