21 jaar van verwyt oor Odette Boucher

E-pos
Print

Eers was daar net die verwyt. Oor die jare het dit omgesit in ’n obsessie wat daagliks soos ’n vuur in haar brand. Maar selfs dit kan sy nog hanteer.

Dis die drome oor haar vermiste sussie, vasgevang in die veroordeelde seksmisdadiger Gert van Rooyen se kloue, wat haar onderkry. Soos nou die nag weer.

Êrens in die droomnewels sien sy Odette se mediese verslag. Die adres waar haar kleinsus aangehou word, is daarin geskryf. Sommer net so, asof sy nie al 21 jaar daarna soek nie.

Dit lei haar na ’n verlate hoewe, en daar sien Natasha Smuts ’n groot ou boom. Pers karre staan oral op die werf rond. In ’n krot sit ’n meisie met lang vlegsels by ’n tafel. Langs haar sit ’n seun wat gulsig eet.

“Waar is Odette?” vra Natasha. Die seun wys met ’n vinger na die meisie wat antwoord: “Ek is Odette.”

Maar Natasha glo haar nie, draai haar rug op die kinders en ry weg. Dis met die terugkyk dat sy in haar truspieël sien hoe die meisie na die boom stap, op haar knieë neersak en ’n plaatjie, soos dié van valstande, uit haar mond haal.
Dan skrik sy wakker met Odette se pleitende stemmetjie in haar ore: “Asseblief iemand, kom haal my net. Kom red my net.”

Natasha (35) knyp haar blou oë toe. Haar woorde is skaars hoorbaar. “Een van die sieners het gesê ek sal die sleutel wees om my suster te vind. Maar hoe sal ek haar kry as ek die tyd rondom haar verdwyning nie eens behoorlik kan onthou nie?” vra sy in ’n pleitende stem.

Dis vanjaar 21 jaar sedert Odette Boucher (12), Tracy-Lee Scott-Crossley (13), Fiona Harvey (11), Joan Horn (13), Anne-Marie Wapenaar (12) en Yolanda Wessels (12) asof in die niet verdwyn het.

Die pedofiel Gert van Rooyen en sy houvrou, Joey Haarhoff, het die meisies destyds in die laat tagtigs ontvoer.

Met die polisie warm op hul spoor het Gert eers vir Joey en toe homself geskiet, en die raaisel oor die meisies se lot is saam met hulle graf toe.

Terwyl mense twee dekades later steeds oor die Van Rooyen-sage wonder, spook die verlede nog elke dag by Natasha. Sy kan nie vergeet nie, want haar siekte herinner haar elke dag aan haar suster.

Natasha, wat twee jaar ouer as Odette is, het ná die skok van die gebeure wat haar gesin des-tyds getref het, diabetes opgedoen.

Ná twee swangerskappe moet sy dringend ’n nieroorplanting ondergaan. Intussen moet sy drie keer per week dialise ondergaan.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 29 April 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (28)


  1. Linette
    2011/10/03 10:27:40
    My kind! Ons het al soveel deurgemaak! jy het n pankreas en nier oorplaning gehad - moet nooit ophou om Jeus se hand vas te hou, want hy het ons deur so baie al gedra! - Hy het sy tyd en sy tyd is geduldig! Moeder is baie lief vir jou en Odette waar sy ook al mag wees.......As sy by die Here is is sy op n beter plek as ons.......sonder pyn en lyding! Ek sal ook nie ophou soek nie, nooit nie!
  2. rita
    2010/12/23 09:12:08
    Ja dit was destyd groot skok gewees, dat twee mense so kon bedrieg en jong kinders ontvoer het, ek weet dit is wreed om dit tese , maar ek dink die kinders is dood, dit is al telank terug om nog enige hoop tevestig , as hulle verkoop was aan seks handelaars , is hulle beslis uit die weg geruim, want ek glo hulle sop so verslaaf gewees het , gert van rooyen , het hulle is voor berei vir die dade. Dit bring ons weer uit by Prinsloo en Visser as hulle nie uit gevang was nie kon dit maklik ook weer herhaal word. Nou huil ou Barbie in die tronk sy kan liewers se dankie , dat hulle gevang is voordat dit nog soos die van rooyen geval uit gedraai het
  3. Theresa Buys
    2010/10/11 05:52:32
    Hierdie verdwyning van die pragtige meisies is nog so vars in my geheue. My dogter was bietjie jonger as hierdie meisies met die tyd van hulle verdwyning en ek was vreesbevange dat iets haar sou oorkom. Dit sal so wonderlik wees as daar net meer lig op hierdie saak gewerp kan word, maar Natasha, ek stem saam met faan. Die Here is in beheer en hy sal jou vrede gee. Ek bid vir jou en glo dat jy eendag sal weet wat gebeur het.
  4. Carina
    2010/09/04 04:24:13 nm
    My gebede gan uit na die ouers en familie. Ek wonder ook na al die jare waar is hulle. Sterkte hoop net en glo net.
  5. es
    2010/08/06 12:49:18 nm
    Natasha sterkte met jou emosies en gesondheid. En die meisies se verhaal is die rede waarom ek my dogtertjie (6) verskriklik oppas. Maar niks in die lewe kan keer dat sulke goed nie gebeur nie. Mens kan net bid. Ek het seker elke artikel gelees oor die meisies en ek bid altyd dat die vrae beantwoord sal word.
  6. anri nel
    2010/07/08 02:21:58 nm
    Natasha, bid om vry te word van die verwagting en druk wat die siener op jou geplaas het en jy nou op jouself neem. Sieners kry inligting van die bose oor waar en hoe kriminele oortredinge plaas gevind het. Maar God verbied dit duidelik om hulle te raadpleeg. Ek kan my net indink hoe desperaat mens moet wees. Maar bly getrou aan God en wees gehoorsaam en bid vir vrede en antwoorde of aanvaarding. Anders gaan die bose jou ook nog 'weg steel' van jou ouers en familie en geliefdes, want met al die selfverwyt en vrae en druk gaan daar niks van jou ook oorbly nie. Eendag sal ons alles weet en sal ons trane afgevee word.
  7. Ronel
    2010/06/08 11:11:42
    Ek lees jou briefie met hartseer. Dis nie reg dat iemand die verantwoordelikheid op jou plaas om jou sussie op te spoor nie!! Dis nie jy wat haar ontvoer het nie!! Daar is niks in jou vermoe wat jy kan doen om haar te kry nie!! Ons kan bid!! Haar of hulle aan ons Meester opdra.. maar dis al. Moenie toelaat dat Gert van Rooyen jou ouers van 2 sussie beroof nie!! Asb lewe!! Dis 'n groot geskenk.... Gert het dit van jou sussie gesteel, beroof.... moet hom nie toelaat om dit met jou ook te doen nie....
  8. Estelle Botes
    2010/06/04 11:17:06 nm
    Dink vandag baie aan jul as gesin, my dogter is 10 en vandag bid ek nog meer as ooit, sodat daar vir jul antwoorde sal kom. Onthou God weet als. Sterkte vir jou uit New Zealand
  9. Nicolene
    2010/05/20 11:32:34
    Ek sal dit nooit vergeet nie daai tyd het ons almal gebid dat hulle gevind sal word nou kom alles weer trug aai ons het die ouers so jammer gekry ons bid en hoop nog steeds sterkte aan almal
  10. A B C
    2010/05/17 12:45:32 nm
    Ek het in daardie jare nagte en nogmaals nagte om gebid vir daardie kinders. Dit het my verskiklik getref. Dit was altyd een van my grootste vrese dat een van my kinders sal wegraak. Net soos Maddi in Portigal weg geraak het. Dis verskiklik. Ek bid nogsteed vir Maddi.
  11. Catherine
    2010/05/11 01:59:16 nm
    Liewe Natasha, Woorde kan nie altyd help nie, maar jy moet glo dat daar duisende mense daar buite is wat aan julle dink en vir julle bid. Dit is die gebed in my hart dat Jesus SY Hand, Sy Liefde, Sy Genade, Sy Vrede oor en om ELKEEN van daardie kinders hou steeds vandag. Hy se in die Woord, Hy ken elkeen nog voor hulle gebore is, en ek glo met my hele wese dat God elkeen van daardie meisies en jou sussie sien en vashou. So baie dinge gebeur in die wereld wat ons nie kan verstaan nie, en dit is so maklik om God te bevraagteken oor die dinge, maar ons kan nie ons oe van God af haal nie. Ons kan dit net aan Hom oorlaat. Hy het alles geskape en Hy is orals, Hy weet alles!
  12. Charmaine
    2010/04/30 10:26:37
    Daar is soveel mense wat hulle self teen 'n muur vas staar, maar die antwoord is voor ons. ons sal haar kry. ek is bereid om jou te help en as ons e-posse reg oor die wereld kan stuur dat ons opsoek is na jou suster sal ons jou help om haar te kry en al die ander meisies
  13. Karin
    2010/04/29 02:08:27 nm
    Jy is in my gebede. Dit moet bitterlik swaar wees. Maar wees sterk. Ek weet woorde help nie altyd nie.
  14. Yolandie Bester
    2010/04/29 09:23:57
    Hey vriendin. Ek dink so baie aan jou en daardie tyd in ons lewe. Ons was so jonk gewees en soveel het gebeur. Ek wens dit op niemand nie. Moet nie jouself blameer vir wat gebeur het nie. Die Here is met jou en jou familie. Gert en Joey sal tot ewigheid in die hel brand. Lief vir jou. Jou ou skool vriendin Yolandie xxx
  15. stella
    2010/04/29 08:56:24
    Baie baie sterkte vir jou en jou familie , ek voel julle seer!
    Mag God julle lei na die regte plek...sodat julle jou suster kan opspoor..
    Wees net sterk en moet nooit opgee nie.
  16. Cancer
    2010/04/28 01:43:09 nm
    Sterkte Natasha. . Ek stem saam met jou. .
    "God werk nooit te laat nie. Hy laat dinge op sy tyd gebeur"
    Hou jou en jou gesin in my gebede!!
  17. monique boucher
    2010/04/28 09:07:51
    Wees sterk my niggie, al wat ons kan doen is bid en hoop sy is okay! Ons is almal baie lief vir jou en as jy hulp nodig, laat weet, ons is familie! Baie liefde
  18. Monique Boucher
    2010/04/28 09:05:54
    Wees sterk my niggie, ons almal is hier vir jou. ek hoop Gert brand in hel, wat hy aan ons en ons familie gedoen het! Al wat ons almal kan doen is bid en hoop as sy nog lewendig is, sy is okay!
  19. faan
    2010/04/27 09:46:53 nm
    Natasha, laat staan die hoop wat jy op sg. sieners plaas. Dit bring vir jou geen rus nie. Gee alles aan die Here oor, al beteken dit dat jy nooit sal uitvind wat gebeur het nie. Die vrede wat Hy gee is groter as die antwoorde wat jy soek.
  20. Sarie Preiss
    2010/04/27 12:19:22
    Ek was saam met Odette op skool, en my ouers goeie vriende met die broer van hulle pa. Die storie kom gereeld in ons gesprekke op, dit sal NOOIT weggaan nie. My hart bloei saam met julle, en vandag as ouer, kan ek net dink waardeur julle moes/moet gaan. Gebed......werk dit?
  21. Lizelle
    2010/04/25 08:48:05 nm
    Ek glo die Here sal en gan julle help om n finale antwoord te kry en dat jy gesond sal word sonder enige oorplantings.
    Ek GLO in wonderwerke ek het al baie beleef.
    GLO.
  22. Susan
    2010/04/24 08:06:04 nm
    Watter stuk gemors moet iemand wees om nie net soveel meisies se dood te veroorsaak nie, maar dan die geheim van waar hulle is met jou graf toe te vat en hul ouers met al die ekstra hartseer en vrae te los. Ek hoop Gert en Joey brand albei in die hel "for all eternity"!!
  23. Trudie
    2010/04/24 11:49:48
    Baie sterkte Natasha. My hart gaan uit na julle families. Ek dink nog heel gereeld aan julle en wonder of daar al nuus was. Ek ken julle nie, maar glo my, my hart is steeds saam julle s'n seer. Ek hoop en bid dat julle eendag antwoorde sal kry.....
  24. Sndra Gevers
    2010/04/24 09:44:13
    Sterkte, mag jy eendag antwoorde kry. Ek onthou dit soos gister en tog is dit al soveel jare! Dink aan jou
  25. Madeleine du Toit
    2010/04/23 01:57:24 nm
    Sterkte met al die onbeantwoorde vrae wat deel is van jou lewe!!! Ek bid dat jy jou groot swaar kry sal kan verwerk.
  26. Liefie Jordaan
    2010/04/23 12:37:25 nm
    Sterkte en mag vrede en genesing deel van jou lewenspad vorentoe wees. Geen mens verdien dit om net weg te raak en al jou mense agter te laat nie. Sterkte ook met jou gesondheid...
  27. tersius
    2010/04/23 11:40:44
    mag GOD gee dat jy jou sussie sal vind of sal uitvind als wat gebeur het en dat jy dan sal vrede vind en dat jy ook jou gesondheid sal terug kry. VOORSPOED
  28. Rose Joubert
    2010/04/23 11:21:03
    Ek onthou dit soos gister.... Joan Horn was my vriendin op Laerskool....