Die vet is in die vuur oor Simply Slim

Die afgelopwe week was dit groot nuus dat die gewilde verslankingsmiddel, Simply Slim, in Suid-Afrika verbied is. 

Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) het Simply Slim ingelig van hierdie verbod.

Na die bekendmaking van die verbod berig Beeld dat daar’n stormloop onder lede van die publiek was om vir oulaas te probeer om dosies van Simply Slim in die hande te kry.

Boonop, ten spyte van die verbod, het talle winkels glo aangehou om Simply Slim te verkoop.

Volgens die MBR het hy in sy ondersoek na die produk beslag gelê op Simply Slim-voorraad van verskeie verskaffers en dit laat toets.

Sekere besendings het na bewering sibutramien bevat. Dis die aktiewe bestanddeel van ’n schedule-5-voorskrifverslankingsmiddel wat newe-effekte soos hartprobleme kan veroorsaak.

Die MBR het blykbaar ook glo klagtes van die publiek ontvang, onder meer oor naarheid, kopseer, gemoeds- en kardiovaskulêre simptome.

Die MBR het volgens Beeld gesê die middel sinefrien in bitterlemoen, wat Simply Slim beweer is in sy produk, is ook ’n schedule-5-middel.

Volgens die MBR word verkope van Simply Slim opgeskort totdat die vervaardiger meer ondersteunende data oor die veiligheid, gehalte en doeltreffendheid van die middel aan die raad voorgelê het en dit geëvalueer is.

Die owerheid het bevind die risiko’s verbonde aan die produk is groter as die voordele en dit moet as medisyne geregistreer word voordat dit weer verkoop kan word.

Bron: www.nuus24.com

Gebruik jy Simply Slim? Deel asseblief jou ervarings van dit met Huisgenoot in die kommentaarveld hieronder.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (38)


  1. vetter as voorheen
    2010/04/11 04:27:16 nm
    Ek het SS gebruik en weeg nou meer nadat ek dit opgehou drink het as voor my dieet. Nadat ek SS gelos het, het ek ongelooflike "cravings" vir stysel en ook met tye suiker begin kry. Ek het selfs in die aand wakker geword, an was ek lus vir suiker. My suiker is getoets en ek is nou diabetes 2. Intussen het ek van nog 'n paar ander mans en vrouens gehoor wat dieselfde oorgekom het. Nou wonder ek net of dit toeval was en of iets soos die sinefrien/sibutramien wel diabetis by mense kon "trigger" wat dit dalk in hulle familie het?
  2. petro
    2010/04/10 11:43:16
    Ja asb bring ss trug ek het gister klaar gemaak met my pille en het 10kg verloor ek het nog so 40kg om te verloor maar nou kan ons nie meer die pille kry nie, ek verstaan nie waarom mense wat reeds maer is dit wou gebruik het nie ek het geen newe efekte gehad nie ek voel wonderlik kan nou dinge doen wat ek nie voorheen kon doen nie raak nie meer moeg nie so asb as iemand weet waar ek dit kan koop asb laat my weet dankie
  3. Elaine
    2010/03/30 10:01:20
    Ek het ook my boxie gekoop en gebere vir die nuwe jaar. Dit begin gebruik en tot my verbaasing n heelike 7kg afgeskud. Het so goed oor myself gevoel, energie gehad en (as depressie lyer vir 20 jaar+) baie goed gevoel. Die geen oefeinge was voorwaar die top plus punt want as jy 'n depressie lyer is doen jy GEEN oefening nie.

    Het geen maar geen newe effekte gehad nie.

    Jammer dat ek eers gewag het vir die nuwe jaar en daarmee begin het want nou is dit nie meer bekombaar nie en sou graag nog so 10kg wou afskud.
    So is die lewe so is die lot.......omrede dit werk word dit van die mark verwyder. Simply Slip werk goed voorwaar.
  4. juane
    2010/03/26 08:18:07 nm
    Ek wou net so paar kilo's gou verloor en het net een pakkie gekoop. Ek het 8 kg in een maand verloor met geen newe effekte nie en ek voel wonderlik dit doen enige vrou se selfbeeld goed as sy sien daar is 'n produk wat regtig werk.
  5. Mammie
    2010/03/17 09:47:51 nm
    Ek het ook SS begin gebruik en veral oor die kersseisoen waar mens gewoonlik meer
    eet, het ek niks opgetel nie inteendeel paar kilos verloor. Dit is duur maar wraggies dit
    werk, ek het ook geen newe effekte gehad nie. Kon net nie slaap nie, maar geen
    ander newe effekte nie. Hoop dit kom weer terug want dit werk.
  6. vanessa
    2010/03/16 03:00:10 nm
    BRING SS TERUG!
    ek het binne 4 weke 3 kg verloor.
    Al newe-effekte wat ek gehad het EK WAS BAIE BEFOETERD! maar ek is oor die algemeen so bietjie warm onder die koller....nee wat daat is nie een enkele produk wat ek al ooit gebruik het wat so goed gewerk het soos SS nie....Ek hoop hulle kry dit reg im die produk spoedig terug te kry op die mark....of REGISTREER ASSEBLIEF DAN SS ONDER `N ANDER NAAM! Laat weet ons asseblief net waar ons dit kan aankoop Ek sal die eerste een wees wat die winkels bestorm
  7. Glenda Grobler
    2010/03/13 05:54:05 nm
    Ek het Simply Slim gebruik, 1ste 3dae sleg gevoel want ek was besig om
    te detox. Pilletjie sonder 'n dieet, en sentimeters wat wegsmelt wat 'n miracle.!
    Bring simply slim terug en nee ek soek nie die nuwe produk want die ou
    produk is 'n wenner. O ek sien niemand noem dit nie ma ek kan net ook bysit
    dit het wondere vir my vel ook gedoen, dit heel elasties gemaak ook. Water
    het dalk bygedra ma vandag sit ek sonder 'n pil en drink net die water en ek
    kan klaar die verskil aan my vel sien. Ek het energie deur die dag gehad maar
    in die aand as my kop die kussing raak uit soos 'n kers.

    Dan wil ek net bysit ook, wat van ons wat dit kan drink, nou word ons benadeel
    oor dit nie goed geakkordeer het met van die ander gebruikers nie.

    VOORBEELD: Ek drink van my seun gebore is geen suiker want ek het geleer
    suiker is nie goed vir my, duiseligheid, naargeit, bewerigheid!!!!!!!!!
    Terwyl ander tot 6suikers in hulle koffie kan drink sonder enige newe effek.

    Gaan hulle nou suiker ook van die rak afhaal???????
  8. Mariette Botha
    2010/03/11 09:47:51
    Ek het ook Simply Slim gebruik van Desember 2009 af, en het tot op datum 21kg verloor, en ek het GEEN newe effekte gehad nie, inteendeel, ek het hartkloppings gekry omdat ek oorgewig was, en vandag ek my 1ste 10kg verloor het met SS het my hartkloppings verdwyn. Ek voel baie beter en gesonder! Ek kan nie glo hulle het dit afgehaal nie, my jonger sussie het ook al oor die 20kg verloor met SS en sy is nou amper op haar ideale gewig, sy lyk pragtig!
    Mense kyk na my sussie se face book profile, bel en vra wat gebruik ons, hulle komplementeer ons en vra waar kan mens dit in die hande kry? Lyk my Suid-Afrika wil he ons moet die hoogste "vetsug syfer in die wêreld wees. Want sodra hulle agterkom iets werk, soek hulle allerhande negatiwiteit daarmee, en is op hulle gelukkig as die produk van die mark af is!!! Ek dink die mense wat newe effekte gekry het, het nie die riglyne korrek gevolg nie, soos Bv. Jy moet tenminste 3L water per dag inneem en geen kafeïen nie, want dit gee hartkloppings!! Hulle gaan aan asof daar mense dood is van die produk! As jy newe effekte ervaar los die dieet middel dan, moet dit nie in die wiele ry vir die mense waarvoor dit wel werk nie!! Ek hoor van baie meer mense wat vir Simply Slim is as teen dit. Is dit dan nie erger om siek te raak van vetsug geit nie????? BRING SIMPLY SLIM TERUG!!!!!!!! Plaas fokus die Dept, hulle kosbare tyd aan al die plaasmoorde wat plaasvind, wat niks aangedoen word nie!
  9. Amanda von Benecke
    2010/03/10 04:57:26 nm
    Simply Slim

    Die produk is n heele lang ruk in S-A en net eendag bars die bom,nou vra ek hoekom nie 6maande terug nie..
    Ek het in November 2009 n boks gekoop en in 4 weeke het ek 4.5kl verloor sonder om n dieet te volg of ennige oeffeninge te doen nie ek wou nog n 2de boks koop toe hoor ek al die stoories en nerens kan ek Simply Slim kry nie...

    Dit het vir my gedoen wat 6maande in die gym 3uure n dag en n dieet nie kon doen nie..
    EK SE BRING DIT TERUG DIT WERK EN EK HET GEEN NUWE-EFFEK GEHAAT NIE....
  10. JC
    2010/03/09 08:48:46
    Ag, lig julle agterstewe en kom asseblief tog in 'n gym! Jy kry net een liggaam, pas dit op. Kyk wat jy in jou mond sit, want DIT gaan sit om die heupies!
  11. m.williams
    2010/03/08 11:21:28
    kan iemand my dalk se wa ek dt kan kry.i nr of iets asb.ek wl dt baie grg probeer
  12. Magda Burger
    2010/03/03 08:41:39
    Ek gebruik SS vanaf die laaste week in Nov 09 en het al 30kg+ verloor.
    Ek voel wonderlik en het meer energie as ooit tevore. Ek doen elke maand bloedtoetse om vas te stel of daar iets verkeerd is of iets verbeter het. Al my toetse het verbeterings gewys. Die internis wat my Jan 2010 gesien het het my gevra wat ek gebruik en ek het gesê SS. Haar reaksie - as dit vir jou werk en jou bloedtoetse lyk goed - hou aan daarmee. Sy beveel nie dieet goed aan nie, maar in my geval kan ek voortgaan. So SS - die wondermiddel wat jou help en jou vertroue gee om aan te gaan, veral as mens die eerste week op die skaal klim en sien jy het 'n hele paar kg verloor. Dankie SS!
  13. Lana Smit
    2010/02/24 03:14:01 nm
    Tot my bittere spyt, het ek nie noodvoorraad aangekoop nie. As iemand nog 'n boksie of 2 of 6 te spaar het, kontak my asb onmiddellik!!
    En vir meeste van die wat nagevolge lei, - LEES EN PRESTEER. As mense enige gesondheids probleme het, i.e hartprobleme, bloeddruk ens, DAN DRINK JY NIE DIEETPILLE SONDER OM JOU DOKTOR TE RAADPLEEG NIE!! Dit leer ons in Logic101. Dis 'n wonder-middel, en ek gee nie om wat wie se nie, ek het GEEN simptone of slapeloosheid of enigiets nie. Ek, my man en my kind drink dit, en dit werk! Mense moet ook pasop om aantuigings te maak dat die produk hulle hartaanvalle veroorsaak het, want dit sal - AS JY DRIE PILLE 'N DAG DRINK! Maar hulle laat bewustelik daai brokkie inligting uit, wanneer hulle die media kontak om te kla oor die produk.
    ANYBODY - kontak my as jy noodvoorraad het waarvan jy ontslae wil raak, en neem dit met liefde van julle hande af.
  14. Lindi Verster
    2010/02/23 11:17:47
    Ek het gelukkig vir my 'n paar bokkies gekoop dus is ek nog reg vir die volgende 3 mnde. Ek het 23 kg verloor in 5 mnde. Die produk werk. Baie mense het simtome ervaar, maar dan moes die mense gejok het op die faktuur toe hulle die middel gekoop het. Op die faktuur was daar 'n vra lys van siektoestande en daar is ook vir jou as verbruiker gese jy kan nie die produk gebruik as jy hart probleme het nie. Ek was naar vir my eerste 3 dae, maar eindlik was ek besig om te detox. Ek glo aan die produk en ek weet dit werk.

    Die prys van die produk is vas gestel deur hoofkantoor in Johannesburg en ek dink nie dit is te duur nie - want jy sien resultate.

    BRING ASB DIE PRODUK SO GOU MOONTLIK TERUG
  15. Sick pack abs
    2010/02/22 06:40:00 nm
    Simply Slim is die wonderlikste gewigsverlies produk wat ek nog ooit gebruik het, en ek het daai bekende groot apteek in Centurion Mall al leeg gekoop. Ek het 15 kg in 3 maande verloor sonder enige weird newe-effekte. Los maar al die ander maniere om gewig te probeer verloor, dis net SS wat regtig werk............
  16. Jeanny
    2010/02/22 08:52:23
    Dag almal, so lees ek deur elkeen se kommentaar hier, en besef met eens dat daar meer goeie dinge as slegte dinge gesê word oor SS! Kan iemand my asseblief sê wanneer ons dit weer op die mark kan verwag?? Jammer vir diegene wat 'n "DAT" pakkie gekry het REGTIG! Maar dit werk erken dit maar, en ek glo SS gaan in die toekoms hul verpakking en sekuriteit baie meer opskerp om sulke situasies te vermy. Wag in spanning vir my nuwe SS pakkie om beskikbaar te raak.
  17. Risella
    2010/02/18 04:03:44 nm
    Hoekom wil almal 'n pilletjie drink om maer te word? Hoekom nie die natuurlike manier volg en weg bly van die chemiese gemors wat mense net siek maak nie? Ek is by Weigh Less, en het al 17 kg in 8weke verloor, en dit net deur gesond te eet! Ek voel fantasties. So vir almal wat so moun oor Simply Slim wat van die mark af is, daar is 'n ander baie baie beter uitweg: Wiegh Less!!!
  18. Daleen
    2010/02/17 10:15:42 nm
    SS werk!!!!!!! Bring dit asb terug. Daar is soveel mense waarvoor dit werk. ASB BRING SS TERUG
  19. Sandra
    2010/02/17 08:02:41
    Dit is regtig jammer dat SS van die rak af is. Ek het dit 4 maande terug begin gebruik en die resultate is fantasties. Gebruik dit net reg.
    Bring dit asb weer terug. Ek sal dit defnitief weer koop al kos dit wat!!! Want vir die eerste keer is daar werklik iets op die mark wat werk.
  20. Marie
    2010/02/16 04:42:55 nm
    Mens kan enige produk probeer en alles werk nie dieselfde op almal nie. Ek raak siek van 'n kruie druppel wat baie bekend is. Elke persoon ken sy liggaam die beste en moet daarvolgens 'n besluit neem. As jy die aanwysings van 'n opgeleide agent gevolg het, sou jy geen probleme ervaar het nie en ook nie siek geraak het nie, want jy sou die nodige ondersteuning en bystand gekry het.

    Hoe kom dit dan in elk geval in party pille en nie in ander nie - dis werklik 'n raaiselagtige storie hierdie. Party mense het hulle pille laat toets en daar is niks in gevind nie.......
  21. Ook tevrede
    2010/02/16 02:50:01 nm
    Ek was sooo tevrede met Simply Slim en ek wens so hulle kan dit terug bring ek het in 4 mde se tyd oor die 20kg verloor, ek is n mens wat verskiklik baie hou van lekker kos en " take aways" ja ek weet dit maak vet maar toe kom die wonder pilletjie sjoe ek moet dit seker nie so noem nie maar ek het geeet wat ek altyd geeet het maar ek kon nie meer so baie eet nie want die water help ook baie met versadigheid, nou dat hulle eiteindelik iets vir ons vetties (wat hou van die lekker dinge in die lewe) iets gekry het wat wonderlik werk nou moet dit weg hou dan op met mouwn oor die oorgewig mense is SA ons sit met oplossings maar julle vat dit weg omdat sekere mense nie die Son vir ander mense sien skyn nie. en jy voel wonderlik as jy 'n dieet gebruik en dit werk en jy voel hop hop.. BRING ASB TERUG SIMPLY SLIM.....
  22. Nelmarie
    2010/02/16 01:37:47 nm
    Ag nee wat KANNIE glo Simply Slim is van die rakke af nie!!! 14kg in 6weke dit moet gedoen word!! Dankie Simply Slim. Ek het nie 'n spesifieke dieet gevolg nie net gesonde keuses begin maak en geleer water drink (wat ek NOOIT kon doen nie). As dit jou pla moet dit nie drink nie. As die prys te hoog is, moet dit nie koop nie MAAR los ons uit vir wie dit 'n lewensverandering gebring het. Dankie aan my agent wat my so mooi voor die tyd verduidelik het hoe om dit te gebruik, sy het ook 'n gesonde eetplan aan my voorsien. ASSEBLIEF bring dit terug vir die wat dit WIL gebruik en KAN bekostig. Niemand het 'n mes teen jou keel gesit en gese jy MOET dit koop nie! Daar is duisende produkte op die mark wat mens siek maak en jou geld steel gaan jy dan ook so tekere? Almal se liggame is verskillend - gaan maak seker jy is gesond voor jy oor die algemeen ENIGE medikasie / kruie neem! Dankie Simply Slim xx
  23. alet
    2010/02/16 12:26:22 nm
    Ek het ook Simply slim gebruik en het geen newe effekte gehad nie. inteendeel, ek het al baie diet goed gebruik, en nie 1 kon my laat gewig verloor nie behalwe simply slim. Ek is baie jammer hulle het dit van die mark afgehaal!!!!! Ek het geen newe effekte ervaar nie net dors en gewigsverlies.
    Ek weet ergter van n vrou wat hospitaal toe is agv simply slim, maar later het dit uit gekom sy het vir 3dae nie geeet nie!!!!! Natuurlik sal jy siek word as jy nie vir 3dae eet nie.
    BRING SIMPLY SLIM TERUG ASB

  24. Salomé Stapelberg
    2010/02/15 02:06:50 nm
    Persoonlik het Simply Slim vir my wondere verskaf. My man het ook die pille
    begin gebruik en ons altwee het ongeveer 10+kg verloor. Behalwe vir 'n droë
    mond, wat water inname aanhelp, het ek geen newe effekte ervaar nie en hoop
    die produk is gou weer op die mark.
  25. luzane wilson
    2010/02/15 09:39:06
    Simply Slim is goed, dit het vir my gewerk, is wel duur maar jy kry resultate daaruit. soos ek hier lees watter tiepe effekte dit mense kan gee, myne was weer anders, in die begin het ek energie gehaad en baie dors en na n week is ek skielik vreeslik moeg, ek voel soos n sombie wat die heeltyd net wil sit en staar na een ding sonder dat ek dit agter kom, dat mense my vra, hello, is jy nog met ons en waar aan sit en dink jy, en ek kom dit nie eers agter nie. ek het wel gewig verloor, en na n maand begin dit my mislik begin voel en geirreteerd met die lewe dit was n ander gevoel daai en ek is nie so n tippie persoon nie, later kom my man ook dit agter dat dit hom dieselfde maak, en ons het gestop en is ons ou self weer. om op n dieet te gaan werk nie! jy kry nog steeds lus vir daai lekker goed!
  26. Simply Sick
    2010/02/14 07:24:05 nm
    As jou SS jou siek maak,laat dit toets. Jy't heelwaarskeinlik Sibutramine in jou SS. So moes ek op die harde manier uitvind dat ek 33mg elke oggend onwetenlik sluk.
    Hulle kan nie wegkom hiermee nie!!!!!! Ek drink nie eers hoofpynpille nie,wat gee hulle die reg om my te bedwelm met Sibutramine ,sonder dat ek 'n keuse het???!!!!
  27. OnbewystelikGedrugDanksySS
    2010/02/12 06:56:49
    Wees asb. versigtig!!!! Laat toets julle pille. Ek het. Ek sien vandag my prokureur oor my SKOKKENDE Lab uitslae. My SS HET Sibutramine in. BAIE!!!!!
    Gooi 1 pil uit en kyk onder vergrootglas vir kristalle.(Lyk soos fyn sout).
  28. Jacky
    2010/02/12 06:54:56
    Dit is meskien vir mense maklik om te se moetnie die goed probeer nie, maar
    die werklikheid is dat dit werk ek het in my eerste maand 6kg verloor nou na vier
    maande 10kg en nou is die gestop. Die simptome van hardkloppings het ek net
    in die eerste 2 weeke gehad, en daar na wonderlik. Ek hoop dat dit gou weer
    beskikbaar sal wees.
  29. HELGA CALITZ
    2010/02/11 06:02:58 nm
    Ek het Simply Slim vir 6 maande gebruik en 10kg verloor. Aan die begin het ek erge hoofpyne gekry. Dit het my met 'n droe mond gelaat en ek moes baie water drink. Dit het my ook slapelose nagte gegee. Nooit het ek enige hartkloppings of bewerasie gehad nie. Alhoewel ek elke dag oefen, het dit my baie energie gegee. Dit het my wel hardlywig gemaak en ek moes gereeld kruietee drink en baie vrugte eet om gereeld te kon wees. Die prys was ook heeltemal te hoog en na my mening wou iemand baie vinnig baie geld maak.
  30. Louise
    2010/02/11 05:12:42 nm
    Die pille is wonderlik. Weet regtig nie hoekom mense die hele ding soooooo uit verband moet ruk nie. Persoonlik het ek GEEN newe efekte gehad nie en het genoeg water gedrink en geeet. So as jy dit reg gebruik kan dit mos nie 'n uitwerking he op jou nie, soos die ander dame gese het die mense weerhou inligting en as daar probleme is DAN wil hulle 'n bohaai maak oor die pille. Los die publiek uit wat dit wel wil gebruik maar nou ja dis nou te laat want die persoon het seker gemaak dat ander nou sukkel om gewig te verloor. Bring dit terug op die mark endat ander dit wel nog kan gebruik.
  31. Sonja Ewald
    2010/02/11 03:51:28 nm
    Ek het nie goed gevoel tydens die gebruik van die pille nie en het nie eens klaar gemaak met die medikasie. Ek glo nie enige pil kan gesond wees sonder oefening nie. So... begin maar op die gesonde manier om te oefen en gewig te verloor - baie goed vir die hart!
  32. Berta
    2010/02/11 03:19:15 nm
    Ek het al baie diet goed gebruik, en nie 1 kon my laat gewig verloor nie behalwe simply slim. Die persoon wat sê ons is mal om die goed te gebruik is seker so dun soos 'n plank! Dit is ook nie net van reg eet nie, ek is 'n tipe 2 diabeet en glo my jy sukkel om gewig te verloor! Ek het nie net gewig en sentimeters verloor nie ek het honderd persent beter gevoel ook! Elke keer as mens iets kry wat vir jou werk moet dit van die rakke afgehaal word. Ja dit is duur, maar ek betaal eerder daai geld en sien resultate as wat ek goedkoop goed aanhoudend moet gaan koop en niks werk nie en op die ou einde verloor jy baie geld en min gewig! Mense wat dit gedrink het net om energie te kry moet dalk 'n sielkundige gaan sien, want hulle behoort te weet jy gaan nie 'n eetlus hê nie en nog gewig verloor!
  33. mariette
    2010/02/11 03:05:47 nm
    Ek het Simply Slim gebruik en werklik geen newe effekte ervaar nie. Ek het dors geword (plus punt want dan het ek genoeg water gedrink) en gewig verloor. Ek is baie sensitief vir verslankingsmiddels in die algemeen en alle produkte wat ek voorheen gebruik het (voorskrif en oor die toonbank) het hewige "mood swings", koue rillings en hoendervel, hartkloppings, angstigheid, klam hande ens. veroorsaak. Simply Slim is die eerste middel wat geen van hierdie newe effekte by my veroorsaak het nie. Ek het nie eers verhoogde energievlakke ervaar met Simply Slim nie. Net dors en gewigsverlies. Was goed vir my!
  34. Sonika Jansen van Vuuren
    2010/02/11 02:30:21 nm
    Ek het Simply Slim gebruik vir 4 maande!
    In daardie tyd het ek die eerste maand soms lughooftig gevoel tot ek gevra het hoekom – ek het die produk verkeerd gebruik!

    Die volgende 3 maande was wonderlik! Ek het 10kg verloor en 11cm om my heupe en 14cm in my middle.

    Ek het nie `n problem gehaad nie, hulle moes dalk net beter verbruikers instruksies gegee het!
    Danksy Simply Slim is ek vandag `n rok grootte 8!
  35. Des
    2010/02/11 02:25:22 nm
    Ek bly maar eerder weg van hierdie goed.
  36. kg
    2010/02/11 02:24:29 nm
    Kan nie glo hoe mense so mal is om sulke middels te gebruik nie. Op die ou einde van die dag moet jy net gebalanseerd lewe - genoeg oefen, en regte kos eet.
  37. Coreen
    2010/02/11 02:03:49 nm
    Ek het Simply Slim vir 2 maande gebruik, presies volgens die aanwysings - geen newe-effekte gehad nie, 9kg verloor en sedertdien (6 maande later) nog nie 'n kg weer opgetel nie !!! Dis 'n excellent produk. Wat ek wel weet is dat daar mense was met mediese kondisies, wat dit van agente weerhou het omdat hulle bang was daar word gesê hulle mag nie Simply Slim gebruik nie. Sibrutamien is nie 'n verbode middel nie - dit kom net voor in skedule-5 voorskrif medikasie !!!!!!!!!
    ongeveer ? minuut gelede
  38. Chantel van Eyssen
    2010/02/11 01:50:27 nm
    Ek het Simply Slim gebruik en het geen newe-effekte gehad nie, ek het my gewig
    verloor, my water gedrink elke dag en geëet wat ek elke dag eet en ek het nogsteeds
    gewig verloor. Al waaroor ek ongelukkig is, is die feit dat die agente wat die goed
    verkoop so baie daarvoor vra en hulle vervaardig dit vir 2 Dollar in, ek dink persoonlik
    dis baie onregverdig teenoor die publiek. Ek het al al die goed gebruik wat jy kan
    gebruik en "Simply Slim" is die enigste een waarmee ek tevrede is en wat werk.
    Doen wat julle moet doen en verkoop dit vir goedkoper aan die publiek.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities