'Ek het nie Anika se hande afgekap nie'

E-pos
Print
Julius Meyer
Julius Meyer

Met sy gejelde jare en modieuse jeans lyk Julius Meyer (23) soos enige ander sorgelose student. Maar bekyk jy hom  stip, sien jy hoe klem hy sy boeksak vas en probeer hom onopsigtelik hou tussen die ander studente by die kollege aan die Oos-Rand.

Hy is groot en gespierd, maar hy praat met ’n fluisterstem. Hy het gewoond geraak aan wegkruip. Dan gebeur dit tog: ’n Paartjie herken hom en begin hom opgewonde bespreek. Hy is immers die mens wat ander die afgelope twee maande gesê het die 18-jarige Anika Smit van Pretoria vermoor en haar hande afgekap het (Ma vertel: My kind se hande afgekap, 26 Maart).

Dit was alles oor ’n toevallige – en hoogs ongelukkige – opmerking wat hy op die kletswerf Facebook gemaak het en wat toe sy lewe twee maande lank ’n lewende hel gemaak het. Nou, eindelik, was iemand anders in die hof en daardie wolk kan dalk begin lig...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Mei 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (20)


  1. NICOLE BOSCH
    2010/09/22 10:32:09
    ai tog....dis hartseer en ek glo nie hy het dit gedoen nie.... bring doodstraf terug!!!!
  2. SH
    2010/07/07 06:21:09 nm
    Het iemand al die apteek se afleweringsman ondersoek? Dit bly vir my 'n tergende vraag, hoekom sy die honde spesiaal gaan toemaak het voor sy die moordenaar laat binnekom het.
  3. lea
    2010/06/16 09:54:19
    Die persoon of persone wat dit aan ANIKA gedoen het kom uit met die waarheid dat die kind kan rus en haar ouers ook. JY SAL OOK DALK N PA OF MA WEES... sal jy daarvan hou dat iemand dit aan jou kind doen
    wees n man en gee jou oor...God slaap nie bely jou sonde nou...
  4. Diana
    2010/05/31 11:31:54
    Ek kan nie eens begin dink deur watter hel hierdie mannetjie al deur is nie! Hoe op aarde moes hy weet dat 'n onskuldige opmerking so ver sou gaan? Ek is wel verlig dat die werklike wreedaard vasgetrap is. Wens die doodstraf kon terugkom......
  5. chantelle
    2010/05/28 04:54:24 nm
    ek het die artikel gelees in die 27ste se huisgenoot, ek dink mense moet begin dink voor hulle doen. liewe aarde man, hoe kan jy net as gevolg van n simpel aanmerking glo dat daardie persoon skuldig is aan iets. wys jou net weer in watter tipe siek wereld ons lewe, mense wil mekaar om elke hoek en draai kwaad aan doen. wanneer gaan dit end kry...
  6. alida
    2010/05/27 12:48:13 nm
    BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!
  7. Tanya
    2010/05/26 11:49:50
    Ongelukkig kan mens nooit genoeg sê oor iemand wat vermoor word nie. Maar om aantuigings rond te gooi deur nie 100% seker te wees van jou saak nie, veroorsaak dan ook dat daar mense in GROOT moeilikheid kan kom wat eintlik onskuldig is. So 'n opmerking kan meer as net een persoon se lewe verwoes!!! Soos in Julius Meyer se geval... Net deur 'n stupid aanmerking op sy facebook, het almal op hol gehardloop met een Status. Dink net daaraan wat jy aan hom gedoen het? Sy gesig en naam het groot skade gelei, en dit omdat jy nie jou feite agtermekaar gehad het nie!!! Wat die "Siener" se geval betref, hoe seker is jy dat jy 'n siener is? Het God jou self met daai gawe gedien? Of was dit van die ander magte af? Enige ware Christen is veronderstel om te weet dat Profete en Apostels bestaan, nie "Sieners" nie... Die woord Siener is net 'n woord. 'n label... Dink net daaraan dat jy ander mense se lewe verwoes omdat jy suur is... Vir Anika se familie: "Ek bid vir julle!!! Onthou net sy is by God en Jesus hou haar styf in Sy arms vas en Hy sal haar nie los nie... Hou vas aan Hom en Hy sal julle vertroos en julle help deur hierdie tyd. Ons gebede gaan uit na julle. God Bless...
  8. Mariska
    2010/05/26 08:17:13
    Ek self het nie vir Anika geken nie maar dit maak my so kwaad oor haar moord!!! Wat het sy aan jou gedoen dat sy dit moes verdien??? Hoekom haar vermoor? Is jou selfbeeld so laag dat jy iemand anders se lewe moet neem??? Ek hoop en bid wie ookal jy is...dat jy gevang word en gestraf word op die ergste manier!! Jys n vark en nie n mens nie!! Al my liefde en simpatie aan Anika se ouers en vriende!!!!!
  9. ICI
    2010/05/25 11:09:06 nm
    Hierdie wreedheid - kultuur in onssamelewing moet met wortel en tak uitgreroei word. Hoe? Hou dit eenvoudig en doeltreffend: bring terug diedoodstraf. Hoekom wil ons sulke wreedaards se gene laat voortteel?
  10. SasKo
    2010/05/25 09:16:02 nm
    Julius dude wat gaan heir aan, ek weet jy sal nie so iets besiel doen nie maar what the hell, dude ek hoop dinge kom reg vir jou en onthou net daai aand toe daai shit gebeur jy het amper vlou geval dink net dude daar is God en n Groot God ek weet jy sal nie so iets doen maar ja long time no c, anyway Hoekom traai jy nie bid nie en laat God jou help in die saak jy sal sien hy drop n mens nooit waneer hy welkom voel nie, En ma en pa van Anika moenie worry Groot pa (God) kyk na haar en sy is in die beste hande en as die Moordenaar nie nou gevang word nie, moenie worry oordeel's dag kom en dis erger as net n paar hande laat God sy Straf Bepaal Want God is al een wat kan judge . . . . STerkte Juluis ne ouers
  11. Charmaine Jonker
    2010/05/24 10:36:35 nm
    Dit is n vreeslike ding wat oor hierdie familie gekom het. n onskuldige jong meisie was die slagoffer van die een of ander siek ellendeling.ek bid dat die familie hulle na Onse Vader keer en bid dat God hulle die krag en insig sal gee vir dit wat nog kom.dit gaan onaangenaam wees,maar nodig.Wees sterk en GLO, en onhou,die hele land staan agter julle,almal wil gereg sien seevier.Sterkte
  12. Valery
    2010/05/24 05:18:47 nm
    Wat die rede ook mag wees sy straf sal hy kry ,ek voel jammer vir Aneke se ouers en net so jammer vir die onskuldiges wat verdink word ,dit sal altyd by die mensdom opkom dat jy verdink was Maar ek voel ook jamer vir die skuldige se ouers en naaste familie ,as my kind dit aan n ander doen sal ek eerlik nie weet wat om te doen nie .Mense kan lelik raak omdat hul jou nie ken nie maak nie saak hoe jy jou kind opgevoed het nie hul kom le dit voor jou deur,Mag God hul ook nes vir Aneke se ouers hierdeur lei en mag beide ouer pare berusting vind .Jul is almal in my gebede.
  13. pieter van as
    2010/05/24 04:37:37 nm
    as jul die regte ou kry wat dt gedoen het laat annika se ouers self met hom deel want ek glo hy sal sy deel van hul hartseer en pyn voel.GOD GAAN ASB MET ANNIKA SE OUERS SEEN HUL EN LAAT HUL PYN WEG GAAN EN NET DIE MOOI VAN HUL KIND ONTHOU AMEN
  14. Ander
    2010/05/24 02:55:08 nm
    Julius probeer nou sag voorkom maar ek was saam hom op skool, hy was nogaltyd baie luidrigtig en was nie bang om sy se te se nie, maar nooit geweldadig teenoor vrouens en beslus nie n moordenaar nie. Dalk het die storie hom bietjie sagter gemaak, mens weet nooit! Mag Anika se regte moordenaar gestaf word!
  15. Melanni
    2010/05/24 01:22:09 nm
    Dis nie te se Facebook en daai ruimtes is sleg nie, dis die mense wie se koppe uithaak en na instansies moet gaan, maar niemand dit agterkom nie... My hart gaan uit na Anika se familie, dit moet regtig seermaak om so n toneel te sien, veral van jou eie kind. "MENSE" moet regtig asiek wees om so iets te doen.
  16. René
    2010/05/24 12:09:21 nm
    Ouers, pas julle kinders op. Weet waar hulle heengaan en saam met wie. My ma het altyd gese, laat julle(die kinders) liewer nou huil as ek (die ma) later, en dis 'n feit. Ouers moet nie hul kinders teveel vryheid gee nie.
  17. Mari Folscher
    2010/05/24 09:45:39
    Maak nie saak wie de hel dit gedoen het nie, maar die persoon moet gestraf word vir die wrede daad wat hulle op Anika gedoen het, geen mens verdien dit nie, maak nie saak wie dit is nie. Het hulle al ooit gedink hoe hulle sou gevoel het as dit een van hulle vriende, familie of self kind was? Wat gaan aan in die land van ons, kan almal nie net in rus en vrede saam lewe sonde geweld en moord nie? My innige simpatie nog steeds met Anika se familie en veral haar ouers.
  18. Leigh
    2010/05/24 08:22:02
    Dit is tyd dat mense moet begin dink voor hulle sekere uitlatings maak.
  19. Nella
    2010/05/22 07:23:33
    Ek glo dat dit 'n nagmerrie was maar 'n goeie les om te leer wat jy op die web skryf. Ek is bly dat die regte man nou aan gekeer is vir haar moord, net jammer ons kan nie sy hande afkap nie.
  20. barbs
    2010/05/21 07:05:32 nm
    Mense moet altyd mooi dink oor wat jy sê en skryf veral op openbare forum....My hart gaan uit na Anika se ouers veral