Taylor Swift by vanjaar se Grammy's (Foto: Elite)
Taylor Swift het strawwe kompetisie by Sondag se Grammy-toekennings gehad, maar niemand was meer verras met haar groot oorwinning as sy self nie.
Swift sal vier Grammy-toekennings saam met haar na haar tuisdorp Nashville neem. Sy het weggestap met onder andere die toekenning vir album van die jaar asook beste country-album en beste country-liedjie.
Maar die aand se grootste wenner was die superster Beyoncé, wat ses van die 10 Grammy’s waarvoor sy benoem was, gewen het.