Droogte in die Suid-Kaap

E-pos
Print

Die hitte van 43 °C sidder op die teer van die N2 van Kaapstad op pad Oos-Kaap toe. “Die Tuinroete is aan die verlep,” merk ’n mede-reisiger by die vulstasie by die Stormsrivierbrug op. “Een van die dae skuif die Karoo van agter die berg af hierheen.”

Die ergste in menseheugenis – so beleef inwoners die droogte in die Suid-Kaap. In rampgebiede soos Mosselbaai, George, Knysna en Plettenbergbaai praat hulle van die laagste reënvalsyfer wat nog aangeteken is. Die Weerdiens waarsku die reën kan die volgende vier of vyf maande nog wegbly.

Minstens sewe brande woed in die omgewing. Helikopters hang bo die Knysna-strandmeer om water te skep om die brande te blus. Die rookkolom oor Phantom-pas omhul dit in skemer, en dis 13:40 – helder oordag. Kort voor Riviersonderend het dit al soos stoppellande op die Hoëveld gelyk. Teen twaalfuur was dit 40 °C op Riversdal en 43 °C op Oudtshoorn.

Die meeste plaasdamme langs die pad is leeg of feitlik leeg, met beeste wat kniediep in die modder sukkel om by water uit te kom. Die Gouritzrivier is net ’n droë loop. Boere trek swaar. Sommige groenteboere het ophou saai, en alle boere sukkel om te oorleef, sê Agri Wes-Kaap. Veeboere moet voer koop en sukkel finansieel. Die boere kry 30 persent van hul gewone kwota water vir die jaar van die munisipaliteit. En as dit op is, is dit op vir die jaar. Maar ’n boer maak ’n plan . . .

Op Myoli-strand op Sedgefield dreun ’n ontsoutingsaanleg – die grootste in Suid-Afrika – waar seewater deur omgekeerde osmose geskik gemaak word vir menslike gebruik. Nege spesiale boorgate is by die hoogwatermerk gesink om seewater na die aanleg te pomp.

Oos-Kaapse dorpies soos Bedford moet al die afgelope paar maande water laat aanry. Die mense van die Suid- en Oos-Kaap raak desperaat. Tensy dit goed reën – meer as 100 mm en ook goeie opvolgreën – het die rampgebied net water vir minder as drie maande. Daarna is dit droog.

Meer hieroor in Huisgenoot van 18 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. chrisitne
    2010/09/23 08:57:54
    amanda ek woon ook in george en stem saam met jou suster ons bid almal vir reen,en ons pragtige omgewing voel die droogte,maar 49 grade nee my skat was nog nie so warm by ons nie,dit is bietjie oordryf.maar mense ons het baie gebede nodig asb die tonnel idee klink ook baie goed.
  2. Amanda
    2010/02/23 02:34:01 nm
    My sus woon in George en haar hart is stukkend omdat dit nie reen nie. Dei mense in die dorp stap na die rivier toe en gaan hou 'n biduur daar. Sy se dit word tot 49 grade deur die dag. Kan my nie voorstel hoe dit moet voel om in die "hel" te wees as hulle so swaar kry nie. My gebed uit Gauteng is: Here, seen hierdie ramp geteisterde gebiede met reen in oorvloed asseblief. Help die boere om hul vee te voer, groete te plant en drinkwater aan die dorses te voorsien. Here, U is ons laaste hoop en daarom pleit ek namens almal in die Kaap, stuur daardie broodnodige reen asseblief. U o God is so groot en ek weet u sal na ons omsien soos wat u na die voels in die lug en die miere sorg. U prys dan hiermee U wonderlike naam. Amen.
  3. tinus
    2010/02/22 12:26:20 nm
    ons weet alreeds lank dat ons in 'n semi ariede land woon waar water baie skaars is
    en sal ons daadwerklik moet kyk na ander bronne van water na veral die gedeeltes
    van ons land wat ons weet so droog kan raak, basiese water 6kl gratis soos deur
    die regering afgekondig was noodsaaklik maar plaas groot druk op munisipaliteite
    wat nie tred hou met die hoe vlak van dienslewering soos deur politisie belowe word
    aan gemeenskappe nie, Hessie se oplossing is nie so vergesog as mens kyk na die
    voordele van water en dat water absoluut 'n lewensmiddel is nie, dalk moet ons
    kyk na water uit die Zambesi en Chobe ...
  4. hessie
    2010/02/18 06:37:44
    ek het n moontlike oplossing. laat al die werkers wat die sokker stadions bou en sonder werk gaan wees as almal voltooi is, n tonnel grawe van Gauteng af tot in die gebiede waar dit so droog is, dan kan al die water wat ons kry gedeel word met almal, en daardie mense het sommer werk ook, (waarvoor hulle betaling kan kry deur die regering)
  5. Gesina
    2010/02/12 10:26:04 nm
    Ons was in Riversdal, Mosselbaai, Knysna en omgewing Desember tot middel Januarie en is oongelooflik droog. Ek kry elke plantjie en boompie jammer. Toe ons in Bloem terug kom toe is dit net water. Ek bid vir die mense daar onder.