Die baba wat net ’n hand vol was

  •  
  • 69
     Hou van
  •  
  • 10
     Hou nie van nie

Sy was die baba wat die dokters laat sê het: “Mevrou, ’n aborsie is al uitweg.” Een het selfs van ’n outopsie gepraat, kompleet asof sy reeds dood is.

Toe sy wel gebore is, was sy so groot soos ’n man se hart, maar nog nie so swaar soos ’n blikkie boontjies nie. Maar Hope Samuels van Hawston was toe taaier as wat die dokters gedink het en spoedig was sy ook ’n rekordhouer – op 390 g die kleinste baba wat nog in Suid-Afrika gebore is en oorleef het.

Dit is vier maande later en vandag lê Hope tevrede en wag vir haar tweede voeding van die dag in haar ma se huis. Hope is veel kleiner as wat ’n baba van haar ouderdom behoort te wees. Sy weeg nou net ’n aks meer as 2 kg en dra steeds die kleinste doeke wat daar is. 

Nou sê die dokters Hope is gesond. Dit is uitsonderlik vir so ’n jong baba wat op net 27 weke gebore is. Toe haar ma, Robyn, op 20 weke vir ’n sonar gaan, is ontdek ’n plasentagebrek vertraag die baba se groei. Toe gaan spreek sy dr. Monty Brink, ’n ginekoloog by die Constantiaberg Medi-Clinic in Kaapstad.

Monty het haar van haar 24ste week by die huis laat bly en bedrus voorgeskryf. Van 29 September, haar 26ste week, is sy in die kliniek opgeneem. “Ek het die baba steroïede gegee sodat haar longe kon groei, en op 27 weke en vier dae het ek besluit om haar met ’n keisersnee te verlos. Dinge het nie goed gelyk nie, want daar was ’n geweldige afname in die baba se beweging. Teen daardie tyd moes sy al ’n kilogram geweeg het, maar sy was minder as ’n halwe kilogram,’’ sê hy.

Hope is op 2 Oktober verlede jaar met ’n keisersnee in die wêreld gebring. As hy net nog 12 uur gewag het voor hy haar verlos het, sou sy waarskynlik gesterf het, sê Monty. ‘‘Hope is die kleinste baba wat ek nog verlos het wat oorleef het. Sy het letterlik in my handpalm gepas.’’

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (15)


  1. PG

    Firefairy Yesterday

    Robyn ek hoop jy gaan ons deur Huisgenoot op hoogte hou met klein Hope se vordering. Jou
    verhaal het my so aangegryp. Is niks anders as 'n wonderwerk nie. Sal graag wil sien hoe lyk
    die skattige mensie op 6maande en later ook. Die Here seën vir julle.

    Firefairy
  2. PG

    AS7 days ago

    Seen jou kleinding!!!
    Mag ons God jou baie jare van geluk, liefde en vreugde gee!!!!
    Jy is te pragtig vir woorde.
  3. PG

    Tessa10 days ago

    Prys die Here !!

    Daar is weer n bewys dat aborsies nie wettig moet wees nie .!!

    Sterkte

  4. PG

    Candace Layman27 days ago

    Dus n wonder werk dat sy lewe GOD is goed .Dink Hope is 'n Mooi naam want daar is altyd Hope as jy God vertrou Hy sal ons nooit in die steek laat nie .
  5. PG

    BW30 days ago

    "All things are possible!!!" Moet nooit jou geloof of God twyfel nie.. "Ek slaan my oe op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom, my hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het!" AMEN!
  6. PG

    Sunette30 days ago

    Wys jou net met GOD is daar niks onmoontlik nie. Prys hom in al sy glorie. Genuut die wonderwerkie, sterkte.
  7. PG

    Riekie van Niekerk30 days ago

    Prys die Here, God is goed en groot. Mag sy 'n gesonde lewe hê.
  8. PG

    Jeanne30 days ago

    Prys die Here daarvoor!!
  9. PG

    Annetjie30 days ago

    Wonderlik. As n NICU verpleegster het ek al n paar sulke wonderwerke aanskou. Die
    feit dat mamma 27 weke was en steroide gekry het voor sy gebore is het baie gehelp.
    Mamma, sy is God se geskenk aan jou. Makk haar groot in sy naam.
  10. PG

    Priscilla Tree30 days ago

    Dit is beslis n wonderwerk en sulke klein mensies het ongelooflike hoeveelheid
    veggees in hulle. Ons seuntjie is op 25/26 weke gebore en het net 709g geweeg,
    hy was gebore op 7 Desember 2009 en vandag is hy net so entjie weg van
    1.9kg! Hy het geveg van die woord "go" af, daar was ook maar oomblikke wat
    ons getwyfel het, maar ons het baie vinnig besef hoe groot en hoe goed God
    regtig is. My water het gebreek n volle 5 weke voor hy gebore is en ek ook was
    die keuse gegee om aan te gaan of n aborsie te he omdat die oorlewing
    syfer nie baie goed is nie, maar ons het vasgebyt en hard gebid en regtig elke
    dag op genade en hoop en vertroue in God geleef, en vandag pluk ons behoorlik
    die vrugte daarvan. God is goed, God is groot, God is almagtig en Hy het ons nie
    een keer in die steek gelaat nie! Ons seun was so groot soos n 250ml baba
    bottel en vandag is hy n miniatuur babatjie, perfek!
    Ons kan onsself baie vergelyk met Hope en haar Mamma se verhaal, want
    ons was daar, maar jy het sulke wonderlike mense om jou, vriende en familie,
    en die hospitaal staf en dokters wat die pad net soveel makliker maak en wat
    sulke klein mensies die nodige motivering gee om aan te hou veg! Mag God Hope
    en haar Mamma seen elke dag!
  11. PG

    Hendrina Nel1 month ago

    Mag die Here jou en die baba ryklik seën. By God is n iks onmoontlik nie. Hy is steeds in beheer van elkeen van ons lewe en net Hy kan besluit oor die lewe en dood. Geniet die baba.XXX
  12. PG

    Bernard 1 month ago

    dankie dat jy die die dr geluister het nie want aborsies is moord en sonde voor God se oe. ek is gekant teen aborsies en ek wens die aborsiewet is nooit ingestel nie. die skuldiges lewe in die tronk en die onskuldige ongebore babas word vermoor deur middel van aborsies. ag hoe bly is ek dat ek nie dokter hoef te wees nie. ABORSIES IS MOORD ons mag nie lewens wegneem nie dit staan so in die bybel geskrywe.
  13. PG

    nadia1 month ago

    Baie geluk met die klein ding daar is baie mense wat sou gese het dat 'n aborsie beter sou gewees het, maar hoe sal 'n mens dan ooit geweet het of daar die baba ooit dalk net sou groot word?
    Ek se net dankie dat die mamma nie haar kind laat vermoor het nie, want dit is wat aborsies is. ongelukkag is dit net my meening, maar geniet jou kinders want hulle is 'n geskenk van GOD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  14. PG

    Denise1 month ago

    Wat 'n wonderwerk!
  15. PG

    Bunni Mac Bride1 month ago

    Dit is goed om te weet dat daar nog dokters is wat nie probeer om God te speel en sommer net 'n aborsie of otopsie wil doen op 'n onebore babatjie nie. Hope is 'n voorbeeld van wonderwerke wat nog steeds plaasvind in ons lewens vandag. By God is alles moontlik en Hy is die Skepper en Heerser van die aarde. Ons moet net begin besef dat ons terug moet gaan na die "Basics" van die lewe en dit is om God te vertrou vir alles en Hom te dien in gees en en waarheid
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities