Eugene de Kock - bly of gly?

ʼn Nuttelose oefening. Dit is wat Eugene de Kock die misdade noem wat hy as werktuig van die destydse apartheidsregering gepleeg het en waarvoor hy intussen tot twee keer lewenslange tronkstraf en daarby nog 212 jaar agter die tralies gevonnis is.

Hy is immers op nie minder nie as 89 aanklagte skuldig bevind, onder meer dat hy ses moorde gepleeg het. “Ons het hul families se lewens vernietig en hul lewe onherroeplik verander . . . ons het mekaar vernietig en niks daardeur bereik nie,” het hy destyds voor die WVK gesê.

Dit was nuwe klanke uit die mond van die mees berugte veiligheidspolisieman van die apartheidsera, ’n man wie se eie makkers hom Prime Evil gedoop het. Nie almal het dié klanke vertrou nie.

En nou is daar ’n reuse herrie oor sprake dat hy vrygelaat gaan word; kwytskelding van pres. Jacob Zuma gaan kry – dalk ’n gebaar jeens Afrikaanssprekendes as vergoeding vir kwytskelding wat glo ook aan die president se ou makker die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik gegee gaan word.

Eugene en sy trawante van die veiligheidspolisie se berugte moordkamp, Vlakplaas, het destyds nie geskroom om wreed en gewetenloos te moor en martel nie. Mense is na buurlande ontvoer en met plofstof in stukke geskiet. Dat dié man dalk binnekort vry kan uitstap, is vir baie ondenkbaar.

Wat op Vlakplaas gebeur het, klink soos iets uit ’n grilprent. In die boek A Long Night’s Damage, soos vertel aan die veteraan-joernalis Jeremy Gordin, het Eugene vertel sy pa het ’n gematigde benadering tot swart mense gehad. “Hy het gesê hoewel daar kulturele verskille tussen swart en wit rasse is, is swart mense ook mense en dat daar, soos die geval met wit mense, goeies en slegtes is.”

In Mamelodi-Wes, Pretoria, soek Lizzy Sefolo (68), weduwee van Harold Sefolo, steeds berusting. “My man is dood en niemand kan hom terugbring nie – hulle kan hom maar vrylaat; dit maak geen verskil nie. Maar dan moet hy oor alles bieg wat hy nog vir homself gehou het. Miskien sal dit ons wat agtergebly het, help.”

Lees meer hieroor in Huisgenoot van 4 Februarie.

Wat dink jy? Moet Eugene de Kock vrygelaat word of nie?



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (28)


  1. oud E19
    2010/03/08 01:20:20 nm
    die polisie was en is steed is hierargie en nie 'n demokrasie nie..opdragte word uitgevoer geen keuse!
  2. Piet
    2010/02/28 03:18:06 nm
    Laat hom vry as sy vel swart was , was hy al lankal vry. Dubbel standaarde, omgekeerde Apartheid.
  3. Tobie
    2010/02/18 03:55:56 nm
    Sorry wou nog se gee vir ons die getalle van SA troepe vat soos honde dood geskiet is deur swapo.Of is dit niks dit het gegaan of skiet of word geskiet in opdrag van ons agbaare minister wat nou wil k_k praat uit n ander land want hy is te bang om in SA te bly .
  4. Tobie
    2010/02/18 03:51:29 nm
    Kom ek stel dit so.ek was ook opgeroep weermag toe vir 2j verpligtend as jong man net uit die skool. As jy inklaar word daar in jou kop in geprint jy is hier om jou land te verdeedig teen terorisme.Jy word geleer selfoorlewing hoe om n vuurwapen te gebruik teen terorisme.As jy grens toe gegaan het was dit vir oorlewing jou land verdeedig.Nou kyk ons na die terroris was op gelei om die wit man dood te maak om sy famielie dood te maak.Hoeveel bevele het Mandela gegee om te moor en al die ander.Dit was oorlog vir oorlewing.Hou nou op om k-k te praat en gaan aan met die bou van n nuwe Suid Afrika laat die man vry hy het in opdrag van sy land op getree net soos enige lyer van die anc.
  5. Paul
    2010/02/15 06:35:52 nm
    Hoekom moet sommige mense vergewe word vir hulle aandeel in die "struggle" en ander nie?

    Laat die man vry net soos Nelson Mandela en trawante vergewe was en vrygelaat is na hulle dade van terrorisme.
  6. Jennie
    2010/02/13 12:29:20 nm
    As dit nie vir Eugene de Kock was nie, sou baie van ons nie hier gewees het nie.
    Hoeveel bomme het hul onskadelik gestel, dink aan die bomme by Sterland destyds,
    waar hoeveel van ons, toe nog jong mense was, gaan fliek. Ons het hom baie dank
    verskuldig. Min mense weet werklik hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het. As hy en
    sy Vlakplaas ouens nie gedoen het wat hul gedoen het nie, was so baie van ons uitgemoor.
    . Die dag wat Eugene de Kock uit kom sal vir my wonderlik wees. Dis jammer dat mens opinies maak op dit wat jy hoor en lees . Die werlike rede en politiek rondom Eugene de Kock mis gekyk. Hy Is
    eintlik sonder dat ons besef 'n groot hero, wat ons beskerm het daai tyd.
  7. Mark van Rensburg
    2010/02/05 08:26:36
    Wie oordeel ... wel is self nooit geoordeel.
    Snaaks hoe dit werk, lag wekkend
    Laat die man uit, teminste erken hy sy aandeel
    n goeie stort en uie is net so goed vir vergifnis as vir aids
  8. Anika
    2010/02/05 08:21:48
    Wanneer een mens 'n ander se lewe neem is jy skuldig voor God, net God kan hom waarlik vry spreek as hy berou het en om vergifnis vra. Of hy uit die tronk gelaat moet word of nie, dit is nie vir my om kommentaar oor te lewer nie.
  9. Corne
    2010/02/04 10:11:10
    Laat hom vry
  10. CN
    2010/02/03 09:37:13 nm
    Ter inligting. Die foto is geneem na Kol de Kock gearresteer was. Op die foto regs agter is Mike Holms, een van die ondersoek beamptes van die Nasionale Prioriteits Misdaad Eenheid, wat intussen oorlede is aan kanker. Regs voor is onbekend. Links agter is Gert vd Merwe `n speurder van Bedreigde Spesies wat niks met de Kock uit te waai het nie. (hy het intussen selfmoord gepleeg) Regs voor is Maj Pierre Erasmus die waarnemende Bevelvoerder van Bedreigde Spesies wat na C10 daaruit is daar ingetrek het. Hulle het niks met de Kock uit make nie. Maj Erasmus moes egter by wees met uitwysings. Om te noem dat dit Kollegas was is dus feitlik verkeerd.
  11. Manie
    2010/02/03 06:03:15 nm
    Laat hom vry. Hy was n polisieman en maar net n kaptein, hy kon nie enige iets doen sonder goedkeuring of bevele van meer senior mense nie. En daai mense loop skotvry rond vandag. Moennie hom oordeel as julle nie die ware feite ken nie.
  12. IS
    2010/02/03 04:48:35 nm
    Laat hom vry, selfs ons president het nie 'n skoon rekord nie. As ons president nie vervolg word vir korrupsie waaroor moet De Kock nog in die tronk sit. Daar is baie meer ANC moordenaars wat vry rondloop. Wat van Clive Derby-Lewis, hy moet ook vrygelaat word
  13. jan vorster
    2010/02/03 02:36:26 nm
    laat hom vry. Wat geld vir die een geld vir die ander
  14. Dalene Steyn
    2010/02/03 02:24:16 nm
    Ek stem beslis nie saam met die dinge wat de Kock gedoen het nie maar ek wil net `n klip in die bos gooi........ Sou hy die dinge gedoen het wat hy het as hy as jong man `n KEUSE gehad het of hy wil weermag toe gaan of nie. As hy nie deur die regering gedwing was om diensplig te doen nie en die weermag nie die kans gegun was om sy persoonlikheid en denke te verander nie, was hy vandag dalk nie die mens wat hy is nie. Ek noem dit maar net.............................
  15. Lierra
    2010/02/02 08:16:13 nm
    Whatever............
  16. Henrina Strydom
    2010/02/02 04:37:44 nm
    Laat Eugene VRY!!!! Dit is 'n saak van beginsel. As die "ander" vrygelaat kan word, sonder verhoor, hoekom nie Eugene nie?
  17. jbj
    2010/02/02 02:29:18 nm
    Geen simpatie vir De Kock of enige ander misdadiger nie! Ja, daar is ander wat ook in die tronk hoort, maar dit is geen rede om 'n moordenaar (maak nie saak in wie se opdrag hy opgetree het nie) vry te laat nie. Dit was bose dade en daarom kan mens nie net ander kant toe kyk nie.
  18. la roux
    2010/02/01 11:06:58
    Daar gaan daagliks honderde krimineel-vry. What makes the difference???
  19. JP
    2010/02/01 09:40:56
    maak nie saak wat nie, De Kock is slegte nuus... hy het nie berou getoon oor sy dade nie. Dit was 'n kliniese daad vir hom.
  20. Elsa
    2010/02/01 06:57:19
    Laat hom vry, hy het gedoen wat van hom verwag was om te doen. Dit moes
    hel genoeg wees wat hy deurgegaan het, en ek is seker hy het berou.
  21. nw
    2010/01/31 09:12:00 nm
    Dit gaan nie daaroor of hy het of nie het nie. Dit gaan oor deurgaanse reverdigheid teenooralmal wat soorgelyke dade soos hy gepleeg het. Hoekom is die ANC mense nog nie verhoor oor wat hulle alles gedoen het nie. Die fondasie van die onderhandeling was immers dat ons in Suid-afrika op 'n skoonbladsy sou begin. Nelson Mandela het met sy vry lating hoeveel misdadigers onder ander moordenaars vrygelaat. Vandag is daar al meer mense veral wit ou mense deur deur swart jeugdiges op die mees sadistiese manier vermoor as wat Eugene gepleeg in 'n mandaat van die staat. Ons vergeet hoe gespanne die gemiddelde landsburger was na die Kerkstraatbomontploffing en die bomplanter wat by Holiday Inn opgeblaas is. Ons vergeet van die stedelike tereur wat deel van ons lewe was. JAJA die witswart storie het nog nie gaan lê nie.
  22. HL
    2010/01/31 05:58:38 nm
    'n Krimineel is 'n krimineel... Hy hoort in die tronk! Nes Schabir Shaik.
  23. ben spies
    2010/01/31 01:50:09 nm
    Laat hom vry,hy het gedoen wat vir hom gese was en nie net hy was verantwoordelik vir daai dade nie
  24. Amanda Pretorius
    2010/01/31 07:57:05
    Daar is vandag soveel moordenaars op strate, laat hom vry, en laat almal aangaan met hulle lewens...die moontlikheid is dat hy opgesoek sal word en ook vermoor sal word... so nou watse besluit is die beste???
  25. At du Plooy
    2010/01/30 06:44:07
    Laat hom vry en gee hom 'n medalje! Hy het veel meer gedoen as FW de Klerk!
  26. Greg
    2010/01/29 04:54:07 nm
    Let him out !!
  27. AP
    2010/01/29 02:19:19 nm
    Hy moenie vrygelaat word nie.
  28. Jenna
    2010/01/29 02:18:41 nm
    Hou om in die tronk! Ons het genoeg misdadigers op straat.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities