Dokter vermink kind se penis

Dit moes ’n eenvoudige prosedure gewees het – enkele minute in die teater, ’n bietjie ontsmetmiddel en alles moes verby gewees het. Maar toe die ma buite in die wagkamer haar seuntjie se histeriese gille hoor opklink, het haar hart yskoud geword.

Iets het daardie dag in die staatshospitaal op Vryheid verskriklik skeefgeloop, en vandag, vier maande later, is Hester en Spekkies van Vuuren steeds oorbluf en verslae oor wat gebeur het. Dit moes dan net ’n vinnige besnydenis gewees het, maar toe verloor klein Marco die helfte van sy penis...

Van wat eens die normale geslagsdeel van ’n vyfjarige seuntjie was, bly net ’n stompie oor. En ná maande van pynlike prosedures en doktersondersoeke lê die moeilikste bult nou voor: om vir ’n seuntjie te moet verduidelik hy sal nooit heeltemal soos ander seuns en jong mans wees nie.

Die Kubaanse dokter moes net ’n klein snit maak en haar kleuter besny, vertel Hester in die voorhuis van haar ouerhuis in Coronation buite Vryheid in KwaZulu-Natal waar die gesin bly. Maar toe gebruik hy stikstof, en hy verbrand Marco se penis so verskriklik dat die hele kop doodgegaan en vyf weke later letterlik afgeval het.

Lees die volledige artikel in die 11 Maart-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (71)


  1. vanessa
    2010/07/29 11:47:22
    Ek kan dit nie glo nie. Ek sit myself in ander se skoene en verstaan hoe daardie mamma of ouma kan voel as hulle die gil van hul kleuter hoor. Ek myself het n kleuter, en my hart breuk net om daaraan te dink. Ja, tye het verander in hierdie land, en drasties ook. Ek persoonlik sal nie eens toelaat dat n ander kleurige aan my vat nie, want n mens kan hulle net nie vertrou nie, ons weet nie hoeveel kennis het daai persoon nie. Baie van hulle wat in parlament is kan nie eers behoorlik praat nie, hulle is eenvoudig!! Maar dan sit hulle in een van die hoogste poste? Hoe gebeur dit?

    Ek sou persoonlik daardie dokter aangerand het, as dit my kleintjie was. Hulle gee net nie eenvoudig om nie. Hulle is n lui nasie wat verwag dat als in hulle skote moet val. Ek werk in n kliniek waar daar prosedures op kinders gedoen word, bv. mangels, tandjies, ens. En ons kry swart kindertjies ook, en almal word met die selfde respek behandel. As hulle pyn het na die operasie, dan praat ons mooi en werk sag met hulle. Gee vir hulle speelgoed om mee te speel om hulle aandag af te trek van die seer. As hulle huistoe kan gaan kry hulle drukkies by die verpleegsters om totsiens te se. Maar die swart volwasse nasie daar buite is soos diere. Hulle het nie eers respek vir mekaar nie, wat nog van ander kleuriges.

    Die wiel draai, en daai dokter sal sy dag kry. Die HERE slaap nie.

    Sterkte aan die familie en gesin van die klein pragtige seuntjie.
  2. Sandra
    2010/07/23 12:16:36 nm
    Dit is n skande dat sulke dinge in ons staats hospitale gebeur, en mense kan maar baklei en berigte in koerante sit maar niemand neem notisie nie. Ek dink die rede want die wat na dit moet omsien gee nie om hulle kry vet salarisse en kry net die beste medies so hoekom gaan hulle oor ander omgee. Al die mense moet die hospitale begin dagvaar een of ander tyd moet iemand begin aandag gee aan die staatshospitale dis belaglik ek kan nie glo dat hulle aanhou wegkom met hulle dinge nie.
  3. Marchelle
    2010/04/03 09:12:18 nm
    In die laaste tyd was daar artikels van molestering (Robie Klay) en nou die artikel oor "my kind se penis vermink." Aan die ouers wil ek se my gedagtes was by julle en is bly dat daar vir julle ook 'n weg oop gegaan het. Ek lees gewoonlik ander se komentaar. Ons leef in 'n siek wereld dit gaan nie beter word nie. soms dien foto's ook 'n doel - lesers kon sien dat hier in die geval nie oordrywing was nie en kon ingryp. Ek sal enige tyd my kind toelaat om huisgenoot te lees maar ek sal ook artikels aan hom probeer verduidelik want doen ek dit nie gaan iemand anders en dit kan tot traumatiese gevolge ly. Robie word wakker kinders het nie nodig on ses te wees voor jy hulle van hul liggaampies vertel nie en van molestering nie. 'n Pedofiel ondersky nie tussen 3maande en ses jaar nie ook nie tussen kleur of familie en friende nie. Hoe gouer jy jou kind kan leer hoe beter en hoe gouer jy sy vertroue met intieme dinge kan kry nog beter. Ek weet...
  4. leon
    2010/04/01 01:35:38
    Wit Suid Afrikaanse dokters word letterlik uit die land verjaag deur die heersende
    rassiste. Nou vind hulle dit goed om ongekwalifiseerde halfgebakte kommunistiese
    kwaksalwers hier te gebruik, net om die wittes te vermaak. Hoeveel mense gaan
    deur hierdie elemente vermoor word sonder dat n haan daarna sal kraai. Dis mos
    hoe dit in hierdie land gaan. Gesonde verstand skiet heeltemaal tekort.
  5. susan
    2010/03/30 11:07:58
    dit was nie nodig vir n dokter om dai kleine kind so seer te maak nie sy hele lewe gan da onder ly hoe gan hy ooit n gesin kan he
  6. Willeman
    2010/03/27 06:46:18 nm
    Ek besef vandag hoe gelukkig ek destyds (1977) as jong seun was toe my ma se huisdokter vir haar gesê het mevrou sodra jou seun eendag gaan begin masturbeer sal die probleem verdwyn. En dit het. My hart gaan uit na julle en veral jou seun en ek wens jy kon eerder 'n wyse ou dokter gehad het.

    Gebruik ons regssisteem, daar is prokureurs wat spesifiek met sulke sake werk en ek hoop en bid dat een van hulle julle sal kontak om julle te help.
  7. Ruzaan
    2010/03/26 04:25:13 nm
    Ek dink dat geen buitelandse dokter kan vertrou word nie my hard gaan uit na dai arme seuntjie maar my gebede is gehoor en hyt n 2 de kaans gekry
  8. Jane Disney
    2010/03/24 03:53:29 nm
    Ek hoop en bid dat jou suentjie eendag sal verstaan. Daai dokter sal nog spyt wees wat hy aan daai klein lugaampie gedoen het. Hy sal wel eendag spyt kry.
  9. sproeitjies
    2010/03/22 02:42:09 nm
    hoe kan ouers dit aan hul kind doen? ek is self 'n mamma van 'n seuntjie en sal NOOIT dit aan my kind doen nie! Ek hoop julle slaap met skoon gewete in die aande, terwyl 'n deel van daai klein seuntjie weg geneem is deur mense wat nie verder as hul neuse kan dink nie..
  10. Anoniem
    2010/03/21 04:46:37 nm
    http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-563099/The-amazing-pixie-dust-pigs-bladder-regrew-severed-finger-FOUR-weeks.html

    Kyk hierna. Miskien help dit.
  11. Christien
    2010/03/18 12:49:46 nm
    Baie sterkte aan Marco en sy gesin. Ek hoop hy kan gehelp word. So 17 jaar gelede moes my seuntjie ook besny word, weens mediese redes. Kllaar reg vir teater het daar net voor hom 'n ander seuntjie uitgekom met dieselfde operasie, wat vreeslik geskree het van die pyn. Net daar het ek my kind aan getrek en hom huis toe gevat en maar net elke aand op my tande gebyt en sy velletjie terug getrek in die bad - vir maande daarna. Vandag is hy 18 jaar oud en geen probleme nie. Dankie Vader ek het nie voort gegaan met die operasie nie.
  12. Lettie
    2010/03/16 12:35:57 nm
    Cornel Lombaard, soos jy seker reeds gesien het is daar reeds 'n fonds gestig vir die seuntjie en die inbetalings word by Media24 inbetaal. Daar is ook die ondersteunings groep wat reeds die bank besonderhede het en almal betaal daar in. Ons kan net een plek hê waar die fondse inbetaal word.
    Baie dankie in elk geval vir jou hulp.
  13. jackie
    2010/03/15 03:10:07 nm
    Ek kan nie glo wat ek lees nie ek was so kwaad en onsteld die naweek oor hierdie artikel! Dokters en staats hospitale is uit hulle is veronderstel om ons veilig te laat voel maar ongelukkig vir ons is dit nie meer moontlik nie ons as ouers moet die beste sorg soek en die beste pryse ook kan bekostig ek dink aan julle as familie onthou net God sal julle deur hierdie tyd dra

    Baie sterkte
  14. Denise
    2010/03/15 11:34:16
    Ek kry die seuntjie baie jammer, maar ek dink dit is onvanpas om sy gesiggie te wys, hy is oppad skool toe en moenie dink die kinders gaan nie weet wie hy is nie, hy gaan gespot word en wat gaan hy daardeur kry, net `n baie slegte selfbeeld. Ek dink dit is sleg van sy ouers hoe gaan hulle hom daarteen beskerm? Jy doen dit nie !!!!!!!!!!!!!!
  15. Susan
    2010/03/13 12:28:39 nm
    Sterkt aan julle en veral aan Marco! My dierbare bokkie moenie vir mamma en pappa blameer eendag oor 'n onervare kubaan wat moontlik sy kwalifikasies gekoop het nie.

    Sterkte en liefies!
  16. Yolande Goodwill
    2010/03/12 09:17:54
    As julle daaraan dink om die dokter te dagvaar kontak my op my e-pos address ek werk vir Prokureurs in Pretoria en ons doen sake vir mediese nalatigheid. Hierdie dokter kan nie daarmee weg kom nie.
  17. Lettie
    2010/03/11 03:44:49 nm
    Mense, daar is reeds 'n fonds gestig vir Marco. ons het almal genooi om ook sy ondersteunings groep te join op facebook. die bank besonder hede soos deur Huisgenoot verskaf is soos volg:
    Nadat Huisgenoot oorval is deur besorgde lesers wat graag vir Marco van Vuuren wil help (die 5-jarige wie se penis vermink is) is daar 'n spesiale fonds vir die gesin gestig.
    As jy 'n bydrae tot hierdie fonds wil maak spesifiseer in die verwysingsveld dat jou betaling vir Marco van Vuuren is. Hier is die besonderhede:

    Bank: Absa (lopende rekening)
    Rekeningnaam: Media24 Bpk.
    Spesiale naam: Huisgenoot/YOU Ubuntu-projek
    Rekeningnommer: 40 6501 0715
    Verwysing: Marco van Vuuren
    as julle die groep wil join, gaan kyk op Huisgenoot se wall. die link word daar gegee.
  18. cornel lombard
    2010/03/11 11:33:12
    ek is van vryheid as die ma met my in kontak kan kom sal ek haar assisteer met die invordering van vondse het net eers al die inligting nodig om dit te kan doen as sy vir my haar foon nr stuur per e-pos sal ek haar skakel dis tye soos die wat mense moet saam staan en help of jy nou die persoon ken of nie. dit gaan nou niemand help om blaam te brobeer uitdeel nie ons God slaap nie en die wiel draai maar daar is nou n onskuldige 5 jarige seunjie wat moet betaal vir n ander se foute en geen kind behoort te betaal vir die onkindigheid van ons land nie. met baie hulp,gebede en energie kan klein marko teen die uinde van 2010 die hele nagmerrie agter hom begin sit en n normale lewe lui aan marko se mamma wil ek net se maak dit jou mikpint en aanvaar hulp van almal wat beruid is om dit te gee saam kan meer gedoen word as op u eie

    soenjies vir marko
    cornel lombard
  19. Susan
    2010/03/11 09:11:26
    Ek het altyd vas gestaan dat my seun nie besny sal word nie, want ek het gedink dis plain wreed. Ek was ook nie een van daai ma's wat aanmekaar met haar baba seun se geslagsdeel gekarring het om dit te was nie. Maar toe hy so drie jaar oud was (in 1999) kom ons agter ons seun se "voorvel" kan nie terugtrek oor sy penis se kop nie, en daar het ons toe geen keuse as hom te laat besny nie. Gelukkig het niks ernstig verkeerd geloop nie, al het ek wel destyds gedink die dokter kon minder vel afgesny het.

    Ek noem dit net om aan mense uit te wys daar is wel mediese redes hoekom sekere seuns besny word, en dan is dit gewoonlik op 'n ouer ouderdom as pasgebore baba . Maar die hele affere bly maar grillerig, en die "horror" stories laat mens sidder... Hierdie mense het my innige simpatie, dis 'n geweldige slag om te verwerk, veral as dit sou blyk dat die arme seun nie eendag 'n normale seksuele verhouding met 'n vrou sal kan he nie.
  20. Amanda von Benecke
    2010/03/10 04:49:24 nm
    Dit is so hartseer om van Marco si gebeurtenis te lees.Ek sal bid vir julle en as ek kon sou ek al die geld in die wereld gee sodat julle hom na n ander dokter toe kon vat wat weet wat hy doen..

    Ek wonder waneer gaan Jacob Zuma sy oe oopmaak en besef wat aan die gang is.Hoe kan ennige iemand in die land iemand aanstel om n werk te doen waarvoor hy/sy nie gekwalifieseer is nie,dit is duidelik dat die doktor nie weet wat aan gaan nie..

    Al die mense met goeie kwalifikaasies gaan soek werk in ander lande en ek dink dit is net reg..

    Sterkte Marco en mama hy het baie baie liefde en aandag nodig..

    Sterkte en baie lifde vir julle hele gesin.
    xx
    xx
  21. Amanda
    2010/03/10 03:42:21 nm
    Hoekom die ouers so kruisig? Dit was wel om mediese redes dat die ouers die
    prosedure moes laat doen. Staatshospitale het nie die vondse om onnodige
    operasies uit te voer nie. Moenie dink jy is beskerm as jy na 'n privaat hospitaal gaan nie.
    My ma het verlede week in een geval, en haar heup gekraak. Ek wag in spanning om
    te sien of die hospitaal verantwoordelikheid gaan aanvaar. Ek sal my laaste 10c wed dat
    die patetiese Kubaanse dr, sowel as my ma se posh hospitaal gaan wegkom hiermee.
    Maar gee hulle hel! Maak die lewe vir hulle so ondraagbaar as moontlik. As dit my
    kind was, medies of nie, sou ek sweerlik eie reg gebruik het.
  22. Iris
    2010/03/10 02:29:02 nm
    Staatshospitaal of nou nie,watter opgeleide dokter maak so fout,daardie kind se toekoms is op die spel.Hy is n man en sy lewe is verwoes deur n dokter wat duidelik nie in dai beroep hoort nie.Dagvaar hom!Mar die kans is groot dat hy onskuldig daarvan gaan afkom,hul foute word mos toegesmeer.Aan die ouers en die arme kind Sterkte!
  23. Janet
    2010/03/10 10:34:56
    Dagvaar die Staat! Dit is totaal onervaarbaar. Wat van gekwalifiseerde personeel en dokters??
  24. Marietjie
    2010/03/10 05:08:34
    Dagvaar die staat en eis vir wat die kind nog gaan ervaar in sy lewe. Dit is die staat se
    skuld om ongekwalifiseerde mense aan te stel en al die wittes die land uit te jaag.
    Ons het die besluit gemaak - dankie tog.
  25. Chanelle Swanepoel
    2010/03/09 05:25:12 nm
    Ek is so hartseer en ongelooflik jammer vir daardie kind. Ek het ook 'n 5 jarige seuntjie en die gedagte dat dit met my kind gebeur is so hartseer. Nie almal kan 'n medies bekostig nie, ek moes self al my kinders aan die staatshospitale blootstel.

    Ek sal bereid wees om by te dra indien daar 'n insamelingsfonds is vir Marco se rekonsruksie operasie is.

    Huisgenoot kan julle nie dalk die ouers help om die fondsinsameling te stig en op die been te kry nie?

    En asseblief laat weet ons sodra ons kan begin bydra.

    Ek hoop daardie dokter betaal vir wat hy gedoen het! Dagvaar hom en die staat.

    Sterkte my liefie. Dinge sal regkom vir jou!
    Liefde
    Chanelle
    BOKSBURG
  26. Daleen
    2010/03/09 03:44:55 nm
    Ek is kwaad en geskok en woedend dat 'n klein onskuldige mensie se lewetjie so dramaties vir altyd verander is. Ek bid vir julle gesin en dat die Here julle styf vas sal hou.

    Baie sterkte vir die pad vorentoe, Mamma, jy sal moet sterk staan, klein Marco gaan jou baie nodig he.

    liefde
  27. Martie
    2010/03/09 11:45:28
    Ek dink dit is uiters onverantwoordelik van daardie hospitaal om sulke onverantwoordelike, buitelanders in ons hospitale aan te stel. Is daardie dokter ooit bekwaam om te praktiseer? Het hy ooit 'n graad in die mediese rigting?

    Ek dink die staat moet ingryp in hierdie geval en daardie dokter en hospitaal dagvaar vir hierdie pyn, leiding en verneedering wat hierdie mense moet deurgaan. Hoe moeilik moet dit nie vir hulle wees om hulle koppe te probeeer optel en die mense weer in die oë te kyk?

    Die onverantwoordelike dokters moet begin betaal vir hulle foute. Hulle kan nie net hul skouers optrek en net hul foute begrawe nie. Elke mens op aarde moet saam leef met sy foute. Niemand kan dit net begrawe nie, so die dokters moet ook daarmee begin saamleef. Die regering moet al die buitelanders wat hulleself inwurm in ons werke, begin terugstuur na hulle lande sodat hulle daar kan gaan aanjaag.

    Al wat ek vir daardie gesin kan sê is sterkte en ek hoop die skuldiges gaan aan die pen ry!!!
  28. George
    2010/03/09 11:34:06
    Ek voel baie jammer vir hierdie mense en veral vir hierdie vyf jarige seuntjie. Ek wil dieselfde sê wat "taxpayer" gesê het, dagvaar die staat, want dit lyk vir my die kubaanse dokter is onbekwaam, en hy is hier omdat ons regering wil hê hy moet hier wees. Waar is ons eie dokters? Hulle gaan werk oorsee omdat hul werksomstandighede hier so pateties is.
    Ek verkwalik die staat en die Kubaanse dr. Daardie seuntjie se onreg wat aan hom gedoen is, is onvergeeflik. Geen operasie is sommer net nie. Wanneer 'n dokter sê dat hy bereid is om enige operasie te doen, moet hy 100% seker wees hy weet wat hy doen. Die ouers moet hierdie saak verder vat . Hoop julle het 'n prokureur wat bereid is om vir julle die saak te veg. Geld kan nie dit teruggee wat weggeneem is nie, maar dit kan klien Marco se lewe dalk makliker maak.
    Hierdie dokter behoort vir moord aangekla word. Ek is bitter vir dit wat klein Marco oorgekom het. WAT SOEK DAARDIE DOKTER IS SA???
  29. Gifgat
    2010/03/09 10:19:54
    Soveel mense, soveel opinies!!!

    Feit, vloeibare stikstof word gebruik om vratte en dies meer te brand en nie op sensitiewe areas nie, ek skat 'n penis sal kwalifiseer as sensitief, vra my ek's ook 'n man.

    Wat die keuse rondom besnydenis betref dink ek dis elkeen se keuse, ek self het 2 seuns beide onbesny want daar was tot op hede geen mediese of geloofsredes daarvoor nie. Indien dit medies nodig mag wees sal daar by my GEEN twyfel wees nie. Dit is weliswaar meer higiënis indien jy besny is maar goeie opvoeding maak ook op daarvoor. My 2 jarige WEIER om uit die bad te klim alvorens sy "Tossel" nie gewas is nie, dieselfde geld vir ouboet nou 5, hy doen dit al self en is baie trots daarop! Daar is nog somtyds ontsteking maar doodgewone oogsalf wat jy oor die toonbank koop los jou probleem vinnig op! (Dit werk vir ons, as jy dit tuis probeer, doen jy dit natuurlik op jou eie risiko!!!)

    Dit is baie maklik om op die kantlyn te staan en te oordeel, maar ek glo nie dit is my en jou plig nie, daar is wel Iemand anders wat eendag die toerekening sal behartig. Ek voel egter ook die ouers moet die saak na die Mediese Raad verwys vir ondersoek om eerstens te voorkom dat nog sulke gevalle plaasvind en tweedens om die dr te verhoed om weer so iets aan te vang.

    Indien daar nalatigheid ter sprake is moet die betrokke partye instaan vir enige kostes verbonde aan die herstel van hul dade, my 2c

    Aan die ouers en hul seun, sterkte vorentoe en ons bid dat alles vir julle ten goede sal uitwerk.

    Die van julle wat so vinnig oordeel, versigtig wees, jy weet nie wat die dag van more vir jou inhou nie...
  30. stella
    2010/03/08 08:55:21 nm
    c, ek kon dit nie beter gesé het nie. Almal sé so malklik "hoekom nie 'n medies nie' maar, waar moet 'n mens geld uitkraþ daarvoor as mens nie eers R100 het om te sþaar in 'n maand nie. Jammer, maar ons gesondheids dienste is vrot en hulle kos ons lewens. So, Mnr Zuma, wat gaan jy daaraan doen? Moet daar eers duisende mense sterf in hosþitale wat veronderstel is om hul gesond te maak voordat daar daadwerklik iets gedoen word?
  31. Mama teddie
    2010/03/08 06:25:00 nm
    Dit is 'n groot hatseer saak.. Almal wil klippe gooi.. en ja dis nodig
    Het julle gevra hoekom die ouers dit gedoen het.. glo nie.. soms is dit nodig dat so operasie wel geskied..
    My eie seun van 21jr is ook besny 19jr terug, maar alles behalwe geloofsredes.. daar wees probleme met sy blaas en hy kon nie voel wanner die nood hoog raak en het gedurig sy broekie nat gamaak.. na die voorhuid afgessny is was die probleme op 'n einde..

    En dit was ook in staatshospitaal gedoen met 'n medies.. Die verskil was net dat ons dr's toe nog trots gehad het in hul werk.. en dit was ook nog platteland daarby.

    My hart gaan uit na die ouers en kind.. Mag God hul die krag gee om van dag tot dag te gaan.. Daar gaan nog baie trane vloei..

    Sterkte
  32. Nog 'n ma
    2010/03/08 03:45:12 nm
    Om mediese redes moes ek my seun laat besny, daar het 'n kiem onder sy voorhuid ingegaan, omrede die velletjie nie kon terug trek nie. Ek was by 3 pediates gewees omrede my kind se ouma gesê het dit is nie reg so nie. Maar almal het my aangeraai om dit so te los. Op die einde van die dag was sy penis blou-pers en moes hy opgeneem word in die hospitaal en besny word. Toe het die swelling gemaak dat die steke losgaan en moes hy weer hopsitaal toe gaan vir steke. Stel voor moenie karring as niks pla nie. 'n Mens besef nie dat self 'n klein operasie lewens gevaarlik kan wees.
  33. johan
    2010/03/08 03:27:56 nm
    Ons dink aan marco wat die staat dr n seuntjie wat on skuldag is dat julle sy penis skarde aan doen het
  34. mandy
    2010/03/08 02:37:18 nm
    Ek sal die Dr aan kla by die mediese raad en die Dr Laat betaal vir alle miediese onkoste vir Plastic & reconstruction surgery.
    Die kind verdien om Die beste Dr in of buite SA te sien en die Dr moet maar net betaal.
  35. c
    2010/03/08 02:32:32 nm
    aan al julle mense wat so lekke klippe gooi...julle moet wakker skrik en besef dat ons staat hospitaale SAL NIE JOU KIND BESNY NET OMDAT DIT JOU GELOOF IS NIE hulle het nie geld nie ...dit kan dalk nog privaat met medies gedoen word want hulle maak geld daar uit..die staat kan dan nie eers bekostig om SOMME NET vir n vrou n papsmeer te gee nie..wat nog van n kind besny omdat sy ouers dit so wil he??? ek is seker daar was n rede daarvoor... ons staatshospitaale is pateties want hulle voel vere oor die pasiente...en hulle diens is uiters swak....almal is nie so bevooreg om medies te kan bekostig nie.WAT DAARVAN IS SO MOEILIK OM TE VERSTAAN?????????...as jy R500 in jou hand het en jou kind kyk in jou oe omdat hy honger is...gaan jy wragtigwaar vir hom se wel jy moet maar hongerly want ek moet die geld op die medies betaal vir as jy siek word..en nee mens kan nie net n plan maak om op medies te wees nie..as jy nie geld het nie WAAR GAAN JY DIT UITKRAP????????? dis maklik vir die wat geld het om te se hoe kan jy nie medies he nie...SKAAM JULLE DAT JULLE SO NEERSIEN OP ARM MENSE..aan die ouers en seuntjie...sterkte voorentoe ons bid vir julle
  36. Rens
    2010/03/08 02:05:02 nm
    My oudste kind is 23 jaar gelede gebore, en met alle geweld wou ek hom ook "besny" - my skoonouers het geglo dis die regte ding. Gelukkig het ek 'n Joodse pediater gehad wat sin in my kop gepraat het - hy't my vertel hoe seer dit is, hoe die babatjies gil en skreeu - indien dit nie vir geloofsredes is nie, het hy gesê, los dit. En ek het - ek het vandag 2 seuns, nie een besny nie en geen probeme nie. Aan toekomstigde mammas wat dalk seuns in die wêreld gaan inbring, dink 2 keer - dis onnodig!
  37. Annie
    2010/03/08 01:25:53 nm
    Ek verbaas my aan hoe misluk mense met mekaar kan wees op so 'n komentaar blog. Jislaaik mense, hoekom is julle so lelik. Hou in gedagte dat elke mens geregtig is tot sy opinie en al stem ek nie saam met wat iemand anders gesê of gedoen het nie, moet ek nogsteeds daardie persoon respekteer. Ek voel self baie hartseer vir die kind wat nooit n normale lewe sal kan lei nie, maar bid eerder dat die kind 'n vol en geseënde lewe sal hê, as om sy ouer af te jak en uit te skel. Ek het meer as n jaar terug my werk verloor en was werkloos vir net n maand. Maar dit het 18mnd gevat om al die agterstallige skuld in te haal en weer te kan lewe. Vir my is Medies ook 'n onbekostigbare "luxury".
  38. WAB
    2010/03/08 12:24:15 nm
    Hester en Spekkies, ek voel so jammer vir julle. NOG 'n hospitaal slagoffer in die "nuwe suid-afrika'. Daai Kubaan het geen opleiding gehad nie, seker net 'n crash course' soos almal deesdae doen,dan is hulle mos gekwalifiseerd en kry 'n 'graad'. Graad se g@t!! Julle moet hom dagvaar, baklei tot hulle hom van die paneel afhaal, kap sy hande af voor hy nog mense se lewens VERWOES!!! Ons selfverrykte ministers sal nie dat daai Kubaan raak aan hulle kinders, want hulle weet..... dis 'n Helse 'fout' waarmee Marco moet leef vir die res van sy lewe.Ons was ook al deur staats hospitale, Johburg Gen Hosp - " Place of Horror" !! My hart is seer vir julle, sterkte en gee hom baie liefde !!!
  39. Nads
    2010/03/08 12:17:42 nm
    @ Garing.... Hoekom Juis Justin? Dit Is Nie n Grap Nie...Sal Sien Wat Jy se as dit met jou kind gebeur. Baie Baie Sterkte Aan Julle... Stem Saam Dagvaar die staat dan kan julle hom na n ordentlike dr toe vat..

    Dit Bly Die ouers se besluit of hulle dit wou doen of nie. Dit Bly Immers hulle kind!
  40. Christo
    2010/03/08 12:04:58 nm
    Skande aan die ouers vir wat hulle aan hulle seuntjie gedoen het. Een dag as hy groot
    is mag hy dalk net vra, maar hoekom het julle (ouers) dit laat doen? Was dit medies
    noodsaaklik? Hy mag dalk nie eers vra na die dokter nie, want dit is nie die dr wat
    dit aanbeveel het nie? Dit grens aan menseregte skending sou ek sê.
  41. Kosie
    2010/03/08 11:57:38
    Moenie die dokter blameer nie! Die ouers het ook skuld daaraan indien daar geen
    medieses rede vir die besnydenis was nie. Dit is vandag nie eers meer aanvaarbaar
    waneer besnydings vir godsdienstige redes uitgevoer word nie. Die ouers is pevers!
    Ek hoop hulle vertel eendag vir die seuntjie die waarheid! Die dokter het sekerlik nie
    die besnyding aanbeveel nie? Weereens was dit medies noodsaaklik? Indien nie
    het die ouers sy toekoms behoorlik opgevoeter! Ek wonder of sy pa besny is?
    Wie se idee was dit sy ma of pa? Ek wens mens kan hierdie vrae beatntwoord kry
    alvoerns jy die berig lees. Arem stommerikke!
  42. berta
    2010/03/08 11:56:32
    In die 1ste plek: hoekom nog so bemoeid met besnydenis?
    In die 2de plek: Geen medies?

    Dit is pleinweg onnoselgeit van die ouers se kant!
  43. Melindie
    2010/03/08 11:54:47
    Ek kan ook nie verstaan dat mense nog hul kinders laat besny in 'n moderne samelewing nie. As dit is twv die bybelse gebruik van besnydenis, gaan kyk dan bietjie wat se Paulus in die nuwe testament daarvan. As jy jouself wil besny uit godsdienstige redes kan jy jouself net sowel kastreer. Dis wat Paulus se, nie ek nie! Mense is oningelig. Dit behoort teen die wet te wees om 'n kind te vermink (want besnydenis is verminking).
  44. goga
    2010/03/08 11:54:00
    en wie is julle almal om eerste klippe te gooi??? is julle heilig?? die ma het ook maar net probeer om dinge beter en higienies te maak vir haar kind. weet julle watse infeksies kry sulke seuntjies en hoe seer dit is om water af te slaan???? maar nee julle mense kan mos ander kruisig want julle is verhewe bo alles. en wat maak dit saak as hulle 4 kinders het. hulle is ten minste lief vir hul kinders. ek kan ook nie bekostig om my kinders op n duur medies te sit nie. julle mense moet eers die balk uit jul eie oe uithaal voor julle die splinter uit n ander se oog wil verwyder.....
  45. Anne
    2010/03/08 11:40:36
    Ek voel so jammer vir jou kind, en vir jou wat nou moet verduidelik, maar dit kom daarvan as ons met dokters sit, wat nie van hier is nie en waar het die man dan geleer? Dit is nou maar so "you get monkeys when you pay with peanuts". Jy moet beslis nie die saak daar laat nie, dagvaar die rook uit die gesondheids departement uit, want jou kind is vir die res van sy lewe geskend en daar le nog 'n lang pad voorentoe!

    Sterkte en bid elke aand op jou kniee
  46. verminkjoukind
    2010/03/08 11:36:05
    Ouerpaar!!!!!
    Liewe genade mense.
    Nou is julle ontsteld oor 'n keuse wat JULLE namens jul seun gemaak het, en wat op 'n katastrofe uitgeloop het?
    Wie is JULLE om namens julle seun daardie besluit te geneem het.?
    Ek wonder hoe gaan julle eendag aan hom verduidelik HOEKOM JULLE DIT NAMENS HOM BESLUIT HET.
    Sulke onnodige en barbaarse besluite namens seuns deur hulle ouers GEPLEEG, behoort diesulke ouers aan vervolging bloot te stel.
    Sterkte, en aan julle seuntjie, en jy gaan 'n wonderlike rolmodelin die toekoms wees om sulke wandade tee te staan!!!!!
  47. Garing
    2010/03/08 11:32:37
    Verabder sy naam na Justin?
  48. boats
    2010/03/08 11:24:22
    Ai, die arme seuntjie !
    Weereens 'n groot flater wat begaan is deur 'n ( onbekwame dokter )agv die "breindrain" in die chaotiese RSA !
    Sterkte vir julle ! Ek dink dat so iets deur Derick Watts ( Cart Blanche ) ondersoek moet word - Kubaanse onbekwaamhede !
  49. Pieter
    2010/03/08 11:03:58
    Dit is 'n ramp vir die arme kindjie. My vraag is , waarom is mense so behep met besnydis. Dit is 'n oergebruik en barbaars. Waarom los ouers nie hulle kinders totdat hulle groter is en self oor so iets kan besluit
  50. Petro
    2010/03/08 10:35:58
    My hart gaan uit na julle, julle moet net sterk wees God is melt elk van ons, Ja dagvaar die hospitaal en die dokter dan sal jy genoeg geld he om om na a specialis toe te vat miskien kan hy jou seun ret
  51. kobus
    2010/03/08 10:28:45
    Dit is met uiterste skok dat ons die artikel lees. Net jammer dat jou kind nooit self die besluit gemaak het, of jy gewag het dat jou kind groter is om dit self te oorweeg nie. Jou dokter het gese dat dit nie probleme sou veroorsaak nie! Jy as ma het sy lewe verwoes.
  52. Petrus Foffiekeker
    2010/03/08 10:15:37
    Ja, wel...as jy dom genoeg is om jou kind te laat besny in die eerste plek...
  53. Roxy
    2010/03/08 09:50:50
    Ai man, dit is soooo hartseer. Wat erger gaan nog gebeur? Geld wat stom is kan miskien nie in hierdie geval regmaak wat krom is nie, maar regtig, ek sal daai dokter dagvaar!! Ek sal nie rus voor geregtigheid nie seevier nie!! Dis ondenkbaar om 'n onskuldige kindjie deur soveel pyn te laat gaan!!! Hy is nog so klein en hy het so verskriklik seergekry!! My trane het geloop toe ek die artikel lees. Daai dokter moet hel toe gestuur word!!! Gooi stikstof op sy hande sodat hy nooit weer iemand so kan skend nie!!
    Sterkte vir die Marco en sy ouers. Net GOD kan daai wonde gesond maak. Ons almal bid vir julle!! Ek wens ek kon die hele wereld se kindertjies beskerm teen seerkry en mishandeling. Ek kyk soms na my dogtertjie (18mnde) en dan huil ek sommer omdat ek so lief is vir haar en ek weet dat daar ander kindertjies is wat net seerkry en hartseer ken. Ag Liewe Heer, beskerm ons kindertjies asseblief. AMEN.
  54. Firefairy
    2010/03/07 02:27:02
    Al wat ek kan sê is Here strooi u Liefde en Genade. Dis so hartseer. Mag die die liefde an Jesus
    oor julle val en julle die Krag en Genade gee. Dit is wat God so woor so Belowe. Ag to Kiepie
    , Sipho, Moekie,Kiepie en julle ander, waar is julle???? Asb ons bid hier vir die regte ding???
    Plse help hier.
  55. Ontstoke oor DR's - Kaapstad
    2010/03/06 05:41:21 nm
    Ek is so vies ek kan slange vang. Twee dinge onstel my geweldig. Een is dat mense KINDERS het, nogal 4 en geen medies nie. Ek is 'n enkelma en het 2 seuns, maar 'n hospitaalplan word elke maand betaal, maak nie saak wat nie. Ek verdien ook nie baie nie maar mens maak plan.
    My kinders se gesondheid is die belangrikste. Waar kry sy skielik die geld vir 'n prokureur vandaan??? Skande!!!
    Dit is nie net staathospitale nie, dit is drs wat aanjaag. Ek is self 7 weke terug vermink tydens 'n rugoperasie deur 'n dr (gedoop N Black) by 'n vooraanstaande privaat hospitaal naby Blaauwbergstrand en ek gaan my storie vir Carte Blanche Medical gee. As pasiente nie praat nie gaan drs altyd wegkom met moord. My psigiater se dit lyk of 'n haai my aangeval het. Ja ek het ook erge depressie want mens is vermink.
    Ek kry klein Marco jammer uit die diepte van my hart en voel saam met hom gebroke omdat hy vermink is vir altyd!!!!
    Sterkte klein Marco en weet net dat God jou baie liefhet en styf vashou. xxx

    ONTSTOKE!!!!!! Weg met drs wat soos KUBANE opereer.
  56. chantell goosen
    2010/03/06 04:50:59 nm
    AI MENSE DIE AREME SEUNTJIE IS SO HARTSEER OM TE SIEN HOE GAAN DIE LAND AGTER UIT EN DIE KIND HET NIE GEVRA VIR DIE OPERASIE NIE KAN NIE GLO DAAI DR HET SY SERTIEFIKAARTE GEKRY NIE JUL MENSE MOET DIE DR KAAL UIT TREK WEET DIE GAAN NIE JOU KIND WEER REG MAAK NIE MAAR TEMINSTE GAAN HY NIE MEER KAN PRAKTISEER NIE EN DIT AAN ANDER KINDERS KAN DOEN NIE

    BAIE STERKTE !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1
  57. janet
    2010/03/06 01:03:12 nm
    Baie baie sterkte.....
  58. Annette Madern - Australia
    2010/03/06 12:18:25 nm
    @ Ella ..... ek is geneig om saam met metjou te stem .... hoekom verlaat der duisende opgeleide mense Suid Afrika?? Daar is nie veel meer oor om te "bragg" oor Suid Afrika nie - die jong seuns en dogters kry nie werk nie en moet in elk geval oorsee gaan as hulle darem n werkie wil he. Ons het 9 jaar gelede immigreer is was nog nie een dag spyt gewees nie - dit was die beste move wat ons ooit in ons lewens gemaak het - veral vir ons 3 seuns... nou 26, 23 en 18 jaar.

    @ Heila - my oudste seun was ook 26 jaar gelede met n haaslippie en gesplete verhemelte gelede gebore. Gelukkig het ons n mediese fonds gehad. Dit was nie n maklike tyd waardeur ons gegaan het nie - maar mens kry die krag om alles te hanteer.

    Ek voel baie hartseer en jammer vir die ouers en die arme seuntjie - baie sterkte vir julle - gooi hom toe met al julle liefde.

    Die Here sal nooit iets op jou pad bring wat jy nie kan hanteer nie - EN dit maak jou n baie sterker mens.

    Baie sterkte
    Annette - Australia
  59. Gesina dJ
    2010/03/05 05:07:43 nm
    Dit sou nie in die ou dae gebeur het nie toe was daar ordenklike dokters. Intussen gooi Zuma en Malema hulle lywe rond met ons belasting geld met hulle vrouens en fancy karre. Pleks hul geld gee vir gesondheid aan die regte mense. Ek was gister by die Peloni hospitaal vir 'n half uur toe waai ek want ek kon nie meer daai vieslike vuil reuk vat nie. Ek key daai mense vreeslik jammer.
  60. taxpayer
    2010/03/05 02:53:45 nm
    Dagvaar die Staat, dokter en hospitaal vir miljoene!!!!
  61. Sofia
    2010/03/05 02:50:41 nm
    Dis oor insidente soos hierdie dat ons goeie dokters en verpleegsters almal in die buiteland werk.
    Baie,baie sterkte en tonne liefde.
  62. amanda
    2010/03/05 01:36:03 nm
    Hels... bels ,,,, dis nie die eerste wat ek dit hoor nie, en dan is hy nog so klein .... die kubaan se dokters is vreeslik agterlosig, ..... my sus was ok onder een van hul se mes .... en sy is nie mee met ons nie, oor n steen wat hy moes verwyder toe sny hy iets anders raak en dit het ha lyf vergiftig ...en sy is na 7 md orlede.. STAATS HOSPITAALE GEE NIE OM VI JOU NIE ... STERKT VI JULLE
  63. heila
    2010/03/05 01:30:56 nm
    Ek dink aan julle en is in my gebede. Ek ken die gevoel van magteloosheid.
    As jy weet jy het nie 'n mediese fonds nie maar daar is 'n onskuldige kindjie
    wat gehelp moet word. Die verhaal maak my baie bang want my kleinkind Chene
    is 26 Februarie 2010 gebore met 'n haaslippie en gesplete verhemelte. Haar ouers
    het ook geen mediesefonds nie en is die week van bakboord na stuurboord gestuur.
    Staatshospitale se waglys vir hierdie tipe operasies is ongeveer 4 jaar lank. Intussen
    bid ons dat iemand ons kan help met die mediese onkostes. Staatshospitale maak
    mens baie bang met die swak diens.

    Sterkte vir hierdie kosbare seuntjie en sy ouers en onthou julle is in ons gebede.
  64. MARY
    2010/03/05 12:54:35 nm
    STERKTE VORENTOE DIS BAIE ERG MAAR WEES DANKBAAR DAT HY NOG LEWE EN VERTROU DAT DIE HERE HOM SAL BEWAAR EN LEI WAAAT GEBEUR HET IS NY SY SKULD NIE .EK WIL NET SE DAT MY SUSTER DOOD IS NA N EENVOUDIGE BREUK OPERASIE SY IS DIE DINSDAG GEOPEREER WOENSDAG HUIS TOE VRYDAG TERUG EN IS AAN BEVEEL DAT SY N NOOD OPERASIE MOET KRY MAAR DIE CHINESE DOKETR IN DIE HOSPITTAL HET GESE SY MOET WAG TOT MAANDAG TOE EN DIE SONDAG AAND OM 12:30 NM IS SY DOOD OP PAD NA DIE JOHANNESBURG ALGEMENE HOSPITAAL TOE DIT IS NOU AL VIER JAAR EN AL WAT GEBEUR HET IS DAT DIE DOKETS GESKORS WAS VIR 6 MAANDE
  65. Adri Prinsloo
    2010/03/05 12:53:27 nm
    Die pyn, ongerief en permanente skade word geen mens denkbaar toegewens nie. Gebruik die regsisteem tot jou beskikking om 'n eis vir vergoeding in te stel al sou dit nooit kon vergoed vir die skade en verlies nie. Dit is so jammer dat die harde werk en positiewe stories van mense wat nagte nie slaap en vir salarisse minder as baie ander staatsdiens amptenare onbaatsugtelike diens lewer altyd blootgestel aan infeksies en risikos waarvan almal net wegskram nooit die koerante haal nie. Ook jammer dat die feit dat ons jong Suid Afrikaanse dogters en seuns wat nog gewillig is om in staatshospitale te werk so wreed as uitbuiters en fortuinsoekers uitgekryt word deur mense wat nie die vaagste idee het wat werklik in staatshospitale aangaan nie. Is u bewus van die feit dat in baie hospitale slegs 40 - 50% van poste gevul is maar dat daar steeds 'n 24 uur diens verrig moet word sonder addisionele vergoeding. Kom ons wees dankbaar vir die dienste wat nog beskikbaar is en gebruik dit en beskerm dit op 'n verantwoordelike wyse sodat die hulpbronne wat wel beskikbaar is sinvol tot voordeel van almal aangewend kan word. As daar genoeg Suid Afrikaanse dokters was sou dit nie nodig wees om Kubaanse dokters aan te stel nie. Dit is ook jammer dat hier stereotipeer word. Ek het saam met Kubaanse dokters gewerk wat baie vaardig is en wat onder moeilike omstandige onbaatsugtelike diens aan die Suid Afrikaanse publiek gelewer het.
    A3
  66. Hartseer
    2010/03/05 12:25:41 nm
    My hart is so seer vir die mamma en seuntjie.......Hoekom gebeur dit? Mens het nie geld vir n mediese fonds nie, en vertrou die staatsdokters, want mens kan nie anders nie, en kyk wat gebeur.
    Hierdie arme kind se lewe is verwoes en niks gaan met die dokter gebeur nie....EN OOK, DAAR IS NIE GENOEG GELD OM DIE PYN WEG TE NEEM NIE. Hy kan ook nie weer "normaal"wees nie......

    God slaap nie. Baie sterkte en mamma, gee hom n groot soen want hy moet nou net liefde ontvang.....
    Lovies
  67. Lida
    2010/03/05 11:57:39
    Toe ek die opskrif sien was ek bang om by die berig in te gaan en het telkens verby gehou. Later het ek die moed bymekaar geskraap om die skokkende berig te lees. Hester en Spekkies, ek voel so jammer en is woedend oor wat gebeur het. Nou moet kleine Marco vir die res van sy lewe die prys betaal vir onbevoegde staatsamptenare wat onbevoegde dokters in die chaotiese staatshospitale aangestel. Sies! Geen geld in die wereld kan hierdie seuntjie se menswaardigheid herstel nie en ek hoop dat die hof dit in aanmerking sal neem wanneer die beslissing gevel word. Sterkte.

    Die Here is by julle in die pyn van hierdie situasie en ek glo dat Hy dit so sal omswaai dat kleine Marco vér bokant wat enige mens kan dink of hoop sal uitstyg. Maar onthou: "Dont tell the Lord how big the problem is, tell the problem how Great your Lord is."
  68. Kietsie wat kan
    2010/03/05 11:51:20
    Sterkte aan hierdie gesin

    Lollies, jy veralgemeen darem geweldig! Dokters in staatshospitale werk nie daar vir die miljoene GELD waarvan jy praat nie! Die Kubaanse dokter is waarskynlik nie in SA opgelei nie, so sy opleiding en ondervinding in die mediese beroep, is onder verdenking

    Suid-Afrikaanse dokters is goed opgelei, baie werk lang ure, is toegewyd en red en versorg duisende mense.
  69. Ella Page
    2010/03/05 10:42:51
    Tipies Suid Afrika! En ek weet die kubaanse "dokter" gaan ook niks oorkom nie! Hy sal net doodeenvoudig voortgaan met sy duiwelswerk en nog boonop 'n vet salaris daarvoor kry. Redes soos die wat ons laat oppak en waai het. Normale mense kan nie so lewe nie.

    Om hulle te dagvaar gaan jou ook niks in die sak bring nie. Jy gaan soos die krimineel behandel word.

    Ek voel jammer vir jou seuntjie. Hy is onskuldig. Sterkte vir julle!
  70. TRUDIE
    2010/03/05 10:39:35
    Baie sterkte julle.

  71. lollies
    2010/03/05 09:50:16
    Ai,ek voel kwad en hartseer saam die ouer en haar seuntjie!!!Dis harteer,dokters is daar om mense te red en hulle gesond te maak en deesdae hoor jy al hoe meer dat dokters lewens eis en mense sieker maak, maar dis wat hulle doen en op die ouend van die dag dan verdwyn hulle foute en niemand weet daarvan nie!!!!! Hulle kry miljoene geld en dis al nwat vandag vir 'n dokter saak maak.....GELD!!!!!!Maar hulle dink nie aan die mense wat moet huis toe gaan en hartseer het van 'n geliefde wat hulle dalk verloor het nie of iemand in erger pyn is as wat hy was nie!!!!!!

    Dagvaar jy hulle kry jy darm geld vir pyn en lyding, maar daai letsel gaan daar bly vir die res van sy lewe,oor dokters nie meer worry nie!!!!! Maar ek wil net vir jou as ouer se die wiel draai en God slaap nie, dokters bly mense, maar die feit bly hulle jaag K@K aan en stap net weg asof hulle niks weet nie!!!!!!

    Eks jammer oor julle ongeluk, maar God sal jou kind dra en se net vir hom dat hy nooit alleen sal wees nie!!!!!

    Baie sterkte vir jul al twee
    Baie liefde
    lollies
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities