Bespaar krag só

Onbekostigbaar, onprakties, ondoeltreffend. Dis hoe baie gesinne eers oor son-energie as alternatief vir Eskom-krag gevoel het. En songeisers... sjoe, hulle is darem maar duur...

Maar noudat Eskom enersyds vet tariefverhogings goedgekeur gekry en andersyds sy subsidies vir songeisers verdubbel het, kyk baie mense met nuwe oë na dié groen alternatief.

En dit lyk wraggies nie asof ons krag uit hoofsaaklik steenkool vorentoe goedkoper gaan word nie. Inteendeel, hoewel Eskom-verhogings van omtrent 25 persent jaarliks vir die volgende drie jaar nou aanvaar is, wou die kragvoorsiener aan-vanklik mos 45 persent jaarliks vir sy broodnodige bouplanne gehad het.

Wie weet wat maak hulle nie dalk nog vorentoe nie? En in-tussen raak die konsep van warm stort-, bad- en waswater uit skoon sonenergie ál aantrekliker.

Elektriese geisers vréét krag

“ ’n Elektriese geiser gebruik sowat 40 persent van die elek-trisiteit in ’n gewone huishouding,” sê Andrew Etzinger, ’n algemene bestuurder by Eskom. ’n Breër beraming is 30 tot 50 persent.

“Dis verreweg die grootste kragverbruiker onder huishoudelike toestelle. As jy dus jou elektrisiteitsrekening beduidend wil verminder, is ’n sonenergie-warmwatertoestel ’n uitstekende beginpunt.

“Jy kan so gemiddeld 70 persent van die elektrisiteit spaar wat normaalweg in ’n elektriese geiser ingaan.

“Dit beteken ’n besparing van waarskynlik 30 persent op jou hele jaarlikse elektrisiteitsrekening.” Boonop sal songeisers ook nie gedurende kragonderbrekings ophou werk nie.

Duur krag en vet subsidies maak songeisers meer kostedoeltreffend

Lees die volledige artikel met handige wenke oor hoe om elektrisiteit te bespaar in die 11 Maart-uigawe van Huisgenoot.

Deel asseblief jou wenke om elektrisiteit te bespaar in die kommentaarveld hieronder.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (13)


  1. Brentie
    2010/03/16 12:38:50
    Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (Ekurhuleni-beteken so iets
    soos huis van vrede) se leuse is 'a Partnership that works'.In die vennootskap is daar net een vennoot wat werk en dit is die ou wat betaal.
    Van die ander vennoot sien 'n mens bitter min.Die munisipaliteit begin
    hul elektrisiteit rekening met wat bestempel word 'n 'Fixed amp of supply'
    wat saam met belasting R102-60 beloop.Daar volg 'n diensheffing van
    R15.39. Daarna kom die verbruik.
    Waar ek bly is meters ook in 'n sentrale kas geinstalleer.'n Mens kan dus
    nie die lesings nagaan nie. 'n Aansoek om 'n vooraf betaalde diens is
    goedgekeur nadat inspeksie van die perseel gedoen is.Daar is egter
    'n klein probleempie.Daar moet twee kommunikasiekabels geinstalleer
    word vanaf die meter na die voorafbetaalde meter.
    Dit kan nie gedoen word nie want dan moet volgens die persoon
    wat bereid was om die installasie te doen, 'n kabel oor die sypaadjie
    gele word wat dit onekonomies,vanwee die afstand sal maak.
    Om te bespaar het ek die aantal ure wat my swembadpomp loop
    ook verminder.Ook word die ure wat die geyser aan is verminder.
    As daar nog twee verhogings moet volg weet ek regtig nie waar om
    verder te bespaar nie. Uit my ondervinding van die opstel van
    begrotings oor 'n tydperk van 25 jaar weet ek dat Munisipaliteite
    surplusse op handelsrekening, dws hoofsaaklik water en elektristeit
    gebruik om begrotings te balanseer omdat ander afdelings geen
    inkomste genereer nie maar uit eiendomsbelasting gefinansier
    word.
    Wanneer Munisipaliteite dus dalende inkomste uit handelsrekeninge
    ondervind kan 'n mens verwag dat om die begroting te laat klop
    tariewe,heffings en belasting elders verhoog sal word.
    Sover ek weet het geen verkeersafdeling ooit daarin geslaag om
    sy inkomste en uitgawekant te laat klop sonder om voorsiening
    te maak vir grootskaalse boetes.
  2. louis
    2010/03/14 02:38:15 nm
    sal kragopwekking met sonpanele nie n beter opsie vir die langtermyn wees nie? Jy het +/- 3.5 na 5 kw nodig in jou huis wat alles sal kan trek, alhoewel nie op een slag nie
  3. Dr Deon Mushavi Huysamen
    2010/03/12 10:03:59
    Ek het 'n behoorlike kommentaar getik, maar blykbaar het die Hyuisgenoot stelsel my gefaal. Ek sien nie kans om dit te herhaal nie en sal hier bloot volstaan by my opinie dat sonkrag-geysers 'n klug is in terme van besparing en die toetse is nie oor seisoene gedoen nie. Die investering sal nooit herwin word nie en dit bly 'n elektriese geyser wat deur sonhitte aangevul word. daar is baie beter opsies beskikbaar onder andere 'n Heat Pump wat 'n inset uitset ratio het van 1:4kW terwyl 'n songeyser 1;1kW is as die weersomstandighede dit toelaat. Vertikale geysers is ook 'n eenvoudige goeie opsie. Die publiek word emosioneel ge-eksploiteer om songeysers te laat installeer onder andere met behulp van artikels in isolasie soos hierdie een van Huisgenoot. Ek bevraagteken die empiriese integriteit van die statistiek. My ekstreme reaksie is "Bly weg van son-geysers"
  4. Hennie Klopper
    2010/03/11 08:36:43
    Ek het 'n sonkragverwarmingstelsel van 'n Suid-Afrikaanse maatskappy (Suntank) in 2006 laat installeer. My kragverbruik het met 30% afgeneem. Die stelsel is ook aan 'n tydskakelaar gekoppel wat die elektriese element van die stelsel net 4 uur per dag laat werk wanneer daar nie voldoende son is nie. Met die verhoging in die elektrisiteitstariewe gaan ek die R16000 (daar was nie subsidie toe ek installeer het nie) wat ek spandeer het, binnekort in die vorm van besparing terugwen. Die stelsel het nie my dak beskadig nie, inteendeel dit is meer voordelig as die stelsel buite sit want as die stelsel breek, gaan daar nie waterskade binne in die huis wees nie soos wat ek met die ou interne elektriese stelsel ervaar het nie. As lesers geskatte rekenings ontvang, is die enigste wyse om dit teen te werk om maandeliks self die lesings te neem. E-pos dit dan aan die munisipaliteit na 'n e-posadres wat spesifiek hiervoor bestaan. In Pretoria is die adres: meterrecords@tshwane.gov.za. Ek doen dit al vir die afgelope jaar en kry nie meer skattings nie, maar die lesings wat ek deurgestuur het. Ander metodes om lesings aan te gee soos telefoon, fakse of e-posse aan die klantedienste werk nie.
  5. Chris
    2010/03/09 02:16:36 nm
    Eskom het n 10% besparing by industriee af gedwing.Goed dit beteken hulle
    verloor 10% inkomste.Dis hoekom die belaglike verhogings.En hoe meer die mense
    gaan bespaar hoe meer gaan die verhogings wees,Want eskom lewer nie meer diens
    nie hulle moet wins toon vir hul aandeel houers.So as ons krag bespaar gaan ons
    dit maar net weer in extra belasting moet betaal.Waar parasiete is is daar stadige
    dood,Jammer vir die negatiewe skrywe,maar daar is nie hoop.
  6. wintie
    2010/03/09 01:16:51 nm
    Ek het gehoor daai songeisers kan jou teeldak op-f---k ...is dit waar?

    Het enigiemand enige wenke oor iwe billik is. name van maatskappye ens. en die prys waarna mens kyk. Net sodat ek msyelf sielkundig kan voorberei.

    Wat van windkrag??>. My bure het so 'n windmeultjie in hulle tuin moet hulle gaan vra
  7. Verward
    2010/03/09 09:18:20
    Ons rekening het net soos Toekie s'n hierbo vermeerder van ongeveer R600 pm na R1000 pm. Ons is ook net 2 mense in die huis, stort net eenmaal per dag, gebruik nie snaakse toestelle nie. Het nie ’n bediende nie. Ongelukkig is my grassnyer elektries. Alle gloeilampe is vervang. Ons skakel ons geyser af in die oggend en weer aan voor ons gaan stort. Ek wil nou vir my ’n tydskakelaar laat installeer op die geyser wat die aan en af tye kan reguleer. Maar, my gevoel is dat die munisipaliteit die rekeninge manipuleer soos hulle geld benodig. Ons meters is in een kas in die straat waar ons geen toegang het nie. Dus kan ons nie die lesings monitor nie. Ons het baie lank nie iemand gesien wat die lesings kom neem nie. Op die manier sal ons nooit wen nie al leef ons met kerse en lampe, of kook op gas.
  8. annemarie
    2010/03/08 09:37:31 nm
    het self 'n songeiser geinstalleer @R10 000. Besparing35% . Oor en oor die moeite werd. Op koue en bewolkte dae word die geiser soggens en saans ong 40 min aangeskakel. Op die medium termyn gaan die geiser homself binne 2 jaar betaal
  9. ek wil weet
    2010/03/05 02:55:29 nm
    Ek het n pre paid.. koop krag soos ek nodig het, ek het uit gekom met R400 ... nou moet ek R600 koop .. en my ligte is almal vervang en ek bly in n 2 slaap, 1badkamer met toilet ,1 sitkamer, n klein kombuis jy moet uit gaan om om te draai ... dis amper soos n pophuis ma ek bly lekke ...EN AS EK NIE MY WATER BETAAL NIE SNY HULLE MY KRAG AF ...AL HET EK PREPAID ..NOU WAT NOU .. ONS SAL NOOIT WEN NIE. WANT AS DA NIE WATER IS NIE DAN IS DA NIE KRAG NIE ..MAAR ONS MOET BETAAAAAAAL. EK WIL NET WEET NOU WAT NOU ....
  10. Magriet Mayer
    2010/03/05 01:34:40 nm
    My meters is al twee maande agter mekaar geskat omdat, volgens die
    meterlesers, ons hekke gesluit was.(ons het nie eers hekke nie) Die rekening
    is van ongeveer R800 per maand, met die nuwe lesings, op na R1500. Toe my
    man die lesings na-gaan, vind ons uit dat ons nog nie eers die lesings bereik
    het nie - 2 maande later. Ons het besluit om self die lesings in te skakel en tot
    my skok ontdek ek dat hulle my 'n krediet op my water gebruik gegee het teen
    die normale tarief en nie teen die verhoogde gebruik tarief wat ek moes betaal
    het omdat ek volgens hulle oor my kwota gegaan het nie. Ons lees sederdien
    elke dag albei meters en is verbaas om te sien hoe ons almal (3 volwassenes)
    skarrel om water en elektriese tyd te bespaar. My rekening hierdie maand
    is maar R400. Ons het die water na die toilet afgedraai en gebruik net die tenk
    se water om die waterbak bo, vol te hou.
  11. n
    2010/03/05 01:32:36 nm
    Hoe ver is Prof Vivian Alberts van RAU se fabriek in Wellington met die vervaardiging van hierdie panele. So ver as wat ek kan verstaan wil hulle eers Europa mark versadig maak, voordat hulle dit vir die plaaslik mark beskikbaar stel.
  12. Cynthia
    2010/03/05 12:35:25 nm
    maak nie saak hoe jy probeer bespaar nie, die council gaan jou net op 'n ander manier laat betaal, al hierdie snaakse kostes maak nie sin op die rekening nie.
  13. Toekie van den Berg
    2010/03/05 11:54:51
    My man en ek stort soggens en saans. Die geyser word slegs vir 15min op 'n keer aangesit hiervoor, maar ons rekening wat altyd in die omgewing van R580 pm was - met die geyser 24uur per dag aan, oorskry die afgelope paar maande R1000 per maand. Die probleem lê by die skielike "ekstras" wat op die rekening gehef word waarvan geen mens kop of stert kan uitmaak nie. Ons het nie meer kinders in die huis nie. Ons gebruik nie die tuimeldroër nie en het 'n bediende wat slegs 1x per week inkom om te stryk. Al ons gloeilampe is vervang met nuwes wat veronderstel is om minder krag te gebruik. Slegs die vertrek waar ons besig is se lig word aangeskakel en weer dadelik afgeskakel wanneer ons uitgaan - m.a.w. geen lig brand onnodig nie. Ek sal self baie graag wil hoor wat ander doen om kostes te bespaar.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities