Eugène se vrou en dogter rou

E-pos
Print

Dis vroegskemer toe Martie Terre’Blanche vir die eerste keer onrustig begin voel. Sy bel haar man van die afgelope 43 jaar vir die soveelste keer op sy selfoon, maar hy antwoord nie. Die lyn is óf beset óf die telefoon lui net. En toe sy weer bel, skakel dit oor na stempos...

Dit maak nie sin nie – dit begin al donker word en haar man, die omstrede leier van die Afrikaner-Weerstandsbeweging, Eugène Terre’Blanche, het dan belowe hy sal huis toe kom vir aandete saam met haar en hul enigste kind, die 29-jarige Bea.

Eugène (69) het vroegoggend dié Saterdag van die gesin se huis op Ventersdorp in Noordwes vertrek om ’n draai op sy plaas, Witrandjiesfontein, te maak en Martie het hom oudergewoonte gevra of sy vir hom ’n stukkie vleis kan inpak sodat hy dit vir ete kan gaarmaak.

Maar Eugène het gesê dis nie nodig nie – hy sal dié keer net ’n paar uur vertoef tussen die 100 beeste en sowat 30 perde op die lappie grond wat hy jare gelede by sy pa geërf het.

Haar gryskopman het sy Duitse herdershond, Santana, vandag nie eens soos gewoonlik saamgevat plaas toe nie. Die hond het Eugène nog altyd soos ’n skaduwee gevolg en selfs aan die voetenent van sy baas se bed geslaap, maar dié keer sou dit mos net ’n heen-en-weertjie wees.

Die ure rol verby. En dan lui Martie se telefoon: ’n Joernalis van ’n radiostasie wil by Martie hoor of dit waar is dat Eugène op sy plaas vermoor is.

Sy is sprakeloos, totaal oorbluf. Dit kan mos nie wees nie; sy weet dan van niks. Maar dan kom klop ds. Armand van Zyl van die Afrikaanse Protestantse Kerk aan die deur met die nuus: Eugène is omstreeks vyfuur op sy plaas aangeval waar hy in die slaapkamer gerus het.

Dit blyk haar man, wat die afgelope ruk kort-kort gekla het sy bors pyn en hy is moeg nadat hy ’n paar weke tevore ’n operasie vir sy hartkwaal moes ondergaan, was te moeg om ná sy dagtakies die sowat 15 km terug dorp toe af te lê. Hy het vir ’n rukkie gaan rus, en sy moordenaars het deur sy slaapkamervenster ingeklim.

Sy bebloede, verminkte lyk, met sy geslagsdele ontbloot, is pas in sy karig gemeubileerde, deurmekaar plaashuisie gevind, en die moordenaars het die panga waarmee hulle sy gesig vermorsel het, op sy borskas gelos voor hulle op die vlug geslaan het...

Lees die volledige artikel in die uitgawe van 15 April.

Ons het ook ’n artikel waar ons met die inwoners van Ventersdorp gesels, terwyl Dana Snyman ook ’n huldeblyk oor “oom Gene”lewer.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (95)


  1. Swb
    2011/03/21 11:02:06
    As die oud AWB lede net hul koppe weer gaan gebruik sal almal wat vir eugene gevolg het en saam met hom geveg het ,sal ons land weer intoom kry want dit is nou nog net ons wat terug staan en kyk hoe die ANC jeug boor ons loop,Ons kan weer die land weer oud Suid-Afrika maak!Ons sal jou nooit vergeet nie Oom eugene
  2. Chantelle
    2010/11/25 12:41:31 nm
    Ek kani glo hoe hule met hom gemaak het nie en hy het niks gedoen en was onskuldig.
    Ek dink net dat hule het met oorlog begin en wou dit so gehad het dinge moet uitdraai.
  3. johan saayman
    2010/08/26 09:56:49 nm
    Hy was n goeie man want ek hoor net die slegte JESUS was ook so sleg gemaak, daar was een wat gevra het kan daar iets goed uit naseret kom op die ou end waarlik waar HY was die seun van GOD vir baie sal dit laat wees om te verstaan .Die wat oordeel is klaar geoordeel
  4. M. van Pretoria
    2010/08/24 08:41:00
    Ek het nou eers al hierdie kommentaar gelees. Ek kan nie glo dat volwasse opgevoede mense sulke woorde kan gebruik nie. Hoe hartseer is dit dat die Here dan boonop hierby betrek word. Die
    Here is mos liefde! Ek het niks daarvan in julle kommentaar gesien nie. Moet asseblief nie die naam van die Here so misbruik nie. As jy iemand wil verkleineer en rassisties wil wees wees mans genoeg om dit op jou eie te doen en moet asseblief nie agter die naam van die Here skuil nie.
  5. deon le roux
    2010/06/26 09:01:40
    my innige simpatie aan Eugene se vrou en kind hy is nou in n beter plek ek is seker aan GOD se regterhand
  6. regtig
    2010/05/15 11:00:01
    Hoeveel van die 3.5 miljoen Afrikaners is lede van die AWB? Ek glo nie eers hulle het 50 duisend lede nie. Hoe kan ET dan die ware Afrikaner leier gewees het? As die AWB ouens ophou om almal wat nie saam het hulle stem nie veraaiers te noem en ophou om te vloek sal hulle dalk meer uit gevoer kry en meer respek kry onder meeste Afrikaners. Kyk maar net na die AWB ondersteuners se inskrywes hier. Haat, haat en nog haat. Onthou dit is nie net AWB mense wat al aangeval is nie. Meeste Afrikaners wat aangeval is, is amper gewaarborg nie lede van die AWB nie. Mense soos Pieter Mulder het baie meer ondersteuning as wat ET en sy AWB ooit sal he. Die AWB mense dink altyd hulle is die enigste ware Afrikaners en die res (3 miljoen +) is veraaiers. Solank dom Afrikaners aanhou om teen hulle eie mense te baklei solank sal die Afrikaners nie kan saamstaan nie. En dis die waarheid.

    Ook natuurlik baie Christelik om jou werkers (wittes ingesluit) met swepe te slaan en hulle met drank te betaal. Bachus lyk my was baas op daai plaas.
  7. Salomien
    2010/05/11 08:53:30
    Hy wat nie sonde het nie , Gooi die eerste klip..!! Innige simpatie aan Eugene se Familie en Vriende.
    Mag God julle die vrede en rus gee wat julle verdien in hierdie moeilike tyd.! xx
  8. awb bo!!!!
    2010/05/05 10:50:35
    Aan Maryna,, jy is seker een van Malema se ondersteuners, ek wonder wat gaan jou mense dink as hulle jou kom opkap jou rubbish,, moenie by ons kom huil as jy een van die dae onder WIT regeer word nie ons sal jou geen werk gee geen simpatie geen kos toestaan nie,,, AWB ons leier BO!!!!
  9. Maddie
    2010/04/29 11:56:30
    Geen moord kan ooit goed gepraat word nie. Of die vermoorde nou wit, swart, geel of watter kleur ook al is. God se wet geld vir almal en is baie duidelik. "Jy mag nie doodslaan nie". Ek lees die kommentare en is skaam voor God om te erken ek is ook 'n "mens", want dit is "mense wat dit skryf. Ek en my gesin woon nie meer in SA nie, want "mense" gun nie die sonskyn oor sy medemens nie en al wat jy in SA beleef is haat, misdaad en moord. Van die vorige skrywers noem dat Eugene Tereblanche die slegste mens op aarde was omdat hy ondermeer 'n 15jarige op sy plaas laat werk het. Ons woon in New Zealand en sedert my seun 14 geword het, werk hy op 'n groot melkplaas in die skoolvakansies en naweke. Hy het geleer om motorfiets te ry, groot trekkers is niks vreemd vir hom nie en hy en een ander persoon kan maklik 1000 koeie melk. Hy word betaal volgens sy ouderdom, wat miskien nie baie is nie, maar die ondervinding is onbetaalbaar. Die belangrikste van alles is dat hy baie gelukkig is en dit ten volle geniet om te werk. Miskien as mense in SA net wil besef dat alles wat jy wil he in die lewe, jy voor moet werk en dat jy nie nie net moet sit en wag vir dit om in jou skoot te val nie. Miskien dan sal "mense" mekaar nie dood maak oor nietighede nie. en kan almal in vrede saamlewe. My innigste simpatie met Martie en Bea en die res van hul familie. Mag God julle elke dag styf in Sy hand vashou.
  10. Nikki
    2010/04/26 10:11:02
    Hoe kan die mense so negetief wees oor die wereld. hulle maak hulself net siek .
    Ek weet dis erg ons so vermoor te word maar die Here werk op sy manier met sy mense.
  11. Dit gebeur ook met ander
    2010/04/23 02:26:45 nm
    Woman, 73, hacked to death
    23 April 2010, 14:22
    A 73-year-old-woman and her eight-year-old granddaughter were hacked to death in Tholeni near Butterworth in the Eastern Cape, police said on Friday.

    Captain Jackson Manatha said it was suspected the two were killed on Thursday night.

    He said the elderly woman did not go to the pay-point to collect her old-age pension and her sisters requested a relative to check on her.

    "The relative went to the homestead and looked through the window after there was no response when he knocked at the door.

    "He was greeted with [the] bad scene of the two bodies lying in a pool of blood," he said.

    Manatha said they both sustained wounds to the upper body and it seemed they were also raped.

    No arrests had been made.

    Maar wittes gaan mos nie oor hierdie moorde tekere gaan nie.....
  12. Maryna
    2010/04/22 05:52:04 nm
    Huil soveel as wat julle wil. Jul sal nooit ooit weer beheer oor Suid Afrika en die res van Afrika he nie. Alle Afrika lande is regmatiglik onafhanklik en ons sal nooit weer rassisme hoef te herleef nie, nog te beter met groot rassiste soos ET. Hy het sy plaaswerkers uitgebuit en geslaan en ja, neh, enige mens raak gatvol en moeg, so het hy sy moses teegekom. Hy sou nooit vir ewig daarmee kon wegkom nie. Om n 15jarige kind op jou plaas te laat werk en nog te weier om hom te betaal is laag en gemeen en jul (kastige Afrikaner/wittes) will dit goedpraat..a, nee, a, hy het gekry wat hy verdien het.
  13. Maryna
    2010/04/22 05:40:06 nm
    Shame, but i dont have any sympathy for that pathetic man, called ET. Hy was n rassis en sleg. Wat se jy van iemand wat n 15jarige kind op sy plaas laat werk, maar die skynheilige wittes wil natuurlik die feite weg redeneer. Ag, die man was a opperste rassis en baie sleg. Soos wat jy leef sal jy sterf en dis wat gebeur het...so hou op sulk , die lewe gaan voort sonder daai sleg man, ET.
  14. Lynne
    2010/04/21 07:30:19
    Weereens nee Bianca, ek soek g'n simpatie van enigeen nie, dis hoekom ek nie teem en kerm en kla en ween oor my & my familie se veiligheid & toekoms nie. Dis hoekom ek nie neuroties daaroor raak nie. Wat gebeur, gebeur. Dit help nie ek loop met 'n lang gesig rond en loer elke sekonde oor my skouer nie, ek kies om nie so te lewe nie, as ek die oggend 'n mooi son opkoms sien waardeer ek dit - dit kan my laaste wees. Ek gee my kinders daai ekstra drukkie, just in case. En as dit is, weet ek ek het gister geniet, gister voluit geleef en voluit liefgehe. Ek probeer verander wat ek kan, keer wat ek kan, en verder los ek die res vir God. Hierdie wereld sal nooit tot bedaring kom nie, lees jul Bybel. Daar sal nooit 'n volmaakte regering wees nie, nooit 'n volmaakte leier nie. Om met haat rond te loop gaan niks beter maak nie, nooit nie. Ek haat nie wit mense nie, of swart mense nie. Haat is baie swaar om rond te dra. As mense kan saam staan teen geweld, reg so. Maar om idees van rassisme en mense wat apart moet bly (weereens apartheid) aan te hits, is absoluut 'n tree agteruit.
  15. Bianca
    2010/04/20 12:54:19 nm
    Lynne wil jy he mense moet jou jammer kry omdat jy nie weet waar jy pas nie die wereld kan sonder mense soos jy doen is net n jammerte dat ek en jy eendag saam in die hemel gaan sit maar daar kan n mens ongelukkig nie die kleur kies nie. Jammer ons sal weer praat as jou famillie aan gerand word in die oggend en hom met n panga (so vuil is julle nasie) dat julle nie eers met julle hande kan baklei nie los vir die dood. Ek het een woord vir jou julle is honde!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  16. nadia
    2010/04/20 11:30:08
    Ek het nog nooit Rerig van oom ET gedink nie.....tot hy wreedaardig vermoor word, kyk ek my respek vir daai man gekry op special assisgment hy was die die eingste afrikaner wat ooit vir ons opgestaan het en die waarheid gepraat het......die plaasmoorde is siek niemand praat daaroor nie....hoekom nie? Dan kom 'n land soos Swede in hou 'n optog vir die boere wat in hulle eie land afgemaai word, die wereld weet wat nou wat aangaan!
  17. Ester
    2010/04/20 07:25:20
    Daar is baie mense wat saamstem en baie mense wat veskil met waarin ET geglo het... Soms glo hy was fanaties, ander glo dat die Boerevolk so iemand nodig het... Feit bly staan dat ongeag wie of wat hy was, reg of verkeerd, dat geen barbaar die reg het om sy lewe so te neem nie. Ek is 'n Afrikaanse Blanke vrou en moet erken dat ek elke dag vrees vir my en my gesin se veiligheid.. Ons lewe after slotte en dit om die barbare weg te hou en ons gesinne veilig te hou.. Wanneer gaan dit eindig? Miskien die dag wat ons weer 'n blanke regering het wat nie op die gravy trein is en hulle self verryk met my belasting geld nie??
  18. DJ L
    2010/04/19 07:52:44 nm
    RUS IN VREDE ET ONS MOET LEER OM SAAM TE STAAN MAAK NIE SAAK OF JY WIT OF BRUIN EN SWART IS NIE ONS GAAN ALMAL SWAAR KRY OP DIE EINDE STAAN SAAM EN ONS IS EEN GROOT STEM WAT SAAM PRAAT DAN SAL ONS GEHOOR WORD
  19. chantelle
    2010/04/17 04:26:50 nm
    gewoonlik as ek n huisgenoot artikel lees komentaar is maar 10 of meer...
    Die een 75! Ek was geskok toe ek my ouma bel vanaf uk en die nuus hoor nee nie oor die moord nie kon enige mens gewees het maar die manier hoe hy vermoor is dit is nie was soos hull se n hit maar n wreede een die panga wat op sy borskas gele is

    alles kom tot een gevolg was n beplande storie... eks is BANG!
    eK WEET NIE maar SA lyk donker vir almal wit en swart want as dinge verder so aangaan gaan dit 2de Zim word.

    Ek t n SWART suid afrikaaner in n winkel raakgeloop aan die gesels geraak en raai wat Sy gaan terug SA toe nie Sy weet ook van ET en sy voel soos ek haat vir die regering en moeg vir misdaad syt n B,com graad maar kon nie werk in SA kry nie is ook swart

    ET het nie dit verdien nie nie eers n dier verdien so iets nie Mag God hulle staf besluit!
    Dit sal wel erger wees.
  20. eva
    2010/04/16 11:44:54 nm
    @ rene eugene het seker nie in europa erkenning geniet nie... swak grap!!!!!
  21. eva
    2010/04/16 02:45:10
    a = afrikaner
    w = wilde
    b = beeste
  22. Rene
    2010/04/15 08:37:52 nm
    Eugène Terre'Blanche se leiding en heldersiendheid van die toekoms het van hom 'n leier enig in sy soort gemaak. Sonder hom is die Boerevolk leierloos, en besef mense daagliks dat hy altyd die rigtingaanwyser vir sy volk was. Eugene Terre'Blanche was een uit 'n MILJOEN !!! Ons sal u baie mis !! Rus in vrede Leier. Ten minste weet ons waarvoor het u gestaan, en waarin u geglo het .

  23. Gesina dJ
    2010/04/15 08:07:18 nm
    Lynne so what? Ons gaan maak soos julle. Wat julle wil, wanneer julle wil, en hoe julle wil. En net ons gaan toegesluit word. Leka nuwe suid afrika. En eksuuks tog as ons pak en waai gaan julle mekaar dood maak. STRY??? hEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHEHE.
  24. Eugene
    2010/04/15 06:02:03 nm
    Ek bid maar net vir Suid Afrika, my familie en vriende daar. Dit is al wat ons kan doen. Ongelukkig vir die bruin mense wat se wittes is rassiste, jammer om julle mee te deel maar deesdae word wit swart en bruin vermoor. Wittes dalk net bietjie meer omdat Malema dit aanwakker. Ek bly lekker in Europa en sal dit nie vinnig verruil om weer in SA te bly nie. Ek het n goeie werk en blyplek, inteendeel, ek het in 2 jr meer bereik in Europa as wat ek in 10 jaar in SA probeer bereik het omdat ons wittes afgekeur word vir posisies.
  25. Rene
    2010/04/15 05:59:46 nm
    My innige simpatie met Mnr. Eugene Terre'Blanche se vrou Martie, en Bea, en familie. Ek se nog al die jare hy was 'n BRILJANTE en ONVERSKONKE leier gewees, iemand wat geweet het waarvan hy praat..net jammer sommige mense wou hom nie destyds geglo het, toe hy ons teen al hierdie dinge wat nou gebeur, gewaarsku het nie!! Hy was die ENIGSTE politikus wat nog ooit 'n toekenning oorsee ontvang het, vir die BESTE spreker in die hele wereld!... nou wat se dit vir julle?...hy het nie tydens elke vergadering of toespraak oor 'n klomp " onwaarhede of gemors" gepraat nie.. hy het oor dinge gepraat wat hom na aan die hart gele het, en gepraat oor ware feite, omdat hy lief was vir sy volk en sy land. My hart is verskriklik seer oor alles, maar terselfde tyd is ek woedend!! woedend omdat ons geliefde Eugene Terre'Blanche vergruis, en weggeskeur is van ons af, en dan se die 2 jafels se advokaat nog boonop op gisteraand se nuus, dat hulle ....LET WEL: ONSKULDIG GAAN PLEIT!!! Kan jy nou meer!!!... ek het nou al 5 verskillende 'VERSKONINGS" gehoor wat die duiwel se 2 trawante gegee het vir die brutale moord, wat glo die rede is vir hulle barbaarse optrede!! Dit lyk vir my asof hulle nie eers meer kan onthou wat hulle gese het nie !!... of nee...laat ek eerder se, hulle word "voorgese" wat om te lieg!! Wat gaan van ons word in hierdie korrupte land waarin ons bly, met sy korrupte regering!!! Dis 'n verskriklike verlies vir ons wat vir Leier geken het..ons wat sy hart verstaan het, en wat in hom geglo het. Die wyse hoe die barbare ons leier vermoor en gemartel het, sal vir ewig in ons harte saamgedra word, en ons sal dit vir die res van ons lewe onthou.. Toemaar Leier, ons wat agterbly, ken die waarheid...dit kan niemand van ons af wegvat nie... elke hond kry sy dag... en God sal hulle 2, en wie ookal wat saam in was hiermee, nie ontsien nie!!
  26. amanzimtoti
    2010/04/15 04:24:11 nm
    Kyk na die laaste onderhoud van ET , daar is miljoene Suid-Afrikaners wat sal saamstem met wat hy se, maar hy is al een wat die moed gehad het om dit in die pers te se. AWB word weer n party waarvoor ons wittes kan stem en so ons land terugkry. Kry malema uit die land uit , hulle kan net moor en verkrag omdat dit "HULLe" land. Dis hoekom ons is waar ons is.
  27. Lynne
    2010/04/15 01:49:22 nm
    Nee Bianca, ek's gelukkig nie wit nie maar ook so half wit soos Anna! By the way Anna ek weet hoe jy voel, was en is self daar. Skielik word net wit mense vermoor, imagine that!! Al die ander wat vermoor word maak mos nie saak nie, hulle het mos nie rooi bloed nie. ET het net uiteindelik gekry wat hy verdien het maar natuurlik sal julle wittes hom net in 'n goeie lig beskou. Julle klomp rassiste maak my siek, dan gaan julle terug werk toe en smile vir die tea lady of loop hier tussen ons rond en maak asof julle mense is. Sies!
  28. AS
    2010/04/15 11:12:03
    Ek as wit dame wonder maar net of die wit nasie ook so sou aangaan as dit n swart man was wat vermoor was?
  29. Bianca
    2010/04/15 08:34:04
    Lynn word wakker poppie en kyk om jou rond al die wittes word vermoor vandat die ANC oor geneem het en jy dink dis goed so ek kry te skaam om te dink dat jy wit is. ET was nog die enigste hoop vir ons gewees om die land terug te kry sterkte aan die AWB en ET se familie ons rou saam met julle.
    Mag God met julle wees. Ons oe is op die Here vir beskerming.
  30. Emma en Tracey
    2010/04/15 03:56:25
    Only cowards will attact and murder old people in the manner which is now occuring in your country. This seems to be a nation full of cowards.
    May the Lord,guide and protect His people. Emma Thanks for translating to us here in NZ. Tracey
  31. ANNA
    2010/04/14 08:32:05 nm
    Gee my krag, "blankes moet saam staan" moenie my laat lag nie, vir jare het julle gemoor, verkrag , geroof, beledig en verneder, en nopu wil julle kom huil omdat elke HOND sy dag kry.... hoe belaglik is julle nie. dis soo snaaks, ek is half wit, maar ek lyk wit, niemand het ooit die verskil geken, en dit het toegellat dat ek onder di "skerms" bly, dat niemand met my sukkel nie of rasisties wees want hulle het nie geweet wat ek uiondelik is, en as n kind het ek groot geword en fesien hoe my swart ma, ouma neefs en niggies verneder word, gelaat voel word asof hulle niks werd is en nooit iets sal wees.. Ek stem nie saam met moord, maak nie saak water kleur die vermoorde is, maar ek stem saam dat julle belaglik is, noem julleself kinders van GOD, maar ek is so seker as wat ek hier staan, julle en die voor julle en die na julle wat dink julle is wit en beter gaan almal hel toe en dit is waar Eugene Terblance op die ooblik verot. MAY GOD HAVE MERCY ON YOUR SOULS, BECAUSE NO ONE ELSE WIL!!!
  32. Chandre
    2010/04/14 04:58:14 nm
    Ai , hierdie land en sy mense!!!Sterkte vir julle en ek bid vir jul onthou net dat die Here ons God altyd by jul sal wees!! met baie liefde
  33. annet
    2010/04/14 03:51:27 nm
    Baie sterkte aan Tannie Martie en Bea, dink aan julle !

    Liefde
  34. Ilze
    2010/04/14 12:38:49 nm
    Ja dis nie mooi nie, en dis nie mense wat hom vermoor het nie, dis diere, kyk na die diereryk, hulle vermink en vermoor ander diere.
    Baie sterkte en geloof word julle toegewens, mag ons nie met haat hieraan terugdink, God sal sorg ons moet net glo en bly bid. Hy het so pragtige rustige stem gehad, glo die engele in die hemel is bly om hom daar te kan hê en hoor.
  35. Antoinett
    2010/04/14 11:56:25
    Baie sterkte aan ET se familie.
    Dit is vir ons opregte wet afrikaner 'n groot verlies in sy afsterwe.
  36. Marie - Witbank
    2010/04/14 11:56:13
    Ek was trots op oom Eugene en dit was met uiterse skok toe ek van sy moord verneem. En soos die meeste van die kommentaar stem ek saam dat ons as volk terug na GOD moet keer. As dit voorspoedig gaan en jy kan elke aand 'n heerlike bord kos eet, jy 'n fantastiese salaris kry en die moderne era jou begogel vergeet meeste van ons Die Meester.

    Oom Eugene het hard gepraat en genoem wat so baie van ons bang was om te se. Ons moet almal saamstaan en GOD se hand vat, wat nou gebeur, het voorheen gebeur, maar nou is dit op 'n baie groter en erger skaal. Ons het begin bang word vir die meederheid en het maar stil gebly en die modder wat in ons gesigte gegooi was net afgevee. Oom Eugene het met sy lewe betaal in wat hy glo en hy wou he dat ons ons oe oopmaak, in sy toesprake het hy ons daarop gedruk om die werklikheid van sake te sien. Hy was 'n gelowige en selfs in die Bybel het die Christene vir hul en GOD se reg oorlog gemaak. Ek bid dat Onse Vader saam met Tanie Martie, Bea en almal wat lief vir oom was, sal dra.
  37. Lynne
    2010/04/14 10:47:11
    Hy was net 'n rassis, shame om jul te se daai droom oor 'n volkstaat sal nooit waar word nie. Dit was nooit wittes se land nie - hou op begeer wat nie aan jou behoort nie. Die land is nou wel nie perfek nie maar almal kan gaan waar hul wil en almal is vry. Vir diegene wat so gegrief is oor die land, pak jul goed en gee pad asb, ons sal jul nie mis nie! Al gaan die land die afgrond in sal dit nog beter wees as om met rassiste saam te leef.
  38. MONICA
    2010/04/14 10:09:36
    Eugene was waarlik laaste van WARE BOERE soos ons hulle ken uit ons voorgeslagte. Die wat se die mense in Ventersdorp het hulle wangedra. Is dit nie dalk omdat ons volk is waar ons is nie. Kyk na die geskiedenis en ook die Bybel. Die gelowiges het gebid maar dan het alles nie sommer in hul skoot geval nie,al was hul geloof hoe sterk. Die Here het hul die krag gegee om die vyand te beveg. Wat het gebeur by Bloedrivier? Ons moes veg om die vyand te oorwin- MET DIE HERE SE HULP.Is dit nie hoekom ons sit waar ons sit nie? Ons het nie meer die nodige geloof nie en ons lewe te gerieflik. So maak ons ook ons kinders groot. Alles in die lewe gebeur met n doel. Hoe min mens dit ook verstaan het hierdie onsinnige moord ook n doel gehad. Ons volk begin oopgaan en staan al hoe meer saam. Die jeug wat nie eers vir Eugene geken het nie besef ook nou waaroor dit gaan. Mag ons volk herenig!
  39. Annalize Du Preez
    2010/04/13 09:20:03 nm
    Hy is en hy sal altyd n HELD wees!!! Wat met hom gebeur het was onnodig.... Dis wat n mens kry in die nuwe Suid Afrika....
  40. Gesina dJ
    2010/04/13 08:59:01 nm
    Jan, bewys voor jy praat asseblief.
  41. Reinette
    2010/04/13 08:58:11 nm
    My innige simpatie vir Eugene se vrou en dogter maar wat my pla van die hele storie is dat Ventersdorp hul jong kinders by die dood ingesleep het deur met vlae rond te hang. Ek gee nie om dat die mans hul wangedra nie maar hoekom kinders by hierdie moord te sleep? Uiters swak en laag van hierdie ouers om dit aan hul kinders te doen. Hou kinders weg van hierdie soort moord en dood. Ja ek weet hulle moet bewus gemaak word asook blootgestel word maar nie op die manier wat in Ventersdorp gebeur het nie!!!
  42. Gesina dJ
    2010/04/13 08:43:51 nm
    En as ek 'n nazi is so what? Dis 'n demokratiese land ek kan wees wat ek wil. Dankie. Gesina.
  43. Gesina dJ
    2010/04/13 08:39:58 nm
    Ek was lanklaas op die net so ek lees nou eers weer. Maar Marie en Brigette, ek bly alleen met 'n 4 jarige en 'n ses jarige op 'n plot, en ekskuus my ons is wit. jy gaan my seker kom help as hulle my diere kom vergiftig. En da is net een swart vark dis malema en die wit vark is fw de klerk en die gemengde vark is jy. So koebaai. Gesina.
  44. ANN
    2010/04/13 01:46:10 nm
    EK DINK ONS MOEILIKHEID IS NOU OPPAD. MENS MOET BEGIN OM GOD SE HAND TE VAT. HIER IS TEVEEL WAT GOD WIL SPEEL. ONS MOET SAAM STAAN EN SAAM BEGIN BID.
  45. Elize
    2010/04/13 12:30:22 nm
    Eva maak seker van jou feite jy maak van jouself belaglik.
  46. Jannie van Vuuren
    2010/04/13 12:05:19 nm
    Aan die sg "JAN" hierbo wat te geelgat is om sy naam EN van te gee, wil ek net sê daar is 'n Engelse gesegde wat lui: "Sarcasm is the lowest form of wit". Dit blyk egter nie of jy voldoende intellek het om "witty" te wees nie. Die familie kan jou hopelik met die hulp van jou e-pos-adres opspoor en jou deur middel van 'n hof (krimineel vir Crimen Injuria) en siviel (vir laster) dwing om jou wilde bewerings te BEWYS! Intussen wil ek en my vrou vir ET se familie en vriende God se sterkte en vertroosting toebid.
  47. annoniem
    2010/04/13 11:10:46
    Ek dink dit wat besig is om te gebeur in ons land vandat die anc aan bewind is is totaal
    onaanvaarbaar. Ou mense en jong kinders word helder oordag aangeval en
    doodgemaak, verkrag en verneder. Nie net onder wit nie maar onder swart ook, dit
    is sommer net swak van ons sogenaamde regering wat vir vrede baklei maar elke
    tweede mens wat iets te se het is rassisties maar meneer malema mag haatspraak
    en geweldadige uitbarstings maak en he maar dit is niks nie, dit is tyd dat ons as n land
    begin saamstaan en ophou leef vir en in gister, want gister is verby en more nie
    gewaarborg nie. baie besorgde suid afrikaner
  48. Elza
    2010/04/13 09:52:07
    Innige simpatie aan sy familie. Mag julle troos vind in hierdie hartseer omstandighede.
  49. tienie
    2010/04/13 06:17:49
    baie sterkte aan die familie. ek wil net se daar word nou allerhande dinge gese oor eugeme terblanche. hy is nie daar om homself te verdedig teen die beskuldigings. hy le in sy graf
  50. LOUNETTE SMIT
    2010/04/12 04:08:16 nm
    ons boere moet begin saam staan kyk sl die vrouens en kinders wat al vermoor is. ons kan dit nie langer toelaat nie hoe weet ons ,ons is nie volgende nie............STOP DIE MOORD
  51. amanda
    2010/04/12 03:20:28 nm
    Kan n MENS so haat. Geen mens kan dit doen nie. Jammer vir sy vrou en dogter. So baie mense bid en dink aan julle.So baie sterkte. Glo net in God. Hy is daar. Julle daar waar hy nou is het hy geen pyn nie. Maar hy sal onthou word. ET.
  52. annetjie
    2010/04/12 02:31:27 nm
    My simpatie aan die famielie van Eugene..Ja ek stem saam dat geen mens so vermoor moet word nie dis vieslik en so barbaars...ek kan nie glo dat n MENS so iets aan n ander kan doen nie!!
  53. Vanessa
    2010/04/12 02:14:29 nm
    Ek kan nie glo hulle maak al die goed van hom op nie? Hulle doen dit net want hulle weet hy kan nie nou vir homself op staan nie!
    AWB Ondersteuner
  54. Willa
    2010/04/12 12:12:54 nm
    Wat kan ek nog se? Mag GOD ons almal bewaar,want niemand anders kan nie.
  55. Elmerie
    2010/04/12 11:33:50
    Ek wil net my innigge simpatie met Eugene se vrou en dogter deel. Maar so kan dit nie aangaan nie die plaas morde moet gestop word waneer gaan dit op hou en ons mens moet by mekaar staan.

    Rus in Vrede ons Held
  56. Brigitte
    2010/04/12 11:14:39
    Dit is omdat daar te veel mense met 'n eenvoudige mentaliteit soos Gesina s'n in ons land is wat dit moeilik maak om vorentoe te beweeg. Dit is juis die van jou soort wat die gevaar vir ons land inhou.

    Sterkte aan die familie. Die wraak kom ons nie toe nie, maar vir God. Ek bid dat Hy julle sal vertroos en versterk deur hierdie moeilike tyd.
  57. melody
    2010/04/12 08:28:22
    Word net wakker asb!!!!Dit gaan nie oor die AWB hier nie.Eugene was n bekende
    blanke man...Daar is van hom n voorbeeld gemaak ,n voorbeeld sodat die res van die
    blanke bevolking kan sien wat op ons wag!Hou op politiek inbring. Dis n tyd vir ons om
    saam te staan,ons het mekaar nodig!!!Sterkte aan die familie van Eugene.
  58. Annabelle
    2010/04/11 08:02:28 nm
    My hart is seer saam met sy vriende, familie en die lede van sy party. Hy was reeds bejaard en ook sieklik. Geen mens verdien om so te sterf en boonop in die dood nog verder verneder te word nie. Ek is dankbaar dat oom Eugene sy hart aa die Heer gegee het. Ten minste is sy siel nie verlore nie. Mag ons Vader u almal vertroos.
  59. Isabella
    2010/04/11 05:12:18 nm
    Moord = Moord en geen motief op aarde maak dit reg nie.
  60. Sue
    2010/04/10 06:25:12 nm
    Nog 'n seder het geval. My innige simpatie met jul groot verlies, die Heer sal jul wonde heel en jul trane afvee. Die gewetenlose moordenaars sal eendag rekenskap gee, my familie het verskeie moorde ondervind, ook my Seun moes onskuldig boet. STERKTE
  61. Susan
    2010/04/10 02:52:34 nm
    Wil ook soos talle ander mense simpatiseer met die dood van Eugene TerreBlanche. Ken hom en sy gesin nie persoonlik nie. Al wat ek weet is dat ons 'n Almagtige Vader het, wat in beheer is van alles. Ons moet terugkeer op ons knieë vir ons ou volkie en die pragtige land wat ons in vrede wil bewoon. Ons is uitgelewer aan goddelose godlose mense!!!
  62. eva
    2010/04/10 11:28:49
    n nazi-leier, n mens wat veragtende stelsel wou invoer, n patetiese figuur wat van die afrikaners n bespotting maak, n hitler-groet wat God beledig... en dit was jul leier gewees? spreek boekdele en dan wonder julle hoekom die wêreld julle as skuim sien... eugen is nie beter as die anc se gewapende vleuel nie... hy is nou dood, laat hom rus - God alleen weet waar hy is...

  63. 2010/04/10 11:21:08
    die hitler-groet verraai die ware mentaliteit van die awb :-(
  64. richard
    2010/04/10 11:15:10
    ek wil alle sterkte toewens vir famielie en vriende .
  65. heni
    2010/04/10 10:36:31
    @ nadia
    stem saam met jou, ek ril as ek dink hoeveel mense bloot meelopers is en nie besef wat die hitlergroet beteken nie...
  66. Mickey de Beer
    2010/04/10 09:17:40
    sterkte...wees sterk...kyk op BOONTOE, ons Bid vir U en U gesin...GEEN MENS VERDIEN OM SO VERMOOR TE WORD NIE!!! Jesaja 41:10
  67. henis
    2010/04/10 09:12:44
    ek het en sal nooit met eugene se beleid saam stem nie - dit is my demokratiese reg, maar nogtans vind ek dat geen mens so n dood verdien het nie.

    ek is geskok oor baie boodskappe hier wat nie regtig oor "hul leier" treur nie, maar die forum misbruik om ander wat nie hul mening deel te beledig nie. dit getuig van n uiters swak agtergrond as mens nie eers soveel eerbied vir die dood het nie...

  68. nadia
    2010/04/10 02:04:35
    vreeslik om te sien dat suid afrikaners nog die hitler-groet as salueer aansien... as die oortuiging nou nog geldig is in die awb dan was eugene se dood sonder enige betekenis
  69. marie
    2010/04/10 01:17:00
    ek was geen aanhanger van eugene terblanche se nazi beweging nie, maar vind ook dat geen mens so n dood verdien het nie...

    @ gesina - jy het nie eers respek vir die mens wat jy kwansuis so aanbid nie - jy het net haat oor vir diegene wat nie met jou saamstem nie...
  70. Leonie
    2010/04/09 06:52:33 nm
    Baie sterkte aan tannie Martie en Bea. Mag God jul dra deur hierdie moeilike tyd. Julle sal altyd in ons gebede bly. Rus sag oom Eugene ons gaan jou mis.
  71. Celia Nel
    2010/04/09 06:43:47 nm
    Dis die wreedste manier om te sterf... GOD alleen gaan al hierdie gewetenlose moordenaars wat al die boere vermoor, nie ongestraf laat nie...

    Baie sterkte aan familie en vriende!
  72. C.B
    2010/04/09 04:49:56 nm
    My innigge simpatie. Net die almagtige Here kan julle hier deur help en hy sal. Hy was 'n boer en leier 1000. Ek hoop ons kan almal nou saam staan.
    Hulle moet die doodstraf terug bring.
  73. Gesin - RTB
    2010/04/09 04:32:55 nm
    Aan die Terre'Blanche Familie, sterkte!!! Ons as gesin dink en bid vir julle!
  74. Yolandie
    2010/04/09 04:23:33 nm
    Aan tannie Martie en Bea my innige simpatie met die baie groot verlies. Oom Eugene was my pa gewees. Die oom het so baie vir ons land beteken. Wens my kids kon die oom ontmoet het. Die Here hou Sy wakende en beskermende Hand oor tannie hulle en die familie. Die Here sal krag van Bo gee om deur die moeilike tyd te kom. Wou baie baie graag vandag daar gewees het maar omstandighede het dit nie toe gelaat nie. Die Here sal gereg en geregtigheid laat geskied. Alle sterkte en voorspoed voorentoe
  75. Markus
    2010/04/09 03:38:59 nm
    Ons gaan jou werklik mis! Hulle het een van ons volk leiers dood gemaak
    sonder enige skaamte nes 'n wilde dier!

    Die boere moet begin saam staan en op hou om bang te wees!
  76. Menno
    2010/04/09 03:02:42 nm
    Met innige deelneming. Gecondoleerd en veel sterkte toegewenst.
  77. Danie Smit
    2010/04/09 02:57:05 nm
    Die wiel sal draai. YaHWeH slaap nie. Die haan het so pas sy tweede maal gekraai. Die wat grappe gemaak het oor Siener van Rensburg en alle liberales en dit afgemaak het as 'n bangmaak storie sal nou begin bid dat die volgende visioen nie bewaarheid word nie. die son het so pas begin ondergaan vir die land. Hel wag nou op ons.
  78. riette
    2010/04/09 02:47:41 nm
    Ek wil ook net simpatiseer met die Terreblache familie. Geen mens het nodig om so te sterf nie.
  79. Dalien du Plessis
    2010/04/09 02:42:36 nm
    Ons innige simpatie, ons is so geskok, God sal ons trane afdroog soos in bybel belowe is. Sterkte en ons bid vir julle vir krag.
    Van al die Kongo mense. Sou so graag daar wil wees om julle te onderstuun.
  80. Esther Maree
    2010/04/09 02:31:16 nm
    Mag die Here julle met al sy liefde omvou, Julle veilig in sy hand hou en julle die krag gee vir die pad vorentoe. As Afrikaner staan ons met trots agter julle.
  81. Marie van den Berg
    2010/04/09 02:26:17 nm
    Hy is 'n man wat opgestaan het vir wat hy in geglo het, hy het sy God geken en daarvolgens geleef. My innige meegevoel met die hele familie
  82. Debbie
    2010/04/09 02:16:40 nm
    Oom Eugene het 'n stem gehad wat mens tot stilstand gebring het as hy praat,,,,,,Hy is en sal altyd my Hero bly......Ons het die nuus van sy moord in Ponta do Ouro gekry en dit het oud en jonk wat daar saam gekuier het tot stilte gedwing.. die ongeloof op almal se gesigte,,,,,,,Eks net dankbaar "Die Stem: is op sy begrafnis gesing want hy was DIE STEM,,,, en sal altyd wees,,,,,,Sterkte aan Tannie Martie en Bea,,,, MAg Gods hand julle lei en dra deur hierdie seer tyd,, maar wees ook gerus,,,,,HULLE GAAN BETAAL!!!!!!
  83. Retha
    2010/04/09 01:44:47 nm
    Die einde van die laaste 100% BOER van Suid-Afrika. Niemand gaan jou skoene vol kan maak nie. Dankie vir die stryd wat jy gestry het en dat jy nooit jouself of jou volk verraai het nie. Vind vrede. Sterkte aan almal wat lief was/is vir jou.
  84. Susan Krüger
    2010/04/09 01:43:56 nm
    Wat 'n hartseer dag, my innige simpatie aan sy familie.
  85. embrientia
    2010/04/09 01:42:21 nm
    wou net se ek is jammer oor oom eugene se dood en dat hy op die wreedste manier denkbaar vermoor is....
  86. Nicola
    2010/04/09 01:41:27 nm
    Daar is geen woorde wat enige iemand kan sê aan die familie van 'n persoon wat so wreed vermoor is. Hierdie gemors in ons pragtige land moet stop, almal leef in vrees. Aan Mnr. Terre'Blache se hele familie ons bid almal vir julle, dis net deur God se genade alleen wat julle hierdeur sal kom. May God have mercy on us all!!!!
  87. Cynthia
    2010/04/09 01:38:11 nm
    Innige simpatie aan Eugene wat so onnodig moes sterf deur gewetenlose varke, hulle is nie mense nie. Wens sy vrou en dogter net sterkte toe vir die toekoms
  88. Shantel
    2010/04/09 01:30:29 nm
    wat kan ek se... behalwe jammer. Ek voel vandag net so neerslagtig en wens dat ek my eer kom betoon het daar in Ventersdorp.

    Ek bid dat ons Hemelse Vader vir ons sal lui, veral vir ET se familie.

    Et.. jy was baie van ons se "hero".
    Rus in Vrede ons held.
  89. JS
    2010/04/09 01:19:49 nm
    Ja Gesina - ek stem saam jou - eers gee hy sy land weg en toe sy vrou!!!
    Eugene Rus in Vrede - en aan sy familie my innige simpatie.
  90. Lizette
    2010/04/09 01:14:51 nm
    My innigge simpatie met Eugene se vrou en dogter, dit moet vir 'n hulle 'n baie moeilike tyd wees, as 'n persoon na aan jou sterf van 'n siekte kan mens ek dink dit maklik verwerk, maar om vermoor te word onder sulke omstandighede is vir my net nie aanvaarbaar nie.
    God sal saam met jul wees in die tye van hartseer en wend jul na Hom om jul trane af te vee.
    Baie sterkte en jul is in my gebede.
  91. Estelle Nel
    2010/04/09 01:07:07 nm
    Al wat ek kan se is hoekom hoekom hoekom. Tannie ek bid vir jou en jou meisiekind jul moet sterk wees. R.I.P Oom Terre’Blanche.
  92. RACHEL PRINSLOO
    2010/04/09 12:03:24 nm
    Daar is woorde wat sê die hart van 'n boer lê dieper en wyer en hulle gaan dit nog sien - ons is 'n nasie wat weer op gaan staan.
    Eendrag maak mag.
    Aan Eugene se vrou en dogter al sy vriende familie en bewonderaars sterkte aan julle deur hierdie moeilike tyd vertrou net in God en hy sal julle dra deur hierdie hartseer tyd.
    En aan die waaglike halglike moordenaars julle mag dalk vir SOMMIGES soos heroes lyk maar glo my die dag as julle voor God moet staan sal ons sien julle dag sal kom en onthou moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Om 'n man so erg aan te rand na hy wel voorheen vir jou lone betaal het en gesorg het dat jy 'n werk het, maar nee nou dat hy nie daar is om hom self te verdedig nie sê julle hom sleg nee sies sies sies. Ek gaan elke dag op my kniee en dank die Here vir my werk en werkgewer of my salaris nou goed of sleg is want vir die salaris wat ek kry kan ek vir my kinders kos koop om hulle magies te vul. Ek gaan hom nie met 'n panga vermink omdat ek dink ek kry nie genoeg salaris nie nee ek gaan nie. Word wakker man die lone storie is 'n klomp bog want hoekom is Eugene op die 4 April 2010 vermoor vier dae na die nuwe kinderwet op 1 April 2010 in werking getree het ????????
  93. Lelanie
    2010/04/09 11:14:18
    Ek dink dit moet vreeslik wees om op so manier doodgemaak te word - nee ek weet nie wat gaan van ons word nie.

    Dinge kan nie langer so aangaan nie!!!
  94. Gesina dJ
    2010/04/09 10:53:19
    Dit was eers Marike nou Eugene en dis alles daai slapgat FW de Klerk se skuld wat die land weggegee het en nou met sy houvrou wegkruip in ander lande. Dankie Vader ek het nie ja gestem nie. Pleks hy terug kom dat hulle hom eerder gryp hyt alles begin. Ek wonder hoe de hel slaap hy in die aand. Ek sal hom nooit vergewe nie.
  95. Bronwyn
    2010/04/09 10:32:56
    Ek wil net my innigge simpatie met Eugene se vrou en dogter deel.
    Ons glo en vertrou God sal julle dra deur jul verlies en jul sterk maak.