Wêreld gons oor Die Antwoord

Die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse rap-groep, Die Antwoord, het die wêreld aan die gons. met hul gewaagde lirieke, astrante optredes en hulle unieke bemarkingsstrategie.

Dié groep, wat in Kaapstad gebaseer is, het soveel aandag getrek dat daar selfs in die New York Times oor hulle berig is. Die Antwoord se webtuiste het glo 'n miljoen besoekers oor die afgelope vier dae ontvang en die rekenaarstelsel belemmer.

Die groep se videos op die gewilde video-webblad YouTube het reeds meer as 'n miljoen kykers gelok.

Bron: www.nuus24.com

Wat dink jy van Die Antwoord? Gee jou mening in die kommentaarveld hieronder.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (22)


  1. Cheri
    2010/04/20 01:37:45 nm
    Ag, blaa bla bla, dit is mooi gese... vir die mense wat dink hulle is opgevoed, haha. kyk mooi. en die mense wat nie te veel te se het ook alles nie. rock on. en omthou die antword het jou lief. Mwa!
  2. Alannah
    2010/04/17 06:39:30 nm
    JIs Die Antwoord.... As J Zef Is is j Kwl. Hahahah Hulle Is bevange verby!! Enter The Ninja!
  3. Jan
    2010/04/12 02:07:20 nm
    Die wat hulle so skaam vir die Antwoord, skaam julleself liewers vir die AWB en Eugene Terrblance want hulle maak die blanke afrikaners se naam regtig gat, nie die knipoog musiek van Die Antwoord nie. Maar ja....ons weet mos dat afrikaners oor die algemeen maar tunnel visie het.
  4. estie
    2010/04/05 10:45:17
    Vieslik!! Dit is presies hoekom dit met ons gaan soos dit gaan.
  5. Johnny Z
    2010/04/01 03:09:13 nm
    Cool band fur sure! Just found their latest interview translated in Englisch for all overseas fans at http://www.dieantwoordzeflings.com Thanx for the article! Heard you guys were next to do an interview? Good luck!
  6. U
    2010/03/12 09:36:00
    "common bly common" Nou maak hul geld uit dit uit, hoop dit sal hul lewens verryk!
  7. Piet
    2010/02/20 02:55:41 nm
    Platvloerse vermaak wat Afrikaans deur die modder sleep.
  8. Zars
    2010/02/18 03:14:35 nm
    ek mis nooit die kans om DIE ANTWOORD se shows by te woon nie. Dit verander jou lewe. DIs net regverdig dat die hele wereld dit kan ervaar.
  9. Marius Rix
    2010/02/12 08:46:15
    Ek skaam my reeds vir die uiters swak Afrikaanse musiek ....... nou kom die spul ook nog nesmaak. En kyk hoe lyk hulle! Sies, man! Julle maak van die Afrikaner en Afrikaanssprekendes 'n bespotting. As ons nie op TV in 'n bespottende lig geplaas word nie, word dit met sogenaamde musiek gedaan. Sies! Ek kan gelukkig kies waarna ek wil luister ..... dank die Vader daarvoor!
  10. Rozanne
    2010/02/11 07:40:24 nm
    Ek en my man hou altwee van Die Antwoord hulle is baie snaaks.Daar is een van hulle liedjies wat my man regtig baie mal is oor. Elk geval Die Antwoord julle Rock!!!
  11. T
    2010/02/11 05:54:38
    En ja, ek skaam my ook vir hulle.
  12. T
    2010/02/11 05:53:04
    Waarheen gaan die Afrikaanse taal met sulke mense. Ek dink NIE dit is talentvol of snaaks nie. Dis kommin.
  13. Susan
    2010/02/10 09:44:12
    Hulle sorg verseker vir vermaak en is dit nie maar die besigheid waarin hulle is nie??
  14. Graeme
    2010/02/10 03:26:50
    Die Antwoord is 'n conceptual art groep. Hule is nie rappers nie, hule is nie zeff nie. Hulle was/is del van ander projekte wat heeltemal die teenoorgestelde van die antwoord was/is. Dis character-acting, soos Borat, Mr Bean of Corne en Twakkie.
  15. Petro
    2010/02/09 09:09:11 nm
    Ek persoonlik dink elke diertjie het sy plesiertjie en net omdat hulle op Hoe hul lyk of dit is die baadjie waarop hulle getrakseer word dit sê al klaar baie. Mense oordeel so gou en gooi klippe. Ek het nog nie na hul musiek geluister nie maar 'n artikel van hulle gelees en dit was waarlik interessant. Rising out of the dust and hulle is bekend!!!!! Ek sal sê GEE HULLE 'N REGVERDIGE KANS EN AS JY DAN STEM JOU HOU NIE VAN HULLE NIE, dan het jy getry. Die Antwoord ek gaan laat my kido 'n song van julle soek, tussen julle en Heuwels Fantasties en Jack Parow kan ek besluit wie kan sing en wie nie. HEHE
  16. sj
    2010/02/09 05:18:18 nm
    sies
  17. Rapper vannie Kaap
    2010/02/09 04:56:02 nm
    Bring hulle Skouspel toe!
  18. Leon
    2010/02/09 04:45:28 nm
    Die Antword is ... die antwoord
  19. Garth P
    2010/02/09 04:41:48 nm
    Ek sal nou darem nie elke dag na hulle kan luister nie, maar hulle is darem moerse snaaks. hahahaha
  20. Neels
    2010/02/09 04:40:36 nm
    Waaroor is die bohaai? Gee my eerder die Kaptein!
  21. dpd
    2010/02/09 04:36:59 nm
    Weet darem nie so mooi nie.
  22. Dinavz
    2010/02/09 04:36:36 nm
    Ek skaam my vir hulle. Nou dink die hele wereld weer Afrikaanse mense is 'n konkoksie van swak gene en onopgevoed.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities