70 jaar getroud!

Hy is dankbaar die tante het darem nog tot die einde van die jaar gehou, terg Bertus van Wyk terwyl hy sy vrou se hand styf vashou. Want al is sy rug dalk kromgetrek van die ouderdom, dans die duiweltjies steeds in sy oë rond.

Vir oom Bertus (97) en tannie Christine (91) was dit groot sake om die einde van 2009 te sien, want hulle wou saam ’n belangrike gebeurtenis vier: hul 70ste huweliksherdenking.

En watter fees was dit nie in die kerksaal van die NG kerk Floruana in Pretoria-Noord nie. Onder die 130 gaste was hul
7 kinders, 33 kleinkinders en 19 agterkleinkinders. ‘‘Wat ’n voorreg!’’ sê Bertus oorstelp.
Christine was sy eerste meisie, en toe ook sy enigste.

En die geheim van so ’n lang huwelik? Om die regte lewensmaat te kry, sê hulle. Bertus vertel hy het gebid vir die regte maat, tot hy haar gekry het. Deur hul huwelik het hy ook nog baie gebid: ‘‘En hoe meer ek vir haar gebid het, hoe liewer het ons vir mekaar geraak. En hoe mooier was sy vir my.’’

Christine se wange verkreukel in ’n skaam glimlag. ‘‘Ag, skat!’’ sê sy en vat aan sy hand.

Die kerk is net vier blokke van hul huis, en tot vyf maande gelede het hulle nog elke Sondag, ingehaak soos twee jong verliefdes, saam erediens toe gestap. Maar die tannie se been pla nou so ’n bietjie en sy bly maar by die huis, vertel oom Bertus.

Maar hy stap nog onder meer elke Saterdag om seweuur die oggend na die biduur toe.

Want Bertus weet nie van stilsit nie. Trouens, dié afgetrede predikant wat sterk glo hy is die oudste lewende NG dominee in die land, lei nog een van die selgroepe in die gemeente.

Bertus is een van die eerste vyf teologiestudente wat in 1940 ’n B.D.-graad aan die kweekskool van die Universiteit van Pretoria verwerf het. En dit was juis op dié kampus in 1936 dat hy die pragtige student, wat nou al 70 jaar sy lewensmaat is, raakgesien het.

Christine het maatskaplike werk geswot, en Bertus het besluit om nie gras onder sy voete te laat groei nie. Hy het haar sommer die eerste Vrydag genooi vir tee in Japie se Kafee en toe ook sommer om saam met hom kerk toe te gaan.

En ná kerk het sy gretig ‘‘ja’’ geantwoord toe hy haar vra om sy nooientjie te word. ‘‘Want sien, sy het toe die hele tyd ’n ogie op my ook gehad!’’ skerts hy.

Net soos met die nooientjievraery het hy ook met die groot vraag nie voete gesleep nie, en drie jaar later, op 30 Desember 1939, het hulle voor die kansel gestaan.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (11)


  1. Amore
    2010/05/22 03:45:51 nm
    Baie, baie, baie geluk met julle hueweliksherdenkeng . xxxxx
  2. Klarise - Suid Korea
    2010/04/05 08:15:38
    mag die here julle seen...dis ongelooflik!!!:)
  3. Amanda
    2010/03/08 09:12:22 nm
    Baie geluk.....dis wonderlik dat julle na soveel jare nog so lief is vir mekaar! Julle is 'n ware voorbeeld vir ons almal. Mag die Here julle spaar en styf vashou.....
  4. Gloria
    2010/03/08 11:22:17
    Baie geluk tannie en oom. As baie paartjies net die resep van 'n goeie huwelik weet -
    dit is,
    plaas God eerste in jou huwelik en dus wat julle doen!
  5. Firefairy
    2010/03/07 02:37:31
    Julle is 'n BLESSING. PRYS DIE HERE EN GEE JULLE RESEP ASSEBLIEFTOG. sien satan
    vernietig soveel huwelik, mense luister en lees na stupid menings en beproef dit maar niemand
    sien God se werking in alles nie. Weet julle ek bid tot vir my kinders se veilige tuiskoms en as ek
    nou baie vra, vra ek vir 'n onverwagte kuier. Ons aanbid 'n Groot God en tog voel hy nes my pa
    ek hoef nie op my kniee te gaan ek kan sommer so kuier, kuier in die kombuis me Hom praat
    en glo my Hy luister. Ag julle is so kosbaar... XXXX

    FIREFAIRY
  6. Johanna Badenhorst Brown
    2010/03/04 09:37:50 nm
    Baie geluk Tannie Christine en Oom Bertus, hoop ons Liewe Vader sal jul nog lank vir mekaar spaar, wat 'n voorbeeld is dit nou nie vir al ons getroudes nie.

  7. Lida
    2010/03/04 04:33:35 nm
    Dit wil gedoen wees! Nie alleen is julle 'n pragtige paar nie, maar julle getuienis is net so pragtig. Mag daar nog mooi jare vir julle wees.
    Ek wens tannie Christine beterskap toe met die been.
    Dan hou ek sommer baie van oom Bertus se sin: ‘‘En hoe meer ek vir haar gebid het, hoe liewer het ons vir mekaar geraak. En hoe mooier was sy vir my.’’ Dis raad wat ons almal, maar veral die manlike geslag gerus kan na volg.
  8. kryska
    2010/03/04 02:16:07 nm
    ek kan dit ni glo dit is langer as n leeftyd geluk oom en tannie nou kan ons jonges sien daar is nog gelukkige huwilukke
  9. Cynthia
    2010/03/04 09:39:31
    Dit wil gedoen wees, kan amper nie glo dat daar nog huwelike is wat so lank hou nie, Baie geluk, mag julle nog jare bymekaar wees.
  10. Etienne
    2010/03/04 09:11:54
    Ek dink dit is wonderlik dat twee mense mekaar so onvoorwaardelik lief kan he en na 73 jaar nog gelukkig kan wees.

    As almal maar net so gelukkig getroud kon wees sal die wereld 'n beter plek wees.

    Baie geluk aan julle altwee en mag julle 'n mooi jaar he!!!

    Groete
    Etienne
  11. tersia
    2010/03/03 03:50:15 nm
    Ag dis te pragtig vir woorde. Baie Geluk Tannie Christine en Oom Bertus, die liefde is darem maar wonderlik....
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities