Blind, maar 'n kampioen

Almal se oë is op die ruiter en die sweetvosmerrie. Soos dit ’n wafferse lady en nasionale driegang-saalperdkampioen betaam, kan jy Lady Domain deur ’n ring trek. Haar nek is teruggetrek, ore gespits, stert kiertsregop – sy is die ene houding en sy is net om een rede hier: om te wen!

In die saal straal die ruiter nog meer selfvertroue as die perd uit. Met elke opdrag van Chelsey Cooper draf, stap of galop Lady Domain soos net ’n kampioen kan. En wanneer die skare ná die skouspelagtige driegangklas in applous uitbars, fluister die ruiter saggies in die perd se oor: ‘‘Ons het hulle toe- oë geklop, Lady!’’

Agter die paviljoen slaak ma Anneli Cooper ’n sug van verligting. In al die jare dat sy self aan perdesport deelneem, was sy nog nooit so gespanne nie. En nou stroom die trane oor haar wange.

Chelsey het pas meer as 40 deelnemers by die Suid-Afrikaanse Saalperdkampioenskaps-byeenkoms in Bloemfontein uitgestof en in ’n skouspelagtige vertoning die driegangklas in haar ouderdomsgroep gewen. En dit op ’n blinde perd...

Die beoordelaars het van niks geweet nie. Terwyl Chelsey en Lady optree, het die gerug dat Lady blind is soos ’n veldbrand versprei en die skare het vasgenael na hul vertoning gekyk.

’n Blinde perd mag volgens die reëls glad nie deelneem nie en net ’n handjievol mense het geweet Chelsey is Lady se oë.

So besonders is die verhaal van dié 15-jarige Vrystaatse meisie, haar blinde perd en hul onwrikbare geloof in mekaar dat ’n Hollywood-ateljee nou in die rolprentregte belangstel.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 25 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (16)


  1. Tandjies
    2010/04/01 03:21:12 nm
    Excellent - this shows people that nothing is impossible. all you need is a little faith andoff you go! I pray that your story s wide spread - keep up the good work and keep inspiring people the way that you are doing!!!

    Please give Lady a kiss from all of us - this is trully amaizing!
  2. anneli cooper
    2010/03/02 02:23:00 nm
    ek is die ma van die Blinde Perd en sy ruiter Chelsey!! al wat ons met die artikel wou bereik met die hulp Danel Blaauw, is om mense te inspireer!! omdat 'n kind en perd geloof in mekaar gehad het, was enigeiets vir hulle moonlik! die beste was toe 'n vrou ons bel om te se haar seun het sy sig in 'n ongeluk verloor, en was depriesief en moedeloos. Nadat sy Chelsey en Lady se storie vir hom gelees het, het hy opgespring en gese: "Ma. as 'n perd dit kan maak, kan ek ook !!! dit maak dit vir ons die moeite werd !! dankie!! anneli@coopertrustco.za.
  3. CS
    2010/02/26 09:24:29
    Ongelooflik hartroerend en die wete dat liefde en deursettingsvermoe soveel Amazing dinge kan laat gebeur, baie geluk en mag hierdie hegte band vir almal 'n openbaring wees om ook so in ons menslike handel liefde uit te straal.............
  4. Alta
    2010/02/26 09:15:49
    Fantasties om iets so inspirerend tussen al die slegte nuus op te spoor!
  5. Curtis
    2010/02/26 07:44:04
    Sy is so 'n pragtige merrie, was self langs die baan gewees en hulle bewonder.
    Chelsey is net so 'n pragtige meisie met 'n lieflike geaardheid, almal is lief vir haar.
    Geluk aan jou en jou perd en jou familie. Julle is besonderdse mense.
  6. Adell
    2010/02/26 02:34:38
    Baie baie geluk ek dink dit is wonderlik. Ek is regtig bly dat jy jou perd so goed vertrou en dit se baie van joas jong meisie en as mens dat jou perd jou so kan vertrou. Alles van die beste vir julle en mag julle nog baie wonderlike dinge saam doen. En mag die Here julle ook seen met nog baie liefde en vreugde saam.
    Mooiply uit Perth.
  7. Jana Jooste
    2010/02/25 10:43:31 nm
    Hi Chelsey , Vandag voel ek so trots op jou en jou perd. Dit wys jou dat harde werk en n passie vir wat jy doen jou baie ver kan bring in die wereld.
    Tans is ek in die VSA woonagtig en dis so lekker om positiewe goed uit Suid Afrika te hoor
    Veels geluk en alle voorspoed vir die toekoms. Jana
  8. stella
    2010/02/25 03:56:06 nm
    wow..die trane loop
  9. A'
    2010/02/25 02:36:34 nm
    Baie geluk! julle tweetjies is Amazing jong!
  10. Edna
    2010/02/25 01:40:55 nm
    Sjoe!! Baie, baie geluk Chelsey en aan Lady Domain ook! Perde is ook my passie en in die besonder saalperde. Ek ry ook en weet watter werk, oefening en vertroue ingaan in dit. Ek het nou sommer 'n knop in my keel en sluk swaar aan die trane...omdat ek weet hoe lief 'n mens raak vir daardie 4-voete. Daar is niks op aarde om dit mee te vergelyk nie.... sterkte met jul pad vorentoe. Gee vir Lady 'n stywe druk vanuit die karoo!
  11. alida
    2010/02/25 12:39:19 nm
    jong jou verhaal is vir my so pragtig dit laat my sommer opgewonde want miskien kan ons een van die dae n lekker storie boek kry of nog beter n dvd baie baie mooi meisie ek kan net dink hoe lief jy daai lady van jou het
  12. EB
    2010/02/25 10:43:33
    Wat 'n fantastiese prestasie! Baie geluk Chelsey aan jou en die pragtige Lady Domain. Laat kom vir Clint Eastwood, hiervan kan 'n grote kom!
  13. Rene
    2010/02/24 09:44:24 nm
    MOOI SO MEISIEKIND. EK IS SOMMER TROTS OP JOU EN JOU PRAG SAALMERRIE. OMDAT JY GEGLO HET, HET JY OORWIN. STERKTE HOOR.
  14. Anton
    2010/02/24 03:59:43 nm
    Dit wil gedoen word!
  15. Dries
    2010/02/24 03:16:22 nm
    Wat 'n voorbeeld vir ons almal
  16. kevin
    2010/02/24 02:09:24 nm
    Hi Chelsey ek haal my hoed vir jou en Lady Domain af jy gaan n rol model vir ander deelnemers word hou so aan en baie geluk.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities